’n Voorbeeld van ’n leerervaring in Natuurwetenskappe
DIE LEWE EN LEWENDE DINGE
Western Cape Primary Science Programme ©2005
Rasionaal Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom die inhoudsveld Die Lewe en Lewende Dinge te ondersteun. Dit is nie ’n volledige werkskedule nie. Dit bied moontlikhede vir onderwysers om ander leerervaringe in te sluit en dit verder uit te brei en te ontwikkel. Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy te werk kan gaan om die drie leeruitkomste in die Natuurwetenskappe-leerarea van die HNKV te bereik. Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek A Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los. Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis A Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe. Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing A Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon. Ons weet dat kinders van nature weetgierig en oplettend is. Kinders leer oor die wêreld deur waar te neem, vrae te vra en sin van hul ervaring te probeer maak. Wetenskaponderrig behoort hierdie natuurlike neigings toe te laat om te ontwikkel. Moedig jou leerders aan om vrae te vra. Vrae is ’n geleentheid om die klas by waarnemings en besprekings te betrek. In Wetenskap wil ons hê leerders moet die volgende doen: A ontwikkel ’n lewendige weetgierigheid oor die wêreld om hulle A stel vrae met selfvertroue A bring hul vrae in verband met wat hulle in hul tuisomgewing en in die wêreld waarneem. Dit kan lei tot ’n ryke omgewing om in te dink, te praat en te skryf. Kinders met hierdie weetgierigheid sal leer en sal ook in skeppende mense ontwikkel.
Assessering Die assesseringstake in hierdie groep leerervaringe skakel direk met die HNKVassesseringstandaarde. Dit is ontwerp om leerders aan te moedig om te wys wat hulle weet en dink en om hul vrae op te teken en aan jou te wys. Kursus aangebied deur Rose Thomas en Nontsikelelo Mahote Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Nicci Cairns en Janet Ranson en vertaal deur Ronél Gouws Erkennings: Di en Johnny Hutton-Squire Stigting vir Heuningbye en heuningprodukte (kontakbesonderhede bladsy 58) Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg, Philippi, 7785 Posbus 24158, Lansdowne, 7779, Suid-Afrika Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 E-pos:
[email protected] Webtuiste: www.psp.org.za
Inhoud AFDELING 1 Leerervaringe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .1–29 Assesseringstake LU1. Biodiversiteit: die baie verskillende soorte plante en diere . . . . . . . . . . . . . . .6 LU2. Verdeel diere in groepe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .16 LU3. Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .24 Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .30
AFDELING 2 Hulpmiddels vir onderwysers Taakkaart 1
Sorteer die gewerweldes deur ’n klassifikasiesleutel te gebruik . . . . . .32 Prente van diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .34 Taakkaart 2 Assesseringstaak vir LU1 Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons . . . . . . . . . . . . .37 Sleutel om blare te sorteer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39 Taakkaart 3 Voedselkettings en voedselwebbe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40 Tuin-ekosisteem-legkaart . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .41 Taakkaart 4 Assesseringstaak vir LU2 Ons maak ons eie voedselweb . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .42 Identifikasie van ongewerweldes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .43 Taakkaart 5 Lewensiklusse van plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .45 Prente van lewensiklusse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .46 Taakkaart 6 Assesseringstaak vir LU3 Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .53 Feiteblad: Waarom is bye so belangrik vir die wêreld? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .56 Taakkaart 7 Die biodiversiteit van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .59 Plakkaat van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .60 Sleutel vir die Kowierivier-plakkaat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .62 Sleutel vir die diere van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .64 Agtergrondinligting oor biodiversiteit . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .65
AFDELING 3 Assessering . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .67 Klasrekordblad . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .68 Assesseringsinstrument . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .70
AFDELING 4 Uittreksels uit die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir ` Natuurwetenskappe Graad R tot 9 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .71 Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge (HNKV) . . . . . . . . . . . . . . . . .72 Leeruitkomste en assesseringstandaarde (HNKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .78
AFDELING 1 Leerervaringe Ons is almal afhanklik van mekaar 1. Biodiversiteit: die baie verskillende soorte plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . .1 2. Sorteer diere in groepe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3 Assesseringstaak vir LU1: Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6 3. Voedselkettings en -webbe: plante en diere is afhanklik van mekaar om te oorleef . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .12 Assesseringstaak vir LU2: Ons maak ons eie voedselweb . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .16 4. Lewensiklusse van plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .17 5. Ons is almal afhanklik van bye . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .21 Assesseringstaak vir LU3: Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .24 6. Ons is almal afhanklik van mekaar . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .27 7. Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .30
1
Biodiversiteit: die baie verskillende soorte plante en diere
Sleutelbegrippe • Daar is baie verskillende soorte plante en diere. Dit word biodiversiteit genoem. (Bio- beteken lewe en diversiteit beteken baie verskillende soorte.)
Onderwysertaak
Inleiding 1. Vra leerders om saam met ’n maat te werk en mekaar te vertel van die verskillende plante en diere waarvan hulle weet. 2. Deel ’n verskeidenheid prente van plante en diere uit (sien prente vanaf bladsy 34 om te fotokopieer). 3. Bespreek hierdie vrae met die leerders. Aanvaar baie verskillende idees en menings.
Vra Waarom, dink jy, is daar so baie verskillende soorte plante en diere op aarde? 4. Stel die term biodiversiteit bekend. Skryf dit in groot letters op die bord en verduidelik dat ons gaan uitvind wat dit beteken. 5. Vra leerders om aan diere of plante te dink waarvan die name met B, I, O, D, I, V, E, R, S, I, T, E, I, T begin. Skryf die name van die plante of diere langs die betrokke letters en vorm elke woord so. 6. Vra leerders wat hulle dink die woord biodiversiteit beteken. Verduidelik dat biodiversiteit ’n woord is wat na die baie verskillende plante en diere wat op aarde lewe, verwys. Verduidelik dat ons (mense) ook deel van die aarde se biodiversiteit is.
Maak ’n klasuitstalling of plakkaat 7. Maak ’n kleurvolle uitstalling of plakkaat van plante en diere. Organiseer dit rondom die woord biodiversiteit. Die leerders kan prente van diere en plante bring, dit teken, daaroor skryf of diere en plante klas toe bring. Die uitstalling of plakkaat moet ’n groot verskeidenheid plante en diere bevat. Gedurende die volgende week of twee laat jy die leerders prente en die name van plante en diere op die plakkaat byvoeg. Dit hoef nie noodwendig by die letters in die woord biodiversiteit te pas nie. Wat jy hier probeer doen, is om ’n beeld te vorm wat die diversiteit van lewende dinge toon.
Biodiversiteit beteken al die lewende dinge op aarde en elkeen se habitat (die spesiale plek waar dit lewe). Biodiversiteit is alle lewe op ons planeet Aarde en waar dit lewe. Biodiversiteit is al die verskillende vorms van lewe wat saam op ons aarde lewe. Dit sluit plante, diere, mense en mikro-organismes en elkeen se habitat in.
Vaslegging Skryf ’n opsomming op die bord om te verduidelik wat biodiversiteit beteken. Die leerders kan dit in hul boeke afskryf.
1
Verduidelik dat mikro-organismes die klein kieme (bakterieë en virusse) is wat ook op aarde lewe. Hulle is ook deel van die aarde se biodiversiteit, selfs al kan ons dit nie maklik sien nie.
Vra en dink na oor A
Waarom, dink jy, dit is belangrik dat daar baie verskillende soorte plante en diere op aarde is? A Waarom, dink jy, moet ons bekommerd wees as daar baie min van elke soort plant of dier oor is? A Waarom, dink jy, moet ons bekommerd wees as daar al hoe minder natuurlike gebiede (habitats) op aarde oor is?
BIOvlieg
een d
see -
an em oo n
inkvis
tongvis
impala
2
DIVERSITEIT
druiwe
o va isikh
m wu r er d
rob
see pla
kki
e
tobie
2
Sorteer diere in klasse
Sleutelbegrippe Inleiding • Wetenskaplikes groepeer diere in twee hoofgroepe: gewerweldes (diere met ’n ruggraat) en ongewerweldes (diere sonder ’n ruggraat). • Gewerweldes kan verder in vyf verskillende groepe (klasse) gesorteer word. • Daar is baie verskillende groepe ongewerweldes en daar is baie verskillende soorte ongewerweldes is.
Bring ’n paar bene (beendere) klas toe of vra leerders om bene te bring. Vra leerders om te sê van watter diere die bene kom. Verduidelik dat sommige diere bene het, maar ander nie. Vra leerders om voorbeelde te noem. Die diere met bene word gewerweldes genoem en die diere wat nie bene het nie, word ongewerweldes genoem.
Onderwysertaak 1. Deel prente van die gewerwelde diere op bladsy 34 uit. Erdwurm
Jellievis
Ongewerweldes Gewerweldes
Die geraamte van ’n tipiese soogdier
Die bene in ’n mens se hand
Aan die onderwyser 2. Vra die leerders om te besluit watter diere hulle dink gewerweldes In hierdie oefening sal leerders dalk sukkel om dolfyne en walvisse (soogdiere), pikkewyne (voëls) en vlermuise (soogdiere) te klassifiseer. Dit is nie maklik om hulle met die sleutel te klassifiseer nie. Jy kan egter vir die leerders sê tot watter klasse hulle behoort.
en watter diere ongewerweldes is. Vra hulle dan om die gewerweldes te sorteer in groepe wat bymekaar pas. Hulle moet redes gee waarom hulle die diere op ’n sekere manier groepeer. 3. Verduidelik aan die leerders dat hulle gewerwelde diere op ’n meer wetenskaplike manier gaan sorteer. 4. Gebruik weer dieselfde prente en deel ook die sorteersleutel op bladsy 5 uit. 5. Help die leerders om die vyf klasse gewerweldes te benoem
3
TAAKKAART 1
Leerdertaak taakkaart om te fotokopieer op bladsy 32.
Sorteer gewerweldes met behulp van ’n klassifikasiesleutel 1. Sorteer die prente van diere in gewerweldes en ongewerweldes. Sorteer dan die gewerweldes in groepe. Gee ’n rede waarom jy sekere diere saamgegroepeer het. 2. Gebruik die sorteersleutel op bladsy 5. Volg die vrae een vir een om jou prente te sorteer tot jy vyf verskillende groepe het. 3. Gee elke groep ’n naam. 4. Wanneer jy die diere in hul klasse gesorteer het, trek jy die tabel hieronder oor en vul dit in.
Klasse gewerwelde diere Naam van klas
visse
paddas
reptiele
voëls
soogdiere
Tekening van een dier
geelstert brulpadda Name van nog voorbeelde
skilpad
hoender
vark
snoek
spookpadda krokodil
arend
hond
sardien
reënpadda
vink
muis
slang
leervis
Een kenmerk
4
vinne
asem lug in skubberige lê eiers vel
warmbloedig
Sorteringsleutel vir Aktiwiteit 2 In biologie bestudeer ons lewende dinge. As ’n mens lewende dinge bestudeer, help dit om hulle in groepe of stelle te sit. Ons moet al die lewende dinge van dieselfde soort in elke stel sit.
’n vlermuis
Hier is veertien diere. Hulle lyk almal verskillend. Hulle kan almal verskillende dinge doen. Ons kan hierdie diere in groepe verdeel. ’n geelbek ’n padda
’n akkedis
’n haai
’n bobbejaan ’n arend ’n volstruis
’n florel ’n haas ’n hoender ’n krokodil
’n leeu
’n slang
Kyk na die feite oor (eienskappe van) elke dier. Ons kan stelle diere met dieselfde eienskappe maak. Skryf die name van die diere in elke stel neer.
FEITE 1. Waar woon die diere? (a) Sit al die diere wat op land woon, in een stel. (b) Sit al die diere wat in water woon, in ’n ander stel. (c) Watter diere pas nie mooi in een van hierdie stelle nie?
2. Hoe beweeg diere? (a) Sit al die diere wat vlieg, in een stel. (b) Sit al die diere wat swem, in ’n ander stel. (c) Sit al die diere met vlerke in een stel. (d) Is alle diere wat vlieg, voëls? (e) Is alle diere wat swem, visse? (f) Woon alle diere wat bene het, op land?
3. Watter soort vel het diere?
(a) (b) (c) (d) (e)
Sit al die diere met vere in een stel. Kan al hierdie diere vlieg? Sit al die diere met skubbe in een stel. Is al hierdie diere visse? Maak stelle van al die diere met: (i) vere (ii) hare of pels (iii) droë skubbe (iv) skubbe of vinne (vi) ’n gladde, droë vel met segmente
VOORBEELD: • Diere wat op land woon: ’n slang, ’n akkedis, ’n haas, ’n bobbejaan, ’n leeu, ’n arend, ’n vlermuis, ’n volstruis en ’n hoender. • ’n Krokodil woon op land en in die water.
5
Assesseringstaak vir LU1
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons
Sleutelbegrippe
Onderwysertaak
• Daar is baie verskillende soorte plante. • Elke soort plant se blare is ’n spesifieke vorm. Ons kan ’n plant identifiseer deur na sy blaarvorm te kyk. Ons kan ook sê of twee plante verskillend is deur hul blaarvorms te vergelyk. • Ons kan die biodiversiteit van plante in ’n gebied tel deur te tel hoeveel verskillende soorte blare ons kan kry. • Blare kan in verskillende vorms geklassifiseer word.
Moedig die leerders aan om aan die diversiteit van plante te begin dink deur ’n ondersoek te doen. Die ondersoek is in die vorm van ’n opname van die verskillende plante in jul omgewing. Leerders versamel en sorteer verskillende soorte blare. Dit sal hulle help om die blare te beskryf en te klassifiseer en om te sê hoeveel verskillende soorte plante daar in hul omgewing is.
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons A. Beplan die ondersoek Vra:
Hierdie ondersoek is daarop gerig om die volgende graad 5assesseringstandaarde vir LU1 te bereik: Beplan ondersoek A
Lys, met bystand, wat bekend is oor bekende situasies en materiaal en stel vrae vir ondersoek voor.
Voer ondersoek uit en versamel data A
Voer instruksies en prosedures uit wat ’n klein aantal stappe behels.
Evalueer data en kommunikeer bevindings A
6
Doen verslag oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is.
hoeveel verskillende soorte plante, dink jy, is daar in ons omgewing (op ons skoolgrond, ons buurt, ens.)? lyk hulle almal eenders? op watter manier is hulle verskillend? en op watter manier is hulle dieselfde?
het alle plante dieselfde blare, bas, sade of vrugte? het dieselfde soort plante dieselfde of verskillende blare, stingels, sade of vrugte? hoe kan ons uitvind hoeveel verskillende soorte plante daar is?
Moedig leerders aan om soveel moontlik maniere van sortering te noem. Hulle kan die verskillende maniere op die bord skryf en dit dan in hul boeke afskryf. Aanvaar ’n wye verskeidenheid idees. Na leerders hul voorstelle gemaak het, verduidelik jy dat een van die maniere waarop ons kan uitvind hoeveel verskillende plante daar is, is deur hul blare te versamel, te sorteer en te tel. Die fokus is dus op hierdie idee Ons tel die aantal verskillende blare wat ons in ’n gebied of habitat kan vind en dit sal ons vertel hoeveel verskillende soorte plante daar is.
Voorbereiding Verdeel die leerders in groepe en besluit in watter gebied hulle hul blare sal versamel. Ons tel biodiversiteit altyd in ’n spesifieke gebied wat duidelik gedefinieer is. Sodoende kan jy twee verskillende gebiede se biodiversiteit vergelyk. Vra leerders om ’n blaar van elke verskillende plant wat hulle in daardie gebied kan kry, te versamel. Wanneer hulle hul blare versamel het, sorteer hulle dit op hul eie manier. Kontroleer wat hulle doen. Hulle moet in staat wees om te verduidelik waarom hulle dit op ’n spesifieke manier gesorteer het.
Aan die onderwyser Jy kan ook die verskeidenheid blomplante ondersoek deur na hul verskillende soorte blomme, vrugte of sade te kyk. Jy kan die verskeidenheid bome uitken deur vryfafdrukke van boombas te maak. Leerders sal papier en ’n potlood hiervoor nodig hê.
Na hulle hul eie sortering gedoen het, verduidelik jy dat wetenskaplikes dit nuttig vind om die blare te sorteer deur na hul vorm en hul rande te kyk. Dit help hulle om die verskille tussen die blare te verstaan sodat hulle die verskillende blare en plante makliker kan tel.
Verskillende blaarvorms
a rond
b hartvormig
g palmvormig ) (soos jou handpalm
c eiervormig
h handvormig
d niervormig
e pylvormig
f ellipties
i riemvormig
7
TAAKKAART 2 Verskillende blaarrande
a glad
b saagvormig
c getand
d hobbelrig
e golwend
Berei groot stukke papier met die tabel op die volgende bladsy voor. Die leerders kan hul blare op so ’n tabel klassifiseer
8
Leerdertaak
ASSESSERINGSTAAK VIR LU1
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom jou taakkaart om te fotokopieer op A. Beplan die ondersoek A Besluit waar jy blare gaan versamel. bladsy 37
B. Versamel en sorteer die blare A
Versamel soveel moontlik verskillende soorte blare in jou omgewing. A Werk saam met jou groep en sorteer die blare wat jy dink bymekaar pas, in groepe. A Verduidelik waarom jy hulle in daardie groepe sit.
C. Klassifiseer, beskryf en tel die blare en deel die resultate 1. Kyk na die blaarvorms. Kyk ook na die blaarrande. 2. Maak ’n tabel of plakkaat soos die een hieronder. (Jy sal ’n groot stuk papier nodig hê.) Knip die vorms in die sleutel op bladsy 39 uit en plak elkeen langs die geskikte opskrif. Sorteer dan die blare wat jy gekry het volgens die tabel.
Blaarvorms Blaarrande
Rond
Hartvormig
Ovaal
NierPylvormig Ellipties Palmvormig vormig
Handvormig
Riemvormig
Glad
Saagvormig
Vo o
rb
ee
ld
Getand
Hobbelrig Golwend
va n
vo lt
oo
ide
ka a
rt
op
bla
ds
y8
Totaal
9
Leerdertaak
Leerdertaak (vervolg)
3. Sit elke blaar in die kolom volgens sy vorm. Sit dit in die ry langs die korrekte blaarrand. 4. As jy blare kry waarvan die vorm of rand verskillende van diee van die tabel verskil, teken jy die vorm of rand en gee jou eie naam vir die rand of vorm. 5. Tel op hoeveel van elke soort jy gekry het.
D. Deel die resultate Teken- en skryftaak 1. Kies drie verskillende blare wat jy interessant gevind het. Teken hulle. Maak ’n opskrif en skryf watter vorm elkeen is. Benoem hul rande. 2. Beskryf die blaar in ’n paar sinne. Beskryf sy vorm, sy rand, sy kleur en enige ander interessante kenmerke. 3. Skryf ’n sin oor hoeveel verskillende soorte blare die hele klas altesaam gekry het. 4. Stal jul tekeninge teen die klaskamermuur uit.
Vaslegging Wat het ons oor ons plantdiversiteit geleer? Vra elke groep om oor hul bevindinge verslag te doen en te tel hoeveel van elke soort blaar hulle gekry het. Die aantal verskillende blare sal jou ’n biodiversiteitstelling van die plante gee, dit wil sê, die plantbiodiversiteit in jou omgewing is die aantal verskillende soorte plante wat volgens hul blare geïdentifiseer is.
Vra en dink na oor A A A A A A
10
Het julle almal ewe veel van elke soort blaar gekry? Kan jy verduidelik waarom of waarom nie? Wat sê die verskillende soorte blare vir jou? Waarom, dink jy, is daar so baie verskillende soorte blare en plante? Verskillende plante kan eenderse blare hê. Waarom is dit so, dink jy? As jy die biodiversiteit in ’n ander gebied getel het, dink jy jy sou kon verwag om dieselfde hoeveelhede te kry? Waarom of waarom nie?
Assesseringstaak
Assesseringskriteria vir LU1
Ondersoek die biodiversiteit van die plante rondom ons
A. Beplan die ondersoek Leerders moet die volgende doen: Noem ten minste twee maniere waarop ons kan uitvind hoeveel verskillende soorte plante daar is. Byvoorbeeld deur op verskillende kenmerke soos die volgende te let: A verskillende blomme A verskillende soorte bas A verskillende blare, ens. A en tel dan die aantal die verskillende soorte.
B. Versamel en sorteer die blare Leerders moet die volgende doen: A Versamel ’n verskeidenheid verskillende blare. A Sorteer blare in groepe gebaseer op soortgelyke kenmerke en verduidelik wat hierdie kenmerke is (werk hul eie klassifikasiestelsel uit en verduidelik dit).
C. Klassifiseer, beskryf en tel die blare en deel die resultate Leerders moet die volgende doen: A Klassifiseer die blare korrek volgens die tabel. A Teken en beskryf drie blare deur die sleutelwoorde vir die vorms en rande in die tabel te gebruik. A Die tekeninge moet netjies en duidelik wees en die vorm en rand duidelik wys. A Die tekeninge moet ’n gepaste opskrif en korrekte byskrifte hê. A Die leerder moet in staat wees om die blare op ander maniere te beskryf, soos hul kleur, grootte en tekstuur. A Stal hul blare uit.
11
3 Sleutelbegrippe • Alle diere is afhanklik van plante vir hul kos. • Ons almal is afhanklik van ’n verskeidenheid plante en diere om te oorleef. • Plante maak hul eie kos en word produsente genoem. Hulle maak kos vir hulleself en vir diere. Uitbreidingsbegrippe • Diere wat slegs plante eet, word primêre (die eerste) verbruikers genoem. • Diere wat ander diere en plante eet, word sekondêre (die tweede) verbruikers genoem. • Diere wat die sekondêre verbruikers eet, word tersiêre (die derde) verbruikers genoem. Hulle is altyd vleiseters (karnivore).
Voedselkettings en -webbe Plante en diere is afhanklik van mekaar om te oorleef Onderwysertaak
Inleiding Verduidelik en vra A A
Kan jy sonder ander mense oorleef? Kon jy vandat jy ’n baba was sonder ander mense oorleef het? Wat het ander mense vir jou gedoen? A Kan jy nou sonder ander mense oorleef? Maar ons het nie net mense nodig nie. Wat anders het ons nodig? Wat dink jy sal met die aarde en met ons gebeur as daar nie so baie plante en diere was nie?
Voedselkettings Vra leerders om aan een soort kos wat hulle vandag geëet het, te dink en om dit terug te voer na die plante waar dit vandaan kom en dan terug na die son. Let Wel: Die pyltjies gaan altyd vanaf die kos na die dier wat dit eet. Die pyltjies gaan in die rigting van die energievloei. Byvoorbeeld:
Son
d
Mieliepitte
d
Hoender
d
Mens
Die son gee die mielies energie en help hulle om te groei. Die hoender eet die mielies en kry energie daaruit. Die mens eet die hoender om energie te kry.
Son
d
Gras
d
Koei (vleis en melk)
d Mens
Die son help die gras om te groei. Die koei eet die gras. Die mens eet die vleis en drink die melk van die koei. 12
Dit word ’n voedselketting genoem en dit wys die verskillende plante en diere waarvan ons afhanklik is. Ons weet egter dat ons meer as een soort kos eet en ons is dus afhanklik van meer as een plant of dier vir ons kos. Diere en plante is afhanklik van mekaar. Om die waarheid te sê, alle lewe is onderling afhanklik. Byvoorbeeld, baie plante kan nie voortplant tensy ’n dier hulle bestuif of hul saad versprei nie.
Voedselwebbe
Onderwysertaak
Plante, diere en mense is onderling afhanklik. Dit beteken ons is almal afhanklik van mekaar om te oorleef. Dit is realistiese om die verband tussen plante en diere met behulp van ’n voedselweb eerder as ’n voedselketting voor te stel aangesien dit die veelvoudige verband tussen lewende organismes toon. 1. Deel die voedselweblegkaart van die tuin-ekosisteem uit (bladsy 41). Gee, indien moontlik, een legkaart vir elke twee leerders. Vra hulle om die legkaart uit te werk en dit dan in hul boeke te teken en die pyltjies in te sit. Die pyltjies gaan van die kos na die dier wat dit eet. Daar sal meer as een pyltjie tussen sommige diere en plante wees. 2. Leerders moet die vrae oor die voedselweb in hul boeke beantwoord.
Leerdertaak Voedselkettings 1. Kies enige soort kos wat jy vandag geëet het. Teken en benoem ’n voedselketting om te wys waar jou kos vandaan gekom het. Wys die stappe terug tot by die son. Skryf om jou voedselketting te taakkaart om te verduidelik. Onthou, die pyltjies gaan vanaf die kos na die dier wat fotokopieer op dit eet. bladsy 40.
Voedselwebbe 1. Gebruik die legkaart van die tuinekosisteem op bladsy 41. 2. Werk die voedselweb in die legkaart uit. 3. Teken dit dan in jou boek en sit die pyltjies in. Die pyltjies gaan van die kos na die dier wat dit eet. Daar sal meer as een pyltjie tussen sommige diere en plante wees.
Vrae Beantwoord hierdie vrae oor die tuin-ekosisteem. Skryf die antwoorde in jou boek. A Waarom begin die voedselweb met die onderste plante? Hierdie plante voed nie op enigiets nie. Hulle maak hul eie kos deur lug, water en energie van die son te gebruik. Alle diere is afhanklik van die plante vir kos. A Wat wys die pyltjies? Die pyltjies wys die energie gaan vanaf die kos na die dier wat dit eet. A Waarom het sommige diere meer as een pyltjie wat daarna gaan? Hierdie diere eet meer as een ding en elkeen het sy eie pyltjie.
13
Leerdertaak (vervolg)
Leerdertaak A
Waarom het sommige diere en plante meer as een pyltjie wat van hulle gaan? Hierdie diere en plante word deur meer as een dier geëet. A Wat is ontbinding? Waarom is dit belangrik vir die voedselweb? Ontbinding is wanneer dooie plante en diere in die grond verrot. Dit verryk die grond. Dit is belangrik, want goeie grond help die plante om te groei. Hierdie plante verskaf kos aan die diere.
Onderwysertaak Stel bekend en verduidelik Aan die onderwyser Voedselwebbe In ’n voedselweb is daar altyd plante én diere. Hulle kry hul kos op verskillende maniere.
Produsente Die plante maak hul eie kos en verskaf ook kos aan die diere. Hulle word dus die produsente genoem.
Planteters, vleiseters, en trofiese vlakke Sommige diere is planteters (herbivore). Ander diere is vleiseters (karnivore); hulle eet diere. Sekere vleiseters eet egter diere wat op hul beurt plante eet. Byvoorbeeld, ’n leeu eet ’n springbok, wat gras eet. Ander vleiseters eet egter diere wat diere eet. Byvoorbeeld, ’n voël eet ’n akkedis, wat vlieë en sprinkane eet. In ’n voedselweb is daar dus verskillende soorte voeding. Hierdie verskillende soorte (vlakke van) voeding word trofiese vlakke (voedingsvlakke) genoem.
Ontbinding Wanneer plante en diere doodgaan, ontbind (verrot) hulle. Dit beteken dat hul dooie liggame deur klein diertjies, swamme en bakterieë in die grond geëet en afgebreek word. Hierdie organismes word ontbinders genoem. Hulle help om alle lewende dinge uiteindelik na die grond te laat terugkeer. Dit verryk die grond en laat toe dat nuwe lewe groei.
14
Stel die volgende terme aan die leerders bekend. As ’n uitbreidingsaktiwiteit kan jy die trofiese vlakke op ’n prent van die tuinvoedselweb verduidelik. Primêre produsente: Die plante in ’n voedselweb word die primêre produsente genoem. Dit is omdat hulle gedurende fotosintese kos vir hulleself en vir ander lewende dinge maak. Hulle gebruik energie uit sonlig, water en koolsuurgas uit die lug om koolhidrate (soos glukose en stysel) te maak. Dit is die stapelvoedsel van alle lewende organismes. Primêre verbruikers: Die diere in ’n voedselweb wat slegs plante eet, word primêre verbruikers genoem. Dit is omdat hulle slegs die primêre produsente eet, wat die plante is. Hierdie diere word ook planteters genoem, want hulle eet net plante. Voorbeelde van planteters is skape, bokke, beeste en baie insekte.
TUIN-EKOSISTEEM
Janfiskaal TERSIÊRE VERBRUIKERS
Liewenheersbesie
Spinnekop
Padda
SEKONDÊRE VERBRUIKERS
Plantluis
Kriek
Mot / ruspe
Erdwurm
Duisendpoot
PRIMÊRE VERBRUIKERS
Roosstruik Varkoor PRIMÊRE PRODUSENTE
Gousblom
ONTBINDERS
Detritus
Sekondêre verbruikers: Die diere in ’n voedselweb wat die primêre verbruikers eet, word sekondêre verbruikers genoem. Dit is omdat hulle diere, wat plante eet, eet. Tersiêre verbruikers: Die diere in ’n voedselweb wat die primêre en sekondêre verbruikers eet, word tersiêre verbruikers genoem. Dit is altyd vleiseters. Ontbinders: Dit is klein organismes soos bakterieë, swamme, erdwurms, vlieë en larwes wat in die grond en in kompos lewe. Hulle voed op dooie plant- en dierliggame en help dit om te verrot en af te breek tot dit weer deel van die grond word. Vra leerders om die name van hierdie kosvlakke op hul tekeninge van die tuin-ekosisteem in te skryf.
Vaslegging Kontroleer dat die leerders die voedselweb korrek voltooi het. Kontroleer ook in die uitbreidingsoefening dat hulle die verskillende trofiese vlakke verstaan. Bespreek die vrae met die leerders na hulle dit beantwoord het. Laat hulle dan nog besonderhede by hul antwoorde byvoeg, indien nodig. 15
Assesseringstaak vir LU2
Ons maak ons eie voedselweb
Hierdie assesseringstaak is daarop gerig om die volgende graad 5-assesseringstandaarde te bereik: Onthou betekenisvolle inligting: Gebruik, ten minste, eie vlotste taal om
kenmerke van voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf. Kategoriseer inligting: Skep eie kategorieë voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.
Leerdertaak Teken jou eie voedselweb Die voedselweb moet die volgende bevat: 1. Daar moet ten minste tien lewende dinge wees, insluitend gewerweldes én ongewerweldes. 2. ’n Mens moet deel van die voedselweb wees. 3. Byskrifte moet die name van die plante en diere aandui. 4. Pyltjies moet wys wat die verskillende diere eet. 5. Vir die uitbreidingsaktiwiteit: Byskrifte moet die primêre produsente, primêre verbruikers, sekondêre verbruikers en tersiêre verbruikers aandui. A Probeer om ’n paar regte plante en diere wat jy naby jou huis of skool gesien het, in jou voedselweb te gebruik. A Gebruik die identifikasielys van ongewerweldes op bladsy 43 om jou te help om van die diere te benoem en te identifiseer. Skryf Skryf ’n paar sinne oor wat jy oor voedselwebbe geleer het.
Vaslegging Verduidelik Ons het ’n uitdrukking in Suid-Afrika: “Umntu ngumntu ngabantu.” Dit beteken: “’n Mens is ’n mens deur ander mense.” Ons is dus almal afhanklik van mekaar en het mekaar nodig. A Wat beteken dit? A Is dit waar? A Is ons net van mense afhanklik? Waarom sê jy so?
16
Assesseringstaak
Assesseringskriteria vir LU2
Teken ’n voedselweb.
Die voedselweb moet die volgende bevat: A Daar moet ten minste tien lewende dinge wees, insluitend gewerweldes en ongewerweldes asook ’n mens. Vir uitbreiding moet dit korrek in die vier trofiese vlakke gegroepeer wees. A Byskrifte moet die name van die plante en diere aandui. A Pyltjies moet wys wat die verskillende diere eet. Die pyltjies moet vanaf die kos na die diere wat dit eet, wys. A Die tekening moet netjies en duidelik wees. A Uitbreidingsaktiwiteit: Korrekte byskrifte moet die primêre produsente, primêre verbruikers, sekondêre en tersiêre verbruikers aandui. (Mense sal sekondêre verbruikers wees, want hulle eet plante én diere.)
4
Lewensiklusse van plante en diere
Sleutelbegrippe Inleiding • Alle plante en diere gaan deur verskillende stadiums terwyl hulle groei. • Die groeiproses van ’n lewende ding word sy lewensiklus genoem. • Die lewensiklus herhaal homself van geslag tot geslag. • Wanneer ’n dier nie sy lewensiklus kan voltooi nie, word die diversiteit en oorlewing van die hele spesie geaffekteer.
Onderwysertaak
Die menslike lewensiklus A A
Stel die prente van Madiba hieronder bekend. Lei ’n klasbespreking oor sy lewe.
Vra A A A A A A
Hoe oud is hy? Wat het hy gedoen voor hy president geword het? Waar is hy gebore? Waar het hy grootgeword? Het hy enige kinders? ens.
Versamel prente van die stadiums in die menslike lewensiklus (voorbeelde op bladsy 18).
Oudpresident Nelson Mandela as ’n jong man in die 1960’s (links) en ’n meer onlangse foto van Madiba in sy sewentigs (bo). Foto: Iziko SA Nasionale Galery
A
Vra leerders om jou te help om hierdie prente op die bord te rangskik. A Stel sleutelwoorde soos die volgende bekend en skryf dit op die bord: baba, peuter, kind, tiener, jong mens, volwassene, ou mens. A Stel die prosesse van groei en ontwikkeling bekend. 17
Vra A
Hoe het die mens vanaf ’n baba na ’n kleuter ontwikkel? (Hy/sy het gegroei en leer loop.) A Hoe het die kind ’n tiener geword? (Sy/hy het ouer, groter geword en borste, spiere, hare onder die arms, ens. ontwikkel.) A Hoe het die jong mens ’n volwassene geword? (Hulle het volwasse geraak, getrou, kinders gekry, ens.) A Ensovoorts
Leerdertaak
A. Orden ’n lewensiklus
A Orden die prente van ’n mens se lewe van geboorte tot bejaardheid. taakkaart om Jy kan ook prente van jou eie gesin gebruik of teken. te fotokopieer op A Skryf byskrifte vir elke stadium en sit dit onder die prente. bladsy 45. A Skryf die storie van die lewensiklus.
Onderwysertaak
18
1. Verduidelik dat wanneer Mandela sterf, dit nie die einde van die Mandela-familiegroep is nie, want hy het kinders wat op hul beurt weer kinders sal hê. Die familiegroep gaan dus van geslag tot geslag voort. 2. Verduidelik dat ons ’n prent wat ’n storiewiel genoem word, kan gebruik om te wys wat ’n lewensiklus is. Wys hoe om die storiewiel te rangskik deur die padda en die appelboom as voorbeelde te gebruik. Verduidelik die verskillende stadiums en prosesse aan die leerders. Verduidelik in die geval van die appelboom dat die by stuifmeel van een appelbloeisel na ’n ander neem. Bestuiwing moet plaasvind, anders sal daar nie appels uit die bloeisels ontwikkel nie. 3. Deel nog prente van lewensiklusse en storiewiele uit sodat die leerders dit kan rangskik en daaroor kan skryf. (Sien voorbeelde op bladsy 46.)
Leerdertaak In groepe
B. Orden ’n lewensiklus op ’n storiewiel A A A A A A
Orden die prente van ’n lewensiklus. Sit die prente op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies op die storiewiel vir al jou prente. Benoem elke stadium. Wys en vertel jou ordening vir die klas. Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op die storiewiel. Skryf en verduidelik hoe die plante of diere in elke lewensiklus afhanklik van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te voltooi.
’n Storiewiel van ’n lewensiklus Eiers het water nodig.
Die volwasse padda het water en grond en insekte vir kos nodig.
eiers Paddavisse het water en kos van plante nodig.
volwasse
paddavisse met pote
paddavisse
padda Paddavisse met pote het water nodig en het ook kos van plante en diere nodig.
Onderwysertaak
Terwyl leerders hul ordening van die lewensiklus op die storiewiel vertel, skryf jy ’n lys toepaslike stadiums en prosesse op die bord. (Stadiums: volgroeid, volwasse, baba, eiers, ruspe, larwe, papie, kleintjies, tieners, adolessente, oues, paddavisse, saad, plantjie, vrugte, blom, ens.) (Prosesse: lê eiers, plant voort, broei uit, groei en ontwikkel, raak oud, ontkiem, blom, bestuif, word ryp, versprei saad, ens.) Verduidelik die prosesse aan die leerders. Vra hulle dan om die verskillende prosesse wat in hul lewensiklus plaasvind, te benoem.
Vaslegging Leerders moet verstaan dat elke plant en dier deur dieselfde stadiums van ontwikkeling as ander van sy soort gaan. Skryf dit op die bord sodat die leerders dit in hul boeke kan skryf. 19
Leerdertaak Individueel
C. Maak jou eie lewensiklus A
Aan die onderwyser
A
’n Lewensiklus Elke plant en dier het ’n lewensiklus. Dit beteken dit gaan deur dieselfde stadiums in sy lewe as ander van sy soort. Plante en diere groei en ontwikkel soos wat hulle van een stadium na die volgende verander.
A A A A
Teken ’n lewensiklus van ’n plant of dier wat jy al gesien het of waarvan jy weet. Sit jou tekeninge op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies vir al jou prente op die storiewiel. Benoem elke stadium. Benoem elke proses wat die dier deurgaan soos wat dit ontwikkel. Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op jou storiewiel. Skryf en verduidelik hoe die plant of dier in die lewensiklus wat jy geteken het, afhanklik van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te kan voltooi.
Vra A
Wat dink jy sal met die plant of dier gebeur as dit om die een of ander rede nie sy lewensiklus kan voltooi nie? (Dit sal nie meer enige kleintjies kan hê of maak nie.) A Wat sal met die kleintjies gebeur? (Die kleintjies sal doodgaan.) A Wat sal met die res van die spesie gebeur as een dier nie sy lewensiklus kan voltooi nie? (Die genepoel van daardie spesie sal kleiner raak en daar sal minder variasie in die hele spesie wees.) A Kan jy aan ’n paar dinge dink wat kan keer dat ’n dier sy lewensiklus voltooi? (As daar geen kos vir die dier is nie; as die habitat of landskap verander en die dier nie meer ’n veilige plek het om sy kleintjies groot te maak nie; as die klimaat verander en die volwassenes en kleintjies nie in daardie omstandighede kan oorleef nie; as die dier deur mense, roofdiere of siekte bedreig word, ens.) Die leerders moet verstaan dat daar natuurlike bedreigings vir plante en diere is, maar daar is ook mensgemaakte bedreigings, soos besoedeling, vernietiging van die landskap, jag, te veel visvang. Mensgemaakte bedreigings vir die omgewing ... jag, oopmynbou, viertrekvoertuie
20
5
Ons is almal afhanklik van bye
Sleutelbegrippe Inleiding • Baie plante is afhanklik van bye vir bestuiwing sodat hulle vrugte en sade kan maak en hul lewensiklus kan voltooi. • Bye het ook blomme se nektar en stuifmeel nodig om hul eie lewensiklus te voltooi. • Boere is afhanklik van bye om hul gewasse te bestuif sodat daar goeie vrugte vir die mark kan wees. • Byeboere gebruik bye om heuning te maak, wat hulle kan verkoop. Hulle huur ook die bye aan boere uit. • Byeboere het die tegnologie ontwikkel om bye aan te hou.
die meeste van ons stapelvoedsel, soos rys, suiker, mielies, koring, rog en hawer, behoort tot die grasfamilie en word hoofsaaklik deur die wind bestuif. bye bestuif egter dikwels ook hierdie plante.
Onderwysertaak
Lees en bespreek Bring ’n bietjie heuning klas toe sodat die leerders dit kan proe. (As jy heuning in ’n heuningkoek kan kry, sal dit nog beter wees, want dan kan jy die washeuningkoek vir hulle wys.) Bring ook gouestroop.
Vra A A A A
Hoe smaak dit? Waar kom die heuning vandaan? Waardeur word heuning gemaak? Is heuning dieselfde as gouestroop? Wat is verskillend?
Aan die onderwyser – Hoe bye heuning maak Sommige leerders ken moontlik gouestroop en het dit al geproe. Dit is ’n mensgemaakte stroop wat van suikerriet gemaak word. Heuning word egter deur heuningbye, wat insekte is, gemaak. Die bye drink die nektar uit blomme en maak heuning in hul liggame. Hulle bring dan die heuning op (spoeg dit uit) en bêre dit in die heuningkoek om hul kleintjies te voer. Met ander woorde, die nektar gaan deur die by se liggaam en verander in die proses in heuning. Dit is amper soos koeie wat gras eet en melk maak. Bye bestuif die meeste vrugtebloeisels, soos tamaties, appels, pruime, pere, lemoene, nartjies, pomelo’s, suurlemoene, perskes, appelkose en pampoene. (Dit is alles vrugte omdat dit ’n saad in ’n vlesige vrug het.) Bye bestuif ook die blomme van groente, soos patats, uie en aartappels. Bye bestuif ook neute, soos amandels, se blomme.
Lees die inligting op bladsy 22, Bye en boere is afhanklik van mekaar, oor hoe appelboere in Elgin naby Kaapstad bye gebruik, saam met die leerders. Hou ’n klasbespreking oor bye.
Vra en dink na oor A A A A A
A A A
Weet jy van enige plante wat afhanklik van bye vir hul bestuiwing is? Dink aan al die soorte kos wat jy vandag geëet het. Van watter plante kom dit en waardeur word die plante bestuif? Wat sal met ons kos en met ons gebeur as al die bye doodgaan? Hoe voel jy oor bye? Is jy bang vir hulle? Hoe moet ons optree as ’n by naby ons kom? (Ons moet baie stil en kalm bly en nie weghardloop of skreeu nie. Uiteindelik sal die by wegvlieg. Ons moenie bye doodmaak nie.) Wat sal ons sonder bye doen? Wat sal boere sonder bye doen? Waarom moet ons bye beskerm? 21
Bye en boere is afhanklik van mekaar Werkby besig op die heuningkoek in die korf
Werkby versamel stuifmeel en nektar van ’n blom
Koninginby lê eiers in selle na sy met ’n hommelby (mannetjieby) gepaar het
Selle van die heuningkoek
Stuifmeelmandjie Bylarwe
Bypapie
Boere het bye nodig om hul gewasse te bestuif Bye is baie belangrik vir die boere van Elgin naby Kaapstad. Die boere is afhanklik van bye om hul vrugtebome te bestuif om goeie vrugte te kan maak. In die lente kry die appel-, peer- of pruimbome almal gelyktydig bloeisels. Die boorde is groot en miljoene bloeisels moet binne net ’n paar dae bestuif word. Daar is nie genoeg wilde bye in die gebied om al hierdie bloeisels te bestuif nie. Die boere huur dus bye van ’n byeboer om die werk te kom doen.
Boere het baie bye vir bestuiwing nodig Eers moet die boer uitwerk hoeveel byekorwe nodig sal wees. Gewoonlik is twee korwe vir ’n boord nodig, afhangend van die boord se grootte. Daar is omtrent 3 000 bye in elke korf. Elke korf het ’n koninginby en werkbye. Die koninginby lê die eiers en die werkbye kyk na die koningin en die eiers tot hulle uitbroei. Die ouer werkbye vlieg rond en versamel stuifmeel en nektar van blomme en bestuif terselfdertyd die blomme.
Die boer kweek spesiale bome om die bye te lok In elke boord (byvoorbeeld in ’n appelboord) snoei die boer die bome sodat hulle nie te hoog is nie en al die takke die regte hoeveelheid sonlig kry. Hy plant ook ’n paar bome in die middel van die boord, wat hy nie snoei nie, en hierdie bome is hoër as die ander bome. Dit word die bestuiwers genoem. ’n Bestuiwer is ’n boom van ’n ander soort appel, wat gelyktydig as die ander appelbome blom. Omdat dit soveel hoër as die ander bome is, lok dit die bye eerste. Die bye versamel stuifmeel van die bestuiwer en neem dit na die ander 22
bome. Dit is sodat kruisbestuiwing kan plaasvind. Kruisbestuiwing sorg dat die vrugte beter is.
Byeboere bring bye na die boer Byeboere bring hul bye (in byekorwe) na die boere. Die boer moet die byeboer betaal vir elke dag wat die bye in die boorde is. Die byeboer moet op sy beurt die bye goed versorg. Die byeboere hou daarvan om hul bye na die appelboorde te bring, want appelbloeisels het ’n goeie voorraad nektar om die bye te voer. Peerbloeisels het egter nie baie nektar nie en die bye raak uitgeput omdat hulle nie genoeg nektar kry nie. Die byeboer moet ook toesien dat die bye in ’n skoon korf en teen die regte temperatuur gehou word en genoeg water het. Die byeboere maak ook geld deur heuning te verkoop.
Meer mense word opgelei om byeboere te word Baie mense in die landelike gebiede van Suid-Afrika leer hoe om byeboere te word sodat hulle bye kan aanhou en so ’n inkomste kan verdien. Hulle huur die bye uit om die boere se boorde te bestuif en hulle verkoop ook die heuning wat die bye maak. Byeboere help ook om bye te beskerm. Bye is een van ons lewende nasionale skatte omdat ons afhanklik van hulle is om ons plante wat voedsel voorsien, te bestuif.
Onderwysertaak Neem waar Neem leerders buitentoe waar daar blomme is of bring ’n paar klas toe en wys leerders die geel stuifmeel in die blomme. Laat hulle van die stuifmeel op hul vel vryf. Kyk buite of daar enige bye is wat blomme bestuif. Wys leerders ook dat daar in blomme ’n taai, soet sap is wat nektar genoem word. Dit is wat die bye eet en waarvan hulle heuning maak. Wanneer bye blomme bestuif, dra hulle die stuifmeel van een blom na die volgende terwyl hulle stuifmeel vir hulleself versamel. Stuifmeel kom hier op die helmknoppies voor.
’n Byeboer
Verduidelik 1. Verduidelik dat bye om die volgende redes baie belangrik is: Eerstens, bye is noodsaaklik vir die voedselweb omdat hulle bestuiwers is. A Vrugte en sade kan slegs uit blomme ontwikkel na hulle bestuif is. A Sonder bestuiwers soos bye sal boere nie in staat wees om ons kos te kweek nie. A Sade, neute en vrugte wat na bestuiwing ontwikkel, verskaf kos vir diere. A Bestuiwing verseker ook dat daar bevrugte sade is sodat ’n nuwe geslag plante kan groei. – Ander insekte soos skoenlappers, perdebye, kewers en motte bestuif ook blomme. Tweedens, bye is belangrik omdat hulle heuning, byewas en propolis (byekos) maak. 2. Vra leerders om die feiteblad Waarom is bye so belangrik vir die wêreld? op bladsy 56 te lees. Bespreek die feite oor bye en byeboerdery. 23
Assesseringstaak vir LU3
Daar word reeds duisende jare lank met bye in verskillende soorte korwe geboer. Hier is ’n paar voorbeelde van byekorwe.
Leerdertaak 1. Lees oor die byekorwe Assesseringstandaarde Hierdie assesseringstaak is daarop gerig om die volgende graad 5assesseringstandaarde in LU3 te bereik: • Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis: Identifiseer maniere waarop produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is. • Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.
Ou Egiptiese korwe. Hier is Egiptiese byeboere wat heuningkoeke uit hul korwe haal. Hierdie korwe was hol en van droë modder uit die Nylrivier gemaak. Sulke korwe is 4 400 jare gelede die eerste keer gebruik. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van die bokant hang, binne-in.
Muurskildery in die grafkelder van Rekhmire, Wesoewer, Luxor. Hier sien ’n mens hoe heuning uit korwe gehaal word en in houers gepak word. Egipte, c.1450 VHJ.
Moderne Egiptiese korwe. Hierdie byekorwe word vandag nog in Egipte gebruik. Die korwe is van klei gemaak. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van die bokant hang, binne-in. Die byeboer haal die heuning agter uit die korf.
taakkaart om te fotokopieer op bladsy 53.
Ingange vir die bye
Kleipype
Afrika-boomstamkorwe. Hierdie korwe word van stukke hol boomstompe gemaak. Dit word in Kenia in Afrika gebruik. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van die bokant hang, binne-in. Die korwe word in bome gesit waar die bye stuifmeel versamel. Hierdie korwe word vandag nog steeds gebruik. Die byeboer haal die heuning agter uit die korf.
24
Kripvormige korwe. Hierdie soort
deksel
byekorf is oorspronklik in Kenia en in Tanzanië gebruik. Dit word nou ook in ander dele van Afrika gebruik. Die korwe word heuningkoek van hout gemaak. Die heuningkoeke hang van houtrame, wat verwyder kan word.
houtraam
Byeboer met beskermende klere
gaatjies waar die bye kan ingaan
Roker
Langstroth-korf. Hierdie soort bokskorf word Raam met heuningkoek pas in die boks
in Afrika en in baie dele van die wêreld gebruik. Dit is vernoem na die man wat dit uitgevind het. Dit is van hout gemaak. Die heuningkoeke hang van die rame, wat verwyder kan word. Hierdie korwe word gebruik deur byeboere wat hul byekorwe aan boere uithuur. Dit is maklik om van plek tot plek te beweeg. Byeboere dra spesiale klere om hulleself teen bysteke te beskerm.
Heuningbokse
Broeiboks
Groepwerk
2. Bespreek in jou groep: A A A A A A A
Hoe werk hierdie verskillende byekorwe? Wat is goed aan hierdie byekorwe, dink jy? Het byekorwe baie sedert die ou Egiptiese korwe verander? Wat is eenders in al die byekorwe? Waar sal jy ’n byekorf sit? Is byeboerdery nuttig vir die omgewing? Hoe help byeboerdery die omgewing?
3. Trek ’n tabel soos die een hieronder en vul die inligting oor elke soort korf in. Soort korf
Waarvan is die korf gemaak?
Waar gaan die Waar in die bye by die korf maak die korf in? bye heuningkoeke vas?
Waar maak die byeboer die korf oop om heuning uit te haal?
Wat is die voordele van hierdie soort korf?
Ou Egiptiese korwe Moderne Egiptiese korwe Afrika-boomstamkorwe Kripvormige korwe Langstroth-korf
25
Individuele werk
4. Maak jou eie ontwerp van ’n byekorf. Dit moet gerieflik vir die bye wees en maklik vir die byeboer wees om te gebruik. Teken ’n prent van jou korf en die omgewing waarin dit is. Teken en skryf om te verduidelik hoe dit werk. Verduidelik hoe bye en byeboere die omgewing help.
Assesseringskriteria om begrip van bye, korwe en byeboerdery te assesseer Assesseringstaak
Assesseringskriteria
Maak jou eie ontwerp van ’n byekorf
Die tekening en/of verduideliking van die ontwerp moet toepassing en begrip van die volgende kennis toon: Oor die korf a a a a a a
’n Hol houer ’n Opening vir die bye om in en uit te kom ’n Klein platform vir die bye om op te land en van te vlieg Hoog bokant die grond vir veiligheid In ’n geskikte omgewing Het plekke vir die bye om broeiheuningkoeke te bou en bêreplek vir heuningkoeke wat van die bokant hang a ’n Opening vir die byeboer om heuning van die heuningkoeke naaste aan die buitekant van die korf uit te haal sonder om die broeiheuningkoeke te versteur
Oor die prosesse van byeboerdery en die gedrag van bye a
Verstaan sommige van die prosesse van byeboerdery, soos om heuning uit te haal, ’n swerm te vang, die korwe na ’n boord te neem, bye wat lomerig raak wanneer daar rook is
Oor hoe bye en byeboere die omgewing affekteer a
Verduidelik ’n paar punte wat begrip toon van hoe die omgewing as gevolg van bye en byeboerdery baat. Byvoorbeeld, bye bestuif blomme sodat vrugte en sade kan vorm en die plant kan voortplant, verskaf kos vir ander lewende dinge, maak heuning vir kos, ens.
Vaslegging Gee leerders opbouende terugvoering oor die taak.
Bespreek A
Sal jy daarvan hou om bye as ’n stokperdjie aan te hou? Waarom of waarom nie? A Watter soort mens sal dalk ’n byeboer word? A Sal jy daarvan hou om eendag ’n byeboer te wees? Waarom of waarom nie? 26
6
Ons is almal afhanklik van mekaar
Sleutelbegrippe Voorbereiding • Plante en diere lewe saam en is afhanklik van mekaar om hul lewensiklusse suksesvol te voltooi. • Ons moet waarde aan alle lewe op aarde heg.
Onderwysertaak
Kowierivier-plakkaat: Laat die leerders, indien moontlik, elkeen ’n afskrif van die plakkaat (bladsy 62) inkleur voor julle hierdie aktiwiteit doen. Die prente het kleurkodes. Dit sal die leerders help om die plakkaat beter te leer ken. As hulle in groepe werk, kan die vel papier in vier of ses dele gevou word (afhangend van die grootte van die groep) en elke leerder kan ’n spesifieke deel inkleur. Gee hulle ’n paar dae om dit in hul eie tyd te doen.
Inleiding 1. Vra leerders om na die plakkaat van die lewe in die Kowierivier in die Oos-Kaap te kyk. (Sien die plakkaat en die sleutel op bladsy 60 en 64.) 2. Lees die storie oor die plakkaat (bladsy 64) vir die leerders.
Vra A A A A A
Wat sien jy op die plakkaat? Watter soort landskap is dit? Was jy al ooit op so ’n plek? Ken jy enige van hierdie plante of diere? Waarom, dink jy, is daar so baie plante en diere op hierdie plek? Wat maak almal daar? A Kan jy enige lewensiklusse op die plakkaat sien? 3. Vra leerders om die vrae oor die plakkaat te beantwoord. 4. Na die aktiwiteit kan die groepe hul ingekleurde plakkate en hul antwoorde teen die muur uitstal 27
Leerdertaak
Die biodiversiteit van die Kowierivier
taakkaart om te a Kyk na die plakkaat. Kan jy enige lewensiklusse op die plakkaat sien? fotokopieer op a Kies twee plante of diere in die prent en teken elkeen se lewensiklus. bladsy 59 Benoem elke lewensiklus. Sê waarvan die plant of dier afhanklik is om sy a a
a a
Plante en diere Spinnekop Slang Bootmannetjie (insek) Luiperd Naaldekoker (klein nimf) Oos-Kaapse kurper Garnale Dassies Syselbos (struik) Krap Riete Waterskilpad Kaapse kastaiing (boom) Otters Likkewaan Waterbok
28
lewensiklus te voltooi. Tel die biodiversiteit in hierdie prent en skryf die getal op jou afskrif van die plakkaat. Waar, dink jy, pas mense in op hierdie plakkaat? Teken ’n mens en wys wat die mens doen. Sal die mens enige van die plante en diere affekteer? Skryf ’n sin om te verduidelik hoe. Waar in hierdie prent sal jy bye kry? Wat sal hulle doen? Teken ’n by in die prent. Waar, dink jy, sal bye hul neste maak? Soek die volgende plante en diere in die prent en sê wat jy dink hulle nodig het om te lewe.
Wat het hulle nodig, en waarom? Bv.: ’n Plek om sy web te maak om insekte vir kos te vang
Leerdertaak
Vaslegging Wat weet en verstaan jy nou oor biodiversiteit en waaroor sal jy nog graag meer wil uitvind?
Praat, skryf en teken daaroor. of
Skryf ’n lofgedig oor biodiversiteit. Om meer oor die Kowierivier-plakkaat uit te vind, tree in verbinding met: Dr. Jim Cambray Makana Sentrum vir Biodiversiteit Albany Museum Somersetstraat Grahamstad 6139
29
Voorgestelde werkskema Periode 1
Periode 2
Periode 3
Periode 4
Periode 5
Leerervaring 1 Biodiversiteit • Onderwyser stel biodiversiteit bekend. • Leerders sorteer prente en maak klasuitstalling. • Onderwyser som op. • Leerders skryf opsomming in boeke. • Leerders voeg gedurende week by uitstalling. • Onderwyser doen vaslegging.
Leerervaring 2 Sortering • Onderwyser stel bene bekend. • Leerders klassifiseer diere met behulp van sleutel en teken in tabel aan.
Leerervaring 2 (vervolg) • Leerders teken bene en skryf verduideliking oor gewerweldes. • Onderwyser doen vaslegging.
Assesseringstaak vir LU1: Ondersoek biodiversiteit • Onderwyser berei leerders vir assesseringstaak voor. • Hou klasbespreking om ondersoek te beplan. • Leerders gaan buitentoe en versamel en sorteer blare.
Assesseringstaak (vervolg) • Leerders vul klassifikasietabel in, teken blare en skryf daaroor. • Stal werk in klaskamer uit.
Periode 6
Periode 7
Periode 8
Periode 9
Periode 10
Leerervaring 3 Voedselkettings en -webbe • Onderwyser stel bekend: Ons is almal afhanklik van ander, voedselkettings. • Leerders teken voedselkettings. • Onderwyser verduidelik voedselwebbe.
Leerervaring 3 (vervolg) • Leerders werk tuinvoedselweb uit en teken dit. • Onderwyser doen vaslegging en verduidelik begrippe in voedselweb: produsente, verbruikers, ontbinders, trofiese vlakke.
Assesseringstaak vir LU2 • Onderwyser berei leerders voor vir assesseringstaak. • Leerders teken en benoem hul eie voedselweb.
Assesseringstaak (vervolg) • Leerders skryf oor wat hulle oor voedselwebbe geleer het.
Leerervaring 4 Lewensiklusse • Onderwyser stel Madiba se lewensiklus bekend, klasbespreking. • Rangskik menslike lewensiklus op bord. • Onderwyser verduidelik storiewiel. • Leerders rangskik lewensiklusse op storiewiel.
Periode 11
Periode 12
Periode 13
Periode 14
Periode 15
Leerervaring 4 (vervolg) • Leerders voltooi lewensiklusse op storiewiele en stal dit uit. • Onderwyser doen vaslegging en skryf opsomming oor lewensiklusse. • Leerders skryf opsomming af.
Leerervaring 4 (vervolg) • Leerders maak lewensiklus van hul eie keuse. • Hulle skryf en teken.
Leerervaring 4 (vervolg) • Onderwyser kontroleer leerders se lewensiklusse en doen vaslegging. • Leerders stal lewensiklusse uit. • Klasbespreking oor die belangrikheid dat diere hul lewensiklus voltooi.
Leerervaring 5 • Onderwyser stel bye bekend en leerders proe heuning. • Bespreek verskil tussen heuning en stroop. • Onderwyser lees storie oor appelboere en bestuiwing • Leerders besoek blomme om stuifmeel en bye wat bestuif te sien.
Leerervaring 5 (vervolg) • Onderwyser verduidelik waarom bye belangrik in voedselweb is. • Onderwyser help leerders om die feiteblad oor bye te lees. • Hou klasbespreking oor bye en byeboerdery.
Periode 16
Periode 17
Periode 18
Periode 19
Periode 20
Assesseringstaak vir LU3 • Onderwyser berei leerders vir assesseringstaak voor. • Leerders lees oor byekorwe en bespreek dit in groepe. • Leerders maak ‘n opsommingstabel oor korwe.
Assesseringstaak (vervolg) • Leerders maak individuele ontwerpe van byekorwe en verduidelik dit.
Leerervaring 6 Ons is almal afhanklik van mekaar • Onderwyser stel Kowierivier-plakkaat bekend. • Leerders kleur hul deel van die plakkaat in. • Onderwyser lees inligting oor die plakkaat. • Hou klasbespreking oor die plakkaat.
Leerervaring 6 (vervolg) • Leerders doen taak oor die plakkaat.
Leerervaring 6 (vervolg) • Onderwyser kontroleer leerders se taak en doen vaslegging. • Leerders praat, skryf en teken oor biodiversiteit.
NB: Besluit wanneer om terugvoering oor assesseringstaak te gee.
hierdie voorgestelde werkskema aanvaar periodes van 50 minute lank. maak jou eie aanpassings 30
NB: Besluit wanneer om terugvoering oor assesseringstaak te gee.
NB: Besluit wanneer om terugvoering oor assesseringstaak te gee.
AFDELING 2 Hulpmiddels vir onderwysers Leerdertaakkaarte om fotokopieer Taakkaart 1 Sorteer die gewerweldes deur ’n klassifikasiesleutel te gebruik . . . . .32 Prente van diere
Taakkaart 2 Assesseringstaak vir LU1 Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons . . . . . . . . . . . . . . . .37 Sleutel om blare te sorteer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39
Taakkaart 3 Voedselkettings en voedselwebbe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40 Tuin-ekosisteem-legkaart . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .41
Taakkaart 4 Assesseringstaak vir LU2 Ons maak ons eie voedselweb . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .42 Identifikasiekaart van ongewerweldes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .43
Taakkaart 5 Lewensiklusse van plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .45 Prente van lewensiklusse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .46
Taakkaart 6 Assesseringstaak vir LU3 Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .53 Feiteblad: Waarom is bye so belangrik vir die wêreld? . . . . . . . . . . . . . . .56
Taakkaart 7 Die biodiversiteit van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .59 Plakkaat van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .60 Sleutel vir die Kowierivier-plakkaat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .62 Sleutel vir die diere van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .64
Agtergrondinligting oor biodiversiteit . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .65
31
TAAKKAART 1 Taakkaart om te fotokopieer Leerdertaak Sorteer gewerweldes met behulp van ’n klassifikasiesleutel 1. Sorteer die prente van diere in gewerweldes en ongewerweldes. Sorteer dan die gewerweldes in groepe. Gee ’n rede waarom jy sekere diere saamgegroepeer het. 2. Gebruik die sorteersleutel op bladsy 5. Volg die vrae een vir een om jou prente te sorteer tot jy vyf verskillende groepe het. 3. Gee elke groep ’n naam. 4. Wanneer jy die diere in hul klasse gesorteer het, trek jy die tabel hieronder oor en vul dit in.
Klasse gewerwelde diere Naam van klas Visse Tekening van een dier
Name van nog voorbeelde
Eienskappe van klas
32
Paddas
Reptiele
Voëls
Soogdiere
Sorteringsleutel vir Aktiwiteit 2 In biologie bestudeer ons lewende dinge. As ’n mens lewende dinge bestudeer, help dit om hulle in groepe of stelle te sit. Ons moet al die lewende dinge van dieselfde soort in elke stel sit.
’n vlermuis
Hier is veertien diere. Hulle lyk almal verskillend. Hulle kan almal verskillende dinge doen. Ons kan hierdie diere in groepe verdeel. ’n geelbek ’n padda
’n akkedis
’n haai
’n bobbejaan ’n arend ’n volstruis
’n florel ’n haas ’n hoender ’n krokodil
’n leeu
’n slang
Kyk na die feite oor (eienskappe van) elke dier. Ons kan stelle diere met dieselfde eienskappe maak. Skryf die name van die diere in elke stel neer.
FEITE 1. Waar woon die diere? (a) Sit al die diere wat op land woon, in een stel. (b) Sit al die diere wat in water woon, in ’n ander stel. (c) Watter diere pas nie mooi in een van hierdie stelle nie?
2. Hoe beweeg diere? (a) Sit al die diere wat vlieg, in een stel. (b) Sit al die diere wat swem, in ’n ander stel. (c) Sit al die diere met vlerke in een stel. (d) Is alle diere wat vlieg, voëls? (e) Is alle diere wat swem, visse? (f) Woon alle diere wat bene het, op land?
3. Watter soort vel het diere?
(a) (b) (c) (d) (e)
Sit al die diere met vere in een stel. Kan al hierdie diere vlieg? Sit al die diere met skubbe in een stel. Is al hierdie diere visse? Maak stelle van al die diere met: (i) vere (ii) hare of pels (iii) droë skubbe (iv) skubbe of vinne (vi) ’n gladde, droë vel met segmente
VOORBEELD: • Diere wat op land woon: ’n slang, ’n akkedis, ’n haas, ’n bobbejaan, ’n leeu, ’n arend, ’n vlermuis, ’n volstruis en ’n hoender. • ’n Krokodil woon op land en in die water.
33
Prente om te sorteer
Duisendpoot Geometriese skilpad
Vinke
Brulpadda Kat Skoenlapper Takbok Impala
Hoenderhaan
Swart tobie
Kobra
Skink
Kuiken
Walvis
Kewer
34
Kameelperd
Seester
Volstruis
Krap
Boerbok
Renoster
Eekhoring
Leervis
Duif
Sprinkaan
Erdwurm
Seeanemoon
Pikkewyn
Leeuwyfie
Slak
Nagapie
Vlieg
Vis
Jellievis
Uil
35
Broodboom Denneboom Aalwyn
Seebamboes
Varing
Kremetartboom
Speldekussing Spelonktee
Boerboom Druiwe
Grape Reuseprotea Vetplant
Brandewynbos
36
Madeliefie
Aartappel
TAAKKAART 2 Leerdertaak
Taakkaart om te fotokopieer
Asseseringstaak vor LU1
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom jou Die doel van hierdie assesseringstaak is dat die leerders ’n ondersoek beplan en uitvoer en hul bevindinge oordra.
A. Beplan die ondersoek a
Besluit waar jy blare gaan versamel.
B. Versamel en sorteer die blare a a a
Versamel soveel moontlik verskillende soorte blare in jou omgewing. Werk saam met jou groep en sorteer die blare wat jy dink bymekaar pas, in groepe. Verduidelik waarom jy hulle in daardie groepe sit.
C. Klassifiseer, beskryf en tel die blare en deel die resultate a a
Kyk na die blaarvorms. Kyk ook na die blaarrande. Maak ’n tabel of plakkaat soos die een hieronder. (Jy sal ’n groot stuk papier nodig hê.) Teken die vorms in die sleutel op bladsy 39 oor of knip dit uit en plak elkeen langs die geskikte opskrif. Sorteer dan die blare wat jy gekry het volgens die tabel.
Blaarvorms Blaarrande
Rond
Hartvormig
Ovaal
NierPylvormig Ellipties Palmvormig vormig
Handvormig
Riemvormig
Glad
Saagvormig Getand
Hobbelrig Golwend
Totaal
37
TAAKKAART 2 (vervolg) a
Sit elke blaar in die kolom volgens sy vorm. Sit dit in die ry langs die korrekte blaarrand. a As jy blare kry waarvan die vorm of rand verskillende van diee van die tabel verskil, teken jy die vorm of rand en gee jou eie naam vir die rand of vorm. a Voeg by op die totaal van elke soort dat jy gekry het.
D. Deel die resultate Teken- en skryftaak 1. Kies drie verskillende blare wat jy interessant gevind het. Teken hulle. Maak ’n opskrif en skryf watter vorm elkeen is. Benoem hul rande. 2. Beskryf die blaar in ’n paar sinne. Beskryf sy vorm, sy rand, sy kleur en enige ander interessante kenmerke. 3. Skryf ’n sin oor hoeveel verskillende soorte blare die hele klas altesaam gekry het. 4. Stal jul tekeninge teen die klaskamermuur uit..
38
Sleutel om blare te sorteer Verskillende blaarrande
a glad
b saagvormig
c getand
d hobbelrig
e golwend
Verskillende blaarvorms
a rond
b hartvormig
g palmvormig
c eiervormig
h handvormig
d niervormig
e pylvormig
f ellipties
i riemvormig
(soos jou handpalm)
39
TAAKKAART 3 Leerdertaak
Taakkaart om te fotokopieer
Voedselkettings en voedselwebbe
Voedselkettings 1. Kies enige soort kos wat jy vandag geëet het. Teken en benoem ’n voedselketting om te wys waar jou kos vandaan gekom het. Wys die stappe terug tot by die son. Skryf om jou voedselketting te verduidelik. Onthou, die pyltjies gaan vanaf die kos na die dier wat dit eet.
Voedselwebbe 1. Gebruik die legkaart van die tuin-ekosisteem op bladsy 41. 2. Werk die voedselweb in die legkaart uit. 3. Teken dit dan in jou boek en sit die pyltjies in. Die pyltjies gaan vanaf die kos na die dier wat dit eet. Daar sal meer as een pyltjie tussen sommige diere en plante wees.
Vrae Beantwoord hierdie vrae oor die tuin-ekosisteem. Skryf die antwoorde in jou boek. a Waarom begin die voedselweb met die onderste plante? a Wat wys die pyltjies? a Waarom het sommige diere meer as een pyltjie wat daarna gaan? a Waarom het sommige diere en plante meer as een pyltjie wat van hulle gaan? a Wat is ontbinding? Waarom is dit belangrik vir die voedselweb?
40
Tuin-ekosisteem
Spinnekop
Liewenheersbesie
Kriek
Gousblom
Duisendpoot
Roosstruik
Plantluis
Janfiskaal
Padda
Varkoor
INSEK
TUINLEWE
VARKOOR ROOSSTRUIK
GOUSBLOM
INSEK INSEK
SPINNEKOP INSEK
VOËL
WURM
AMFIBIE (PADDA)
DUISENDPOOT
Erdwurm
ONTBINDING
Mot/ruspe
41
TAAKKAART 4 Leerdertaak
Taakkaart om te fotokopieër
ASSESSERINGSTAAK VIR LU2
Ons maak ons eie voedselweb Die doel van hierdie assessering is dat die leerders plante en diere benoem, beskryf en in kategorieë sorteer.
Teken jou eie voedselweb Die voedselweb moet die volgende bevat: 1. Daar moet ten minste tien lewende dinge wees, insluitend gewerweldes én ongewerweldes. 2. ’n Mens moet deel van die voedselweb wees. 3. Byskrifte moet die name van die plante en diere aandui. 4. Pyltjies moet wys wat die verskillende diere eet. 5. Vir die uitbreidingsaktiwiteit: Byskrifte moet die primêre produsente, primêre verbruikers, sekondêre verbruikers en tersiêre verbruikers aandui. a Probeer om ’n paar regte plante en diere wat jy naby jou huis of skool gesien het, in jou voedselweb te gebruik. a Gebruik die identifikasielys van ongewerweldes op bladsy 43 om jou te help om van die diere te benoem en te identifiseer.
Skryf Skryf ’n paar sinne oor wat jy oor voedselwebbe geleer het.
42
Identifikasiekaart van ongewerweldes
Plantluis
Duisendpoot
Skoenlapper
By
Krap
Kreef Miskruier
ERDWURM
Oorkruiper
Skoenlapperruspe (eet blare)
Vlieg
Liewenheersbesie
Sprinkaan
Slak
43
Identifikasiekaart van ongewerweldes
Snywurm (’n ruspe wat stingels vlak onder die grond eet)
Bidsprinkaan
Duisendpoot
Mot Dwaalkewer Naaldekoker
Muskiet
Spinnekop Skerpioen
Boktor
Grondkewer
Houtluis
Plantkewers Slak
44
TAAKKAART 5 Leerdertaak
Taakkaart om te fotokopieer
Lewensiklusse van plante en diere
A. Orden ’n lewensiklus a
Orden die prente van ’n mens se lewe van geboorte tot bejaardheid. Jy kan ook prente van jou eie gesin gebruik of teken. a Skryf byskrifte vir elke stadium en sit dit onder die prente. a Skryf die storie van die lewensiklus.
Groeptaak
B. Orden ’n lewensiklus op ’n storiewiel a a a a a a
Orden die prente van ’n lewensiklus. Sit die prente op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies op die storiewiel vir al jou prente. Benoem elke stadium. Wys en vertel jou ordening vir die klas. Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op die storiewiel. Skryf en verduidelik hoe die plante of diere in elke lewensiklus afhanklik van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te voltooi.
In d iv i due l e t aak
C. Maak jou eie lewensiklus a a a a a a
Teken ’n lewensiklus van ’n plant of dier wat jy al gesien het of waarvan jy weet. Sit jou tekeninge op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies vir al jou prente op die storiewiel. Benoem elke stadium. Benoem elke proses wat die dier deurgaan soos wat dit ontwikkel. Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op jou storiewiel. Skryf en verduidelik hoe die plant of dier in die lewensiklus wat jy geteken het, afhanklik van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te kan voltooi.
45
Lewensiklus van ’n vis
mannetjie
wyfie geswel met eiers
wyfie stel eiers vry
mannetjie stel sperm oor die eiers vry
jong visse broei uit
46
Lewensiklus van ’n tamatie
47
Lewensiklus van ’n appel
48
Lewensiklus van ’n boontjie
49
Lewensiklus van die melkbosvlinder Paring: ’n Volwasse melkbosvlinder moet ’n ander melkbosvlinder kry om mee te paar. Wanneer die mannetjie ’n wyfie vind, vlieg hy net bokant haar. Hy gebruik swart stof wat hy van die kolle op sy vlerke kry en sprinkel dit liggies op die wyfie se voelers op haar kop. Die chemikalieë in die stof sê vir die wyfie dat hy gereed is om met haar te paar. Dan paar hulle. Die uitbroei van eiers: Die wyfie lê haar eiers nadat hulle gepaar het. Sy lê een eier op ’n slag – elkeen op ’n blaar van die melkbossieplant. Elke eier het pragtige patrone daarop en het ’n klein luggaatjie. Na ’n ruk breek die klein ruspe uit die eier. Volwasse skoenlappers voor paring
Die ruspe: Die ruspes eet net die blare van die melkbossieplant. Al wat hulle doen, is eet. Hul kake werk soos ’n klein skêrtjie. Die papie: Wanneer die ruspe van al die eet gegroei het, begin dit stadiger beweeg en verloor sy aptyt. Dit spin ’n sydraadjie en hang onderstebo onder ’n skadublaar. Stadig begin sy vel in ’n harde groen en goud bedekking verander. Die ruspe is nou ’n papie. Die ruspe se liggaam begin stadig binne-in sy harde omhulsel verander.
Die verskyning van die skoenlapper: Een oggend vroeg voor die son opkom, begin die harde omhulsel om die papie oopbreek en ’n volwasse melkbosvlinder verskyn. Eers is die skoenlapper se vel klam en sy vlerke opgefrommel. Wanneer die son op die skoenlapper skyn, gaan die vlerke oop en begin beweeg. Die volwasse skoenlapper vlieg weg om ’n maat te soek.
Larwe hang van ’n blaar
Ruspes vreet blare
Ruspe broei uit die eier
Volwasse skoenlapper verskyn uit die larwe
Tekeninge: Beatrice Bramwell
50
Lewensiklus van ’n miskruier
Die miskruier versamel mis en rol dit in ’n bol.
Die papie breek oop en ’n jong miskruier verskyn. Die miskruier lê ’n eier in die mis. Die eier groei.
Die eier broei in ’n larwe uit.
Die larwe word ’n papie.
51
Koninginby lê eiers in selle na sy met ’n hommelby (mannetjieby) gepaar het
Selle van die heuningkoek
52
Bylarwe
Werkby besig op die heuningkoek in die korf
Bypapie
Stuifmeelmandjie
Werkby versamel stuifmeel en nektar van ’n blom
Lewensiklus van die by
TAAKKAART 6 Leerdertaak
Taakkaart om te fotokopieer
ASSESSERINGSTAAK VIR LU3
Verskillende soorte byekorwe Die doel van hierdie taak is dat die leerder maniere identifiseer waarop produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is. Die leerder moet ook die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing identifiseer.
Byekorwe Daar word reeds duisende jare lank met bye in verskillende soorte korwe geboer. Lees oor die byekorwe
Ou Egiptiese korwe. Hier is Egiptiese byeboere wat heuningkoeke uit hul korwe haal. Hierdie korwe was hol en van droë modder uit die Nylrivier gemaak. Sulke korwe is 4 400 jare gelede die eerste keer gebruik. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van die bokant hang, binne-in.
Moderne Egiptiese korwe. Hierdie byekorwe word vandag nog in Egipte gebruik. Die korwe is van klei gemaak. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van die bokant hang, binne-in. Die byeboer haal die heuning agter uit die korf. Ingange vir die bye
Kleipype
53
Taakkaart 6 vervolg Afrika-boomstamkorwe Hierdie korwe word van stukke hol boomstompe gemaak. Dit word in Kenia in Afrika gebruik. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van die bokant hang, binne-in. Die korwe word in bome gesit waar die bye stuifmeel versamel. Hierdie korwe word vandag nog steeds gebruik. Die byeboer haal die heuning agter uit die korf.
Ingang vir bye
deksel heuningkoek houtraam
gaatjies waar die bye kan ingaan
Langstroth-korf. Hierdie soort bokskorf word in Afrika en in baie dele van die wêreld gebruik. Dit is vernoem na die man wat dit uitgevind het. Dit is van hout gemaak. Die heuningkoeke hang van die rame, wat verwyder kan word. Hierdie korwe word gebruik deur byeboere wat hul byekorwe aan boere uithuur. Dit is maklik om van plek tot plek te beweeg. Kommersiële byeboere gebruik spesiale klere om hulleself teen bysteke te beskerm.
Kripvormige korwe. Hierdie soort byekorf is oorspronklik in Kenia en in Tanzanië gebruik. Dit word nou ook in ander dele van Afrika gebruik. Die korwe word van hout gemaak. Die heuningkoeke hang van houtrame, wat verwyder kan word.
Byeboer met beskermende klere
Roker
Raam met heuningkoek pas in die boks Heuningbokse
Groepwerk 2. Bespreek in jou groep: a a a a a a a
54
Hoe werk hierdie verskillende byekorwe? Wat is goed aan hierdie byekorwe, dink jy? Het byekorwe baie sedert die ou Egiptiese korwe verander? Wat is eenders in al die byekorwe? Waar sal jy ’n byekorf sit? Is byeboerdery nuttig vir die omgewing? Hoe help byeboerdery die omgewing?
Broeiboks Skink heuning ... toe en nou
TAAKKAART 6 (vervolg) 3. Trek ’n tabel soos die een hieronder en vul die inligting oor elke soort korf in. Soort korf
Waarvan is die korf gemaak?
Waar gaan die Waar in die bye by die korf maak die korf in? bye hul heuningkoek vas?
Waar maak die byeboer die korf oop om heuning uit te haal?
Wat is die voordele van hierdie soort korf?
Ou Egiptiese korwe
Moderne Egiptiese korwe
Afrikaboomstamkorwe
Kripvormige korwe
Langstroth-korf
Assesseringstaak Individuele werk 4. Maak jou eie ontwerp van ’n byekorf. Dit moet gerieflik vir die bye wees en maklik vir die byeboer wees om te gebruik. Teken ’n prent van jou korf en die omgewing waarin dit is. Teken en skryf om te verduidelik hoe dit werk. Verduidelik hoe bye en byeboere die omgewing help.
55
FEITEBLAD Waarom is bye so belangrik vir die wêreld? Bye bestuif blomme. Na die blomme bestuif is, ontwikkel vrugte en sade. Bye bestuif amper al ons voedselgewasse. Daar is duisende verskillende soorte bye. Sommige bye, wat heuningbye genoem word, maak groot hoeveelhede heuning. Bye is bestuiwers Bye besoek blomme om stuifmeel en nektar te versamel en hulle bestuif die blomme terselfdertyd. Hulle dra die stuifmeel terug na hul korwe om vir hul kleintjies te voer.
’n Heuningby bestuif ’n blom.
Hulle neem nektar terug na die korf waar hulle was en heuning maak.
Heuning en was Die bye eet die heuning en maak was. Hulle bou heuningkoeke van was in hul korwe. a Hulle lê hul eiers in party van die heuningkoeke. a Hulle bêre heuning en stuifmeel in die ander heuningkoeke om hul larwes te voer. Werkbye is op die heuningkoek in die korf besig.
Propolis
Daar is drie soorte bye in elke korf.
Bye versamel die taai gom van die knoppe van nuwe blare aan sekere plante. Die bye maak hierdie gom in ’n chemikalie wat propolis genoem word. a Propolis is soos ’n gom. Dit word “byegom” genoem en die bye gebruik dit om hul korwe reg te maak. a Die bye gebruik propolis om die binnekant van hul korwe te bedek. Propolis is ’n sterk antibiotikum. Dit voorkom dat die korf met kieme uit die lug besmet raak. a Wanneer ’n dier, soos ’n muis of ander insek, per ongeluk in die korf kom, maak die bye dit dood deur dit te steek. Gewoonlik verrot die liggaam en die kieme daarvan kan die korf besmet. Maar die bye bedek dit met propolis en die dooie dier se liggaam droog uit en verrot nie. Die bye byt dit dan in klein stukkies en gooi dit by die korf uit. a Propolis word ook as medisyne vir mense gebruik Werkby
56
Koninginby
Hommelby
Hoe lewe heuningbye? Heuningbye lewe saam in groot getalle en werk saam met mekaar. ’n Groot groep bye wat saam lewe, word ’n kolonie genoem. Hulle lewe gewoonlik in iets wat hol is, soos ’n ou boomstam. Hierdie hol houer word ’n korf genoem. ’n Swerm bye begin ’n kolonie wanneer hulle ’n koninginby het wat eiers kan lê. Daar is drie soorte bye in elke korf. Een groot koninginby lê elke dag na sy gepaar het, omtrent 2 000 eiers ’n dag. Duisende klein wyfiewerkbye doen die volgende werk in die korf, afhangend van hul ouderdom: a Hulle hou die larwes warm en voer hulle. a Hulle maak die korf skoon. a Hulle maak die was en bou die heuningkoek. a Hulle bewaak die korf se ingang. a Hulle bestuif blomme. a Hulle versamel stuifmeel, nektar, propolis en water. a Hulle maak heuning.
Byekorwe
Die jonger werkbye bly in die korf en doen die werk in die korf. Die ouer werkbye gaan uit om stuifmeel en nektar te versamel en hulle maak die heuning. Groot hommelbye paar met die koninginby sodat sy kan eiers lê.
Mense en heuning Versameling van heuning Mense versamel nog altyd die soet heuning uit byekorwe. Voor mense geweet het hoe om suiker van suikerriet te kry, was heuning die enigste soet kos wat hulle kon kry. Heuning was dus kosbaar en bye is as heilig beskou.
’n Koninginby lê ’n eier omring deur haar helpers.
Byeboerdery Mense het besef hulle kon met bye boer in plaas van om dit in die veld te gaan soek. Mense wat met bye boer, word byeboere genoem. Die oudste bewyse van byeboerdery kom uit Egipte in Afrika. Mense in Afrika hou reeds duisende jare lank bye aan. Vandag is daar byeboere deur die hele wêreld. Wanneer ’n mens met bye boer, moet jy eers verstaan wat bye se lewensiklus is en hoe bye optree. Dan moet jy ’n swerm bye uit ’n boom of grot kry. Jy sit die swerm in ’n hol houer of
Byeboerdery is die eerste keer amptelik in 2400 VHJ genoem. Ronde korwe soos in die prent uit die grafkelder van Pabasa in Egipte is van klei gemaak.
57
jy sit die houer oor die swerm sodat almal na die lekker donker houer (korf) vlieg waar die bye veilig en gemaklik kan voel. Die bye bou hul heuningkoeke en maak nes in die heuningkoeke wat in die houer hang. Die byeboer kan ’n deel van die heuning uithaal. Wanneer die byeboer heuning wil uithaal, gebruik hy ’n roker. Die bye dink daar is ’n brand eet vinnig van die heuning voor hulle wegvlieg. Dit maak hulle lomerig sodat hulle nie die byeboer steek nie.
Die struktuur van ’n byekorf ’n Byekorf moet: a ’n hol houer wees a ’n opening hê waar die bye kan inkom en uitgaan a ’n klein platform hê waarop die bye kan land en vanwaar hulle kan vlieg a hoog bo die grond wees vir veiligheid a plekke hê waar die bye die heuningkoeke kan bou (die heuningkoeke hang altyd van die bokant van die houer).
Bye bou die byekorf. Die bye vorm die was in selle.
Sommige van die heuningkoeke is broeiheuningkoeke waar die eiers gelê word en die larwes groei. Die koningin lê haar eiers in die heuningkoeke wat in die mees beskermde deel van die korf is. Die ander heuningkoeke is waar die heuning gebêre word. Die bye bêre die heuning in die heuningkoeke wat die naaste aan die buitenste deel van die korf is. a Die byeboer haal heuning uit die buitenste heuningkoeke sonder om die broeiheuningkoeke waar die larwes groei, te steur. a Die byeboer haal nooit al die heuning uit nie, want die bye het dit vir kos nodig in die seisoene wanneer daar min blomme is waaruit hulle nektar en stuifmeel kan kry. a Die korf moet op ’n veilige plek wees waar die bye kan uitgaan om nektar, stuifmeel en propolis te versamel. Om meer oor bye en byeboerdery uit te vind, tree in verbinding met die: Stigting vir Heuningbye en Heuningprodukte H/v Parow- en Milnerweg Maitland, 7504 Kaapstad Suid-Afrika Tel: (021) 511 4567 Faks: (021) 511 9962 Lees ook hierdie nuttige boek: Byeboerdery: ’n praktiese gids vir Suider-Afrika, deur D. Marchand & J. Marchand-Mayne, gepubliseer deur Aardvark Press, 2003 Nuttige webtuistes: The World Beekeeping directory (http://www.beehoo.com); Beekeeping in Africa (http://www.biavl.dk/africa/).
58
TAAKKAART 7 Taakkaart om te fotokopieer Ons almal is afhanklik van mekaar: Leerdertaak
Die biodiversiteit van die Kowierivier a a
Kyk na die plakkaat. Kan jy enige lewensiklusse op die plakkaat sien? Kies twee plante of diere in die prent en teken elkeen se lewensiklus. Benoem elke lewensiklus. Sê waarvan die plant of dier afhanklik is om sy lewensiklus te voltooi. a Tel die biodiversiteit in hierdie prent en skryf die getal op jou afskrif van die plakkaat. a Waar, dink jy, pas mense in op hierdie plakkaat? Teken ’n mens en wys wat die mens doen. Sal die mens enige van die plante en diere affekteer? Skryf ’n paar sinne om te verduidelik hoe. a Soek die volgende plante en diere in die prent en sê wat jy dink hulle nodig het om te lewe. Maak ’n tabel soos die een hieronder.
Plante en diere
Wat het hulle nodig, en waarom?
Spinnekop Slang Bootmannetjie (insek) Luiperd Naaldekoker (klein nimf) Oos-Kaapse kurper Garnale Dassies Syselbos (struik) Krap Riete Waterskilpad Kaapse kastaiing (boom) Otters Likkewaan Waterbok
Leerdertaak Wat weet en verstaan jy nou oor biodiversiteit en waaroor sal jy nog graag meer wil uitvind?
Praat, skryf en teken daaroor, of Skryf ’n lofgedig oor biodiversiteit. 59
60
Die biodiversiteit van die Kowierivier
61
Bo die water se oppervlak
Onder die water se oppervlak
BIODIVERSITEITSTELLING
62
Getal plante en diere
Die biodiversiteit van die Kowierivier
63
Sleutel vir diere op die Kowierivier-plakkaat 1. Oos-Kaapse kurper
2. Waterjuffer
3. Dassie of klipdassie
4. Geelkeel-pantserakkedis
5. Geelgesiggie-skoenlapper
6. Kleinoranjepuntjie
7. Lemoenskoenlapper
8. Naaldekoker
9. Platanna
10. Varswaterkrap
11. Langvinpaling
12. Eendagsvliegnimf
13. Warrelkewer of waterhondjie
14. Varswaterklipmossel
15. Hamerkop
16. Luiperd
17. Bloureier
18. Groototter
19. Rivier-dikkop
20. Visarend
21. Kaapse wewer
22. Kolgans
23. Swarteend
24. Waterloper
25. Bootmannetjie
26. Moerasskilpad
27. Boomslang
28. Knysna-loerie
29. Bosbok
30. Waterlikkewaan
31. Varswater-harder
32. Rivier-rondeharing
33. Varswatermossels
34. Goue wawielspinnekop
35. Blouvisvanger
36. Groenlintswaelstert
37. Geelstreep-rietpadda
38. Geskilderde rietpadda
39. Watertrapper
40. Platanna-paddavissies
41. Naaldekokernimf
42. Goud-ghieliemientjie
43. Naaldekokernimf
44. Kokerjufferlarwe
Die verhaal van die plakkaat Hierdie plakkaat is ontwerp om ons te herinner dat alle plante en diere, en ook mense, ander vorme van lewe (biodiversiteit) nodig het om te kan lewe. Dit herinner ons ook dat as diere en plante in staat is om te broei en voort te plant, hulle in die toekoms sal oorleef. Die plakkaat wys dat riviere (soos die Kowierivier) plekke is waar baie plante en diere kan lewe en voortplant. 64
Mense probeer die Kowierivier jaag die mannetjie die wyfie bewaar om die biodiversiteit weg na sy die eiers gelê het, in daar te bewaar. geval sy die eiers wil eet. Die belangrikste vis op die plakkaat is die Oos-Kaapse kurper. Die mannetjie paar met die wyfie. Gedurende paring druk die mannetjie eiers uit die wyfie uit en die bevrugte eiers val in hierdie nes. Hy is ’n baie goeie pa en beskerm die nes teen enigiets wat die uitbroei van die eiers bedreig. Soms
Hierdie plakkaat, Kowierivier, tuiste van die bedreigde OosKaapse kurper, geborg deur TOTAL SA, kan van die Albany Museum gekoop word. Dr. Jim Cambray Makana Sentrum vir Biodiversiteit Albany Museum, Somersetstraat Grahamstad 6139
Agtergrondinligting vir die onderwyser Die aarde se biodiversiteit is afhanklik van drie verskillende dinge: A die genepoel A baie verskillende spesies A die landskap.
1. Die genepoel 1. Verskille tussen individue Daar is verskille tussen individue van dieselfde spesie. In enige bevolking plante, diere of mense is daar verskille tussen individue, selfs al is hulle van dieselfde spesie (soort) plant of dier. Byvoorbeeld, in plante van dieselfde soort groei sommige individue hoër as ander. Sommige het groter blare of helderder kleure blomme, ensovoorts. ’n Ander voorbeeld is in die katspesie. Sommige individuele katte kan vinniger of stadiger hardloop of word groter, of het langer tande en kloue. In mense het sommige individue sterker spiere as ander. Sommige mense is van nature klein en rats; ander is van nature lank en sterk, en ander kan vinniger of stadiger hardloop. Hierdie verskille word variasies in ’n spesie genoem. Hierdie variasies kom voor omdat individue met genetiese verskille gebore word. Wanneer ons na al hierdie verskille saam in ’n bevolking plante, diere of mense kyk, verwys ons na die verskille as ’n genepoel. 2. Groot en klein genepoele Ons sê daar is ’n “groot” genepoel wanneer daar baie individue met baie verskille is. ’n Groot genepoel is beter vir ’n spesie omdat dit beteken dat die spesie ’n groter kans het om veranderinge in die omgewing te oorleef. Wanneer die omgewing verander, is daar ’n groter kans dat sommige individue oorleef omdat hulle verskillend is van dié wat nie kan oorleef nie. Byvoorbeeld, jy het ’n genepoel van plante met sommige individue wat nie baie water nodig het nie en ander wat baie water nodig het, al is hulle van dieselfde spesie. As daar ’n droogte is, sal die plante wat baie water nodig het, doodgaan. Die plante wat nie baie water nodig het nie, sal egter oorleef, en die spesie sal voortgaan omdat dit ’n groot genepoel het. As die genepoel baie klein raak omdat daar baie min individue is, is daar nie genoeg variasie nie en die spesie sal uitsterf.
2. Baie verskillende spesies Die aarde se biodiversiteit is ryk omdat daar baie verskillende spesies is. Ons weet dat elke plant en dier afhanklik van ander plante en diere vir kos, skuiling, bestuiwing, ensovoorts is. Elke keer wat ’n spesie in ’n habitat uitsterf, affekteer dit al die ander plante en diere direk of indirek. Byvoorbeeld, 65
as al die bye in ’n habitat uitsterf, sal dit die plante waarvan die blomme deur bye bestuif word, direk affekteer. Dit beteken hierdie plante sal nie vrugte maak nie en dit sal weer die diere wat van die vrugte lewe, affekteer. Wanneer ’n spesie uitsterf, affekteer dit ook die habitat. Byvoorbeeld, in sommige habitats is daar miskruiers. Die miskruiers versamel die mis van groot diere soos beeste en olifante. Hulle rol die mis in ’n bol en lê hul eiers in die bol mis. Die miskruier begrawe dan die bol mis. Uiteindelik broei nuwe miskruiers uit die mis uit. Die mis bevat egter ook die sade van baie plante. Die sade ontkiem in die mis en groei dan. As al die miskruiers sou doodgaan, sal die mis nie begrawe word nie en daar sal minder plante wees waarvan die sade in die mis ontkiem. Gevolglik sal die habitat verander. Elke plant of dier wat uitsterf (heeltemal verdwyn), affekteer die aarde se biodiversiteit en almal se oorlewing. Tans sterf baie spesies as gevolg van menslike bedrywighede uit. ’n Voorbeeld is in die tropiese reënwoude in SuidAmerika, Afrika en Asië. Hierdie tropiese reënwoude is die tuiste van miljoene verskillende spesies. Daar is ook enorme bome, wat waardevolle hout vir meubels en geboue verskaf. Baie lande koop hierdie hout. Hierdie groot bome word vir hul hout afgekap. Die gevolg is dat al die soorte voëls, insekte, soogdiere, reptiele en ander plante en diere wat afhanklik van die bome is, ook nie kan oorleef nie. Honderde spesies sterf elke jaar op hierdie manier uit. Mettertyd sal die biodiversiteit al hoe minder raak en dit sal plante, diere en mense regdeur die wêreld affekteer. Dit affekteer ook die aarde se klimaat.
Die landskap Die soort landskap bepaal watter plante en diere daar lewe. In ’n bergagtige landskap is daar plante en diere wat in rotsagtige en onbeskutte plekke kan lewe. In ’n woestyngebied is daar plante en diere wat in droë, moeilike toestande kan oorleef. In ’n laagliggende, nat landskap is daar plante en diere wat kan oorleef as hulle die meeste van die tyd nat is. In ’n baie rotsagtige en klipperige landskap is daar klein plantjies wat op die rotse groei en diere wat onder die klippe skuiling soek. In ’n landskap waar daar baie grotte is, is daar plante en diere wat aangepas is om in of naby grotte te lewe. Dit is dus belangrik om baie verskillende soorte landskappe te bewaar as ons die aarde se biodiversiteit wil bewaar. Baie landskappe word deur die mens se bedrywighede verander. Mense verander die landskap wanneer hulle huise en stede bou. Hulle verander ook die landskap wanneer hulle groot damme, snelweë, gholfbane en ander sportgronde bou. Die ontginning van minerale soos aluminium en ystererts verander ook die landskap. Hierdie mynbou beteken dat die landskap weggesny word en dat groot gruisgate en oop myne gevorm word. Al hierdie veranderinge aan die landskap vernietig die natuurlike biodiversiteit in so ’n gebied.
66
AFDELING 4 Uittreksels uit die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe Graad R-9 Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge (HNKV) . . . . . . . . . . . .72 Leeruitkomste en assesseringstandaarde (HNKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .78
71
16
.................................................................
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)
KERNKENNIS EN -BEGRIPPE VIR DIE LEWE EN LEWENDE DINGE Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse
Interaksie in Omgewings
Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Samevattende stelling: Lewende dinge, met inbegrip van mense en onsigbare organismes, kan in terme van lewensprosesse, funksionele eenhede en stelsels verstaan word.
Samevattende stelling: Organismes in ekosisteme is vir hul oorlewing afhanklik van die teenwoordigheid van abiotiese faktore en van hul verwantskap met ander organismes.
Samevattende stelling: Die enorme diversiteit van lewensvorme kan verstaan word in terme van ’n geskiedenis van verandering in omgewings en in eienskappe van plante en diere regdeur die wêreld oor miljoene jare heen.
Grondslagfase 1 Baie van ons liggaamsdele, soos ledemate, kop, oë, ore, voete, stem ooreen met dele van diere, en in baie gevalle gebruik diere dit vir dieselfde doeleindes as ons. 2 Diere en plante het soortgelyke behoeftes as ons ten opsigte van kos, water en lug.
3 Ons is afhanklik van plante en diere vir kos. Ons teel sekere diere en kweek sekere plante as gewasse. 4 Ons sien kulturele diversiteit in die soorte kos waarvan mense hou. 5 Party diere, soos vlieë en bosluise, dra kieme wat mense kan siek maak.
6 Daar is ’n groot verskeidenheid plante en diere wat interessante sigbare verskille het, maar ook ooreenkomste waarvolgens hulle gegroepeer kan word. 7 Plante en diere verander soos hulle groei, soos die jare verbygaan en soos die seisoene verander.
Intermediêre Fase 1 Groen plante produseer hul eie voedsel en groei deur water en stowwe uit die lug en grond te gebruik. Ligenergie is nodig om hierdie eenvoudige stowwe in voedsel en plantmateriaal te verander. Groen plante is die enigste organismes wat
5 Diere kan nie hul eie voedsel maak nie; dus eet baie diere plante terwyl sommige diere ander diere eet. Alle diere is uiteindelik afhanklik van groen plante vir hul voedsel.
10 Nuwe plante kan uit sommige dele van ’n ouerplant groei. Dit word vegetatiewe voortplanting genoem en daarvoor is saad nie nodig nie. Die nuwe plante het almal die eienskappe van die ouerplant.
Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge
72
.................................................................
17
Natuurwetenskappe
Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse
Interaksie in Omgewings
Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Intermediêre Fase voedsel in hul eie liggame kan produseer. 2 Lewende dinge het voedsel nodig vir energie, om te beweeg, om te groei en skade aan hul liggame (“weefsels”) te herstel. Diere, insluitend mense, het ’n spysverteringstelsel om voedingstowwe uit voedsel te kry. Mense het ’n gebalanseerde dieet uit spesifieke voedselgroepe nodig om gesond te bly. 3 Alle lewende dinge kan op verskillende maniere op hul omgewing reageer: diere, insluitend mense, het gespesialiseerde sintuie.
6 Ekosisteme is selfonderhoudende gebiede waar ’n wye verskeidenheid plant- en diersoorte leef en voortplant. Hulle is afhanklik van mekaar en van die nielewende omgewing. Die lewe en voortplanting van al die organismes in ’n ekosisteem is afhanklik van die voortdurende groei en voortplanting van plante. 7 Organismes se habitat is die plek waar hulle kos kry, wegkruip, kleintjies kry en, in baie gevalle, die kleintjies beskerm totdat die kleintjies ’n beter kans op oorlewing het. Diersoorte leef in ’n verskeidenheid sosiale patrone in hul habitat (alleen, saam met ’n lewenslange maat, of in troppe of kolonies). 8 Ekosisteme is van die grond afhanklik. Grond word deur natuurlike prosesse van rotse en dooie plant- en diermateriaal gevorm. Dit neem egter ’n baie lang tyd om te vorm. Stowwe wat deur plante uit die grond opgeneem word, moet vervang word om die vrugbaarheid van die grond in
11 Geslagtelike voortplanting is die proses waardeur twee individuele plante of diere ’n ander geslag individue produseer. Die volgende geslag individue lyk soos die ouers, maar hulle verskil altyd effens van die ouers of van mekaar (“variasie”). 12 Suid-Afrika het ’n ryk fossielrekord van diere en plante wat baie miljoene jare gelede gelewe het. Baie van hierdie diere en plante was anders as dié wat ons vandag sien. Party hedendaagse plante en diere toon sterk ooreenkomste met fossiele van oeroue plante en diere. Ons lei uit die fossielrekord en ander geologiese waarnemings af dat die diversiteit van lewende dinge, natuurlike omgewings en klimaatstoestande lank gelede anders was. (Skakel met fossiele in Die Aarde en die Ruimte.)
Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge
73
18
.................................................................
Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)
Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse
Interaksie in Omgewings
Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Intermediêre Fase 4 Lewende dinge kan hulself beweeg; diere, insluitend mense, kan hulself van plek tot plek beweeg. Baie soorte diere beweeg hulself deur middel van spiere wat aan een of ander soort skelet, binne of buite die liggaam, vasgeheg is.
stand te hou. (Skakel met grond in Die Aarde en die Ruimte.) 9 Water speel ’n belangrike rol in ekosisteme deurdat dit sowel plantas dierelewe onderhou. Industriële, landbou- en huishoudelike bedrywighede kan ’n ernstige impak hê op die gehalte en hoeveelheid van die water wat in ’n gebied beskikbaar is. (Skakel met Die Aarde en die Ruimte.)
Senior Fase 1 Mense ondergaan fisieke veranderinge soos hulle ouer word. Puberteit beteken dat die liggaam gereed is vir geslagtelike voortplanting. 2 Menslike voortplanting begin met die saamsmelting van geslagselle van die moeder en vader. Dié selle dra die patrone van sommige eienskappe van albei. 3 Bevrugting word gevolg deur ’n reeks veranderings in die moeder se liggaam, en gedurende hierdie tydperk kan die toekomstige gesondheid van die ongebore kind geraak word.
10 Menslike voortplanting is meer as bevrugting en geboorte; dit vereis dat volwassenes kinders grootmaak, wat oordeel en waardes vereis, en gewoonlik afhang van die gedrag van ander mense in ’n gemeenskap en omgewing. 11 Elke dierspesie toon spesifieke gedrag wat hulle in staat stel om kos te kry, ’n maat te vind, voort te plant, kleintjies groot te maak, in ’n bevolking van dieselfde spesie te lewe, of van bedreigings in die bepaalde omgewing te ontsnap. Hierdie
16 Die nakomelinge van organismes verskil in geringe mate van hul ouers en gewoonlik van mekaar. Dit word variasie in ’n spesie genoem. 17 Natuurlike seleksie veroorsaak dat daardie individue van ’n spesie wat nie die eienskappe besit wat hulle in staat sou stel om suksesvol in hul omgewing te oorleef en voort te plant nie, doodgaan. Individue wat die nodige eienskappe het, plant suksesvol voort en party van hul nakomelinge besit daardie suksesvolle eienskappe. Natuurlike
Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge
74
Natuurwetenskappe
Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse
Interaksie in Omgewings
Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Senior Fase 4 Kennis van hoe om die oordrag van seksueel oordraagbare siektes, insluitend die MI-virus, te voorkom, moet deur gedragskeuses gevolg word. 5 Groen plante gebruik sonenergie, water en koolstofdioksied uit die lug om voedsel deur fotosintese te vervaardig. DiŽ chemiese reaksie vorm die kern van die vermo‘ van alle organisme om op die aarde te oorleef. 6 Diere, insluitend mense, benodig prote•en, vet, koolhidrate, minerale, vitamiene en water. Voedsel wat ingeneem word, word in die liggaam deur die ingewande geabsorbeer. Surplusvoedsel word as vet of koolhidrate gestoor.
waartydens die spesiebevolking in dieselfde omgewing gewoon het. 12 Alle organismes het aanpassings ontwikkel om in hul habitat te oorleef (soos aanpassings om hul waterbalans te bewaar, om die soort kos wat hulle nodig het te vind en te eet, en aanpassings vir voortplanting, beskerming of ontsnapping van roofdiere). 13 Õn Ekosisteem onderhou talle voedselkettings en daar is mededinging tussen verskillende individue en bevolkings. Suid-Afrika het sekere ekosisteme wat buitengewone biodiversiteit bevat. Alle gebruike van hierdie gebiede moet op beginsels van volhoubare ontwikkeling gebaseer wees. 14 Besoedeling meng in met natuurlike prosesse wat die interafhanklikheid en diversiteit van Õn ekosisteem onderhou.
wanneer die omgewing verander; dit kan daartoe lei dat die spesie uitsterf. 18 Variasies in menslike biologiese eienskappe soos velkleur en lengte is gebruik om groepe mense te kategoriseer. Hierdie biologiese verskille dui nie op verskille in die natuurlike vermo‘ns van die betrokke groepe nie. Sulke kategorisering van groepe volgens biologiese verskille is n—g wetenskaplik geldig n—g presies; dit is Õn sosiale beskouing. 19 Biodiversiteit stel ekosisteme in staat om lewe te onderhou en van veranderings aan die omgewing te herstel. Verlies aan biodiversiteit affekteer die kapasiteit van ekosisteme en die aarde om lewe te onderhou. Klassifikasie is Õn manier om die groot diversiteit van organismes te organiseer en dit makliker te maak om dit te bestudeer. Die twee hoofkategorie‘ diere is die gewerweldes en ongewerweldes. Onder die gewerweldes is daar vyf klasse: amfibie‘, vo‘ls, visse, reptiele en soogdiere.
Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge
75
Lewensprosesse en Gesonde Leefwyse
Interaksie in Omgewings
Biodiversiteit, Verandering en Kontinuïteit
Senior Fase 7 Diere, insluitend mense, het Õn sirkulasiestelsel wat die hart, are, slagare en kapill•re bloedvate insluit. Dit vervoer voedingstowwe en suurstof na alle dele van die liggaam en verwyder afvalprodukte. Suurstof wat deur die asemhalingstelsel voorsien word, reageer met voedingstowwe om energie vry te stel. (Skakel met Energie en Verandering.) 8 Alle lewende dinge, insluitend mense, beskik oor middele om van afvalprodukte wat gedurende lewensprosesse geproduseer word, ontslae te raak. Water speel Õn belangrike rol in hierdie proses. 9 Õn Groot deel van lewende dinge bestaan uit water, en hul gesondheid hang af van water wat op verskillende maniere deur hul liggaam vloei. Strukture soos die niere, vel of mond vervul hierdie funksie.
76
15 Baie biologiese veranderings, insluitend ontbinding en herwinning van materie in ekosisteme en menslike siektes, word veroorsaak deur klein organismes wat vinnig voortplant.
20 Menslike aktiwiteite, soos die inbring van indringerspesies, habitatvernietiging, bevolkingsgroei en oormatige verbruik, lei tot Õn verlies aan biodiversiteit. Dit word duidelik wanneer meer spesies bedreig raak, of uiteindelik uitsterf. 21 Natuurlike gebeurtenisse veroorsaak ook dat spesies uitsterf. Massauitsterwings het in die verlede plaasgevind, wat ons laat dink dat enorme omgewingsverandering moontlik plaasgevind het. Hierdie veranderings het egter baie stadig gebeur, in vergelyking met die vinnige tempo waarteen mense plant- en diersoorte kan uitroei. (Skakel met Die Aarde en die Ruimte.) 22 Die sel is die basiese eenheid van die meeste lewende dinge. Õn Organisme kan uit een of baie selle ontwikkel. Selle gaan self voort met lewensprosesse soos voeding, respirasie, uitskeiding en voortplanting, wat die lewe van die organisme as geheel onderhou.
L&L Gr6 AFR
2/22/07
8:41 AM
Page 82
8 ..................................................................
Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Graad R-vlak
Graad 1-vlak
Graad 2-vlak
Graad 3-vlak
Graad 4-vlak
Leerder beplan ’n ondersoek as deel van ’n groep.
Leerder gebruik die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer.
Leerder dra idees oor bekende situasies, behoeftes of materiaal by en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoek kan lei.
Leerder neem konstruktief aan die aktiwiteit deel en verstaan die doel daarvan.
Leerder ondersoek die moontlikhede in beskikbare materiaal en vind uit hoe dit gebruik kan word.
Beplanning van ondersoek Leerder dra by tot die beplanning van ’n ondersoekende aktiwiteit.
Leerder beplan ’n ondersoek onafhanklik.
Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder neem deel aan beplande aktiwiteit.
Leerder neem onafhanklik deel aan ’n beplande aktiwiteit.
Leerder neem onafhanklik of as deel van ’n groep deel aan beplande aktiwiteit.
Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder dink en praat oor wat gedoen is.
82
Leerder dink oor wat gedoen is en sê wat uitgevind is.
Leerder wys en verduidelik wat beplan is en hoe dit gedoen is.
Leerder verduidelik en dink na oor watter optrede beplan is en of dit moontlik was om hierdie plan uit te voer.
Leerder praat oor waarnemings en stel moontlike skakels met ander situasies voor.
L&L Gr6 AFR
2/22/07
8:41 AM
Page 83
.................................................................. 9
Graad 5-vlak
Graad 6-vlak
Graad 7-vlak
Graad 8-vlak
Graad 9-vlak
Leerder beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak.
Leerder identifiseer faktore wat in ondersoek in ag geneem moet word en beplan maniere om data daaroor te versamel, oor ’n verskeidenheid waardes heen.
Leerder beplan ’n prosedure om voorspellings of hipoteses te toets, met beheer van ’n steurende veranderlike.
Leerder versamel en teken inligting aan, so akkuraat as wat toerusting toelaat en ondersoekdoeleindes vereis.
Leerder dra by tot stelselmatige dataversameling ten opsigte van akkuraatheid, betroubaarheid en die nodigheid om ’n veranderlike te beheer.
Beplanning van ondersoek Leerder lys, met bystand, wat bekend is oor bekende situasies en materiaal en stel vrae vir ondersoek voor.
Leerder help om fokusvrae vir ondersoek duidelik te maak en beskryf die soort inligting wat benodig sal word om die vraag te beantwoord.
Uitvoering van ondersoek en versameling van data Leerder voer instruksies en prosedures uit wat ’n klein aantal stappe behels.
Leerder voer eenvoudige toetse of opnames uit en teken waarnemings of reaksies aan.
Leerder organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.
Evaluering van data en kommunikasie van bevindings Leerder doen verslag oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is.
Leerder bring waarnemings en reaksies in verband met die fokusvraag.
Leerder veralgemeen ten opsigte van die relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.
Leerder dink na oor die mate waarin die gevolgtrekkings wat bereik is, redelike antwoorde op die fokusvraag van die ondersoek is.
Leerder soek patrone en tendense in die data wat versamel is en veralgemeen ten opsigte van eenvoudige beginsels.
83
L&L Gr6 AFR
2/22/07
8:41 AM
Page 84
Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Graad 4-vlak
Graad 5-vlak
Graad 6-vlak
Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.
Leerder gebruik, ten minste, eie vlotste taal om kenmerke van voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.
Leerder beskryf, ten minste, die kenmerke wat een kategorie dinge van ’n ander onderskei.
Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van ’n sigbare eienskap.
Leerder skep eie kategorieë voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.
Leerder kategoriseer voorwerpe en organismes na aanleiding van twee veranderlikes.
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)
Leerder interpreteer, ten minste, inligting deur alternatiewe vorme van dieselfde inligting te gebruik.
Interpretasie van inligting (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)
Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie (Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 4 nie.)
84
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 5 nie.)
(Daar is geen verdere assesseringstandaarde vir hierdie leeruitkoms in graad 6 nie.)
L&L Gr6 AFR
2/22/07
8:41 AM
Page 85
Graad 7-vlak
Graad 8-vlak
Graad 9-vlak
Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig Leerder onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.
Leerder onthou, ten minste, prosedures, prosesse en komplekse feite.
Leerder onthou, ten minste, beginsels, prosesse en modelle.
Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek Leerder vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.
Leerder pas klassifikasiestelsels op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.
Leerder pas veelvuldige klassifikasies op bekende en onbekende voorwerpe, gebeurtenisse, organismes en materiaal toe.
Leerder interpreteer inligting deur getabuleerde data na grafieke te verander, deur data van grafieke af te lees en deur voorspellings na aanleiding van patrone te maak.
Leerder interpreteer inligting deur lyngrafieke na teksbeskrywings te verander, en omgekeerd, deur uit patrone in tabelle en grafieke te ekstrapoleer om te voorspel hoe een veranderlike sal verander, deur verbande tussen veranderlikes in tabelle en grafieke te identifiseer, en deur moontlike verbande tussen veranderlikes te hipoteseer (veronderstel).
Interpretasie van inligting Leerder interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks).
Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie Leerder pas konseptuele kennis toe deur ’n begrip wat onderrig is met ’n variasie van ’n soortgelyke situasie in verband te bring.
Leerder pas konseptuele kennis op ietwat onbekende situasies toe deur na gepaste begrippe en prosesse te verwys.
Leerder pas beginsels toe en bring relevante begrippe in verband met mekaar om oplossings vir ietwat onbekende probleme te ontwikkel.
85
L&L Gr6 AFR
2/22/07
8:41 AM
Page 86
Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Graad 4-vlak
Graad 5-vlak
Graad 6-vlak
Begrip van wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis Leerder beskryf hoe plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het en steeds gebruik.
Leerder identifiseer maniere waarop produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is.
Leerder beskryf ooreenkomste in probleme en oplossings in eie en ander samelewings in die hede, die verlede en moontlik in die toekoms.
Begrip van die impak van wetenskap en tegnologie op die omgewing en op mense se lewens Leerder identifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle rondom hom of haar, en sê wat die doel en nut daarvan is.
Leerder identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.
Leerder stel maniere voor om tegnologiese produkte en prosesse te verbeter en om die negatiewe uitwerking daarvan op die omgewing te verminder.
Herkenning van vooroordeel in wetenskap en tegnologie wat mense se lewens raak Leerder identifiseer probleme wat sommige mense moontlik met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê.
86
Leerder beskryf die uitwerking wat ’n gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.
Leerder stel maniere voor waarop tegnologiese produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir diegene wat tans daarvan uitgesluit is.
L&L Gr6 AFR
2/22/07
8:41 AM
Page 87
87