Zulu 8

  • May 2020
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Zulu 8 as PDF for free.

More details

  • Words: 2,850
  • Pages: 13
INLEIDING

BILLY!!..........WAT MAAK ONS NOU, HOOR JY NIE DAT BEHEERKAMER ONS SOEK NIE?? BILLY!! JA…. JA VOK, EK HOOR JOU EN EK HOOR BEHEER SOEK ONS, EK DINK WAT OM NOU TE MAAK. ANTWOORD SOLANK EN HOOR WAT SOEK BEHEER. ZULU 8, ZULU 8, DIS BRAVO 2 STUUR BERIG OOR………. TERWYL ATTIE OP DIE RADIO BESIG IS, HARDLOOP ALLES DEUR BILLY SE KOP WAT NOU SOOS N SNELTREIN BEWEEG, OOR EN OOR. DIE SKOOT………………..DIE VREES OP PATRICK SE GESIG…….. DIE POLISIE BAKKIE WAT VOOR DIE SKOF VOLGEMAAK IS MET BRANDSTOF…………..DIE COKE EN BUNS VIR MIDDAG ETE…… ………DIE GILLE VAN DIE ANDER POLISIEMANNE………DIE VERVEELDHEID VAN DIE VERGADERING WAT DIE HELE DAG GENEEM HET OM TE MONITOR………DIE DEURSOEKINGS………. DIE SKOOT……. BILLY!! BILLY!! JAA, WAT!!

HOOFSTUK 1

BILLY SIEN GLAD NIE DIE NATUURSKOON RAAK OM HOM NIE, WANT SY GEDAGTES IS NOG VAS OP DIE 12 UUR SKOF WAT HY SO UUR EN N HALF TERUG, KLAAR GEMAAK HET NIE. INTEENDEEL, HY KEN DIE PAD SO GOED TUSSEN PIETRMARITZBURG EN NEWCASTLE WAARHEEN HY OPPAD IS, WAAR SY PA-HULLE BLY, DAT HY SOOS N ROBOT BESTUUR. DIS NOU AL 4 JAAR WAT HY DIE PAD, TENMINSTE EEN OF TWEE KEER PER MAAND RY, MET DIE KAMSTIGE GRAPS-VESKONING AAN SY VRIENDE EN POLISIE KOLEGAS, DAT HY NIE SY WASGOED BY DIE BARRACKS LAAT WAS NIE, MAAR BY DIE HUIS. BLOOT EENVOUDIG OMDAT SY MA SE STAY-SOFT LEKKERDER RUIK EN OMDAT HY NALTYD MET N IETSIE TERUG RY PITERMARITZBURG TOE VAN SY MA SE BAKKERY AF, WAT HY IN SY TROTSE YSKAS SIT IN SY BARAKS KAMER. DIS NOG N LANG PAD WAT VOOR LE, AL IS DIT NET 285 KILOMETER TUSSEN PIETERMARITZBURG EN NEWCASTLE, MAAR HY MOET DIE VUURWAPENS AGTER IN SY MAZDA SE BOOT, IN BLOEMFONTEIN KRY. GELUKKIG IS ALLES SO BEPLAN EN OOK PER TOEVAL UITGEWERK DAT HY EEN TRIP HOEF TE MAAK; ALHOEWEL DIT N BIETJIE OMPAD IS VIA NEWCASTLE, NA BLOEMFONTEIN TOE.MAAR OMDAT TERRY DAAR IN BLOEMFONTEIN BLY SAL DIT GEEN SUSPISIE WEK WANNEER HY DAARHEEN RY NIE. “MOENIE WORRY NIE MAMS, EK IS OKAY EN EK IS GEWOOND AAN SO LANK BESTUUR EN JAA!!, EK IS NIE MOEG NIE, EK IS GEWOOND AAN DIE SKOFTE WERKERY”, HOOR HY HOMSELF AAN SY MA WEER VERDUIDELIK GISTER MIDDAG, TERWYL HY DIE KAR TERUG SIT IN VIERDE RAT, OM N OPDRAANDE UIT TE GAAN. TERRY WEET DAT HY NET EERS IN NEWCASTLE GAAN STOP OM GOU SY WASGOED AF TE LAAI EN DAN WEER DADELIK DAARNA RY OM HAAR TE GAAN OPTEL IN BLOEM.

“DADELIK” SE HY HARDOP VIR HOMSELF EN BEGIN SOMMER TE LAG VIR SY STUPID WOORDKEUSE IN SY GEDAGTES, WANT “DADELIK”, IS SO BIETJIE LANGER AS VYF URE SE RY VANAF HULLE HUIS IN NEWCASTTLE. EK SAL NET GOU BY MOOIRIVIER-PLAZA SE TOLHEK STOP OM GOU ONTBYT TE EET, DAN MOET EK VINNIGER RY, WANT EK KRY KORREL OOK IN BLOEM OM DIE VUURWAPENS EN SAK DAGGA VIR HOM TE GEE. O VOK, NIE DIT NIE!! NET NIE DIT NIE!! VOOR IN DIE PAD SIEN HY N SPEEDCOP IN DIE TEERPAD SPRING. SY OOG VANG DAAR IS MEER AS 3 SPEEDCOP KARRE EN HEELWAT KHAKI KLERE MENSE EN ALMAL SKARREL OP EENS, TOE HY LINKS VAN DIE PAD AF TREK. “DIT WAS NIE SPOED NIE”. DIT WAS NIE SPOED NIE, EK WEET; WANT EK HET JUIS IN DIE SPOED GRENS GEHOU MET DIE GESTEELDE VUURWAPENS IN DIE BOOT; JUIS OM NIE AANDAG TE TREK NIE. WAT IS DIT……..? IS DIT N LOKVAL……..? IS EK GEBRAND……..? WIE ………WIE……? HULLE SAL KAK…!” VLIEG AL DIE WOORDE IN SY MOND UIT, AAN HOMSELF, TERWYL HY IN DIE TRU-SPIEELTJIE SIEN HOE STAP 3 SPEEDCOPS NA SY KAR TOE.

“MORE MENEER, KAN U ASSEBLIEF U VOERTUIG AFSKAKEL EN UIT U VOERTUIG KLIM” GROET-SE DIE EERSTE VERKEERSBEAMTE VIR BILLY.

BILLY SIEN UIT DIE KANT VAN SY OOG DAT DIE ANDER TWEE BEAMTES SOORTVAN STELLING IN GENEEM HET AAN DIE AGTERKANT VAN SY MAZDA, TERWYL HY UIT DIE KAR UITKLIM. DIE DIKKERIGE EEN WAT HOM EERSTE GENADER HET HAAL DAN NIE N SPOEDBOEKIE OF ENIGSINS IETS UIT OF TE VOORSKYN OM HOM N BOETE TE GEE NIE……..WHY??? ”MORE SE JULLE OUENS” SE BILLY AAN HULLE TERGELYKE TYD,ALHOEWEL NET EEN VAN DIE DRIE VERKEERSBEAMTES OMTRENT SY EIE OUDERDOM IS EN DIE ANDER TWEE OMTRENT 15 JAAR SY SENIOR IS. “WAT IS DIE PROBLEEM?” “NEE, DIE IS MAAR NET N ROETINE STOP OP ALLE VOERTUIE, IS DIE N STAATSVOERTUIG?” EN DIKKES TREK SY SAKKENDE BROEK OP MET SY DUIM EN WYSVINGER, WANT SY REWOLWER AAN SY; IS TE SWAAR EN HANG LOMP LANGS SY HEUP AF. BILLY IS SO IN SY SKIK MET HOMSELF OMDAT DIE PERSEPSIE WAT HY GESKEP HET DAT HY IN N STAATS-VOERTUIG RY, WERK. SY EIE MAZDA IS VAN DIESELFDE MODELLE WAT TANS DEUR DIE POLISIE GEBRUIK WORD EN MET SO N BIETJIE “OPGETOFDHEID” VAN SY KANT AF; SAL ENIGE MENS DINK DIT IS WEL N STAATS VOERTUIG. DUIDELIK HET DIKKES DIE BLOULIG GESIEN WAT TUSSEN DIE TWEE VOORSTE SITPLEKKE LE EN IS OOK BEWUS VAN DIE “MOOI”SELFGEMAAKTE “SAP” KARTON KAARTJIE WAT HY EEN AAND LAAT NOG IN SY BARRACKS KAMER UITGEKNIP HET EN SORGVULGDIG GELAMMINEER HET DAT DAAR NIE BUBBLES OP IS NIE. MET NOG N PAAR FAKE DOCKET FILES OP SY AGTERSTE SITPLEK LYK DIT KOMPLEET SOOS N POLISIEMAN WAT OP DIENS IS, SE KAR. BILLY DINK VLUGTIG AAN DIE KERE WAT HY BY N OPVOERING OF SELFS BY DIE RUGBY STADION GAAN STOP HET EN WEG GEKOM HET MET DIE “KAMMOFLERINGSKAR” VAN HOM, SONDER OM VIR DIE PARKERING TE BETAAL EN SMILE SO IN SY BINNESTE.NATUURLIK HELP DIT OOK OMDAT HY SY POLISIE UNIFORM AAN HET, JUIS SOOS NOU.

ALHOEWEL HY AL DIE VOORSORG MAATREELS “GETREF” HET, WEET HY NIE OF DIE N LOKVAL IS OP HOM NIE EN WEL MAAR NET N ROETINE-STOP IS SOOS DIKKES WEL SE DIT IS NIE, DUS IS HY NOG GLAD NIE OP SY GEMAK NIE. O, SO U IS IN DIE POLISIE, EN DIKKES KOM ORENT NADAT HY SY NEUS BASIES TEEN DIE AGTERDEUR SE VENSTER GEDRUK HET EN DUIDELIK DIE DOSIERE EN ANNER “POLISIE” DINGE GESIEN HET. JA EENHEID 8, PIETERMARITZBURG, IS DAAR N PROBLEEM? VRA BILLY EN HERWIN SY SELFVERTROUE, WANT DIE VERKEERSMENSE WEET DEFNITIEF NIE VAN SY BAGASIE NIE. NEE GEEN PROBLEEM NIE MENEER, SOOS EK GESE HET DIS MAAR NET N ROETINIE STOP OP VOERTUIE WAT ONS IN DIE AREA DOEN.LISENSIES, DERDEPARTYE EN NOMMERPLATE, MENEER WEET MOS. ASSEBLIEF SE VIR MY BILLY, DIE “MENEER-MENEER” DING IS VIR MY ASOF EK N SKOOLHOOF IS, WAAR EK MAAR NET N SERSANT IS.NOEM MY BILLY. BILLY STEEK SY HAND UIT NA AL DRIE EN GROET HULLE OM DIE BEURT, SONDER OM HULLE NAME IN TE NEEM BEWEEG HY NOG SO 2 METER WEG VAN SY KAR AF. SEKER MAAR ONBEWUSTELIK, MAAR HY HET SOVEEL BETER GEVOEL, MET DIE AFSTAND TUSSEN SY KAR EN HULLE. SE MY BILLY, KEN JY, AG WAT IS SY NAAM MAN, EN DIKKES KYK NA EEN VAN DIE ANNER SPEEDCOPS LANGS HOM. DAAI OU WAT IN DIE VINGERAFDUK-EENHEID IS MAN, WAT MET CHRISTA GETROUD WAS. AG JISSIE, KAN EK NOU SY NAAM VERGEET? JOHANN, JOHANN DE VRIES?

YES, EK KEN VIR JOHANN, EK WAS GISTER MIDDAG DAAR BY HULLE EENHEID, SE BILLY EN BEGIN HALF ONGEMAKLIK VOEL, WANT DIS NOG N VER PAD EN HY KAN NIE LAAT WEES VIR SY AFSPARAAK NIE. WEL , SE VIR HOM AS JY HOM WEER SIEN EK STUUR GROETE, SE DIKKES AAN BILLY. WIL JY NIE BIETJIE KOFFIE HE NIE, JULLE OUENS WERK MOS SULKE LANG EN HARDE URE. DAMN, EK WENS EK KON IN GEKOM HET IN DIE POLISIE. NEE DANKIE, EK HET NOU NET KOFFIE GEHAD, EK HET SOMMER DIE FLASK IN GEPAK, MAAR HEY, JY KAN MOS HER-AANSOEK DOEN BY DIE POLISIE, WANT EK HET GEHOOR DAT HULLE WERWINGS VAT VAN DIE VERKEERS AFDELINGS. PRAAT MET DIE OU BY DIE WERWINGS-KANTORE EN BILLY HAAL SY SAKBOEKIE UIT SY BOONSTE CAMO-HEMP UIT. NADAT HULLE NOG SO KORT RUKKIE GESELS HET, HET BILLY HOMSELF VERSKOON EN IN SY KAR GEKLIM. NA NAGENOEG 15 MINUTE SE RY, KYK BILLY AF NA SY HANDE WAT OM DIE STUURWIEL VAS GEKLEM IS DAT SY KNEUKELS SPIER WIT WYS EN SE KLIP HARD TERWYL HY IN SY HEMPSAK VROETEL VIR SY LIGHTER: VOK, EK MOET OPHOU HIERMEE, MY HART GAAN DIT NIE HOU NIE. MAAR EK KAN NIE, BAKLEI DIE ANDER STEMMETJIE IN SY KOP, WANT DIT IS ALLES VIR DIE “CAUSE”. NIE VIR DIE GELD NIE. ALHOEWEL DIE EKSTRA, PLUS MINUS DRIE NA VIER DUISEND RAND, WAT MEER IS AS SY EIE MAANDELIKSE SALARIS WAT HY MET DIE VUURWAPENS VERDIEN, HANDIG TE PAS KOM, HIER VAN NA DIE 15de VAN ELKE MAAND. DIT IS VIR DIE ADRENALIEN EN DIE WETE DAT DIE WAPENS VIR INKHATHA MENSE IS WAT HULLE (DIE STAAT), HELP OM DIT TEEN DIE ANC TE GEBRUIK. IEWERS SAL N KOEEL UIT EEN VAN DIE LOPE IN SY BOOT N ANC ONDERSTEUNER SE DOOD

BETEKEN EN HELP DAT HULLE NIE IN BEHEER KOM VAN DIE LAND NIE. DIT IS N WARM DAG EN DAAR IS GEEN WOLKIE IN DIE LUG TOE BILLY IN NEWCASTLE INDRAAI NIE. DIE MYNHOOP REUK VAN NEWCASTLE IS DUIDELIK TE RUIK IN DIE LUG. SO BAIE ANDERS AS DIE SKONER TROPIESE LUG WAARAAN HY GEWOOND IS. BILLY DINK AAN SY MA WAT GEREELD OOR DIE TELLEFOON AAN HOM KLA DAT AS DIE WIND NET N BIETJIE WAAI, HAAR KANT GORDYNE SO DOWWE KLEUR WIT RAAK, VAN DIE MYNHOOPSTOF. NA OMTRENT N UUR SE GROET EN AFLAAI VAN SY WASGOED BY DIE HUIS, KLIM BILLY IS SY KAR EN PAK DIE PAD AAN BLOEMFONTEIN TOE. DIE VYF EN N HALWE UUR SE RY WAT VOOR HOM WAG IS NIE IN SY GEDAGTES NIE, MAAR WEL OOR SY LEWE. BILLY LEEF NET VIR ELKE DAG. NIE VIR MORE NIE, NIE VIR VOLGENDE WEEK OF MAAND NIE, MAAR ELKE DAG SOOS DIT KOM. WANT HY WEET NOOIT OF HY MORE GAAN LEEF NIE. ELKE DAG NA HY SY UNIFORM AANGETREK HET EN SY BARAKS KAMERDEUR AGTER HOM TOE TREK OP DIE DERDE VLOER, OM TE GAAN WERK, WEET HY NIE OF HY DIT WEER SAL KOM OOP MAAK NIE. HY DINK SKIELIK AAN DIE KWAAI BARAKS OPSIGTER WAT SO BOOS WAS OF EERDER NOGSTEEDS BOOS IS VIR HOM OMDAT HY N WIT DEUR LAAT OPSIT HET VAN SY KAMER, WAAR DIE RES ALMAL BRUIN IS. AI, OOM DANNY IS GLAD NIE IN SY SKIK MET MY NIE. OOH!! EK MAG NIE SE “OOM” NIE, LAG BILLY VIR HOMSELF. ADJUDANT DANNY.JA, JA, JA……….. OOM DANNY WIL GLAD NIE REDE VERSTAAN DAT DIT NET N TYDELIKE DEUR IS EN DAT HY SODRA HY TERUG IS, BY DIE BOUERS IN DIE LOKASIE N DEUR MET MIDNIGHT SPARES SAL KRY NIE. “MIDNIGHT SPARES” BETEN MAAR NET: STOP DIE POLISIE BAKKIE OP NAGSKOF DAAR WAAR HULLE BESIG IS OM H.O.P.-

HUISE TE BOU EN VAT N DEUR. SO MAKLIK, SO EENVOUDIG, AS OOM DANNY NET DIT WIL VERSTAAN, MAAR HY KON NOU NIE VIR OOM DANNY PRESIES SE WAAR HY SY DEUR VANAF SAL KRY NIE. HY LEUN OOR VAN DIE BESTUURDERS KANT NA DIE “CABBYHOLE” OM SY SPUITGOED UIT TE HAAL, WANT NA DIE LANG SKOF EN URE WAT HY AL WAKKER IS, KLEUF TAAI AAN HOM EN HY RUIK DIE SWEET AAN SY EIE LYF. MESKIEN MOES HY NET EERS N SHOWER GEVAT HET VOOR HY VERDER NA BLOEM TOE GERY HET, MAAR DIT IS NOU TE LAAT EN HY WOU NIE VERDER TYD GEMORS HET NIE. AH, WINBURG. NOG NET N UUR SE RY, DAN IS EK IN BLOEMFONTEIN. SOMMER REGUIT NA KORREL TOE RY MET DIE VUURWAPENS, WANT HY SAL OOK BRANDEWYN DAAR BY HOM HE. BILLY HET NOG NIE DAARAAN GEDINK DAT SY LEWENS STYL BESIG WAS OM HOM STADIG DOOD TE MAAK EN OP TE VREET VAN BINNE AF NIE. EINTLIK BESEF HY DIT, MAAR VERKIES OM NIE DAARAAN TE DINK NIE. DIE RUSH VAN SPOED, GEVAAR, EN DIE WETE DAT HY N KLEIN GOD OP SY EIE IS, WAT HOM DIE MAG GEE OM TE BESLUIT WIE LEWE EN WIE NIE, STEEK HY WEG OM NA ELKE SKOF KANTIEN TOE TE GAAN EN SY DRINK EKSPIDIESE VAN DIE OORBLYWENDE URE VOOR HY UIT PASS IN N BED (BAIE KEER NIE EERS SY EIE NIE, EINTLIK SELDE SY EIE). DAMIT, EK MOET STEFANIE BEL SODRA EK IN BLOEMFONTEIN STOP DINK BILLY. NOG IEMAND IN SY LEWE OP WIE HY TRAP OM TE KRY WAT HY WIL HE.HY HET VERSKEIE KERE GEHOOR DAT STEFANIE VIR HOM SE DAT SY HOM LIEF HET, SELFS BY ANDER MENSE, MAAR TOG VERKIES HY OM HAAR GELREELD TE VERNEUK MET OPTEL GIRLS BY JOLLS EN KUIER-PLEKKE. STEFANIE IS GOED VIR MY, MAAR SY MOENIE SO STRESS OMDAT EK MYSELF WAKKER SKREEU IN DIE NAG EN MY MAAG VASHOU VAN DIE PYN AS EK DAAR BY HAAR OORNAG NIE. EK SAL DIE DOKTER GAAN SIEN IN DIE WEEK AS EK TERUG IS IN PIETERMARITZBURG.EK WEET WAT HY VIR MY GAAN SE. “HOU OP DRINK EN ROOK EN VAT DIT EASY.

VAT DIT EASY. DIE TWEEDE KEER WAT HY DRANKVERGIFTIGING GEHAD HET, HET DIE DOKTER ALREEDS VIR HOM GESE DAT DIT NOU GENOEG IS. AG, WAT WEET HULLE, EK IS STERK EN EK IS TOG FIT EN NIKS SAL MY ONDER KRY NIE. NIKS NIE. YES, YES KORREL.HOE GAAN DIT SWAER? NA N RUKKIE SE GROET EN “HOW’S YOURS” RY KORREL VOOR BILLY NA SY HUIS TOE WAAR HY NOG BY SY MA EN PA HULLE BLY. SAAM HAAL HULLE DIE AK47, R1, REWOLWER, TWEE PISTOLE EN RONDTES UIT DIE BOOT EN VERSTEEK DIT IN DIE CEILING VAN KORREL-HULLE SE HUIS. EK GLO NIE HULLE SAL IN DIE KOSTER VAN DIE NG KERK SE DAK KOM SOEK VIR GUNS NIE: SE BILLY VERMAAKLIK AAN KORREL.WANNEER VAT JY DIE SAK DAGGA VIR MICHAEL? KORREL SKINK VIR HULLE N STYWE DOP BRANDY IN EN VERDUIDELIK DAT HULLE HY SO OOR N PAAR UUR EERS HOEF TE RY, WANT DIS NOU EERS 2 UUR EN MICHAEL WERK TOT 5 UUR DIE MIDDAG. MICHAEL ORGINISE VIR DIE VERKOOP VAN DIE VUURWAPENS AAN SY KONTAKTE EN KRY DIE DAGGA AS BONUS EN VIR SY STILSWYE EN SAMEWERKING, OF IS DIT VIR GOEDERE-TROU? TERRY BEHOORT AL REG TE WEES EN EK WIL HAAR NIE LAAT WAG NIE. EK WIL TERUG KOM IN NEWCASTLE, SO SAL JY SORG DAT MICHAEL DIE SAK KRY? ONTHOU: DUISEND RAND VIR SEMI AUTOMATIESE VUURWAPENS, SES HONDERD STUK VIR PISTOLE EN 3 OF 4 HONDERD VIR DIE REWOLWER. DIE RONDTES IS INGESLUIT IN DIE PRYS.

TERRY SY SUSTER GAAN BINNEKORT MET KORREL TROU, OF SO WORD VERWAG VAN HULLE TWEE. MIN WEET BILLY DAT HY NIE SY SUSTER SE TROUE SAL BYWOON OF DAAR SAL WEES OM SY SUSSIE SE GELUK TE SIEN NIE…….AL WAS TERRY EN KORREL NET VIR TWEE MAANDE GETROUD EN TOE GESKEI; JUIS OOR KORREL SE POLITIEKE UITKYK IN DIE LEWE.

HOOFSTUK 2

BILLY!!..........WAT MAAK ONS NOU, HOOR JY NIE DAT BEHEERKAMER ONS SOEK NIE?? BILLY!! JA…. JA VOK, EK HOOR JOU EN EK HOOR BEHEER SOEK ONS, EK DINK WAT OM NOU TE MAAK. ANTWOORD SOLANK EN HOOR WAT SOEK BEHEER. ZULU 8, ZULU 8, DIS BRAVO 2 STUUR BERIG OOR………. TERWYL ATTIE OP DIE RADIO BESIG IS, HARDLOOP ALLES DEUR BILLY SE KOP WAT NOU SOOS N SNELTREIN BEWEEG, OOR EN OOR. DIE SKOOT………………..DIE VREES OP PATRICK SE GESIG…….. DIE POLISIE BAKKIE WAT VOOR DIE SKOF VOLGEMAAK IS MET BRANDSTOF…………..DIE COKE EN BUNS VIR MIDDAG ETE…… ………DIE GILLE VAN DIE ANDER POLISIEMANNE………DIE VERVEELDHEID VAN DIE VERGADERING WAT DIE HELE DAG GENEEM HET OM TE MONITOR………DIE DEURSOEKINGS………. DIE SKOOT……. BILLY!! BILLY!! JAA, WAT!!

DIT HET ALLES BEGIN SOOS N NORMALE DAG VIR BILLY EN SY MAKKERS OP HULLE BRAVO SKOF DIE OGGEND. ALMAL WAS UITGEREIK MET EKSTRA VUURWAPENS EN N KLEIN ARSENAAL AMMUNUSIE, OMDAT HULLE N BEGRAFNIS MOES MONITOR VAN N ANC ONDERSTEUNER EN HEELWAT OMSTANDERS SOU TE WAGTE WAS. DIE A.N.C. WAS TWEE MAANDE VOOR DIE DAG, ONTBIND AS N NIE ERKENDE PARTY IN SUID AFRIKA.VIR N HELE PAAR JAAR KON DIE POLISIE EN WEERMAG ENIGE EEN ARRESTEER OF SELFS SKIET AS IEMAND DIT SOU WAAG OM N KLEDINGSTUK OF PET, MET DIE A.N.C. SE LOGO DAAROP, TE DRA. IN DIE DONKER JARE WAAR DIE A.N.C NIE GEREKEN WAS AS N PARTY IN SUID AFRIKA NIE, HET HULLE ONDER DIE U.D.F. (UNITED DEMOCRATIC FRONT) VLAANDEL BEWEEG EN SO DIE OORLOG TEEN DIE INKATHA VRYHEIDS PARTY GEVOER. MASSAS VUURWAPENS IS OOR DIE GRENSE DIE LAND INGESMOKKEL NA DIE U.D.F TOE, DEUR DIE A.N.C. BROEDERS IN DIE BUITE LAND EN ANDER AFRIKA LANDE. DAAR WAS N NIE ERKENDE GROEP POLISIEMANNE DEUR DIE LAND WAT NIE NET HULLE EIE AGENDA GEVOLG HET DEUR N DERDE MAG IN TE STEL NIE; MAAR WEL GESKEP WAS DEUR DIE HEERSENDE NASIONALE PARTY VAN DIE DAG.VUURWAPENS WAT INGESMOKKEL IS, VIR DIE A.N.C., WAS MET TYE ONDERSKEP OF DIREK MET VELDTOGTE VAN HULLE AFGENEEM EN DAN WEER, AAN DIE INKATHA’S VOORSIEN WAS.

Related Documents

Zulu 8
May 2020 4
Zulu
May 2020 4
E-zulu 2009 Brochure
December 2019 49
Zulu Inspired Beadwork
November 2019 28
Zulu And Tamil Comparision
November 2019 32
Zulu Colous Flash 1
October 2019 18