Materie En Materiale [graad 5 Afrikaans]

  • Uploaded by: Primary Science Programme
  • 0
  • 0
  • December 2019
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Materie En Materiale [graad 5 Afrikaans] as PDF for free.

More details

  • Words: 17,893
  • Pages: 72
WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME (PSP) ’n Voorbeeld van ’n leerervaring in die Natuurwetenskappe

MATERIE EN M ATERIALE GRAAD 5 Water is kosbaar 1 Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse 2 Meng vaste stowwe en vloeistowwe 3 Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter vaste stowwe is onoplosbaar in water? 4 Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos?

5 Kan ons die vaste stowwe terugkry nadat ons dit met water gemeng het? 6 Water is ’n kosbare vloeistof 7 Maak besoedelde water weer skoon 8 Maak rioolwater weer skoon 9 Hoe kry ons skoon drinkwater?

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal.

Kopiereg © PSP 2008

ONTWIKKEL DEUR WESTERN CAPE PSP EN ONDERWYSERS Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom die kennisveld Materie en Materiale te ondersteun. Alhoewel dit nie ’n volledige werkskedule is nie, bied dit moontlikhede vir onderwysers om ander leerervaringe in te sluit en dit verder uit te brei en te ontwikkel. Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy kan werk om die volgende leeruitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik. A Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los. A Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe. A Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Kursus aangebied deur Rose Thomas en Sandra Mahote Boekie ontwerp deur Welma Odendaal Geïllustreer deur Nicci Cairns en Janet Ranson Vertaal deur Ronél Gouws Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg Philippi, 7785 Posbus 24158 Lansdowne 7779 Suid-Afrika Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 e-pos: [email protected] Webtuiste: www.psp.org.za

In die NKV word die volgende naam vir hierdie inhoudsveld gebruik: Materie en Materiaal/Stowwe

Die PSP bedank PetroSA vir hul ondersteuning.

Inhoud Afdeling 1 – Leerervaringe 1 Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .1 2 Meng vaste stowwe en vloeistowwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .4 3 Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter vaste stowwe is onoplosbaar in water? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .8 4 Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .10 Assesseringstaak vir LU 1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .12 5 Kan ons die vaste stowwe terugkry nadat ons dit met water gemeng het? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .16 6 Water is ’n kosbare vloeistof . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .19 7 Maak besoedelde water weer skoon . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .22 8 Maak rioolwater weer skoon . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .27 Assesseringstaak vir LU 2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29 9 Hoe kry ons skoon drinkwater? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .31 Assesseringstaak vir LU 3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .32 Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .34–35

Afdeling 2 – Hulpmiddels vir onderwysers Taakkaarte en assesseringstaakkaarte om te fotostateer . . . . . . . . . . . . . . . . . .37-50 Assesseseringstaakkaarte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39, 48, 50 A3-prente en -diagramme om te fotostateer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 54–57

Afdeling 3 – Uittreksels uit die HNKV Kernkennis en -begrippe in Materie en Materiaal/Stowwe . . . . . . . . . . . . . . . . . .59–61 Leeruitkomste en Assesseringstandaarde . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .62–67

Afdeling 1 Afdeling 1 - Leerervaringe Assesseringstake . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .1-33 LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .12 LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29 LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .32 Werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .34-35

1

Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse

Sleutelbegrippe g Materie bestaan in drie verskillende vorme: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. g Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse het hul eie kenmerke en eienskappe.

wat kan ek oor ’n boek sê?

Onderwysertaak Inleiding Hersien die drie toestande van materie: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Wys jou leerders baie voorbeelde van verskillende soorte materie en vra hulle om jou te help om dit in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse te sorteer. Kies ’n voorbeeld van ’n vaste stof, ’n vloeistof en ’n gas. Herinner jou leerders dat die verskillende vorme van materie verskillende eienskappe het. ad. Die bladsye is gl

’n Boek

Dit is ’n va ste stof. Dit is bruin.

Die omslag is ha

ig it bu d n a Ek k

rd.

Ek kan d it vou

DIT KAN

wat kan ons oor hierdie koeldrank sê?

BRAND!

Koeldrank Ons

Ons kan dit drink.

kan dit s kink .

en. eur si d r a a an d Ons k

Dit is loperig.

Dit is nat.

Dit neem die vorm van die houer aan.

1

Gedig oor water en sy eienskappe Die klank van reën Drup, druppetie drup Gloep, gloeppetie, gloep Spliesj, splasj, splosj, sploesj Karplaks, kadwar, karplaks, wat kan ons oor die lug in hierdie ballon sê?

kadwarrrrrr!

Lug

nt inneka b e i d k teen Dit dru ballon. van die

lu g ampers. Ons kan dit sa

te l die ruim a m e e n g. Dit in besla n o l l a b in die as eluid g n ’ a ak t. Dit m uitlaa t i d . ons t snap n o n a Dit k

Ons k an dit

Dit ka

druk.

n bon s.

Dit kan d ryf.

Vaslegging Herinner jou leerders daaraan dat die eienskappe van vaste stowwe die dinge is wat alle vaste stowwe gemeen het. Net so is die eienskappe van vloeistowwe die dinge wat alle vloeistowwe gemeen het. Die eienskappe van gasse is die dinge wat alle gasse gemeen het.

2

Skryf hierdie tabel op die bord en vra jou leerders om jou dit te help invul. Daarna kopieer hulle die voltooide tabel in hul boeke.

Opsomming Die eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse

VORM VAN MATERIE

ALLEDAAGSE VOORBEELDE

Vaste stowwe

boek, uitveër, baksteen, Alle vaste stowwe koppie, tafel, kastrol, behou hul vorm. stoel, blikkie, potlood

Vloeistof

tee, water, melk, koeldrank, lemoensap, opwasmiddel

Alle vloeistowwe kan geskink word. Alle vloeistowwe is loperig. Alle vloeistowwe neem die vorm van hul houer aan.

Gas

borrels in Coca-Cola, lug, motoruitlaatdampe, reuk van asyn, reuk van uie, parfuumreuk

Gasse versprei en vul die beskikbare ruimte. Wanneer ’n gas in ’n houer is, versprei dit deur die hele houer .

EIENSKAPPE

3

2

Meng vaste stowwe en vloeistowwe

Sleutelbegrippe g Sekere vaste stowwe los in water op, bv. sout en suiker. Ons sê dit is oplosbaar in water. g Sommige vaste stowwe kan nie in water oplos nie. Ons sê dit is onoplosbaar. g Wanneer ons vaste stowwe en vloeistowwe meng kry ons ’n spesiale mengsel wat ’n oplossing genoem word

Onderwysertaak Stel bekend Bespreek met jou leerders sommige alledaagse voorbeelde van wanneer ons vaste stowwe en vloeistowwe moet meet en dan moet meng om iets te maak (bv. as ons pap of vetkoek maak; as ons sement, gruis, sand en water meng om beton te maak om iets te bou, of as ons koffie en water meng om ’n koppie kitskoffie te maak). Gee jou leerders geleentheid om die volgende aktiwiteit in groepe te doen. Maak seker dat elke leerder in die groep deelneem en kans kry om te meet en te meng. Kontroleer dat jou leerders wel al met spuite, medisynelepels en klein maatsilinders gemeet het. Daar is ’n afdeling oor meting in die Graad 4 Materie & Materiaal/Stowwe-boekie.

Meng vaste stowwe en vloeistowwe om uit te vind wat gebeur

Leerdertaak

Meng

Meng

1 medisynelepel sand

1 medisynelepel sout

Taakkaart om te fotostateer op bladsy 37. 100ml

100ml

100 ml water

100 ml water

Teken en skryf byskrifte om te wys wat gebeur het.

Teken en skryf byskrifte om te wys wat gebeur het. 100ml

100ml

sand

4

Die sout het verdwyn.

Die sand het nie in die water opgelos nie.

Die sout het in die water opgelos.

Ons sê die sand is onoplosbaar in water.

Ons sê die sout is oplosbaar in water

Onderwysertaak

Verduidelik Oplossings A Bespreek die verskil tussen die twee mengsels. A Verwys na die sout-en-water-mengsel waarin die sout oplos. A Stel die volgende terme bekend: “oplos”, “opgeloste stof”, “oplosmiddel” en “oplossing”. A Teken en verduidelik hierdie diagram op die bord.

Hoe om ’n oplossing te maak sout

water

sout-en-water-oplossing

Die sout het in die water verdwyn. Ons sê die sout het opgelos. Hierdie soutwater word nou ’n oplossing genoem omdat die vaste stof in die vloeistof opgelos het. Dit is ’n spesiale soort mengsel. Mengsels A Verwys na die mengsel van sand en water. A Stel die term “onoplosbaar” bekend. A Teken en verduidelik hierdie diagram op die bord.

Hoe om ’n mengsel te maak sand sand-en-watermengsel water Die sand kan nog in die water gesien word. Ons sê dit is onoplosbaar in water. Hierdie sand en water is nie ’n oplossing nie. 5

Vaslegging Skryf hierdie sinne op die bord en die leerders kan dit in hul boeke kopieer.

OPLOSBAAR EN ONOPLOSBAAR Ons sê ’n vaste stof is oplosbaar wanneer: A dit verdwyn wanneer jy dit met water meng A dit nie na ’n rukkie na die bodem afsak nie A dit nie van die water skei wanneer dit deur ’n filter gaan nie. Ons sê ’n vaste stof is onoplosbaar wanneer: A dit nie in water verdwyn nie A dit na ’n rukkie na die bodem afsak A dit van die water skei wanneer dit deur ’n filter gaan. inligti ng vir die on derw y ser Ki

tskoffie het som (en filterkoffie) m wat daa ige stowwe rin opge los is wat deu rf gaan. F iltreerpapier ilte egter oo rkoffie het k somm ig stowwe wat nie e vaste o nie. Die plos va wat nie ste stowwe op die filtre los nie, bly in erpapier sit.

OPGELOS

Tregter Oplossing

Oplossing

Geen vaste stof bly in die filtreerpapier oor nie

NIE OPGELOS NIE

Mengsel Tregter

Skoon vloeistof (water)

6

Die vaste stof bly in die filtreerpapier oor

inligting vir die onderwyser Hoe om leerders te help besluit of ’n vaste stof opgelos het of nie Wanneer jy meel en water of meelblom (Maizena) en water meng, is dit soms moeilik om te weet of die vaste stof opgelos het. Dit is so omdat die vaste stof egalig deur die hele mengsel versprei het. As jy egter die mengsel ’n ruk lank laat staan (soms selfs oor nag), sal jy vind die vaste stof sak na die bodem toe af. Dit beteken dit is nie ’n oplossing nie. Die vaste stof het nie opgelos nie. In ’n oplossing sal die vaste stof nie na die bodem sink nie, selfs as jy dit lank laat staan – dit bly in die oplossing. Gewoonlik kan jy regdeur ’n oplossing sien, selfs as dit van kleur verander het. Jy kan daardeur sien, soos deur gekleurde glas. As jy nog nie seker is nie, kan jy die mengsel filtreer. As dit ’n oplossing is, sal alles deur die filtreerpapier gaan. As dit nie ’n oplossing is nie, sal die vaste stof in die filtreerpapier bly sit en die vloeistof sal deurgaan.

Verdere bespreking Begin ’n bespreking oor mengsels en oplossings. Verduidelik dat ’n oplossing ’n spesiale soort mengsel is omdat die vaste stof lyk asof dit verdwyn het na jy die vaste stof en die vloeistof gemeng het. Vra jou leerders: A Dink jy die vaste stof het werklik verdwyn? A Waarheen het die vaste stof gegaan? A Dink jy die vaste stof is nog in die oplossing? Verduidelik waarom jy so sê. A Wat, dink jy, gebeur met die vaste stof in die oplossing om dit te laat “verdwyn”? A Is die water nog suiwer water na die sout daarin opgelos het? Aanvaar ’n wye verskeidenheid idees en verduidelikings van jou leerders.

7

3

Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter vaste stowwe is onoplosbaar in water?

Sleutelbegrippe g Sekere vaste stowwe los in water op, bv. sout en suiker. Ons sê dit is oplosbaar in water. g Sommige vaste stowwe kan nie in water oplos nie. Ons sê dit is onoplosbaar. g Wanneer ons vaste stowwe en vloeistowwe meng, kry ons ’n mengsel wat ’n oplossing genoem word as die vaste stof oplosbaar is.

Onderwysertaak Voorbereiding Verskaf die volgende toerusting: water filtreerpapier tregter koppies of babakosbottels medisynelepels ’n verskeidenheid oplosbare en onoplosbare vaste stowwe om te toets. (Dit sal die beste wees as die leerders ’n paar soorte stowwe van die huis af kan bring.)

Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter is onoplosbaar in water? 1. Bring ’n paar soorte vaste stowwe van die huis af en toets elkeen om te sien of dit oplosbaar of onoplosbaar in water is.

Leerdertaak Taakkaart om te fotostateer op bladsy 38.

Meng 5 ml vaste Verdwyn die stof + 100 ml water vaste stof in die water?

Sak die vaste stof na ’n ruk na die bodem af?

Kan die vaste stof deur die filtreerpapier geskei word?

Is die vaste stof oplosbaar of onoplosbaar?

Is dit ’n oplossing?

5 ml meel + 100 ml water

Nee

Ja

Ja

Onoplosbaar

Nee

5 ml Engelse sout + 100 ml water

Ja

Nee

Nee

Oplosbaar

Ja

5 ml koeksoda + 100 ml water

Ja

Nee

Nee

Oplosbaar

Ja

5 ml Maizena + 100 ml water

Nee

Ja

Ja

Onoplosbaar

Nee

2. Meng water met verskillende vaste stowwe. Vul dan die tabel in. 3. Teken en skryf om te verduidelik hoe jy kan sê wanneer ’n vaste stof oplosbaar is.

8

Oplossings

Mengsels

Na watter dinge moet jy kyk om Na watter dinge moet jy kyk om te te besluit of die vaste stof oplosbaar besluit of die vaste stof nie in water is? oplosbaar is nie?

Ons kan deur die vloeistof sien

Vaste stowwe kan gesien word

Vaste stowwe het verdwyn

Vloeistof is helder of troebel Vaste stowwe in die filtreerpapier

Geen vaste stowwe in die filtreerpapier nie

Helder of troebel vloeistof

Helder vloeistof

Vrae Bespreek hierdie vrae in jou groep. 1. Waarom het ons elke keer dieselfde hoeveelheid vaste stof en water gebruik?

(Sodat ons ’n regverdige vergelyking kan maak.) 2. Maak die hoeveelheid vaste stof en water wat ons gebruik ’n verskil?

(Ja, want as ons ’n groot klomp vaste stof en ’n bietjie water gebruik, sal dit nie oplos nie.) 3. Wat sal gebeur as ons meer en meer van die vaste stof by die oplossing voeg?

(Uiteindelik sal niks meer kan oplos nie.) 4. Kan ons die vaste stof weer terugkry na dit opgelos het? Indien wel, hoe?

(Ja, ons kan die water laat weg kook. het dit opgelos?

ek weet nie. probeer om dit te skud.

nee, laat dit ’n ruk staan. kan jy daardeur sien?

9

4 Sleutelbegrippe g Ons kan die tyd wat dit vir ’n vaste stof neem om op te los, vinniger laat gebeur. g Ons kan die oplossing vinniger laat plaasvind deur: – die oplosmiddel te verhit – die opgeloste stof in klein stukkies te maal – die oplossing te skud of te roer.

Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos? Onderwysertaak Voorbereiding Berei die leerders vir die ondersoek voor. Verduidelik dat hulle ’n eksperiment gaan doen om uit te vind wat die vinnigste manier is om medisynelepels vaste stof op te los. Hulle kan enige vaste stof wat in water oplos, gebruik. Verduidelik dat elke ondersoek met ’n goeie vraag begin.

Bespreek Vra hierdie vrae om jou leerders te laat nadink oor hoe hulle die ondersoek gaan doen. 1. Wat sal die vaste stof vinniger laat oplos, dink jy? 2. Wat kan jy aan die vaste stof doen om dit vinniger te laat oplos? 3. Wat kan jy aan die water doen om die vaste stof vinniger te laat oplos? 4. Wat sal die vaste stof stadiger laat oplos, dink jy?

los die groot klonte stadiger as die klein klontjies op?

los verskillende vaste stowwe teen ’n verskillende tempo op? sal die suiker stadiger oplos as ek net ’n bietjie water gebruik?

5. Wat sal ons moet meet as ons wil uitvind hoe lank ’n vaste stof neem om op te los? (Ons sal die tyd moet meet.)

Die ontwikkeling van vrae vir ondersoek Klasbespreking 1. Stel die volgende vraag vir ondersoek voor: Wat sal suiker vinniger laat oplos: • warm water? • kraanwater? • yskaswater?

10

(Die leerders kan sout of suiker in hul ondersoek gebruik.) 2. Vra die leerders om van hul eie vrae by te voeg. Probeer om dit op dieselfde manier te stel. Hier volg nog twee voorbeelde van vrae wat ondersoek kan word. Wat sal die vinnigste oplos? A 1 lepel suiker A 2 lepels suiker A 3 lepels suiker Wat sal die suiker vinniger laat oplos?

A om dit 10 keer te roer A om dit 20 keer te roer A om dit 30 keer te roer 3. Vra die leerders om voor te stel hoe hulle te werk kan gaan om hierdie ondersoek te doen. 4. Vra elke groep om een van die vrae te kies om te ondersoek. Jy sal hulle moet help om hul ondersoek op te stel. Assesseringstandaarde vir LU1, graad 5 op bladsy 63.

Let Wel In ’n ondersoek moet leerders die volgende doen: A Beplan ’n ondersoek deur voor te stel watter dinge ondersoek kan word. A Voer ’n ondersoek uit wat slegs ’n paar stappe behels. A Doen terugvoering oor wat hulle gedoen en uitgevind het. Op die volgende bladsy is ’n voorbeeld van ’n assesseringstaak vir ’n ondersoek ter bereiking van hierdie assesseringstandaarde.

11

Assesseringstaak vir LU1 Ondersoek: Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos? Voordat jy begin: A Kies of dink self aan ’n vraag om jou ondersoek te begin. A Bespreek hoe julle die ondersoek gaan opstel. Doen dan die ondersoek.

Taakkaart om te fotostateer op bladsy 40.

Vraag 1. Skryf die vraag neer: Wat probeer ons uitvind?

Vraag: Sal die suiker vinniger oplos in • yskaswater • kraanwater of in • kookwater 2. Maak ’n tekening met byskrifte van hoe julle die apparaat opgestel het.

yskaswater 1 teelepel suiker 100ml water

kraanwater 1 teelepel suiker 100ml water

kookwater 1 teelepel suiker 100ml water

3. Skryf neer hoe lank die suiker neem om op te los. Moenie die mengsel roer nie. 4. Teken jul waarnemings op die rekordblad aan: Hoeveelheid suiker

Hoeveelheid water

Watertemperatuur

Tyd wat dit vir die suiker neem om op te los

1 teelepel

100ml

yskaswater

8 minute en 50 sekondes

1 teelepel

100ml

kraanwater

6 minute

1 teelepel

100ml

kookwater

3 minute en 20 sekondes

Trek ’n grafiek van jul resultate. 6. Deel dit met ’n ander groep. Verduidelik aan hulle wat julle gedoen en uitgevind het. 7. Ruil jul resultate uit met ’n ander groep wat ’n ander vraag ondersoek het. 8. Trek ’n grafiek van hulle resultate. Wat het julle van hulle geleer? Daar verskyn nog voorbeelde van ondersoeke op bladsy 42 en 43.

Assesseringstaak vir LU1 (vervolg)

inligting vir die onderwyser Ons het ewe veel water en suiker gebruik en die bottels was ewe groot. Dit het verseker dat ons 'n billike vergelyking kon tref tussen die verskillende watertemperature en hoe vinnig die suiker opgelos het.

12

Assesseringstaak vir LU1

Grafiek om te wys hoe lank dit verskillende hoeveelhede vaste stof neem om op te los (Ons het suiker en 100 ml kraanwater gebruik.)

y 16 14

Tyd (minute)

12 10 8 6 4 2 0 Yskaswater

Kraanwater Kookwater

x

Water-temperatuur

ASSESSERINGSKRITERIA Assesseringstaak Ondersoek om uit te vind of ons ’n vaste stof vinniger kan laat oplos. a. Beplan die ondersoek. b. Voer die ondersoek uit. c. Doen verslag oor hul bevindinge.

Assesseringskriteria Leerders moet in staat wees om die volgende te doen: Beplan die ondersoek A Kies of dink self aan ’n gepaste vraag om te ondersoek. A Stel, met behulp van ’n denkraam, ’n billike plan op wat hul vraag sal beantwoord. Al die dele van die beplanning moet opgeteken word. Voer die ondersoek uit A Doen gereelde aflesings en teken dit in ’n gepaste tabel op. A Die aflesings moet billik en akkuraat wees. A Leerders trek ’n grafiek om hul resultate te wys. A Die grafiek moet ’n gepaste opskrif, asse met byskrifte en ’n gepaste skaal hê. Doen verslag oor bevindinge A Leerders moet in staat wees om te verduidelik wat hulle uitgevind het.

13

Onderwysertaak Wat het ons geleer? Bespreking Dit is ’n nuttige manier om jou leerders met mekaar te laat deel wat hulle tydens die ondersoek uitgevind en geleer het. Vra twee leerders uit elke groep om na ’n ander groep te gaan. Hulle moet ’n afskrif van hul groep se resultate en ’n afskrif van die grafiek wat hulle gemaak het, saamneem om met die nuwe groep te deel. Dan moet hulle aan die ander groep verduidelik wat hulle uitgevind en geleer het. Daarna moet hulle hul resultate bespreek. Die vrae hieronder kan as riglyn dien. 1. Het die ondersoek jou gehelp om ’n antwoord op jou vraag te kry? 2. Was dit die antwoord wat jy verwag het? 3. Was die ondersoek akkuraat? Hoe sou jy dit kon verbeter? 4. Wat sê die grafiek vir jou? 5. Wat sê die ander grafieke vir jou?

Wenke oor hoe onderwysers dit kan fasiliteer

inligting vir die onderwyser As dit die eerste keer is wat die leerders ’n grafiek trek, sal hulle baie hulp nodig hê. Trek ’n staafgrafiek op die bord en verduidelik hoe ons die asse trek en benoem. Gebruik ’n gepaste skaal en skryf ’n opskrif. Laat jou leerders hierdie grafiek in hul boeke kopieer sodat hulle daarna kan verwys wanneer hulle hul eie grafieke trek.

Terwyl die leerders beplanning doen A Help leerders om aan maniere te dink om vaste stowwe vinniger te laat oplos. A Help hulle dan om hierdie idees as vrae te stel. Julle kan die vrae op die volgende maniere stel: As ons die water verhit, sal die sout vinniger oplos? Wat sal die sout vinniger laat oplos? – warm water of kraanwater of water uit die yskas?

Terwyl leerders hul apparaat opstel A Maak seker dat hulle die hoeveelhede van hul vaste stowwe en vloeistowwe meet. A Kyk of hulle die apparaat met selfvertroue kan hanteer. A Help hulle om die tyd aan te teken deur 'n horlosie te gebruik. Anders kan hulle die sekondes tel deur "een en twee en drie en vier" (vier sekondes) te sê.

Terwyl die leerders waarnemings doen A Kontroleer dat die leerders hul bevindinge in ’n gepaste tabel opgeteken het. A Kontroleer dat hul resultate billik en akkuraat is.

Hoe om leerders te help om ’n grafiek te trek Kies ’n groep met ’n goeie stel resultate. Gebruik hierdie resultate om die leerders te wys hoe om ’n staafgrafiek van hul resultate te trek. Doen dit op die bord met die hele klas.

Hoe om te besluit wat om op elke as te sit Dit wat jy gedurende die ondersoek sal waarneem of meet, sal op die y-as opgeteken word. Dit wat dieselfde regdeur die ondersoek gebly het, is wat jy op die x-as sit.

Hoe om te besluit wat om in die opskrif te sit Die opskrif vir die grafiek hang af van wat jy op elke as opteken. Begin die opskrif met die woorde “Grafiek om te wys ...” en sê dan wat jy meet. Jy sal moet verwys na wat op elke as is. Byvoorbeeld: Grafiek om te wys hoe vinnig (y-as) suiker oplos wanneer ons verskillende hoeveelhede suiker (x-as) gebruik.

14

Byvoorbeeld: jy sit die tyd hier op die y-as (of die vertikale as), want dit is wat jy probeer uitvind. jy sit die verskillende stowwe en hoeveelhede wat jy gekies en opgestel het, op die x-as (of die horisontale as).

Vaslegging Help die leerders in ’n klasbespreking om die grafieke te vertolk. Dit is ’n baie belangrike stap. Dit is sinneloos om ’n grafiek te trek as jy nie ook kan vertolk wat die grafiek vir jou sê nie. Leerders het hulp en oefening nodig om grafieke te vertolk. Wanneer hulle dan later hul eie grafieke trek, is daar inligting vir die ’n groter kans dat hulle sal verstaan wat die doel van grafieke is en hoe dit werk.

onderwyser

Dit is ’n goeie geleentheid om jou leerders te help om die volgende terme te gebruik: “vinniger’’, “stadiger’’; ‘’groter hoeveelheid’’, “kleiner hoeveelheid’’, ens.

Gebruik hierdie vrae om jou leerders te lei. Skryf die antwoorde op die bord. A Watter uitwerking het dit op die oplossing as die vloeistof verhit word? (Wanneer ons die temperatuur van die water verhoog, sal die oplossing vinniger plaasvind.) A Wanneer ons die hoeveelheid vaste stof vermeerder, watter uitwerking het dit op die oplossing? (Hoe meer van die vaste stof ons het, hoe langer sal dit neem om in dieselfde hoeveelheid water op te los.) A Wanneer ons die mengsel roer, watter uitwerking het dit op die mengsel? (Hoe meer jy die mengsel roer, hoe vinniger los dit op.)

Opsomming Skryf die volgende op die bord sodat jou leerders dit in hul boeke kan kopieer.

Wat sê grafieke vir ons? Wat ons oor oplossings geleer het: A Ons het geleer dat ’n vaste stof vinniger in warm water oplos. A Ons het geleer dat ’n groter hoeveelheid vaste stof stadiger oplos. A Ons het geleer dat ’n vaste stof vinniger oplos wanneer ons die mengsel roer.

15

5

Kan ons die vaste stowwe terugkry na ons dit met water gemeng het?

Sleutelbegrippe

g Wanneer ’n vaste stof onoplosbaar is, kan ons dit van die mengsel skei deur: – die vaste stof na die bodem te laat afsak, dan die water af te gooi en die vaste stof te laat droog word – die mengsel te filtreer (te sif) sodat die vaste stof op die filtreerpapier agterbly. g Wanneer ’n vaste stof oplosbaar is, kan ons dit van die oplossing skei deur die water te laat verdamp deur dit op ’n warm plek te sit of deur die oplossing te kook totdat al die water verdamp het. Die vaste stof sal kristalliseer en in die houer agterbly.

Onderwysertaak Vertel jou leerders ’n storie wat die idee van afgooi (skink) en filtreer (sif) en die idee van om stowwe uit oplossings en mengsels terug te kry, na vore bring. Probeer seker maak dat die storie oor is iets waarmee jou leerders bekend is. Byvoorbeeld, om rys of tuisgemaakte bier te sif.

skink

sif

water wat verdamp

Verduidelik Maak ’n soutoplossing Stel die idee bekend dat wanneer ons sout in water opgelos het, die oplossing soos suiwer water lyk. Wanneer ons egter die oplossing drink, kan ons tog die sout proe. Laat jou leerders dit bewys deur die oplossing te proe. Dit is so omdat die sout nie verdwyn het nie, maar net in die water versprei het. Verduidelik dat ons die vaste stof kan terugkry deur die water uit die oplossing te laat verdamp. Dan bly die vaste stof agter. ’n Mens kan die water laat verdamp deur dit te kook. Nog ’n manier waarop ons water kan laat verdamp, is om dit in ’n vlak houer te versprei en dit op ’n warm plek te laat staan. Die proses om die vaste stof uit ’n oplossing terug te kry, word kristallisering genoem.

16

Voorbereiding inligting vir die onderwyser

Verskaf die volgende apparaat:

gaas

driepoot

Dit is die beste om kristallisering met sout te demonstreer. As jy suiker gebruik, brand dit dikwels voor dit kristalliseer.

water

vuurhoutjies

brandspiritus

Leerdertaak A Kan ons die vaste stof uit ’n oplossing terugkry? 1. Kook ’n bietjie soutwater totdat die sout gekristalliseer het. 2. Gooi ’n bietjie soutwater in ’n piering of deksel en sit dit op ’n warm, droë plek. 3. Maak ’n tekening met byskrifte om te verduidelik wat met die soutwater gebeur het. Gebruik hierdie woorde om jou te help: verdamp, kristalliseer, kook.

Vrae Bespreek hierdie vrae in jou groep. Toe jy die soutwater gekook het: A Wat het met die water gebeur? Waarheen het dit gegaan? A Wat het met die sout gebeur? A Dink jy jy kan die water uit ’n oplossing terugkry? A Hoe kan jy dit doen?

Taakkaart om te fotostateer op bl. 44.

17

Taakkaart om te fotostateer op bl. 44.

Leerdertaak B Huisprojek

handgemaakte metaalvergiettes met klein gaatjies

Voorbeelde van afsakking, afgooi (skink), filtrering (sif), kristallisering en verdamping in ons daaglikse lewens biersif 1. Soek by die huis soveel moontlik voorbeelde van maniere waarop ons dinge laat afsak, dit afgooi (skink), filtreer (sif), laat kristalliseer en verdamp. 2. Teken en skryf oor hoe ons afsakking, skink, filtrering, kristallisering en verdamping in die huis gebruik.

inligting vir die onderwyser Jou leerders sal dalk sukkel om aan voorbeelde van kristallisering in hul daaglikse lewens te dink. Moenie bekommerd wees as hulle dit nie kan doen nie. Die belangrike ding is dat hulle gewone voorbeelde van hierdie prosesse probeer kry.

18

Vaslegging Kontroleer dat jou leerders goeie, korrekte voorbeelde van hierdie prosesse tuis gekry het. Kontroleer ook dat hulle kan wys hulle verstaan wat die begrippe beteken. Indien nodig, kan jy die begrippe oplosbaar en onoplosbaar weer verduidelik. Verduidelik dan die nuwe begrippe: verdamping, afgooi (skink), afsakking, filtrering en kristallisering. Hierdie terme sal herhaaldelik in die volgende leerervaringe gebruik word.

6 Sleutelbegrippe g Water is kosbaar omdat dit so nuttig vir ons is. g Alle lewe is afhanklik van water. g Ons gebruik water om skoon te maak, te drink en te kook.

Water is ’n kosbare vloeistof Onderwysertaak Kry ’n storie (of vra jou leerders om een te bring) wat die belangrikheid van water illustreer. Vertel dit aan jou klas.

Bespreek waarom dit is belangrik om skoon water te hê. Stel die idee bekend dat water se spesifieke eienskappe een van die redes is waarom water so nuttig vir ons is. A Dit is loperig. Ons kan dit dus gebruik om dinge af te spoel, byvoorbeeld om sand van ons hande af te was. Die loperigheid van die water was die onoplosbare sand van ons hande af. A Dit is ’n goeie oplosmiddel. Dit beteken dat allerhande verskillende stowwe oplosbaar in water is. Ons kan dit dus gebruik om vuilheid en vlekke uit ons klere op te los. Seep en waspoeier help in hierdie proses. Ons gebruik dit ook om dinge op te los wanneer ons kos voorberei en wanneer ons kook, byvoorbeeld as ons jellie maak, tee met suiker maak en vleissous maak. A Dit vloei. Ons kan dit dus gebruik om dinge in bote te vervoer. Ons kan dit ook gebruik om stowwe soos rioolwater uit ons toilette weg te voer.

Verduidelik Water is noodsaaklik vir lewe. Dit is so omdat die meeste chemiese reaksies en lewensprosesse wat in die liggame van plante en diere plaasvind, afhanklik van water is. Byvoorbeeld, fotosintese is afhanklik van water. Met ander woorde, plante maak hul eie kos deur water as een van die bestanddele te gebruik. Plante is ook afhanklik van water om voedingstowwe in hul liggame te vervoer. Die menslike liggaam is afhanklik van water, wat die grootste bestanddeel van bloed en selle vorm. Omdat ons water op so baie maniere gebruik, raak dit besoedel. Dan dit is moeilik om die water weer skoon te maak sodat plante en diere dit kan gebruik. Maar hoe raak water besoedel? Die volgende taak sal wys hoe dit gebeur. Die taak sal leerders daaraan herinner dat alles wat gewas, afgegooi en deur water vervoer word, uiteindelik daardie dieselfde water besoedel.

19

Bespreek Vra jou leerders uit oor die verskillende maniere waarop hulle water gebruik. Vra hulle dan uit oor die dinge wat hulle in water sit. Vra: A Wanneer jy met water was, wat is sommige van die dinge wat jy by die water voeg om beter te was? (Seep, sjampoe, badsout, badskuim, badolie, opwasmiddel, ens.) A Wanneer jy toilette en vloere skoonmaak, wat voeg jy by die water? (Bleikmiddel, Handy Andy, antiseptiese middels, Dettol, ens.) A Wanneer jy jou klere was, wat voeg jy by die water? (Seep, waspoeier, bleikmiddel, versagtingsmiddel, ens.)

A Wanneer jy skottelgoed was, wat voeg jy by die water? (Seep, opwasmiddel, ens.) A Wanneer jy kook, watter dinge voeg jy by die water? (Sout, peper, speserye, kruie, ens.) Vra jou leerders om aan al die ander dinge te dink wat mense gebruik wanneer hulle was. Byvoorbeeld, wanneer hulle motors, motorenjins, matte, vensters, ens. was. Probeer om die leerders aan soveel moontlik verskillende voorbeelde te laat dink. Herinner jou leerders daaraan dat enigiets wat ons op of in die grond gooi, uiteindelik in die water kom. Boere gebruik ook bemestingstowwe in hul grond. Wanneer dit reën, loop hierdie besoedelde water soms in die riviere in. Soms sink die besoedelde water in die grond af en beland uiteindelik in die riviere. Alles wat ons by water voeg, besoedel uiteindelik ons riviere en die see.

Vra jou leerders Wat anders maak water vuil? (Blare, gras, papier, plastiek, olie wat in water gegooi word, stokke, stof, rioolwater, ens)

20

Leerdertaak Taakkaart om te fotostateer op bl. 45.

Groepwerk Hoe raak water besoedel? 1. Kyk by die huis watter dinge ’n mens alles by water voeg wanneer jy was, skoonmaak en kos kook. 2. Bring ’n klein bietjie van elke stof skool toe. 3. Wys en vertel jou groep wat jy gebring het. 4. Neem ’n bottel of houer wat ’n deksel of prop het. Sit skoon water daarin. 5. Meng nou al die dinge wat jy van die huis af gebring het, in die water. 6. Voeg ook ’n paar dooie blare en ’n bietjie gras en grond daarby.

Bespreek

die inligting vir onderw yser erders Maak seker die le il hou hul bottels vu ende water vir die volg neer leerervaring wan om dit hulle sal probeer k. weer skoon te maa

Bespreek hierdie vrae in jou groep. A Hoe lyk jou water nou? A Sal jy nou hierdie water drink of daarmee was? A Watter van die dinge wat jy by die water gevoeg het, het opgelos? A Watter van die dinge wat jy by die water gevoeg het, het nie opgelos nie? A Wanneer jy hierdie water in die drein gooi, waarheen sal dit gaan? A Wat sal met die stowwe in die water gebeur? Waarheen sal dit gaan? A Hoe kan ons die water weer skoon kry?

21

7

Maak besoedelde water weer skoon

Sleutelbegrippe g Water kan deur vaste stof stowwe (oplosbare en ook onoplosbare stowwe) besoedel raak. g Besoedelde water kan weer skoongemaak word deur suiweringsprosesse uit te voer, bv. deur dit af te gooi, deur afsakking, filtrering, verdamping en kristallisering. g Water kan dalk ook opgeloste stowwe soos gifstowwe bevat, wat die water gevaarlik maak om te drink.

A

Water besoedeling

Daar is baie riviere dwarsoor die wêreld wat besoedel is. Kan jy sien wat by hierdie rivier gebeur?

Onderwysertaak Deel prente van waterbesoedeling uit. (Fotostateer prent A op bl. 54–55.) Bespreek met jou leerders hoe water besoedel raak. Verwys na die prent van die besoedelde rivier wanneer jy die volgende vrae vra. Vra: A Wat is al die dinge wat besoedeling in hierdie rivier veroorsaak? A Dink jy hierdie prent wys al die maniere waarop water besoedel kan raak? A Is daar enigiets wat jy by hierdie prent sal voeg om nog ’n soort besoedeling te wys? A Maak dit saak dat die water besoedel is? (Laat die leerders albei kante van hierdie saak bespreek.) A Hoe affekteer ’n besoedelde rivier mense, plante en diere? Verwys na die tekening van die rivier wat skoongemaak is. (Fotostateer prent B op bl. 56–57.) Vra jou leerders: A Wat het die mense gedoen om hierdie rivier skoon te maak? A Op watter maniere het hierdie dinge gehelp om die rivier skoon te maak? Kyk na die prent op bladsy 23 van die seuns wat in die water naby hul huise in Nyanga speel.

B

Maak riviere skoon

Wat is gedoen om hierdie rivier te red?

Vra A A A A A A A A

jou leerders: Dink jy hierdie seuns speel lekker? Is dit goed vir kinders om so te speel? Dink jy dit is ’n veilige plek vir hierdie seuns om te speel? Is die water op hierdie plek skoon? Wat is sommige van die dinge wat dit kan besoedel? Waar kom hierdie water vandaan, dink jy? Wat sal gebeur as die seuns van die besoedelde water drink? Wat kan die gemeenskap doen om dit veiliger vir die seuns te maak om hier te speel?

Vra jou leerders om ’n toneelstuk, ’n storie of ’n rap-liedjie op te maak oor wat met die seuns wat hier swem, kan gebeur. Sê hulle moet dink aan wat kan gebeur as die kinders van die besoedelde water drink. Hulle moet ook dink wat die gemeenskap kan doen om dit ’n veiliger speelplek met skoner water te maak. In hul toneelstuk, liedjie of storie moet hulle die gevolge daarvan beskryf as mense in aanraking met besoedelde water kom (soos siekte). Hulle moet ook gepaste stappe voorstel om die omgewing te verbeter, byvoorbeeld deur die toilette verder weg van die water te verskuif, en deur die rommel op te tel en behoorlik daarvan ontslae te raak.

22

23

Leerdertaakkaart A Taakkaart om te fotostateer op bl. 46.

Wat ons kan doen om ons omgewing en die water naby ons te verbeter Maak ’n toneelstuk, ’n storie of ’n rap-liedjie op oor wat met die seuns wat in die rivier swem, gebeur het en hoe die mense die rivier skoongemaak het. A Wat sal gebeur as een van hulle van hierdie water drink? A Wat moes die gemeenskap doen om dit ’n veiliger speelplek te maak? A Wat het die mense gedoen om die water skoner te maak?

Onderwysertaak

Bespreek verskillende idees oor hoe om vuil water weer skoon te maak. Laat jou leerders weer hul bottels met vuil water gebruik. Verskaf ’n tafel vol verskillende toerusting, bv. lap, watte, filtreerpapier en tregters, babakosflesse, spiritusverbranders, driepote, gaas, snesies en toiletpapier. Vra jou leerders om enigiets op die tafel te kies om hul water weer skoon te maak. Dan moet hulle jou vertel hoe hulle die water skoongemaak het. Sê hulle kan dit in die vorm van ’n verslag, ’n storie met prente of ’n rap-liedjie doen. Soos wat hulle (in enige taal) verslag doen oor wat hulle gedoen het, moet hulle woordeskat soos die volgende gebruik: “skink” (“afgooi”), “sif”, “filtreer”, “afsak.

24

Taakkaart om te fotostateer op bl. 47.

Leerdertaakkaart B Maak besoedelde water weer skoon 1. Groeptaak: Gebruik enigiets op die tafel om die water weer skoon te maak. 2. Teken en gebruik prente en vertel ’n storie, maak ’n rap-liedjie of skryf ’n verslag om te wys hoe julle die water skoongemaak het. 3. Vrae om te bespreek: A Het julle dit reggekry om die water weer skoon te maak? A Was die water toe heeltemal skoon en suiwer? A Was dit skoon genoeg om te drink? Verduidelik waarom jy so dink? Tregter

Toiletpapier

Afgesnyde koeldrankbottel Filtreerpapier

Vuil water

Gaas Watte

Babakosbottel

Leë bottel

4. Skryf om te verduidelik hoe julle die water skoongemaak het.

Vandag het ek probeer om vuil water skoon te maak. Eers het ek watte in ’n tregter gesit. Toe het ek snesies daaroor gesit. Daarna het ek die water daardeur gegooi. Uiteindelik was die water ’n bietjie skoner. 5. Is jou water skoon genoeg om te drink? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Nee, die water lyk nog bruin en vuil. Miskien is daar kieme daarin. 25

Onderwysertaak

Vaslegging Lei ’n bespreking oor of die water nou skoon genoeg is om te drink. (Let Wel: Moenie dat jou leerders die water drink nie.) Bespreek of dit moontlik is om besoedelde water ooit weer heeltemal skoon te kry. (Om die waarheid te sê, dit is baie moeilik en baie duur.) Beklemtoon die volgende punte: A Die leerders sou dit net kon regkry om die onoplosbare vaste stowwe uit die water te verwyder of te filtreer. A Daar is dalk ook ander stowwe wat in die water opgelos is, wat ons nie kan nie sien of verwyder nie, soos sout, chemikalieë en gifstowwe. A Daar kan ook skadelike kieme in die water wees. Dit kan minder skadelik gemaak word deur chemikalieë soos chloor by te voeg (bv. swembad chemikalieë of ’n druppel bleikmiddel, of deur die water 15 minute lank te kook). A Selfs na die water gekook is, kan daar nog steeds gifstowwe, wat deur die kieme geproduseer is, daarin wees. A Daar kan dalk ook giftige chemikalieë in die water wees. Baie van hierdie gifstowwe word nie veilig gemaak deur dit te kook of bleikmiddel by te voeg nie.

26

8

Maak rioolwater weer skoon

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

g Rioolwater is water wat die afval uit ons toilette en dreine wegvoer. g Mense (munisipaliteite) moet rioolwater en dreinwater weer skoonmaak voor dit terug na die rivier kan gaan. g Rioolwater word skoongemaak (of gesuiwer) by ’n aanleg waar dit toegelaat word om af te sak en dit word dan gefiltreer.

Stel bekend en verduidelik Stel die term “rioolwater” bekend en verduidelik wat dit beteken. Rioolwater is die water wat uit ons toilette kom nadat ons dit gespoel het. Dit is ook die water uit ons dreine. Vertel jou leerders dat die meeste rioolwater in stede en dorpe deesdae weer skoongemaak word sodat dit weer terug in die rivier kan gaan. Die rioolwaterpype en dreinpype neem die vuil water na die rioolstortplek, wat soms ook ’n rioolwatersuiweringswerk genoem word. Daar word dit gesuiwer. Die munisipaliteit beheer die rioolstortplek. Vra jou leerders: A Waarom, dink jy, moet die water terug na die rivier gaan? A Waarom moet die rioolwater weer skoongemaak word? Gee aan jou leerders ’n prent van die rioolstortplek. (Sien bl. 49.)

Vloeikaart van die rioolstortplek ’n Besoek aan ’n rioolstortplek is nuttig vir leerders in die Intermediêre Fase, want hulle kan na al die prosesse kyk en sal, met ’n goeie verduideliking vooraf, kan verstaan wat gebeur. Afval uit toilette en opwas- en badwater gaan die rioolstelsel binne, asook reënwater uit strate en afval van fabrieke. Dit gaan alles na die rioolstortplek, waar bakterieë ’n belangrike deel in die afbreek daarvan speel.

1. Vuil water kom in en word die eerste keer gesif.

SIWWE

2. Die water gaan deur gruiskanale en die vaste stowwe sak na die bodem af.

3. Die soliede slyk bly op die bodem.

SLYKTENKS SLYKVERTEERDER

GRUISKANALE

6. Die kieme word uit die water verwyder en chemikalieë word bygevoeg. FILTREERTENK 5. Die slyk word deur bakterieë verteer en vir bemesting gebruik.

4. Die vloeistof word gefiltreer en die kieme word verteer.

7. Skoon water gaan na die rivier. SUIWERINGSTENK UITLAATPYP

27

Onderwysertaak Die rioolbehandelingsproses Verduidelik die volgende prosesse wat by ’n rioolstortplek plaasvind. 1. Vuil water uit stormwaterdreine, huishoudelike dreine en toilette gaan na die rioolstortplek. Hier word dit gesif om stukke papier, plastiek, blare en lap te verwyder. 2. Die water gaan dan stadig deur gruiskanale. Hier sak enige sand of swaar deeltjies na die bodem toe. Die water bo in die tenk bevat nog ligter deeltjies van organiese stof uit toilette en dreine. 3. Die water gaan na die slyktenke toe. In hierdie tenks staan die water langer. Die organiese stof sak nou af na die bodem toe. Dit word slyk genoem en lyk soos dik, swart modder. 4. Vanaf die slyktenks gaan die water na die filtreertenks toe. Al is die meeste slyk reeds verwyder, is daar nog kieme in die water. In die filtreertenks word hierdie kieme uit die water gefiltreer. 5. Intussen word die slyk uit die slyktenks na afsonderlike tenks wat slykverteerders genoem word, gepomp. Hier word die swart slik, wat soos modder lyk, deur goeie bakterieë verteer en afgebreek. Dit word dan uitgepomp en as bemesting gebruik. 6. Die water wat gefiltreer is, vloei na die suiweringstenks toe. Die oorblywende kieme word verwyder en chemikalieë word bygevoeg om enige kieme wat nog in die water mag wees, te vernietig. 7. Die water, wat behandel is, is nou baie skoner. Dit is nou veilig genoeg om terug na die rivier toe te pomp. Bespreek die vloeikaart van die werking van ’n rioolstortplek met die leerders en identifiseer die volgende prosesse: • Sif • Sak af • Filtreer • Digesting (breaking down the germs + solid substances) • Verteer of (breek kieme en vaste stowwe af) • Voeg chemikalieë by

Voorbereiding 1. Leerders gaan ’n model van die rioolstortplek (rioolwatersuiweringswerk) bou. Hulle kan dit met ’n klomp houers soos jogurtbakkies en roomyshouers doen. Hulle kan toiletpapierkartonne vir die pype gebruik. Die leerders sal moet kan verduidelik wat die verskillende suiweringsprosesse in hul rioolstortplek is. Hulle sal ook moet wys waar elke proses plaasvind. 2. Verdeel die klas in groepe van ses leerders elk. Twee leerders moet verantwoordelikheid vir die bou van die model aanvaar. Twee leerders moet verantwoordelikheid vir die skryf van die byskrifte en verduidelikings aanvaar. Twee leerders moet verantwoordelikheid vir die terugvoer- en vraagsessie aanvaar. 3. Gedurende die terugvoersessie moet jy die leerders in die ander groepe aanmoedig om vrae oor die rioolstortplek te vra. 4. Ontwikkel die assesseringskriteria saam met jou leerders of pas dié op bl. 29 aan.

28

Assesseringstaak vir LU2

Taakka a fotosta rt om te teer o p bl. 48.

Maak rioolwater weer skoon Die doel van hierdie assesseringstaak is om betekenisvolle inligting te onthou. Die leerders moet die taal waarin hulle vlot is, gebruik. Hulle moet die kenmerke en prosesse van rioolwatersuiwering noem, beskryf en verduidelik. (Sien assesseringstandaarde vir LU2, graad 5, op bl. 74.)

1. Bou Kyk na die diagram. Bespreek in jou groep hoe julle ’n rioolstortplek kan bou deur plastiekroomyshouers, margarienhouers en plastiek- en kartonbuise soos in die prent te gebruik. Bou dan jul rioolstortplek.

2. Skryf Maak byskrifte en skryf ’n verduideliking van wat met die rioolwater in elke deel van die model gebeur.

3. Gee terugvoering Jy moet in staat wees om te verduidelik hoe water in jul model gesuiwer sal word. Jy moet ook enige vrae oor jul model en hoe water gesuiwer word, kan beantwoord.

Vrae A Dink jy rioolwater wat terug na die rivier gaan na dit behandel is, is skoon genoeg om te drink? Waarom dink jy so? A Dink jy dit is duur om water te suiwer? Indien wel, waarom sê jy so?

ASSESSERINGSKRITERIA Maak ’n model van ’n rioolstortplek Assesseringstaak

Assesseringskriteria (wat ons van die leerders verwag)

Bou die model van ’n rioolstortplek

Die model moet: A gepaste houers hê wat die verskillende tenks voorstel A siwwe hê sodat die water deur die “pype” kan gaan A “tenks” hê wat in die regte volgorde gekonnekteer is A goed saam pas wanneer alles gekonnekteer is A enige ander relevante besonderhede i.v.m. watersuiwering insluit.

Maak byskrifte en skryf om te verduidelik hoe die water gesuiwer word

Die byskrifte moet: A die prosesse wat in die verskillende tenks plaasvind, korrek identifiseer, bv. sifting, afsakking, filtrering, die byvoeg van chemikalieë A verduidelik hoe die vuil water tydens elke proses skoner gemaak word.

Gee terugvoering en beantwoord vrae oor watersuiwering

Die terugvoering moet: A begrip wys van die prosesse wat tydens watersuiwering gebruik word, bv. sifting, afsakking, filtrering, die byvoeg van chemikalieë A begrip wys van die verskillende stadiums wat deur die model voorgestel word A die korrekte kernwoorde vir die verskillende prosesse bevat.

29

SIWWE 1. Vuil water kom in en word die eerste keer gesif (boks).

Model van ’n rioolstortplek

GRUISKANALE 2. Die water gaan deur gruiskanale en die vaste stowwe sak na die bodem af (roomyshouers).

6

7

5

SLYKTENKS 3. Die slyk sak na die bodem af (bottels).

4 3 2

FILTREERTENKS 4. Die vloeistof word gefiltreer en die kieme word verteer. SLYKVERTEERDER 5. Die slyk word verteer (jogurtbakkies).

1

SUIWERINGSTENKS 6. Die kieme word verwyder en chemikalieë word bygevoeg. UITLAATPYP 7. Skoon water gaan uit na die rivier toe (pyp heel aan die einde).

5 2

1

3

5 7

4

6 7

2

3

4

Model van ’n rioolstortplek

30

6

9

Hoe kry ons skoon drinkwater?

Sleutelbegrippe g Lank gelede moes mense hul eie water gaan haal. g Mense het maniere gehad om te besluit of hul water skoon genoeg was om te drink. g Hulle het spesiale maniere gehad om hul water te vervoer en te stoor sodat dit skoon gebly het.

Inleiding Hoe dink jy het mense lank gelede seker gemaak dat hul water skoon genoeg was om te drink?

rivier

Voorbereiding

Onderwysertaak

Doen voorbereiding sodat jou leerders die volgende kan uitvind: • Hoe het mense lank gelede water gekry en dit skoon gehou? • Hoe maak mense in plattelandse gebiede seker dat hul water skoon is? • Wat kan gebeur as jy vuil water drink of daarin swem? 1. Sê jou leerders moet tuis probeer uitvind hoe mense in die verlede gesorg het dat hul water skoon is. Lei dan ’n klasbespreking oor wat hulle uitgevind het. Luister noukeurig na watter punte jou leerders noem wat relevante inligting verskaf oor die prosesse wat mense gebruik het om water skoon te maak. 2. Lees Soet Water /Amanzi Mnandi op bladsy 51. 3. Verduidelik na die bespreking dat jou leerders noukeurig sal moet luister, want hulle gaan teken en skryf en ’n klasuitstalling hiervan maak. Gebruik die vrae van die leerdertaak op bladsy 50. 4. Vind ’n ruimte teen die klasmuur en plak flitskaarte van die opskrifte hieronder teen die muur. Maak seker daar is genoeg plek sodat die leerders hul werk onder die verskillende opskrifte kan plak. So nie kan leerders met genoeg inligting groepplakkate maak, wat jy dan teen die muur kan uitstal. Vra die leerders om prente te teken of te kry wat sommige van die punte wat hulle bespreek het en waaroor hulle gelees het, illustreer.

31

Taakkaart om te fotostateer op bl. 50.

Assesseringstaak vir LU3 Hoe het mense lank gelede hul water skoon gehou? Hoe maak mense deesdae seker dat hul water skoon is? Die doel van hierdie leerervaring is om leerders te help om wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis te verstaan. (Sien bl. 66 vir assesseringstandaarde vir LU3, graad 5.) 1. Vra en vind uit Vra iemand by die huis of lees Amanzi Amnandi/ Soet water op bl. 51–53 om jou die volgende vrae te help beantwoord: A Hoe het mense lank gelede water gekry en dit skoon gehou? Hoe word dit vandag gedoen? A Hoe het mense in plattelandse gebiede in die verlede seker gemaak dat hul water skoon was? Hoe word dit vandag gedoen? A Hoe het hulle seker gemaak dit was skoon genoeg om te drink? Hoe doen mense dit vandag? A Wat kan gebeur as jy vuil water drink of daarin swem? A Dink jy dat die ou manier of die nuwe manier die beste is? (Jy kan enige manier kies, maar jy moet redes vir jou keuse kan gee.) 2. Gee terugvoering tydens ’n klasbespreking 3. Dra by tot ’n klasuitstalling Skryf en teken oor wat jy tuis of elders uitgevind het.

32

Voorgestelde skryfraam Lank gelede het mense seker gemaak hul water is skoon en vandag doen hulle dit nog. Hulle gaan haal water op ’n skoon plek. Lank gelede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Vandag . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Hulle dra dit in skoon houers. Lank gelede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Vandag . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Hulle bêre dit versigtig en hou dit skoon. Lank gelede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Vandag . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Soms moet hulle dit skoonmaak deur die volgende te doen: Lank gelede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Vandag . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . As jy vuil water drink . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ........................................................................... ...........................................................................

ASSESSERINGSKRITERIA Assesseringstaak

Assesseringskriteria

Vind uit hoe mense lank gelede seker gemaak het dat hul water skoon is. Vind uit hoe mense vandag seker maak dat hul water skoon is.

Leerders moet die volgende doen: A relevante inligting bydra oor watter metodes lank gelede gebruik is om water skoon te hou A verstaan hoe die verlede se metodes om water skoon te hou, gewerk het A in staat wees om vergelykings te tref tussen die huidige metodes en die metodes van lank gelede.

Vaslegging Bespreek die volgende vrae met jou leerders: A Waarom is dit belangrik om vars, skoon water te hê? A Hoe weet ons of ons water skoon is? A Wat gebeur wanneer mense nie vars, skoon water het nie? A Waarom het sommige mense toegang tot skoon water, maar ander nie? A Wat kan ons gemeenskap doen om seker te maak dat ons vars water het?

33

34

PERIODE 12

6. Vervolg • Leerders voeg besoedelende stowwe by water • Leerders voer ’n groepbespreking oor die vuil water

PERIODE 11

6. Water is ’n kosbare vloeistof • Bespreking oor die belangrikheid daarvan om skoon water te hê • Onderwyser verduidelik waarom water so kosbaar is • Leerders bespreek die verskillende gebruike van water en wat ons alles by water voeg • Leerders doen voorbereiding om voorbeelde van die huis af te bring

7. Maak vuil water weer skoon • Klasbespreking m.b.v. prente oor ’n besoedelde rivier • Bespreking oor seuns wat in besoedelde water swem • Leerders begin ’n toneelstuk, storie of rap-liedjie ontwikkel oor hoe die gemeenskap die watergehalte kan verbeter

PERIODE 13

7. Vervolg • Leerders voltooi hul toneelstukke, stories en liedjies • Leerders voer hul toneelstukke, stories en liedjies op

PERIODE 14

7. Vervolg • Leerders voer hul toneelstukke, stories en liedjies op

PERIODE 15

Assesseringstaak LU1 vervolg • Leerders trek hul eie grafieke en ruil dan resultate uit en trek ’n tweede grafiek • Leerders beweeg van groep tot groep en deel resultate met mekaar

Let Wel: Jy sal tyd moet skeduleer om terugvoering aan leerders te gee na jy die ondersoeke geassesseer het

5. Kan ons vaste stowwe terugkry na ons dit met water gemeng het? • Onderwyser verduidelik hoe om die vaste stof uit ’n mengsel of oplossing terug te kry • Leerders kristalliseer die sout uit ’n soutoplossing • Onderwyservaslegging

4. Vervolg • Onderwyser konsolideer leer n.a.v. van die ondersoek • Onderwyser en leerders skryf opsomming

4. Vervolg

Assesseringstaak LU1 vervolg • Leerders gaan voort met die ondersoek • Onderwyser gebruik een groep se resultate as voorbeeld en wys leerders hoe om ’n grafiek te trek

Assesseringstaak LU1 vervolg • Leerders voltooi hul beplanning • Onderwyser kontroleer die plan • Leerders begin die ondersoek

4. Vervolg

4. Vervolg

PERIODE 10

PERIODE 9

PERIODE 8

PERIODE 7

PERIODE 6

Assesseringstaak LU1 • Onderwyser verduidelik die assesseringstaak en -kriteria • Leerders dink aan of kies ’n vraag vir hul ondersoek. Hulle begin om hul ondersoek te beplan deur die denkraam te gebruik.

4. Ondersoek: Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos? • Onderwyser stel die idee van ondersoeke bekend

PERIODE 5 4. Vervolg • Onderwyser help leerders om vrae vir ondersoek te ontwikkel

PERIODE 4 3. Vervolg • Leerders voltooi verduidelikings en bespreek vrae

3. Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter vaste stowwe is onoplosbaar in water? • Leerders toets verskillende stowwe vir oplosbaarheid • Leerders teken en skryf verduidelikings (Laat leerders items vir die bou van die model in Leerervaring 8 begin versamel.)

2. Meng vaste stowwe en vloeistowwe • Onderwyser stel alledaagse voorbeelde bekend • Leerders maak mengsels van verskillende vaste stowwe en water • Onderwyservaslegging en verduideliking

1. Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse • Onderwyser stel die drie toestande van materie bekend • Leerders skryf ’n opsomming van die eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse

PERIODE 3

PERIODE 2

PERIODE 1

Voorgestelde werkskema vir hierdie reeks leerervaringe

35

Assesseringstaak LU2 vervolg • Leerders bied hul modelle en terugvoering aan

PERIODE 28 9. Vervolg Onderwyservaslegging

Assesseringstaak LU2 vervolg • Leerders bied hul modelle en terugvoering aan

PERIODE 27

9. Vervolg

Assesseringstaak LU3 vervolg • Leerders voeg hul inligting op die klasplakkaat by

Assesseringstaak LU2 vervolg • Leerders gaan voort om hul modelle te bou • Leerders berei hul byskrifte, verduidelikings en terugvoering voor

PERIODE 26

9. Vervolg

Assesseringstaak LU3 vervolg • Leerders deel hul inligting in ’n klasbespreking • Leerders teken en skryf inligting vir ’n klasplakkaat

Let Wel: Jy sal tyd moet skeduleer om terugvoering aan leerders te gee na jy die bydraes vir die plakkaat geassesseer het

9. Vervolg • Onderwyser berei leerders voor vir assesseringstaak

9. Hoe kry ons skoon drinkwater? • Onderwyser stel idee bekend dat mense deur die eeue heen seker gemaak het dat hul water skoon is • Berei leerders voor om uit te vind deur tuis vrae te stel

8. Vervolg

8. Vervolg

8. Vervolg

Let Wel: Jy sal tyd moet skeduleer om terugvoering aan leerders te gee na jy die modelle en verslae geassesseer het

PERIODE 25

PERIODE 24

PERIODE 23

PERIODE 22

Hierdie werkskema is slegs ’n voorstel. Daar word aanvaar dat periodes 50 tot 60 minute lank is. Jy sal dit by jou eie omstandighede moet aanpas.

Assesseringstaak LU3 • Onderwyser verduidelik die taak en assesseringskriteria

Assesseringstaak LU2 vervolg • Leerders begin om hul model te bou

8. Vervolg

PERIODE 21

Assesseringstaak LU2 • Onderwyser verduidelik die taak en assesseringskriteria

8. Vervolg • Onderwyser verduidelik m.b.v. die prent as riglyn dat leerders ’n model van ’n rioolstortplek gaan bou

8. Maak rioolwater weer skoon • Onderwyser stel die term “rioolwater”bekend en verduidelik dit • Onderwyser verduidelik m.b.v. prent die proses van rioolwatersuiwering • Onderwyser berei leerders voor vir assesseringstaak

PERIODE 20

7. Vervolg • Leerders besin oor die proses om water skoon te maak • Leerders skryf ’n verslag oor hul metode • Onderwyservaslegging

PERIODE 19

7. Vervolg • Onderwyser stel toerusting vir die skoonmaak van water op • Leerders maak hul vuil water skoon

PERIODE 18

PERIODE 17

PERIODE 16

Afdeling 2 Hulpmiddels vir onderwysers Taakkaarte om te fotostateer 1. Taakkaart 1: Meng vaste stowwe en vloeistowwe om uit te vind wat gebeur . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .37 2. Taakkaart 2: Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter vaste stowwe is onoplosbaar in water? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .38 3. Taakkaart 3: Assesseringstaak vir LU1: Ondersoek: Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos? . . . . . . . . . . . . . . . .39 Grafiekpapier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .41 4. Nog voorbeelde van ondersoeke . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 42, 43 5. Taakkaart 4 A: Kan ons die vaste stof uit ’n oplossing terugkry? . . . . .44 Taakkaart 4 B: Huisprojek . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .44 6. Taakkaart 5 Assesseringstaak vir LU2: Hoe raak water besoedel? . . . . . 45 7. Taakkaart 6 A: Wat ons kan doen om ons omgewing en die water naby ons te verbeter? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .45 Taakkaart 6 B: Maak besoedelde water weer skoon . . . . . . . . . . . . . . . . .47 8. Taakkaart 7: Maak rioolwater weer skoon . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 48 Prent van rioolsuiweringsproses . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .49 9. Taakkaart 8: Assesseringstaak vir LU3: Hoe het mense in die verlede hul water skoon gehou? Hoe maak mense deesdae seker dat hul water skoon is? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .50 10.

Soet water/Amanzi amnandi . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .51- 53

11.

Prente en diagramme om te fotostateer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .54-57 • Waterbesoedeling • Maak riviere skoon

36

LEERDERTAAK

1

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

Meng vaste stowwe en vloeistowwe

Meng vaste stowwe en vloeistowwe om uit te vind wat gebeur Meng

Meng

1 medisynelepel sand

1 medisynelepel sout

100ml 100ml

100ml water

100ml water

Teken en skryf byskrifte om te wys wat gebeur het.

Teken en skryf byskrifte om te wys wat gebeur het.

Die sand het nie in die water opgelos nie.

Die sout het in die water opgelos.

Ons sê die sand is ——————————

Ons sê die sout is ——————————

————————————————————

————————————————————

37

LEERDERTAAK

2

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

Watter vaste stowwe is oplosbaar en watter vaste stowwe is onoplosbaar in water? 1. Bring ’n paar soorte vaste stowwe van die huis af en toets elkeen om te sien of dit oplosbaar of onoplosbaar in water is.

2. Meng water met verskillende vaste stowwe. Vul dan die tabel in. Meng 5 ml vaste stof + 100 ml water

Verdwyn die vaste stof in die water?

Sak die vaste stof na ’n ruk na die bodem af?

Kan die vaste stof deur die filtreerpapier geskei word?

Is die vaste Is dit ’n stof oplosbaar oplossing? of onoplosbaar?

5 ml meel + 100 ml water 5 ml Engelse sout + 100 ml water 5 ml koeksoda + 100 ml water 5 ml Maizena + 100 ml water

3. Teken en skryf om te verduidelik hoe jy kan sê wanneer ’n vaste stof oplosbaar is. Teken en skryf dan om te verduidelik hoe jy kan sê wanneer ’n vaste stof onoplosbaar is. Gebruik van die woorde in die tabel hierbo om jou te help. A Na watter dinge moet jy kyk om te besluit of die vaste stof oplosbaar in water is? A Na watter dinge moet jy kyk om te besluit of die vaste stof nie oplosbaar is nie?

Vrae Bespreek hierdie vrae in jou groep. 1. Waarom het ons elke keer dieselfde hoeveelheid vaste stof en water gebruik? 2. Maak die hoeveelheid vaste stof en water wat ons gebruik ’n verskil? 3. Wat sal gebeur as ons meer en meer van die vaste stof by die oplossing voeg? 4. Kan ons die vaste stof weer terugkry na dit opgelos het? Indien wel, hoe?

38

LEERDERTAAK

3

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

Leerdertaakkaart 3 Assesseringstaak vir LU1

Die doel van hierdie assesseringstaak is soos volg: A Bepan ’n ondersoek deur voor te stel watter dinge ondersoek kan word. A Voer ’n ondersoek met ’n klein aantal stappe uit. A Gee terugvoering oor wat julle gedoen en uitgevind het. (Sien assesseringstandaarde vir LU1, graad 5 op bladsy 63.) Ondersoek: Kan ons ’n vaste stof vinniger laat oplos? Voor julle met die ondersoek begin, moet julle die volgende doen: A Kies of dink self aan ’n vraag om jul ondersoek te begin. A Bespreek hoe julle die ondersoek gaan opstel. Doen dan die ondersoek. 1. Skryf neer wat die vraag is wat julle ondersoek. Vraag: Wat sal suiker vinniger laat oplos? A yskaswater

A kraanwater

A kookwater

2. Maak ’n tekening met byskrifte van hoe julle die apparaat opgestel het

39

LEERDERTAAK 3 (VERVOLG)

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

3. Skryf neer hoe lank die suiker neem om op te los. Moenie die mengsel roer nie. 4. Teken jul waarnemings op so ’n rekordblad aan: Hoeveelheid suiker

Hoeveelheid water Temperatuur van water

Tyd wat suiker neem om op te los

5. Trek ’n grafiek van jul resultate. (Onthou om ’n opskrif te skryf en die asse te benoem.) 6. Deel dit met ’n ander groep. Verduidelik wat julle gedoen en uitgevind het. 7. Ruil jul resultate uit met ’n ander groep wat ’n ander vraag ondersoek het. 8. Trek ’n grafiek van hulle resultate. Bespreek: Wat het julle van hulle geleer?

40

Voorbeelde van ondersoeke VOORBEELD 1 Vraag: Wat sal die vinnigste oplos: A 1 lepel suiker A 2 lepels suiker A 3 lepels suiker? 1. Stel die ondersoek só op:

1 teelepel suiker 100ml kraanwater

2 teelepels suiker 100ml kraanwater

3 teelepels suiker 100ml kraanwater

2. Moenie die mengsel roer nie. 3. Teken aan hoe lank die suiker neem om op te los. 4. Voorbeeld van die rekordblad: Hoeveelheid suiker

Hoeveelheid water

Hoe lank die suiker neem om op te los

41

VOORBEELDE

TAAKKAART

VAN ONDERSOEKE

OM TE FOTOSTATEER

5. Voorbeeld van die grafiek y

Grafiek om te wys hoe lank dit neem om 1 lepel, 2 lepels en 3 lepels suiker op te los

16

Tyd (in minute)

14 12 10 8 6 4 2 0

2 lepels

4 lepels

6 lepels

x

Let Wel: Ons het dieselfde hoeveelheid kraanwater gebruik en die bottels was ewe groot. Dit het verseker dat ons ’n billike vergelyking kon tref tussen die verskillende hoeveelhede suiker en hoe gou dit oplos. VOORBEELD 2 Vraag: Wat sal die suiker vinniger laat oplos? A om dit 10 keer te roer A om dit 20 keer te roer A om dit 30 keer te roer 1. Stel die ondersoek só op:

Roer 10 keer 1 lepel suiker 100 ml kraanwater

42

Roer 20 keer 1 lepel suiker 100 ml kraanwater

Roer 30 keer 1 lepel suiker 100 ml kraanwater

VOORBEELDE

TAAKKAART

VAN ONDERSOEKE

OM TE FOTOSTATEER

1. Teken aan hoe lank die suiker neem om op te los. 2. Voorbeeld van die rekordblad: Hoeveelheid suiker

Hoeveelheid water

Aantal keer geroer Hoe lank die suiker neem om op te los

3. Voorbeeld van die grafiek: y

4

Grafiek om te wys hoe lank suiker neem om op te los as ons die oplossing roer

Tyd (in minute)

3™ 3 2™ 2 1™ 1

™ 0 roer 10 keer roer 20 keer roer 30 keer

x

Aantal keer geroer Let Wel: Ons het dieselfde hoeveelheid kraanwater en suiker gebruik en die bottels was ewe groot. Dit het verseker dat ons ’n billike vergelyking kon tref tussen die aantal keer wat ons geroer het en hoe gou die suiker opgelos het.

43

LEERDERTAAK

4

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATE

Kan ons die vaste stowwe terugkry na ons dit met water gemeng het? A. Kan ons die vaste stof uit ’n oplossing terugkry? 1. Kook ’n bietjie soutwater totdat die sout gekristalliseer het. 2. Gooi ’n bietjie soutwater in ’n piering of deksel en sit dit op ’n warm, droë plek. 3. Maak ’n tekening met byskrifte om te verduidelik wat met die soutwater gebeur het. Gebruik hierdie woorde om jou te help: verdamp, kristalliseer, kook.

Vrae Bespreek hierdie vrae in jou groep. Toe jy die soutwater gekook het: A Wat het met die water gebeur? Waarheen het dit gegaan? A Wat het met die sout gebeur? A Dink jy jy kan die water uit ’n oplossing terugkry? A Hoe kan jy dit doen?

B. Huisprojek Soek voorbeelde van afsakking, afgooi (skink), filtrering (sif), kristallisering en verdamping in ons daaglikse lewens. 1. Soek by die huis soveel moontlik voorbeelde van maniere waarop ons dinge laat afsak, dit afgooi (skink), filtreer (sif), laat kristalliseer en verdamp. 2. Teken en skryf oor hoe ons afsakking, skink, filtrering, kristallisering en verdamping in die huis gebruik.

3. Bespreek: Het julle voorbeelde van al die prosesse by die huis gekry? Watter was moeilik om te kry? Waarom?

44

LEERDERTAAK

5

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATE

Hoe raak water besoedel?

Groepwerk 1. Kyk by die huis watter dinge ’n mens alles by water voeg wanneer jy was, skoonmaak en kos kook. 2. Bring ’n klein bietjie van elke stof skool toe. 3. Wys en vertel jou groep wat jy gebring het.

4. Neem ’n bottel of houer wat ’n deksel of prop het. Sit skoon water daarin. 5. Meng nou al die dinge wat jy van die huis af gebring het, in die water. 6. Voeg ook ’n paar dooie blare en ’n bietjie gras en grond daarby.

Bespreking Bespreek hierdie vrae in jou groep. A Hoe lyk jou water nou? A Sal jy nou hierdie water drink of daarmee was? A Watter van die dinge wat jy by die water gevoeg het, het opgelos? A Watter van die dinge wat jy by die water gevoeg het, het nie opgelos nie? A Wanneer jy hierdie water in die drein gooi, waarheen sal dit gaan? A Wat sal met die stowwe in die water gebeur? Waarheen sal dit gaan? A Hoe kan ons die water weer skoon kry?

45

LEERDERTAAK

6

A. Verbeter die omgewing

A. Wat ons kan doen om ons omgewing en die water naby ons te verbeter? Maak ’n toneelstuk, ’n storie of ’n rap-liedjie op oor wat met die seuns wat in die rivier swem, gebeur het en hoe die mense die rivier skoongemaak het . A Wat sal gebeur as een van hulle van hierdie water drink? A Wat moes die gemeenskap doen om dit ’n veiliger speelplek te maak? A Wat het die mense gedoen om die water skoner te maak?

46

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

LEERDERTAAK

6

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

B Maak besoedelde water weer skoon

1. Groeptaak A Gebruik enigiets op die tafel om die water weer skoon te maak. Tregter

Afgesnyde koeldrankbottel

Toiletpapier

Vuil water

Babakosbottel

Filtreerpapier Gaas Watte

Leë bottel

2. Teken en gebruik prente en vertel ’n storie, maak ’n rap-liedjie of skryf ’n verslag om te wys hoe julle die water skoongemaak het. 3. Vrae om te bespreek: A Het julle dit reggekry om die water weer skoon te maak? A Was die water toe heeltemal skoon en suiwer? A Was dit skoon genoeg om te drink? Verduidelik waarom jy so dink? 4. Skryf om te verduidelik hoe julle die water skoongemaak het. Vandag . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Eers . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Toe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Daarna

............................................................

Uiteindelik . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5. Is jou water skoon genoeg om te drink? Gee ’n rede vir jou antwoord. . ................................................................ ................................................................. ................................................................. .................................................................

47

LEERDERTAAK

7

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

Assesseringstaak vir LU2

Maak rioolwater weer skoon Die doel van hierdie assesseringstaak is om betekenisvolle inligting te onthou. Die leerders moet die taal waarin hulle vlot is, gebruik. Hulle moet die kenmerke en prosesse van rioolwatersuiwering noem, beskryf en verduidelik. (Sien assesseringstandaarde vir LU2, graad 5, op bl. 64.) 1. Bou Kyk na die diagram. Bespreek in jou groep hoe julle ’n rioolstortplek kan bou deur plastiekroomyshouers, margarienhouers en plastiek- en kartonbuise soos in die prent te gebruik. Bou dan jul rioolstortplek. 2. Skryf Maak byskrifte en skryf ’n verduideliking van wat met die rioolwater in elke deel van die model gebeur. 3. Gee terugvoering Jy moet in staat wees om te verduidelik hoe water in jul model gesuiwer sal word. Jy moet ook enige vrae oor jul model en hoe water gesuiwer word, kan beantwoord. Vrae A Dink jy rioolwater wat terug na die rivier gaan na dit behandel is, is skoon genoeg om te drink? Waarom dink jy so? A

Dink jy dit is duur om water te suiwer? Indien wel, waarom sê jy so?

5

5

2

1

3

7

4 6 7

2 3

48

4

6

49

5. Die slyk word deur bakterieë verteer en vir bemesting gebruik.

SLYKVERTEERDER

SIWWE

GRUISKANALE

TENK

SUIWERINGS-

UITLAATPYP

7. Skoon water gaan na die rivier.

6. Die kieme word uit die water verwyder en chemikalieë word bygevoeg.

SLYKTENKS

3. Die soliede slyk bly 2. Die water gaan deur op die bodem. gruiskanale en die vaste stowwe sak na die bodem af.0

4. Die vloeistof word gefiltreer en die kieme word verteer.

FILTREERTENK

1. Vuil water kom in en word die eerste keer gesif.

LEERDERTAAK

8

TAAKKAART

OM TE FOTOSTATEER

Assesseringstaak vir LU3

Hoe het mense lank gelede hul water skoon gehou? Die doel van hierdie leerervaring is om leerders te help om wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis te verstaan. (Sien bl. 66 vir assesseringstandaarde vir LU3, graad 5.) 1. Vra en vind uit Vra iemand by die huis of lees Amanzi Amnandi/Soet water op bl. 51–53 om jou die volgende vrae te help beantwoord: A Hoe het mense lank gelede water gekry en dit skoon gehou? Hoe word dit vandag gedoen? A Hoe het mense in plattelandse gebiede in die verlede seker gemaak dat hul water skoon was? Hoe word dit vandag gedoen? A Hoe het hulle seker gemaak dit was skoon genoeg om te drink? Hoe doen mense dit vandag? A Wat kan gebeur as jy vuil water drink of daarin swem? A Dink jy dat die ou manier of die nuwe manier die beste is? (Jy kan enige manier kies, maar jy moet redes vir jou keuse kan gee.) 2. Gee terugvoering tydens ’n klasbespreking. 3. Dra by tot ’n klasuitstalling. Skryf en teken oor wat jy tuis of elders uitgevind het.

50

Soet water / Amanzi Amnandi

Soet water en die vroeë Nguni-mense

D

ie vroeë mense van Suider-Afrika het, baie soos die vroeë mense van ander wêrelddele, hul gesonde verstand gebruik om water te kry en te bêre. In hierdie teks word daar gekyk na maniere waarop die Nguni-mense water gekry en gestoor het. (Kommentaar en wetenskaplike opmerkings verskyn tussen hakies sodat lesers die praktiese wysheid agter sommige van die mites oor die verkryging van waster en tegnieke van die verlede kan insien.) Voor die tyd van koning Shaka, koning van die Zulu’s, is soet water “amazi amnandi” genoem. Shaka se moeder se naam was Nandi en omdat dit volgens oorlewering nie respekvol was om die koning se moeder se naam op hierdie manier te gebruik nie, het Shaka soet water “amanzi amtoti” genoem. (Dit is hoe die dorp Amanzimtoti suid van Durban sy naam gekry het.) Vandag word albei terme gebruik en baie mense van Nguni-afkoms wat water vir huishoudelike doeleindes by ’n rivier, fontein of put gaan haal, sal daaraan ruik, glimlag en die “soet” water omhoog hou.(Wetenskaplikes wat watergehalte toets, het deesdae nog steeds mense wat aan huishoudelike water ruik en dit proe. Mense se sintuie gee ’n uitstekende aanduiding van of water goed, skoon en vars is.)

Amanzi Amnandi nabantu basendulo

A

bantu basendulo babenezindlela zabo ezithile ababezisebenzisa uma bekha amanzi emfuleni. Izindlela zazehlukahlukana ngokwezizwe. Amanzi okuphuza nawokupheka ayebizwa ngokuthi amanzi amnandi. Ngokwesiko lokuhloniphisa kwathi ngesikhathi seNkosi uShaka, amanzi amnandi abizwa ngamanzi amtoti, kuhlonishwa unina wenkosi, uNandi. Emandulo amanzi ayekhiwa ezindaweni lapho abantu babewezwa khona amanzi ekhala nasematsheni. Babewakha esiphethwini lapho ayehlanzekile khona emahle. Izinguba zaziwashwa emfuleni nezinkomo futhi zaziphuza khona. Lapho kwakukhiwa khona amanzi kwakuphenduka kube indawo lapho kuhlanganela khona izintombi nezinsizwa. Izinsizwa zazilinda osebeni lomfula zihuba ingoma zidlalisela ezintombini uma zizokha amanzi. Izintombi zaziza emfuleni zishaya kancane zihubela phansi sezinanela ukuhashwa yizinsizwa. Kwakujabulisa ukukha amanzi ngoba babazi ukuthi kwakungenzeka bafice izinsizwa ezizokweshela. Ngalesikhathi kuhlangenwe lapho babeqiniseka kakhulu ukuthi abazibangeli umsindo

51

Beskerming van die waterbron

In die verlede het mense gewoonlik water gaan haal waar hulle dit oor klippe kon hoor vloei of teen rotse kon hoor of sien drup. (Water met ’n goeie suurstofinhoud ondersteun natuurlike reinigingsprosesse.) As ’n fontein deur mense gebruik is, is dit beskerm deur ’n kring klippe met ’n klein ingang daarom te plaas. Vee het elders gedrink. ’n Gebied naby die waterbron is skoongemaak en die plek het gou ’n ontmoetingsplek vir jong mense geword. Jong mans het tyd naby hierdie waterplekke deurgebring en musiekinstrumente daar bespeel terwyl hulle die meisies wat kom water haal het, bewonder het. Omdat daar ’n goeie kans was om ’n man naby die waterplek te ontmoet, het meisies dit selde as ’n vervelige en moeilike taak beskou om water te gaan haal! Hoe om ’n waterbron te nader

’n Waterbron is altyd versigtig genader sodat mense nie krappe en ander klein waterdiertjies skrikmaak nie. Wanneer hierdie waterdiertjies versteur is, het hul beweging sedimente na bo laat kom en die persoon wat water wou kry, moes dan eers wag dat die silt weer afsak. Die film op die oppervlak is weggedruk om “soet water” te kry. (Sedimente en die film op die water-oppervlak is ryker aan bakterieë as die water in die middel van poele en riviere. Wanneer wetenskaplikes vandag watermonsters moet neem, neem hulle dit van onder die film op die oppervlak en is versigtig om nie die sediment te versteur nie. Op hierdie manier kan wetenskaplikes ’n konsekwente en betroubare aanduiding van bakteriese besmetting kry.) Hou die waterbron skoon

Daar is talle ander gebruike en tradisionele praktyke rondom water. Kinders is gewaarsku dat hulle na die teenoorgestelde geslag verander sou word as hulle in die water urineer! (Hierdie mite was heel moontlik genoeg van ’n afskrikmiddel om te keer dat mense in strome urineer. Dit sou die verspreiding van siektes soos bilharzia voorkom het. Die bilharzia-parasiet beweeg uit menslike urine en feses na klein waterslakke en vandaar weer deur rivierwater terug na mense.) Hoe water skoon gehou is

Kleipotte is vol water gemaak en met ’n bak,

52

Musiekinstrument izilwanyana zasemanzini, hleze zethuke ziyaluze kudungeke amanzi. Uma amanzi esedungekile kwakufanele ukuthi lowo ozokha awalinde isikhashana ukuze acwebe. Ngaphaqmbi kokuthi umuntu awakhe amanzi ayephebezwa ngogqoko ukuze akhe amanzi amahle. Amanzi ayekhiwa agcwaliswe izimbiza ambozwe ngogqoko. Ayethi uma ebekwe lapho agcineke emnandi futhi ebanda. Ayemaningi amasiko ayegcinwa nezinkolelo ezazibakhona mayelana namanzi. Kwakunenkolelo yokuthi uma umuntu echamela emanzini noma ebhukuda uzoshintsha ubulili bakhe. Izingane zazixwayiswa kakhulu ngalokhu. Abantu babengokholelwa ukuthi lapho kukhona amaxoxo amanzi akhona angaba mnandi. Amaxoxo ayedliwa uthekwane. Kwakusabisa ukukha amanzi ubukwa uthekwane kanti futhi kwakungafanele ukuthi uwubulale ngoba kwakuthiwa uma ubulala uthekwane noma untshontsha iqanda lawo umuzi wakini uzosha Amanzi babengawakhi uma izulu linethile ngoba amanzi ayedungekile abanye babedlulisa izinsuku ezine ngaphambi kokukha amanzi emva kwezimvula ukuze bawathole esecwebile. Kukhona izitsha ezazibekwa uma kunetha izulu kukhongozelwa amanzi, ayephuzwa noma kuphekwe ngawo ngoba ayeba mahle.

’n stuk vel of ’n mat van ’n soort gras (juncus kraussi) toegemaak. Die water het dus koel en vars gebly. (Water wat deur die kante van ’n kleipot verdamp, het die inhoud koel gehou. Die meeste waterbakterieë kan nie in koel, donker toestande vermeerder nie. Sekere mikroörganismes bedek hulself in ’n kalkafskeiding in die porieë van die kleipot. Wetenskaplikes met wie daar gepraat is, was onseker oor hierdie saak, maar dit is duidelik dat mense in vroeë tye waterpotte deeglik geskuur het om ontslae te raak van enige kalkagtige neerslae. Dit is ook van belang dat wanneer ’n waterpot se “grasdeksel” oud geword het, dit eenvoudig weggegooi is en ’n nuwe een is dan geweef.) Mites en waarskuwings in verband met water

Nguni-mense wat water gaan haal, sê ’n mens kry nie soet water waar daar paddas is nie. Hamerkoppe (thekwane, die “weerligvoël”) eet paddas, en die moontlikheid dat ’n “heksevoël” jou dophou terwyl jy gaan water haal, moes in vroeë tye skrikwekkend gewees het. Destyds het geeste, mites en misterie ’n veel groter rol in die daaglikse lewe gespeel. Kinders is gewaarsku dat hul huise in vlamme sou vergaan as hulle hierdie voël sou doodmaak of sy eiers sou steel. (Waar daar paddas is, is daar dikwels ook slange. Baie mense is vandag nog bang vir paddas en slange. Nguni-kinders is ook stories van hekse en weerlig vertel om hulle baie bang te maak. Vandag toon verskeie wetenskaplike toetse dat paddas “soet water” nodig het om gesond te wees en te vermeerder. Daar bestaan dus twyfel oor die Nguni-geloof dat paddas ’n aanduiding is van water wat nie goed vir menslike gebruik is nie.) Daar is ook gesê dat dit nie verstandig is om ná swaar reën aan die begin van die reënseisoen water by die rivier te gaan haal nie. Mense het besef dat hulle houers moes uitsit om reënwater op te vang. Vier dae na die reën opgehou het, wanneer die water weer helder was, kon mense weer water by die rivier gaan haal. (Swaar reën spoel menslike en diere-afval in riviere in. Daar is dus ’n vinnige toename aan bakterieë en siekte wat van feses afkomstig is. In KwaZulu-Natal moet gesondheidswerkers plattelandse mense

waarsku om nie rivierwater na swaar reën te gebruik nie, want min mense onthou die Ngunigebruik dat ’n mens vier dae na swaar reën moet wag voor jy water by die rivier gaan haal.) Vandag Vandag het die aantal mense en vee soveel toegeneem dat talle opvanggebiede agteruitgegaan het en riviere dikwels vol besoedeling is. Die beste inheemse gebruike om “soet water” te kry, kan nie voorkom dat mense ernstige siekte as gevolg van die watergehalte opdoen nie. Mense in plattelandse gebiede gebruik vandag plastiekdromme om rivierwater vir huishoudelike gebruik te gaan haal. Baie mense het vergeet dat dit belangrik is om ’n “gat” te grawe om soet water daaruit te kry. Die plastiekdromme hou nie die water koel wanneer dit huis toe gedra word nie en die water word warmer sodat daar ’n groter kans is vir bakterieë en besmetting. Die gebruik van bleikmiddel om water te suiwer

Voeg een teelepel bleikmiddel by ’n 10 literemmer (die gewone grootte emmer) water en laat dit een uur lank staan. Dit sal die water suiwer sodat dit veilig is om te drink. Twee teelepels bleikmiddel sal dieselfde hoeveelheid water binne 30 minute suiwer. Die nadeel van hierdie metode is dat die bleikmiddel die water se smaak affekteer. Die gebruik van sonlig om water te suiwer Die son se ultravioletstrale kan bakterieë doodmaak. As water redelik helder is, kan jy dit in ’n glas- of plastiekbottel sit sodat die son dit kan suiwer. Maak die bottel vol en laat dit ’n volle dag lank op sy sy in die son lê. Die dak is ’n goeie plek om die waterbottel te los. As ’n mens die bottel een keer gedurende die dag skud, sal dit die water help suiwer. Kook water om dit te suiwer Dit is die doeltreffendste manier om water te steriliseer, maar dit is duur en tydrowend. Water moet ’n hele paar minute lank gekook word om dit te suiwer. In gebiede waar daar kriptosporidia en giardia is, is dit belangrik om drinkwater te kook aangesien chemiese behandeling nie altyd doeltreffend is nie.

dankie aan share-net vir die gebruik van hierdie materiaal.

tel 033-3303931

53

54

Waterbesoedeling

Can you see what is happening to this river?

Daar is baie riviere dwarsoor die wêreld wat besoedel is. Many rivers in hierdie the world are polluted. Kan jy sien wat by rivier gebeur?

A.

55

Hierdie prent kom uit “Water in our world”, ’n Read-grootboek.

Waterbesoedeling kom voor wanneer mense afval, chemikalieë, metaal en olie in water stort. Besoedelde water kan vuil lyk, sleg ruik en kieme of chemikalieë bevat wat siekte veroorsaak.

56

Wat is was gedoen omto hierdie te red? What done save rivier this river?

B. Maak riviere skoon

57

Hierdie prent kom uit “Water in our world”, ’n Read-grootboek.

Ons moet die plantegroei op ons rivieroewers oppas. Die plant- en graswortels keer dat gronderosie plaasvind. Party plante suiwer water en laat oorstromings stadiger gebeur.

Afdeling 3 Uittreksels uit die HNKV Kernkennis en -begrippe in Materie en Materiaal/Stowwe . . . . . . . . . . . .59–61 Leeruitkomste en Assesseringstandaarde . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 62-67

58

Natuurwetenskappe

KERNKENNIS EN -BEGRIPPE IN MATERIE EN MATERIALE

Eienskappe en Gebruike van Materiale

Eienskappe en Gebruike van Materiale

Samevattende stelling: Ons kan materiaal/stowwe volgens die eienskappe daarvan klassifiseer ten einde soorte en patrone te bepaal. Eienskappe bepaal die seleksie van materiaal vir spesifieke doeleindes.

Samevattende stelling: Ons kan stowwe op verskillende maniere wysig na aanleiding van ons begrip van die substruktuur daarvan.

v Verskillende stowwe het verskillende eienskappe, soos tekstuur, kleur, sterkte en gewig, en kan volgens hierdie eienskappe geklassifiseer word. Ons maak dinge uit die materiaal of stowwe wat die eienskappe besit wat ons wil hê

v Stowwe kan gemeng word en soms kan veranderings gesien word bv. die oplossing van ’n vaste stof of nuwe kleure wanneer voedselkleurstowwe of verf gemeng word.

Grondslagfase

Intermediêre Fase

v Suiwer stowwe het ’n smelttemperatuur en ’n kooktemperatuur wat kenmerkend van elke stof is, en wat help om die stof te identifiseer. v Materiaal/stowwe word geëvalueer en geklassifiseer volgens die eienskappe daarvan (soos hardheid, buigbaarheid, hittegeleidings- of isolasievermoë, elektriese geleidings- of isolasievermoë, of dit gemagnetiseer kan word, oplosbaarheid en of dit roes).

v Hoofklasse stowwe is metale, keramiek (insluitend glas) polimere (insluitend plastiek en vesel). In saamgestelde stowwe word die eienskappe van twee of meer soorte materiaal/stowwe gekombineer.

v Party veranderings in stowwe is tydelik, maar ander veranderings is permanent. v Stowwe verander wanneer dit energie as hitte ontvang of verloor. Hierdie veranderings sluit inkrimping en uitsetting, smelting, verdamping, kondensasie en stolling in. (Skakel met Energie en Verandering.) v Die oplos van ’n stof in oplosmiddel hang af van veranderlikes wat die oplossnelheid affekteer.

Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale

59

Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R–9 (Skole)

Eienskappe en Gebruike van Materiale Senior Fase

v Stowwe in verskillende toestande het onderskeidende eienskappe soos kristalagtige strukture, saampersbaarheid/onsaampersbaarheid, of die neiging om te versprei. v Donkerkleurige oppervlakke word warmer as ligkleurige oppervlakke wanneer dit aan uitstralende energiebronne soos die son blootgestel word. Donkerkleurige voorwerpe straal hul energie geredeliker as hitte uit as blink, ligkleurige voorwerpe. (Skakel met Energie en Verandering.) v Sommige soorte materiaal word deur elektriese strome of magnete gemagnetiseer. Sommige soorte materiaal kan elektries gelaai word deur dit met ’n ander soort materiaal te vryf. (Skakel met Energie en Verandering.) v Sommige geleiers en stroombaankomponente verminder die stroom in ’n elektriese stroombaan betekenisvol. Dit word resistors genoem. Resistors kan geselekteer of ontwerp word om strome te beheer. v ’n Suiwer stof kan nie in verskillende stowwe geskei word nie, terwyl ’n mengsel geskei kan word, gewoonlik deur fisiese middele. Verskille in eienskappe kan gebruik word om mengsels van verskillende stowwe te skei (deur metodes soos filtrasie, distillasie, verdamping, chromatografie of magnetisme). v Spesifieke gasse kan van die lug geskei word of in reaksies geproduseer word, en kan baie gebruike in die nywerheidsektor en ander sektore van die ekonomie hê. Suurstof, waterstof, en koolstofdioksied het kenmerkende eienskappe en reaksies waardeur dit geïdentifiseer kan word. v Die verkryging of ontginning van nuttige materiaal uit grondstowwe hang af van chemiese reaksies en metodes van skeiding. v Grondstowwe, waarvan verwerkte materiaal gemaak word, moet ontgin, gekweek of van ander lande ingevoer word. Grondstowwe wat ontgin word, is nie-hernubaar en mynbou kan skade aan die omgewing aanrig. Die kweek van grondstowwe behels keuses oor die gebruik van bewerkbare grond en wateropvanggebiede.

Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale v ’n Deeltjiemodel van materie kan fisiese veranderings van stowwe, soos smelting, verdamping, kondensasie, diffusie en verwarming deur geleiding, verklaar.

v Baie huishoudelike stowwe is suur of alkalies. Indikators is stowwe wat met sure en oplosbare alkalië (basisse) reageer om produkte met onderskeidende kleure te produseer. Sure en alkalië neutraliseer mekaar om soute te vorm. Sure het kenmerkende reaksies met metale, metaaloksiede, hidroksiede en karbonate.

v Baie chemiese reaksies het energie nodig om te begin en baie chemiese reaksies stel energie vry wanneer dit plaasvind.

v Elemente bestaan uit slegs een soort atoom, terwyl verbindings uit twee of meer soorte atome in vaste verhoudings gevorm word. Elemente kan reageer om verbindings te vorm, en verbindings kan tot die elemente daarvan ontbind. Energie-inset is nodig om ’n verbinding in sy elemente op te breek, terwyl energie vrygestel word wanneer elemente reageer om ’n verbinding te vorm.

Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale 60

Eienskappe en Gebruike van Materiale (Daar is geen verder kernkennisstellings vir Materie en Materiaal/Stowwe in hierdie fase nie.)

Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale v Suurstof het kenmerkende reaksies met metale en niemetale, waardeur oksiede gevorm word. Sommige van hierdie oksiede los in water op om suur- of alkaliese oplossings te vorm. Sommige metale reageer geredeliker met suurstof as ander metale. Korrosie (roes) van yster is ’n ekonomies belangrike reaksie wat voorkom kan word deur begrip van die reaksies tussen yster, water en suurstof. v Die reaksie van suurstof met kos stel energie vry in die selle van lewende dinge. (Skakel met Die Lewe en Lewende Dinge.)

Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale 61

Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Graad R-vlak

Graad 1-vlak

Graad 2-vlak

Graad 3-vlak

Graad 4-vlak

Leerder beplan ’n ondersoek as deel van ’n groep.

Leerder gebruik die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer.

Leerder dra idees oor bekende situasies, behoeftes of materiaal by en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoek kan lei.

Leerder neem konstruktief aan die aktiwiteit deel en verstaan die doel daarvan.

Leerder ondersoek die moontlikhede in beskikbare materiaal en vind uit hoe dit gebruik kan word.

Beplanning van ondersoek Leerder dra by tot die beplanning van ’n ondersoekende aktiwiteit.

Leerder beplan ’n ondersoek onafhanklik.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder neem deel aan beplande aktiwiteit.

Leerder neem onafhanklik deel aan ’n beplande aktiwiteit.

Leerder neem onafhanklik of as deel van ’n groep deel aan beplande aktiwiteit.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder dink en praat oor wat gedoen is.

62

Leerder dink oor wat gedoen is en sê wat uitgevind is.

Leerder wys en verduidelik wat beplan is en hoe dit gedoen is.

Leerder verduidelik en dink na oor watter optrede beplan is en of dit moontlik was om hierdie plan uit te voer.

Leerder praat oor waarnemings en stel moontlike skakels met ander situasies voor.

Graad 5-vlak

Graad 6-vlak

Graad 7-vlak

Graad 8-vlak

Graad 9-vlak

Leerder beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak.

Leerder identifiseer faktore wat in ondersoek in ag geneem moet word en beplan maniere om data daaroor te versamel, oor ’n verskeidenheid waardes heen.

Leerder beplan ’n prosedure om voorspellings of hipoteses te toets, met beheer van ’n steurende veranderlike.

Leerder versamel en teken inligting aan, so akkuraat as wat toerusting toelaat en ondersoekdoeleindes vereis.

Leerder dra by tot stelselmatige dataversameling ten opsigte van akkuraatheid, betroubaarheid en die nodigheid om ’n veranderlike te beheer.

Beplanning van ondersoek Leerder lys, met bystand, wat bekend is oor bekende situasies en materiaal en stel vrae vir ondersoek voor.

Leerder help om fokusvrae vir ondersoek duidelik te maak en beskryf die soort inligting wat benodig sal word om die vraag te beantwoord.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder voer instruksies en prosedures uit wat ’n klein aantal stappe behels.

Leerder voer eenvoudige toetse of opnames uit en teken waarnemings of reaksies aan.

Leerder organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder doen verslag oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is.

Leerder bring waarnemings en reaksies in verband met die fokusvraag.

Leerder veralgemeen ten opsigte van die relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.

Leerder dink na oor die mate waarin die gevolgtrekkings wat bereik is, redelike antwoorde op die fokusvraag van die ondersoek is.

Leerder soek patrone en tendense in die data wat versamel is en veralgemeen ten opsigte van eenvoudige beginsels.

63

Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Graad 4-vlak

Graad 5-vlak

Graad 6-vlak

Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.

Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om kenmerke van voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.

Leerder beskryf, ten minste, die kenmerke wat een kategorie dinge van ’n ander onderskei.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van ’n sigbare eienskap.

Leerder skep eie kategorieë voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.

Leerder kategoriseer voorwerpe en organismes na aanleiding van twee veranderlikes.

(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)

Leerder interpreteer, ten minste, inligting deur alternatiewe vorme van dieselfde inligting te gebruik.

Interpretasie van inligting (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)

64

(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)

(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 6 nie.)

Graad 7-vlak

Graad 8-vlak

Graad 9-vlak

Onthouvan betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.

Leerder onthou, ten minste, prosedures, prosesse en komplekse feite.

Leerder onthou, ten minste, beginsels, prosesse en modelle.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.

Leerder pas klassifikasiestelsels op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.

Leerder pas veelvuldige klassifikasies op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.

Leerder interpreteer inligting deur getabuleerde data na grafieke te verander, deur data van grafieke af te lees en deur voorspellings na aanleiding van patrone te maak.

Leerder interpreteer inligting deur lyngrafieke na teksbeskrywings te verander, en omgekeerd, deur uit patrone in tabelle en grafieke te ekstrapoleer om te voorspel hoe een veranderlike sal verander, deur verbande tussen veranderlikes in tabelle en grafieke te identifiseer, en deur moontlike verbande tussen veranderlikes te hipoteseer (veronderstel).

Interpretasie van inligting Leerder interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks).

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie Leerder pas konseptuele kennis toe deur ’n begrip wat onderrig is met ’n variasie van ’n soortgelyke situasie in verband te bring.

Leerder pas konseptuele kennis op ietwat onbekende situasies toe deur na gepaste begrippe en prosesse te verwys.

Leerder pas beginsels toe en bring relevante begrippe in verband met mekaar om oplossings vir ietwat onbekende probleme te ontwikkel.

65

Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Graad 4-vlak

Graad 5-vlak

Graad 6-vlak

Begrip van wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis Leerder beskryf hoe plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het en steeds gebruik.

Leerder identifiseer maniere waarop produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is.

Leerder beskryf ooreenkomste in probleme en oplossings in eie en ander samelewings in die hede, die verlede en moontlik in die toekoms.

Begrip van die impak van wetenskap en tegnologie op die omgewing en op mense se lewens Leerderidentifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle rondom hom of haar, en sê wat die doel en nut daarvan is.

Leerder identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.

Leerder stel maniere voor om tegnologiese produkte en prosesse te verbeter en om die negatiewe uitwerking daarvan op die omgewing te verminder.

Herkenning van vooroordeel in wetenskap en tegnologie wat mense se lewens raak Leerder identifiseer probleme wat sommige mense moontlik met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê.

66

Leerder beskryf die uitwerking wat ’n gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.

Leerder stel maniere voor waarop tegnologiese produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir diegene wat tans daarvan uitgesluit is.

Graad 7-vlak

Graad 8-vlak

Graad 9-vlak

Begrip van wetenskap as ’n menslike aktiwiteit in kulturele kontekste Leerder vergelyk verskillende interpretasies van gebeurtenisse.

Leerder identifiseer maniere waarop mense selfvertroue in hul kennisstelsels opbou.

Leerder herken verskille in verduidelikings wat deur die natuurwetenskappe en ander verduidelikingstelsels gebied word.

Begrip van die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne Leerder ontleed inligting oor volhoubare en onvolhoubare gebruik van hulpbronne.

Leerder identifiseer inligting wat vereis word om ’n mening oor die gebruik van hulpbronne uit te spreek.

Leerder reageer gepas op kennis oor die gebruik van hulpbronne en die uitwerking op die omgewing.

67

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME TRUST (PSP) Die Western Cape Primary Science Programme (PSP) is reeds werksaam sedert 1985. Die PSP is ’n indiens-onderwysorganisasie wat daarop gerig is om die gehalte van onderrig en leer in die mees benadeelde laerskole te verbeter. Ons ontwikkel onderwysers se kennis en vaardighede en ondersteun hulle in hul werk met leerders. Ons fokus op die kritieke leerareas Natuurwetenskappe (insluitend Omgewingsonderrig), Tale, Wiskunde en Sosiale Wetenskappe. Die PSP bied 'n verskeidenheid kursusse aan, ontwikkel leerervarings saam met onderwysers en verleen ondersteuning in hul klasse. Gebaseer op hierdie interaksie met onderwysers, lewer die PSP vernuwende leermateriaal, insluitend onderwysergidse, leerdertaakkaarte en materiaal om uit te stal. Al ons materiaal is in toeganklike taal geskryf en bevat 'n noukeurige progressie van begrippe, talle aktiwiteite en ondersoeke asook goeie voorstelle vir assessering. Die PSP het 'n visie van uitnemende laerskoolonderrig vir al die kinders van Suid-Afrika, waar alle opvoeders uitstekende vaardighede het, toegewyd en vol selfvertroue is, en goed voorbereid en toegerus is om klas te gee. Kontak ons vir verdere inligting. Western Cape Primary Science Programme (PSP) Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg Philippi 7785 Posbus 24158 Lansdowne 7779 Suid-Afrika Tel: 021 691 9039 Faks: 021 691 6350 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.psp.org.za NPO: 015-822 Registrasienommer: IT2806/99

Related Documents


More Documents from "Primary Science Programme"