WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME
ENERGIE
VERANDERING
’n Voorbeeld van ’n kort leerprogram in die Natuurwetenskappe
en
GRAAD 7
Aktiwiteit 1:
Soek verskillende soorte energie
Aktiwiteit 3:
Verskillende brandstowwe
Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 4: Aktiwiteit 5: Aktiwiteit 6: Aktiwiteit 7: Aktiwiteit 8:
Die brand van ‘n kers
Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie en gas Vergelyk drie verskillende brandstowwe Vervoer en brandstof
Waarom kos brandstowwe geld?
Wat van brandstowwe in die toekoms?
Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP.
©PSP 2001
Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span Hierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik:
s LU 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.
s LU 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis te interpreteer en toe te pas.
s LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Kursus aangebied deur Rose Thomas en Sandra Mahote Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson en Nicci Cairns en vertaal deur Ronél Gouws Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens-Vleilandpark Lansdowneweg Philippi Posbus 529 Howard Place 7450 Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 e-pos:
[email protected] webtuiste: www.psp.org.za
Inhoud • • •
Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 7. Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys. Dit sluit die volgende in: aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers, steunmateriaal en voorstelle vir assessering.
Bladsy . . . . . . . . . . . . . . . . . . .Onderwerp 2 . . . . . . . Aktiwiteit 1
Soek verskillende soorte energie
4 . . . . . . . Aktiwiteit 2
Die brand van ‘n kers
7 . . . . . . . Aktiwiteit 3
Verskillende brandstowwe
8 . . . . . . . Aktiwiteit 4
Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie en gas
12 . . . . . . .Aktiwiteit 5
Vergelyk drie verskillende brandstowwe
17 . . . . . . .Aktiwiteit 6
Vervoer en brandstof
21 . . . . . . .Aktiwiteit 7
Waarom kos brandstowwe geld?
25 . . . . . . .Koerant-sakeverslag 26 . . . . . . .Aktiwiteit 8
Wat van brandstowwe in die toekoms?
28 . . . . . . .Voorgestelde werkskema vir hierdie leerprogram oor energie en verandering 29 . . . . . . . Taakassesseringsblad 30 . . . . . . . Klasrekordblad vir taakassessering 31 . . . . . . . Skoon assesseringsblaaie 33 . . . . . . . Kodes vir assessering Bylae 34 . . . . . . . Taakkaart: Aktiwiteit 2 – Die brand van ‘n kers 35 . . . . . . . Taakkaart A: Aktiwiteit 5 – Vergelyk drie verskillende brandstowwe 36 . . . . . . . Taakkaart B: Aktiwiteit 5 – Vergelyk drie verskillende brandstowwe 37 . . . . . . . Taakkaart: Aktiwiteit 6 – Vervoer en brandstof 38 . . . . . . . Taakkaart: Aktiwiteit 7 – Waarom kos brandstowwe geld? 39 . . . . . . . Feiteblaaie oor “Olie en Gas in Suid-Afrika” 43 . . . . . . . Vyf prente oor verskillende vorme van vervoer 44 . . . . . . . Byskrifte vir verskillende soorte energie 45 . . . . . . . Xhosa-vertaling: “Hoeveel kos ru-olie?” 46 . . . . . . . Xhosa-vertaling: “Hernubare en nie-hernubare energiebronne” Agterblad . . . . . . . . Kopkaart: Energie en Verandering
Aktiwiteit
1
Sleutelbegrip
Soek verskillende soorte energie • Daar is verskillende vorme van (soorte) energie – hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit. (Kernenergie en gestoorde (gebergde) energie is ook vorme van energie, maar ons sal dit nie hier behandel nie.)
Onderwysertaak
LET WEL … Terwyl leerders die byskrifte plaas, moet jy seker maak dat hulle die verskillende vorme van energie korrek identifiseer. Jy kan leerders assesseer terwyl hulle dit doen.
1. Deel ’n ou koerant aan elke groep leerders uit. Die prente en advertensies in die koerante illustreer voorbeelde van verskillende vorme van energie. Motors, toestelle en masjiene van alle soorte gebruik en produseer byvoorbeeld sekere vorme van energie. Mense, plante en diere gebruik en produseer sekere vorme van energie. 2. Deel ook klein byskrifte (elektriese energie, hitte-energie, klankenergie, bewegingsenergie, ligenergie) aan elke groep uit. (Fotostateer van bladsy 45.)
Sit energiebyskrifte op prente Leerdertaak
GROEP
1. Kyk na prente in ou koerante en tydskrifte en vind al die verskillende vorme van energie (hitte-energie, ligenergie, klankenergie, bewegingsenergie en elektriese energie). 2. Sit die byskrifte op al die plekke waar julle die verskillende vorme van energie raaksien.
nergie
gse bewegin
kla
nke
ner
gie
3.
ergie n e e t t i h Verduidelik aan jou groep waarom ligene jy elke byskrif daar geplaas het en rgie wat die energie op daardie plek doen.
4. Skryf een sin oor elke vorm van energie wat jy raakgesien het en beskryf wat dit doen, bv.
Die radio het elektriese energie nodig om musiek te kan speel. 2
1 Soek verskillende soorte energie
Assessering Aktiwiteit
Wat ons wil assesseer
Wat ons van die leerders verwag
Die plaas van energiebyskrifte op prente
Leerders moet die volgende doen: K Identifiseer die verskillende vorme van energie korrek deur die byskrifte op die gepaste plekke op die prente te plaas.
Die skryf van sinne oor die verskillende vorme van energie
Die sinne moet die volgende aandui: K watter vorm van energie dit is K waar die energie iets doen K wat die energie doen.
t? a w ar? a w
3
Aktiwiteit
2
Sleutelbegrippe
Onderwysertaak
Die brand van ’n kers • Energie kan van een vorm (soort energie) na ’n ander verander word. • Die proses van verbranding verander ook energie van een vorm na ’n ander. • Brandstowwe is stowwe wat ons verbrand om lig en energie te kry. • Brandstowwe bevat gestoorde (gebergde) energie. 1. Skryf sleutelwoorde soos die volgende op die bord: brand, verbrand, gestoorde energie (in die was), was, brandstof, hitte- en ligenergie, pit, suurstof, energie. 2. Gee aan elke groep leerders ’n kers. Gebruik die gepaste sleutelwoorde om die dele van die kers uit te wys. 3. Steek die kerse aan die brand en skryf die volgende vrae op die bord:
Sleutelwoorde was, brandstof, hitte- en ligenergie, pit, suurstof, energie Vrae: * Wat het ’n kers nodig om te kan brand? * Wat gebeur wanneer ’n kers brand? * Waarvandaan kry die kers sy energie? * Watter soort energie kry ons as ’n kers brand?
Nuwe woorde Vlam, rook, smelt, vuurhoutjie, klankenergie, knetter
4. Fasiliteer ’n klasbespreking sodat leerders hul eie idees oor die antwoorde vir die vrae kan ondersoek. Skryf enige nuwe woorde op die bord sodat leerders die onderstaande tabel kan invul. 5. Vra leerders om hul eie idees te gebruik en die “Ek dink ...”-kolom in die tabel hieronder in te vul. 6. Daarna vra jy leerders om die leesstuk “Energie uit ’n brandende kers” op bladsy 6 te lees. Laastens vul hulle die “Ek weet”-kolom in met antwoorde wat hulle in die teks vind.
4
Leerdertaak
GROEP
1. Kyk na die brandende kers en gebruik hierdie vrae om dit met jou groep te bespreek. Vrae K Wat het ’n kers nodig om te kan brand? K Wat gebeur wanneer ’n kers brand? K Waarvandaan kry die kers sy energie? K Watter soort energie kry ons as ’n kers brand? 2. Vul die “Ek dink ...”-kolom in die tabel hieronder in. 3. Lees die leesstuk “Energie uit ’n brandende kers” op bladsy 6 om antwoorde vir die vrae te kry. 4. Gebruik nou die korrekte inligting uit die leesstuk en vul die “Ek weet”kolom in die tabel in.
Die brand van ’n kers Vrae
Ek dink ...
Ek weet
Wat het ’n kers nodig om te kan brand?
Dit het ’n vuurhoutjie nodig om dit aan te steek.
’n Kers het ’n vuurhoutjie, ’n pit, was en suurstof nodig om te brand.
Wat gebeur wanneer ’n kers brand?
Die was smelt en die kers word kleiner.
Daar is ’n energieverandering wanneer die kers brand.
Waarvandaan kry die kers sy energie?
Die kers het sy energie van die vuurhoutjie gekry.
Die kers het sy energie van die was gekry. Die energie is in die was gestoor.
Watter soort energie kry ons as ’n kers brand?
Ons kry ligenergie uit ’n brandende kers.
Ons kry hitte- en ligenergie uit ’n brandende kers. Soms kry ons ook klankenergie.
5
Energie uit ’n brandende kers Jy het ’n kers sien brand. Jy het die hitte-energie van die vlam gevoel. Dit verskaf ook ligenergie. Jy het hitte van ’n vuurhoutjie nodig om jou kers aan te steek. Wanneer jy die kers aansteek, begin die pit eerste brand totdat ’n bietjie was gesmelt het. Dan gaan die was in die pit in en raak ook aan die brand. Dan brand die was en die pit. Jy het ook suurstof uit die lug nodig om die kers te laat aanhou brand. ’n Stof wat met suurstof brand, word ’n brandstof genoem. Was is dus die kers se brandstof. Wanneer die kers brand, gebeur daar ’n energieverandering. Was word verander wanneer dit brand. Chemikalieë in die was meng met suurstof wanneer die brandstof brand. Hitte- en ligenergie word afgeskei. Die gestoorde energie binne-in die was word na hitte- en ligenergie verander wanneer die kers brand. Mense brand brandstowwe omdat die brandstowwe gestoorde energie het. Wanneer ons brandstowwe brand, kry ons lig- en hitte-energie. Mense gebruik brandstowwe omdat ons hitte- en ligenergie nodig het. Ons het ook brandstowwe nodig om enjins te laat werk. In ’n motorenjin moet die petrol verbrand word om hitte-energie af te skei sodat die enjin kan werk. Vliegtuie en skepe het ook enjins waarin brandstof verbrand word.
2
Assessering Aktiwiteit
6
Die brand van ’n kers Wat ons wil assesseer
Wat ons van die leerders verwag
Die voltooiing van die “Ek dink ...”-kolom oor “Energie uit die brand van ’n kers”
Die antwoorde op die vrae moet korrek volgens die inligting in die leesstuk wees.
Aktiwiteit
3
Sleutelbegrip
Teacher task
LET WEL… Herinner leerder s daaraan dat brands towwe energiebronne is wat ons moet brand. Ele ktrisiteit is dus nie ’n bra ndstof nie, al is dit ’n energie bron.
Verskillende brandstowwe • Mense gebruik talle verskillende brandstowwe, byvoorbeeld hout, steenkool, olie, paraffien, petrol.
1. Maak saam met die leerders ’n kopkaart van die verskillende brandstowwe en die gebruike daarvan op die bord. 2. Nadat julle die kopkaart voltooi het, vestig jy leerders se aandag op die twee belangrike kategorieë brandstowwe, naamlik OLIE en GAS. Sê vir hulle dat hulle NAVORSING oor olie en gas gaan doen deur te lees. Dan gaan hulle die inligting in die vorm van ’n plakkaat aanbied.
Hout
l petr0 motors, vragmotors, motorfietse, taxi’s, trekkers
diesel
vuur, kook, verhit
Olie
brandstowwe en die gebruike daarvan
plastiek, skepe, vliegtuie
taxi’s, bote, vragmotors, trekkers, busse, treine
ien f f a r pa
primusstowe, lampe, ligte
ool
Steenk
gas
vuur vir verhitting, kragsentrales, fabrieke
stowe, ligt
e, kampee
r
7
Aktiwiteit
4
Sleutelbegrippe
• • •
• •
Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie en gas
Natuurlike olie en gas is belangrike natuurlike energiebronne. Olie en gas is oor miljoene jare uit klein diertjies en plante in die aardkors gevorm. Mynmaatskappye boor diep in die aardkors om olie en gas te vind. Die gat in die aardkors waardeur die olie of gas na die oppervlak kom, word ’n boorgat genoem. Olie en gas word vanaf hierdie bronne na plekke wêreldwyd vervoer. Ru-olie word gebruik om brandstowwe en talle ander nuttige produkte te maak.
Onderwysertaak
Inleiding 1. Vra leerders om soveel moontlik vrae in verband met olie en gas te stel. Vra: “Wat wil julle oor olie en gas weet?” Dan moet leerders vrae oor olie en gas opmaak wat met woorde soos die volgende begin: wat, waar, hoe, wanneer, wie, wat sal gebeur as? 2. Skryf hul vrae in ’n kopkaart op die bord. 3. Skryf nou die spesifieke vrae op bladsy 9 neer. Vergelyk die leerders se vrae met die spesifieke vrae en wys daarop dat baie vrae eenders is.
Hoe word olie en gas vervoer? Waar kry ons olie en gas? Waarom vervoer skepe olie?
Wat sal gebeur as ons nie olie en gas het nie? Hoeveel kos dit?
8
vrae: olie en gas
Hoe word olie en gas gemaak?
Wie gebruik olie en gas? Waarvoor word olie en gas gebruik?
Spesifieke vrae a. Waarom is olie en gas belangrik? b. Waarvandaan kom olie en gas? c. Wat is ru-olie? d. Watter dinge word van olie en gas gemaak? e. Hoe kom olie- en gasprodukte by ons (die verbruiker)? f. Hoe word olie en gas gevorm? g. Hoe vind ’n mens olie en gas? h. Hoe kry ons olie en gas uit die grond? i. Hoe word olie en gas vervoer? j. Hoe word ru-olie na ’n voltooide produk geraffineer? k. Waarvandaan kom die energie wat in olie en gas gestoor (geberg) word? 4. Sê vir leerders dat jy inligting oor die spesifieke vrae vir hulle het. Hulle sal vrae kies en dan navorsing doen om die antwoorde op te spoor.
Vorm groepe om hul leesnavorsing te doen 1. Verdeel die klas in groepe van vyf. Laat elke groep twee of drie vrae kies om na te vors. 2. Lees die inligtingsblad “’n Gids tot olie en gas in Suid-Afrika” (bladsy 39) saam met die klas. Let Wel: Maak seker dat leerders moeilike woorde of begrippe verstaan en kan verduidelik. Byvoorbeeld: Ru-olie is die olie wat natuurlik diep in die aardkors gevind word. Nadat dit na die oppervlak gebring is, moet dit verander of geraffineer word sodat ons dit kan gebruik. Die olie en petrol wat ons vir ons motors koop, is uit ru-olie geraffineer.
Stel die taak vir die leerders 1. Deel die taakkaarte aan die leerders uit en verduidelik wat hulle moet doen. 2. Verduidelik wat jy op die plakkaat verwag: K K K K
’n gepaste opskrif goeie illustrasies gepaste en korrekte inligting kunstige uitleg en letterwerk (dit beteken jy moet alles op die plakkaat duidelik en kunstig rangskik).
9
3. Laat leerders die navorsing (lees vir inligting) in die klas doen. Wees beskikbaar om hulle met woordeskat en ander vrae te help. 4. Stel ’n tyd vas (’n week later) vir die maak van die plakkaat as ’n groepprojek sodat leerders tyd het om hul inligting vir die plakkaat voor te berei. 5. Laat elke groep hul inligting op die dag van die uitstalling op hul eie plakkaat saamstel.
6. Gaan elke plakkaat na om seker te maak dat die inligting korrek is. Gee aan elke groep genoeg tyd om enige foute reg te stel. 7. Elke groep bied hul plakkaat mondelings vir die klas aan. Help leerders om hard genoeg en duidelik te praat. Laat tyd vir vrae toe sodat leerders vrae aan die hele groep kan vra as enigiets duideliker gestel moet word. 8. Stal die plakkate in die klas uit totdat julle die tema “Energie en verandering” afgehandel het.
Op sommige plekke in die wêreld word ’n olieboor gebruik om olie en gas onder uit die seebodem te pomp.
10
Leerdertaak
GROEP
Maak ’n plakkaat oor olie en gas in Suid-Afrika 1. Lees oor olie en gas in Suid-Afrika. 2. Kies twee vrae om na te vors. 3. Lees om die antwoorde op die vrae te vind. Skryf enige relevante inligting oor hierdie vrae in jul eie woorde. Jul inligting moet korrek wees. 4. Julle kan ook prente teken om te wys wat julle uitgevind het. Die prente moet byskrifte hê wat dit verduidelik. 5. Volgende week gaan julle jul tekeninge en skryfwerk op ’n plakkaat wat die hele groep gaan maak, saamstel. 6. Die plakkaat moet: K ’n opskrif hê K goeie illustrasies met byskrifte of verduidelikende aantekeninge hê K korrekte inligting bevat oor die vrae waaroor julle navorsing gedoen het K kunstig gerangskik wees. 7. Julle moet jul inligting en tekeninge op die plakkaat aan die res van die klas kan verduidelik en vrae daaroor kan beantwoord. (Julle moet dit hard genoeg en duidelik kan verduidelik en die korrekte inligting kan gee.)
4
Assessering Aktiwiteit
Ons doen ons eie leeswerk en navorsing oor olie en gas
Wat ons wil assesseer Die maak van ’n plakkaat oor olie en gas in Suid-Afrika
Wat ons van die leerders verwag Die plakkaat moet: K ’n gepaste opskrif hê wat by die onderwerp van olie en gas aansluit K korrekte inligting bevat wat die vrae wat leerders gekies het, beantwoord K tekeninge of prente hê wat iets wat leerders nagevors het, op ’n gepaste manier illustreer K die illustrasies moet byskrifte of verduidelikings daarby hê K kunstig en netjies aangebied word K
11
Aktiwiteit
5
Sleutelbegrip
Vergelyk drie verskillende brandstowwe
•
• •
Brandstowwe stoor energie en ons moet dit verbrand om die energie daaruit te kry. Verskillende brandstowwe stoor verskillende hoeveelhede energie. Verskillende brandstowwe skei verskillende soorte en hoeveelhede besoedeling af wanneer dit brand.
Onderwysertaak 1. Wys drie verskillende soorte brandstof aan leerders (kerswas, brandspiritus en paraffien). 2. Verduidelik aan leerders dat hulle ondersoek gaan instel om die drie soorte brandstof te vergelyk. Hulle gaan dit doen deur te kyk hoe vinnig elkeen water tot kookpunt kan verhit. 3. Vra leerders om te voorspel watter een van die drie soorte brandstof water die vinnigste sal laat kook. 4. Deel die taakkaart en die apparaat uit (vergelyk leerdertaakkaart) sodat elke groep hul ondersoek kan uitvoer: K ’n kers K ’n spiritusbrander met brandspiritus K ’n spiritusbrander met paraffien K glasbabakosbotteltjies of glasbekers K water K spuite of maatsilinders om die water te meet K driepootstaanders en gaasmatjies K vuurhoutjies om die kers en branders aan te steek.
12
Wat wil ek oor die brandstowwe uitvind?
Wat moet ek doen om die drie brandstowwe billik te toets?
Watter soort brandstof, dink ek, sal die water eerste laat kook?
Wat moet ek doen om uit te vind? Leerdertaak
Vergelyk drie verskillende brandstowwe 1. Stel die apparaat só op:
water gaas
water gaas
driepoot
water gaas
driepoot
driepoot
spiritusbrander kers
spiritusbrander
paraffien
spiritus
2. Vergelyk wat gebeur wanneer jy drie verskillende brandstowwe gebruik om water te laat kook. Gebruik hierdie vrae om jou te help om jou waarnemings te doen: K Watter kleur is die vlam? K Watter soort brandstof veroorsaak besoedeling? Watter soort besoedeling word afgeskei? K Watter soort brandstof laat die water die vinnigste kook? 3. Skryf jou waarnemings in die onderstaande tabel. ’n Kers
Brandspiritus
Paraffien
Die vlam is geel.
Die vlam is blou.
Die vlam is oranje.
Die kers skei ’n bietjie rook af. Die bottel se onderkant word vuil. Hierdie brandstof laat die water laaste kook.
Dit skei ’n reuk af wanneer dit brand. Die bottel word nie baie vuil nie Hierdie brandstof laat die water eerste kook.
Dit skei baie rook en ’n slegte reuk af. Die bottel se onderkant en kante word swart. Hierdie brandstof laat die water tweede kook. 13
Onderwysertaak
LET WEL…
1. Fasiliteer ’n klasbespreking waarin die drie soorte brandstof vergelyk word. Maak seker dat die volgende punte in die bespreking genoem word: K Leerders vergelyk die brandstowwe deur elkeen te gebruik om water te laat kook. (Herinner leerders dat water kook wanneer dit energiek borrel.) K Om die drie brandstowwe billik te vergelyk, moet leerders dieselfde hoeveelheid water saam met elke soort brandstof gebruik. K Dit is nie nodig om dieselfde hoeveelheid brandstof te hê nie, mits daar genoeg is om die water te laat kook. K Leerders moet ook seker maak dat al die water aan die begin ongeveer dieselfde temperatuur is (hulle skink dit dus uit dieselfde beker of bottel). K Die soort brandstof wat water die vinnigste laat kook, is gewoonlik brandspiritus. K Paraffien skei baie swart rook af en bedek die binnekant van die bottel met ’n olierige roet. 2. Skryf enige nuwe woorde wat tydens die bespreking gebruik word, op die bord en verduidelik dit: byvoorbeeld roet = die taai swart goed wat op die glasbottel se bodem bly sit bottel, rook, besoedeling, taai, stink gas, ens.
araffien in ’n Wanneer ons p die huis primusstoof by ns lug daarin gebruik, moet o rimus te laat pomp om die p stof meng met werk. Die brand e om baie beter t lug en help dit r e dan baie me brand. Dit gee nie soveel rook energie en skei en roet af nie.
14
Leerdertaak
SKRYFTAAK
Skryf ’n verslag 1. Skryf ’n verslag waarin jy die drie verskillende soorte brandstof vergelyk. Gebruik die hofies hieronder om jou te help.
Vergelyk drie verskillende brandstowwe Wat ek oor die brandstowwe wou uitvind:
Ek wou uitvind watter soort brandstof die water die vinnigste sou laat kook. Ek het voorspel dat ...
die paraffien die water eerste sou laat kook.
Ek het die volgende gedoen om die soorte brandstof te vergelyk:
het ek drie babakosbotteltjies gekry. Ek het dieselfde hoeveelheid water in elkeen gegooi. Daarna ... het ek een bottel met ’n kers verhit. Ek het ’n ander bottel met paraffien as brandstof verhit. Ek het brandspiritus gebruik om die derde bottel te verhit. Toe ... het ek dopgehou watter water eerste kook. Laastens ... het ek opgelet dat die water wat met brandspiritus verhit is, eerste gekook het. Eers ...
pa r affin
methy lated
irit sp
Dit is wat ek oor die energie in die drie soorte brandstof uitgevind het:
die kers nie baie energie het nie, want dit neem lank om die water te laat kook. Die paraffien het meer energie as die kers, want dit het die water vinniger as die kers laat kook.Die brandspiritus het die meeste energie, want dit het die water die vinnigste laat kook. Ek het uitgevind dat ...
Terwyl ek die toets gedoen het, het ek ook die volgende uitgevind:
Die kers het ’n geel vlam, die paraffien het ’n oranje vlam en die brandspiritus het ’n blou vlam. Paraffien skei baie rook en roet af en dit ruik sleg. Dit veroorsaak lugbesoedeling en dit laat my hoes. Ek het ook uitgevind:
Nog iets wat ek geleer het ... ’n
Kers skei ’n bietjie rook af en brandspiritus skei nie rook af nie, maar dit ruik sleg.
Besprekingspunte 2. Bespreek hierdie vraag met jou groep nadat jy jou verslag geskryf het: Dink jy ons het hierdie drie brandstowwe op ’n billike manier vergelyk? Gee redes om jou antwoord te staaf. Besluit op maniere waarop jy die vergelyking billiker sou kon doen.
15
5
Assessering Aktiwiteit
Vergelyk drie verskillende brandstowwe
water gaas
water gaas
driepoot
driepoot spiritusbrander
kers
paraffien
Wat ons wil assesseer
Wat ons van die leerders verwag
Leerders voer die ondersoek uit en skryf hul waarnemings neer
Leerders moet die volgende kan doen: K Stel die apparaat korrek op.
water gaas driepoot spiritusbrander spiritus
K Bespreek en doen waarnemings terwyl hulle die ondersoek uitvoer. K Skryf akkuraat oor wat hulle waargeneem het op hul rekordblaaie. K Vergelyk die drie soorte brandstof deur aantekeninge oor ooreenkomste en verskille te maak, byvoorbeeld, hoe vinnig verhit elke brandstof die water en hoeveel en watter soort besoedeling word afgeskei. K Die skryf van ’n verslag waarin die drie soorte brandstof vergelyk word
Die verslag moet: K in die leerders se eie woorde geskryf wees K die relevante inligting onder elke hofie bevat K
16
Aktiwiteit
6
Sleutelbegrippe
Vervoer en brandstof •
• •
Onderwysertaak
Fossielbrandstowwe (steenkool, olie en gas) is nie-hernubare energiebronne. Hout, sonlig, wind en voedsel is ’n paar hernubare energiebronne. Verskillende vorme van vervoer gebruik verskillende soorte brandstof. Die meeste enjinaangedrewe voertuie gebruik fossielbrandstof.
1. Stal die prente van verskillende voertuie teen die bord uit.
2. Verduidelik die volgende punte aan leerders: K Die motor, vliegtuig, taxi en vissersboot het almal enjins wat hulle laat beweeg. K Hierdie enjins het brandstof nodig. K Die brandstof brand binne-in die enjins en die brandstof se hitte laat die enjins werk. K Hierdie verbrandingsproses skei besoedeling in die lug af. 3. Deel die vrae en prente van verskillende voertuie uit (vergelyk bladsy 46) sodat leerders dit in hul groepe kan bespreek. (Dit sal die beste wees as al die groepe al vyf prente kan kry.)
17
Leerdertaak
Bekyk verskillende voertuie 1. Kyk na die prente van verskillende voertuie wat mense vir vervoer gebruik. 2. Bespreek die vrae en skryf dan die antwoorde neer sodat julle verslag aan die hele klas kan doen. Besprekingsvrae: K Watter soort energieverandering vind plaas wanneer hierdie voertuig beweeg? K Watter soort brandstof gebruik hierdie voertuig? K Waarvandaan kom hierdie brandstof oorspronklik? K Sal hierdie soort brandstof altyd as ’n energiebron beskikbaar wees? Gee redes vir jul antwoord. K Is dit goed of sleg vir die omgewing as ons hierdie soort brandstof gebruik? Gee minstens twee redes vir jou antwoord. 3. Vul die tabel hieronder in.
GROEP
Vergelyk verskillende voertuie en die brandstof wat dit gebruik Soort voertuig wat wat gebruik word
Voordele
Fiets
Fietse is goedkoper as motors Jy kan net klein goedjies met Die kinders se kos is die Kinders en volwassenes kan ’n fiets vervoer. Jy kan nie brandstof. fietse gebruik. Dit is maklik baie vinnig ry nie. om reg te maak. Dit veroorsaak nie besoedeling nie. Jy hoef nie brandstof te koop nie.
Ja, solank daar genoeg kos vir die kinders is.
Motor (taxi)
Dit ry vinnig. Dit kan baie mense vervoer.
Jy moet brandstof koop. Dit Petrol is gevaarlik as jy nie weet hoe om te bestuur nie. Dit besoedel die lug.
Nee, dit kom uit olie en wanneer al die olie op aarde op is, sal ons nie nog kan kry nie.
Vissersboot
Dit kan baie mense en baie vis vervoer.
Dit besoedel die lug.
Diesel
Nee, want dit kom ook uit olie.
Vliegtuig
Dit kan baie mense vervoer en vinnig beweeg.
Dit maak ’n groot geraas en besoedel die lug.
Vliegtuigbrandstof
Nee, want dit kom ook uit olie.
Perdekar
Dit is veiliger as ’n motor.
Jy kan dinge vervoer. Jy hoef Perdekos (gras) nie brandstof te koop nie. Dit is stadig in vergelyking met ’n motor. Die perd kan siek word en doodgaan.
paar s e b t i D tof! brands
Nadele
Gaan die brandstof altyd op aarde beskikbaar wees?
Ja, solank ons nog kos vir die perd kan verskaf.
4. Doen verslag aan die klas oor een vorm van vervoer. 5. Rangskik die prente van die voertuie van die een wat die meeste energie gebruik tot die een wat die minste energie gebruik. Skryf die rangskikking neer. Die meeste energie
vliegtuig
18
Watter soort brandstof gebruik dit?
boot
tot
taxi, motor
die minste energie
perdekar
fiets
Onderwysertaak
1. Plak die prente op die bord terwyl die leerders verslag doen. Laat net een groep oor elke soort vervoer verslag doen. Moedig leerders aan om enige verbeteringe aan hul tabelle aan te bring terwyl hulle na die ander groepe luister. 2. Nadat leerders verslag aan die klas gedoen het, moet hulle die voertuie rangskik van die een wat die meeste energie gebruik tot die een wat die minste energie gebruik. 3. Plak die prente in daardie volgorde op die bord.
1
2
3
4
5 4. Lees die volgende teks aan die leerders en help hulle om dit te verstaan.
Hernubare en nie-hernubare energiebronne Olie, steenkool en gas is natuurlik Olie, steenkool en gas is natuurlike energiebronne wat in die aardkors aangetref word. Dit word soms fossielbrandstowwe genoem omdat dit tussen rotslae aangetref word en oor miljoene jare op ’n natuurlike manier van dooie plante en diere gevorm is.
Hoeveel olie, steenkool en gas is daar? Niemand weet hoeveel olie, steenkool en gas daar in die aardkors is nie. Ons is vinnig besig om al die fossielbrandstowwe op te gebruik. Mynmaatskappye soek dus aanhoudend nuwe voorrade van hierdie natuurlike brandstowwe. Hulle moet selfs op moeilike plekke soos onder die see soek. Nie-hernubare energiebronne Wetenskaplikes dink dat al die aarde se voorraad fossielbrandstowwe binnekort uitgeput sal wees. Ons sê fossielbrandstowwe is nie-hernubare energiebronne. Dit beteken dat wanneer dit op is, daar nêrens nog sal wees nie (want dit neem miljoene jare voordat die natuur nog kan maak). Wetenskaplikes skat dat as ons aanhou om fossielbrandstowwe so vinnig soos nou te gebruik, al die steenkool teen 2085 uitgeput sal
wees. Al die olie sal teen 2030 op wees.
Hernubare energiebronne Daar is ander energiebronne in die natuur. Ons kan byvoorbeeld sonlig gebruik om plante te kweek en ons kry brandstof vir ons liggame wanneer ons plante eet. Ons kweek aanhoudend nog plante sodat die brandstofvoorraad vir ons liggame nooit uitgeput sal raak nie. Ons kan hout as brandstof brand om ons huise te verhit. Ons kweek aanhoudend nog hout sodat ons voorraad nooit op sal raak nie. Ons sê kos en hout van plante is hernubare energiebronne. Dit beteken ons kan altyd nuwe voorrade kry deur nog te kweek. Die son se lig en hitte, wind en die beweging van water is ook hernubare energiebronne.
19
5. Help leerders om die volgende opsomming te voltooi:
Hernubare en nie-hernubare energiebronne
Leerdertaak
1. Verduidelik in jou eie woorde wat die volgende beteken: K As ’n energiebron hernubaar is, beteken dit
ons kan in die
toekoms nog daarvan kry (maak). K ’n Voorbeeld van ’n hernubare energiebronne is hout
of
sonkrag. K As ’n energiebron nie-hernubaar is, beteken dit
ons kan nie nog
maak wanneer dit op is nie. K ’n Voorbeeld van ’n hernubare energiebron is
steenkool, olie
of gas.
6
Assessering Aktiwiteit
Vervoer en brandstowwe
Wat ons wil assesseer
Wat ons van die leerders verwag
Die beantwoording van die vrae
Die antwoorde moet korrek wees. 1. Alle voertuie verander gestoorde energie na bewegingsenergie. 2. Die motor gebruik petrol- of dieselbrandstof. Die vliegtuig gebruik vliegtuig- of stralerbrandstof. Die vissersboot gebruik diesel. Die fiets gebruik die kinders se bewegingsenergie wat hulle van die energie wat in kos gestoor is, gekry het. Die perdekar gebruik die perd se bewegingsenergie wat hy van die gestoorde energie in sy kos gekry het. 3. Die petrol, diesel en stralerbrandstof kom uit ru-olie. Die kinders en die perd se kos kom van plante en diere. 4. Petrol, diesel en stralerbrandstof sal nie altyd beskikbaar wees nie. Binnekort sal al ons voorrade uitgeput wees. Kos sal beskikbaar wees solank ons dit aanhou kweek. 5. Petrol, diesel en stralerbrandstof is sleg vir die omgewing omdat dit rook en ander gifgasse afskei wat die lug besoedel. Wanneer dit reën, beland hierdie besoedeling ook in die water. 6. Kos vir die kinders en die perd het geen slegte uitwerking op die omgewing nie. Die perdemis en die seuns se toiletafval kan weer gebruik word om die grond te verryk.
Die voltooiing van die tabel om die voor- en nadele van die verskillende vervoervorme te vergelyk
20
Die leerders moet die volgende skryf: K ’n paar voordele en ’n paar nadele van elke soort vervoer K die brandstof vir die fiets en die perd is kos, en dit is hernubaar (ons kan nog kos kweek) K die brandstof vir die motor, die vliegtuig en die boot is niehernubaar (hierdie brandstowwe sal nie altyd beskikbaar wees nie).
Aktiwiteit
7
Sleutelbegrippe
Waarom kos brandstowwe geld? • Alle soorte brandstof kos geld. • Die prys wat ons vir brandstof betaal, sluit die koste in van die ru-olie waarvan dit gemaak is, asook die koste om dit te produseer, te vervoer en voor te berei om te verkoop. • Die brandstofprys styg wanneer die prys van ru-olie toeneem of as enige van die bostaande kostes toeneem.
Onderwysertaak 1. Sê vir leerders hulle gaan uitvind hoe die prys van ru-olie vasgestel word. Hulle gaan ook nadink oor die faktore wat die prys van brandstof wat uit ru-olie gemaak is, beïnvloed. 2. Skryf die volgende vrae op die bord.
Wie besluit wat die prys van ru-olie is?
Hoe besluit OPUL wat die prys van ru-olie is? Hoeveel kos ru-olie?
Wat is OPUL?
Waarom affekteer die prys van ru-olie die prys van die brandstowwe wat ons elke dag gebruik?
HOEV EEL KOS RUOLIE?
3. Lees die artikel “Hoeveel kos ru-olie?” saam met die leerders. Verduidelik enige moeilike woorde en begrippe. 4. Hou ’n klasbespreking om seker te maak dat leerders die antwoorde op hierdie vrae in die leesstuk vind.
21
Hoeveel kos ru-olie?
Omtrent al die energie wat in die wêreld gebruik word, kom uit fossielbrandstowwe. K Die meeste steenkool word gebruik om elektrisiteit in kragsentrales op te wek. K Al die ru-olie word gebruik om brandstof vir vervoer te produseer, byvoorbeeld petrol, diesel en vliegtuigbrandstof. Net ’n paar lande ter wêreld het natuurlike olieneerslae. Dit is lande soos Saoedi-Arabië, Iran, Irak en Nigerië. Hulle word die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPUL) genoem. Hulle besit die olieneerslae in hul lande en hou toesig oor die ondersoek, ontginning, vervoer en verkoop daarvan aan lande wat nie hul eie olie besit nie. Gewoonlik word dit as ru-olie aan ander lande verkoop en dan moet hierdie lande dit self raffineer om brandstowwe te maak. Die OPUL-lande besluit saam hoeveel ru-olie te koop is en wat die prys daarvan is. Die prys word altyd as die prys per vat in Amerikaanse dollar aangekondig, byvoorbeeld, die prys van ru-olie is ongeveer $25 per vat. Die prys van ru-olie verander egter daagliks effens wêreldwyd afhangend van hoeveel verkoop word en watter lande dit koop. Elke land wat olie koop, betaal vir die olie en betaal dan om dit te raffineer en brandstowwe daarvan te maak. Sommige van hierdie kostes is: K die koste om dit na verskillende brandstowwe te raffineer K die koste om die brandstowwe na die mense wat dit gebruik, te vervoer en dit te verskaf K die koste om vulstasies te bou. Daarna voeg elke land belasting by die brandstofprys. Al hierdie kostes word ingesluit by die prys van die brandstof wat ons koop. In Suid-Afrika publiseer party koerante (soos Die Burger, The Star, The Cape Times en Beeld) elke dag die prys van ru-olie. Die prys van belangrike soorte metaal soos goud, silwer en koper word ook gepubliseer.
5. Vra leerders om die prys per liter van die volgende brandstowwe vir huiswerk uit te vind: 4paraffien 4motorolie 4petrol 4diesel. 6. Die volgende dag deel jy die taakkaart “Die prys van brandstof” uit.
22
Leerdertaak
Die prys van brandstof Voorbeeld van ’n berekening 1. Kyk na die sakeblad in die koerant van Maandag, 27 Augustus 2001 (vergelyk bladsy 24). 2. Vind uit wat die prys van ru-olie en die dollar-rand-wisselkoers was. Die prys van ru-olie wat gegee word, is die prys van een vat. Elke vat bevat ongeveer 200 liter ru-olie. Hoeveel kos ’n vat olie in Suid-Afrikaanse geld? Prys van een vat olie = $25,71 (VSA-dollar). Lees en stel vas hoeveel rand daar in een dollar is. 1 dollar = 8,3725 rand. Dus: die prys van een vat ru-olie = $25,71 x 8,3725 = R215,25 maar 1 vat ru-olie = 200 liter Dus: 200 liter ru-olie = R215,25 Dus: die prys van 1 liter ru-olie = R215,25 x 200 1 liter ru-olie kos R1,07. Dit was die prys van alledaagse brandstowwe op 27 Augustus 2001: Pryse: K 1 liter petrol kos R 3,63 K liter motorolie kos R13,60 (500 ml kos R6,80) K liter paraffien kos R 3,80 K liter diesel kos R 3,38
Taak 1. Kyk na die sakeblad in vandag se koerant. Vind uit wat die prys van ru-olie en die dollar-rand-wisselkoers is. 2. Bereken die prys van een liter ru-olie vandag. 3. Vind uit wat vandag se prys van petrol, motorolie, paraffien en diesel is. 4. Vergelyk hierdie pryse met die prys op 27 Augustus 2001. Het die olieprys verander? Het die prys van brandstowwe verander? 5. Waarom, dink jy, is die prys van brandstowwe soveel hoër as die prys van ru-olie? Waarom, dink jy, verander die brandstofprys elke nou en dan? Skryf en verduidelik waarom.
olie-r affinadery
23
Leerdertaak
Die brandstofprys Die prys van brandstowwe verander elke nou en dan omdat die prys van ru-olie verander. Die dollar-rand-wisselkoers verander ook. Albei hierdie dinge affekteer die prys van brandstowwe. Brandstowwe is baie duurder as ru-olie. Waarom? Gee ten minste twee redes.
SKRYFTAAK
Rede 1 Die brandstowwe kom van ru-olie. Die ru-olie moet egter geraffineer word om ’n brandstof daaruit te maak. Die koste om ’n vat olie te raffineer, word gevoeg by die prys wat ons vir die brandstof betaal. Brandstowwe is dus duurder. Rede 2 Nadat die brandstof gemaak is, moet dit na die vulstasies en winkels waar dit verkoop word, vervoer word. Dit kos ook geld. Die koste om die brandstof te vervoer, word gevoeg by die prys wat ons vir die brandstof betaal. Rede 3 Die regering voeg belasting by die brandstofprys.
Sakeblad
Geldeenhede Rand/Dollar $ Rand/Pond £ Rand/Euro Ä Rand/Deutschmark DM Rand/Jen ¥
8,3725 12,0928 7,6387 3,9093 0,0697
7
Assessering Aktiwiteit
24
Kommoditeite Goud Platinum Silwer Koper Olie
Maandag, 27 Augustus 2001 272,80 454,00 4,20 1499,00 25,71
Waarom kos brandstowwe geld?
Wat ons wil assesseer
Wat ons van die leerders verwag
Leerderskryftaak oor waarom brandstowwe duurder as ru-olie is
Die skryfwerk moet verduidelik dat brandstowwe duurder as ru-olie is, want K Dit kos geld om ru-olie na ’n raffinadery te vervoer. K By die raffinadery word ru-olie verhit om dit in verskillende soorte brandstof te skei. Dit is duur om raffinaderye te bou en te onderhou. Dit is ook duur om die ru-olie te verhit. K Nadat dit geraffineer is, moet die verskillende brandstowwe vervoer word na die plekke waar dit gebruik gaan word. Die voertuie en pype hiervoor kos geld. K Dan word die brandstof verkoop. Dit kos geld om dit te versprei en om rekening te hou van hoeveel gekoop en verkoop word. K Baie mense word in diens geneem om brandstowwe by die plekke te kry waar dit benodig word. Dit kos geld om hulle te betaal. K Al hierdie kostes word by die prys van brandstof gevoeg. K Die regering voeg ook belasting by die prys van brandstowwe. K
Oliepryse RU-OLIE Nymex WII Nymex WII IPE Brent IPE Brent Doebai Doebai
US DOLLAR
MAAND Okt 01 Nov 01 Okt 01 Nov 01 Okt 01 Nov 01
24/08/01
PRYS -(26.83) -(26.82) -(25.81) -(24.55) -(24.55) -(24.05)
Internasionale oliepryse
Crude Type DTD Brent
VOLUME
38927 8864
26.390
25
Aktiwiteit
8
Onderwysertaak
Wat van brandstowwe in die toekoms? 1. Fasiliteer ’n bespreking met die hele klas oor die volgende vraag: Wat sal gebeur as al die aarde se olie-, steenkool- en gasvoorraad op is? K Wetenskaplikes dink dat daar teen 2030 nie meer olie op aarde sal oor wees nie, en teen 2085 nie meer steenkool nie. Wat sal gebeur as hierdie energiebronne uitgeput is? K Op watter maniere sal ons lewens verander as daar nie meer fossielbrandstowwe is nie? K Wat sal jy as brandstof gebruik wanneer jy 60 jaar oud is? K Wat, dink jy, sal jou kleinkinders in 2085 as brandstof gebruik? K Wat kan ons doen om voorbereidings vir ’n wêreld sonder fossielbrandstowwe te tref? 2. Skryf woorde en frases wat leerders gebruik, tydens die bespreking op die bord. 3. Kry boeke met inligting oor alternatiewe energiebronne, soos sonkrag, windkrag, krag uit golwe, krag uit plante. Leerders kan navorsing doen oor verskillende maniere waarop energie in die toekoms uit hierdie hernubare bronne gekry kan word. K Vergelyk “Eskom gaan windkrag gebruik” hieronder.
Eskom gaan windkrag gebruik Multimiljoenrand-projek in Wes-Kaap sal omgewingsvriendelike alternatiewe energieborn ondersoek Die Wes-Kaap se sterk winde gaan as ’n energiebron vir elektrisiteit gebruik word. Eskom gaan aan die einde van die jaar ’n multimiljoenrand-windkragopwekker bou. Dit sal die enigste een in Suid-Afrika wees. Indien alles volgens plan verloop, sal dit genoeg krag opwek om 2 000 huise teen die jaar 2005 te voorsien. Dit sal naby die N7snelweg naby Malmesbury gebou word. Agt tot tien groot windpompe sal aan kragopwekkers gekoppel word. Dit sal bo-op ’n heuwel wat amper heeljaar lank sterk wind kry, opgerig word. Daar is wêreldwyd ’n behoefte aan alternatiewe energiebronne ... Sodra die Wes-Kaapse windkragopwekker gebou is, sal opwekkers in dele van Suid-Afrika wat baie wind kry, wetenskaplikes dit bestudeer om te bepaal op watter gebou word. Daar is wêreldwyd ’n behoefte aan maniere die ontwerp verbeter kan word. Hulle sal ook alternatiewe energiebronne wat nie besoedeling bereken hoeveel die elektrisiteit wat daardeur opgewek veroorsaak nie. Windkrag is net een soort alternatiewe word, sal kos. energiebron. Indien dit suksesvol is, sal nog talle windkragVerwerk uit Sunday Times, 25/2//2001
26
Leerdertaak
SKRYFTAAK
1. Skryf ’n halwe bladsy oor “Energie en die toekoms”. Verduidelik waarom ons ander energiebronne vir die toekoms moet vind. Gee voorbeelde van ander energiebronne.
Energie en die toekoms In die toekoms sal ons nuwe energiebronne moet vind. Dit is so omdat ons voorraad fossielbrandstowwe op aarde op sal wees. Fossielbrandstowwe kom uit olie en steenkool wat miljoene jare gelede in die aardkors gemaak is. Ons sê fossielbrandstowwe is nie-hernubare energiebronne. Dit beteken dat ons nêrens meer daarvan sal kan kry wanneer dit opgebruik is nie. Amper al die brandstowwe wat ons vandag gebruik, kom uit fossielbrandstowwe soos steenkool en ru-olie. Ons gebruik steenkool om die meeste van ons elektrisiteit op te wek. Ons gebruik ru-olie om petrol, diesel, paraffien, vliegtuigbrandstof en kerse te maak. Ons kry ook verf, plastiek, talle chemikalieë en selfs klere uit ru-olie. In die toekoms, wanneer al die fossielbrandstowwe op is, sal ons nie elektrisiteit kan opwek nie. Ons sal ook nie brandstowwe, plastiek en chemikalieë kan maak nie. Ons sal hierdie dinge dus êrens anders moet kry. Dit is waarom ons ander bronne vir energie en chemikalieë moet kry. In die toekoms sal ons ander energiebornne moet gebruik. Ons kan sonkrag gebruik. Dit is die energie uit sonlig. Ons kan dit gebruik om elektrisiteit te maak en warm water in ons huise te verskaf. Ons kan windkrag gebruik om elektrisiteit te maak en water te pomp. Ons kan ook energie uit plante kry. Dalk is daar selfs energiebronne wat ons nog nie ontdek het nie.
’n Lekker werkie vir die suidooster!
8
Assessering Aktiwiteit
Wat van brandstowwe in die toekoms?
Wat ons wil assesseer
Wat ons van die leerders verwag
Skryfstuk oor “Energie en die toekoms”
Die skryfstuk moet toon dat leerders die volgende verstaan: K Die aarde se voorraad fossielbrandstowwe sal heel moontlik gedurende dié eeu uitgeput raak. K Ons sal dan nie elektrisiteit uit fossielbrandstowwe kan maak nie. K Ons sal nie vervoer kan hê wat van fossielbrandstowwe afhanklik is nie. K Ons sal nie produkte soos chemikalieë, verf, klere en plastiek wat van olie gemaak word, kan hê nie K Ons sal ander energiebronne moet vind en gebruik, soos windkrag, sonkrag, energie uit plante en kernenergie. K
27
Voorgestelde werkskema vir Energie en Verandering PERIODE 1 Aktiwiteit 1
PERIODE 2 Aktiwiteit 2
PERIODE 3 Aktiwiteit 3
PERIODE 4 Aktiwiteit 4 (vervolg)
PERIODE 5 Aktiwiteit 4 (vervolg)
• Leerders plaas energiebyskrifte op prente (10 min)
• Onderwyser stel sleutelwoorde bekend (5 min)
• Onderwyseres stel die spesifieke vrae oor olie en gas bekend (10 min)
• Leerders skryf sinne oor die energievorme
• Leerders steek kerse aan en bespreek vrae oor die brandende kers (15 min)
• Onderwyser en leerders maak ’n klaskopkaart oor brandstowwe en die gebruike daarvan (15 min)
• Onderwyser gee taak vir leerders. Elke groep kies 2 of 3 vrae om na te vors (10 min)
• Klasbespreking oor die brandende kers (15 min)
Aktiwiteit 4 • Leerders stel vrae oor olie en gas (15 min)
• Onderwyseres lees die inligtingsblad “’n Gids tot Olie en gas in SuidAfrika” en verduidelik enige moeilike woorde of begrippe (30 min)
• Leerders lees die inligtingsblad (30 min)
• Leerders voltooi die opsomming oor energie en verbranding (5 min)
PERIODE 6 Aktiwiteit 4 (vervolg)
PERIODE 7 Aktiwiteit 4 (vervolg)
PERIODE 8 Aktiwiteit 4 (vervolg)
PERIODE 9 Aktiwiteit 4 (vervolg)
PERIODE 10 Aktiwiteit 4 (vervolg)
• Leerders lees en skryf enige inligting wat uiteindelik ingesluit moet word, op hul plakkaat.
• Leerders gaan voort om materiaal vir hul plakkaat voor te berei (40 min )
• Leerders plaas hul prente en skryfwerk op hul plakkate
• Leerders bied hul plakkate een groep op ’n slag aan. Onderwyser help groepe om enige vrae van die res van die klas te beantwoord. (Onderwyser laat tyd toe vir 2 groepe om in elke periode aan te bied)
• Leerders bied plakkate aan
PERIODE 11 Aktiwiteit 4 (vervolg)
PERIODE 12 Aktiwiteit 5
PERIODE 13 Aktiwiteit 5 (vervolg)
PERIODE 14 Aktiwiteit 5 (vervolg)
PERIODE 15 Aktiwiteit 6
• Leerders bied plakkate aan
• Onderwyseres stel drie verskillende brandstowwe wat uit ruolie kom, bekend (5 min)
• Onderwyser en klas bespreek toetsing en vergelyking van die brandstowwe (15 min)
• Leerders skryf hul verslae
• Onderwyseres deel prente uit en skryf vrae op die bord (10 min)
• Leerders ontvang apparaat en bespreek hoe hulle die drie brandstowwe sal toets. Hulle maak ook voorspellings (10 min)
• Onderwyser skryf en vertaal enige sleutelwoorde wat leerders gebruik het toe hulle hul waarnemings gedoen het (15 min)
• Leerders voer die toets uit en skryf hul waarnemings neer (30 min)
• Onderwyser stel die verslagformaat bekend en verduidelik wat van leerders verwag word (10 min)
• Leerders teken of versamel prente vir hul plakkaat (40 min)
• Leerders stal plakkate teen die klasmuur uit
• Leerders vul die tabel oor die voor- en nadele van verskillende vorme van vervoer in (20 min)
PERIODE 16 Aktiwiteit 6 (vervolg)
PERIODE 17 Aktiwiteit 6 (vervolg)
PERIODE 18 Aktiwiteit 7 (vervolg)
PERIODE 19 Aktiwiteit 8
• Leerders doen verslag aan die klas oor voor- en nadele (elke groep doen verslag oor een vorm van vervoer) (25 min)
• Leerders voltooi die opsomming (10 min)
• Leerders voltooi die taakkaart oor “Die prys van brandstof”
• Leerders skryf ’n halwe bladsy oor “Energie en die toekoms” (40 min)
• Klas orden die prente(5 min) • Onderwyser lees “Hernubare en nie-hernubare energiehulpbronne” (10 min)
28
• Leerders bespreek die prente en skryf antwoorde vir die vrae (15 min)
Aktiwiteit 7 • Onderwyseres en leerders lees die artikel “Hoeveel kos ruolie?” (20 min) • Leerders vind uit wat die prys per liter is van ander brandstowwe wat uit ru-olie kom (vir huiswerk)
Aktiwiteit
2
Die brand van ’n kers Taakkaart vir fotostatering
1. Kyk na die brandende kers en gebruik hierdie vrae om dit met jou groep te bespreek.
Vrae • Wat het ’n kers nodig om te kan • • •
brand? Wat gebeur wanneer ’n kers brand? Waarvandaan kry die kers sy energie? Watter soort energie kry ons as ’n kers brand?
2. Vul die “Ek dink ...”-kolom in die tabel hieronder in. 3. Lees die leesstuk “Energie uit ’n brandende kers” op bladsy 6 om antwoorde vir die vrae te kry. 4. Gebruik nou die korrekte inligting uit die leesstuk en vul die “Ek weet”kolom in die tabel in.
Die brand van ’n kers Vrae K Wat het ’n kers nodig om te kan brand?
K Wat gebeur wanneer ’n kers brand?
K Waarvandaan kry die kers sy energie?
K Watter soort energie kry ons as ’n kers brand?
34
Ek dink …
Ek weet …
Aktiwiteit
5
Vergelyk drie verskillende brandstowwe Taakkaart vir fotostatering
1. Stel die apparaat só op:
water gaas
water gaas
driepoot
driepoot spiritusbrander
kers
paraffien
water gaas driepoot spiritusbrander spiritus
2. Vergelyk wat gebeur wanneer jy drie verskillende brandstowwe gebruik om water te laat kook. Gebruik hierdie vrae om jou te help om jou waarnemings te doen: K Watter kleur is die vlam? K Watter soort brandstof veroorsaak besoedeling? Watter soort besoedeling word afgeskei? K Watter soort brandstof laat die water die vinnigste kook? 3. Skryf jou waarnemings in die onderstaande tabel.
Vergelyk drie verskillende brandstowwe ’n Kers
Brandspiritus
Paraffien
35
Aktiwiteit
5
Taakkaart vir fotostatering
Vergelyk drie verskillende brandstowwe Leerderskryftaak 1. Skryf ’n verslag waarin jy die drie verskillende soorte brandstof vergelyk. Gebruik die hofies hieronder om jou te help.
Vergelyk drie verskillende brandstowwe Wat ek oor die brandstowwe wou uitvind: ............................................................................... Ek het voorspel dat. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ............................................................................... Ek het die volgende gedoen om die soorte brandstof te vergelyk: Eers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Toe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Daarna
........................................................................
Laastens . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Dit is wat ek oor die energie in die drie soorte brandstof uitgevind het: Terwyl ek die toets gedoen het, het ek ook die volgende uitgevind: Ek het uitgevind dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ............................................................................... Ek het ook uitgevind dat ............................................................................... Ek het ook uitgevind dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
.................................................................... Besprekingspunte 2. Bespreek hierdie vraag met jou groep nadat jy jou verslag geskryf het: Dink jy ons het hierdie drie brandstowwe op ’n billike manier vergelyk? Gee redes om jou antwoord te staaf. Besluit op maniere waarop jy die vergelyking billiker sou kon doen.
36
Aktiwiteit
6
Vervoer en brandstof Taakkaart vir fotostatering
Bekyk verskillende voertuie 1. Kyk na die prente van verskillende voertuie wat mense vir vervoer gebruik. 2. Bespreek die vrae en skryf dan die antwoorde neer sodat julle verslag aan die hele klas kan doen. Besprekingsvrae: K Watter soort energieverandering vind plaas wanneer hierdie voertuig beweeg? K Watter soort brandstof gebruik hierdie voertuig? K Waarvandaan kom hierdie brandstof oorspronklik? K Sal hierdie soort brandstof altyd as ’n energiebron beskikbaar wees? Gee redes vir jul antwoord. K Is dit goed of sleg vir die omgewing as ons hierdie soort brandstof gebruik? Gee minstens twee redes vir jou antwoord. 3. Vul die tabel hieronder in.
Soort voertuig gebruik
Voordele
Nadele
Watter soort brand- Gaan die brandstof stof gebruik dit? altyd op aarde beskikbaar wees?
Fiets
Motor (taxi)
Vissersboot
Vliegtuig
Perdekar
4. Doen verslag aan die klas oor een vorm van vervoer. 5. Rangskik die prente van die voertuie van die een wat die meeste energie gebruik tot die een wat die minste energie gebruik. Skryf die rangskikking neer Die meeste energie
tot
die minste energie
37
Aktiwiteit
7
Taakkaart vir fotostatering
Waarom kos brandstowwe geld? Leerderskryftaak Die brandstofprys Die prys van brandstowwe verander elke nou en dan omdat . . . . . . . ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................ Brandstowwe is baie duurder as ru-olie. Waarom? Gee ten minste twee redes. Rede 1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................ Rede 2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................ ............................................................
ag duurde nee ! dis r as v e week! rlede
38
’n GIDStot
39
40
41
42
Imithombo yamandla ehlaziyekayo nengahlaziyekiyo I oli, amalahle negesi yimithombo yamandla endalo efunyanwa kuqweqwe loMhlaba (Earth’s crust). Ngamanye amaxesha ibizwa ngokuba yi oli eyifosili, kuba ifumaneka kumanqwanqwa amatye asezantsi phantsi komhlaba kwaye yazenzekela ngokufa kwezityalo nezilwanyana kwiminyaka eliwaka-waka eyadlulayo. Akakho namnye owaziyo ukuba ingakanani na i oli,amalahle negesi evela kuqweqwe lomhlaba. Siyisebenzisa le oli iyifosili ngamandla kangangokuba iyaphela. Ngoko inkampani zemigodi zisoloko ngalo lonke ixesha zifuna ukufumana indawo ezintsha ezinale oli yendalo.Zide zikhangele nakwindawo ezinqabileyo, umzekelo: phantsi kolwandle. Abenzululwazi bacinga ukuba ngenye imini,kungekudala siyakuze sizifumanise siyisebenzise yonke le mithombo ye oli.Sithi i oli eyifosili ngumthombo wamandla ongenakuhlaziywa. Oku kuthetha ukuba xa ezi oli zisetyenziswe zonke asinakho ukufumana imithombo emitsha naphi na.(kuba indalo iyakuthatha iminyaka eliwaka-waka ukwenza enye.)Abenzululwazi bathekelela ukuba, ukuba siyaqhubekeka ukusebenzisa le mithombo ngamandla njengoko sisenza ngoku, onke amalahle ayakube ephelile ngonyaka wama-2085,ne oli iyakube iphelile ngonyaka wama-2030. Ikhona enye imithombo yamandla efumaneka kwindalo. Umzekelo, singasebenzisa ukukhanya kwelanga ukukhulisa izityalo kwaye nathi singafumana amandla xa sisitya ezi zityalo.Sityala izityalo ngalo lonke xesha, ukuze ukutya okondla imizimba yethu kungapheli. sityala imithi khon’ukuze singaphelelwa ziinkuni.Singabasa iinkuni ukwenza shushu emakhaya Sithi ukutya neenkuni ezivela kwizityalo yimi thombo yamandla ehlaziyekayo.Oku kungenxa yokuba singanakho ukufumana ezinye iinkuni nokutya ngokuthi sityale.Ukukhanya nobushushu obuvela elangeni,umoya namandla okubaleka kwamanzi yenye yemithombo yamandla ehlaziyekayo.
43
Ixabiseke kangakanani I-Oli ekrwada? Phantse onke amandla kwilizwe lonke avele kwifosili umz:amalahle. • Inxalenye yamalahle isetyenziswa ekuveliseni umbane osuka kwizikhululo zombane. • Yonke Ii-oli ekrwada isetyenziswa ekuveliseni amafutha ezithuthi,umz:ipetroli,idizili namafutha enqwelo-moya. Ambalwa kakhulu amazwe apha ehlabathini athi abe nemveliso yeoli.La ngamazwe afana ne Saudi Arabia,iIrani,neNigeria.Abizwa ngokuba ngamazwe avelisa i-oli nayithengisa kumazwe angaphandleOPEC (Oil Producing and Exporting Countries.) La ngamazwe anemigodi ye-oli aze ajongane nokombiwa, ukuhanjiswa, kwa nokuthengiswa kwayo kumazwe angena oli. Kumaxesha amaninzi ithengiselwa amanye amazwe iyi oli engacolwanga ukuze wona la mazwe azicolele ukuzenzela amafutha. Xa edibene la mazwe eOPEC athi agqibe ngamaxabiso entengiso e-oli ekrwada kwa nemayithengiswe .Ixabiso lisoloko lisaziwa ngokwexabiso lebhareli yeDola yaseMerika.Umzekelo;ixabiso le oli ekrwada lingama $25 ngebhareli, kodwa eli xabiso le oli ekrwada litshintsha mihla le,nje kancinci kwilizwe jikelele ngokuxhomekeka okokuba kuthengiswe kangakanani na kwaye ngawaphi na amzwe ayithengayo. Ilizwe ngalinye elithenga le oli, lithi lihlawulele ukucolwa kwayo yenziwe amafutha. Amanye amaxabiso ngala:
• Ixabiso lokuyijika le oli ibe zindidi zamafutha • Ixabiso lokuwathatha nokuwasa la mafutha kubantu •
abawasebenzisayo Ixabiso lokwakha izikhululo zeprtroli
Emva koko ilizwe ngalinye nalo longeza eyalo irhafu kwixabiso lamafutha alo.Onke la maxabiso adityaniswa kwixabiso lamafutha esiwathengayo. Emzantsi Afrika amanye amaphepha (umz: The Star,Cape Times, Mercury, nePretoria News) athi apapashe ixabiso le oli ekrwada rhoqo ngosuku. Athi kwakhona apapashe ixabiso lezimbiwa ezibalulekileyo ezinjenge Golide, iSilivere, neKopa.
44
45
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Klankenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Bewegingsenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Ligenergie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Gestoorde energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Hitte-energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie
Elektriese energie