Die Lewe En Lewende Dinge [graad 6 Afrikaans]

  • Uploaded by: Primary Science Programme
  • 0
  • 0
  • May 2020
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Die Lewe En Lewende Dinge [graad 6 Afrikaans] as PDF for free.

More details

  • Words: 21,426
  • Pages: 91
L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page i

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME ’n Voorbeeld van ’n leerervaring in die Natuurwetenskappe

DIE LEWE EN LEWENDE DINGE Graad 6 Ons almal is afhanklik van plante 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig? Plante gee aan ons kos en ander goed Watter kos kry ons van plante? Hoe kry plante hul kos? Plante maak hul eie kos in ’n proses wat fotosintese genoem word Toets ’n groen blaar vir stysel Styselagtige kos is ons stapelvoedsel Ons sê dankie vir ons kos Tuisgemaakte kos en verwerkte kos Eet ’n gebalanseerde dieet

© Western Cape Primary Science Programme (PSP)

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page a

’n Voorbeeld van ’n leerervaring in die Natuurwetenskappe

DIE LEWE EN LEWENDE DINGE Grade 6

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asseblief erkenning aan PSP.

© PSP 2007

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page b

Rasionaal Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom die inhoudsveld Die lewe en lewende dinge te ondersteun. Dit is nie ’n volledige werkskedule nie. Dit is ’n voorbeeld van ’n leerervaring. Dit bied moontlikhede vir onderwysers om ander leerervaringe in te sluit en dit verder uit te brei en te ontwikkel. Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy te werk kan gaan om die drie leeruitkomste in die Natuurwetenskappe-leerarea van die NKV te bereik. LU1:Wetenskaplike Ondersoek A

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

LU2: Konstruksie van Wetenskapkennis A

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

LU3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing A

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Ons weet dat kinders van nature weetgierig en oplettend is. Kinders leer oor die wêreld deur waar te neem, vrae te vra en sin van hul ervaring te probeer maak. Wetenskaponderrig behoort hierdie natuurlike neigings toe te laat om te ontwikkel. Moedig jou leerders aan om vrae te vra. Vrae is ’n geleentheid om die klas by waarnemings en besprekings te betrek. In Wetenskap wil ons hê leerders moet die volgende doen: A ontwikkel ’n lewendige weetgierigheid oor die wêreld om hulle A stel vrae met selfvertroue A bring hul vrae in verband met wat hulle in hul tuisomgewing en in die wêreld waarneem. Dit kan lei tot ’n ryke omgewing om in te dink, te praat en te skryf. Kinders met hierdie weetgierigheid sal leer en sal ook in skeppende mense ontwikkel.

Assessering Die assesseringstake in hierdie groep leerervaringe skakel direk met die NKV-leeruitkomste. Dit is ontwerp om leerders aan te moedig om te wys wat hulle weet en dink en om hul vrae op te teken en aan jou te wys. Kursusse aangebied deur Wendy Hitchcock, Nontsikelelo Mahote, Nadiema Gamieldien en Rose Thomas Boekie ontwerp deur Welma Odendaal Illustrasies deur Wendy Hitchcock, Janet Ranson en Nicci Cairns Vertaling deur Ronél Gouws

Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg, Philippi, 7785 Posbus 24158, Lansdowne, 7779, Suid-Afrika Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 E-pos: [email protected]

Webtuiste: www.psp.org.za Erkenning aan PetroSA

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page c

lnhoud AFDELING 1 Leerervaringe...................................................................................................................... 3-42 Ons almal is afhanklik van plante Assesseringstake LU2 Verstaan die proses van fotosintese . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .13 LU1 Ondersoek stapelvoedsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 23 LU3 Maak beter koskeuses . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 39 Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 44

AFDELING 2 Onderwyserhulpmiddels .................................................................................................... 45 Leerdertaakkaarte om te fotokopieer Taakkaart 1 Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig? . . . . . . . . . . . . . .46 Taakkaart 2 Watter soorte kos kry ons van plante? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .48 Taakkaart 3 Sorg vir ons kosplante . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 49

Assesseringstaak vir LU 2 Verstaan die proses van fotosintese ............................................................................... 51 Taakkaart 4 Skryf ’n resep vir fotosintese . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 53 Taakkaart 5 Toets ’n groen blaar vir stysel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .54 Taakkaart 6 Toets verskillende soorte kos vir stysel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .55

Assesseringstaak vir LU1 Ondersoek stapelvoedsel .................................................................................................... 57 Taakkaart 7 Ontleed tuisgemaakte maaltye . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 60 Taakkaart 8 Vergelyk tuisgemaakte kos met verwerkte kos . . . . . . . . . . . . . . . . . . 63

Assesseringstaak vir LU3 Maak beter koskeuses .......................................................................................................... 65 Taakkaart 9 Besin oor Die Lewe en Lewende Dinge . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 67 Inligting oor GM voedsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 68 Gedig in isiXhosa: Umnga . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .69 Storie in Afrikaans: Dirkie Mens en Snytjie Brood . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 70

Onderrighulpmiddels vir fotosintese .............................................................................73

AFDELING 3 Uittreksels uit die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe Graad R-7 .................................................................................................................................. 76 Kernkennis en -begrippe vir Die lewe en lewende dinge (NKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . .77-81 Leeruitkomste en assesseringstandaarde (NKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 82-87

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page d

AFDELING 1 Ons almal is afhanklik van plante 1. Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3 2. Plante gee aan ons kos en ander goed . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .5 3. Watter kos kry ons van plante? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6 4. Hoe kry plante hul kos? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .9 5. Plante maak hul eie kos in ’n proses wat fotosintese genoem word . . . . . . . .11

Assesseringstaak vir LU2: Verstaan die proses van fotosintese 6. Toets ’n groen blaar vir stysel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .17 7. Styselagtige kossoorte is ons stapelvoedsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .20

Assesseringstaak vir LU1: Ondersoek stapelvoedsel 8. Ons sê dankie vir ons kos . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .28 9. Tuisgemaakte kos en verwerkte kos . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29 10.Eet ’n gebalanseerde dieet . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .38

Assesseringstaak vir LU3: Maak beter koskeuses Leesstukke: Luukse kos en siektes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .42 Die geheime van Afrika-vroue . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .43 Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .44

L&L Gr6 AFR

2/22/07

1

8:41 AM

Page 3

Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig?

Sleutelbegrippe M

M

M

Daar is sewe lewensprosesse: beweging, voortplanting, sintuiglikheid, groei, respirasie, uitskeiding, voeding. Alle lewende organismes voer hierdie sewe lewensprosesse uit. Om ons lewensprosesse uit te voer, het ons kos, water en lug nodig.

Onderwysertaak Inleiding 1. Vra: Wat doen alle lewende dinge? Moedig alle antwoorde aan, maar lei leerders om hul voorbeelde met die sewe lewensprosesse in verband te bring. LEWENSPROSES Algemene voorbeelde wat leerders kan gee Beweging

Beweeg na lig, kos of water; loop; hardloop; swem; vlieg

Voortplanting (reproduksie)

Kry kleintjies/babas; lê eiers; maak saad

Sintuiglikheid

Sien, voel, voel pyn, proe, hoor, ruik

Groei

Raak groter; groei

Asemhaling (respirasie)

Haal asem; gebruik lug

Uitskeiding

Urineer, sweet

Voeding

Eet, drink, kou, sluk

2. Verduidelik dat alle lewende dinge hierdie sewe lewensprosesse uitvoer om aan die lewe te bly. Vra: Wat het lewende dinge nodig om hierdie prosesse uit te voer? Gebruik die prent hieronder in die bespreking. 3. ’n Maklike manier om die lewensprosesse te onthou is om die eerste letter van elke proses te gebruik (BUSVRAG). 4. Teken ’n prent van ’n kind op die bord en skryf die sewe prosesse om die

Beweging

Wat het my liggaam nodig om die lewensprosesse uit te voer?

Uitskeiding

VOEDING Kos vir GROEI en VOORTPLANTING

Sintuiglikheid Voeding Asemhaling (Respirasie)

Reproduksie (Voorplanting) Groei

Water vir my selle en bloed

eina!

SINTUIGLIKHEID sodat ek kan voel

Energie vir BEWEGING Suurstof vir ASEMHALING

Water vir UITSKEIDING (sweet en urine)

3

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 4

leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 46. prent. Leerders sê wat hulle nodig het om elke proses uit te voer.

Leerdertaakkaart 1

Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig? Kyk na die prent “Wat het my liggaam nodig om die lewensprosesse uit te voer?”. Maak seker jy weet wat elke lewensproses is. Skryf sinne om te verduidelik wat jou liggaam nodig het om elke proses uit te voer.

BEWEGING

My liggaam moet kos eet en verteer vir energie. Ek gebruik die energie om te beweeg. My liggaam het ruimte nodig om in te beweeg. Dit het ook oefening nodig om my bene en spiere sterk te maak sodat dit al die beweging kan doen wat ek sal gebruik. RESPIRASIE

My liggaam moet skoon lug wat suurstof bevat, inasem. SINTUIGLIKHEID

Ek gebruik my sintuie om dinge in die wêreld om my te ruik, te proe, te tas (voel), te sien en te hoor. My sintuie help my om my kos te ruik en te proe. Ek gebruik my tassintuig om pyn te vermy en om te weet wanneer ek myself seermaak. GROEI

My liggaam het gesonde kos nodig om behoorlik te groei, onder andere proteïene, stysel en vars vrugte en groente. VOORTPLANTING

My liggaam het gesonde kos nodig om behoorlik te groei en te ontwikkel sodat ek eendag ’n lewensmaat kan kry en kinders kan hê. UITSKEIDING

My liggaam het baie water nodig sodat my niere urine (piepie) kan maak en my vel kan sweet. VOEDING

My liggaam moet kos eet en verteer om energie te kry. My liggaam het gesonde kos en ’n gebalanseerde dieet nodig om te groei en gesond te bly.

Vaslegging Leerders voer die sewe lewensprosesse in hul groepe op.

4

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 5

Plante gee aan ons kos en ander goed

2 Sleutelbegrippe M

M

Plante gee aan diere kos om te eet en suurstof om in te asem. Ons kry baie produkte van plante.

Onderwysertaak 1. Bespreek waarom plante so belangrik in ons lewens is. Gebruik opskrifte uit die kopkaart hieronder. 2. Vra waarvoor ons plante nodig het. Elke leerder skryf een idee op ’n stukkie papier. 3. Neem al die stukkies papier in en gebruik dit om ’n groot kopkaart te maak. 4. Vra die klas om hul idees onder die verskillende opskrifte te rangskik. In die diagram is daar ’n paar subopskrifte wat jy vir die kopkaart kan gebruik. Dit is slegs voorstelle – jy kan jou eie of die leerders se idees gebruik en enige tyd nuwe idees byvoeg.

KOSMETIEK MEDISYNE I Parfuum I Aspirien KOS I Kruiegeneesmiddels I Handeroom I Brood I Sonskerm I Aartappels I Kruie WAAROM PLANTE BRANDSTOF NOODSAAKLIK IN MY I Hout LEWE IS SKUILING I Hout om huise te bou I Meubels HOUTPULP I Papier I Toiletpapier

KLERE I Katoen

SUIWER DIE LUG I Maak suurstof I Gebruik koolsuurgas MAAK MOOI I Tuine I Blomme HABITAT/EKOSISTEEM I Stabiliseer grond I Huise en kos vir diere

INDUSTRIëLE GEBRUIKE I Rubber vir bande, rek I Chemikalieë soos alkohol en verf I Kleursel

5. Leerders kan die kopkaart in hul boeke oorskryf.

5

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 6

3 Sleutelbegrippe M M

M

M

M

6

Alle diere is afhanklik van plante vir kos. Sommige diere eet ander diere wat plante as kos geëet het. Mense kry party soorte kos van plante en ander van diere. Mense maak staat op kos wat van net ’n paar belangrike plante kom. Sommige soorte kos word stapelvoedsel genoem. Stapelvoedsel is die kos wat ons die meeste van ons energie gee om te lewe. Rys, mieliemeel en koring is belangrike soorte stapelvoedsel.

Watter kos kry ons van plante? Onderwysertaak 1. Leerders skryf die kossoorte neer wat hulle eet. 2. Gebruik die tabel om vas te stel wat hulle eet en vind uit van watter plant elke kossoort kom. Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 48.

Leerdertaakkaart 2

Watter kos kry ons van plante? Watter soort kos eet jy gereeld?

Van watter plante kom hierdie kos?

Slaptjips, fyn aartappel

Aartappels

Brood

Koringplant (ook rogplant)

Slaai

Tamatieplant, komkommerplant, kropslaaiplant, uieplant

Witsuiker, stroop, lekkers

Suikerriet

Kool

Koolplant

Lensies, boontjies of keker-ertjies

Boontjieplant

Sjokolade

Kakaoplant

Olie

Sonneblom, kanola, olyfboom

Tee

Teestruik

Spinasie

Spinasieplant

Ui

Uieplant

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 7

3. Lees die inligting wat volg of help leerders om dit vir mekaar te lees.

Leerdertaakkaart 3

Sorg vir ons kosplante Kos vir ons liggame Om gesond te bly, moet ons ’n gebalanseerde dieet eet. ’n Gebalanseerde dieet bevat kos uit die belangrikste groepe. Die belangrikste voedselgroepe is koolhidrate, proteïene, minerale en vitamiene, vette en olies, en vesel. M Koolhidrate gee ons energie. Ons kry dit van styselagtige kos soos brood, rys en aartappels. M Proteïene help ons bene om te groei. Ons kry dit van kos soos vleis, eiers, melk, boontjies en neute. M Minerale en vitamiene kom voor in vrugte en groente. Dit help ons om teen siektes te veg. M Vette en olies help ons vel en hare om gesond te bly. Ons kry dit van botter, margarien, olie en neute. M Vesel help ons spysvertering. Dit is die harde deel van plante soos appels, seldery en koring. Stapelvoedsel Regdeur die wêreld word die belangrikste kos wat mense eet, hul stapelvoedsel genoem. Stapelvoedsel verskaf aan mense die belangrikste koolhidrate (styselagtige kos) van hul dieet vir elke dag. Stapelvoedsel is styselagtige kos wat ons energie gee. Sommige van die belangrike soorte stapelvoedsel in die wêreld is rys, mieliemeel en koring. Op die meeste plekke eet mense die stapelvoedsel wat die maklikste in hul omgewing groei. In Suid-Afrika is ons stapelvoedsel mieliemeel, koring en aartappels. In Wes-Afrika is kassawe en jam die stapelvoedsel. In Asië is rys ’n gewilde stapelvoedsel. Sorghum, hawer en patats is ook stapelvoedsel in sommige dele van die wêreld waar dit groei. Mense wat in stede woon, kan ’n verskeidenheid soorte stapelvoedsel van oor die hele wêreld in winkels koop en dit dan eet. Gras voed die wêreld! Amper al die stapelvoedsel kom van plante wat aan die grasfamilie behoort. Mieliemeel, koring, rys, hawer, rog, gort en sorghum kom almal van soorte grasse. Die suikerrietplant is ook ’n soort gras. Ons kry ook ons vleis en melk indirek van gras omdat beeste, bokke en skape almal gras vreet. Tradisionele kossoorte Tradisionele kossoorte kom van plaaslike gewasse. Boere versamel elke jaar die saad van hul oes om dit die volgende seisoen weer te plant. Dit help hulle om die spesifieke soort plant te laat aanhou groei. Sommige tradisionele kossoorte groei wild en saai hulleself, byvoorbeeld wildespinasie (umfino), maroelavrugte, turksvye, msobasoba-bessies, suurvye en swartbessies groei almal wild. Tradisionele kossoorte kan aan ons belangrike minerale en voedingstowwe verskaf. Die kos in winkels is nie so vars nie. Wanneer kos verpak en vervoer word, verloor dit ’n groot deel van die minerale en voedingstowwe daarin. Verbeter die oes Boere probeer dikwels die hoeveelheid kos wat hulle kan oes, verhoog. Hulle sit mis of bemesting in die grond om hul gewasse mineraalsoute te gee. Hulle gebruik ook chemikalieë om peste en siektes, wat die plante kan aanval, te beheer. Ons almal is afhanklik van boere regdeur die wêreld om vir ons kosplante te sorg. Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 49.

7

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 8

4. Leerders beantwoord die volgende vrae oor die leesstuk. a) Wat is stapelvoedsel?

Dit is die kos wat die belangrikste deel van ons dieet vorm. b) Watter belangrike voedselgroep kom in alle stapelvoedsel voor? Waarvoor het ons dit nodig?

Koolhidrate (of stysel) kom in alle stapelvoedsel voor. Ons het stysel vir energie nodig. c) Watter familie plante verskaf die meeste van die wêreld se stapelvoedsel?

Stapelvoedsel kom veral voor in plante wat aan die grasfamilie behoort, byvoorbeeld mieliemeel, koring en rys. d) Wat bedoel ons met ’n tradisionele soort kos?

’n Tradisionele kossoort groei gewoonlik na aan die plek waar mense woon. e) Wat doen boere om die hoeveelheid kos wat hulle kan oes, te verhoog?

Hulle voeg bemesting en kompos by die grond en behandel die plante met gif om siektes dood te maak. f) Noem ’n paar tradisionele kossoorte wat wild groei. Sê watter jy al geëet het.

Tradisionele kossoorte wat wild groei: maroelavrugte, swartbessies, wildespinasie. (Leerders se antwoorde sal verskil na aanleiding van wat hulle al geëet het.)

Vaslegging Lei ’n klasbespreking oor die volgende vrae: M Die wêreld se bevolking is afhanklik van slegs ’n paar soorte plante vir amper al ons kos. Is dit ’n probleem of nie? M Waarom moet ons vir ons tradisionele kosplante sorg en dit aanhou kweek? M Sal ons sonder plante kan lewe? M Wie moet na ons kosplante en hul saad kyk? Moet dit die groot maatskappye wees? Moet dit die wêreld se regerings wees? Moet dit die boere wees? Moet dit die wetenskaplikes wees? Waarom? Maak seker leerders verstaan dat ons nie kan lewe sonder die plante wat kos aan ons gee nie.

8

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 9

4

Hoe kry plante hul kos?

Sleutelbegrippe M M M

Plante het energie nodig om te groei. Plante kry nie energiekos uit die grond nie. Plante kry net water en mineraalsoute uit die grond.

Onderwysertaak 1. Bring ’n plant in ’n pot skool toe sodat die leerders daarna kan kyk. 2. Verduidelik die volgende inligting aan die klas. Ons weet diere en mense het kos nodig om te groei. In die verlede het mense gedink dat plante hul kos uit die grond kry. Nou weet ons dat plante hul eie kos maak. Onthou, die voedselgroepe is koolhidrate, proteïene, vette en olies, en vitamiene. Plante kan dit nie uit die grond kry nie. Plante het net mineraalsoute en water uit die grond nodig om hulle hul eie kos te help maak.

Van Helmont se eksperiment In 1577 het ’n man met die naam Jan Baptista van Helmont oor vyf jaar ’n eksperiment gedoen waarin hy ’n klein plantjie tot ’n groot plant laat groei het deur dit niks behalwe water te gee nie. Hy het die plant en die grond aan die begin geweeg en toe die plant en die grond weer na vyf jaar geweeg. Hy het gesien dat die grond dieselfde geweeg het, maar die plant het groter geword. Na vyf jaar was die plant se massa 76 kg. Die grond het nog dieselfde massa as aan die begin gehad. Waar het die plant genoeg kos (energie) gekry om so groot te groei?

Wat het plante nodig om te groei? 5 jaar later slegs water is bygevoeg

KLEIN PLANTJIE: 90 kg droë grond; plant weeg 2 kg.

PLANT HET GROOT GEWORD 90 kg droë grond; plant weeg nou 76 kg.

9

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 10

3. Teken ’n prent soos dié in Van Helmont se eksperiment. 4. Vra: Wat moet ons die klein plantjie gee om dit ’n groot plant te laat word? Wat moet ons dit gee: M Water? M Sonlig? M Nog grond? M Bemesting? M Mineraalsoute uit die grond? M Enigiets anders? Sal jy kan groei as jy net water en grond gegee word om van te lewe? 5. Hou ’n klasbespreking oor hierdie vrae. M Wat het Van Helmont met sy eksperiment probeer bewys?

Hy het probeer bewys dat die plant kos uit die grond kry. M Wat het hy ontdek?

Hy het uitgevind dat die gewig van die grond nie verander het nie en dat die plant dus nie die grond “geëet” het nie. Plante groei beter as ons die grond kos gee. Hierdie grondkos word kompos of humus genoem. Dit stel stadig minerale in die water in die grond vry. Ons kan ook die grond chemiese bemesting gee. Dit is gekonsentreerde vorms van mineraalsoute. Plante kan nie hul energie uit hierdie mineraalsoute kry nie.

M Waarom was sy resultate ’n verrassing?

Mense het geweet dat diere plante of ander diere eet om energie te kry en mense het aanvaar dat plante op dieselfde manier grond “eet”. M Waar, dink jy, kry plante hul kos en energie?

Plante maak hul eie kos.

Vaslegging Leerders maak ’n plakkaat van alles wat ’n plant nodig het om te groei.

10

L&L Gr6 AFR

2/22/07

5

8:41 AM

Page 11

Plante maak hul eie kos in ’n proses wat fotosintese genoem word

Sleutelbegrippe M

M M

M

M

Plante maak hul eie kos (stysel) gedurende ’n proses wat fotosintese genoem word. Fotosintese vind in die selle van groen blare plaas. Gedurende fotosintese maak die plant glukosesuiker deur sonligenergie, koolsuurgas en water te gebruik. Plante verander ook glukosesuiker na stysel, wat hulle in hul wortels, blare en stingels stoor. Gedurende fotosintese gebruik die plant koolsuurgas en skei suurstof in die atmosfeer af.

Onderwysertaak Verduidelik fotosintese 1. Die diagram en die inligting hieronder is ’n opsomming van die proses van fotosintese. Gebruik hierdie diagram om ’n uitstalling op die bord of muur te maak om te verduidelik hoe plante hul eie kos deur fotosintese maak. Verduidelik die proses noukeurig. Daar is ’n verduideliking op die volgende bladsye.

Fotosintese

Ligenergie Blare stel suurstof (O2) vry

Blare gebruik koolsuurgas (CO2). Blare maak glukose en stysel

Diere en mense stel koolsuurgas (CO2) vry

Diere en mense gebruik suurstof (O2).

. .

Water en mineraalsoute

11

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 12

Fotosintese Fotosintese beteken om kos op te bou deur ligenergie te gebruik. Die woord fotosintese kom van die woorde “foto”, wat lig beteken, en “sintese”, wat beteken om iets te maak. Fotosintese is wat plante doen om kos te maak deur ligenergie te gebruik. Amper 200 jaar na Van Helmont se eksperiment het wetenskaplikes uitgevind dat groen plante hul eie kos maak. Die blare neem water en koolsuurgas uit die lug en gebruik die energie van sonlig om glukosesuiker en stysel te maak. Ons noem hierdie proses fotosintese. Fotosintese is ’n chemiese reaksie wat in groen blare plaasvind.

Suurstof (O2) en koolsuurgas (CO2) Gedurende fotosintese skei plante die gas suurstof af. Al die suurstof in die lug kom van fotosintese. Mense en diere het suurstof nodig om te kan asemhaal. Ons kan nie sonder plante en fotosintese lewe nie. Ons asem koolsuurgas uit, wat giftig vir ons is. Plante gebruik dit egter weer gedurende fotosintese.

Plante is die enigste organismes wat hul eie kos kan maak Plante is die enigste organismes wat ligenergie van die son kan absorbeer en dit na chemiese energie in die vorm van glukose kan verander, wat deur diere gebruik kan word.

Opsomming Fotosintese is ’n chemiese reaksie. Ons skryf dit soos dit: Water + koolsuurgas + sonligenergie R glukosesuiker + suurstof H2O + CO2 + sonligenergie R C6H12O6 + O2

Plante is die enigste lewende dinge wat hul eie kos maak. Alle ander lewende dinge is afhanklik van plante vir hul kos.

Groen plante neem water, sonlig en koolsuurgas en gebruik dit om kos te maak. In die proses skei plante suurstof af in die atmosfeer.

Dus is groen plante die enigste lewende dinge wat kos kan maak? Dis reg. Mense en diere kan nie glukose en stysel maak nie. Selfs fabrieke kan dit nie doen nie. Sonder plante sal ons geen kos, geen brandstof en geen suurstof hê nie. 12

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Leerdertaak

Page 13

Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 51.

Assesseringstaak vir LU2

Verstaan die proses van fotosintese A. Lees en bespreek In die sonlig Groen plante absorbeer ligenergie van die son. In die wortels Die wortels neem water en mineraalsoute uit die grond in die plant op.

In die blare Blare absorbeer die gas koolsuurgas. Plante maak ’n soort kos wat glukosesuiker genoem word. Dan verander die plante glukosesuiker na stysel sodat hulle dit kan stoor. Blare skei suurstof in die lug af.

In die plant Plante stoor die sonligenergie as kos (stysel) in hul blomme, saad, vrugte, wortels, blare en stingels.

In die omgewing Mense en diere eet plante vir kos. Mense en diere asem koolsuurgas uit. Mense en diere asem suurstof in.

13

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 14

B. Gebruik die tekening hieronder of maak jou eie om die proses van fotosintese te verduidelik. Maak pyltjies op jou tekening om te wys: M waarheen sonligenergie gaan M waarheen water en mineraalsoute gaan M waarheen koolsuurgas gaan M waarheen suurstof gaan M waar die plant glukosesuiker en stysel maak.

C. Skryf ’n paar sinne om te verduidelik waarom fotosintese belangrik vir die lewe op aarde is. Fotosintese produseer stysel en glukose vir alle lewende dinge. Fotosintese gebruik koolsuurgas en gee aan ons suurstof om in te asem. Plante is die enigste dinge wat hul eie kos maak. Alle lewe is afhanklik van plante en fotosintese.

14

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 15

Voorgestelde riglyne vir die assessering van LU2 Verstaan die proses van fotosintese Assesseringstaak

Assesseringskriteria: LU2

Teken ’n prent van plante en diere (of gebruik die Die leerder moet die volgende doen: gegewe prent) om die vloei van stowwe Maak ’n duidelike tekening met pyltjies wat in die gedurende fotosintese aan te dui korrekte rigting wys om die volgende te toon: I sonligenergie vanaf die son na plante I water en mineraalsoute uit die grond na die wortels van die plant I koolsuurgas van diere en mense na die blaar I suurstof vanaf die blaar na diere en mense I stysel van plante na mense en diere. Skryf ’n paar sinne om te verduidelik waarom fotosintese belangrik is

Om ’n kode 4-assessering te kry (80%)

Toon die korrekte begrip van die volgende feite: I Net plante kan hul eie kos deur fotosintese maak. Mense en diere is ook afhanklik van daardie kos. I Plante gebruik CO2 uit die lug, water en mineraalsoute uit die grond en sonligenergie om glukosesuiker en stysel te maak. I Alle diere en mense kry suurstof van plante. I Plante gebruik die giftige CO2 in die lug. I Gee besonder volledige, korrekte en duidelike verduidelikings van fotosintese.

Vaslegging 1. Vra leerders om ’n resep vir fotosintese te skryf.

15

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 16

Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 53.

Leerdertaakkaart 4 Skryf ’n resep vir fotosintese Verbeel jou jy is ’n ou plant wat aan ’n jong plant vertel hoe om stysel te maak.

’n Resep vir stysel Hoe om glukose en stysel te maak Bestanddele Watter stowwe het jy nodig om hierdie kos te maak?

Water, koolsuurgas, sonlig en chlorofil Metode Watter stappe moet jy volg om die kos te maak?

1. Neem water uit die grond deur jou wortels in. 2. Neem koolsuurgas uit die lug in jou blare in. 3. Laat die sonlig op jou blare skyn. 4. Gebruik water, koolsuurgas en sonenergie om glukosesuikers te maak. 5. Verbind die glukosesuikers om stysel te maak. Vrae a) Wat bly oor na die plant glukose en stysel gemaak het?

Suurstof b) Waarheen gaan hierdie stof wat oorbly en wie gebruik dit?

Suurstof gaan in die lug in; mense en diere gebruik dit om asem te haal. c) Waar maak die plant sy kos?

Die plant maak sy kos in die groen blare.

16

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 17

6 Sleutelbegrippe M

M

M

M

Fotosintese vind in groen blare plaas wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Gedurende fotosintese maak die blaar glukosesuiker en verander dit in stysel wat die plant maklik kan stoor. Glukosesuiker is oplosbaar (kan oplos) in water, maar stysel is makliker om te stoor omdat dit onoplosbaar (kan nie oplos nie) is. Ons kan vir die teenwoordigheid van stysel in plante toets deur ’n jodiumoplossing te gebruik.

Toets ’n groen blaar vir stysel Onderwysertaak Inleiding 1. Herinner leerders dat alle lewende dinge van selle gemaak is en dat elke blaar uit miljoene selle bestaan. 2. Verduidelik dat fotosintese in die selle van groen blare plaasvind. Die blare vang die ligenergie van die son vas en verander dit na chemiese energie wat in die glukose en stysel gestoor word. Stysel en glukose is voedingstowwe omdat dit chemiese energie bevat. 3. Verduidelik dat ons ’n blaar vir stysel kan toets. As daar stysel in ’n blaar is, sê dit vir ons dat fotosintese plaasgevind het. Demonstreer die positiewe styseltoets op ’n stuk gesnyde aartappel. Wys hoe ’n druppel jodium se kleur van bruin na pers, blouswart of swart verander wanneer stysel teenwoordig is. 4. Werk saam met die leerders deur die taak. Lees dan die gedig oor kosfabrieke saam met die klas.

strooitjie

bruin jodiumoplossing

gesnyde aartappel jodium word swart

Voorbereiding 5. Berei stelle toerusting vir groepe voor om die eksperiment te doen (soos geïllustreer in Taakkaart 5). Probeer die eksperiment voor die tyd doen om uit te vind watter blare ’n goeie, positiewe resultaat toon. Jy benodig: M ’n klein flessie (soos waarin babakos was) M ’n polistireenkoppie M etanol of brandspiritus M ’n ketel om water te kook M ’n jodiumoplossing en ’n drupper M waspapier wat in vierkante gesny is (of plastiek-roomysdekseltjies). Leerders sal ’n blaar van ’n plant wat ’n paar uur in die son was, moet pluk.

17

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 18

VEILIGHEIDSMAATREËL!

Leerdertaakkaart 5

Moenie naby ’n oop vlam met etanol of brandspiritus werk nie. Dit is hoogs ontvlambaar en kan ontplof.

Toets ’n groen blaar vir stysel Volg die instruksies in die diagramme regs. Beantwoord dan die vrae wat volg. 1. Sit ’n blaar in ’n babakosflessie, bedek dit met kookwater en los dit vir twee minute. Kookwater vernietig die selle se membrane. 1 2. Sit die blaar in ’n babakosflessie en bedek dit met brandspiritus (of etanol). Die brandspiritus verwyder die groen chlorofil uit die blaar. Die blaar moet na ’n rukkie wit of bleekgroen en hard wees. 2&3 3. Sit die babakosflessie in ’n polistireenkoppie met kookwater. 4. Doop die blaar in warm water. Warm water maak die blaar weer sag. 5. Sit die blaar op ’n vierkant waspapier (of plastiekdeksel) en sit ’n druppel jodiumoplossing daarop. Die jodium sal swart word waar daar stysel teenwoordig is.

Vaslegging

b) Hoe het ons geweet dat daar stysel in die blaar is?

babakosflessie blaar warm water brandspiritus

polistireenkoppie met kookwater

4

1. Leerders beantwoord die volgende vrae. a) Het ons stysel gevind in die blare wat ons getoets het?

Ja

kookwater

5

doop in warm water jodiumoplossing

Die jodium het positief getoets. c) Wat doen jodium wanneer daar stysel teenwoordig is?

Dit raak swartpers. d) Waar maak plante hul kos?

In hul blare Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 54.

18

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 19

Kosfabrieke Groen plante is besige fabrieke wat ons almal aan die lewe hou. Sonder hulle het ons g’n flenter vleis en g’n heuning soet soos môredou. Die energie van Vader Son se lig maak ons almal fris, gesond en sterk. Maar dit sal niemand enigsins baat sonder plante wat dit kan verwerk. Met elke asemteug wat ons neem, kry ons suurstof jaar na jaar. Maar tog te maklik vergeet ons gou: sonder plante is ons in lewensgevaar. Al dink ons dus ons is so slim, tel ons verstand ’n ronde nul as ons vergeet ons ganse bestaan is net mooi niks sonder chlorofil. Verwerk uit: Nature poems & puzzles, Jill Cadle

Chlorofil is die chemikalie wat blare groen maak. Fotosintese vind net in groen blare plaas.

19

L&L Gr6 AFR

2/22/07

7

8:41 AM

Page 20

Styselagtige kossoorte is ons stapelvoedsel

Sleutelbegrippe M

M

M M

M

Plante maak stysel. Stysel word ook koolhidraatkos genoem. Plante kan stysel in verskillende dele van die plant stoor. Sommige kossoorte bevat stysel. Jodium verander van bruin na donkerpers of swart wanneer stysel teenwoordig is. Die kos wat die meeste stysel bevat en die belangrikste deel van ons dieet vorm, word stapelvoedsel genoem.

Onderwysertaak Inleiding 1. Verduidelik die volgende inligting aan die leerders. Plante maak baie verskillende stowwe Gedurende fotosintese maak plante ’n suikerige vloeistof wat glukose genoem word. In die blare verander die plant glukose na stysel (’n koolhidraat) en stoor dit. Chemiese reaksies in die plant se selle kan ook glukose en stysel na ander stowwe soos proteïene, olie, vitamiene en vesel verander. Plante kan ook gifstowwe of chemikalieë maak wat die vel irriteer om te keer dat diere hul blare eet, byvoorbeeld brandrissieplante maak ’n chemikalie wat jou vel laat brand.

Kos bevat gewoonlik ’n mengsel van voedingstowwe Alle kos van plante bevat ’n mengsel van die belangrikste voedselgroepe – proteïene, stysel, suiker, olie, vitamiene en vesel. Alle kos bevat sommige van hierdie voedselgroepe. Water bevat geeneen van hierdie voedselgroepe nie; dus noem ons dit nie kos nie. Sommige soorte kos bevat baie van een van die voedselgroepe. Byvoorbeeld, boontjies bevat baie proteïene. Mielies bevat weer baie stysel. Die soorte kos wat meestal stysel (koolhidraat) bevat, word ons stapelvoedsel genoem. Ons stapelvoedsel vorm gewoonlik die grootste deel van ons dieet. Ons het stapelvoedsel nodig omdat die stysel daarin ons energie gee.

Toets verskillende soorte kos vir stysel 2. Vra die leerders voor die les om verskillende soorte kos van die huis af te bring, byvoorbeeld gaar rys, graankos, pap, brood, wortels, meel, vrugte. Bring voorbeelde van die volgende soorte kos vir jou leerders om te toets: M aartappel M suiker M hardgekookte eier M gaar boontjies M kaas M meel M kookolie M mielieblom (Maizena).

20

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 21

Aan die onderwyser Jy kan ’n jodiumoplossing by ’n apteek koop. Wanneer jy die toets vir stysel doen, moet jy elke kosmonster op ’n afsonderlike plastiekdekseltjie sit om te keer dat dié wat stysel bevat, dié sonder stysel besmet. Moenie papierborde, karton, papierhanddoek of enige ander papierprodukte in jou toets gebruik nie, want dit bevat stysel en sal veroorsaak dat die toets die verkeerde resultate toon.

3. Verskaf klein plastiekdekseltjies sodat elke monster kos sy eie deksel het. Jy sal ook ’n jodiumoplossing in klein botteltjies en stukkies strooitjies om as druppers te gebruik, nodig hê. 4. Verduidelik aan die klas dat sommige van die kos wat ons eet, stysel bevat. Kyk na die verskeidenheid kosmonsters en vra die klas watter kos hulle dink stysel bevat. 5. Verduidelik dat ’n jodiumoplossing van bruin na pers, swart of blouswart verander wanneer stysel teenwoordig is. Demonstreer hoe om ’n klein monster kos met een druppel jodium op ’n gesnyde aartappel te toets. Vra die leerders om in groepe te werk om die kosmonsters vir stysel te toets en om Leerdertaakkaart 6 te voltooi. Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 55.

Leerdertaakkaart 6

Toets verskillende soorte kos vir stysel A. Maak voorspellings 1. Watter kleur is jou jodiumoplossing? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2. Watter kleur sal jou jodium word wanneer jy dit op ’n styselagtige kos drup? .................................................................... 3. Maak ’n lys van die soorte kos wat jy dink stysel bevat. .................................................................... .................................................................... ....................................................................

B. Toets verskillende soorte kos 1. Sit ’n klein monster van elke soort kos op ’n plastiekdeksel en maak seker dat die verskillende soorte kos nie aan mekaar raak nie. 2. Toets elke kos met ’n druppel jodium. Moenie met die drupper aan die kos raak nie, want dit kan die ander kosmonsters besmet. 3. Teken jou waarnemings in die tabel op die volgende bladsy aan.

21

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 22

Leerdertaakkaart 6 (vervolg)

Kos

Kleur na Is stysel Plant waarvan dit kom jodium teenwoordig? bygevoeg is

Mielieblom (Maizena)

Mieliesaad of mielieplant

Swart

Suiker

Stingel van suikerrietplant

Bruin

Kaas

Melk van beeste wat gras gevoer word

Bruin

Meel

Saad van koringplant

Swart

Ja

Eierwit

Hoenders wat mielies gevoer word

Bruin

Nee

Kookolie

Sonneblomsaad

Bruin

Nee

Aartappel

Aartappelplant

Swart

Ja

Gaar boontjies

Saad van boontjieplant

Swart

Ja

Brood

Saad van koringplant

Swart

Ja

Rys

Saad van rysplant

Swart

Ja

Hawermoutpap

Saad van hawerplant

Swart

Ja

Pasta

Saad van koringplant

Swart

Ja

Piesang

Vrugte van piesangboom

Swart

Ja

Wortel

Wortel van wortelplant

Bruin

Nee

Ui

Stingel van uieplant

Bruin

Nee

Ja Nee Nee

4. Was jou voorspellings reg?

C. Skryf jou gevolgtrekking saam met jou onderwyser Wat ek uit hierdie eksperiment geleer het:

Ons het uitgevind dat baie soorte kos stysel bevat. Sommige soorte kos raak dadelik baie swart wanneer jodium bygevoeg word. Ander soorte kos neem ’n rukkie om swart te raak na die jodium bygevoeg is. Kookolie, eierwit, kaas, wortels, uie en suiker bevat nie stysel nie.

22

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 23

Vaslegging Vra en dink na oor 1. Lei ’n klasbespreking en gebruik die volgende vrae. M Was jou voorspellings korrek? M Het julle almal dieselfde resultate gekry vir die kos wat julle getoets het? Kan jy verduidelik waarom of waarom nie? M Watter soorte kos bevat stysel? M Watter soorte kos bevat nie stysel nie? M Watter van hierdie kos is die belangrikste deel van jou dieet, dink jy? Die styselagtige kos wat die belangrikste deel van jou dieet vorm, word ’n stapelvoedsel genoem (almal is belangrik). 2. Verduidelik dat die doel van die volgende deel van die ondersoek is om uit te vind watter van ons kos stapelvoedsel is.

Onderwysertaak

Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 57.

Assesseringstaak vir LU1

Ondersoek stapelvoedsel A. Bespreek vrae vir ondersoek 1. Wat maak ’n soort kos ’n stapelvoedsel?

’n Stapelvoedsel is die styselagtige kos wat die belangrikste deel van jou dieet vorm. 2. Hoe het jy uitgevind watter kos stysel bevat?

Ons het ’n styseltoets gedoen op die kos wat ons eet om te sien watter kos stysel bevat. 3. Watter soorte kos weet jy bevat definitief stysel?

Brood, rys, aartappels 4. Hoe sal ons besluit watter van hierdie styselkos stapelvoedsel is? Skryf in jou groep ’n paar vrae neer wat jy aan jou gesin kan vra sodat jy kan uitvind watter stapelvoedsel julle gereeld eet.

Watter soort kos eet ons elke dag? Wat eet jy meestal vir ontbyt? Wat eet jy gewoonlik vir middagete? 5. Bespreek watter styselagtige kos jy self die meeste eet. Dit is jou stapelvoedsel. (Leerders se antwoorde sal volgens hul dieet verskil.)

23

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Leerdertaak

Page 24

Assesseringstaak vir LU1 (vervolg)

B. Doen ondersoek, versamel data en teken dit aan 1. Doen hierdie opname: Bring ’n paar soorte kos om te toets of dit koolhidrate is (stysel bevat). Identifiseer wat jou gesin se stapelvoedsel is. Gee redes waarom jy dink dat dit ’n stapelvoedsel is.

Brood - Ja, dit toets positief vir stysel en ons eet dit elke dag. Stampmielies - Ja, dit toets positief vir stysel en ons eet dit baie dikwels. 2. Noudat jy weet watter soorte kos koolhidrate is (stysel bevat), doen jy ’n opname oor die volgende kos met koolhidrate. 3. Tel hoeveel keer ’n dag jy elke soort kos met koolhidrate eet. Vul dan die tabel hieronder in. Voeg nog reëls by indien jy nog plek nodig het. 4. Werk die totale hoeveelheid vir ’n week uit en teken dit in die tabel hieronder aan.

Marie se stapelvoedsel Stapelvoedsel

Hoeveel keer per dag ek die kos eet

Ma.

Di.

Wo.

Do.

Vr.

Sa.

So.

Totaal

Aartappel



1





1





2

Rys

1



1





1

1

4

Mieliemeel

1

1

1

1

1



-

5

Brood

1

1

2

1

1

2

2

10

Pasta







1







1

5. Toon jou bevindinge in ’n staafgrafiek.

24

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 25

Voorbeelde vir die onderwyser: Grafieke om te wys watter koolhidrate verskillende mense eet.

25

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 26

Trek ’n grafiek van ons groep se resultate 6. Trek die tabel hieronder oor en vul dit vir jou groep in. Wys hoeveel keer ’n week elke persoon in jou groep die soort kos met koolhidrate eet.

Getal keer wat kos met koolhidrate (stysel) per Marie week geëet word

Sipho

Thami

Totaal

Artappel

2

1

2

5

Rys

4

2

6

12

Mieliemeel

5

10

7

22

Brood

10

7

4

21

Pasta

1

1

2

4

7. Trek ’n staafgrafiek vir elke groep van die totale getal keer wat jou groep die verskillende soorte kos eet.

Grafiek van ons groep se resultate

26

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 27

C. Evalueer en vertolk data Bespreek hierdie vrae in jou groep en beantwoord dit dan op jou eie. 1. Verduidelik wat ons met ’n stapelvoedsel bedoel.

Stapelvoedsel is styselagtige kos wat ons dikwels eet en dit vorm dus ’n groot deel van ons dieet. 2. Kyk na jul grafieke, vergelyk dit en besluit wat elke persoon se stapelvoedsel is.

Dit sal die kos wees wat die meeste gedurende die week geëet word. 3. Is elke persoon se stapelvoedsel dieselfde? Gee redes.

Verskillende mense sal om kulturele redes verskillende soorte stapelvoedsel hê. 4. Vergelyk die leerders in jou klas se soorte stapelvoedsel. Wat kan jy oor die soorte stapelvoedsel in jou klas sê?

Ons almal eet stapelvoedsel, maar mense se stapelvoedsel is verskillend of is nie verskillend nie. 5. Hoe maklik was dit om te tel hoeveel keer gedurende die week jy stapelvoedsel geëet het? Dink jy jy het akkuraat getel? Hoe kan jy hierdie opname verbeter en dit akkurater maak? Leerders se antwoorde sal verskil.

Voorgestelde riglyne vir die assessering van LU1 Ondersoek stapelvoedsel Assesseringstaak

Assesseringskriteria: LU1

A. Doen ondersoek en teken aan

Die leerder moet die volgende doen: I Bring voorbeelde van kossoorte en toets dit vir stysel. I Teken inligting in hul eie tabel aan. I Identifiseer die stapelvoedsel wat hulle eet. I Voer die opname oor hierdie stapelvoedsel akkuraat uit. I Teken hul telling akkuraat in ’n tabel aan.

B. Versamel data en teken dit aan

I Teken ’n akkurate grafiek van hul resultate (stip korrek, gebruik

C. Evalueer en vertolk data

I Toon begrip van wat met ’n stapelvoedsel bedoel word.

korrekte asse, skaal, opskrif en byskrifte).

I Identifiseer soorte stapelvoedsel korrek – hul eie en ander s’n

(die styselagtige kos wat hulle die meeste eet).

Vaslegging 1. Bespreek die volgende vrae met die klas: M Wat dink jy is die belangrikste stapelvoedsel in jou gesin en in jou gemeenskap? M Hoe weet jy dit of hoe kan jy dit uitvind?

27

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 28

8 Sleutelbegrippe M M

M

Al ons kos kom van plante of van diere wat plante eet. Al die energie wat plante gebruik om stysel te maak kom van die son. Agting en waardering vir ons kos verbind ons met die aarde en kom in alle godsdienste voor.

Ons sê dankie vir ons kos Onderwysertaak

1. Lees die volgende “Dankie”-gedig hardop vir die klas.

Dankie vir my snytjie brood Dankie vir my snytjie brood Moenie vir my dankie sê nie, sê dankie vir die winkelier wat die brood verkoop het. Dankie, winkelier, vir my snytjie brood. Moenie vir my dankie sê nie, sê dankie vir die bakker wat die brood gebak het. Dankie, bakker, vir my snytjie brood. Moenie vir my dankie sê nie, sê dankie vir die koringmeel waarvan die brood gemaak is. Dankie, koringmeel, vir my snytjie brood. Moenie vir my dankie sê nie, sê dankie vir die koringsaad waarvan die meel gemaak is. Dankie, koringsaad, vir my snytjie brood Moenie vir my dankie sê nie, sê dankie vir die koringplant wat my gemaak het. Dankie, koringplant, vir my snytjie brood. Moenie vir my dankie sê nie, sê dankie vir die son wat my energie gee om te groei. Dankie, son, vir my snytjie brood. Moenie vir my dankie sê nie, sê vir God dankie vir die brood. Dankie, God, vir my snytjie brood.

Dankie, God! Leerdertaak

Skryf 'n “dankie”-gedig Werk in pare. 1. Lees die gedig. 2. Kies een van jul soorte stapelvoedsel en help mekaar om jul eie ”dankie“gedig vir daardie kos te skryf. Begin met die woorde ”Dankie vir ...“ 3. Sê jul gedig vir die klas op. Onthou om te dit duidelik en met respek te doen.

28

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 29

9 Sleutelbegrippe M

M

M

M

M

Ons het kos nodig vir energie, om te beweeg, om te groei en om skade aan ons liggame te herstel. Ons het ’n gebalanseerde dieet nodig wat koolhidrate, proteïene, vette, minerale en vitamiene bevat. Kos kan sy voedingswaarde gedurende verwerking verloor. Vars kos het ’n hoër voedingsvlak as verwerkte kos. Ons moet kos kies wat ons liggame gesond en sterk hou.

Tuisgemaakte kos en verwerkte kos Onderwysertaak Verduidelik die voedselgroepe 1. Verduidelik die belangrikste voedselgroepe aan die klas. Kyk na die voedselgroepdiagram, die agtergrondinligting oor stapelvoedsel, die tabel met energiewaardes en die broodetiket en verduidelik die volgende begrippe: M Ons kan kos in drie belangrikste voedselgroepe verdeel. (Sien die diagram wat volg.) Om gesond te bly, moet ons ’n gebalanseerde dieet eet, wat kos uit elke groep insluit. M Alle soorte kos bevat energie. Ons meet hierdie energie in kilojoules (kJ). Die tabel op bl. 31 gee ’n paar voorbeelde van energiewaardes van die kos wat ons eet. M Die aanbevole daaglikse toelating (ADT) is die hoeveelheid kilojoules wat ’n persoon elke dag behoort te eet. (Sien die agtergrondinligting op bladsy 32.) Ons kry hierdie energie deur verskillende soorte kos te eet. Mense wat groei en swaar handearbeid of baie liggaamlike oefening doen, moet meer eet. M Volgens die wet moet maatskappye wat kos maak, die energiewaarde, bestanddele en bymiddels van verwerkte kos op die verpakking druk. M Tradisioneel gekweekte en voorbereide kos verskaf aan mense baie vesel, vitamiene en minerale. Hierdie stowwe help om jou liggaam sterk en gesond te hou. Tradisionele kos bevat nie ekstra suiker, sout, vet of chemikalieë nie.

Die regte balans M Om gesond te bly, moet ons gebalanseerde maaltye eet. Om dit te doen,

moet ons kos uit al drie voedselgroepe probeer kies. Daar is gesonde kos in elke groep wat nie duur is nie, byvoorbeeld bruinbrood (koolhidraat), grondboontjiebotter en melk (proteïen); stampmielies en boontjies (koolhidraat en proteïen); mieliemeel en karringmelk (koolhidraat en proteïen).

29

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 30

GROEP 3: Koolhidrate, vette en olie (energiekos)

Die voedselgroepe

GROEP 1: Proteïene (kos wat die liggaam opbou)

GROEP 2: Vitamiene en minerale (kos wat ons teen siektes beskerm)

Waarom moet ons kos uit die drie hoofvoedselgroepe eet? Kalsium en ander minerale om ons bene en tande op te bou. Vette en olies word onder ons vel gestoor tot ons dit vir energie nodig het.

Vitamiene om ons organe gesond te hou en goed te laat werk.

Stysel en ander koolhidrate om energie te gee om te lewe en vir spierbewegings.

30

Proteïene om ons liggaam op te bou en te genees, bv. ons bene en spiere. Water om vloeistof vir ons bloed te voorsien. Vesel om ons kos deur ons ingewande te help beweeg.

Vesel Dit is belangrik om kos met vesel in te eet. Vesel help jou kos om behoorlik deur jou spysverteringstelsel te beweeg en voorkom hardlywigheid. Rou vrugte en groente, volkoringmeel, bruinrys en boontjies bevat almal vesel. Al die vesel is uit wit meel verwyder. Probeer om die hoeveelheid kos wat jy eet wat met wit meel gemaak word, te verminder, bv. witbrood, koek en beskuitjies. Eet liewer volkoringprodukte.

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 31

Kosenergietabel Kos

Hoeveelheid

Kilojoules (kJ)

Suiker, wit

1 teelepel

64

Witbrood

1 sny, 40 g

300

Konfyt

1 opskeplepel

557

Grondboontjiebotter

1 teelepel

123

Gaar boontjies

1/2

437

Margarien

1 teelepel

152

Eier

1 gekook

379

Aartappel

1 groot gekook

293

Slaptjips in olie gebraai

1 klein porsie

955

Koeldrank

500 ml

900

Dieetkoeldrank

500 ml

0

Aartappelskyfies

1 pakkie 30 g

668

Hoender, in olie gebraai

1 boudjie

774

Pasteitjie, hoender

1 klein pasteitjie

2 431

Beskuitjie

1 suurlemoenroompie

300

Wit rys

1/2

koppie gaar

435

Mieliepap

1/2

koppie, styf (gaar)

463

Sjokolade (melk) 1 stafie,

100 g

2 241

Vleis (skaapbredie)

1/2

koppie

865

Spinasie

1/2

koppie = 85 g, gaar

82

Pampoen

100 g gekook

176

Olie

1 teelepel

184

Stampmielies

1/2

485

Ui

1 gaar

koppie = 85 g

koppie gaar

46

Leerdertaak om te fotokopieer op bladsy 60.

31

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 32

Aanbevole daaglikse toelating (ADT) Om te kan lewe en gesond te bly, moet ’n mens elke dag ’n basiese hoeveelheid energie inneem. Ons kry daardie energie elke dag uit ons kos. Dit is wat die aanbevole daaglikse toelating (ADT) van kos genoem word. Die energie-inhoud van kos word in kilojoules (kJ) gemeet. Die ADT vir groeiende meisies van 12 tot 15 jaar oud is 9 000 kJ. Vir groeiende seuns van 12 tot 15 jaar oud is dit 11 000 kJ. Ons stapelvoedsel, soos brood, rys of mieliemeel, gee aan ons die meeste van hierdie daaglikse energie. Ander soorte kos gee ons minder energie, maar ons het dit nodig om ons liggame op te bou en te herstel. Ons het ook ’n daaglikse toelating van proteïene uit vleis of boontjies of neute nodig. Ons het ook minerale soos yster nodig om sterk spiere, bloed en bene op te bou en teen siektes te veg.

ADT vir meisies van ADT vir seuns van 12 tot 12 tot 15 jaar is 15 jaar is 11 000 kJ 9 000 kJ

Onderwysertaak A. Kos wat ons by die huis eet 1. Vra die leerders wat hulle gewoonlik vir ontbyt, middagete en aandete eet. Moedig alle antwoorde aan. 2. Wys leerders die tabel met koswaardes en maak seker hulle verstaan die eerste kolom is vir die soort kos, die tweede kolom gee ’n hoeveelheid en die derde kolom toon die getal kilojoules in daardie hoeveelheid. Vra vrae oor die tabel om seker te maak dat leerders waardes daaruit kan lees, byvoorbeeld: M Wat is die energie-inhoud van ’n halwe koppie gaar stampmielies?

B. Kos in die verlede, hede en toekoms 1. Lees hierdie resep vir ’n tradisionele tuisgemaakte maaltyd vir die klas.

Stampmielies en boontjies (umngqusho onembotyi) 380 g stampmielies 260 suikerboontjies 2 liter water 1 groot ui, opgekap Sout na smaak 1. Was die stampmielies en boontjies. Bedek dit met water en laat dit oornag week. 2. Dreineer die water die volgende oggend. 3. Sit die water in ’n groot kastrol en laat dit kook. Voeg die stampmielies en boontjies by. Maak seker daar is genoeg water om dit te bedek. 4. Kook die mengsel vir drie uur, voeg water by wanneer nodig, totdat die bestanddele sag is. 5. Voeg die ui en sout by en meng goed.

32

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 33

2. Verduidelik die volgende aan die leerders M Vars kos wat tuis voorberei word, is gewoonlik voedsamer as verwerkte kos. M Tradisionele en tuisgemaakte kos soos vars groente, stampmielies en boontjies (umngqusho), mieliemeel en tuisgemaakte brood verskaf meer as net die stysel vir energie. Dit is ook ryk aan proteïene en minerale, wat belangrik vir groei is. Dit bevat ook vesel wat noodsaaklik vir die spysverteringstelsel is. M Verwerkte kos kan sleg vir jou gesondheid wees. Die Verenigde State van Amerika is een van die rykste lande ter wêreld, maar een uit elke drie Amerikaners is ernstig oorgewig (te vet). Dit kan baie gevaarlik wees. M Regdeur die wêreld begin mense aandring op vars kos wat op ’n natuurlike manier gekweek word. Hierdie kos word gekweek sonder om chemikalieë of insekdoders daarby te voeg. Ons sê dit word organies gekweek. Baie mense koop organiese kos, want hulle wil nie chemikalieë eet wat sleg vir hul gesondheid kan wees nie.

C. Ontleed ’n tuisgemaakte maaltyd 1. Kyk na die voorbeeld van ’n tradisionele resep en help leerders om die tabel in te vul. (Jy sal na die diagram van die voedselgroepe en die tabel met kos se energie-inhoud op bladsy 30 tot 31 moet verwys.)

Leerdertaakkaart 7

Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 60.

Tuisgemaakte maaltye A. Ontleed tuisgemaakte kos 1. Kyk na die kosenergietabel en die drie voedselgroepe. Gebruik die inligting in die tabel en die diagram van die verskillende voedselgroepe om jou te help om die tabel in te vul. Energie

Stowwe by die kos gevoeg

Stampmielies Koolhidraat

485 kJ

Sout

Boontjies

Proteïene

437 kJ

Sout

Ui

Vitamiene en minerale

46 kJ

Bestanddele

Voedselgroepe

’n Maaltyd van stampmielies en boontjies (umngqusho onembotyi)

B. Kos in die verlede, hede en toekoms 1. Vind uit watter soort kos jou ouers en oumas en oupas eers gemaak het. Praat met mense in jou familie of in die gemeenskap en kry ’n resep van ’n tradisionele dis in jou kultuur. 2. Skryf en teken die resep. Gebruik die volgende opskrifte: Naam van kos of dis; Bestanddele; Metode (wat om te doen). 3. Wys en vertel dan die kos en die resep. Sluit enige interessante besonderhede in oor die kos en wanneer en hoe ’n mens dit eet.

33

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 34

Onderwysertaak 1. Verduidelik die volgende aan die leerders.

Verwerkte kos Die meeste mense het nie het genoeg plek of tyd om hul eie kos te kweek nie; dus koop hulle hul kos by die winkel. Baie van die reeds voorbereide kos wat ons koop, is verwerk. Verwerkte kos beteken die rou bestanddele is reeds gedroog, gemeng, gaargemaak of gebak. Verwerking help om te keer dat kos sleg word. Ons vries kos, droog dit of preserveer dit met sout, suiker en/of chemikalieë, en ons sit dit in blikkies of bottels. Gedurende die preserveringsproses verloor baie kos hul vitamiene en minerale. Dikwels word die kos fyngemaak en die vesel word verwyder, soos wanneer wit meel gemaak word. Soms word ’n chemikalie by wit meel gevoeg om dit te bleik en baie wit te laat lyk. Soms word vet, sout, suiker of chemikalieë by kos gevoeg om dit te preserveer of om dit geuriger te maak. ’n Paar chemikalieë wat by kos gevoeg word, is: M sodiumbensoaat, ’n chemikalie wat bygevoeg word om kos te preserveer M monosodiumglutamaat, ’n chemikalie wat vir geur bygevoeg word M tartrasien, ’n geel of rooi chemikalie om kos te kleur. Dit beteken verwerkte kos is minder voedsaam as vars kos. Dit kan ook chemikalieë bevat, wat sleg vir ons kan wees.

Kitskos Kitskos soos slaptjips, hamburgers en pizzas is hoogs verwerkte kos. Dit word met baie wit meel, suiker, olie en sout voorberei. Dit bevat min vesel. Dit bevat wel baie energie, maar min voedingswaarde. Soms geniet ons dit om kitskos te eet, maar ons moet dit net nou en dan eet – nie elke dag nie!

2. Bespreek die volgende vrae met die leerders: M Wat beteken die term “verwerkte kos”? M Wat is jou gunstelingkos om by die huis te eet? M Wat is jou gunstelingkos wanneer jy uiteet? 3. Maak ’n klaslys van die top tien verwerkte kossoorte wat leerders in die klas graag eet (bv. slaptjips, skyfies, koeldrank, lekkers, polonie). Vir die leerdertaak wat volg, sal jy die etiket van ’n pakkie Weense worsies en ’n koeldrankblikkie nodig hê.

34

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 35

Leerdertaakkaart om te fotokopieer op bladsy 63.

Leerdertaakkaart 8

Vergelyk tuisgemaakte kos en verwerkte kos

’n Worsbroodjie op ’n wit rolletjie met slaptjips en ’n Coke is ’n tipiese voorbeeld van ’n kitskosmaaltyd wat uit verwerkte kos bestaan. gaskoeldrank

A. Verwerkte kos en kitskos 1. Kyk na die voorbeeld van kitskos in die prent. 2. Kry die verpakking van Weense worsies en ’n koeldrankblikkie. Kyk na die bestanddele en vul die tabel in, soos jy vir die tradisionele kos gedoen het. (Gebruik die kosenergietabel en die voedselgroepdiagram om jou te help.)

B. Vergelyk ’n tuisgemaakte maaltyd en ’n kitskosmaaltyd Bestanddeel

Voedselgroep

slaptjips

wit rolletjie tamatiesous margarien worsie

Ander stowwe by kos gevoeg

Beraamde energiewaarde in kilojoules per enkelporsie

Tradisionele kos: stampmielies en boontjies Stampmielies

Groep 3

sout

Boontjies

Groep 1

437

Ui

Groep 2

46

Totale hoeveelheid energie per maaltyd

485

968 kJ

Verwerkte kos: worsbroodjie, Coke en slaptjips Weense worsies Groep 1

kleurmiddels, geurmiddels, preserveermiddels, sout, suiker, speserye

467

Tamatiesous

Geen van die belangrikste voedselgroepe nie

kleurmiddels, geurmiddels, preserveermiddels, sout, suiker, speserye

19

Wit rolletjie

Groep 3

rysmiddel, preserveermiddel, sout, suiker

400

Margarien

Group 3

kleurmiddels, preserveermiddel, sout, suiker

150

Slaptjips

Groep 3

sout

1 292

Coke

Groep 3

kleurmiddel, suiker

900

Totale hoeveelheid energie per maaltyd

13 228 kJ

35

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 36

C. Vergelyk die twee soorte maaltye Bespreek die verskille tussen die twee soorte maaltye. 1. Watter maaltyd bevat al drie voedselgroepe?

Stampmielies en boontjies/tradisionele maaltyd 2. In watter maaltyd is die meeste sout, suiker en chemikalieë bygevoeg?

Worsbroodjie, Coke en slaptjips/die verwerkte kos 3. Watter voedselgroep verskaf die meeste kilojoules in elke maaltyd?

Groep 3 - koolhidrate, vette en olies 4. Skryf sinne om hierdie twee maaltye te vergelyk.

Vergelyk tuisgemaakte kos en kitskos Die tuisgemaakte maaltyd word gemaak van kos waarby daar net sout gevoeg is, terwyl baie chemikalieë by die kitskos gevoeg is. Die belangrikste verskil is dat die tradisionele tuisgemaakte maaltyd met kos uit al drie voedselgroepe gemaak is. Die kos is nie baie verwerk nie. Die kitskos het geen kos uit groep 2 (vitamiene, minerale en vesel) daarin nie. Die hoeveelheid kilojoules (energie) is baie hoog omdat die aartappels in olie gebraai is en die koeldrank baie suiker bevat. Dit bevat baie min vesel omdat dit baie verwerk is. 5. Watter maaltyd sal jy verkies? Waarom? Sal jy dit elke dag wil eet? Sal dit goed vir jou wees? Verduidelik waarom of waarom nie. Leerders se antwoorde sal verskil. Moedig alle redelike antwoorde aan. Kosenergietabel

36

Kos

Hoeveelheid

Kilojoules (kJ)

Suiker, wit

1 teelepel

64

Witbrood

1 sny, 40 g

300

Konfyt

1 opskeplepel

557

Grondboontjiebotter

1 teelepel

123

Gaar boontjies

1/2

437

Margarien

1 teelepel

152

Eier

1 gekook

379

Aartappel

1 groot gekook

293

Slaptjips in olie gebraai

1 klein porsie

955

Koeldrank

500 ml

900

Dieetkoeldrank

500 ml

0

Aartappelskyfies

1 pakkie 30 g

668

Hoender, in olie gebraai

1 boudjie

774

Pasteitjie, hoender

1 klein pasteitjie

2 431

Beskuitjie

1 suurlemoenroompie

300

Wit rys

1/2

koppie gaar

435

Mieliepap

1/2

koppie, styf (gaar)

463

Sjokolade (melk) 1 stafie,

100 g

2 241

Vleis (skaapbredie)

1/2

koppie

865

Spinasie

1/2

koppie = 85 g, gaar

82

Pampoen

100 g gekook

176

Olie

1 teelepel

184

Stampmielies

1/2

485

Ui

1 gaar

koppie = 85 g

koppie gaar

46

Die voedselgroepe

GROEP 1 Proteïene – kos wat die liggaam ophou

GROEP 3 Koolhidrate, vette en olie – kos wat energie gee

GROEP 2 Vitamiene en minerale – kos wat die liggaam beskerm

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 37

Vaslegging 1. Verduidelik die volgende aan die leerders.

Mense in stede eet te veel verwerkte kos en kos waaruit die vesel verwyder is (dit word verwerkte kos genoem, bv. wit meel en witbrood). Hulle eet ook te veel suiker, vet en sout. Dit kan tot gesondheidsprobleme soos hartkwale, kanker, hoë bloeddruk en ander siektes lei.

Gevaarlike eetgewoonte

Moontlike siektes waartoe dit kan lei

Eet te veel vet en suiker

Vetsug (om te vet te wees) Hoë cholesterol lei tot hartsiektes

Eet te veel suiker en verwerkte kos

Hoë bloedsuiker, lei uiteindelik tot diabetes/suikersiekte

Eet te veel verwerkte kos

Spysverteringsprobleme, lei uiteindelik tot kanker in die dikderm

Eet te veel sout

Hoë bloeddruk, wat beroertes en hartaanvalle kan veroorsaak

Eet te veel suiker en kos met preserveermiddels en kleurmiddels

Ernstige allergieë, probleme om te konsentreer en leerprobleme

2. Gee die leerders die volgende taak: M Verbeel jou dit is nou 100 jaar later. Watter soort kos sal jy eet? Waarom? Waar sal die kos vandaan kom, dink jy? Hoe voedsaam sal dit wees? Teken en skryf om hiervan te vertel.

opnameresultate: hoë vlak van vetsug onder ouers en kinders ... hulle word tog so gou groot, nè?

jy’s reg, hulle raak by die dag meer soos ons.

Wees versigtig om kos as “gesond” of “ongesond” te beskryf, aangesien hierdie terme relatief is. Enige kos wat in oormaat geëet word, kan tot gesondheidsprobleme lei. Net so is kitskos nie sleg vir ons gesondheid as ons dit net nou en dan eet nie. Vergelyk liewer verskillende soorte kos deur vrae soos die volgende te vra: Watter soort kos moet ons gereeld eet? Watter soort kos moet ons net soms eet? Watter soort kos bevat baie vet? Watter soort kos bevat baie vesel? Waarom moet ons meer van hierdie soort kos as van daardie soort kos eet?

37

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 38

10 Sleutelbegrippe M

M

M

M

Ons het kos nodig vir energie, om te beweeg, om te groei en om skade aan ons liggame te herstel. Ons het ’n gebalanseerde dieet uit al drie voedselgroepe nodig om gesond te bly. Ons het kos nodig wat vars en goed vir ons is en wat nie sy voedingswaarde gedurende verwerking verloor het nie. Ons moet kies om die gesondste kos vir ons liggame te eet.

Eet ’n gebalanseerde dieet Onderwysertaak Voorbereiding vir die assesseringstaak vir LU3 1. Vra leidende vrae om uit te vind wat leerders weet, of verduidelik die punte tydens ’n bespreking. Voorbeelde van vrae wat jy kan vra, is: M Waar kry ons ons kos vandaan? M Wat het ons nodig uit ons kos? M Watter soort kos gee ons die dinge wat ons nodig het? M Waarom koop mense verwerkte kos? M Wat is verwerkte kos? Wat word daarby gevoeg? M Waarom moet ons verwerkte kos vermy? M Wat laat jou ’n kosproduk wil koop?

Die bespreking moet tot die volgende punte lei: M Ons kry kos om te eet uit ons omgewing. M Kos word stadig in jou maag verteer. Spysvertering stel glukosesuiker oor ’n lang tydperk in jou bloed vry. M Ons moet vars, voedsame kos eet wat so min moontlik verwerk is. M Die meeste mense in stede koop hul kos by ’n winkel of supermark. M Die meeste kos in winkels is verwerk en verpak sodat dit langer hou. Dit is ook verwerk om dit lekkerder te laat smaak. M Baie luukse kos en versnaperinge smaak lekker omdat vet, suiker en chemiese geurmiddels daarby gevoeg is. M Verwerkte kos kan vir ons liggame moeilik wees om te verteer, want dit bevat te min van die stowwe wat ons liggame nodig het (vesel, minerale en vitamiene) en te veel stowwe wat sleg vir ons liggame kan wees (vet, sout, suiker en chemikalieë). M Kosvervaardigers moet inligting oor die bestanddele op die kosverpakking druk. Dit is ons verantwoordelikheid om daardie inligting te lees en te gebruik. M Aantreklike etikette en advertensies op verpakking kan beïnvloed watter soort kos ons koop, maar dit is belangrik om te kyk wat in die kos is. M Ons kan ons liggame gesond hou deur te kies om die kos te eet wat ons weet goed vir ons is. M Luukse kos is gewoonlik baie verwerk, het suiker of sout en vet daarby gevoeg en is duur (byvoorbeeld sjokolade, baie ryk kaas, roomkoekies, lekkers, duur verwerkte vleis soos salami). 2. Vra leerders om voorbeelde van kosverpakking en van verskillende soorte kos wat hulle eet, saam te bring. Hulle moet die inligting op die kosverpakking lees en dan besluit of hulle hierdie kos dikwels behoort te eet of nie. Byvoorbeeld, op die broodsakkie op die volgende bladsy staan daar die brood bevat al drie voedselgroepe en ’n paar chemikalieë; dus kan hulle besluit brood is ’n produk wat goed is om dikwels te eet.

38

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 39

Leerdertaak Assesseringstaak vir LU3 Maak beter koskeuses A. Lees kosetikette Werk in groepe. Maak voorbeelde van kosverpakking, prente van kos en voorbeelde van verskillende soorte kos wat jy eet bymekaar. Hier is ’n voorbeeld van ’n broodsakkie en hoe om dit te lees.

Dit sê vir jou hoeveel energie die brood bevat.

Die brood bevat hierdie stowwe.

Preserveermiddels is chemikalieë wat keer dat brood sleg raak.

Die aanbevole daaglikse toelating (ADT) dui aan hoeveel van elke stof ’n persoon van ouer as 13 jaar per dag behoort te eet.

39

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 40

B. Maak ’n plakkaat om gesonde en minder gesonde koskeuses te vergelyk 1. Lees die kosverpakking wat jy gebring het om die volgende uit te vind: a) die kos se voedingswaarde b) die voedselgroepe in die kos. Gebruik ook die voedselgroepdiagram. Besluit of jy hierdie kos meer gereeld of minder gereeld behoort te eet. 2. Voor jy jou kos op die plakkaat sit, vertel jou groep aan watter kant jy dit gaan sit en waarom. Skryf langs elke soort kos die rede waarom jy dink dit is gesond of minder gesond. Maak seker dat jy voorbeelde uit die drie belangrikste voedselgroepe insluit.

C. Beantwoord elke vraag hieronder in ’n paragraaf 1. Waarom het ons ’n gesonde dieet vir ons liggame nodig? 2. Hoe kan jy jou eie dieet gesonder maak?

Voorgestelde riglyne vir die assessering van LU3 Assesseringstaak

Assesseringskriteria: LU3

A. Maak ’n plakkaat om gesonde en ongesonde koskeuses te vergelyk

Die leerder moet die volgende doen:

Om kode 4 (80%) te behaal

Aanbieding I Lê die plakkaat duidelik uit. I Skryf netjies en leesbaar. I Gebruik aantreklike algehele aanbieding. Inhoud I Verskaf voorbeelde van kos uit al drie voedselgroepe. I Gebruik minstens vyf relevante voorbeelde van gesonde en ongesonde kos. I Toon begrip van gesonde en ongesonde eetgewoontes. I Verduidelik hul redes besonder logies en duidelik en toon volle begrip van watter soorte kos hulle gereeld moet eet en watter hulle moet vermy.

B. Skryf twee paragrawe om I Toon begrip van die begrip van ’n gesonde dieet en die verband die volgende te verduidelik: daarvan met die lewensprosesse. I Waarom het ons ’n gesonde dieet vir ons liggaam nodig I Sluit minstens drie relevante voorstelle in oor hoe om hul eie I Hoe jy kan jou eie dieet dieet te verbeter. gesonder maak Om kode 4 (80%) te behaal

40

I Toon ’n persoonlike verantwoordelikheidsin en toewyding om hul

eie gesondheid op te pas deur die gesonde kos te kies en ongesonde kos te vermy.

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 41

Idees vir projekte M

M

M

M

Vind meer uit oor ’n kostuinprojek in jou omgewing en laat jou klas dit besoek. Begin ’n kostuinprojek by jou skool. Maak ’n verskil deur maniere te kry om mense wat nie genoeg kos het nie, te help. Tree in verbinding met organisasies soos SEED vir hulp om ’n kostuin te kweek. Posbus 40 Philippi, 7781 Tel: 021-371 3180 of 021-447 7686.

Vaslegging 1. Bespreek die volgende vrae met die klas: M Waarom is dit ’n goeie idee om meer tradisionele kos te eet? M Waarom verwerk ons sommige kos? M Wat word gedurende verwerking uit kos verwyder of bygevoeg? M Wat is luukse kos? M Watter gesondheidsprobleme kan ons kry as ons luukse en verwerkte kos eet? M Wie moet besluit watter soort kos ons eet? M Waarom is dit belangrik om ons kos noukeurig te kies? M Hoe affekteer ons kos ons liggame?

Uitbreidingsaktiwiteit vir LU3 Lees die artikels op die volgende paar bladsye. Bespreek die volgende vrae met jou klas: M Waarom geniet ons dit om luukse kos soos sjokolade, skyfies en lekkers te eet? M Weet jy van enigiemand in jou gesin, familie of gemeenskap wat aan ’n dieetverwante siekte ly? Watter nuttige voorstelle sal jy aan hom of haar kan gee? M Weet jy van enigiemand in jou gesin, familie of gemeenskap wat nie genoeg kos het om te eet nie? Hoe kan jy hulle help? M Watter voorstelle kan jy jou gesin gee oor hoe om goeie kos te kies wat nie te duur is nie? M Wat bring jy skool toe om te eet of watter eetgoed koop jy by die skool? Is dit genoeg? Is dit gesond? M Kry jou skool kos van die skoolvoedingskema? Indien wel, wat is dit? Is dit gesond? Waarom?

Verwerkte kos bedreig stad se gesondheid

KAAPSTAD het ’n hoër voorkoms van verander. “Dit is siektes as gevolg van leefstylverwante siektes as die meeste ander leefstyl,” sê Cooke. stede in die land. ’n Studie van twee maande Baie mense trek vanaf die landelike het bevind dat Kaapstad die hoogste gebiede na Kaapstad op soek na werk. voorkoms van diabetes en die tweede Hierdie mense verander hul gesonde hoogste voorkoms van hartsiekte en DIE HART- EN landelike dieet drasties wanneer hulle stad beroerte in mans het. toe trek. Mense eet minder vars produkte in BEROERTENavorser Adam Cooke het ’n studie gelei die stad omdat dit makliker is om verwerkte STIGTING waarin nege stede in Suid-Afrika bestudeer kos te koop. Daar is ook minder grond is. Polokwane in Limpopo was die wenner SUID-AFRIKA beskikbaar om jou eie kos te kweek. met die minste leefstylgebaseerde siektes. Lunelle Arendse, ’n dieetkundige van die Cooke het ontdek dat Kaapstad skokkende Hartstigting, sê dat diabetes dikwels die gevolg is van gesondheidstatistiek het. Hy het gevind dat mense baie mense wat nie verantwoordelikheid vir hul gesondheid swak eet en nie genoeg oefening doen nie. Hy sê dat neem nie en nie gesonde leefstylgewoontes kweek nie. selfs mense wat vanaf landelike gebiede getrek het, hul Aangepas uit die Cape Argus, Maandag, 21 Nov. 2005 relatief gesonde dieet na ’n dieet met minder vesel

41

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 42

Isijabane Semifino Yembuya (’n Mengsel van wildepampoenblare, pampoen en mielies) 1 klein pampoen, in blokkies gesny 140 g wildepampoenblare 250 g vars mielies, fyngemaak 2 brandrissies, fyngekap 750 ml water sout na smaak Kook die water. Voeg die pampoen, wildepampoenblare, fyngemaakte mielies en brandrissies daarby. Kook tot sag, roer elke nou en dan. Voeg sout by en laat ’n paar minute prut. Bedien warm. Uit: Suid-Afrikaanse inheemse kos (IndiZAFoods)

Luukse kos en siektes BAIE MENSE verkies kos wat verwerk is en baie vet en suiker bevat omdat dit maklik is om te eet en soet smaak. Sjokolade, skyfies, koek en poeding, beskuitjies en lekkers smaak almal soet. Dit is maklik om te verteer en hoog in kilojoules. Dit is ook maklik om te eet omdat dit reeds voorberei is. Dit is egter gevaarlik om te veel suikerige, vetterige kos te eet omdat dit tot siektes soos die volgende kan lei: I vetsug – om gevaarlik oorgewig te wees; kan tot ander siektes lei I diabetes (suikersiekte) – wanneer die liggaam nie die hoeveelheid suiker in die bloed kan beheer nie I hoë cholesterol en hartsiekte – die liggaam stoor die vet in die are en slagare, wat dit laat verstop; dit kan tot hartaanvalle lei I hoë bloeddruk – dit kan tot beroertes en hartaanvalle lei I allergieë – dit kan tot asma en velprobleme lei en kan veroorsaak

42

word deur die eet van te veel suiker, verwerkte wit meel en chemiese preserveermiddels soos sodiumbensoaat I gedragsprobleme – die eet van te veel suiker, verwerkte wit meel en chemiese preserveermiddels en geurmiddels soos tartrasien kan tot hiperaktiwiteit en die onvermoë om te konsentreer lei. Kos wat hoog in vet en suiker is, gee jou baie vinnig energie, maar na ’n rukkie voel jy weer moeg. Luukse

kos is baie verwerk. Dit kan soms heerlik wees, maar dit moenie die belangrikste deel van jou dieet vorm nie. Baie mense het probleme met kos. Hierdie probleme affekteer dikwels jong mense. Sommige jong mense eet te veel (ooreet) en ander eet te min. Mense wat te veel eet, kan sekere kos eet om hulle te troos wanneer hulle persoonlike probleme ervaar. Sommige mense eet baie suikerige, vetterige kos wanneer hulle bedruk, eensaam of bang is of nie goed oor hulleself voel nie. Dikwels probeer hulle om hulleself beter te laat voel deur versnaperinge, lekkers en kitskos te eet. Sommige mense raak verslaaf aan hierdie “trooskos”. Hierdie verslawing raak ’n soort geestesiekte.

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 43

Die geheime van Afrikavroue

D

ie regering het geld beskikbaar gestel om ’n resepteboek met die titel Suid-Afrikaanse inheemse kos te publiseer, wat resepte vir disse uit alle streke van Suid-Afrika insluit. Toe die Europese setlaars in SuidAfrika aangekom het, het hulle ontdek dat die inheemse mense geneesmiddels vir baie soorte siektes het. Inheemse mense het ook geweet hoe om doeltreffend te boer en hulle het kennis van goeie voeding gehad. Vandag besef navorsers dat vroue in tradisionele gemeenskappe die natuurlike hulpbronne om die huis bestuur, byvoorbeeld die tuin. Vroue ken en verstaan gewoonlik hul omgewing en gebruik dit as ’n bron van tradisionele geneesmiddels. Hulle is ook die mense wat hierdie kennis lewendig hou deur dit te gebruik en dit van geslag na geslag oor te dra. In ’n gemeenskap hou vroue gewoonlik die kulturele tradisies lewendig. Ons sê vroue is die bewakers van inheemse kennis. Vandag besef baie mense dat inheemse kos baie belangrik is. Mense van Afrika het eeue lank hul gesinne gesond gehou deur die beskikbare kos en natuurlike medisyne te gebruik. Swart vroue het geleer wat die voedingswaarde van die kos is deur dit vir hul gesinne te kook en resepte te gebruik wat die stapelvoedsel van Afrika gevorm het. In die verlede het die Europeërs nie besef dat hierdie tradisionele Afrikakos baie voedsaam is nie. Soos wat vetsug en dieetverwante siektes in Suid-Afrika toeneem, is mense bekommerd dat ’n gesonde, tradisionele manier van eet besig is om te verdwyn. Die resepteboek is daarop gerig om tradisionele kos terug na ons tafels te bring.

Aangepas uit die Mail & Guardian, 12–18 Aug. 2005

43

44

LES 2

Aktiwiteit 2 • Onderwyser en leerders maak ’n kopkaart oor plante en hul gebruike. • Leerders kopieer kopkaart in hul boeke.

LES 7

Aktiwiteit 5 • Onderwyser verduidelik fotosintese met behulp van ’n diagram. • Onderwyser berei leerders vir die assesseringstaak voor.

LES 12

Aktiwiteit 7 vervolg • Leerders bring nog kos van die huis en toets dit vir stysel. • Vaslegging: klasbespreking.

LES 17

Aktiwiteit 9 vervolg • Leerders bied hul resepte aan.

LES 22

Aktiwiteit 10 Assesseringstaak vir LU3 • Onderwyser verduidelik punte oor kos. • Onderwyser help leerders om kosverpakking te lees om voedingsinligting te kry.

LES 1

Aktiwiteit 1 • Onderwyser stel die sewe lewensprosesse bekend. • Leerders skryf sinne en voer die prosesse op.

LES 6

Aktiwiteit 4 • Onderwyser verduidelik Van Helmont se eksperiment. • Vaslegging: klasbespreking oor die eksperiment.

LES 11

Aktiwiteit 7 • Onderwyser verduidelik dat plante baie stowwe maak en dat daardie kos ’n mengsel van kosstowwe bevat. • Leerders doen styseltoetse op verskillende soorte kos.

LES 16

Aktiwiteit 9 vervolg • Onderwyser en leerders ontleed die tuisgemaakte maaltyd. • Leerders soek en kry ’n resep vir ’n tradisionele dis in hul kultuur.

LES 21

Aktiwiteit 9 vervolg • Leerders voltooi hul groepgrafieke. • Leerders bespreek en beantwoord vrae.

Voorgestelde werkskedule

Aktiwiteit 10 vervolg • Leerders bring kos en prente van die huis af. • Leerders maak plakkaat oor goeie koskeuses.

LES 23

Aktiwiteit 9 vervolg • Onderwyser stel die begrip van verwerkte kos bekend. • Leerders vergelyk ’n tuisgemaakte maaltyd met ’n kitskosmaaltyd.

LES 18

Aktiwiteit 7 vervolg Assesseringstaak vir LU1 • Onderwyser help leerders om vrae vir ondersoek te bespreek. • Leerders berei voor om hul opname te doen. • Leerders doen die taak een week later om hulle tyd te gee om die opname te doen.

LES 13

Aktiwiteit 5 vervolg Assesseringstaak vir LU2 • Leerders doen assesseringstaak vir LU2. • Onderwyser maak tyd om terugvoering oor die assesseringstaak te gee.

Aktiwiteit 10 vervolg • Onderwyser gee terugvoering oor plakkate. • Vaslegging: klasbespreking.

LES 24

Aktiwiteit 9 vervolg • Vaslegging: bespreking oor dieetverwante siektes. • Leerders teken en skryf oor kos in die toekoms.

LES 19

Aktiwiteit 8 • Onderwyser lees die gedig “Dankie vir my snytjie brood”. • Leerders skryf hul eie “dankie”-gedig. • Leerders sê hul gedigte op.

LES 14

Aktiwiteit 5 vervolg • Vaslegging: Leerders skryf ’n resep vir fotosintese.

Aktiwiteit 10 vervolg • Sommige leerders doen die uitbreidingstaak vir LU3. • Onderwyser help ander leerders om alle vorige werk af te handel.

LES 25

Aktiwiteit 9 vervolg • Leerders bring die resultate van hul styselkosopname en trek grafieke van hul resultate. • Leerders vul groepresultate in en trek ’n groepgrafiek.

LES 20

Aktiwiteit 9 • Onderwyser verduidelik gesonde kos en die drie voedselgroepe. • Leerders lees die resep vir ’n tuisgemaakte maaltyd. • Onderwyser verduidelik die voordele van tuisgemaakte kos.

LES 15

Aktiwiteit 6 • Onderwyser verduidelik hoe om ’nn blaar vir stysel te toets en demonstreer die toets. • Leerders toets groen blare vir stysel. • Vaslegging: onderwyser vra vrae en lees gedig oor kosfabrieke.

LES 10

Aktiwiteit 3 vervolg • Onderwyser lees artikel oor GM voedsel. • Vaslegging: klasbespreking.

LES 5

8:41 AM

LES 9

Aktiwiteit 3 vervolg • Leerders beantwoord vrae oor die leesstuk. • Onderwyser kontroleer antwoorde met leerders.

LES 4

2/22/07

LES 8

Aktiwiteit 3 • Leerders vul ’n tabel in oor kos en plante. • Onderwyser help leerders om die inligting oor sorg vir kosplante te lees.

LES 3

L&L Gr6 AFR Page 44

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 45

AFDELING 2 Onderwyserhulpmiddels Leerdertaakkaarte om te fotokopieer Taakkaart 1 Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig? . . . . . . . . . . .46 Taakkaart 2 Watter soorte kos kry ons van plante? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 48 Taakkaart 3 Sorg vir ons kosplante . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 49 Assesseringstaak vir LU 2 Verstaan die proses van fotosintese . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .51 Taakkaart 4 Skryf ’n resep vir fotosintese . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 53 Taakkaart 5 Toets ’n groen blaar vir stysel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .54 Taakkaart 6 Toets verskillende soorte kos vir stysel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 55 Assesseringstaak vir LU1 Ondersoek stapelvoedsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 57 Taakkaart 7 Ontleed tuisgemaakte maaltye . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .60 Taakkaart 8 Vergelyk tuisgemaakte kos met verwerkte kos . . . . . . . . . . . . . . . . .63 Assesseringstaak vir LU3 Maak beter koskeuses . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 65 Taakkaart 9 Besin oor Die Lewe en Lewende Dinge . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 67 Inligting oor GM voedsel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .. 68 Gedig in isiXhosa: Umnga . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 69 Storie: Dirkie Mens en Snytjie Brood . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 70 Onderrighulpmiddels vir fotosintese . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .73

45

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 46

TAAKKAART 1

Taakkaart om te fotokopieer

Leerder taak

Wat doen alle lewende dinge en wat het hulle nodig? 1. Voltooi die prent. Wat het my liggaam nodig om die lewensprosesse uit te voer? Teken prente met byskrifte om die sewe lewensprosesse te toon.

Wat het my liggaam nodig om die lewensprosesse uit te voer?

eina!!!

46

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 47

Taakkaart 1 (vervolg)

Taakkaart om te fotokopieer

2. Skryf sinne om te verduidelik wat jou liggaam nodig het om elke proses uit te voer.

BEWEGING Bv. My liggaam moet kos eet en verteer vir energie. .................................................................... ....................................................................

RESPIRASIE .................................................................... ....................................................................

SINTUIGLIKHEID .................................................................... .................................................................... ....................................................................

GROEI .................................................................... .................................................................... ....................................................................

VOORTPLANTING .................................................................... .................................................................... ....................................................................

UITSKEIDING .................................................................... ....................................................................

VOEDING .................................................................... .................................................................... ....................................................................

47

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 48

TAAKKAART 2 Taakkaart om te fotokopieer Leerdertaak Watter kos kry ons van plante? Watter soort kos eet jy gereeld?

Van watter plante kom hierdie kos?

Slaptjips, fyn aartappel Brood Slaai Suikerriet Kool Lensies, boontjies of kekerertjies Kakaoplant Olie Spinasie Ui

48

Teestruik

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 49

TAAKKAART 3 Leerdertaak Sorg vir ons kosplante

Taakkaart om te fotokopieer

Lees die inligting en beantwoord die vrae wat volg.

Kos vir ons liggame Om gesond te bly, moet ons ’n gebalanseerde dieet eet. ’n Gebalanseerde dieet bevat kos uit die belangrikste groepe. Die belangrikste voedselgroepe is koolhidrate, proteïene, minerale en vitamiene, vette en olies, en vesel. M Koolhidrate gee ons energie. Ons kry dit van styselagtige kos soos brood, rys en aartappels. M Proteïene help ons bene om te groei. Ons kry dit van kos soos vleis, eiers, melk, boontjies en neute. M Minerale en vitamiene kom voor in vrugte en groente. Dit help ons om teen siektes te veg. M Vette en olies help ons vel en hare om gesond te bly. Ons kry dit van botter, margarien, olie en neute. M Vesel help ons spysvertering. Dit is die harde deel van plante soos appels, seldery en koring. Stapelvoedsel Regdeur die wêreld word die belangrikste kos wat mense eet, hul stapelvoedsel genoem. Stapelvoedsel verskaf aan mense die belangrikste koolhidrate (styselagtige kos) van hul dieet vir elke dag. Stapelvoedsel is styselagtige kos wat ons energie gee. Sommige van die belangrike soorte stapelvoedsel in die wêreld is rys, mieliemeel en koring. Op die meeste plekke eet mense die stapelvoedsel wat die maklikste in hul omgewing groei. In Suid-Afrika is ons stapelvoedsel mieliemeel, koring en aartappels. In Wes-Afrika is kassawe en jam die stapelvoedsel. In Asië is rys ’n gewilde stapelvoedsel. Sorghum, hawer en patats is ook soorte stapelvoedsel in sommige dele van die wêreld waar dit groei. Mense wat in stede woon, kan ’n verskeidenheid soorte stapelvoedsel van oor die hele wêreld in winkels koop en dit dan eet. Gras voed die wêreld! Amper al die stapelvoedsel kom van plante wat aan die grasfamilie behoort. Mieliemeel, koring, rys, hawer, rog, gort en sorghum kom almal van soorte grasse. Die suikerrietplant is ook ’n soort gras. Ons kry ook ons vleis en melk indirek van gras omdat beeste, bokke en skape almal gras vreet. Tradisionele kossoorte Tradisionele kossoorte kom van plaaslike gewasse. Boere versamel elke jaar die saad van hul oes om dit die volgende seisoen weer te plant. Dit help hulle om die spesifieke soort plant te laat aanhou. Sommige tradisionele kossoorte groei wild en saai hulleself, byvoorbeeld wildespinasie (umfino), maroelavrugte, turksvye, msobasoba-bessies, suurvye en swartbessies groei almal wild. Tradisionele kossoorte kan aan ons belangrike minerale en voedingstowwe verskaf. Die kos in winkels is nie so vars nie. Wanneer kos verpak en vervoer word, verloor dit ’n groot deel van die minerale en voedingstowwe daarin.

49

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 50

Taakkaart 1 (vervolg)

Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak Verbeter die oes Boere probeer dikwels die hoeveelheid kos wat hulle kan oes, verhoog. Hulle sit mis of bemesting in die grond om hul gewasse mineraalsoute te gee. Hulle gebruik ook chemikalieë om peste en siektes, wat die plante kan aanval, te beheer. Ons almal is afhanklik van boere regdeur die wêreld om vir ons kosplante te sorg.

Vrae a) Wat is ’n stapelvoedsel? b) Watter belangrike voedselgroep kom in alle stapelvoedsel voor? Waarvoor het ons dit nodig? c) Watter familie plante verskaf die meeste van die wêreld se stapelvoedsel? d) Wat bedoel ons met ’n tradisionele soort kos? e) Wat doen boere om die hoeveelheid kos wat hulle kan oes, te verhoog? f) Noem ’n paar tradisionele kossoorte wat wild groei. Sê watter jy al geëet het.

50

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 51

Assesseringstaak vir LU2

Taakkaart om te fotokopieer

Verstaan die proses van fotosintese A. Lees en bespreek In die sonlig Groen plante absorbeer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . van die son.

In die wortels Die wortels neem . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . en . . . . . . . . . . . . . . . . . uit die grond in die plant op. Blare absorbeer die gas . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Plante maak ’n soort kos wat . . . . . . . . . . . . . . . . . . genoem word. Dan verander die plante glukosesuiker na . . . . . . . . . . sodat hulle dit kan stoor. Blare skei . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . in die lug af.

In die plant Plante stoor die sonligenergie as kos (stysel) in hul .......................................

In die omgewing Mense en diere . . . . . . . . plante vir kos. Mense en diere asem . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . uit. Mense en diere asem . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . in.

51

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 52

Assesseringstaak vir LU2 (Vervolg) B. Teken Gebruik die tekening hieronder of maak jou eie om die proses van fotosintese te verduidelik. Maak pyltjies op jou tekening om te wys: M waarheen sonligenergie gaan M waarheen water en mineraalsoute gaan M waarheen koolsuurgas gaan M waarheen suurstof gaan M waar die plant glukosesuiker en stysel maak.

C. Skryf Skryf ’n paar sinne om te verduidelik waarom fotosintese belangrik vir die lewe op aarde is. .................................................................... .................................................................... .................................................................... .................................................................... .................................................................... ....................................................................

52

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 53

TAAKKAART 4 Taakkaart om te fotokopieer Leerdertaak Skryf ’n resep vir fotosintese Verbeel jou jy is ’n ou plant wat aan ’n jong plant vertel hoe om stysel te maak.

’n Resep vir stysel Hoe om glukose en stysel te maak Bestanddele Watter stowwe het jy nodig om hierdie kos te maak?

........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... Metode Watter stappe moet jy volg om die kos te maak? 1.

.................................................................

2.

.................................................................

3.

.................................................................

4.

.................................................................

5.

.................................................................

Vrae a) Wat bly oor na die plant glukose en stysel gemaak het?

........................................................................... ........................................................................... b) Waarheen gaan hierdie stof wat oorbly en wie gebruik dit?

........................................................................... ........................................................................... c) Waar maak die plant sy kos?

........................................................................... ...........................................................................

53

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 54

TAAKKAART 5

Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak

Toets ’n groen blaar vir stysel Volg die instruksies in die diagramme hieronder. Beantwoord dan die vrae wat volg.

VEILIGHEIDSMAATREËL! Moenie naby ’n oop vlam met etanol of brandspiritus werk nie. Dit is hoogs ontvlambaar en kan ontplof.

1. Sit ’n blaar in ’n babakosflessie, bedek dit met kookwater en los dit vir twee minute. Kookwater vernietig die selle se membrane. 1

2. Sit die blaar in ’n babakosflessie en bedek dit met brandspiritus (of etanol). Die brandspiritus verwyder die groen chlorofil uit die blaar. Die blaar moet na ’n rukkie wit of bleekgroen en hard wees. 2&3

kookwater babakosflessie blaar

3. Sit die babakosflessie in ’n polistireenkoppie met kookwater.

warm water brandspiritus

4. Doop die blaar in warm water. Warm water maak die blaar weer sag.

polistireenkoppie met kookwater 4

5. Sit die blaar op ’n vierkant waspapier (of plastiekdeksel) en sit ’n druppel jodiumoplossing daarop. Die jodium sal swart word waar daar stysel teenwoordig is.

Vrae

5 doop in warm water jodiumoplossing

1. Leerders beantwoord die volgende vrae. a) Het ons stysel gevind in die blare wat ons getoets het? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . b) Hoe het ons geweet dat daar stysel in die blaar was? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ............................................................... c) Wat doen jodium wanneer daar stysel teenwoordig is? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................ d) Waar maak plante hul kos? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................

54

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 55

TAAKKAART 6 Taakkaart om te fotokopieer Toets verskillende soorte kos vir stysel A. Maak voorspellings 1. Watter kleur is jou jodiumoplossing? ………………………………………………………………

2. Watter kleur sal jou jodium word wanneer jy dit op ’n styselagtige kos drup? ………………………………………………………………………………………………………

3. Maak ’n lys van die soorte kos wat jy dink stysel bevat.

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………

B. Toets verskillende soorte kos 1. Sit ’n klein monster van elke soort kos op ’n plastiekdeksel en maak seker dat die verskillende soorte kos nie aan mekaar raak nie. 2. Toets elke kos met ’n druppel jodium. Moenie met die drupper aan die kos raak nie, want dit kan die ander kosmonsters besmet. 3. Teken jou waarnemings in die tabel aan.

55

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 56

Assesseringstaak vir LU2 (Vervolg) Kos

Plant waarvan dit kom

Kleur na jodium bygevoeg is

Is stysel teenwoordig?

Maizena/meelblom Suiker Kaas Meelblom Eierwit Kookolie Artappel Gekookte bone Brood Rys Hawermoutpap Pasta Piesang Wortel Ui 4. Was jou voorspellings reg? ………………………………………………………………

C. Skryf jou gevolgtrekking saam met jou onderwyser. Wat ek uit hierdie eksperiment geleer het: ……………………………………………………………………………………………………… ……………………………………………………………………………………………………… ……………………………………………………………………………………………………… ……………………………………………………………………………………………………… ………………………………………………………………………………………………………

56

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 57

Assesseringstaak vir LU2

Taakkaart om te fotokopieer

Ondersoek stapelvoedsel

Leerdertaak

A. Bespreek vrae vir ondersoek 1. 2. 3. 4.

Wat maak ’n soort kos ’n stapelvoedsel? Hoe het jy uitgevind watter kos stysel bevat? Watter soorte kos weet jy bevat definitief stysel? Hoe sal ons besluit watter van hierdie styselkos stapelvoedsel is? Skryf in jou groep ’n paar vrae neer wat jy aan jou gesin kan vra sodat jy kan uitvind watter stapelvoedsel julle gereeld eet. 5. Bespreek watter styselagtige kos jy self die meeste eet. Dit is jou stapelvoedsel. ……………………………………………………………………………………………………… ……………………………………………………………………………………………………… ……………………………………………………………………………………………………… ………………………………………………………………………………………………………

B. Doen ondersoek, versamel data en teken dit aan 1. Doen hierdie opname: Bring ’n paar soorte kos om te toets of dit koolhidrate is (stysel bevat). Identifiseer wat jou gesin se stapelvoedsel is. Gee redes waarom jy dink dat dit ’n stapelvoedsel is. ……………………………………………………………………………………………………… ……………………………………………………………………………………………………… 2. Noudat jy weet watter soorte kos koolhidrate is (stysel bevat), doen jy ’n opname oor die volgende kos met koolhidrate. 3. Tel hoeveel keer ’n dag jy elke soort kos met koolhidrate eet. Vul dan die tabel hieronder in. Voeg nog reëls by indien jy nog plek nodig het. 4. Werk die totale hoeveelheid vir ’n week uit en teken dit in die tabel hieronder aan.

Marie se stapelvoedsel Stapelvoedsel

Ma.

Hooveel keer per dag ek die kos eet Di.

Wo.

Do.

Vr.

Sa.

So.

Totaal

Aartappel Rys Mieliemeel Brood Pasta

57

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 58

Assesseringstaak vir LU1

Leerdertaak

Taakkaart om te fotokopieer

5. Toon jou bevindinge in ’n staafgrafiek.

Grafiek om te wys hoeveel keer ’n week ek elke styselkos eet

Totale getal keer wat ek elke dag styselagtige kos geëet het

30

25

20

15

10

5

0 Verskillende styselagtige soorte kos

6. Trek die tabel hieronder oor en vul dit vir jou groep in. Wys hoeveel keer ’n week elke persoon in jou groep die soort kos met koolhidrate eet. 7. Trek ’n staafgrafiek vir elke groep van die totale aantal keer wat jou groep die verskillende soorte kos eet.

Getal keer ’n week wat ek hierdie kos eet Kos met koolhidraat (stysel) Aartappel Rys Mieliemeel Brood Pasta

58

NAAM

NAAM

NAAM

NAAM

TOTAAL

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 59

Assesseringstaak vir LU1 (vervolg)

Leerdertaak Grafiek om te wys hoeveel keer ’n week ons groep elke styselkos eet

Totale getal keer wat ons groep elke dag kos geëet het

30

25

20

15

10

5

0 aartappel

rys

mieliemeel brood

pasta

Styselagtige soorte kos

C. Evalueer en vertolk data Bespreek hierdie vrae in jou groep en beantwoord dit dan op jou eie. 1. Verduidelik wat ons met stapelvoedsel bedoel. 2. Kyk na jul grafieke, vergelyk dit en besluit wat elke persoon se stapelvoedsel is. 3. Is elke persoon se stapelvoedsel dieselfde? Gee redes. 4. Vergelyk die leerders in jou klas se soorte stapelvoedsel. Wat kan jy oor die soorte stapelvoedsel in jou klas sê? 5. Hoe maklik was dit om te tel hoeveel keer gedurende die week jy stapelvoedsel geëet het? Dink jy jy het akkuraat getel? Hoe kan jy hierdie opname verbeter en dit akkurater maak?

59

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 60

TAAKKAART 7 Leerdertaak Tuisgemaakte maaltye

Taakkaart om te fotokopieer

A. Ontleed tuisgemaakte kos 1. Kyk na die kosenergietabel en die drie voedselgroepe. Gebruik die inligting in die tabel en die diagram van die verskillende voedselgroepe om jou te help om die tabel in te vul.

Bestanddele

Voedselgroep(e)

Stampmielies Boontjies Ui

Voedselgroepe

60

’n Maaltyd van stampmielies en boontjies (umngqusho onembotyi)

Energie Stowwe by die kos gevoeg

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 61

Taakkaart 7 (vervolg)

Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak

Kosenergietabel Kos

Hoeveelheid

Kilojoules (kJ)

Suiker, wit

1 teelepel

64

Witbrood

1 sny, 40 g

300

Konfyt

1 opskeplepel

557

Grondboontjiebotter

1 teelepel

123

Gaar boontjies

1/2

437

Margarien

1 teelepel

152

Eier

1 gekook

379

Aartappel

1 groot gekook

293

Slaptjips in olie gebraai

1 klein porsie

955

Koeldrank

500 ml

900

Dieetkoeldrank

500 ml

0

Aartappelskyfies

1 pakkie 30 g

668

Hoender, in olie gebraai

1 boudjie

774

Pasteitjie, hoender

1 klein pasteitjie

2 431

Beskuitjie

1 suurlemoenroompie

300

Wit rys

1/2

koppie gaar

435

Mieliepap

1/2

koppie, styf (gaar)

463

Sjokolade (melk)

1 stafie, 100 g

2 241

Vleis (skaapbredie)

1/2

koppie

865

Spinasie

1/2

koppie = 85 g, gaar

82

Pampoen

100 g gekook

176

Olie

1 teelepel

184

Stampmielies

1/2

485

Ui

1 gaar

koppie = 85 g

koppie gaar

46

61

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 62

Taakkaart 7 (vervolg)

Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak B. Kos in die verlede, hede en toekoms 1. Vind uit watter soort kos jou ouers en oumas en oupas eers gemaak het. Praat met mense in jou familie of in die gemeenskap en kry ’n resep van ’n tradisionele dis in jou kultuur. 2. Skryf en teken die resep. Gebruik die volgende opskrifte: M Naam van kos of dis M Bestanddele M Metode (wat om te doen). 3. Wys en vertel dan die kos en die resep. Sluit enige interessante besonderhede in oor die kos en wanneer en hoe ’n mens dit eet.

Resep

............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. 62

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 63

TAAKKAART 8 Taakkaart om te fotokopieer Leerdertaak Vergelyk ’n tuisgemaakte maaltyd en ’n kitskosmaaltyd A. Verwerkte kos en kitskos 1. Kyk na die voorbeeld van die kitskos in die prent. 2. Kry die verpakking van Weense worsies en ’n koeldrankblikkie. Kyk na die bestanddele en vul die tabel in, soos jy vir die tradisionele kos gedoen het. (Gebruik die kosenergietabel en die voedselgroepdiagram om jou te help.)

Bestanddeel

Voedselgroep

Ander stowwe by kos gevoeg

Beraamde energiewaarde in kilojoules per enkelporsie

Tradisionele kos: stampmielies en boontjies Stampmielies

Groep 3

sout

Boontjies

Groep 1

437

Ui

Groep 2

46

Totale hoeveelheid energie per maaltyd

485

968 kJ

Verwerkte kos: worsbroodjie, Coke en slaptjips Weense worsies Tamatiesous Wit rolletjie Margarien Slaptjips Coke

Totale hoeveelheid energie per maaltyd

13 228 kJ

63

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 64

Taakkaart 7 (vervolg)

Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak Groep 1: Proteïene – kos wat die liggaam ophou Groep 2: Vitamiene en minerale – kos wat die liggaam beskerm Groep 3: Koolhidrate, vette en olie – kos wat energie gee

C. Vergelyk die twee soorte maaltye 1. Watter maaltyd bevat al drie voedselgroepe?

............................................. ............................................. 2. In watter maaltyd is die meeste sout, suiker en chemikalieë bygevoeg?

............................................. ............................................. 3. Watter voedselgroep verskaf die meeste kilojoules in elke maaltyd?

............................................. ............................................. 4. Skryf sinne om hierdie twee maaltye te vergelyk. Byvoorbeeld: Die tuisgemaakte maaltyd word gemaak van kos waarby daar net sout gevoeg is, terwyl baie chemikalieë by die kitskosmaaltyd gevoeg is.

............................................. ............................................. ............................................. 5. Watter maaltyd sal jy verkies? Waarom? Sal jy dit elke dag wil eet? Sal dit goed vir jou wees? Verduidelik waarom of waarom nie.

............................................. ............................................. ............................................. 64

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 65

Assesseringstaak vir LU3

Leerdertaak

Taakkaart om te fotokopieer

Maak beter koskeuses

A. Lees kosetikette 1. Werk in groepe. Maak voorbeelde van kosverpakking, prente van kos en voorbeelde van verskillende soorte kos wat jy eet bymekaar. Hier is ’n voorbeeld van ’n broodsakkie en hoe om dit te lees.

Dit sê vir jou hoeveel energie die brood bevat.

Die brood bevat hierdie stowwe.

Preserveermiddels is chemikalieë wat keer dat brood sleg raak.

Die aanbevole daaglikse toelating (ADT) dui aan hoeveel van elke stof ’n persoon van ouer as 13 jaar per dag behoort te eet.

65

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 66

Assesseringstaak vir LU3 (vervolg)

Leerdertaak B. Maak ’n plakkaat om gesonder en minder gesonde koskeuses te vergelyk 1. Lees die kosverpakking wat jy gebring het om die volgende uit te vind: a) die kos se voedingswaarde b) die voedselgroepe in die kos. Gebruik ook die voedselgroepdiagram. Besluit of jy hierdie kos meer gereeld of minder gereeld behoort te eet. 2. Voor jy jou kos op die plakkaat sit, vertel jou groep aan watter kant jy dit gaan sit en waarom. Skryf langs elke soort kos die rede waarom jy dink dit is gesond of minder gesond. Maak seker dat jy voorbeelde uit die drie belangrikste voedselgroepe insluit.

C. Beantwoord elke vraag hieronder in ’n paragraaf 1. Waarom het ons ’n gesonde dieet vir ons liggame nodig?

............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. 2. Hoe kan jy jou eie dieet gesonder maak?

............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. .............................................

66

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 67

TAAKKAART 9 Taakkaart om te fotokopieer Leerdertaak Besin oor Die Lewe en Lewende Dinge 1. Skryf en teken om te vertel oor enigiets wat jy interessant in hierdie werk oor Die lewe en lewende dinge gevind het. 2. Verduidelik waarom dit interessant vir jou was. 3. Skryf ’n paar vrae oor enigiets in Die lewe en lewende dinge waaroor jy graag meer sal wil weet.

............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. ............................................. .............................................

67

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 68

Inligting oor GM voedsel

Wat is GM voedsel? Geneties gemanipuleerde (GM) plante is plante wat wetenskaplikes ontwikkel het deur die DNS (die chemikalieë in die selle wat genetiese inligting verskaf) in plante en diere te verander. Byvoorbeeld, party visse het DNS wat hulle help om in baie koue toestande te kan lewe. Wetenskaplikes het tamaties met van hierdie vis-DNS ontwikkel sodat die tamaties nie deur ryp beskadig word nie. Wetenskaplikes moedig boere regdeur die wêreld aan om GM plante te gebruik. Die wetenskaplikes sê wat GM voedsel boere sal help om die hoeveelheid kos wat hulle kan lewer, te vermeerder.

Probleme met GM voedsel M Die wetenskaplikes is in diens van baie groot maatskappye om hul navorsing te

M

M

M M

M

68

doen. Wanneer hulle die GM saad ontwikkel het, verkoop hulle dit teen baie hoë pryse aan boere. GM saad is gewoonlik baie duur. Die wetenskaplikes verander die plant sodat die plante nie goeie saad van hul eie lewer nie. Die boere moet dus elke jaar nuwe saad koop en op hierdie manier verdien die saadmaatskappy meer geld. Die gesaaides is sterk (hulle bied goed weerstand teen peste en siektes); dus vaar hulle beter as ander plaaslike plante, wat veroorsaak dat ander plaaslike plantsoorte uitsterf. Plaaslike insek- en dierbevolkings kan beskadig raak as die GM voedsel nie goed vir hulle is om te eet nie. Nog ’n probleem is dat die boere dikwels ophou om tradisionele plante te kweek. Al lewer sommige tradisionele plante nie so ’n goeie oes nie, is hulle soms beter in staat om by klimaatveranderinge soos droogtes aan te pas. Mense voel dat dit belangrik is om aan te hou om baie van die tradisionele plante te kweek sodat dit in die toekoms gebruik kan word as die klimaat verander. Ons is nie seker of GM voedsel veilig is om te eet nie. In baie ontwikkelde lande weier mense om GM voedsel te eet in geval dit siektes kan veroorsaak. Saadmaatskappye probeer dan die saad wat die ontwikkelde lande nie wil hê nie, aan minder ontwikkelde lande verkoop.

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 69

69

L&L Gr6 AFR

70

2/22/07

8:41 AM

Page 70

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 71

71

L&L Gr6 AFR

72

2/22/07

8:41 AM

Page 72

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 73

73

L&L Gr6 AFR

74

2/22/07

8:41 AM

Page 74

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 75

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 76

AFDELING 3 Uittreksels uit die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe Graad R-7 ...................................................................................................................................76 Kernkennis en -begrippe vir Die lewe en lewende dinge (NKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . .77-81 Leeruitkomste en assesseringstandaarde (NKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 82-87

76

L&L Gr6 AFR

2/22/07

16

8:41 AM

Page 77

.................................................................

Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)

KERNKENNIS EN -BEGRIPPE VIR DIE LEWE EN LEWENDE DINGE Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse

Interaksie in Omgewings

Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit

Samevattende stelling: Lewende dinge, met inbegrip van mense en onsigbare organismes, kan in terme van lewensprosesse, funksionele eenhede en stelsels verstaan word.

Samevattende stelling: Organismes in ekosisteme is vir hul oorlewing afhanklik van die teenwoordigheid van abiotiese faktore en van hul verwantskap met ander organismes.

Samevattende stelling: Die enorme diversiteit van lewensvorme kan verstaan word in terme van ’n geskiedenis van verandering in omgewings en in eienskappe van plante en diere regdeur die wêreld oor miljoene jare heen.

Grondslagfase 1 Baie van ons liggaamsdele, soos ledemate, kop, oë, ore, voete, stem ooreen met dele van diere, en in baie gevalle gebruik diere dit vir dieselfde doeleindes as ons. 2 Diere en plante het soortgelyke behoeftes as ons ten opsigte van kos, water en lug.

3 Ons is afhanklik van plante en diere vir kos. Ons teel sekere diere en kweek sekere plante as gewasse. 4 Ons sien kulturele diversiteit in die soorte kos waarvan mense hou. 5 Party diere, soos vlieë en bosluise, dra kieme wat mense kan siek maak.

6 Daar is ’n groot verskeidenheid plante en diere wat interessante sigbare verskille het, maar ook ooreenkomste waarvolgens hulle gegroepeer kan word. 7 Plante en diere verander soos hulle groei, soos die jare verbygaan en soos die seisoene verander.

Intermediêre Fase 1 Groen plante produseer hul eie voedsel en groei deur water en stowwe uit die lug en grond te gebruik. Ligenergie is nodig om hierdie eenvoudige stowwe in voedsel en plantmateriaal te verander. Groen plante is die enigste organismes wat

5 Diere kan nie hul eie voedsel maak nie; dus eet baie diere plante terwyl sommige diere ander diere eet. Alle diere is uiteindelik afhanklik van groen plante vir hul voedsel.

10 Nuwe plante kan uit sommige dele van ’n ouerplant groei. Dit word vegetatiewe voortplanting genoem en daarvoor is saad nie nodig nie. Die nuwe plante het almal die eienskappe van die ouerplant.

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

77

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 78

.................................................................

17

Natuurwetenskappe

Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse

Interaksie in Omgewings

Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit

Intermediêre Fase voedsel in hul eie liggame kan produseer. 2 Lewende dinge het voedsel nodig vir energie, om te beweeg, om te groei en skade aan hul liggame (“weefsels”) te herstel. Diere, insluitend mense, het ’n spysverteringstelsel om voedingstowwe uit voedsel te kry. Mense het ’n gebalanseerde dieet uit spesifieke voedselgroepe nodig om gesond te bly. 3 Alle lewende dinge kan op verskillende maniere op hul omgewing reageer: diere, insluitend mense, het gespesialiseerde sintuie.

6 Ekosisteme is selfonderhoudende gebiede waar ’n wye verskeidenheid plant- en diersoorte leef en voortplant. Hulle is afhanklik van mekaar en van die nielewende omgewing. Die lewe en voortplanting van al die organismes in ’n ekosisteem is afhanklik van die voortdurende groei en voortplanting van plante. 7 Organismes se habitat is die plek waar hulle kos kry, wegkruip, kleintjies kry en, in baie gevalle, die kleintjies beskerm totdat die kleintjies ’n beter kans op oorlewing het. Diersoorte leef in ’n verskeidenheid sosiale patrone in hul habitat (alleen, saam met ’n lewenslange maat, of in troppe of kolonies). 8 Ekosisteme is van die grond afhanklik. Grond word deur natuurlike prosesse van rotse en dooie plant- en diermateriaal gevorm. Dit neem egter ’n baie lang tyd om te vorm. Stowwe wat deur plante uit die grond opgeneem word, moet vervang word om die vrugbaarheid van die grond in

11 Geslagtelike voortplanting is die proses waardeur twee individuele plante of diere ’n ander geslag individue produseer. Die volgende geslag individue lyk soos die ouers, maar hulle verskil altyd effens van die ouers of van mekaar (“variasie”). 12 Suid-Afrika het ’n ryk fossielrekord van diere en plante wat baie miljoene jare gelede gelewe het. Baie van hierdie diere en plante was anders as dié wat ons vandag sien. Party hedendaagse plante en diere toon sterk ooreenkomste met fossiele van oeroue plante en diere. Ons lei uit die fossielrekord en ander geologiese waarnemings af dat die diversiteit van lewende dinge, natuurlike omgewings en klimaatstoestande lank gelede anders was. (Skakel met fossiele in Die Aarde en die Ruimte.)

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

78

L&L Gr6 AFR

2/22/07

18

8:41 AM

Page 79

.................................................................

Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)

Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse

Interaksie in Omgewings

Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit

Intermediêre Fase 4 Lewende dinge kan hulself beweeg; diere, insluitend mense, kan hulself van plek tot plek beweeg. Baie soorte diere beweeg hulself deur middel van spiere wat aan een of ander soort skelet, binne of buite die liggaam, vasgeheg is.

stand te hou. (Skakel met grond in Die Aarde en die Ruimte.) 9 Water speel ’n belangrike rol in ekosisteme deurdat dit sowel plantas dierelewe onderhou. Industriële, landbou- en huishoudelike bedrywighede kan ’n ernstige impak hê op die gehalte en hoeveelheid van die water wat in ’n gebied beskikbaar is. (Skakel met Die Aarde en die Ruimte.)

Senior Fase 1 Mense ondergaan fisieke veranderinge soos hulle ouer word. Puberteit beteken dat die liggaam gereed is vir geslagtelike voortplanting. 2 Menslike voortplanting begin met die saamsmelting van geslagselle van die moeder en vader. Dié selle dra die patrone van sommige eienskappe van albei. 3 Bevrugting word gevolg deur ’n reeks veranderings in die moeder se liggaam, en gedurende hierdie tydperk kan die toekomstige gesondheid van die ongebore kind geraak word.

10 Menslike voortplanting is meer as bevrugting en geboorte; dit vereis dat volwassenes kinders grootmaak, wat oordeel en waardes vereis, en gewoonlik afhang van die gedrag van ander mense in ’n gemeenskap en omgewing. 11 Elke dierspesie toon spesifieke gedrag wat hulle in staat stel om kos te kry, ’n maat te vind, voort te plant, kleintjies groot te maak, in ’n bevolking van dieselfde spesie te lewe, of van bedreigings in die bepaalde omgewing te ontsnap. Hierdie

16 Die nakomelinge van organismes verskil in geringe mate van hul ouers en gewoonlik van mekaar. Dit word variasie in ’n spesie genoem. 17 Natuurlike seleksie veroorsaak dat daardie individue van ’n spesie wat nie die eienskappe besit wat hulle in staat sou stel om suksesvol in hul omgewing te oorleef en voort te plant nie, doodgaan. Individue wat die nodige eienskappe het, plant suksesvol voort en party van hul nakomelinge besit daardie suksesvolle eienskappe. Natuurlike

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

79

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 80

Natuurwetenskappe

Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse

Interaksie in Omgewings Senior Fase

4 Kennis van hoe om die oordrag van seksueel oordraagbare siektes, insluitend die MI-virus, te voorkom, moet deur gedragskeuses gevolg word. 5 Groen plante gebruik sonenergie, water en koolstofdioksied uit die lug om voedsel deur fotosintese te vervaardig. Dié chemiese reaksie vorm die kern van die vermoë van alle organisme om op die aarde te oorleef. 6 Diere, insluitend mense, benodig proteïen, vet, koolhidrate, minerale, vitamiene en water. Voedsel wat ingeneem word, word in die liggaam deur die ingewande geabsorbeer. Surplusvoedsel word as vet of koolhidrate gestoor.

waartydens die spesiebevolking in dieselfde omgewing gewoon het. 12 Alle organismes het aanpassings ontwikkel om in hul habitat te oorleef (soos aanpassings om hul waterbalans te bewaar, om die soort kos wat hulle nodig het te vind en te eet, en aanpassings vir voortplanting, beskerming of ontsnapping van roofdiere). 13 ’n Ekosisteem onderhou talle voedselkettings en daar is mededinging tussen verskillende individue en bevolkings. Suid-Afrika het sekere ekosisteme wat buitengewone biodiversiteit bevat. Alle gebruike van hierdie gebiede moet op beginsels van volhoubare ontwikkeling gebaseer wees. 14 Besoedeling meng in met natuurlike prosesse wat die interafhanklikheid en diversiteit van ’n ekosisteem onderhou.

Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit wanneer die omgewing verander; dit kan daartoe lei dat die spesie uitsterf. 18 Variasies in menslike biologiese eienskappe soos velkleur en lengte is gebruik om groepe mense te kategoriseer. Hierdie biologiese verskille dui nie op verskille in die natuurlike vermoëns van die betrokke groepe nie. Sulke kategorisering van groepe volgens biologiese verskille is nóg wetenskaplik geldig nóg presies; dit is ’n sosiale beskouing. 19 Biodiversiteit stel ekosisteme in staat om lewe te onderhou en van veranderings aan die omgewing te herstel. Verlies aan biodiversiteit affekteer die kapasiteit van ekosisteme en die aarde om lewe te onderhou. Klassifikasie is ’n manier om die groot diversiteit van organismes te organiseer en dit makliker te maak om dit te bestudeer. Die twee hoofkategorieë diere is die gewerweldes en ongewerweldes. Onder die gewerweldes is daar vyf klasse: amfibieë, voëls, visse, reptiele en soogdiere.

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

80

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 81

Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse

Interaksie in Omgewings

Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit

Senior Fase 7 Diere, insluitend mense, het ’n sirkulasiestelsel wat die hart, are, slagare en kapillêre bloedvate insluit. Dit vervoer voedingstowwe en suurstof na alle dele van die liggaam en verwyder afvalprodukte. Suurstof wat deur die asemhalingstelsel voorsien word, reageer met voedingstowwe om energie vry te stel. (Skakel met Energie en Verandering.) 8 Alle lewende dinge, insluitend mense, beskik oor middele om van afvalprodukte wat gedurende lewensprosesse geproduseer word, ontslae te raak. Water speel ’n belangrike rol in hierdie proses. 9 ’n Groot deel van lewende dinge bestaan uit water, en hul gesondheid hang af van water wat op verskillende maniere deur hul liggaam vloei. Strukture soos die niere, vel of mond vervul hierdie funksie.

15 Baie biologiese veranderings, insluitend ontbinding en herwinning van materie in ekosisteme en menslike siektes, word veroorsaak deur klein organismes wat vinnig voortplant.

20 Menslike aktiwiteite, soos die inbring van indringerspesies, habitatvernietiging, bevolkingsgroei en oormatige verbruik, lei tot ’n verlies aan biodiversiteit. Dit word duidelik wanneer meer spesies bedreig raak, of uiteindelik uitsterf. 21 Natuurlike gebeurtenisse veroorsaak ook dat spesies uitsterf. Massauitsterwings het in die verlede plaasgevind, wat ons laat dink dat enorme omgewingsverandering moontlik plaasgevind het. Hierdie veranderings het egter baie stadig gebeur, in vergelyking met die vinnige tempo waarteen mense plant- en diersoorte kan uitroei. (Skakel met Die Aarde en die Ruimte.) 22 Die sel is die basiese eenheid van die meeste lewende dinge. ’n Organisme kan uit een of baie selle ontwikkel. Selle gaan self voort met lewensprosesse soos voeding, respirasie, uitskeiding en voortplanting, wat die lewe van die organisme as geheel onderhou.

81

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 82

8 ..................................................................

Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Graad R-vlak

Graad 1-vlak

Graad 2-vlak

Graad 3-vlak

Graad 4-vlak

Leerder beplan ’n ondersoek as deel van ’n groep.

Leerder gebruik die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer.

Leerder dra idees oor bekende situasies, behoeftes of materiaal by en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoek kan lei.

Leerder neem konstruktief aan die aktiwiteit deel en verstaan die doel daarvan.

Leerder ondersoek die moontlikhede in beskikbare materiaal en vind uit hoe dit gebruik kan word.

Beplanning van ondersoek Leerder dra by tot die beplanning van ’n ondersoekende aktiwiteit.

Leerder beplan ’n ondersoek onafhanklik.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder neem deel aan beplande aktiwiteit.

Leerder neem onafhanklik deel aan ’n beplande aktiwiteit.

Leerder neem onafhanklik of as deel van ’n groep deel aan beplande aktiwiteit.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder dink en praat oor wat gedoen is.

82

Leerder dink oor wat gedoen is en sê wat uitgevind is.

Leerder wys en verduidelik wat beplan is en hoe dit gedoen is.

Leerder verduidelik en dink na oor watter optrede beplan is en of dit moontlik was om hierdie plan uit te voer.

Leerder praat oor waarnemings en stel moontlike skakels met ander situasies voor.

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 83

.................................................................. 9

Graad 5-vlak

Graad 6-vlak

Graad 7-vlak

Graad 8-vlak

Graad 9-vlak

Leerder beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak.

Leerder identifiseer faktore wat in ondersoek in ag geneem moet word en beplan maniere om data daaroor te versamel, oor ’n verskeidenheid waardes heen.

Leerder beplan ’n prosedure om voorspellings of hipoteses te toets, met beheer van ’n steurende veranderlike.

Leerder versamel en teken inligting aan, so akkuraat as wat toerusting toelaat en ondersoekdoeleindes vereis.

Leerder dra by tot stelselmatige dataversameling ten opsigte van akkuraatheid, betroubaarheid en die nodigheid om ’n veranderlike te beheer.

Beplanning van ondersoek Leerder lys, met bystand, wat bekend is oor bekende situasies en materiaal en stel vrae vir ondersoek voor.

Leerder help om fokusvrae vir ondersoek duidelik te maak en beskryf die soort inligting wat benodig sal word om die vraag te beantwoord.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder voer instruksies en prosedures uit wat ’n klein aantal stappe behels.

Leerder voer eenvoudige toetse of opnames uit en teken waarnemings of reaksies aan.

Leerder organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder doen verslag oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is.

Leerder bring waarnemings en reaksies in verband met die fokusvraag.

Leerder veralgemeen ten opsigte van die relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.

Leerder dink na oor die mate waarin die gevolgtrekkings wat bereik is, redelike antwoorde op die fokusvraag van die ondersoek is.

Leerder soek patrone en tendense in die data wat versamel is en veralgemeen ten opsigte van eenvoudige beginsels.

83

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 84

Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Graad 4-vlak

Graad 5-vlak

Graad 6-vlak

Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.

Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om kenmerke van voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.

Leerder beskryf, ten minste, die kenmerke wat een kategorie dinge van ’n ander onderskei.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van ’n sigbare eienskap.

Leerder skep eie kategorieë voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.

Leerder kategoriseer voorwerpe en organismes na aanleiding van twee veranderlikes.

(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)

Leerder interpreteer, ten minste, inligting deur alternatiewe vorme van dieselfde inligting te gebruik.

Interpretasie van inligting (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)

84

(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)

(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 6 nie.)

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 85

Graad 7-vlak

Graad 8-vlak

Graad 9-vlak

Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.

Leerder onthou, ten minste, prosedures, prosesse en komplekse feite.

Leerder onthou, ten minste, beginsels, prosesse en modelle.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.

Leerder pas klassifikasiestelsels op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.

Leerder pas veelvuldige klassifikasies op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.

Leerder interpreteer inligting deur getabuleerde data na grafieke te verander, deur data van grafieke af te lees en deur voorspellings na aanleiding van patrone te maak.

Leerder interpreteer inligting deur lyngrafieke na teksbeskrywings te verander, en omgekeerd, deur uit patrone in tabelle en grafieke te ekstrapoleer om te voorspel hoe een veranderlike sal verander, deur verbande tussen veranderlikes in tabelle en grafieke te identifiseer, en deur moontlike verbande tussen veranderlikes te hipoteseer (veronderstel).

Interpretasie van inligting Leerder interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks).

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie Leerder pas konseptuele kennis toe deur ’n begrip wat onderrig is met ’n variasie van ’n soortgelyke situasie in verband te bring.

Leerder pas konseptuele kennis op ietwat onbekende situasies toe deur na gepaste begrippe en prosesse te verwys.

Leerder pas beginsels toe en bring relevante begrippe in verband met mekaar om oplossings vir ietwat onbekende probleme te ontwikkel.

85

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 86

Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Graad 4-vlak

Graad 5-vlak

Graad 6-vlak

Begrip van wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis Leerder beskryf hoe plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het en steeds gebruik.

Leerder identifiseer maniere waarop produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is.

Leerder beskryf ooreenkomste in probleme en oplossings in eie en ander samelewings in die hede, die verlede en moontlik in die toekoms.

Begrip van die impak van wetenskap en tegnologie op die omgewing en op mense se lewens Leerder identifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle rondom hom of haar, en sê wat die doel en nut daarvan is.

Leerder identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.

Leerder stel maniere voor om tegnologiese produkte en prosesse te verbeter en om die negatiewe uitwerking daarvan op die omgewing te verminder.

Herkenning van vooroordeel in wetenskap en tegnologie wat mense se lewens raak Leerder identifiseer probleme wat sommige mense moontlik met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê.

86

Leerder beskryf die uitwerking wat ’n gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.

Leerder stel maniere voor waarop tegnologiese produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir diegene wat tans daarvan uitgesluit is.

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 87

87

L&L Gr6 AFR

2/22/07

8:41 AM

Page 88

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME TRUST (PSP) Die PSP is ’n indiens-onderwysorganisasie wat laerskoolonderwysers in die veld van die Natuurwetenskappe en verwante leerareas ondersteun, veral in township-laerskole in die Wes-Kaap. Ons is gebaseer by die Edith Stephens Wetland Park, Philippi, naby talle benadeelde gemeenskappe op die Kaapse Vlakte. Die PSP is reeds sedert 1984 bedrywig en het ’n uitstekende verhouding ontwikkel met ’n kern van 200 laerskole uit al die township-gebiede, insluitend die plattelandse gebiede van die Boland en Weskus. Meer as 1 050 onderwysers van graad 4 tot 7 en 126 000 kinders het reeds by die werk van die PSP gebaat. Die PSP werk in ’n omgewing waar die meeste onderwysers en leerders ’n tweede taal moet gebruik. Ons werk dus ook aan die ontwikkeling van leerders se kommunikasievaardighede terwyl ons op wetenskapverwante leerareas en die omgewing fokus. Die PSP werk tans met ’n span van nege personeellede.

Kontakbesonderhede Western Cape Primary Science Programme (PSP) Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg Philippi 7785 Posbus 24158 Lansdowne 7779 Tel: (021) 691 9039; Faks: (021) 691 6350 e-pos: [email protected]; webtuiste: www.psp.org.za NPO: 015-822 Registrasienommer: IT2806/99

Related Documents


More Documents from "Primary Science Programme"