Skryf My Storie

  • June 2020
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Skryf My Storie as PDF for free.

More details

  • Words: 2,111
  • Pages: 5
SKRYF MY STORIE Trisa Hugo Ek het nog altyd na die fluisterstem in my kop geluister en nou het dit skryf jou storie, Alda, skryf jou storie, agter my oor kom fluister. Wie is ek om te stry? Somtyds is dit net ʼn ligte gewaarwording, maar partykeer is dit helder en duidelik – nie altyd in die stilte van die nag nie, maar meermale ook sommer helder oordag. Dan weet ek ek moet luister. Luister, luister, wie daar fluister. Wanneer oom Hannes-hulle kom kuier het, moes ek my kamer opgee en al was ek al in standerd ses, in my ma-hulle se kamer op die opvou bedjie slaap. Ek kry nie my lê lekker in hierdie bed nie, en die kussing is te plat. Oom Hannes se snorkery kan ek tot hier hoor, en die tante is kort-kort op en af, met die strepie lig van die ganglig wat onder die deur skyn. Maar ek beweeg nie. Ek lê doodstil en wag vir dáárdie geluide. Dit begin met my pa se fluister: “Alda slaap.” Dan lê ek doodstil en luister na die gevroetel, en later hoor ek sulke snaakse spoegerige geluide, soos wanneer ek my lippe tuit en met my spoeg oor my tong suig; sjoep-sjoeperig. Dan word my lyf warm, en ek lê snaarstyf en luister. Ek vra vir Ina vra wat aangaan, want sy weet van sulke goed, maar sy lag as ek haar vra wat jags beteken, en sy sê ek is te jonk, al is sy ook maar net in standerd ses. Dit voel soos gister wat Ina my vertel het wat my ma en pa doen. Dit het my eers laat skrik, maar toe het my hele lyf weer so warm begin voel. Ina het nie verstaan nie. Sy het my snaaks aangekyk. “Ag nee, Alda, wassit met jou, wat staan jou oë so styf in jou kop?” het sy half verbaas, half bang, half spottend gesê. Sy het niks van die gevoel in my lyf en bene verstaan nie. Nou vertel die stemmetjie in my kop my om hierdie stories op te teken. Vir nou, as ek sit en terugdink, is hierdie dinge van my kindwees weer hier reg by my, maar hierdie ou kop is nie meer wat dit moet wees nie en een van die dae is dit te laat. As ek doodstil sit en my oë toemaak, dan is my vel weer glad, my oë blink, my bene rats – dan voel ek so weldadig soos weleer.

“Nou wáár dink jy weer vandag, Alda?” onderbreek ou Danie my, sy klein ogies swart in sy gesig. Hy swaai sy stoel behendig om, en wiel tot langs my. Ek glimlag. Hy wéét weer, die ou wetter, dink ek, hy weet presies wanneer ek weer voel soos van ouds. Vir hoeveel jaar was my hart stukkend oor hom, en hier sit ons nou. Ek sou nooit daardie tyd kon dink dat ons tog eendag bymekaar sou uitkom nie. Hy steek sy hand uit, en vat oor my rok waar my borste eens was. Hy weet waar my gedagtes weer draai. Ons is na al die jare nog net so oor mekaar, en oor die lywe wat eenmaal was. Elkeen dink sy dinke. Ek vóél nog sy hande so, geskulp om my borste. Ek kan nog hoor wat hy gesê het: Ai, my Soetstelief, as ek so aan jou vat, is my arms die kabels wat my battery weer laai, dat ek weer kan aangaan. Toe die klokkie grr vir ete, draai Danie sy stoel stil om, en ry weg eetsaal toe. Soos altyd, sukkel hy by die opdraendjie op, maar hy kyk nie om nie. Hy wag ook nie vanaand vir my nie, maar dis goed so; ek wil nie hê hy moet sien as die trane nie binne wil bly nie. Ek wag vir die trane om op te hou en gaan sit tussen die ander in die eetsaal en luister hoe die ou vrouens kerm oor die ertjies wat weer te sout is. Hulle kan tog so aanhou en aanhou met ʼn ding. Ek wens hulle wil ophou kerm daaroor en dit net los. Die aartappel is lekker lig, maar dit sal in my keel vaswurg, so ek besluit om later ʼn koekie by my tee te eet. Daar is hoeka nog van die koekies wat Zenatjie gebring het. Sy het dit self gebak, sê sy, vir Oumie. Ai, dat Marien nou vir die kind so ʼn onuitspreeklike naam moes gee. Verbeel jou, ek sê dit nog al die jare verkeerd. Ons het op ʼn tyd ʼn bediende gehad wat Siena was, maar ek moet dit nie soos ʼn bediende se naam uitspreek nie. Ek moet sê ‘Ziena’ met ʼn lang ie. My tong bly sukkel met die Z so langs die ie. Vanaand wil die slaap maar net nie kom nie en ek lê dan op die een sy, dan op die ander. Ek wil ook nie die blou pilletjie drink wat die nursie gebring het nie, want dan slaap ek so ʼn snaakse slaap, en my kop voel dof wanneer ek opstaan. Ek bly al vir Danie voor my sien. Hy kyk met sy bruine oë in die verte, maar wanneer hy terugkyk, blink sy oë. Ek voel sy hande op my bors. Wanneer ek die spiere onder my arms styftrek, verbeel ek my my borste is nog daar – rond en vol met harde tepels, moerbeie wat deur my klere wys.

Die Danie darem. Hy het tog so gehou van my gekleurde onderklere. Die vinger wat by my hals inglip, gee my skoon hoendervleis. Hy kyk my reg in my oë, sy oë hou my, hou my, dat ek nie kan wegkyk nie. Ook nie wil wegkyk nie. Dan haak hy met sy vinger die donkergroen bandjie uit. “Hmmmm. Ons eet weer olywe vandag… Lekker groot sappige olywe…” Die piep-piep, piep-piep van my fountjie ruk my van my gedagtes af weg. Dis seker ʼn boodskap van Zenatjie af, wat raai dat ek wakker is. Dis sy wat middae hier omgesit het en my geleer het om die slim masjientjie te werk. My ou vingers werk nie meer so sterk nie en dit gaan maar stadig, maar nou sms ons mekaar lekker. Ek dra die fountjie om my nek aan ʼn bandjie wat Marien gekoop het want sy is bang ek val en daar is niemand naby om te help nie. Ek sukkel regop, vat my bril raak. Ek sukkel eers om die woorde op die skermpie te lees, maar as my oë eers fokus, gaan dit aan. Ek druk die knoppies en lees die boodskap op die skerm: Slaap Oumie? Ma moet weg vir werk. Sy en Pa baklei. Ek kan nie slaap nie. Die arme kind, so klein nog. As Marien nog ʼn kind gehad het, sou Zenatjie nie nou so eensaam gewees het en so swaargekry het nie. Dan het sy dalk opgehou werk. Maar nee, ek moes mos ophou inmeng; en kyk nou. Teen die tyd wat ons so al op ons fountjies klaar gesels het, voel Zenatjie beter. Sy kan slaap en ek kan dink aan Danie se hande. Ek loop al die paaie saam met hom waar ons veertig jaar terug geloop het. Daardie jare sou dit ʼn vreeslike skande wees as dit moes uitkom dat ʼn getroude man met ʼn ander vrou, die weduwee… Ek dink aan wat kon gewees het, wat móés gewees het – en slaap rustig. Dit is wanneer ek op sulke oggende wakker word, wat die stemmetjie in my kop vir my sê om te skryf. Skryf die stories neer, sê die stem, en ek skryf die stories een vir een. Iedere een toegeplak in sy eie koevert, al die koeverte in ʼn bondel in my kas. Nou dat my vingers te veel met die blou lintjie sukkel, sit ek maar net die rekkie om. Eendag wanneer Zenatjie agtien is moet hulle vir haar die briewe gee, sodat sy haar Oumie kan verstaan, die versoekings van die vlees kan verstaan, en hoe mooi die liefde kan wees.

Sy moet leer uit haar Oumie se foute. Ek wil vir haar sê hoe verskriklik dit is om ʼn leuen te lewe. Ek wil vir haar sê hoe sy getrou aan haar hart moet wees en hoe na ʼn vrou se lyf aan haar hart lê. Sy moet weet hoe ʼn vrou met haar hele wese kan smag. Sy moet kan liefhê, met haar hele hart en siel, maar bowenal, moet sy met haar lyf kan liefhê. Die naweek is dit stil in die gange, baie van die mense is uit na hulle kinders toe. Ek sien ook nie vir Zenatjie nie want Marien is weg vir haar werk. Danie is vroeg-vroeg al by my deur en hy sit en kyk hoe ek my hare regkry. Saam gaan ons eetsaal toe, ek is nogal honger vanoggend. In die eetsaal sukkel Danie se hand om die oats-pap by sy mond te kry en hy mors op sy hemp. Sommige van die ou mans kan so slonsig wees, maar nie Danie nie. Hy is gesteld op sy persoon en word vreeslik verleë toe hy afkyk en die blerts sien. Ek help hom om sy broodjie te smeer. Ek voel sy oë op my. “Waar dink jy weer vanmôre?” vra ek. Ek kan nie help om te glimlag nie. “Jy kyk my al heelweek so… so…” skielik weet ek nie hoe hy my kyk nie. “Ek kyk maar. Hoe lank gaan dit nog vir ons moontlik wees om so vir mekaar te kan kyk?” hoor ek sy stem. Ek kyk na die brood wat ek besig is om te smeer. Die botter wil maar nie mooi oor die broodjie nie. My hande word stil op die mes. Na ete gaan sit ons op die kant-stoep. Die oggend sonnetjie is lekker warm. Danie is stil en ek lol nie met hom nie. Ek raai hy dink aan sy suster. Ek weet hoe moeilik dit vir hom is dat sy nog op haar eie bly; sy wat ouer as hy is. Haar man het haar ook so goed nagelaat en sy rits dit behoorlik uit. Sy is weer aan die rondflenter op ʼn oorsese toer. Danie het nooit kinders gehad nie. Ek is eintlik al wat hy nog het. Ek kan nie die trane keer om te loop nie. Ek is al wat hy nou het, maar hy het my nooit gehad nie. Trou? Hy was reeds getroud. Skei? Sy sou nooit daaroor kom nie. Hoeveel keer het ons gewik en geweeg, maar dit nooit gedoen nie. -o0o-

Danie hoor ʼn vreemde geluid en draai sy kop na Alda toe. Hy sien hoe sy van haar stoel afgly, stadig, asof sy geoefen het daarvoor, en dan stil bly lê. Doodstil. Hy draai sy stoel om en ry weg om die verpleegster te roep. Hy huil hard soos ʼn klein seuntjie. -o0oToe Marien na die oue tehuis toe gaan om haar ma se kas uit te sorteer, wou Zena saamkom, maar Marien het dit nie toegelaat nie. Sy wou nie hê Zena moet in die oumens, dooie mens, kamer kom nie. Die ou vrou was die laaste tyd skoon behep met die oom in die rystoel. Wie is hy, en waar sou hy vandaan kom, wonder sy? Sy dink aan die ou man se trane, verwonderd dat hy so oor haar ma gehuil het. Marien kyk amper die bondeltjie briewe agter in die hoek van die kas mis, maar wanneer sy dit sien tel sy dit op en trek die rekkie af. Sy sien die skewe Z op die eerste koevert. Dit moet vir Zena bedoel wees, vandaar die Z. Sy besluit dat sy dit nie net vir die kind kan gee nie en maak versigtig die koevert oop en haal die brief uit, vou dit oop om dit te lees.. Op die papier is ʼn bewerige gekrabbel. Sy kyk vinnig deur die bladsye, maak die volgende brief oop. Die reëls gly oor die bladsy van hoog bo links na regs onder af. Dit lyk of dit woorde moes wees, maar daar is geen letters nie – asof ʼn kleuter ʼn grootmens se vloeiskrif nagemaak het. Marien gaan sit swaar op die klein bedjie. En laat die bondel sinnelose papiere uit haar hande gly. Sy huil rukkerig, haal keel branderig. Uiteindelik, na ʼn paar minute, dep Marien haar oë, kry beheer oor haarself en begin die papiere bymekaar maak, maak dit met die rekkie vas en sit dit op die stapeltjie goed wat sy wil saamneem huis toe. Dit behoort aan Zena. Eendag sal sy dit vir haar gee.

Related Documents