WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME (PSP) ’n Voorbeeld van ’n leerervaring in die Natuurwetenskappe
MATERIE EN MATERIALE
Wat kan ons oor materie uitvind?
GRAAD 4
1 Wat is materie? 2 Wat is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? 3 Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons? 4 Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? 5 Hoeveel kan ’n medisynelepel hou?
6 Ondersoek – Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n vloeistof meet? 7 Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? 8 Hoe meet ons die hoeveelheid gas wat ons het?
Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asseblief erkenning aan PSP.
©PSP 2008
Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom die kennisveld Materie en Materiale te ondersteun. Alhoewel dit nie ’n volledige werkskedule is nie, bied dit moontlikhede vir onderwysers om ander leerervaringe in te sluit en dit verder uit te brei en te ontwikkel. Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy kan werk om die volgende leeruitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik. A Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los. A Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe. A Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Kursus aangebied deur Rose Thomas en Nontsikelelo Mahote Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Nicci Cairns en Janet Ranson en vertaal deur Ronél Gouws Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg Philippi, 7785 Posbus 24158 Lansdowne 7779 Suid-Afrika Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 e-pos:
[email protected] webruimte: www.psp.org.za In die NKV word die volgende naam vir hierdie inhoudsveld gebruik: Materie en Materiaal/Stowwe
Die PSP bedank PetroSA vir hul ondersteuning.
Inhoud Afdeling 1 1.
Leerervaringe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1–24
2.
Assesseringstake LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16 LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24
Afdeling 2: Hulpmiddels vir onderwysers Taakkaarte vir fotostatering 1. Taakkaart 1.
Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .28
2. Taakkaart 2.
Assesseringstaak vir LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29
3. Taakkaart 3.
Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? . . . . . . . . . . . . . .30
4. Taakkaart 4.
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .31
5. Taakkaart 5.
Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n vloeistof meet? . . . . . . . . . . . . . . .32
6. Taakkaart 6.
Assesseringstaak – LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .33
7. Taakkaart 7.
Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? . . . . . . . . . . . . . .35
8. Taakkaart 8.
Hoe meet ons die hoeveelheid gas wat ons het? . . . . . . . . . . . . . . . . . .37
9. Taakkaart 9.
Assesseringstaak – LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39
Tradisionele storie/Umgwebi uSokhetye . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40
Afdeling 3 Uittreksels van die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe Graad R–9 1. Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale (NK) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 43–45 2. Uitkomste en assesseringstandaarde (NK) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 46–51
Afdeling 1 1. Leerervaringe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1–24 2. Assesseringstake LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7 LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16 LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24
1
Wat is materie?
Sleutelbegrip g Alles om ons is van materie gemaak.
Onderwysertaak
Inleiding Stel leerders bekend aan ’n versameling voorwerpe op jou tafel, bv. ’n plastieksak vol lug, ’n glas water, ’n boek. Wys dan na al die dinge om jou in die klaskamer, bv. kryt, mure, tafels, die vloer. Vra jou leerders: u Waarvan is al hierdie dinge gemaak? u Wat is die “goed” waarvan dit gemaak is? u Waar het hierdie “goed” vandaan gekom? Aanvaar baie verskillende antwoorde en verduidelikings van die leerders.
Stel bekend en verduidelik Stel die woord “materie” bekend en verduidelik dat wetenskaplikes hierdie woord gebruik om al die “goed” waarvan dinge gemaak is, te beskryf.
MATTER
1
Inligting vir die onderwyser Alles in die wêreld bestaan uit “materie”. Alle materie bestaan uit baie klein deeltjies. Hierdie klein deeltjies word atome genoem. (Atome kom natuurlik oral op aarde voor, ook in die water en die atmosfeer.) Daar is baie verskillende soorte atome. Ons kry dus baie verskillende soorte materie. Byvoorbeeld, koper bestaan uit koperatome, en water bestaan uit waterstofatome gekombineer met suurstofatome. Wetenskaplikes klassifiseer graag materie op verskillende maniere. Een manier is om dit te klassifiseer volgens die soort atome waarvan dit gemaak is. Die studie van chemie is die studie van verskillende soorte materie en die atome waaruit die materie bestaan. Een manier om materie te klassifiseer, is om dit in die drie vorme of toestande van materie wat natuurlik voorkom, te klassifiseer. Dit is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Sommige stowwe kom natuurlik in een vorm voor. Byvoorbeeld, steenkool kom voor as ’n vaste stof; suurstof in die lug kom voor as ’n gas, en speeksel kom voor as ’n vloeistof. Soms is dit moeilik om te besluit of iets ’n vaste stof, ’n vloeistof of ’n gas is. Dit is omdat verskillende stowwe in sommige toestande meer soos ’n vloeistof kan optree, maar in ander toestande meer soos ’n vaste stof. Byvoorbeeld, wanneer stroop warm is, is dit soos ’n vloeistof omdat dit loperig soos ’n vloeistof is. Maar wanneer dit koud is, is dit nie loperig nie. Dit is meer soos ’n vaste stof, alhoewel dit die vorm van die houer waarin dit is, aanneem. Dit is ook so met pap. Pap is loperig wanneer dit warm is, maar ’n vaste stof wanneer dit afkoel. Rou rys kan in iets gegooi word, alhoewel elke korrel sy vorm soos ander vaste stowwe behou. Soms skei ’n vaste stof of vloeistof ook ’n gas af, wat ons kan ruik, maar nie kan sien nie. Byvoorbeeld, ’n hardgekookte eier, en ook vrugtesap, skei ’n reuk af. Baie dinge om ons bestaan egter uit ’n kombinasie van meer as een vorm van materie. Byvoorbeeld, ’n lemoen het ’n skil wat ’n vaste stof is, dit het sap wat ’n vloeistof is, en dit skei ’n gas af wat ons help om te ruik dat dit ’n lemoen is. Nog ’n voorbeeld is sodawater in ’n bottel. Die bottel is ’n vaste stof, die water is ’n vloeistof, en die borrels is ’n gas (koolsuurgas). Ons weet ook sommige stowwe kan hulle vorm of toestand verander. Byvoorbeeld, ys is ’n vaste stof, maar wanneer ons dit verhit, word dit ’n vloeistof – water. Wanneer ons dit selfs meer verhit, word dit ’n gas – waterdamp. Water is een van die min stowwe wat natuurlik in al drie toestande op die aarde se oppervlak voorkom.
Water is een van die min stowwe wat natuurlik in al drie toestande op die aarde se oppervlak voorkom. 2
2
Wat is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse?
Sleutelbegrip g Ons vind materie in drie verskillende vorme: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
Onderwysertaak
Inleiding Stel die volgende terme bekend: Vaste stof ’n boek Vloeistof water in ’n beker Gas lug in ’n sak Wys nog voorbeelde van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse, bv. koeldrank, hout, ’n kartonboks, ’n ballon of bal vol lug, die lug om ons.
Voorbereiding
Leerdertaak 1
1. Deel houers met algemene voorbeelde van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse uit, bv. ’n lap, olie, ’n opgeblaasde ballon, ’n heliumballon (vra by die Spur), tee, sjokolade, water, ’n boontjie, melk, ’n bottel lug, ’n glasbottel, vrugtesap, ’n teesakkie, ’n bottel met ’n motor se uitlaatgas, ’n beskuitjie, ’n eierdop. 2. Skryf al die voorwerpe se name as byskrifte daarby. Vra die leerders om die byskrifte te lees voordat hulle die taak doen.
Sorteer, teken en skryf dertaakDaar is ’n leer atering kaart vir fotost op bladsy 28.
1. Sorteer die dinge in jou boks in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. 2. Skryf en teken prente om te wys watter dinge is vaste stowwe, watter is vloeistowwe en watter is gasse.
3
VASTE STOWWE
VLOEISTOWWE
GASSE
lap
olie
bottel lug
liniaal
melk
reuk van asyn
brood
tee
lug in ’n sokkerbal
rys
sap
bottel uitlaatgas van ’n motor
Wat kan alle vaste stowwe doen? Wat kan alle vloeistowwe doen? u
Alle vaste stowwe behou hulle vorm.
Wat kan alle gasse doen?
u
Alle vloeistowwe kan geskink word.
u
Alle gasse neem die vorm van hulle houer aan.
u
Alle vloeistowwe neem die vorm van die houer aan.
u
Alle gasse kan in die lug ontsnap.
Vaslegging u u
u
Kontroleer dat elke leerder die voorwerpe korrek gesorteer en korrek opgeteken het. Jy kan dit doen deur die leerders hul antwoorde te laat uitroep. Korrigeer en verduidelik, waar nodig. Hulle kan dan hul eie werk kontroleer en verbeteringe aanbring. Lees deur die eienskappe in die laaste ry van die tabel en verduidelik dit aan die leerders.
Verduidelik u
4
Verduidelik dat die eienskappe van ’n vaste stof die dinge is wat alle vaste stowwe gemeen het. Die eienskappe van ’n vloeistof is die dinge wat alle vloeistowwe het of kan doen. Die eienskappe van ’n gas is die dinge wat alle gasse het of kan doen.
3
Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons?
Sleutelbegrip g Sommige alledaagse stowwe en voorwerpe is kombinasies van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
Onderwysertaak Klasbespreking Vra die klas: u Van watter ander vaste stowwe, vloeistowwe en gasse weet julle? u Kan alle dinge (materie) in net hierdie drie groepe (kategorieë) gesorteer word – vaste stof, vloeistof, gas? u Is dit maklik om te sê of iets ’n vaste stof of ’n vloeistof is? u Is pap ’n vaste stof of ’n vloeistof? Het dit gas daarin? Het dit vloeistof daarin? Is dit ’n vaste stof, ’n vloeistof of ’n gas wanneer dit gaar is? u Wat van Coca-cola, is dit ’n vaste stof, vloeistof of gas? Aanvaar baie verskillende antwoorde en verduidelikings van jou leerders.
Onderwyser- Maak ’n klasuitstalling saam met die leerders Vra jou leerders om ander voorbeelde van stowwe van die huis af te bring en Leerdertaak om ’n klasuitstalling te maak. Sorteer die items in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse en benoem elkeen. Vra die leerders om byskrifte of etikette vir hulle stowwe te skryf. Maak plek vir ’n uitstalling in jou klaskamer.
Leerdertaak
Skryftaak (individueel) u u
Sê vir jou leerders hulle gaan individuele skryfwerk doen. Vra hulle om die sinne in hulle boeke af te skryf en dit te voltooi. Dan moet hulle hul eie paar sinne maak.
5
DI E DRI E VO RME VAN MAT ERI E Alles i n die wêreld bestaa n u it materie. Ma t er ie ko m in d rie ve rs kille n de vo rme v oo r . Die dr ie vorme va n m aterie is : ————————————, ———————————————— en ————————————————— ’n Lap is ’n ————————————————————— Olie is ’n —————————————————————————— Sjokola de is ’n ————————————————————— Daar is ——————————————— b inn e-in ’n b allon. Ens.
Onderwysertaak Speel met woorde u
u
Speel ’n speletjie waarin die leerders aksiewoorde (werkwoorde) voorstel wat beskryf wat vaste stowwe, vloeistowwe en gasse kan doen, en wat ons daarmee kan doen. Wanneer jy hierdie aktiwiteit doen, kan jy meer as een taal gebruik. Dit sal die leerders help om hulle begrip van die eienskappe van die drie vorme van materie te ontwikkel. Skryf jou leerders se reaksies in die vorm van ’n kopkaart op die bord. Probeer hulle aanmoedig om aan soveel moontlik woorde te dink, want julle wil graag ’n groot verskeidenheid woorde versamel.
VASTE STOWWE
VLOEISTOWWE
GASSE
Wat kan vaste stowwe doen?
Wat kan vloeistowwe doen?
Wat kan gasse doen?
Wat kan ons met vaste stowwe doen? Wat kan ons met vloeistowwe doen? Wat kan ons met gasse doen?
6
Sny
Gooi/chitheka
Uitlaat
Breek/yaphula
Drink/sela
Druk
Bou
Versprei
Blaas/vuthela
Laat val
Spat
Laat bars
Stapel
Oorloop/phuphuma
Ruik/joja
Fynmaak /cola
Vloei
Bars
Slaan
Roer/zamisa
Saamdruk
Stoot
Meng
Ontsnap
Trek/tsala
Loop/baleka
Fluit
Vou/songa
Drup
Uitasem
Buig/goba
Laat val
Inasem/sezela
Ens.
Spoeg/tshica
Ens.
Onderwysertaak
Demonstreer en verduidelik u
u u u
Gebruik ’n suurlemoen of lemoen om te demonstreer dat baie alledaagse voorwerpe uit ’n kombinasie van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse bestaan. Die suurlemoen se skil is ’n vaste stof. As jy die skil krap, skei die suurlemoen ’n gas af wat jy kan ruik. Gebruik ook ander voorbeelde, bv. ’n gekookte eier, ’n rou ui, ’n opgesnyde tamatie, ’n bottel Coca-cola.
Leerderassesseringstaak vir LU2 Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons?
Sien die assesseringstandaarde vir LU2, graad 4 op bladsy 48, asook die Assesseringstaakkaart vir LU2 op bladsy 29.
Sommige dinge om ons is ’n kombinasie van ’n vaste stof, vloeistof en gas. Die doel van hierdie assesseringstaak is dat leerders die volgende doen: u Benoem en beskryf voorwerpe, stowwe en organismes. u Sorteer voorwerpe en organismes volgens ’n sigbare eienskap.
Instruksies 1. Bring van jou huis soveel moontlik dinge wat ’n kombinasie van ’n vaste stof, ’n vloeistof en ’n gas is. Verduidelik die vaste stof, vloeistof en gas in elke ding aan jou groep. 2. Skryf oor en teken die vaste stowwe, vloeistowwe en gasse wat jy saamgebring het in jou boek. Jou skryfwerk en tekeninge moet alles wys wat jy oor vaste stowwe, vloeistowwe en gasse verstaan. Gebruik sommige van die woorde uit die woordspeletjie wanneer jy skryf.
ASSESSERINGSKRITERIA Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons? Assessering vir LU2 Assesseringstaak
Assesseringskriteria
Skryf oor en teken die vaste stowwe, Leerders moet die volgende doen: vloeistowwe en gasse wat jy saamu Kies geskikte voorbeelde van voorwerpe van die huis gebring het in jou boek. wat ’n kombinasie van ’n vaste stof, vloeistof en gas is. u Teken prente van die voorwerpe wat begrip van die vaste stowwe, vloeistowwe en/of gasse daarin toon. u Maak tekeninge wat duidelik, netjies en volledig is. u Verskaf byskrifte of onderskrifte vir die tekeninge deur kernwoorde soos vaste stof, vloeistof en gas en ook gepaste werkwoorde uit die woordspeletjie te gebruik.
7
4 Sleutelbegrip g In die alledaagse lewe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse om praktiese en veiligheidsredes.
Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? Dink na oor meting Daar is baie vaste stowwe, vloeistowwe en gasse in ons lewens. Soms moet ons meet hoeveel ons van iets nodig het. Is dit belangrik om in staat te wees om vaste stowwe, vloeistowwe en gasse te meet? Wat dink jy?
Klasbespreking oor meting Moedig jou leerders aan om oor hulle ervaring met die meet van materie en stowwe in hulle lewens te gesels en dit met mekaar te deel. Bv. meet die hoeveelheid petrol, meet hoeveel ’n baba weeg, koop ’n sekere hoeveelheid kos, meet die hoeveelheid boumateriaal, koop die regte grootte klere.
8
Onderwysertaak
Die doel van hierdie taak is om te kyk om watter redes ons in sekere omstandighede vaste stowwe, vloeistowwe en gasse moet meet. Vertel aan jou leerders ’n storie wat verduidelik waarom ons moet kan meet. (Jy kan jou eie storie vertel oor waarom dit belangrik is om te meet, of jy kan die een hieronder vertel. Kyk ook na die tradisionele storie op bladsy 40.) Eendag was daar ’n meisie met die naam Thandi. Sy het by haar ouma gebly. Een oggend toe Thandi wou opstaan, het sy aaklig gevoel. Sy was warm en sweterig en haar bors was seer. Toe sy probeer om uit die bed te klim, was haar bene swak en sy kon skaars loop. Sy het gehoes en gehoes, wat haar bors nog seerder gemaak het. Thandi se ouma kon sien iets was verkeerd. Sy het haar hand teen Thandi se voorkop gesit en kon voel dis vuurwarm. Sy kon Thandi hoor hoes en proes. Sy het sommer groot geskrik. Sy soek toe die medisyne wat die dokter die vorige keer toe Thandi so ’n hoë koors gehad het, vir haar gegee het. Hierdie vloeistofmedisyne sou help om Thandi se temperatuur af te bring en haar te laat slaap. Dit sou ook vir die pyn in haar bors help. Thandi se ouma het na die medisyne gesoek. Uiteindelik vind sy dit in die boks bokant die opwasbak. Sy lees die instruksies op die bottel om te sien hoeveel om vir Thandi te gee. Toe soek sy die medisynelepel, maar al die lepels was by hulle tannie se huis. Sy het dit vir ’n partytjie die volgende dag geleen.
Inligting vir die onderwyser
Gebruik voorbeelde van medisyne van die apteek, homeopatiese medisyne en kruiegeneesmiddels en boererate – of vra jou leerders om voorbeelde van die huis af te bring. Jy sal vind dat almal verskillende maniere het om ’n dosis te meet. Soms word dit in druppels gemeet, soms in lepels en soms in milliliter.
Thandi se ouma neem toe die medisyne vir Thandi en sê sy moet ’n bietjie uit die bottel drink.
Bespreking Om leerders te help verstaan waarom dit belangrik is om stowwe te meet u Wat het met Thandi gebeur, dink jy? Het sy gesond geword? u Het haar ouma die regte ding gedoen? u Wat moes sy eintlik gedoen het? u Meet tradisionele genesers die hoeveelheid medisyne? Hoe doen hulle dit? u Kyk na ’n bottel medisyne. Watter afmetings of hoeveelhede verskyn op die bottel? Is daar meer as een? Wat sê hierdie hoeveelhede vir ons? u Waarom het sommige medisyne aanwysings op die bottel? u Wat sê die aanwysings vir ons? u Waarom moet ons die aanwysings behoorlik volg? u Waarom moet ons altyd net die voorgestelde hoeveelheid van hierdie medisyne gebruik? u Dink jy dit is belangrik om akkuraat te meet? Waarom? u Waarom, dink jy, is die hoeveelheid medisyne verskillend vir volwassenes en kinders? u Kan jy aan enige ander situasies dink waar dit belangrik is om materie akkuraat te meet? u Meet mense gas? Waarom is dit belangrik om gas akkuraat te meet? u Meet mense vaste stowwe? Waarom?
9
Leerdertaak
Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? Meet medisyne
Sien die taakkaart vir fotostatering op bladsy 30.
1. Bring ’n paar leë medisyneboksies en -bottels saam klas toe. Kry die aanwysings wat saam met dit kom. Soms is daar ’n stukkie papier met aanwysings binne-in die boksie. 2. Lees die aanwysings en vind uit hoeveel medisyne gebruik moet word.
3. Maak dan ’n lys soos hierdie een in jou boek:
Meet medisyne NAAM VAN MEDISYNE
DOSIS: HOEVEELHEID MEDISYNE
Vir ’n kind
Vir ’n volwassene
Panado-stroop
1 teelepel (5 ml) 2 teelepels (10 ml)
Panado-tablette
1 tablet
2 tablette
Grandpa-poeiers Borstal Eno
Bespreek Bespreek hierdie vrae in jou groep. Vrae: 1. Waarom moet ons sommige medisyne meet voor ons dit drink? 2. Waarom is die dosis verskillend vir kinders en vir volwassenes? 3. Wat sal gebeur as ’n kind ’n volwassene se dosis gegee word? 4. Wat sal gebeur as ’n volwassene ’n kind se dosis gegee word? 5. Hoe vind ’n mens uit wat die dosis van ’n medisyne is?
10
5
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou?
Sleutelbegrip g Die meeste Medisynelepels het ’n aanduiding van ’n hoeveelheid daarop. Soms is daar die hoeveelheid van ’n vol lepel (5 ml) en soms ook die hoeveelheid van ’n halwe lepel (2,5 ml).
Inligting vir die onderwyser oor meting Wanneer wetenskaplikes materie meet, gebruik hulle baie verskillende mate. In hierdie leerervaring fokus ons op een soort maat, wat volume genoem word. Hierdie maat word gebruik wanneer wetenskaplike meet hoeveel ruimte ’n sekere vaste stof of vloeistof in beslag neem. Hierdie maat word die volume genoem. Ons meet dit in eenhede wat milliliter (ml) en liter (l) genoem word. ’n Milliliter is ’n baie klein eenheid. Dit word gebruik om klein hoeveelhede, wat min ruimte in beslag neem, te meet. ’n Liter is ’n groot eenheid. Dit word gebruik om groter hoeveelhede, wat meer ruimte in beslag neem, te meet. ’n Medisynelepel word gebruik om medisyne wat vloeistof en poeierige vaste stowwe is, te meet. Medisynelepels het gewoonlik ’n maat of hoeveelheid daarop sodat die dosis medisyne akkuraat gemeet kan word. ’n Medisynelepel het gewoonlik ruimte vir 5 ml vloeistof of poeier. Die ruimte wat die vloeistof of vaste stof in die lepel in beslag neem, word die volume genoem. Dit is hoe jy die hoeveelheid vloeistof meet.
Onderwysertaak
Voorbereiding u
Verskaf aan die leerders verskillende vloeistowwe om te meet, bv. suikerwater, water, koeldrank, melk.
u
Gee aan die leerders verskillende poeiers om te meet, bv. mielieblom, sout, sand, meel, koffie. Demonstreer die volgende prosedure aan die leerders.
u
11
Leerdertaak Watter hoeveelheid vloeistof of vaste stof het ons? art Sien die taakka op g vir fotostaterin bladsy 31.
Meet die hoeveelheid vloeistof of vaste stof in ’n medisynelepel Hoeveel water is daar in een teelepel? 1. Neem 1 medisynelepel water. 2. Trek dit in ’n spuit op. 3. Lees hoeveel water in die spuit is. Volume = 4. Spuit die vloeistof in die spuit in ’n maatsilinder. 5. Lees hoeveel water in die maatsilinder is. Volume = Gebruik dieselfde prosedure om medisynelepels van ander vloeistowwe te meet. Teken op
Vloeistof 1 lepel . . . . . . . . 1 lepel . . . . . . . 1 lepel . . . . . . . .
Spuit volume = . . .ml volume = . . .ml volume = . . .ml
Maatsilinder volume = . . . . . . .ml volume = . . . . . . ml volume = . . . . . . . ml
Gebruik nou dieselfde prosedure om medisynelepels poeier te meet. Jy sal nie die poeier in die spuit kan optrek nie, maar sal dit moet ingooi. Poeier 1 lepel . . . . . . . . 1 lepel . . . . . . . 1 lepel . . . . . . .
Spuit volume = . . .ml volume = . . .ml volume = . . .ml
Maatsilinder volume = . . . . . . .ml volume = . . . . . . .ml volume = . . . . . . .ml
Vaslegging u
u
Help die leerders om ’n gevolgtrekking te maak oor wat hulle uitgevind het. Hulle sal vind dat die hoeveelheid vloeistof of poeier in die lepel altyd 5ml is, maak nie saak watter vloeistof of poeier jy gebruik nie. Skryf die volgende vraag op die bord. Help die leerders om dit te beantwoord. Vra hulle dan om die vraag en die antwoord in hulle boeke af te skryf.
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? Een medisynelepel hou altyd ’n hoeveelheid van 5 ml, maak nie saak watter vloeistof of poeier ons gebruik nie. Die vloeistof of poeier neem ’n ruimte van 5 ml in die medisynelepel in beslag wanneer dit vol is. 12
6 Sleutelbegrippe g Ons meet vloeistowwe in eenhede wat milliliter (ml) genoem word. Dit is vir baie klein hoeveelhede vloeistof. g Ons meet ook vloeistowwe in eenhede wat liter (l) genoem word. Dit is vir groter hoeveelhede vloeistof. g Daar is 1 000 milliliter vloeistof in 1 liter. g Wanneer ons die hoeveelheid vloeistof meet, sê ons ons meet die volume van die vloeistof. Die volume sê vir ons hoeveel ruimte die hoeveelheid vloeistof in beslag neem. Die volume van ’n vloeistof word dus in milliliter en liter gemeet.
ONDERSOEK Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n vloeistof meet? Onderwysertaak Inleiding Stel die begrip volume bekend en verduidelik dit. Stel die eenhede (ml en l) vir die meet van volume bekend en verduidelik dit. Herinner jou leerders daaraan dat hierdie eenhede internasionaal gebruik word om volume te meet. Herinner jou leerders ook aan wat medisynelepels is en dat ’n medisynelepel 5 ml vloeistof hou.
Voorbereiding Berei jou leerders voor om ’n ondersoek uit te voer. Hulle moet uitwerk hoe om die hoeveelheid (volume) water wat verskillende houers sal volmaak, te meet.
Ondersoek Die doel van hierdie ondersoek is dat leerders die volgende doen: u Ervaar die grootte van verskillende volumes water. u Vind uit dat ’n groot volume uit veelvoude van kleiner volumes bestaan. Dit sal hulle help om kleiner eenhede na groter eenhede te begin herlei.
Apparaat Vir elke groep sal jy die volgende nodig hê: u plastiek-medisynelepels u ’n babakosbottel u ’n 500 ml-koeldrankbottel u ’n 1 l-plastiekmelkbottel u ’n 2 l-melkbottel u ’n tregter (Jy kan ’n koeldrankbottel sny om ’n tregter te maak.) u ’n bottel of beker water.
13
Inligting vir die onderwyser Sommige babakosbottels het mate daarop. Wys dit vir die leerders. Verduidelik dat ’n klein babakosbottel 100 ml vloeistof hou wanneer dit tot by die nek van die bottel vol is, nie tot by die deksel nie. ’n Bottel wat 100 ml hou, is ’n nuttige maat, want die leerders kan 20 van die 5 ml-medisynelepels water daarin sit om dit tot by die 100 ml-merk vol te maak. Hierdie bottels is ook nuttig om te gebruik, want as jy 500 ml-, 1 l- en 2 l-bottels daarmee volmaak, is die berekening maklik vir die leerders. Laat die leerders self uitwerk hoe hulle die hoeveelheid water in hulle houers gaan meet. Herinner hulle om versigtig te werk te gaan. Wanneer jy 500 ml-, 1 l- en 2 l-bottels vir hierdie aktiwiteit kies, moet jy probeer om melk- of sapbottels te gebruik, omdat die vloeistof daarin gewoonlik tot by die
Leerdertaak Ondersoek Sien bladsy 32 vir ’n leerdertaakkaart vir fotostatering. VOORSPEL
14
nek volgemaak word. Jy kan jou leerders se aandag daarop vestig. Dan kan jy sê hulle moet hulle bottels tot by die nek volmaak en daarna die berekening doen. In die geval van bottels wat vir gaskoeldrank gebruik word (soos Coke-bottels), word die vloeistof nié tot by die nek volgemaak nie, want daar word ’n ruimte gelaat sodat die vloeistof kan uitsit. As die leerders hierdie bottels gebruik en dit tot by die nek volmaak, sal hulle ’n bietjie meer as die 1 l of 2 l wat op die bottel staan, meet. Wanneer die leerders hulle eie ondersoek doen, kan hulle enige houer kies en dit tot by die nek volmaak. Dan kan hulle hul berekening doen. In ’n ondersoek kan jy baie verskillende houers en antwoorde van verskillende leerders verwag. Jy moet egter kontroleer dat hulle ’n geskikte metode gebruik het om te meet en dat hulle berekeninge korrek is.
Groepaktiweiteit
Meet en bereken die hoeveelheid water wat verskillende houers sal volmaak Onthou, 5 ml water kan 1 medisynelepel volmaak. Gebruik die water en houers om te meet hoeveel water elke houer sal volmaak. Teken jou bevindinge op. DOEN
TEL
BEREKEN
Hoeveel, dink jy, sal in Dit is wat jy moet die bottel pas? doen
Hoeveel het in die bottel Hoeveel water het gepas? jy gemeet? (ml of l)
Hoeveel medisynelepels water sal die babakosbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel medisynelepels water het dit geneem om die babakosbottel vol te maak?
Hoeveel water is nou in die babakosbottel?
Hoeveel babakosbottels water sal die klein sapbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel medisynelepels water het dit geneem om die klein sapbottel vol te maak?
Hoeveel water is daar nou in die klein sapbottel?
Hoeveel babakosbottels water sal die klein melkbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel babakosbottels water het dit geneem om die klein melkbottel vol te maak?
Hoeveel water is daar in die klein melkbottel?
Hoeveel babakosbottels water sal die groot melkbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel babakosbottels Hoeveel water is water het dit geneem om daar in die groot die groot melkbottel vol melkbottel? te maak?
Onderwysertaak
Vaslegging Kontroleer dat jou leerders die aktiwiteit uitgevoer het en die berekeninge korrek gedoen het. Maak seker hulle het hul tabel korrek ingevul en dat hulle antwoorde korrek is.
Leerdertaak
Skryftaak Skryf die volgende vrae op die bord. Help jou leerders om die vrae en die korrekte antwoorde in hulle boeke te skryf. Hulle kan die houer teken.
Ons het gemeet hoeveel vloeistof ons het 1. Hoeveel vloeistof het ons in ’n medisynelepel? Ons het ———————— vloeistof in ’n medisynelepel. 2. Hoeveel vloeistof het ons in ’n babakosbottel? Ons het ———————— vloeistof in ’n babakosbottel. 3. Hoeveel vloeistof het ons in ’n klein sapbottel? Ons het ———————— vloeistof in ’n klein sapbottel. 4. Hoeveel vloeistof het ons in ’n klein melkbottel? Ons het ———————— vloeistof in ’n klein melkbottel. 5. Hoeveel vloeistof het ons in groot melkbottel? Ons het ———————— vloeistof in ’n groot melkbottel.
15
Sien die assesseringstandaarde vir LU1 vir graad 4 op bladsy 46 & 47. Sien bladsy 33 vir die leerdertaakkaart vir fotostatering
Assesseringstaak vir LU1
ONDERSOEK Om te meet hoeveel water my houer sal volmaak
Die doel van hierdie ondersoek is dat leerders die volgende doen: u Werk ’n manier uit om te meet en te bereken hoeveel water ’n houer sal volmaak. u Voer die prosedure uit wat hulle beplan het deur klein meetinstrumente te gebruik. u Doen verslag oor die prosedure en die resultate wat verkry is.
Instruksies 1. Bring enige houer van die huis af. 2. Praat oor hoe jy kan uitvind hoeveel milliliter (ml) water in jou houer sal pas. 3. Voer jou plan uit. 4. Teken en skryf om te sê hoe jy uitgevind het. Voorgestelde tekening en skryfraam om die leerders te help opteken wat hulle gedoen het.
Dit is my houer:
Voorspel:
Ek dink my houer sal . . . . . . . hou. Dit is wat ek gedoen het: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .......................................... Doen:
Dit is die hoeveelheid water wat my houer volmaak: .......................................... Bereken:
Dit is hoe ek my berekeninge gedoen het: My antwoord is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . My voorspelling was reg/verkeerd. Was jou voorspelling goed? Verduidelik aan jou groep waarom jy so sê. 16
Assesseringstaak vir LU1 (vervolg)
Groepbesinning Onderwysertaak Hou ’n groepbespreking om die leerders te help om oor hulle ondersoek te besin. Gebruik die volgende vrae om hulle te help. 1. Vergelyk jou voorspelling en jou finale antwoord. Hoe goed was jou voorspelling? 2. Was dit maklik om die hoeveelheid vloeistof in jou houer te meet? Hoe akkuraat het jy gemeet? 3. Was dit maklik om akkuraat te meet? Wat was moeilik? 4. Hoe belangrik is dit om akkuraat te kan meet en bereken? 5. Wat sou jou gehelp het om akkurater te wees?
ASSESSERINGSKRITERIA Ondersoek: Om te meet hoeveel water my houer sal volmaak Assessering vir LU1
Assesseringstaak
Assesseringskriteria
Meet hoeveel water jou houer sal hou.
Leerders moet die volgende doen: u Bring ’n geskikte houer klas toe. u Maak ’n redelike voorspelling van die hoeveelheid water wat dit sal hou. u Werk ’n redelike en akkurate manier uit om uit te vind wat die houer se volume is deur bekende mate soos medisynelepels en klein bottels te gebruik. u Teken en beskryf ’n metode wat hulle begrip wys. u Wys enige berekeninge. u Vergelyk hulle antwoord en hulle voorspelling en besin oor die akkuraatheid van hulle voorspelling.
17
7
Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het?
Sleutelbegrippe g Die hoeveelheid
materie in ’n stof word die massa genoem. g Ons meet massa in gram (g) of kilogram (kg). g Ons kan die hoeveelheid materie (massa) in ’n stof meet deur ’n skaal (balans) te gebruik. Die maat wat gebruik word wanneer wetenskaplikes die hoeveel heid materie in ’n vaste stof, vloeistof of gas meet, word die massa genoem. Ons meet dit in eenhede wat gram (g) en kilogram (kg) genoem word. Ons gebruik gram (g) om klein hoeveelhede materie te meet en kilogram (kg) om groter hoeveelhede materie te meet.
Onderwysertaak
Inligting vir die ond
erwyser
Inleiding
In die vorige le erervaringe Praat met jou leerders oor wanneer ’n mens inkopies het ons die vo lu me of vir kos doen. Wys vir hulle sommige kosverpakking, ho eveelheid vloe istowwe en bv. van suiker, mieliemeel, meel, rys, tee, ens. poeiers gemee t. Die volume sê vir ons hoev eel ruimte iets in beslag neem. Wanneer ons eg ter massa E I meet, meet on N s O die POL hoeveelheid m aterie daarin. Byvoorbeeld, ’n baie groot stuk polistireen sal ’n groot volume hê, maa r sal ’n klein hoeveelheid m aterie (massa) daarin hê. ’n Kl ein stukkie lood sal ’n klei n volume hê, maar sal ’n ba ie groot hoeveelheid m aterie (massa) daarin hê. ’n Brood sal ’n klein massa hê, maar ’n ba ksteen sal ’n groot massa hê .
Vra jou leerders: u Wanneer ons suiker koop, hoe weet ons hoeveel suiker ons koop? (Vestig hulle aandag op die mate buite-op die verpakking en laat hulle dit lees.) u Het alle pakkies kos dieselfde hoeveelheid kos daarin? u Watter eenhede word op die pakkies gebruik om die kos te meet? u Watter eenhede word vir die groter hoeveelhede gebruik? u Watter eenhede word gebruik om die kleiner hoeveelhede te meet? Stel die woord massa aan die leerders bekend en verduidelik die begrip. Stel ook die eenhede g en kg bekend en verduidelik dit. Verduidelik hoe om massa te meet deur te demonstreer hoe om ’n skaal te gebruik. Wanneer ons ’n skaal gebruik, sit ons die goed wat ons meet aan die een kant en ’n bekende massa aan die ander kant. As die twee kante balanseer, is die massas dieselfde.
As hierdie merke in lyn is, is die skaal gebalanseer.
18
Skaal
Leerdertaak
Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? Gebruik ’n skaal om te meet hoeveel materie 6 medisynelepels hou. Bring ’n paar stowwe wat jy graag sal wil meet, van die huis af.
u u
Stof
rderSien lee vir t taakkaar g op erin fotostat 35. y blads
Watter hoeveelheid (volume) het jy? (ml)
6 medisynelepels rys
30ml
6 medisynelepels suiker
30ml
6 medisynelepels water
30ml
6 medisynelepels meel
30ml
6 medisynelepels sand
30ml
6 medisynelepels klippies
30ml
6 medisynelepels sout
30ml
6 medisynelepels tee
30ml
6 medisynelepels soutwater
30ml
6 medisynelepels olie
30ml
6 medisynelepels suikerwater
30ml
Hoeveel materie (massa) het jy? (g)
Vaslegging
Onderwysertaak
Maak ’n klasgrafiek saam met jou leerders om te wys hoeveel massa daar in 6 medisynelepels van verskillende soorte materie is. u Watter stof het die meeste materie (massa) in 6 medisynelepels? massa (g)
Massa (g)
Grafiek om die massa van 6 medisynelepels van verskillende soort materie te wys
rys u u u
suiker
water meel sand
klippe sout tee soutwater olie suikerwater
Watter stof het die minste materie (massa) in 6 medisynelepels? Het enige stowwe het dieselfde hoeveelheid materie (massa) in 6 medisynelepels? Het alle stowwe dieselfde hoeveelheid materie (massa)?
19
Voorgestelde skryfaktiwiteit
Moontlike sinne Vra jou leerders om prente in hulle boeke te teken en sinne te skryf oor wat hulle uitgevind het. Byvoorbeeld:
VERSKILLENDE STOWWE BEVAT VERSKILLENDE HOEVEELHEDE MATERIE Ses medisynelepels rys hou 100 g materie. Ses medisynelepels water hou 60 g materie. Ses medisynelepels ——————————— hou ——————— materie. Onderwysertaak
Vergelyk Wanneer ons dinge vergelyk, het ons die geleentheid om die woorde minder as, meer as en ewe veel of dieselfde as bekend te stel. Byvoorbeeld: u Die massa van die meel is minder as die massa van die olie. u Die massa van die suiker is meer as die massa van die meel. u Die massa van die sout is dieselfde as die massa van die sand.
Uitbreidingsleerdertaak
Meet die massa van ander voorwerpe Vra jou leerders om ander dinge klas toe te bring en die massa daarvan met behulp van ’n skaal te meet. Byvoorbeeld, hulle kan uitveërs, potlode, muntstukke, botteldoppies, klein klippies en enige ander klein voorwerpe bring. Probeer hulle sover kry om dinge van verskillende groottes te bring. Polistireenvoorwerpe werk goed, want selfs as die voorwerp groot is, het dit baie min massa. Metaal werk ook goed, want selfs klein stukkies metaal het ’n redelik hoë massa. Vra jou leerders om die massas van die voorwerpe op te teken en dan ’n staafgrafiek te trek om die voorwerpe van dié met die minste massa na dié met die meeste massa te orden.
Leerdertaak Meet die massa van verskillende voorwerpe t taakkaar Sien die tering op sta vir foto 7. bladsy 3
20
1. 2. 3. 4.
Bring ’n paar voorwerpe van die huis of skool af klas toe. Vind uit wat die massa van elke voorwerp is. Teken die massa op. Trek ’n staafgrafiek om die verskillende massas te wys. Begin met die kleinste massa, teken dan die massas in volgorde op en eindig met die grootste massa.
Teken die massa op Voorwerp (Teken of noem)
Massa (g) 4g
Grafiek om die verskillende voorwerp te wys
botteldoppie
Potlood
Uitveër
Liniaal
Vaslegging 1. Bespreek die volgende vrae met jou leerders. Verwys na die resultate van hulle afmetings om op die antwoorde te besluit. Vrae: u Het alle voorwerpe dieselfde hoeveelheid materie? u Het alle voorwerpe dieselfde massa? u Het groter voorwerpe altyd ’n groter massa? u Het kleiner voorwerpe altyd ’n kleiner massa? 2. Laat die leerders dan die vrae en antwoorde in hulle boeke skryf. 3. Skryf die gevolgtrekking saam met hulle.
Gevolgtrekking: Verskillende voorwerpe het verskillende hoeveelhede materie. Die hoeveelheid materie wat iets het, hang nie af van sy grootte nie. 21
8
Hoe meet ons die hoeveelheid gas wat ons het?
Sleutelbegrippe Onderwysertaak g ’n Gas bestaan uit deeltjies materie en ons kan dus die massa daarvan meet. g Dit is moeilik om die volume (hoeveelheid) van ’n gas te meet. Dit is so omdat ’n gas sal versprei totdat dit in enige grootte houer pas. Die volume van die gas verander afhangend van die grootte van die houer waarin dit is.
Dink na oor hoe om gasse te meet 1. Vra jou leerders: u Watter gasse gebruik ons in en om die huis? u Is dit ooit nodig om ’n gas te meet? Wanneer? u Hoe kan ’n mens meet hoeveel gas jy het, dink jy? Sal dit maklik wees om ’n gas te meet?
Vind meer uit oor hoe om gasse te meet 2. Vra jou leerders dan om uit te vind of die gas in gasbottels (bv. BPgas en Cadac-gas) in gram en kilogram of in milliliter en liter gemeet word. Hulle moet ook uitvind of ’n mens verskillende hoeveelhede gas kan koop, en dan ’n aantekening maak van die verskillende hoeveelhede gas wat ons kan koop. Die leerders kan na gasbottels tuis kyk of hulle kan by vulstasies en plekke waar gasbottels volgemaak word, uitvind.
Inligting vir die onderwyser
Die gas wat ons koop, word altyd in kilogram gemeet, en nie in liter nie. Dit is moeilik om die hoeveelheid (volume) van die gas te meet. Dit is omdat gas versprei tot dit die grootte van die houer waarin dit is, vul. As ’n sekere massa gas
in ’n klein houer gesit word, sal dit ’n klein volume hê. As dieselfde massa gas in ’n groter houer gesit word, sal dit versprei om die houer te vul, en die volume sal groot wees, al is dit nog dieselfde hoeveelheid materie.
Verduidelik
Onderwysertaak
1 kg gas
Trek die volgende diagram op die bord en verduidelik aan die leerders wat dit voorstel.
1 kg gas
1 kg gas
1 kg gas
Jy kan die volgende aan die leerders sê: Daar is dieselfde aantal deeltjies gas in elke houer. Jy kan hulle op die prent tel. Ons kan hulle in ’n klein houer indruk. Of ons kan hulle in ’n groter houer sit. As ons dieselfde aantal deeltjies gas in ’n groter houer sit, versprei hulle. Maar die aantal deeltjies bly dieselfde. Die hoeveelheid materie is dieselfde. Dit het dieselfde massa van 1 kg.
22
Wanneer ons gas koop, wil ons seker wees van die hoeveelheid gasmaterie waarvoor ons betaal. Die gas word dus in die bottel ingedruk (saamgepers) tot ’n sekere massa (gemeet in kg) bereik word. Dan weet jy dat wat jy koop, ’n sekere hoeveelheid van daardie gasmaterie is.
1 kg gas 5 kg gas
25 kg gas 45 kg gas
Kyk na ’n paar gasbottels
Leerdertaak
u u u
1 kg
90 kg gas
5 kg
Wat is die hoeveelheid gasmaterie in die bottels? Is daar verskillende grootte bottels? Hoeveel materie hou hierdie bottels? Teken en skryf om te verduidelik hoeveel gas is in die bottels waarna jy gekyk het.
2 5 kg
u
4 5 kg
9 0 kg
Hoe weet die persoon wat die bottels volmaak wanneer ’n bottel vol is?
Bespreek Die doel van hierdie bespreking is om die leerders vir die assesseringstaak vir LU3 voor te berei. Lei ’n klasbespreking deur vrae soos die volgende te vra: u Watter soort gasse gebruik ons in ons lewens? u Watter soorte toestelle (dinge) het gas nodig om te kan werk? u Waarom het hierdie toestelle gas nodig om te kan werk? u Waarom is hierdie toestelle nuttig vir ons? Hier is ’n paar voorbeelde van sulke toestelle: ’n fietspomp, ’n sokkerbal, ’n fiets- of motorband, ’n kompressor om bande op te pomp, ’n kompressor wat ’n lugboor aandryf, ’n bus se lugremme, die pomp van ’n Primus-stoof, ’n gasstoof waarop jy kos kook, ’n valskerm, ’n vlieër, ’n busdeur wat saamgeperste lug gebruik, ’n diepseeduiker se suurstoftenk, aërosolkannetjies, ens.
23
Sien die assesseringstandaarde vir LU3 vir graad 4 op bladsy 50 en sien ook die Leerdertaakkaart op bladsy 39 vir fotostatering.
Assesseringstaak
Assesseringstaak vir LU3 Die gasse in ons lewens – Ons gebruik gas om dinge te laat werk Die doel van hierdie assesseringstaak is dat leerders die volgende doen: u Verstaan hoe gasse in ons lewens gebruik word. u Identifiseer tegnologiese toestelle wat ’n gas gebruik om dit te laat werk. u Verduidelik die doel en nut van hierdie toestelle.
Leerderassesseringstaak vir LU3 Die gasse in ons lewens Ons gebruik gas om sekere dinge te laat werk. Toestelle wat gas gebruik, is nuttig vir ons. Bespreek 1. Dink na oor die plek waar jy woon. Is daar enige dinge wat ’n gas gebruik om te kan werk? Kyk by die huis 2. Kyk by die huis watter dinge ’n gas nodig het om te kan werk. Dink na oor hoe die gas elke ding laat werk 3. Verduidelik aan jou groep hoe elke ding werk. 4. Verduidelik waarvoor elke ding gebruik word. Doen 5. Teken en skryf oor die dinge wat ’n gas gebruik om te kan werk. Jy moet wys jy verstaan hoe gas elkeen van die dinge help om te werk. Jy moet ook wys hoe hierdie toestelle nuttig vir ons is.
ASSESSERINGSKRITERIA Assesseringstaak
Teken en skryf oor die dinge wat ’n gas gebruik om dit te laat werk.
24
Assesseringskriteria
Die leerder moet die volgende doen: u Verskaf geskikte voorbeelde van tegnologiese toestelle wat ’n gas gebruik om te kan werk, bv. ’n fietspomp, ’n sokkerbal, ’n fiets- of motorband, ’n kompressor om bande op te pomp, ’n kompressor wat ’n lugboor aandryf, ’n bus se lugremme, die pomp van ’n Primus-stoof, ’n gasstoof waarop jy kos kook, ’n valskerm, ’n vlieër, ’n busdeur wat saamgeperste lug gebruik, ’n diepseeduiker se suurstoftenks, aërosolkannetjies. u Verskaf inligting oor waarvoor hierdie toestelle gebruik word. u Wys ’n mate van begrip van die doel van die gas in die toestel. u Verskaf ’n geskikte opskrif. u Teken duidelik, skryf leesbaar en gebruik gepaste sleutelwoorde.
• Bespreek vrae oor die meet van medisyne
Leerervaring 4
Assesseringstaak vir LU2 • Leerders skryf en teken oor Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons? NB: Besluit wanneer om terugvoering oor assesseringstaak te gee.
Ondersoek • Leerdertaak: “Meet en bereken die hoeveelheid water wat in verskillende houers sal pas
PERIODE 11
PERIODE 12 • Vaslegging oor die meet van ’n hoeveelheid water • Leerderskryftaak oor “Ons het gemeet hoeveel vloeistof ons het“
PERIODE 14 Assesseringstaak vir LU1 Leerders ondersoek: Om te meet hoeveel water in my houer sal pas NB: Besluit wanneer om terugvoering oor assesseringstaak te gee.
PERIODE 13 • Kontroleer verbeteringe na skryftaak • Berei leerders voor vir assesseringstaak • Vra leerders om houers van die huis af te bring
Leerervaring 5 • Stel bekend: Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? • Demonstreer prosedure
• Leerdertaak: Watter hoeveelheid vloeistof of vaste stof het ons? • Vaslegging
PERIODE 8
PERIODE 7
PERIODE 6
Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? • Klasbespreking oor meting • Leerdertaak oor Meet medisyne
PERIODE 9
Leerervaring 3 Stel bekend: Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons? • Maak ’n klasuitstalling
• Leerders skryf en teken om hulle ondersoek op te teken
PERIODE 15
Leerervaring 6 • Stel bekend en ondersoek: Hoe meet ons die hoeveelheid van ’n vloeistof? • Stel bekend en verduidelik die meet van volume en eenhede • Bespreking oor apparaat
PERIODE 10
• Speel met woorde • Stel bekend: Voorwerpe met kombinasies van ’n vaste stof, vloeistof en gas • Berei leerders voor vir assesseringstaak – hulle moet voorwerpe van die huis af bring
• Leerderskryftaak oor Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons?
• Verduidelik eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
• Leerders sorteer, teken en skryf oor: Vaste stowwe, Vloeistowwe en Gasse. • Kontroleer hul sortering • Vaslegging • Vra leerders om voorbeelde vir ’n klasuitstalling te bring
Leerervaring 1 Stel bekend: Wat is materie
Leerervaring 2 Stel bekend: Wat is vaste stowwe, vloeistowwe en gasse • Wys voorbeelde
PERIODE 5
PERIODE 4
PERIODE 3
PERIODE 2
PERIODE 1
VOORGESTELDE WERKSKEMA
25
26
PERIODE 17
Leerervaring 7 • Stel bekend: Hoe kan ons die hoeveelheid materie wat ons het, meet? • Verduidelik die begrip massa en eenhede • Demonstreer hoe om ’n skaal te gebruik
PERIODE 22
Leerervaring 8 • Stel bekend: “Hoe kan ons die hoeveelheid gas wat ons het, meet? “ • Bespreking oor die meet van die hoeveelheid gas • Berei leerders voor om na gasbottels tuis te kyk
PERIODE 16
• Groepbesinning oor die akkuraatheid van die ondersoek.
PERIODE 21
Leerderuitbreidingstaak (vervolg) • Teken ’n grafiek • Vaslegging • Besprekingsvrae
PERIODE 24 • Berei leerders voor vir assesseringstaak • Bespreking oor toestelle wat met gas werk • Berei leerders voor om tuis te kyk na toestelle wat gas nodig het om te werk
• Leerders teken en skryf oor mate op gasbottels. • Verduidelik die hoeveelheid gasmaterie in verskillende groottes gasbottels.
Vaslegging • Leerderskryftaak om die massas van verskillende voorwerpe te vergelyk
PERIODE 19
PERIODE 23
Leerdertaak • Meet massa en optekening • Kontroleer meting en optekening
PERIODE 18
Assesseringstaak vir LU3 • Leerders doen assesseringstaak oor Die gasse in ons lewens NB: Besluit wanneer om terugvoering oor assesseringstaak te gee.
PERIODE 25
Leerderuitbreidingstaak • Meet die massa van ander voorwerpe Optekening
PERIODE 20
VOORGESTELDE WERKSKEMA (vervolg) Dit is ’n voorg werkske es m a. Daar telde aanvaar word da minute t periodes 50 lan jou eie k is. Maak aanpassi ngs.
Afdeling 2 Hulpmiddels vir onderwysers Taakkaarte vir fotostatering 1. Taakkaart 1.
Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse . . . . . . . . . . . . . . . .28
2. Taakkaart 2.
Assesseringstaak vir LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29
3. Taakkaart 3.
Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? . . .30
4. Taakkaart 4.
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? . . . . . . . . . . . . . . . . . .31
5. Taakkaart 5.
Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n vloeistof meet? . . . .32
6. Taakkaart 6.
Assesseringstaak – LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .33
7. Taakkaart 7.
Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? . . .35
8. Taakkaart 8.
Hoe meet ons die hoeveelheid gas wat ons het? . . . . . . .37
9. Taakkaart 9.
Assesseringstaak – LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39
Tradisionele storie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40
27
L EERDERTAAKKAART 1
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse Sorteer, teken en skryf 1. Sorteer die dinge in jou boks in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. 2. Skryf oor en teken prente om te wys watter dinge is vaste stowwe, watter dinge is vloeistowwe en watter dinge is gasse. VASTE STOWWE
VLOEISTOWWE
Wat kan alle vaste stowwe doen?
Wat kan alle vloeistowwe doen?
Wat kan alle gasse doen?
u Alle vaste stowwe behou
u Alle vloeistowwe kan geskink
u Alle gasse neem die vorm van
hulle vorm.
word. u Alle vloeistowwe neem die vorm
van die houer aan.
28
GASSE
hulle houer aan. u Alle gasse kan in die lug
ontsnap.
A SSESSERINGSTAAKKAART
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons? Leerderassesseringstaak vir LU2 Sommige dinge om ons is ’n kombinasie van vaste stof, vloeistof en gas.
Instruksies 1. Bring van jou huis soveel moontlik dinge wat ’n kombinasie van ’n vaste stof, ’n vloeistof en ’n gas is. Verduidelik die vaste stof, vloeistof en gas in elke ding aan jou groep. 2. Skryf oor en teken die vaste stowwe, vloeistowwe en gasse wat jy saamgebring het in jou boek. Jou skryfwerk en tekeninge moet alles wys wat jy oor vaste stowwe, vloeistowwe en gasse verstaan. Gebruik sommige van die woorde uit die woordspeletjie wanneer jy skryf.
29
L EERDERTAAKKAART 3
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? Meet medisyne 1. Bring ’n paar leë medisyneboksies en -bottels saam klas toe. Kry die aanwysings wat saam met dit kom. Soms is daar ’n stukkie papier met aanwysings binne-in die boksie. 2. Lees die aanwysings en vind uit hoeveel medisyne gebruik moet word. 3. Maak dan ’n lys soos hierdie een in jou boek:
NAAM VAN MEDISYNE
DOSIS: HOEVEELHEID MEDISYNE Vir ’n kind
Vir ’n volwassene
Panado-stroop Panado-tablette Grandpa-poeiers Borstal Eno Bespreek Bespreek hierdie vrae in jou groep:
Vrae: 1. Waarom moet ons sommige medisyne meet voor ons dit drink? 2. Waarom is die dosis verskillend vir kinders en vir volwassenes? 3. Wat sal gebeur as ’n kind ’n volwassene se dosis gegee word? 4. Wat sal gebeur as ’n volwassene ’n kind se dosis gegee word? 5. Hoe vind ’n mens uit wat die dosis van ’n medisyne is?
30
L EERDERTAAKKAART 4
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? Meet die hoeveelheid vloeistof of vaste stof in ’n medisynelepel Hoeveel water is daar in een teelepel? 1. Neem 1 medisynelepel water. 2. Trek dit in ’n spuit op. 3. Lees hoeveel water in die spuit is. Volume = 4. Spuit die vloeistof in die spuit in ’n maatsilinder. 5. Lees hoeveel water in die maatsilinder is. Volume = Gebruik dieselfde prosedure om medisynelepels van ander vloeistowwe te meet.
Teken op Vloeistof
Spuit
Maatsilinder
1 lepel . . . . . . . . . . .
volume = . . . .ml
volume = . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . . . .
volume = . . . .ml
volume = . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . . . . .
volume = . . . .ml
volume = . . . . . .ml
Gebruik nou dieselfde prosedure om medisynelepels poeier te meet. Jy sal nie die poeier in die spuit kan optrek nie, maar sal dit moet ingooi. Poeier
Spuit
Maatsilinder
1 lepel . . . . . . . . . . .
volume = . . . .ml
volume = . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . . . .
volume = . . . .ml
volume = . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . . . .
volume = . . . .ml
volume = . . . . . .ml
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? .................................................................... .................................................................... ....................................................................
31
L EERDERTAAKKAART 5
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Ondersoek Groepaktiwiteit Meet en bereken die hoeveelheid water
wat verskillende houers sal volmaak u Onthou, 5 ml water kan 1 medisynelepel volmaak. u Gebruik die water en houers om te meet hoeveel water elke houer sal
volmaak. u Teken jou bevindinge op.
VOORSPEL
32
DOEN
TEL
BEREKEN
Hoeveel, dink jy, sal in Dit is wat jy moet die bottel pas? doen
Hoeveel het in die bottel gepas?
Hoeveel water het jy gemeet? (ml of l)
Hoeveel medisynelepels water sal die babakosbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel medisynelepels water het dit geneem om die babakosbottel vol te maak?
Hoeveel water is nou in die babakosbottel?
Hoeveel babakosbottels water sal die klein sapbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel medisynelepels water het dit geneem om die klein sapbottel vol te maak?
Hoeveel water is daar nou in die klein sapbottel?
Hoeveel babakosbottels water sal die klein melkbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel babakosbottels water het dit geneem om die klein melkbottel vol te maak?
Hoeveel water is daar in die klein melkbottel?
Hoeveel babakosbottels water sal die groot melkbottel volmaak?
Gooi water in.
Hoeveel babakosbottels water het dit geneem om die groot melkbottel vol te maak?
Hoeveel water is daar in die groot melkbottel?
L EERDERTAAKKAART 6
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Ondersoek Hoeveel water sal my houer volmaak? Leerderassesseringstaak vir LU1 Om te meet hoeveel water my houer sal volmaak 1. 2. 3. 4.
Bring enige houer van die huis af. Praat oor hoe jy kan uitvind hoeveel milliliter (ml) water in jou houer sal pas. Voer jou plan uit. Teken en skryf om te sê hoe jy uitgevind het.
Dit is my houer:
Voorspel:
Ek dink my houer sal . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . hou. Doen:
Dit is wat ek gedoen het: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ......................................................... ......................................................... ......................................................... ......................................................... Bereken:
Dit is hoe ek my berekeninge gedoen het: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ......................................................... Dit is die hoeveelheid water wat my houer volmaak: . . . . . . . . . . . . . . . . . . My voorspelling was reg/verkeerd. Was jou voorspelling goed? Verduidelik aan jou groep waarom jy so sê. 33
Leerderassesseringstaak (vervolg) Groepbesinning Bespreek hierdie vrae met jou groep Hierdie vrae sal jou help om na te dink oor wat jy gedoen het. 1. Vergelyk jou voorspelling en jou finale antwoord. Hoe goed was jou voorspelling? 2. Was dit maklik om die hoeveelheid vloeistof in jou houer te meet? Hoe akkuraat het jy gemeet? 3. Was dit maklik om akkuraat te meet? Wat was moeilik? 4. Hoe belangrik is dit om akkuraat te kan meet en bereken? 5. Wat sou jou gehelp het om akkurater te wees?
34
L EERDERTAAKKAART 7
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? 1. Teken ’n prent van ’n skaal om te wys wanneer die massas aan albei kante balanseer. 2. Gebruik ’n skaal om te meet hoeveel materie 6 medisynelepels hou. 3. Bring ’n paar stowwe wat jy graag sal wil meet, van die huis af.
Skaal
MEET Stof
6 medisynelepels
Watter hoeveelheid (volume) het jy? (ml)
Hoeveel materie (massa) het jy? (g)
rys
6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . . 6 medisynelepels . . . . . . . . . . .
35
Grafiek om te wys hoeveel massa daar in 6 medisynelepels vol materie is
massa (g)
y
x
rys 6 teelepels materie
Vrae oor jou grafiek
36
u
Watter stof het die meeste materie in 6 medisynelepels?
u
Watter stof het die minste materie in 6 medisynelepels?
u
Het enige stowwe het dieselfde hoeveelheid materie in 6 medisynelepels?
u
Het alle stowwe dieselfde hoeveelheid materie?
L EERDERTAAKKAART 8
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Meet die massa van verskillende voorwerpe 1. 2. 3. 4.
Bring ’n paar voorwerpe van die huis of skool af klas toe. Vind uit wat die massa van elke voorwerp is. Teken die massa op. Trek ’n grafiek om die verskillende massas te wys. Begin met die kleinste massa, teken dan die massas in volgorde op en eindig met die grootste massa.
Teken die massa op Voorwerp (Teken of noem)
Massa (g)
massa (g)
Grafiek om die massa van verskillende voorwerpe te wys y
verskillende voorwerpe
x 37
Vrae u
Het alle voorwerpe dieselfde hoeveelheid materie?
u
Het alle voorwerpe dieselfde massa?
u
Het groter voorwerpe altyd ’n groter massa?
u
Het kleiner voorwerpe altyd ’n kleiner massa?
Gevolgtrekking Verskillende voorwerpe het verskillende hoeveelhede materie. Die hoeveelheid materie wat iets het, hang nie af van sy grootte nie.
38
L EERDERTAAKKAART 9
TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING
Die gasse in ons lewens Leerderassesseringstaak vir LU3 u Ons gebruik gas om sekere dinge te laat werk. u Toestelle wat gas gebruik, is nuttig vir ons.
Bespreek 1. Dink na oor die plek waar jy woon. Is daar enige dinge wat ’n gas gebruik om te kan werk?
Kyk by die huis 2. Kyk by die huis watter dinge ’n gas nodig het om te kan werk. Dink na oor hoe die gas elke ding laat werk 3. Verduidelik aan jou groep hoe elke ding werk. 4. Verduidelik waarvoor elke ding gebruik word.
Doen 5. Teken en skryf oor die dinge wat ’n gas gebruik om te kan werk. Jy moet wys jy verstaan hoe gas elkeen van die dinge help om te werk. Jy moet ook wys hoe hierdie toestelle nuttig vir ons is.
39
Tradisionele storie Umgwebi uSokhetye Kwathi kekaloku ngantsomi, kwakukho iimpuku ezimbini. Zaye zangena ndlwini ithile zagqogqa, zagqugqisa zifuna ezingakutyayo. ‘Yiza uzekubona. Nasi isonka samasi! Esingaka sona! Sizakutya sonele!’ Yasebeza yatsho enye ibiza ugxa wayo. Zazama ukwahlulelana ngesisonka kodwa suka zaxabana. ‘Hayi suka ucinga ukuba ndingafumana isonka esingaka ukubasincinane ndakugqiba ukuza necebo lokuya kuzingela?’ Yatsho enye impuku ingonelisekanga sisabelo sayo. ‘uNotshe! Ndim osibhaqileyo esi sonka samasi. Ndimele ukufumana isixa esikhulu kunawe!’ yatsho le mpuku iligqabi ngumsindo. ‘Khawukhe ume ngomsindomfondini. Ndicinga ukuba khesiye kumgwebi u Sokhetye asisombululele le ntsumantsumane.’ Zanduluka zigxalathelana ukusinga kwaSokhetye. Zifike zawubeka umcimbi kuSokhetye umgwebi omkhulu. ‘Ndinikeni isonka eso, ndinahlulele ngokulinganayo kuba ibe imiyizamo yenu nobabini ukuze nisifumane esisonka samasi’ Wasithabatha isonka umgwebi waluma amaqhekeza amabini wawabeka esikalini sakhe. Kuthe kuba lamaqhekeza ebe engalingani, wazama ukuwalinganisa ngokuthi alume afake kuye emlonyeni. Waqhuba ezama ukuwalinganisa. Grenye-grenye watsho ngomkhulu umthamo, wafaka emlonyeni. ‘Yoo! Saphela isonka sethu madoda! Sinike Mgwebi nokuba azilingani,’ bakhale batsho oompukwazana, batsho basithi hlasi isonka sabo samasi babaleka naso.
Die Groot Regter Oorvertel deur Nontsikelelo Mahote Eendag was daar twee baie honger klein muisies. Hulle gaan toe na die boer se huis om kos te soek. “Kom kyk,” fluister die een. “Hier’s ’n lekker stuk kaas. Dis so groot dat ons ons trommeldik kan eet!” Die twee muise probeer die kaas deel, maar begin gou stry. “Ek moet meer kry! Dit was my plan om hier na die boer se huis te kom!” sê die een. “Maar ek het die kaas gevind. Ek moet ’n groter stuk kry!” sê die ander een kwaad. “Wag, ek het ’n plan. Kom ons gaan na die Groot Regter om ons argument op te los,” stel die een voor. Hulle gaan toe met die stukke kaas na die Groot Regter. Hy luister aandagtig na die twee muise wat sommer weer begin stry terwyl hulle vertel wat hul probleem is. Die Groot Regter raas met hulle omdat hulle hul vriendskap oor ’n stuk kaas wil verwoes. Toe sit die Groot Regter albei stukke kaas op ’n skaal. “Hmm ... hmm ... hmm.” Hy neem ’n hap kaas uit die een stuk terwyl hy probeer om dit te laat balanseer. Een kant van die skaal gaan op. Toe neem hy ’n hap uit die ander stuk kaas om die twee stukke te laat balanseer. “Nee! Nee! Hou op! U eet ons kaas op! Gee dit terug, asseblief, al is dit ewe groot!” skree die twee muise. En hulle gryp die kaas wat oor is en hardloop saam weg – elkeen met ’n stuk kaas onder die blad.
40
Afdeling 3 Uittreksels uit die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe Graad R–9 1. Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale (NK) . . . . . . . . . . . 43–45 2. Uitkomste en assesseringstandaarde (NK) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 46–51
41
Notas
42
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)
KERNKENNIS EN -BEGRIPPE IN MATERIE EN MATERIALE Eienskappe en Gebruike van Materiale
Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale
Samevattende stelling: Ons kan materiaal/stowwe volgens die eienskappe daarvan klassifiseer ten einde soorte en patrone te bepaal. Eienskappe bepaal die seleksie van materiaal vir spesifieke doeleindes.
Samevattende stelling: Ons kan stowwe op verskillende maniere wysig na aanleiding van ons begrip van die substruktuur daarvan.
Grondslagfase 1 Verskillende stowwe het verskillende eienskappe, soos tekstuur, kleur, sterkte en gewig, en kan volgens hierdie eienskappe geklassifiseer word. Ons maak dinge uit die materiaal of stowwe wat die eienskappe besit wat ons wil hê.
2 Stowwe kan gemeng word en soms kan veranderings gesien word, bv. die oplossing van ’n vaste stof of nuwe kleure wanneer voedselkleurstowwe of verf gemeng word.
Intermediêre Fase 1 Suiwer stowwe het ’n smelttemperatuur en ’n kooktemperatuur wat kenmerkend van elke stof is, en wat help om die stof te identifiseer. 2 Materiaal/stowwe word geëvalueer en geklassifiseer volgens die eienskappe daarvan (soos hardheid, buigbaarheid, hittegeleidings- of isolasievermoë, elektriese geleidings- of isolasievermoë, of dit gemagnetiseer kan word, oplosbaarheid en of dit roes). 3 Hoofklasse stowwe is metale, keramiek (insluitend glas) en polimere (insluitend plastiek en vesel). In saamgestelde stowwe word die eienskappe van twee of meer soorte materiaal/stowwe gekombineer.
4 Party veranderings in stowwe is tydelik, maar ander veranderings is permanent. 5 Stowwe verander wanneer dit energie as hitte ontvang of verloor. Hierdie veranderings sluit inkrimping en uitsetting, smelting, verdamping, kondensasie en stolling in. (Skakel met Energie en Verandering.) 6 Die oplos van ’n stof in ’n oplosmiddel hang af van veranderlikes wat die oplossnelheid affekteer.
Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale
43
Natuurwetenskappe
Eienskappe en Gebruike van Materiale
Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale Senior Fase
1 Stowwe in verskillende toestande het onderskeidende eienskappe soos kristalagtige strukture, saampersbaarheid/onsaampersbaarheid, of die neiging om te versprei. 2 Donkerkleurige oppervlakke word warmer as ligkleurige oppervlakke wanneer dit aan uitstralende energiebronne soos die son blootgestel word. Donkerkleurige voorwerpe straal hul energie geredeliker as hitte uit as blink, ligkleurige voorwerpe. (Skakel met Energie en Verandering.) 3 Sommige soorte materiaal word deur elektriese strome of magnete gemagnetiseer. Sommige soorte materiaal kan elektries gelaai word deur dit met ’n ander soort materiaal te vryf. (Skakel met Energie en Verandering.) 4 Sommige geleiers en stroombaankomponente verminder die stroom in ’n elektriese stroombaan betekenisvol. Dit word resistors genoem. Resistors kan geselekteer of ontwerp word om strome te beheer. 5 ’n Suiwer stof kan nie in verskillende stowwe geskei word nie, terwyl ’n mengsel geskei kan word, gewoonlik deur fisiese middele. Verskille in eienskappe kan gebruik word om mengsels van verskillende stowwe te skei (deur metodes soos filtrasie, distillasie, verdamping, chromatografie of magnetisme).
9 ’n Deeltjiemodel van materie kan fisiese veranderings van stowwe, soos smelting, verdamping, kondensasie, diffusie en verwarming deur geleiding, verklaar. 10 Baie huishoudelike stowwe is suur of alkalies. Indikators is stowwe wat met sure en oplosbare alkalië (basisse) reageer om produkte met onderskeidende kleure te produseer. Sure en alkalië neutraliseer mekaar om soute te vorm. Sure het kenmerkende reaksies met metale, metaaloksiede, hidroksiede en karbonate. 11 Baie chemiese reaksies het energie nodig om te begin en baie chemiese reaksies stel energie vry wanneer dit plaasvind. 12 Elemente bestaan uit slegs een soort atoom, terwyl verbindings uit twee of meer soorte atome in vaste verhoudings gevorm word. Elemente kan reageer om verbindings te vorm, en verbindings kan tot die elemente daarvan ontbind. Energie-inset is nodig om ’n verbinding in sy elemente op te breek, terwyl energie vrygestel word wanneer elemente reageer om ’n verbinding te vorm.
Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale
44
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)
Eienskappe en Gebruike van Materiale
Struktuur, Reaksies en Veranderings van Materiale
6 Spesifieke gasse kan van die lug geskei word of in reaksies geproduseer word, en kan baie gebruike in die nywerheidsektor en ander sektore van die ekonomie hê. Suurstof, waterstof, en koolstofdioksied het kenmerkende eienskappe en reaksies waardeur dit geïdentifiseer kan word. 7 Die verkryging of ontginning van nuttige materiaal uit grondstowwe hang af van chemiese reaksies en metodes van skeiding. 8 Grondstowwe, waarvan verwerkte materiaal gemaak word, moet ontgin, gekweek of van ander lande ingevoer word. Grondstowwe wat ontgin word, is nie-hernubaar en mynbou kan skade aan die omgewing aanrig. Die kweek van grondstowwe behels keuses oor die gebruik van bewerkbare grond en wateropvanggebiede.
13 Suurstof het kenmerkende reaksies met metale en niemetale, waardeur oksiede gevorm word. Sommige van hierdie oksiede los in water op om suur- of alkaliese oplossings te vorm. Sommige metale reageer geredeliker met suurstof as ander metale. Korrosie (roes) van yster is ’n ekonomies belangrike reaksie wat voorkom kan word deur begrip van die reaksies tussen yster, water en suurstof. 14 Die reaksie van suurstof met kos stel energie vry in die selle van lewende dinge. (Skakel met Die Lewe en Lewende Dinge.) (Daar is geen verder kernkennisstellings vir Materie en Materiale in hierdie fase nie.)
Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale
45
Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Graad R-vlak
Graad 1-vlak
Graad 2-vlak
Graad 3-vlak
Graad 4-vlak
Leerder beplan ’n ondersoek as deel van ’n groep.
Leerder gebruik die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer.
Leerder dra idees oor bekende situasies, behoeftes of materiaal by en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoek kan lei.
Leerder neem konstruktief aan die aktiwiteit deel en verstaan die doel daarvan.
Leerder ondersoek die moontlikhede in beskikbare materiaal en vind uit hoe dit gebruik kan word.
Beplanning van ondersoek Leerder dra by tot die beplanning van ’n ondersoekende aktiwiteit.
Leerder beplan ’n ondersoek onafhanklik.
Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder neem deel aan beplande aktiwiteit.
Leerder neem onafhanklik deel aan ’n beplande aktiwiteit.
Leerder neem onafhanklik of as deel van ’n groep deel aan beplande aktiwiteit.
Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder dink en praat oor wat gedoen is.
62
46
Leerder dink oor wat gedoen is en sê wat uitgevind is.
Leerder wys en verduidelik wat beplan is en hoe dit gedoen is.
Leerder verduidelik en dink na oor watter optrede beplan is en of dit moontlik was om hierdie plan uit te voer.
Leerder praat oor waarnemings en stel moontlike skakels met ander situasies voor.
Graad 5-vlak
Graad 6-vlak
Graad 7-vlak
Graad 8-vlak
Graad 9-vlak
Leerder beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak.
Leerder identifiseer faktore wat in ondersoek in ag geneem moet word en beplan maniere om data daaroor te versamel, oor ’n verskeidenheid waardes heen.
Leerder beplan ’n prosedure om voorspellings of hipoteses te toets, met beheer van ’n steurende veranderlike.
Leerder versamel en teken inligting aan, so akkuraat as wat toerusting toelaat en ondersoekdoeleindes vereis.
Leerder dra by tot stelselmatige dataversameling ten opsigte van akkuraatheid, betroubaarheid en die nodigheid om ’n veranderlike te beheer.
Beplanning van ondersoek Leerder lys, met bystand, wat bekend is oor bekende situasies en materiaal en stel vrae vir ondersoek voor.
Leerder help om fokusvrae vir ondersoek duidelik te maak en beskryf die soort inligting wat benodig sal word om die vraag te beantwoord.
Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder voer instruksies en prosedures uit wat ’n klein aantal stappe behels.
Leerder voer eenvoudige toetse of opnames uit en teken waarnemings of reaksies aan.
Leerder organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.
Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder doen verslag oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is.
Leerder bring waarnemings en reaksies in verband met die fokusvraag.
Leerder veralgemeen ten opsigte van die relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.
Leerder dink na oor die mate waarin die gevolgtrekkings wat bereik is, redelike antwoorde op die fokusvraag van die ondersoek is.
Leerder soek patrone en tendense in die data wat versamel is en veralgemeen ten opsigte van eenvoudige beginsels.
63
47
Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Graad 4-vlak
Graad 5-vlak
Graad 6-vlak
Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.
Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om kenmerke van voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.
Leerder beskryf, ten minste, die kenmerke wat een kategorie dinge van ’n ander onderskei.
Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van ’n sigbare eienskap.
Leerder skep eie kategorieë voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.
Leerder kategoriseer voorwerpe en organismes na aanleiding van twee veranderlikes.
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)
Leerder interpreteer, ten minste, inligting deur alternatiewe vorme van dieselfde inligting te gebruik.
Interpretasie van inligting (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)
Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)
48 64
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 6 nie.)
Graad 7-vlak
Graad 8-vlak
Graad 9-vlak
Onthouvan betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.
Leerder onthou, ten minste, prosedures, prosesse en komplekse feite.
Leerder onthou, ten minste, beginsels, prosesse en modelle.
Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.
Leerder pas klassifikasiestelsels op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.
Leerder pas veelvuldige klassifikasies op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.
Leerder interpreteer inligting deur getabuleerde data na grafieke te verander, deur data van grafieke af te lees en deur voorspellings na aanleiding van patrone te maak.
Leerder interpreteer inligting deur lyngrafieke na teksbeskrywings te verander, en omgekeerd, deur uit patrone in tabelle en grafieke te ekstrapoleer om te voorspel hoe een veranderlike sal verander, deur verbande tussen veranderlikes in tabelle en grafieke te identifiseer, en deur moontlike verbande tussen veranderlikes te hipoteseer (veronderstel).
Interpretasie van inligting Leerder interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks).
Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie Leerder pas konseptuele kennis toe deur ’n begrip wat onderrig is met ’n variasie van ’n soortgelyke situasie in verband te bring.
Leerder pas konseptuele kennis op ietwat onbekende situasies toe deur na gepaste begrippe en prosesse te verwys.
Leerder pas beginsels toe en bring relevante begrippe in verband met mekaar om oplossings vir ietwat onbekende probleme te ontwikkel.
49 65
Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Graad 4-vlak
Graad 5-vlak
Graad 6-vlak
Begrip van wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis Leerder beskryf hoe plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het en steeds gebruik.
Leerder identifiseer maniere waarop produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is.
Leerder beskryf ooreenkomste in probleme en oplossings in eie en ander samelewings in die hede, die verlede en moontlik in die toekoms.
Begrip van die impak van wetenskap en tegnologie op die omgewing en op mense se lewens Leerderidentifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle rondom hom of haar, en sê wat die doel en nut daarvan is.
Leerder identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.
Leerder stel maniere voor om tegnologiese produkte en prosesse te verbeter en om die negatiewe uitwerking daarvan op die omgewing te verminder.
Herkenning van vooroordeel in wetenskap en tegnologie wat mense se lewens raak Leerder identifiseer probleme wat sommige mense moontlik met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê.
50
Leerder beskryf die uitwerking wat ’n gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.
Leerder stel maniere voor waarop tegnologiese produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir diegene wat tans daarvan uitgesluit is.
Graad 7-vlak
Graad 8-vlak
Graad 9-vlak
Begrip van wetenskap as ’n menslike aktiwiteit in kulturele kontekste Leerder vergelyk verskillende interpretasies van gebeurtenisse.
Leerder identifiseer maniere waarop mense selfvertroue in hul kennisstelsels opbou.
Leerder herken verskille in verduidelikings wat deur die natuurwetenskappe en ander verduidelikingstelsels gebied word.
Begrip van die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne Leerder ontleed inligting oor volhoubare en onvolhoubare gebruik van hulpbronne.
Leerder identifiseer inligting wat vereis word om ’n mening oor die gebruik van hulpbronne uit te spreek.
Leerder reageer gepas op kennis oor die gebruik van hulpbronne en die uitwerking op die omgewing.
51
WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME TRUST (PSP) Die Western Cape Primary Science Programme (PSP) is reeds werksaam sedert 1985. Die PSP is ’n indiens-onderwysorganisasie wat daarop gerig is om die gehalte van onderrig en leer in die mees benadeelde laerskole te verbeter. Ons ontwikkel onderwysers se kennis en vaardighede en ondersteun hulle in hul werk met leerders. Ons fokus op die kritieke leerareas Natuurwetenskappe (insluitend Omgewingsonderrig), Tale, Wiskunde en Sosiale Wetenskappe. Die PSP bied 'n verskeidenheid kursusse aan, ontwikkel leerervarings saam met onderwysers en verleen ondersteuning in hul klasse. Gebaseer op hierdie interaksie met onderwysers, lewer die PSP vernuwende leermateriaal, insluitend onderwysergidse, leerdertaakkaarte en materiaal om uit te stal. Al ons materiaal is in toeganklike taal geskryf en bevat 'n noukeurige progressie van begrippe, talle aktiwiteite en ondersoeke asook goeie voorstelle vir assessering. Die PSP het 'n visie van uitnemende laerskoolonderrig vir al die kinders van Suid-Afrika, waar alle opvoeders uitstekende vaardighede het, toegewyd en vol selfvertroue is, en goed voorbereid en toegerus is om klas te gee. Kontak ons vir verdere inligting. Western Cape Primary Science Programme (PSP) Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg Philippi 7785 Posbus 24158 Lansdowne 7779 Suid-Afrika Tel: 021 691 9039 Faks: 021 691 6350 E-pos:
[email protected] Webtuiste: www.psp.org.za NPO: 015-822 Registrasienommer: IT2806/99