D Diiee llaannsseerriinngg vvaann JJoorrssiiee Voorwoord Met Jorsie se begrafnis, of te wel lansering na die planeet Hemel volgens die priester, word Bennie self
op nuwe gedagtebane
gelanseer. Hy vertrek op ‘n reis deur die deurmekaar wêreld waar bomme ontplof en min dinge sin maak. In dié deurmekaar en onvolmaakte wêreld wend sommiges hulle tot ‘n geloof in buiteaardse wesens, in plaas van om salig soos kinders te kan glo. Die ekstreme gelofies bring egter nie rustigheid nie. Eerder haat en verdere onverdraagsaamheid. Reeds in die opening, kry Bennie te doen met mense wat glo dat die Afrikaners die afstammelinge van Juda is, die Uitverkorenes, wat hul weg na die Suidpunt van Afrika gevind het nadat die verlore stamme van Israel eers as Ariese mense in Wes-Europa beland het. Swart mense is nie mense nie – hulle is afstammelinge van die addersgeslag. Verskeie van hierdie mense is reeds weens moord tronk toe gestuur. Soos Israel se twaalf stamme glo oor die wêreld versprei het, en internasionaal deur die geslag van Ishmael uitgedaag word om hul eerstegeboortereg te herwin, reis Bennie deur twaalf hoofstukke lewenslesse. Meer as een keer ontdek hy dat
1
dieselfde mens meer as een persoonlikheid openbaar – of dit nou skisofrenie is, of danksy die vuurwater. Algaande
begin
‘n
tweede
persoonlikheid
van
Bennie
saamgesels, vanuit die voetnote. Eintlik is dit sy oorspronklike natuur met humorsin wat nou uit sy onderbewuste saamgesels, terwyl sy bewuste teësinnig met die nuwe feite worstel. Uiteindelik, na ‘n ongeluk, verbeel hy hom hy is in ‘n ander dimensie waarvan hy gehoor het. Bennie is “tuis” wanneer hy uiteindelik gestroop is van sy jeugdige voortvarendheid om te dink hy het die oplossing vir alles, dat hy almal anders se optredes en sienings met gesag onder die loep kan neem. “Jorsie het ge-arrive.” Maar saam met Jorsie het Bennie ook tot ‘n paar waarhede gelouter geraak.
2
Die lansering van Jorsie
1. Besoek van die Groot Kokkedoor Vanoggend gaan Jorsie terug kluite toe. Jorsie, die half-eenkant mens, wat doer by Donkergat tydens ‘n regse saamtrek ‘n hartaanval gekry het, en so voete eerste teruggereis het na die stad met die min blomme. Mooi op Geloftedag, so simbolies, want Jorsie sou nooit in die Nuwe SuidAfrika aangepas het nie. “Een van die rare regse sprekers het seker ‘n half liberale ding daar kwytgeraak – die dat Jorsie so skielik ‘n hartaanval gekry het,” het oom Jannie opgemerk toe hy van Jorsie se heengaan anderkant die groot Vaal verneem het.
Heengegaan
Oom Jannie is
Mnr. Jorsie Barak (32), senior klerk van
die
almal by
Frustrasie
se
die
Provinsiale
Frustrasie,
is
streekkantoor se baas, en
Donderdag tydens ‘n regse saamtrek
volgens homself self maar
by Donkergat dood. Jorsie was ‘n
regserig.
bekende lid van die Glanslanse. Hy het ‘n massiewe hartaanval gekry.
So het dit dan ook
‘n Bekende regse leier, die Groot
gekom dat Jorsie sy een
Kokkedoor,
en
geleentheid van sy perd afgeval. Dis
enigste
keer
koerante gehaal het:
die
het
by
dieselfde
nie bekend of daar ‘n verband was nie.
Die einste oom Jannie was pas in die sop. Hy het stilletjies in sy garage beginne witblits stook. Eers het tannie Anna gekla 3
oor haar stoompot en ander kombuisgoed wat uit sirkulasie geplaas is. Toe die bure oor die reuke. Oom Jannie se huis staan in Skuldbult, die neusoptrekkerigste woonbuurt van die stad met die min blomme. Hulle is neusoptrekkerig, selfs al is oom Jannie nie besig om ‘n konkoksie te stook nie. Die munisipale owerhede het darem nog nie oor die liksens, of gebrek daaraan, kom moeilikheid maak nie. Dit gaan deesdae partykeer maar so sonder leisels. Nou word Jorsie begrawe, of soos die priester sê, op sy lang reis na die planeet Hemel weggevoer. “Hemels,” mymer die priester, “daar waar geen modderwesens of Jode is nie.” Dan haal hy weer lang stukke Hebreeus aan, en kom skielik in die Boeretaal tot die gevolgtrekking: “En daarom kan Jode geneties nie in die hemel kom nie.” “O bliksem!” fluister oom Jannie toe hy van die ruimtereis hoor. “Ek hoop daai ruimteskip het ‘n drywer, want Jorsie het nog nooit rigting gehad nie.” “Sjuut oom Jannie!” fluister Bennie. “Die mense hoor wat oom fluister!” Avbob se kapelletjie is klein, en oom Jannie se fluistering trek deur die geboutjie soos dié van ‘n geoefende akteur op die verhoog. Maar Bennie moet toegee, sonder ‘n drywer is Jorsie waarskynlik al vreeslik verdwaal. Kyk net hoe het hy kleigetrap met die tweerigtingradio’s in die vangwaens wat die Provinsiale Frustrasie by die suidelike Ontwrigtingsraad oorgeneem het.
4
By die noordelike Ontwrigtingsraad moes die provinsie vragmotors huur om die meubels by klerke se huise te gaan haal. Dubbelverdieping herehuise met swembaddens. Die R10 tsjôtsjô1 per dompas was erg lonend. Teen die einde het die prys glo tot R35 vir ‘n dompas gestyg. Liederlike inflasie, maar die prys van die swembaddens se chloor het die hoogtes ingeklim. Die volkekundiges sê dis omdat die meeste swart kulture aanvaar dat as ‘n man in die posisie is om tsjôtsjô te kry, moet hy dit benut. Dit word eintlik van hom verwag, want anders is hy maar erg stupid. Dié dat daar nie groter moeilikheid oor die tsjôtsjô vir die dompasse was nie. Oor die dompas self, ja, daarteen kon maar groot moeilikheid gemaak word. Bennie het grootgeword met die Sharpeville-herdenkings – toe die polisie glo goed geskiet, en sleg getel het. Jorsie Barak sou in amper enige geselskap as Jood kon deurgaan. Donker gelaat, pikswart hare – en kyk net daai van! Iewers moes hy tog die regte gene opgedoen het dat die priester so ver sou kom om hom te kom lanseer. Om na die planeet Hemel te kan reis, moes hy op die een of ander manier deel van die Uitverkore Volk gewees het. Dalk kon Jorsie bewys dat dié ongewenste bloed wat hom deel van die bastergeslag sou maak,
1
In die ou Suid-Afrika het dit as omkoopgeld bekend gestaan. In
die nuwe Suid-Afrika word dit “handling fees” genoem, wat beteken iemand moet tsjôtsjô betaal sodat sy tender vir ‘n projek oorweeg kan word. ‘n Ander vereisde is dat genoeg van die maatskappy wat tender se skoonmakers en ander werkers se name as direkteure op die briefhoof aangebring word.
5
meer as tien geslagte terug sou gebeur het. Elke familie het tog maar iewers sy skandetjie. By die diens in Avbob se klein kapelletjie is Jorsie se gewese vrou, en sy string gewese kinnertjies. Hulle is almal baie hartseer, noudat Jorsie oppad is hemel toe. Dis al asof Jorsie se geesgenote so effe met die
Regses dink aan stryd redeur
maan gepla is – of liewer
heelal
planete
en
ander
hemel-
‘n Verklaring wat by regses gekry
liggame. Soos ‘n brief wat die
is, lui dat ``oorlog verklaar word
Pote by van Jorsie se vriende
deur die bloed van ons voor-
gekry het:
vaders. Die Boervolk het opgestaan in die naam van hul
Die priester het intussen
Almagtige Vader en roep hul
nog
belangrike
volgelinge wêreldwyd om saam
ontdekking uit die Hebreeus
met hulle die laaste veldslag ter
gekom. “Die modderwesens is
ere van die Almagtige Vader se
nie net nie mense nie. Dis
naam om Sy koningkryk op hier-
eintlik ‘n mens se christelike
die planeet te begin.'' - ASND
tot
‘n
plig om hulle van die gras af te maak. Addersgeslag, die vrug van die slang se dinge met Eva. Die slang sal die mens se nageslag aan die hakskeen byt, en die mens moet die slang se kop vermorsel. Vermorsel, sê ek vir julle!” Bennie, wat die aftelling tot dusver half geamuseerd sit en aanluister het, sit skielik vooroor in sy bank. Onthuts, want voor in die kapel sit ‘n lotjie wat op die oog af al ‘n klap of twee van die windmeul weg het, en ‘n ander lotjie wat hy ken wat nie te veel grysstof tussen die ore het nie. ‘n Stelling soos daai van die priester kan dalk net perdalks ‘n vrugbare stukkie teelaarde kry om op te val.
6
Maar kon hy ooit reg gehoor het? Dis immers nog loshande die ou Suid-Afrika en ‘n ou wat hier nie ‘n wag voor sy mond het nie, kan groot akkies op die lyf loop. Maar daai lotjie daar voor hou van wat hulle gehoor het. Hulle glimlag breed. Met die modderwesens uit die weg is daar ook nie meer iemand om hul monopolie op die staat se beskutte arbeid uit te daag nie. Jorsie sou eers ‘n paar jaar later lees wat presies alles by die begrip, modderwesens, ingesluit sou wees. ‘n Berig in die Groot Koerant het só daaroor geskryf:
Dié is “teikens” Coen Raas Verskeie groepe word as “geregverdigde teikens” genoem in ‘n dokument wat die polisie by ‘n groep regses afgeneem het. Dié drie regses is aangekeer in verband met beweerde planne om die Grootdraaidam op te blaas. ‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag het ontken dat hulle van “onnooslikgeit” aangekla gaan word. Die staat neem die saak ernstig op, en hoogverraad, tesame met aanklagte van terreur en die onwettige besit van ammunisie kan die beskuldigdes lank in die tronk laat beland. In die dokument word “die Kaffers, Moslems, Basters, Vrymesselaars, Jode, Jingo's en alle ander rasse-vreemdelinge en hul vreemde gode'' as vyande uitgewys. Binne hierdie geledere staan dié mense gereeld as “modderwesens” bekend.
7
Nie dat alles met die beskutte arbeid so maanskyn en rose is nie. Veral as die stad nog sonder blomme is nie, waar werksgeleenthede ‘n skaarsheid is. Ook maar nepotisme en voortrekkery en so aan. Soos die een skoonmaker by Sameswering en Ontnugtering nou die dag nog vir sy maat sê: “Daai nuwe ou is sommer ‘n %$#@. Hy werk nie eens twee weke hier nie, en hy is al op die hoses!” Ja nee, gewigtige sake hierdie. Maar dit wat die priester kwytgeraak het, laat Bennie nogal aan ‘n geval dink toe hy nog op skool was – daar in die vroeg sewentigs. Die predikant in die groot klipkerk het dié dag sy kop ver uitgesteek. Hy het gepreek van jou naaste liefhê. Daarom mag ons nie die swart mense haat nie. “Maar as u dan nou, broeders en susters, vir my sê die swart mense is nie u naaste nie – wat broeder en susters, is hy dan van u? U vyand? En dan sê die Bybel – jy moet jou vyande liefhê. U, broeder en suster, is dus vas!” Dieselfde aand kry die predikant ‘n oproep van ‘n Minister, wat hom oor sy dwaalleringe reghelp. Dieselfde minister wat nou so met die swart mense saampraat daar by die groot tafel anderkant die groot Vaal. Bennie en Oom Jannie is van Jorsie se kollegas – of teen dié tyd gewese kollegas. Met dié dat Jorsie vir Mark Shuttleworth met ‘n dekade of so voorgespring het om op ‘n ruimtereis te gaan, en dit sonder kennis van afwesigheid, kan ‘n mens darem seker nou veilig van “gewese kollegas” praat. Nog ‘n handvol gewese
8
kollegas sit daar in die kapél en verwonder hulle aan die priester se dinge. Bennie, soos die meeste gewese kollegas, het eintlik nie veel meer aan Jorsie gedink nie as ‘n klerk wat sy werk baie stiptelik, met militêre presisie uitgevoer het. Ja nee, as hy nie so baie soos ‘n Jood gelyk het nie, sou selfs Hitler darem baie trots op Jorsie gewees het. Vandag kom die kollegas agter daar was ‘n ander sy aan dié besondere man, ‘n besondere sy en dat Jorsie in sy ander lewe eintlik ‘n heel uitgelese man was. Eenkant sit die diep bedroefde Groot Kokkedoor. Hy het spesiaal met sy blink BMW vir die lansering van Jorsie na die stad sonder blomme afgereis. Jorsie was een van sy blink Glanslansers. So ook die lotjie daar voor wat so lyk of die windmeul hulle deurmekaar geklap het, en wat half oopmond na die priester se dinge luister. Die Groot Kokkedoor lyk darem minder bedroef wanneer die priester vertel hoe verderflik die regering van Piet Witblits is. Dis immers hierdie verderflike regering se handlangers, die vrye pers, wat kan skryf oor die beweerde grootte van gaatjies in ‘n man se beweerde onderklere. Wat ook kan “beweer” as die donderwater ‘n man laat glip en op Donkergat se plein van die perd laat afduiwel. Was wel ‘n wilde perd, maar hy het in sy lewe al heelwat wilder perde opgesaal, en dan was daar pêre, of beweerde wapens in mielielande. Van die duiwel gepraat. Ou Jorsie was volgens sy spannetjie hegte vriende eers ‘n satanis. Hoogs intelligent, dié man wat, om ‘n ware weergawe van die Bybel te kry, vir homself
9
glo gou Hebreeus en Grieks aangeleer het, en nou al ver gevorder is met die vertaling van die Bybel. ‘n Man moet waaragtig begaaf wees om homself Grieks en Hebreeus te kan aanleer. Bennie weet. Hy het self destyds die Grieks en Hebreeus onder die knie probeer kry, maar selfs met die hulp van die dosente – in die geval van Grieks eintlik ook maar ‘n geval van “ten spyte van,” nie veel uitgerig nie en die handdoek ingegooi. “Ek dog die Bybel is al vertaal,” het Bennie gesê. Jorsie se vriend Connie het Bennie vreeslik verbaas aangekyk. “Maar jy weet mos van al die komplotte om die Bybel so te vertaal dat dit die liberaliste moet ondersteun. Veral die nuwe vertaling is van die satan af self.” Nee, Bennie het nie geweet nie. Bennie het wel al gehoor van die stories van ruimtemannetjies en die annunaki en die Illuminati en al daai dinge. Selfs dat Paulus se sendbriewe verwerp moet word omdat Saulus ‘n sendeling van die ou satang self sou wees. En boonop ‘n Jood ook. Omdat dié stories gewoonlik van mense gekom het wat vir Bennie maar alteveel gelyk het na mense wat die klap van die windmeul weg het, het hy besluit dis ‘n klomp stories waarmee ‘n groepie nie-te-lekkeres hulself mee warm broei. As ‘n man nog jonk is, dink jy mos gou jy het die allerwaarheid beet. Die priester by Jorsie se lansering het Bennie se vermoede van nie alte lekker nie verder versterk. Eers het Bennie gewonder wie die Jesua en Jasua is waarvan die priester praat. Om seker
10
te maak dat sy potensiële bekeerlinge hom mooi verstaan, verduidelik hy: “’n Mens kan nie die naam “Jesus” gebruik nie. Dit kom van die Grieks vir Ja-Zeuz af - die seun van Zeuz. Nee, Jashua is die Seun van Jahwêh.” “Ek dog al die tyd die Grieks vir ‘seun’ is ‘ben’, Bennie,” fluister oom Jannie weer. Oom Jannie het drie grade, waarvan een ‘n regsgraad. ‘n Graad in tale of teologie tel egter nie onder dié grade nie. “’Ben’ is die Hebreeus, oom Jannie. Nie die Grieks nie.” Dit kon Bennie darem van sy dae in die Griekse en Hebreeuse klasse onthou, al is dit ook net omdat sy eie naam Bennie is. Die stoet na die begraafplaas is kort, maar het die skyn van ‘n held wat op die grens geval het. ‘n Paar manne in uniforms en breërandhoede staan agterop ‘n oop bakkie wat reg agter die lykswa ry. Hul gewere glim in die sonnetjie. Die karre, waarvan baie maar half gehawend is, se ligte glim asof hulle helder oordag moet pad soek, die ware weg moet vind, al is dit nou ook net die pad na die begraafplaas toe. In die stad sonder blomme is daar gereeld groot stofstorms, en dan s ligte nodig. Vandag is egter ‘n helder dag en net ‘n vreeslike deurmekaar skepsel sal nodig hê om die ware weg te vind. “Stortingsterrein / Dumping grounds” dui die padpredikant. In die stad sonder blomme is die begraafplaas en die stortingsterrein langs mekaar. Baie mense kla oor dit darem nou vreeslik disrespekvol is, dié padpredikante. Bennie is meer
11
verbaas daaroor dat die “Stortingsterrein” op die bord nie twee woorde gespel is nie. Hierdie taalreël is die Afrikaner se doodsteek. Selfs in mediaverklarings en op plakkate van regse Afrikaanse partye word mildelik met dié spelreël kleigetrap. Waar die Engelse reëls toegepas word. Dit terwyl hulle nou so half teë op die Engels is. Miskien moet ek een aand as niemand kyk nie die bordjie kom regmaak, dink Bennie. “Lanseerterrein.” Bennie kan nogal ‘n pes wees soos hy mense poetse bak. Af en toe kry iemand hom terug, maar Bennie het eers vir die Geheimsinnige Diens gewerk en dis nie so maklik om hom te troef as dit by ontstekertjies en boobietraps en so aan kom nie. ‘n Telefoonpoets werk ook nie op Bennie nie, want al is hy nie so erg stupid nie, is hy soms te stadig. “Los sy verstrooidheid uit,” het oom Jannie meerkeer vir die kollegas gesê. “Sy brein werk vreeslik analities en deeglik – elke ding moet plek kry daarbinne.” By die graf is daar eers bietjie drama. Dit het nogal heelwat gereën dié somer, en een van die middelste draers verdwyn by die graf aan die buitekant van die aflaattoestel, die graf in soos die los grond meegee. Die draer is al swetsend soos ‘n vetgesmeerde blits uit asof hy ontydig aan’t neerdaal ter helle was. Haastig vir ingeval iets met Jorsie se lansering
verkeerd gaan en hy saam die
ruimtes ingaan. “Modderwesens se brouwerk!” brom hy toe hy saam met sy makkers in gelid gaan staan. Hy is self nou maar
12
erg modderbesmeer. Gelukkig staan die aflaatstelsel soos vier hoekpilare stewig op die nat bodem geanker. Die Groot Kokkedoor se helder stem tril diep en helder deur die begraafplaas. Ja, Jorsie, of Ge-org soos hy Jorsie noem, was ‘n man der manne, ‘n sieraad vir sy Glanslanse. Jorsie het in sy kort lewe sy kant gebring om die bose van die liberale regering die hoof te bied. As dit nie vir versiende Ariër-manne soos Jorsie was wat kon vreeslik raakskiet nie, dan was die land lankal vir die wolwe gegooi. Darem vreeslik, dink Jorsie, dat so ‘n man der manne wat soveel groot dinge vermag het, net een keer die koerant kon haal, en dit was ‘n doodsberig. “Nie die Wit Wolwe nie!” voeg die Groot Kokkerdoor gou by. “Nee, eintlik vir die jakkalse van die veld – slegte dierasies wat die skape kom verskeur as Boer anderpad kyk. Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel. Veral as hulle nog so bliksems baie is.” “Addersgeslag!” sis ‘n pasbekeerde hier langs Bennie. Goed opgetjaarts. Dan kap die Groot Kokkedoor sy kamaste en gee die skewe saluut. Dan volg die ander Glanslanse. Een wil-wil ‘n skoot as saluut aftrek, maar die Groot Kokkedoor keer. “Ons het nie permitte nie, man. Wil jy nou die hele army se aandag op ons vestig?”
13
Verwese haal die skietlustige sy geweer oor sodat die koeël kan uitspring. Verbouereerd vergeet hy om die magasyn uit te haal, en twintig keer moet hy oorhaal voordat die wapen leeg is. Die koeëls in hul glimmende brons doppe lê gesaai oor die los grond tussen die vars grafte. Soos vreemde hiërogliewe uit die ruimte
wat ‘n stil boodskap wil oordra. Dieselfde ruimte waar
Jorsie nou onderweg is. Die klap van die kamaste om Jorsie se graf het stilgeraak. Die priester het vir oulaas ‘n klompie onsinnighede kwytgeraak. Hy is veral jammer dat Jorsie nie lank genoeg op hierdie planeet kon bly om die nag van verskrikking, wat Siener van Rensburg voorspel het, te kon beleef het nie. Toe is almal weg om die lanseerterrein. Die Groot Kokkerdoor het terug vertrek na die Leeu se lêplek. Sonder Jorsie en sy besondere skietvernuf het die stad sonder blomme se Glanslansers ook dof geraak. Vir eers. Vandag was die stad sonder blomme darem vir ‘n rukkie die stad met min blomme. Want elkeen van Jorsie se string kinners het ‘n blommetjie gebring en by die graf neergesit. Verder was dit net plêstiekkranse. Die stad sonder blomme se mense vrek oor plêstiekkranse. Dis nie blomme nie. Net soos hulle absoluut kan dood daaroor om eers te gaan lyk kyk voor ‘n begrafnis, of dan soos in die geval van Jorsie, sy lansering. Die nuwe begraafplaas lê gestrooi van dié plestiekkranse. By die ouer grafte is hulle al flenters gebak en heel geblyk. Bennie gril vir dié plestiekgeit.
14
Ekonomies gesproke het hierdie stad nie veel meer lewe as hierdie begraafplaas nie. Nog minder lewe as die ou begraafplaas, want daar is die sataniste snags glo bedrywig, en breek hulle die engeltjies se koppe af. Terwyl hulle op die oorblyfsels van ou plêstiekkranse trap. Ook kom oes die diewe snags die brons op die grafte om te gaan verkwansel. Sommer ander metaal ook om as skrootyster te gaan verkoop. Op laerskool al in die Boland het ‘n kind al vir Jorsie gevra of hy weet die Engelse koningshuis stam van die Huis van Dawid af. “Regtig?” wou klein Bennie verbaas weet. “Dis dan so ver van daar af.” “Ek weet nie,” het die maatjie gesê. “My pa sê so en my pa jok nie.” Bennie se pa jok ook nie, al het die mense destyds so gesê omdat hy gesê het die mens en die aap stam van dieselfde ding af, en dus gaan vra Bennie vir Groot Ben hoe die vurk in die hef steek. “Dis sommer ‘n spul twak,” sê Groot Ben. En daarmee was die saak vir Bennie vir altyd afgehandel. Nou dop dié stories weer uit met die Rare Regse Fiksie. “Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense wat hulself Boere noem, so graag wil weet hulle en die Engelse is so nou verwant. Al reken hulle hulle is die ware nasate van Juda, en die Engelse van ‘n ander lotjie, glo Efraim.”
15
“Dus is ons eintlik Jode,” kom Bennie tot ‘n oningeligte gevolgtrekking. “Nie Jode nie, Judeërs,” sis een van Jorsie se vriende die volgende dag op kantoor. “Ander verkies om van die stam van Sebulon te wees. Die Hollanders is die verlore stam van Sebulon, en baie van ons stam van hulle af. Ander weer van die stam Naftali – die Belge.” “Die Vlaminge of die Walone?” terg Bennie. “Seker die Vlaminge, hulle is darem meer Aries as die Franse!” antwoord Jorsie se vriend baie ernstig.
2. Wasmasjiene en transformasie Nie ver van Donkergat af nie het die land se ringkoppe om ‘n tafel of wat gaan sit en met die Groot Indaba gaan dinge besluit wat Jorsie in sy graf, of liewer ruimteskip, sou laat omdraai het. Al was Jorsie nou alleen doer in die ruimte, was hy nie alleen in dit waarin hy geglo het nie. En die wat so gevoel het, was nie by die gesprekke nie. “Ons kan mos nie met die modderwesens praat nie. Hoe kan die modderwesens ooit ‘n land regeer? Waar het hulle nou al ooit ‘n sukses van regeer gemaak?” En net om te dink, die intellektuele wyshede is kwytgeraak nog voordat Mugabe so heeltemal op loop gesit en sy land (en kos) onder sy mense se jisse uitgeruk het.
16
Het Jorsie se mense dit ook voortydig geweet, soos die Siener in wie hulle glo, dan sou hulle seker heelwat meer skietgoed vir, of liewer, teen die indabagangers gehad het. Hulle sou dan seker meer aangevang het as net om met ‘n bakkie deur die onderhandelingsentrum se groot ruit te gaan jaag. Dan het hulle dit dalk in styl met ‘n Four by Four gedoen. Nie
dat
Jorsie
se
mense
veel
vertroue
in
die
onderhandelings gehad het nie. “Dinge word sommer so daar weggeteken. Ou Wulf Meyhol moes knaend vir sy Parker refills koop, soos hy weggeteken het,” sê Connie, Jorsie se pêl. Intussen het die priester wat vir Jorsie gelanseer het, soos ‘n tolbos uit die Kalahari gekom, en oral waar hy gaan saadjies gestrooi. “Ons groot kerke dink dis sommer strooi,” sê Bennie. Eintlik is dit nie belangrik vir wie Bennie dit gesê het nie, want niemand het in elk geval geluister nie. Die een lot was besig om die ou Suid-Afrika so entoesiasties toe te gooi, dat hulle nie agtergekom het hulle gooi hul eie voete ook toe nie. Die ander was weer besig om so hard hulle kan vir hulle self stukkies van die ou Suid-Afrika oop te grawe, dat hulle in hul gulsigheid te groot gegrawe het. Uiteindelik het van die kante begin intuimel, sodat hulle niks oorgehad nie. Die spulletjie wat Jorsie se graf toegegooi het, het darem beter gevaar. Want so vir oulaas wou hulle darem nie dat die modderwesens dié laaste werkie vir Jorsie doen nie. Die graf grawe, dié kon hulle darem, want toe was Jorsie nog nie in die
17
omtrekke nie. En dis buitendien harder werk ook. “Eina!” het een van die gat-toestoppers nog gesê toe hy van die graf weggestap en so geraak-raak het aan ‘n liederlike bloedblaar wat oopgebars het. Op die plaas doen die modderwesens maar hierdie soort werk. So staan dit immers in die Bybel geskryf. Kan nou net nie mooi onthou waar nie. Dat net die modderwesens die brood in die sweet van hul aanskyn sal moet verdien. Terwyl die een lot wysgemaak word dat die modderwesens die brood in die sweet van hul aanskyn moet verdien, en nie die skaap of bees by die boer moet steel nie, word ander weer wysgemaak dat hulle almal in die nuwe Suid-Afrika wasmasjiene gaan kry. Dié profeet het nagelaat om iets oor die sweet van hul aanskyn te sê. Em dat daar jops moet wees waar die sweet van die aanskyn opgewerk kan word. Maar Bennie dink nou eintlik aan destyds met oom Niekie en die land wat sy voorvaders so voor geveg het om wit te kry, en nou probeer red wat te redde is. “Ja, net soos die bobbejaan wat sy hand deur die gat in ‘n pampoen druk. Dan vat die bobbejaan te veel, en eerder as om bietjie te laat los om sy hand uit te kry, sal hy daar sit en skree terwyl die boer hom doodmoker.” Die keer hoor iemand vir Bennie. “My voorouers het nie verniet geveg om al hierdie land,” en oom Niekie beduie met sy hand oor die vlaktes om die stad sonder blomme, “blank te kry net sodat ek met ‘n klein stukkie
18
langs die Oranjerivier tevrede moet wees nie. Al hou ek nogal van pekanneute.” “Snaaks,” sê Bennie: “Toe ek gebore is, het my voorouers swart mense na al hierdie land gebring,” en hy beduie na min of meer dieselfde vlaktes as wat oom Niekie flussies beduie het. En net daar is ‘n vriendskap finaal daarmee heen. Dis dieselfde oom Niekie, toe hy nog Bennie se baas was, wat vir Bennie gesê het: “Jy weet net nie hoe om met swart mense te werk nie.” Dit was omdat Bennie moeilikheid gehad het om met Peter Tane reg te kom. Peter was veronderstel om Bennie se Tswanaverslaggewer te wees vir die staatskoerantjie waarvan Bennie die redakteur was. Deel van Stratkom, daai vreeslike vloekwoord, om te keer dat die land in ‘n bloedbad ontaard. Met ‘n dikke strategie wat in die kluis vir geheime dokumente toegesluit word, en waarin elke maand afgemerk word dat uitvoering aan elkeen van daai strategieë gegee is. Maar Peter was maar alte lief om ‘n draai deur Nabot se wingerd te loop. En omdat hy voor Bennie by die koerantjie was, het hy hom ook nie laat voorsê nie. Bennie het al die ou SuidAfrika en voortydig al die nuwe Suid-Afrika se triekse op die proef gestel om van Peter ‘n bruikbare verslaggewer te maak. Niks het gehelp nie. “Ek gaan nou maar vir Peter fire.”
19
Bennie se Sotho-naam is Lethola, die stil ene. Later het hy, toe hy met die nuwe Suid-Afrika se korrupsie gekonfronteer en sy werk verloor het, die ander Sotho-naam, Mofirrifirri gekry. Die man wat onluste maak. Nou was Bennie egter voortydig Mofirrifirri. “Jy weet nie hoe om met swart mense te werk nie,” het oom Niekie gesê. “Dit maak nie meer saak nie. Ek kom goed met Mogapi (die SeSotho-verslaggwer) reg. Ek gaan vir Peter fire.” “Jy kan hom nie fire nie,” sê oom Niekie. “Whatch my” sê Mofirrifirri. “Dan werk Peter van nou af regstreeks vir my.” “Gaaf,” sê Bennie. Toe gebeur dinge vinnig. Die Maandagmôre staan die hel hoog in die gange. Oom Niekie is nie baie spraaksaam nie. Peter is skoonveld. In die tronk van Smitsfontein so 200 kilometer van die stad sonder blomme af. Het die Saterdagnag omtrent twaalfuur ‘n staatskar waarvoor hy nie ritmagtiging gehad het nie, daar loop omkeer. Niks
20
ampteliks die naweek daar of enige ander plek aangehad nie. Maar die nyatsi 2daar is mooi. “Seker dronk ook gewees” brom Bennie. Later is oom Niekie darem half boos. Peter bel hom van die polisiestasie af en sê Oom Niekie moet hom kom haal, en o ja, ook sy borg kom betaal. Oom Niekie het vir hom gesê hy het self ongemagtig daar gekom, hy moet self sien kom terug ook. Hy verstaan mos hoe om met swart mense te werk. Vir wat moet hy sy gesin in die middel van die nag alleen los, en op sy eie koste ry om op sy eie koste iemand ander se borggeld te gaan betaal? So teen die middag se kant groei die moeilikheid in die gange nog hoër. Peter het teruggekom van sy ekskursie, maar niemand weet hoe nie. En hy is woedend kwaad vir oom Niekie. Die sleg Boer wat hom, Peter, die man met ‘n regte-egte matriek, soos ‘n sleg ding in ‘n tronksel laat slaap het. Vir Peter was die een en ‘n halwe nag in die polisiesel net bietjie inoefening. ‘n Rukkie later verdwyn Peter. So in die gange, dat Bennie dit tog nie moet hoor nie, maar dit wel hoor, word gefluister Peter doen bietjie hardepad. Daar was nie vreeslik baie bloed in sy are toe die naald getrek het nie. Nie een van die nyatsi’s wou help aan boetes en dinge betaal nie.
2
Destyds is nog niks van Vigs geweet nie, en was dit vir Peter
veilig om in amper elke dorp in die provinsie ‘n nyatsi – ‘n houvrou, te hê.
21
‘n Rukkie later is Peter terug, mak soos ‘n lammetjie. Toe is hy weer vort. Bedank. Het nie ‘n ander keuse gehad nie. In effek het oom Niekie hom gefire. ‘n Klompie jare later, toe Bennie en Jorsie kollegas geword het, het Bennie en Peter se paaie weer gekruis, en weer ‘n kortsluiting gemaak. Bennie was toe in ‘n ander pos vir die regering. Hy, en die komponent wat hy op die been moes bring, moes die paadjie vir ‘n nuwe Suid-Afrika gelykmaak. En o ja, Jorsie was in ‘n ander afdeling van dieselfde komponent. Het hulle vir Jorsie daai werk moes laat doen wat Bennie moes doen, het hy sonder ruimtetuig tot minstens by die maan opgestyg. “Horisontale interkulturele kommunikasie. Die verhoudingsaksie.” Maar Jorsie sou vertikaal opgestyg het. Die funksie is nie heeltemal nuut nie. Wat wel nuut was, was dat die ou regering nou tot die gevolgtrekking gekom het dat die swart mense nou permanent in die land was. Dat hulle nie meer almal teruggeneem gaan word na hul nasionale state toe nie. En al is hulle nou permanent, word die lokasies steeds op swellende kleigronde gebou sodat die huise later omduiwel. Al is die inwoners nou permanent. En terwyl die swart mense nou ook in hierdie aksie van wit en bruin betrek word, moet die Indiërs ook kom saamgesels so in die verhoudingskomitees. Net in die Vrystaat lol dit, want hier is nie eintlik Indiërs nie. Bennie stel vir Paul Grootvuur aan, ‘n bruin man wat al in die Verteenwoordigende Kleurlingraad gedien het. ‘n Voorste man. En ‘n vriend van Peter.
22
Toe dit by ‘n swart man aanstel kom, kom Paul na Bennie: “Ek weet jy en Peter het nie te lekker oor die weg gekom nie. Maar dit was alles drank se skuld. Lelike goed,” sê Paul terwyl daar maar self ‘n verdagte walmpie begin rondhang. “Peter kan ‘n brief van die priester bring om te sê hy drink nie meer nie.” “Priesters kan darem wille goed kwytraak,” sê Bennie, gedagtig aan die ene wat vir Jorsie gelanseer het. “Ek praat nie eens oor Peter nie. Hy het my darem hoeveel nagte uit die slaap gehou. Nooit weer nie. Kyk hoeveel grys hare het ek op my ouderdom.” Maar Paul was nie verniet ‘n politikus nie. Hy lobby waar dit saakmaak. Nie lank nie, kom oom Jannie: “Moet jy nie maar vir Peter ‘n kansie gee nie? Dan sal jy darem in Paul ‘n lojale werknemer hê.” “Nee.” Die skroewe van die sielkundige oorlogvoering word harder en harder aangedraai. Uiteindelik, om die vrede te bewaar, sê Bennie: “Peter kan vir die onderhoud kom, maar ek stel die beste kandidaat aan.” Daar is geen gevaar dat Peter aangestel kan word nie. Peter roem wel op sy regte, egte matriek, maar Vista het intussen swart graduandi begin lewer, en ‘n hele lotjie met goeie kwalifikasies het aansoek gedoen. Boonop het Mogapi ook aansoek gedoen. Peter staan nie ‘n kans nie.
23
Die dag van die onderhoude is Peter reeds vroeg daar. Uitgevat. G’n niks drank te ruike aan hom nie, en bewerig word hand geskud. Seker maar senuwees. “Maar jou onderhoud is eers namiddag,” sê Bennie. “Ek het maar gedink om vroeg te kom, vir ingeval die kandidate nie opdaag nie.” “Nou vir wat sal hulle nie opdaag nie?” vra Bennie al ietwat ongemaklik omdat die eerste kandidaat, Afrika-tyd inaggenome, reeds daar moes wees, maar flink makeer. “Nee, maar net ingeval,” sê Peter. Dit is naderhand duidelik dat die tweede kandidaat ook nie opdaag nie. Paul moet gaan bel en hoor wat aangaan. Van wolf skaapwagter maak. Nie die wit wolf nie, eerder ‘n jakkals, blyk dit. Die een is begrafnis toe, die ander een trou, die ander een kry nie transport nie, en die ander het ‘n os om te slag. Bennie ruik lont en bel vir Mogapi. Mogapi is verleë. Nee, hy is ongelukkig waar hy is, en hy gaan wel veel meer geld in die ander pos, Bennie se pos, kry. Maar hy gaan tog maar bly waar hy is.
3. Groot loutervuur Die onderhoud word met Peter gevoer. Oom Jannie is vuur en vlam. Bennie, gedagtig aan die talle voortydige grys hare, gooi
24
wal. As hy aangestel word, en hy maak droog, is hy uit. G’n niks meer stories van weet nie hoe om met swart mense te werk nie. Uiteindelik is Peter aangestel. Soort van beter die satang wat jy ken, as die satang wat jy nie ken nie. Veral as dit jou enigste keuse was. As daar een ding van Peter was wat soos ‘n paal bo water staan, hy is intelligent. Baie intelligent. As hy nugter is. Maar toe lol dit. Peter kan g’n niks meer in sy kop kry nie. Van die intelligensie het daar net ‘n hol horrieskol oorgebly. Maar hy suip niks. Dis net die *&^% goed waarmee hy en Paul hul baadjies skoonmaak om droogskoonmaakkostes te bespaar wat so snaaks ruik. Amper soos die blou trein, en soms lyk en ruik dit of die blou trein hulle ook omgery het. Toe vind Bennie uit Paul en Peter het die kandidatelys op ‘n manier in die hande gekry, en vooraf ‘n persoonlike besoek aan elkeen gebring. Die ou storie. Dis Peter se werk, en laat een bliksem nou vir die onderhoud opdaag. Veral as hy reeds ‘n ander werk het, soos Mogapi. Mogapi moet maar weet, sy hele samelewing sal hom verwerp as hy vir daai onderhoud durf opdaag. Peter het dus nie ‘n kansie kry nie. Hy het ‘n kans gevat, en hy was nog altyd ‘n meester van kansvat. Nie ‘n honderd jaar later nie, stap Bennie by oom Jannie se kantoor in. “Ek gaan vir Peter fire.”
25
Dit was na Jorsie se pêl kom vertel het hoe hulle eendag op die platteland, agter ‘n staatskar beland het wat vreeslik oor die pad slinger. Hulle dog die bestuurder is vreeslik moeg, en trek hom toe van die pad af. “Dis toe al die tyd Peter. G’n niks moeg nie, net baie slim. Ons moes toe later die sleutel by hom afneem. Ons vat hom toe na die naaste polisiekantoor en vra hulle hulle moet ou Peter sy roes laat afslaap voor hulle hom los.” “Nou wanneer het dit gebeur?” vra Bennie. “Seker so twee maande terug,” sê Jorsie. “En jy sê nou eers vir my?” “Ons het vir oom Jannie gesê, maar ons het dit vir jou geheim gehou, want ons dog jy hou baie van Peter. Ons wou jou nie ontstel oor hom nie. Maar toe vind ons uit hy gee vir jou baie ghrief. En ons sien hom en Paul baie saamsuip.” Dis toe dat Bennie by oom Jannie se kantoor instap en sê hy gaan vir Peter fire. “Man, jy weet net nie hoe om met swart mense te werk nie.” “Maak nie saak nie, ek gaan nog steeds vir Peter fire.” “Jy kan nie vir Peter fire nie.” “Whatch my” sê Bennie. “Dan werk Peter regstreeks onder my.”
26
“Gaaf, maar hy word glad nie in my afdeling aangewend nie. Ek gaan iemand ander in daai pos aanstel.” “Gaaf.” “Gaaf.” Toe fire oom Jannie ook vir Peter. Met ‘n staatskar besoek aan ‘n sjebien gebring. Later wou oom Jannie sy hare, sy eie, nie Paul of Peter s’n nie, uit sy eie kop trek. “Eintlik het Peter net daar gaan navorsing doen, toe iemand die GG-kar voor die sjebien sien staan het.” Net iemand wat die tannemuis in sy skoen betrap, en nie glo die muis het ‘n tand kom soek nie, sou oom Jannie glo. Paul het hom steeds oor Peter ontferm. Vir hom onderhoude gereël, en so aan. “Jy kan nie gesuip by die onderhoude opdaag nie!” sal Paul agterna raas. “I am the master of my own destiny,” sou Peter terugkap. Sedertdien het Jorsie op sy ruimtereis vertrek, en toe kom die nuwe Suid-Afrika. Of die nuwe Suid-Afrika was amper daar. Doer eenkant het ‘n Klipspringer ‘n gelofte gaan aflê dat hy eendag modderwesens van drie gras af sal maak. Modderwesens wat nie sy naaste is nie, en daarom maar soos jakkalse in ‘n skaapkraal
27
vrekgeskiet kan word. Of in ‘n bus, of wat ookal. Eendag, as hy ‘n teken kry. Tot Bennie se groot verrassing sien hy Peter se naam hoog op die Nuwe Nare Party se provinsiale kandidatelys. “Want Peter is dan so ‘n goeie organiseerder,” sê die Administrateur. “Waar drank ter sprake is, kan Peter gou baie vriende ‘organiseer’” brom Bennie. “Of hulle vir die NNP gaan stem is ‘n heel ander saak.” Behalwe dat die NNP die verkiesing liederlik in sy maai in verloor het, het genoeg van die drinkebroers vir die NNP gestem om vir Peter verkies te kry. Bewerig en al, van al die spanning, sien. Gou blyk dit dat oom Jannie Peter se toesprake vir die Wetgewer skryf. Nogal ironies dat iemand wat regserig is, ‘n NNP-modderwese se toesprake in so ‘n belangrike ringkopsaal skryf. “Dis niks, ons weet jy het ook al Paul se toesprake geskryf toe hy in die parlement was,” verweer oom Jannie. Dis nogal waar. Paul het weer ‘n slag en nog ‘n slag lus gekry om sy lyf Leeuwtemmer te hou. Die eerste slag het hy as onafhanklike teen die Leeuw van die Suid-Vrystaat gestaan, en die man van die eerwaarde met die teertoue het met agt stemme Leeuplesier gesmaak. Wat beteken het Paul het sonder werk gesit.
28
Maar nie voordat Bennie ‘n slag of wat die opwinding van vuil politiek gesmaak het nie. Bennie het uitgevind die Leeuw het nie sy opgaaf ingedien nie. Jan Taks was met ‘n lasbrief al agter die man aan om aan die Keiser te vereffen wat die Keiser toekom. Een plek moes die Leeuw egter kom, en dit was die nominasiehof. Die polisie is laat weet, en so ook die media. Die polisie was nogal gaaf met die Leeuw – het hom eers gearresteer nadat die nominasie aanvaar is. Toe, met die uitgaan, word hy gegryp terwyl die kameraligte flits. Dit was vir ure al om die halfuur op die verskillende radiostasies hoofnuus. Toe gaan maak die Leeuw weer ‘n saak teen Paul – Grootvuur soos hy onder sy mense bekendgestaan het. Grootvuur, nie soseer oor die vuurwater wat hy so lustig kon wegsluk nie, maar sy vernuf met die lat toe hy as jong man nog skoolgehou het. Die dae toe hy naweke met die fiets van Vredefort af na Koppies gery het waar Hilda, sy lewenslange beskermengel, skoolgehou het. Toe was dit nog nie polities inkorrek vir ‘n Koi om ‘n San te wiks dat hy lyster nie. Al wou Paul tot sy dood nooit te openlik praat oor sy Griekwaskap nie. Tot sy dood toe het Paul maar moeilikheid met die heup gehad – was nie speletjies om daaitydse swaar martelpyp so ver op die sinkplaatpad te trap nie. Paul wen die saak. Die regter bevind dat al het van die mense wat vir Paul genomineer het die nominasielys meer as een keer geteken, het genoeg dit geteken dat hy steeds meer as die 500 handtekeninge gehad wat ‘n onafhanklike kandidaat moes hê. Dit was egter nie die volle verhaal nie. Paul het uitgevind dat
29
daar ‘n lasbrief vir mev. Leeuw uit was – nugter weet waarvoor. Maar maak nie saak nie. By daai einste hof, toe gryp die polisie haar, en toe flits die kameras weer. Die Eerwaarde wat so, tot ds. Gordon, die groot Griekwagees se ergernis, op Sondae kon swem – (dis nie so erg dat dit op ‘n verbode wit strand was nie) – was siedend kwaad. Die neerlaag het Paul teen die planke gelaat, en Bennie het vreeslik hard gewerk aan memorandums en motiverings vir die Kommissie vir Administrasie voor Paul weer terug op sy pos was. ‘n Rang laer – die prys vir ‘n amptenaar om sy lyf in die politiek te gaan rondgooi. Het Paul en sy makkers egter met die verkiesing harder gewerk, en minder geselskap in die plat bottels gesoek, het hulle daai agt stemme gekry ook nog, en die Leeuw getem. Kort daarna egter, is die Leeuw se blus uit toe hy insolvent verklaar is. Paul pleit by die Eerwaarde om vergifnis, en word onbestrede parlementslid. Paul was later ook op die Nuwe Nare Party se kandidatelys, maar ver onderkant Peter. So was ook Bennie se swart en bruin LUK-vriende, maar net Peter word verkies. Peter is al lankal vervang. So ‘n nare party, né. Maar politiek is vuil. G’n wonder nie dat die luisteraars van die Stasie Sonder Brieke later jare gereken het prostitute het meer moraliteit as politici nie. Dié bevinding het Bennie glad nie verbaas nie - die
30
hekelry in oorloop van die een stel beginsels na die ander. Wat Bennie wel verbaas het, was dat die politici so sterk eksepsie oor dié opvatting geneem het. “Daar is darem ‘n groot verskil tussen beginsels en standpunte!” het ‘n NNP-kroonprins later vreeslik met Bennie geraas toe Bennie hom in die Klein Koerant aangehaal het as sou hy gesê het hy het sy beginsels vir beter beginsels ingeruil. “Nee!” raas hy. “Dis g’n wat ek gesê het nie. Ek het gesê dis net ‘n dom ou wat nie sy standpunte vir beter standpunte verruil nie!” Bennie was maar erg in die war. Hoe kan ‘n mens in die politiek jou standpunte verander sonder om jou beginsels te verander? Die HAT wou ook nie help nie, tensy, natuurlik, daar nie beginsels in die politiek is nie. Dis eers toe Bennie dié afleiding gemaak het, dat hy weer rustig kom slaap. Maar Jorsie se mense was nie al mense wat moeilikheid met Bennie se funksie by die ou regering gehad het nie. Jorsie se mense het immers reguit en openlik hul teenkanting te kenne gegee, maar dit nooit na die persoonlike vlak deurgetrek nie. Bennie se moeilikheid het meestal gelê by daai fossiel-amptenare wat sê hulle is NNP-ondersteuners, maar in werklikheid meer soos Jorsie se mense kon dink. Sjoe, en was hulle agteraf? “Nee, jinne, Bennie, jou funksie pla my.” En dan kom die alewige stertjie by. “Maar dit is nou glad nie persoonlik gemik nie.”
31
En net daar gaan die persoonlike bliksems en probeer weer vir Bennie ‘n persoonlike graf grawe. Maar Bennie was eintlik nog nooit ‘n te onnosel outjie nie. Hy het ook die vermoë gehad om darem hier en daar die regte vriende te maak. Soos met ‘n bruin en ‘n swart LUK – dis nou in die ou Suid-Afrika, voordat hulle LUR’e, of soos in die Wes-Kaap, Ministers geword het. Flippin hoog, die vriende van Bennie, al kon hy glo nie met swart mense werk nie. Dus, die dag toe Bennie agterkom Kriek Bekker en sy baas Wimpie Buiteband het agter die LUK’s se rug by die Kommissie vir Administrasie loop aanbeveel dat sy, Bennie, se funksie afgeskaf word, toe loop hy doodluiters by sy vriende in. “Is dit toelaatbaar dat ‘n amptenaar aanbeveel dat ‘n LUK se portefeulje afgeskaf word sonder dat die LUK daarin geken word?” “Nog so nooit as te nimmerte nie!” Up in arms. “Wel, dit het so pas gebeur.” Met dié raas die sole af in die gang na die Administrateur se kantoor. Daar lê Kriek en Buiteband se bevorderings na hul volgende range op die Administrateur se lessenaar. Nog nie geteken nie. In plaas van bevordering is die twee makkers op vervroegde aftrede. Bennie moet toegee, dit was ‘n skielike einde aan ‘n lang stryd. Want sy funksie was nie altyd ‘n provinsiale funksie nie. Bennie en die funksie het self maar ‘n jaar of wat tevore
32
provinsiaal geword, en sommer uit die staanspoor met die krapperigheid te kampe gehad. Eerstens, het Kriek wat terselfdertyd na die provinsie afgewentel is, hom by die provinsie gaan voordoen as Bennie se baas. Wat hy g’n nog nooit ooit was nie. Kriek was eers baas van die provinsiale kantoor van Sameswering en Ontnugtering. Toe word Liewe Heunis se opset, waarvan Bennie s’n deel was, by Sameswering en Ontnugtering gevoeg, met die idee dat die lotjie meer nuwe Suid-Afrika vriendelik word. Maar die Kriek steek ‘n stokkie voor dié ongewenste newe-effekte. Hang toe liewer die Groot Kokkedoor se vlag in sy kantoor op, en sê whê vir die nuwe Suid-Afrika to be. Die klomp wat so vreeslik kleinhuisies kon bou, word ook bygevoeg. Dis nie omdat Kriek van Bennie se funksie gehou het dat hy toe by die provinsie maak of hy Bennie se baas was nie – inteendeel, maar dit het bykomende “gewigte” gegee waarmee werkstudie dalk kon besluit om sy pos op te gradeer. Dit het gewerk. Na die gewigte hul ding gedoen het, is die funksie vir Knyp Tang gegee. Dis toe dat Bennie sy goed vat en van die streekkantoor, en oom Jannie en Jorsie af, gaan werk. Want as Peter vir Bennie teen die mure kon uitdryf, dan kon Knyp Tang dit nog beter doen. Knyp Tang het elke dag eers laat werk toe gekom. Baie laat. Want, sê hy, hy kry die vreeslikste sinusse en dan wil hy nie
33
terwyl hy nog so lekker geklap van die medikasie is, deur die verkeer werk toe ry nie. Soms het die medikasie eers teen twintig voor vier afgewerk, twintig minute voor Bennie kon tjaila. Bennie het ook nog nooit iemand gekry wat so stadig soos Knyp Tang kon werk nie. En hy kon amper niks op sy eie doen nie. Bennie moes kom bysit, en voorsê, en weer voorsê en teen die mure uithardloop. Want aand vir aand is dit al donker, dan sit Knyp Tang nog en spook om ‘n bladsytjie op papier gesit te kry. Oor en oor met ‘n sin spook, tot dit lekker is. Bennie, as oud-joernalis het maar swaar gesluk aan dié gesukkel met die skrywery. As elke dagblad so ‘n verslaggewer sou hê, veral as redakteur, was elke koerant ‘n jaarblad. Wat nog laat uitkom ook. “Perfeksionisme” noem Knyp Tang dit. Bennie was nie seker wat tien minute se werk, en vyftien minute se agteroorsit in die lazyboy om die batterye te laat laai, met perfeksionisme uit te waaie gehad het nie. Om nie eens van die lang gaan piepie te praat nie. Nie soos die manne teen die krip gaan staan nie. Nee, hom in die hokkie toegemaak en daar gebly tot wie weet wanneer. Gereeld. “Prostaat,” loop die storie. Knyp Tang self vertel gereeld van sy besoeke aan die kruiedokter om die prostaat lekker te maak. Maar aan die lang stanery, wat tot sy bynaam Knyp Tang gelei het, het dit meer na ‘n kruiekwak gelyk. Die lang stanery in
34
die hokkie het aangehou ten spyte van die hande-viervoetstanery op die kruiekwak se lessenaar sodat daar met ‘n liggie ingeskyn kan word. “Nie by die mond in skyn nie, jou swaap, diékant is die mangels. Anderkant is die prostaat!” Dus is Bennie vort streekkantoor toe. En daar het Knyp Tang hom steeds gebel en uit sy eie werk gehou. Tot Bennie net nie meer ooit beskikbaar was nie. Dit was gelukkig die dae voor selfone. Toe kon Bennie bevordering kry. Maar, is die voorwaarde, die bevorderingspos word op hoofkantoor geplaas. Bennie moet maar kies. Nou was dit die lekkerste om vir iemand te sê waar hy die bevorderingspos kon indruk. Daar waar die kruiekwak met ‘n liggie inskyn om Knyp Tang se prostaat te behandel. Wel diskreet gesê, want Bennie het in gedagte gehou van die storie van die fonteintjie. En dis net daar waar nog ‘n rolspeler tot Bennie se lewe toetree. Waar ou Jorsie oppad was na die planeet hemel, het Engel blykbaar daarvandaan gekom. Eintlik nie van die hemel af nie, maar van Bethlehem af, wat blyk heel naby genoeg te wees. ‘n Regte engel wat vir Bennie mak kom maak het. Soos gemeld, Bennie is nie te onnooslik nie. As hy dus ‘n engel raakloop, doen hy sy bes. ‘n Vryery word ‘n trouery, maar voor die troue word die bevorderingspos geadverteer.
35
Bennie het nou gevorderde belange, en hy doen aansoek vir die pos. Hy oorleef die vernedering van askies en sallie weer nie en hoe hoog moet ek spring Baas Knyp Tang. En so gebeur dit dat Bennie sy vriende by die streekkantoor moet groet, en weer van vroeg soggens, as hy by die werk kom, tot laat saans, as Knyp Tang huis toe gaan, moes werk. Nie baie lekker nie, veral nie as daar ‘n Engel tuis is nie. Maar Knyp Tang sukkel en spook. Hy kom ál later by die werk. So tussenin sal Bennie hom wat verbeel. Hy en Knyp Tang vlieg gereeld die land vol – met ‘n vliegtuig, want nie een is engeltjies nie. Dan Kaapstad toe, dan Sodom en Gamorra (Donkergat) toe, dan weer Durban toe. Sit op allerlei nasionale komitees. Lê by geleentheid getuienis by die Presidentsraad af. Dis toe dat Bennie hom begin verwonder oor die voorraad whiskey wat Knyp Tang kan bymekaar maak. ‘n Vlug na Durban gaan byvoorbeeld oor Johannesburg. Teen die tyd wat halfpad van Johannesburg na Durban gevlieg word, is Knyp Tang se aktetas al so vol klein botteltjies, dat hy sy verdere aankope in Bennie se aktetas laat pak. “Want daai hotelle is darem vreeslik met die prys wat hulle vir whiskey vra.”
36
Oppad terug die volgende dag is die tasse weer leeg, en word dieselfde omvang aankope gedoen. Hoewel Bennie verbaas was oor Knyp Tang se whiskeykapasiteit, was hy nog meer verbaas die dag toe die Airbus ‘n noodlanding daar op Durban se lughawe loop maak het. Soos gebruiklik het Bennie by die venster gesit, en toe die vliegtuig grondvat, toe vat hy met mening grond. “Moenie wharrie nie, hy het Dunlops op!” skree ‘n teenwoordige van gees passasier. Die enjin hier by Bennie spoeg vlamme en rook, en toe is dit net rook buite. Maar nie sodat Bennie nie kon sien hoe die ambulanse en brandweerlorries met flitsende ligte al agter die Airbus aangejaag kom nie. Knyp Tang is spierwit, pure bleek Ariër. Die vliegtuig spring en hop lughawegebou toe, want om alles te kroon het die vliegtuig se voorste wiele besluit hulle stuur g’n niks meer nie, en die lugremme moet gebruik word om so sukkel-sukkel lughawe-gebou toe te stuur. Na waar ‘n Kaapse kollega vir Bennie-hulle kom haal het en hotel toe neem. Daar sit die ander provinsies se kollegas op die stoep ‘n biertjie en afsluk. Bennie en Knyp Tang bestel elk ook ‘n bier. So ‘n sluk of wat later verskoon Knyp Tang hom om sy vrou te gaan bel om te sê hy is veilig. Knyp Tang bly ‘n ruk weg, toe hoor Bennie ‘n ge“Pst, Pst.”
37
Dis Knyptang. Hy wil asseblief sy botteltjies in Bennie se tas hê. So sonder dat die ander agterkom. Na ‘n ruk kom Knyp Tang uit, drink sy bier, en die geselskap gaan saam eet waar Knyp Tang ‘n bottel wyn alleen baasraak. Die volgende dag terug op dieselfde vliegtuig, is dit weer net so ‘n aankopery. Seker maar by voorbaat oor dit dieselfde vliegtuig is wat die vorige dag so marankas met ‘n man gemaak het.. Dit was dan maar baie moeilik vir Bennie as Mev. Tang bel: “Bennie, wat is fout met my man?” Gedagtig daaraan dat Knyp Tang gereeld ‘n draai by die internis gaan maak het – onder meer oor die vreeslike stadige gepiepie – soms tot ‘n halfuur lank so in die middel van ‘n nasionale forumvergadering – dan sê Bennie maar net: ”Mevrou, vra asseblief vir die internis.” Knyp Tang se stadige piepieëry het nie baie gepla nie. Hy het in elke geval nie veel van die werk wat bespreek is uitgemaak nie. Maar wat wel gepla het, is as hy uiteindelik terugkom, het hy aangedring dat die vergadering weer terugkeer na daar op die agenda waar hulle was voor die groot piepie hom beetgepak het. Dit was juis met so ‘n vergadering daar in Kaapstad waar Knyp Tang uiteindelik moeilikheid gekry het met sy Peter-sesiekte.
38
“Bennie, ons gaan ‘n tussendepartementele klag teen Knyp Tang lê,” sê die Natalse (dis nog voor dit KwaZulu-Natal geword het) afgevaardigde. “So julle weet?” sê-vra Bennie. “Ons het lankal geweet, maar nie hoe erg dit is nie. Gisteraand net na julle hier aangekom het, loop ons hom op straat raak. Hy kom toe van die drankwinkel af met ‘n vol bottel whiskey. Hy nooi ons na sy kamer vir drankies. Toe ons ‘n rukkie later daar kom, lê daar ‘n leë whiskeybottel in die snippermandjie, en die een wat hy pas gekoop het is driekwart leeg. En die yskas se seël was gebreek.” Bennie verneem nie na die string botteltjies wat weer op die vlug aangeskaf is nie. Dié vergadering was ‘n pyn. Knyp Tang is net omtrent die heel tyd weg. Die ander kan naderhand nie waag om te gaan teedrink nie, want dan is Knyp Tang omtrent helemal soek, net om later op te daag en weer te wil hervat waar hy laas was. Destyds het die Boeings van Kaapstad na die stad sonder blomme ook eers ‘n draai in Kimberley gaan maak. Soms is nog Upington oor ook gevlieg. Behalwe Knyp Tang se whiskey was hy nog erg oor sy rookdingetjie ook. Maar op ‘n vliegtuig mag jy suip, maar nie ‘n dampie maak nie, en so ‘n lang vlug kan lol as die luste ‘n man pak.
39
By Kimberley is daar weer moeilikheid met die vliegtuig, en die wag word nog langer. Dis toe dat Knyp Tang sy naam ‘n groter krater maak as Kimberley se Groot Gat. Die passasiers wat moes afstap – skynbaar is ‘n passasier ‘n anderster soort ding wat nie soos ‘n mens afklim nie, maar afstap
- het lankal
afgeklim, en die wat moet kom opklim, wag ook al ongeduldig. Mense stap skynbaar nie op ‘n vliegtuig op nie. Knyp Tang en die whiskey begin toe saam praat. Hy wil opsluit af om te gaan dampies maak. Die lugwaardin is egter vasbeslote: “U kan afklim, maar dan klim u nie weer op nie.” Al die wysheid uit die bottel is nie genoeg om die lugwaardin se ferm standpunt te laat verkrummel nie. Eintlik regtig vir die eerste keer, moet Bennie toegee, raak Knyp Tang toe nou sommer regtig swynerig. Heel obsternaat wil hy opsluit af – beduie hy met die pakkie kankerbalkies in die een hand en die pakkie vuurhoutjies in die ander, en hy wil saam met daai ander weer opklim. So hitte-titte is Knyp Tang daai dag van die vliegtuig afgesit. Dinge het hierna vinnig gebeur. Knyp Tang was skaars terug in die stad sonder blomme, toe is hy met la-a-ang siekverlof. Hy het net vir sy afskeid voor hy met vervroegde aftrede is, kom gesig wys.
40
Bennie is vas oortuig Knyp Tang is op sy lynfunksie aangestel om die funksie deur sy “bestuur”-styl tot niet te maak. Hoekom anders sou hulle die vorige baas van die ouens wat swart mense gejag het wat sonder passe in die nag rondgeloop het, einste Knyp Tang, hoof van die verhoudingsaksie maak? Boonop het Knyp Tang aangedring om vergaderings by te woon, waar swart mense hom gewoonlik een kyk gegee het, en na die eetgoed nooit weer opgedaag het nie. Na Knyp Tang weg is, word sy kantoor opgeruim. Al het dit maande in onbruik gestaan, is alles pynlik netjies gepak, Alles tot die naaste voorskrif gesorteer. Alles pragtig. ‘n Skrille kontras met die vertoonlewe. Vat nou maar weer vir Jorsie. Hy was wat hy was. Hy het sy werk ook met groot erns bejeën, en dit reg gedoen. Vinnig, effektief. Hy kon skiet soos weinig ander kon, en hy kon glo die Grieks en Hebreeus sommer so op sy ys onder die knie kry. Maar toe hulle na die lansering die woonstel gaan skoonmaak wat Jorsie saam met ‘n string swart katte gedeel het, was dit te aardig. Jorsie het nie daarin geglo dat die modderskepsels sy woonstel moes kom skoonmaak nie, en ‘n mens kon dit sien en ruik. Iets vreesliks. Dit het Bennie baie laat dink aan die ou man wat niks wou weet dat daar ‘n gelol kan wees om met kouse met gate in te loop nie. Die gate is mos binne-in sy skoene, en dié is blink gepoets. Toe verongeluk hy, en die lykshuismense sien die gehawende kouse. Daar waar die lyksbesorgers sy mond toewerk en vreeslik baie werk insit om dit te laat lyk of hy so met so met die
41
afsterfslag vrede gevind het. Sodat die mense wat so vrek oor lyke kyk agterna kan sê: “O, ek is so bly ek het vir oulaas na Karel gaan kyk. ‘n Mens kan sien hy het vrede gemaak voor hy heen is.” Mêddim, dit was ‘n hengse lot werk om hom so te maak lyk. Kan darem nie aardig lyk so op sy ruimtereis nie. Net so min het die ou egter gedink iemand sal sy gehawende kouse sien, as wat die Groot Kokkedoor kon dink iemand sal deur die sleutelgat loer as hy na bewering die stywe Engelse meisie vry, en glo die gate in sy beweerde onderbroek sien. Van Knyp Tang het Bennie tog iets “geleer.” Van die Illuminati. So saans laterig al wanneer Knyp Tang seker is ander kan nie hoor nie, vertel hy van hierdie aardsbose gevaar. Synde Bennie se baas, kon Bennie darem nie alte reguit sê hy dink Knyp Tang het nou die verkeerde knaters in die beergreep beet nie. ‘n Tang kan knyp, jong! “Dis die Jode,” fluister hy. “Hulle beheer die geldmag. Hulle ontsien niks en niemand nie. Hulle maak dood as iemand in hul pad staan.” Nou ja toe nou, wie sou kon dink dat Knyp Tang wat gereeld oor die regses kla, iets met Jorsie in gemeen sou hê? Al is dit ook net ‘n soort afsku van die Jode?
42
Dan noem Knyp Tang die eksponente van die Illuminati. Ook Hitler. Dit laat Bennie kopkrap. “As die Jode agter die ding sit, hoe kon Hitler dan een wees?” Bennie het nog altyd die Jode se aanspraak dat Hitler sewe miljoen van hulle doodgemaak het, gegogga. Die somme wil maar nie uitwerk nie. Al die oorlewende Joodse gesinne moes glo na die oorlog 28 kinders gehad het om op te maak vir die aantal na die oorlog. Maar, soos ‘n Jood, sleg Isaacson, eendag vir Bennie gesê het, al was dit nou ook net ‘n miljoen, was dit steeds vreeslik erg. Isaacson was saam met Bennie in die weermag, doer in die woestyn. Elke keer as daar werk gedoen moes word, is Isaacson skoonveld. Dan kry hulle hom by sy bed waar hy vol bande gedraai is, en al wiegend agterstevoor uit ‘n gebedeboekie lees. Soms in die oggend, soms in die middag, soms vroeg, soms laat, hang net af van wanneer daar harde werk gedoen moes word. Wegglipkans was daar oorgenoeg by Rooikop, diep in die Namib. Soms was dit Wesweer. Dan het ‘n koel, digte missie van die see af opgetrek, en kon ‘n mens amper nie jou hand voor jou oë sien nie. Hierdie Wesweer is die ding wat die goed daar in Walvisbaai so laat roes.
Dan is daar die Oosweer, ‘n warm
bergwind uit die binneland wat stof en mika optel, en ‘n digte sluier oor die woestynlandskap trek. ‘n Man wat hier buite rondhang en hard werk, is gou aan die sweet en van die mika wat aan sy sweetlyf en –klere aanpak, ‘n vreemde glimmende wese.
43
Bennie kan hom goed indink hoe erg Jorsie sou verdwaal. Maak nie saak of dit Oos- of Wesweer was nie, Jorsie het in elk geval geen sin vir rigting gehad nie. Met altwee were is Rooikop, die hoë granietkop wat soos ‘n kompasnaald rigting aandui, skoonveld. Nie eens ‘n hele stoet oppad lanseerterrein toe, se ligte sou in die Oos- of Wesweer hond haarafmaak nie. Maar met die miljoen-storie wat steeds erg is, daarmee stem Bennie met die Joodjie saam. Knyp Tang is egter nie so afgesit oor die vraag oor Hitler en die Jode nie. “Die Illuminati is soos ‘n weermagtenk. Hy moet soms ‘n bietjie agteruitloop om weer vorentoe te kan gaan.” Bennie kry sy gedagtes oor die Illuminati steeds nie mooi gefokus nie. As dit dan regtig bestaan, gaan hy hulle maar liefs uitlos, en hoop hulle los hom ook uit. Daar is baie ander dinge waaroor mense hulle koppe kan breek. Dinge wat ‘n mens baie meer regstreeks aan die bas raak. Behalwe vir sy verhoudingsfunksie, wat Foefel loop staan en tot niet maak het so twee jaar voor die nuwe Suid-Afrika tot stand gekom het, het Bennie nog ander bagasie gehad wat hom ‘n aanwins vir die nuwe Suid-Afrika moes maak. Toe die Tak Gemeenskapsontwikkeling ‘n jaarafskeidsfunksie hou, nooi hulle nie die LUK vir Gemeenskapsontwikkeling nie. Want dit was Bennie se swart vriend. Toe maar eerder ‘n ander, Ariër LUK nooi. Bennie bedank uit die sosiale klub.
44
Bennie woon by geleentheid ‘n voorligtingsessie van die Tak Gesondheidsdienste by. Toe die presensielys verbykom, sien hy die titel buiteop is: Ariërvoorligting. Bennie maak beswaar. Redelikerwys sou ‘n mens dus verwag dat Bennie met redelike ope arms in die nuwe bedeling ontvang sou word. Bennie het selfs in 1994 Staatsreg gaan studeer om te verstaan presies hoe die nuwe grondwet en die handves van menseregte inmekaar steek. Alles op papier. Bennie weet nou nog nie. En Bennie is nie stupid nie. Want dinge het vir Bennie verskriklik verkeerd begin loop. Bennie verloor sy werk. Hy word op adjunk-direkteursvlak deur ‘n vakvreemde klerk vervang. Nee, nie regstellende aksie nie. Die klerk
is soos Bennie ‘n Ariër, manlik, middeljarig en
Afrikaans. Toevallig ‘n bestuurslid van die nuwe regering se party, en waarnemende privaatsekretaris van die Premier. Die symste Premier vir wie die Nuwe Nare Party so lief is dat die regering hom steeds aanwend elke keer wanneer die NNP ore aangesit moet word. Hy doen dit maklik, want hy huilpraat ‘n paar mooi dinge in Afrikaans. Foefel het glo nie vir die Premier se mooi huilpraat in Afrikaans geval nie. Nee, sê wyle Jorsie se pêlle. Die Illuminati het hom R55 miljoen betaal. Of $55 miljoen. Destyds nog nie so ‘n groot verskil gemaak, soos na Clever Trevor ‘n paar blapse gemaak het voor hy begin luister het nie.
45
“Nee man,” wou Bennie nog by geleentheid skerm. “Daai geld is nie Foefel s’n nie. Dis geskenk om ‘n Stigting op die been te bring.” Jorsie se pêlle lag te lekker. “Jy, wat by die Geheimsinnige Diens gewerk het, behoort van beter te weet. Het jy nog nooit van dop-oprganisasies en front-organisasies gehoor nie?” Jare later, toe Bennie op die internet gaan kyk na Foefel se stigting, is omtrent al wat daarop is, die Griekse godin op die trusteeraad. Dis toe dat hy onthou van Jorsie se pêlle se stellings oor ‘n doporganisasie. Al glo Bennie nie dat ‘n blondine noodwendig ‘n leë dop is nie. Maar daai Premier en die NNP. Huil net in Afrikaans. Dan val die hele spul suckers daarvoor. Elke slag, al is die Premier lankal nie meer die Premier nie.
Nee, nou is iemand anders
premier, en Bennie hou nogal baie van haar. Die swaar vrou wat meermale heel onwaardig ritte agterin daai einste vangwaens onderneem het waarmee Jorsie soveel moeilikheid met die tweerigtingradio’s gehad het. Net jammer sy het deesdae sulke vrot adviseurs wat haar sulke wilde goed laat kwytraak. Of is haar suiker dalk deesdae so deurmekaar dat dit haar kop deurmekaar maak? Bennie wonder of Jorsie al ooit by sy bestemming uitgekom het. Met dié dat Jorsie nou nie juis tegnies genoeg is om met tweerigting-radio’s reg te kom nie, kan ‘n mens ook nie van tyd tot tyd ‘n vorderingsverslag uit die ruimte verwag nie. Hy is ook vort voordat selfone gekom het.
46
Dis hier waar Bennie opnuut bewus geword het van hoe seer ‘n mens se eie honde ‘n mens kan byt. Hoe hard ‘n Ariër sy mede-Ariër in die rug kan steek. “Jy’s stupid man!” sê Jorsie se maat. “Hoekom dink jy wil selfs die regse partye jou nie met jou saak help nie?” Nee, Bennie kan nie dink nie. Die NNP, dit verstaan Bennie. Dié manne sit met hul vet jisse in dieselfde Uitvoerende Rade en dinge as die mense wat hulle ‘n dekade of wat tevore nog gesê het kan nie beskawingsmondig word nie. “Waar het jy nou gesien ‘n klerk kan ‘n herehuis in die stad sonder rose se beste woonbuurt koop? In die boomryke woongebied aan die platkop se noordelike hange?” “Jy bedoel Rooi Kerneelsie het vir die veiligheidspolisie gewerk?” “Einste!” “Maar hoe het jy dit geweet? Ek self het ‘n uiters geheime klaring en was hoog op in die KGB, ekskuus, GBS. En ek het dit nie geweet nie.” Jorsie se maat kry so ‘n veraf kyk. Ai, hoe moet hy hierdie oningeligte nou oor die ingewikkeldhede van die lewe inlig? “Man, ons Uitverkorenes span saam om die Illuminati te beveg. Ons gaan oor aardse strukture heen.”
47
“So julle het ook ‘n haakplek met die Illuminati?” wil Bennie weet, synde dat Knyp Tang so anti-regs was. “Natuurlik. Dis dan die grootste peste, pure Jode!” Nie eintlik so pure Jode nie. Dit het Bennie intussen loop uitvind. Die Rare Regses meen dis die nasate van ‘n groep Jode wat so 500 nC uit Israel getrek, en aan die noordoewer van die Swart See gaan woon het. Hier het die Jode, al reeds basters, met die Kahzar-Turke vermeng, en hulle tot die Jodedom bekeer. Hieruit het nie net die Illuminati nie, maar sy vertakkings soos die Russiese Jode, die Kommunisime en die Geldmag ontwikkel. Maar dié ding oor die Veiligheidspolisie, waarvan sommige lede blykbaar ‘n groter ding oor die skanse heen beveg het, naamlik die Illuminati. Is dit hoe Jimbo so gou geweet het dat Mandy ook by die nuwe regering se party aangesluit het? Nog in die ou Suid-Afrika. Skielik het die dowwe Mandy ook begin vorder. Assistentdirekteur geword twee weke na sy tot die vorige rang bevorder is – in die pos van die Ysterman in. Toe het sy nog die vermetelheid om vir die Ysterman te sê sy het daai bevordering verdien! Bennie het amper gestik. Hulle kan nie in dieselfde liga genoem word nie. “Maar jy moenie dat die nuwe regering uitvind Rooi Kerneelsie het eintlik vir die Veiligheidspolisie gewerk nie!” waarsku Jorsie se maat.
48
4. Exodus Maar voordat Bennie sy werk kwyt is, moes hy eers ‘n hele bybelse ervaring deurstaan. ‘n Ervaring in die vorm van Ishmael, Meshack, Stephanus en Organ, om so ‘n paar te noem. ‘n Kerk moet immers ook ‘n Organ hê. Bennie was al met die Peter- en Paulervaring half gelouter in dié soort van ding, of so het hy gedink. Stephanus
was
die
interessantste.
‘n
Paranoïese
skisofreen wat op al sy gesondheidsvorms net invul hy is ‘n diabeet. ‘n Diabeet is nie ‘n probleem nie, maar vra nou vir ‘n paranoïese skisofreen met ‘n rits ander hang-ups en probleme om sy diabetes op te pas! Die gevolg is die een ongeluk na die ander, en die een onhebbelikheid op die ander. Stephanus was baie gesteld op sy Ariese voorkoms, en hy het die een operasie na die ander ondergaan om op dié skoonheid te verbeter. Tot sy onderkaak laat langer maak. Ook liggaamsbou gedoen wat die interniste oor sy diabetes die piep laat kry het. Op ‘n dag, nie lank nie na sy kaak langer gemaak is en die draadjies wat sy tande moes gelykmaak uitgehaal is, is Stephanus weer in ‘n halwe beswyming terwyl hy in sy nuwe deftige kar iewers heen oppad was. Hy ry toe voor ‘n spannetjie jafels in, wat die toeter vir hom druk. Stephanus is nie links nie, en wys vir hulle vuis. Of dalk eers vinger, en toe die jafels nie daarvan hou nie, vuis. Dis toe dat hulle hom van die pad af trek. Stephanus, in sy deurmekaar
49
toestand, klim nogal ewe uit om die manne wat vir hom toeter gedruk het, te gaan regsien. Maar dit was van die stad sonder blomme se rowwe jacks. Hulle timmer ou Stephanus behoorlik dik, en sy plastiese neus staan bietjie duskant toe. So ‘n skewe neus op so ‘n skone Ariese gesig na die dik swelsels om die blou oë en die ander skaafmerke verdwyn het, deug nie, en Stephanus wil opsluit daarvan ook laat werk maak. “Ag nee man, Stephanus,” sê Bennie. “Het jy al ooit ‘n man gesien wie se neus nie maar bietjie windskeef staan nie? Ons het almal rugby gespeel, en die meeste van ons het nog karate of boks ook gedoen. Of sommer net baklei. Dit wys ‘n man is nie ‘n sissie nie.” Stephanus het nie rugby gespeel nie. Het geen hand-oog koördinasie gehad nie. Maar die meisies wat die skewe neus sien, sal dit nie weet nie. Dus bly die neus so. “Stephanus, het jy onthou om die spyseniering vir die funksie te reël?” Dit was ‘n gereelde vraag van Bennie, aangesien die afdeling gereeld werkwinkels gehou het. “Ja.” Maar dan daag die spyseniers nie op nie. Wanneer Bennie dan vir Stephanus bymekaar maak, blyk dit Stephanus het inderdaad vergeet, maar ja gesê omdat hy dit dan gou wil reël. En dan weer vergeet. Die vergeetagtigheid is ‘n gevolg van die gereelde aktiewe hipoglisemie wat Stephanus in die hand werk.
50
Die dat Bennie kan verstaan as die nuwe Premier, ook ‘n diabeet, na kommando’s as struikrowers kan verwys. As ‘n man, of Premier, dan lus is vir ‘n sjokoladekoek, is jy lus. Dan spuit jy maar ‘n oordosis insulien en, en verorber daai koek. Met Stephanus se instemming word ‘n mediese raad aangevra sodat hy in ‘n pos met minder druk geplaas kan word. Maar dit duur nie lank nie, toe kry die paranoia die oorhand, en Stephanus maak homself wys die mediese raad is aangevra om van hom ontslae te raak. Hy gaan kla by die personeelmense, en so bevind die mediese raad dat Stephanus niks makeer nie, en met sy werk kan voorgaan. Toe is ou Stephanus dood. Iemand se bloed is op iemand se hande. Ishmael het ook half goed begin. Maar toe ook die reuk van beter dinge begin vat. Toe hy vasgevat word, het hy met ‘n totale aanslag teen Bennie begin. Soos Peter van ouds, was staatskarre sy groot liefde. Soos om sonder ‘n ritmagtiging in die stad na die ooste te gaan rondry, en die skone Helena te gaan seksueel teister. Die skone Helena dink Ismael en Bennie is nog groot vriende, en kla nie, want Bennie het haar gehelp om werk te kry. Eers later, kla sy. Ishmael rafel heeltemal uit, en laat mense van die straat af op sy amptelike telefoon bel. Met die nuwe Suid-Afrika het hy en ‘n paar makkers eenvoudig aanvaar die hele land het nou soos Qwaqwa geword, waar ‘n eerlike man maar ‘n droewe lewe ly. Toe hy die oproepe op die rekenaaruitdruk moet verklaar, weier hy.
51
“Jy sal dit ook nie regkry om dit van my salaris te laat aftrek nie.” Dit sê hy op Engels. Sedert die 1994-verkiesing praat Ishmael net Engels met Ariërs, al gaan dit maar hoe skeef en krom. Dit is ook so, want Ismael het gou vriende met die Groot Induna gemaak. Die telefoonkostes word “teruggetrek.” Bennie verwys die saak na die ouditeur-generaal, een van Foefel se groot spogterye oor wigte en teenwigte. “Dit kan nie teruggetrek word,” laat weet die Wig. “Dien dit weer in.” Bennie dien dit weer in, die keer met die Wig se brief aangeheg. Weer word dit teruggetrek. Bennie probeer nog ‘n slag of wat, soos by Regter Hoop se Ondersoekeenheid en so aan. Maar dis verniet. Ishmael het vrypas gekry om te maak net wat hy wil. Later sou Bennie ‘n groot gly in Regter Hoop kry – volgens die Black Lawers Association het meer as 3 000 sake daar weggeraak. “Dit is so,” bevestig een van Bennie se pêlle wat by die veiligheidspolisie gewerk het, maar hom niks van Rooi Kerneelsie gesê het nie. Wel van die laaste administrateur se nefie wat nooit deur die weermag opgeroep is nie, en uiteindelik weens verkiesingsbedrog in die tjoekie gaan sit het.
52
“Ek het persoonlik drie vragte vol inkriminerende getuienis teen Mama Whêthu by Regter Hoop gaan afgee. Niks daarvan gekom nie.” Bennie se pêl haat Mama Whêthu. Sy was lank op ‘n klein dorpie naby die stad sonder Blomme ingeperk, en het vir Bennie se pêl ‘n vreeslike lewe gely. Dan was daar Meshack, die man van dop en dagga. Geen ander staatsamptenaar het dit seker nog ooit reggekry om sewe maande lank te dros, en volle salaris te kry nie. Meshack kry dit reg. Hy is in ‘n inrigting vir drankverslaafdes toe hy bevorder word. “Julle kan mos nie ‘n man wat nog op proef is bevorder nie,” kla Bennie. “Hoe kan ‘n man na sewe jaar nog op proef wees?” wil Personeeldienste weet. “Het hom maar so geërf.” “Maar dan stel ons hom nou vas aan.” “Julle kan nie die man bevorder nie. Ek het so pas gevra dat die bekragtiging van sy permanente aanstelling met nog ‘n kwartaal verleng word dat ons kyk hoe hy op die behandeling in die inrigting reageer.” Maar toe kom die brief dat Meshack vas aangestel word. Bennie is boos, en maak beswaar.
53
“Maar hier is dan niks negatiefs op sy lêer nie,” sê Personeeldienste. “Dis onmoontlik, ons het self ‘n pakkie so dik soos ‘n duim persoonlik kom afgee.” “Maar hier is niks op die leer nie.” Bennie wil ‘n afskrif van sy huishoudelike lêer af maak, maar die oorspronklike is skoonveld. “Bennie lieg” sê Boepie Skeelkyk, die personeelhoof vir Bennie se Hoofdirekteur. “Daar was g’n nooit sulke dokumente nie.” Toe, uit die bloute, daag ‘n lêer van ‘n ander komponent by Bennie op. In dié leer is nie net ‘n volledige stel van die verdoemende dokumente nie, maar ook ‘n dekbrief aan Personeeldienste dat ‘n stel na hulle gestuur is. Hulle het die dokumentasie dus minstens twee keer gekry. Bennie gaan wys dit vir die hoofdirekteur. Die hoofdirekteur stuur dit vir Boepie, en Boepie skryf terug dat die goed “waarskynlik” die heel tyd by Bennie was. Bennie is boos en vra dat Boepie aangekla word. Niks gebeur nie, en nie lank nie, toe is daardie dokumente ook weg. Meshack se vaste aanstelling word bekragtig, en hy is bevorder.
54
“Jy weet net nie hoe om met swart mense te werk nie,” ego iemand. Toe word Meshack daai grootbek wat vir Bennie sê hy weet nie hoe om met swart mense werk nie, se probleem. Nie lank daarna nie, in sy dronkenskap, bedank Meshack. Toe hy die volgende dag besef watse sotlikheid hy aangevang het, wil hy sy bedanking terugtrek. “Ongelukkig is die papierwerk reeds afgehandel.” So is Meschack uiteindelik effektief gefire. Om ‘n swart mens in die nuwe Suid-Afrika gefire te kry, kos nogal gedoen te wees. Vra maar vir Bennie. Organ het skielik, sonder dat iemand weet dat hy gestudeer het, matriek. Hy skryf met dié matrieksertifikaat in by die Technikon, maar word na ‘n ruk sy gelde terugbetaal en afgesit. Bennie vra dat die matrieksertifikaat geverifieer word. Dit word nie gedoen nie. Uit die plakkersgebied kom nog ‘n bybelse ervaring. David, voorsitter van Freedom Place se civics stap erg mismoedig by Bennie se kantoor in. Dit was onlangs krismis, en nou is daar moeilikheid. “Ons soek geld om die kersfabriek weer aan die gang te kry,” verduidelik hy. “Hoe so?” vra Bennie verbaas. “Die fabriek het dan so goed aangegaan.”
55
“Ja, maar toe kom krismis,” sê hy veelbetekend. Anders as die ander slaan hy nie na Afrikaans oor as hy probleme het nie. David kom eintlik uit Lesotho, waar sy amptelike vrou bly. “Die voorsitter van die fabriek het kort voor krismis al die fabriek se bates in likiede3 bates omskep, en toe het die woekering4 daarmee teenspoed opgedoen,” verduidelik David. Die voorsitter van die fabriek is David se nyatsi en dus kan Bennie maar vergeet om kort en kragtig oor die heengaan van die fabriek se bates ingelig te word. Behoede iemand anders wat van David se civics se bates “eet.” Die boendoehof kom sommer blitsig in sitting – g’n niks agterstand met hofrolle nie. Ook g’n gevaar van oorvol tronke nie. Die materiaal oor die sitgedeelte van die oortreder word in ‘n ommesientjie in ‘n bloederige pappery omskep. David het juis eenkant moeilikheid met die grype omdat ‘n verhoorafwagtende die nag in die kantoor waar die hofverrigtinge plaasgevind het, verkluim het. Die kantoor synde ‘n ou opstal wat deur die uitbreidende plakkergebied ingesluk is. Die man kon eenvoudig by die stukkende groot ruit uitgeklim, en vir hom ‘n kombers gaan haal het. Maar hy het dit nie gewaag nie, en liewer verkluim.
3
“Liquid” assets is ‘n meer akkurate verduideliking vir die vog wat
aangeskaf is. 4
‘n Helse gefuif, daar is in Nabot se wingerd ge-oes. Dis tog die
klein jakkalsies wat die wingerde verniel.
56
Dis omtrent hierdie tyd dat die hoofdirekteur vir Bennie inroep. Die Tak se regsadviseur, advokaat Flippie Slappert is ook teenwoordig. “As jy my ooit aanhaal oor wat ek vandag vir jou sê,” sê die hoofdirekteur Gertjie Jansens, “sal ek dit voor die Here ontken!” Bennie is nie uitermatiglik verbaas nie. Hoewel die hoofdirekteur gedurig Here, Here, trip hy vreeslik maklik en dan is hy ‘n ander mens. ‘n Mens wat omtrent van sy trollie af kan gaan van woede. ‘n Onstabiele tweegesig as Bennie al ooit een gesien het. “Jou felheid teen korrupsie skep vir die nuwe regering ‘n probleem.” Dit word aan Bennie gestel asof hy nou die besbedoelde vaderlike advies kry. Bennie het juis ‘n gly gekry om te sien hoe so ‘n groot man voor die nuwe Mandaryne kruip. “Jy moet leer om diskressie te gebruik. Wanneer om eenkant te kan kyk.” Dis darem ligjare verwyder van die jagmakery op die klerke van die Ontwrigtingsraad wat hulself so aan die meubels gehelp het. Maar dalk geld daar ander norme vir die Ariërs as vir die modderwesens. Bennie skop vas. “Daar is nie ‘n manier dat ek korrupsie gaan sien, daaroor stilbly, en nog in die aand kan slaap nie.”
57
“Dan het jy darem nog ‘n dak oor jou kop om onder te lê en wakkerrol,” sê die hoofdirekteur, “maar gaan maak nou moeilikheid dan het jy bokkerôl.” “Nou wat van Foefel se wigte en teenwigte?” wil Bennie obsternaat weet. Die hoofdirekteur en Flippie lag lekker: “Man, hierdie is die praktyk. Daai is die papier.” Bennie kan nie glo wat hy beleef nie. Hier probeer dieselfde man hom blatant korrupteer wat onlangs vir Bennie gesê het hy moenie so stres nie. Hyself gee net al sy probleme vir die Here, en dan het hy self dit nie meer nie. So maklik soos dit. Dieselfde man wat kort daarna op die operasietafel gelê het vir ‘n angina-operasie. Toe doen hulle vir oulaas toetse en sê vir hom sy hart makeer niks. Hy moet huistoe gaan en gaan pille sluk vir sy stres.
5. Dit werk soos ‘n bom! Intussen het die priester uit die Kalahari steeds soos ‘n tolbos oor die land gerol. Hy het oor Bet-el, Bethlehem, Heilbron en baie ander bybelse en nie-bybelse plekke gerol. Dalk is die rollery in die wind iets soos die priester se bespiegeling oor hoe die tien verlore stamme uit die ooste in die weste beland het, en skielik Indo-Gemaamse tale begin praat. Deur ‘n sterk Oostewind, skryf die priester, want so is dit opgeteken.
Of die oosweer
waartydens Isaacson so lekker daar in die woestyn kon wegglip.
58
“Saxon is juis van Isaacson afgelei,” sê Connie, Jorsie se maat. “Dit bewys darem bo alle twyfel dat dit nou die Israeliete is wat in Wes-Europa woon. En hier in Suider-Afrika as Uitverkore Volk.” Bennie wil liefs nie van Isaacson familie wees nie, gedagtig hoe die vent kon wegglip die oomblik as daar werk was om te doen. Van die tolbos se mutasieplantjies maak oor die jare amok. Die Wit Wolf gaan aan’t skiete in Kerkstraat. ‘n Bom eis lewens op Worcester. ‘n Klipspringer klim op ‘n bus en maai modderwesens af. In die stad sonder blomme, by die perdehemel, word ‘n klomp wapens gesteel. Heel simbolies, dié verband met die Nordiese Valhalla se perdehemel, Tempe. Die Nordiese mense is darem suiwer Ariërs. ‘n Vragmotor vol wapens word gekaap, en die drywer en sy assistent word in die Modderrivier gegooi. Miskien het hulle gedink die modderskepsels kan met klippe om die nek swem as hulle in die Modderrivier gegooi word. Of dalk ook dat dit nie saak maak as ‘n modderwese doodgemaak word nie, omdat hy nie die Ariër se naaste is nie. ‘n Groepie hou ‘n “sit in” by die Geloftefeesterrein by Bloedrivier. Dan, so met Aprilgekkedag word berig van mans wat gevang is omdat hulle glo die Grootdraaidam wou opblaas. Bennie, toe ‘n radiojoernalis, sê op die lug hy wil eers ‘n dag of
59
twee kans gee om te sien of dit nie Rapport se Aprilgekstorie is nie. Van die Rare Regses hoor vir Bennie, en hou niks daarvan nie. Hulle het vooraf kennis gekry van die staatsgreep wat op hande was, en het vas geglo dit gaan slaag. Dinge het darem alteveel
met
Siener
van
Rensburg
se
voorspellings
ooreengestem. Bennie spot nou met heilige dinge. Hulle is hom meer genadig as wat hulle ‘n jingo normaalweg genadig sou wees. Bennie, so ver hy weet, haal nie die Rare Regses se doodslys, waarmee hulle so spog, nie. Om darem oop en bloot die Grootdraaidam te wil opblaas, terwyl die vermeende bomplanters self stroomaf op Parys woon, is darem regtig raar. ‘n Mens sou omtrent drie ton dinamiet moes hê, en oop en bloot teen die wal vir die dinamietkerse moes sit en gaatjies boor. “’n Mens kan hulle eintlik net vir onnoselheid aankla,” sê Bennie se Engel. ‘n Akademiese vriend kom maak ‘n draai by Bennie en sy Engel. “Met die vangery onder die voornemende bomplanters word darem vreeslik onder die Rare Regse-fiksie se mense gevang,” sê hy. “Dis hul eie stupidgeit, maar dis hul vroue en kinders wat met die gebakte pere sit.” “Ek dink darem nie hulle geniet dit self te veel daar in die selle saam met die modderskepsels nie,” sê Bennie. “Veral as hulle
nog
tot
langtermynstrawwe
lewenslank”
60
gevonnis
word.
Veral
“Ja, maar hulle glo darem ook nie dit sal so lank wees nie. Hulle glo mos aan die Siener se profesieë, oor die man van WesTransvaal wat sal opstaan en die land vir die Boere herower.” “Seker dié dat Radio Sonder Liksens volhou om van WesTransvaal, Oos-Transvaal en Noord-Transvaal te praat. As daar nie meer ‘n Wes-Transvaal is nie, kan die redder ook nie meer daarvandaan kom nie.” “Ja, hulle het juis gedink, oorspronklik, dat dit die Groot Kokkedoor sou wees. Nou sit hy self met sy jis in die tjsoekie, en dit lyk of sy gees uit hom uit is. Ja, hy raak blykbaar elke keer as hy tjsoekie toe gaan bekeerd.” Dis die tolbos se rollery oor Bethlehem wat Bennie weer laat paaie kruis het met priester en sy hoflinge. ‘n Boere-optog wat Bennie, as joernalis, met ‘n boere-optog verwar het. Bennie neem deel, sit-sit in ‘n bakkie. Net die modderwesens is so stupid om al die pad te loop en skreeu as daar gery kan word. Na die ekskursie na Bethlehem sê Bennie: “Die mense kan ‘n hengse klomp skade aanrig,” sê hy toe die Minister vir die soveelste keer sê dis eintlik net ‘n handjievol sonder steun. Van die min steun weet Bennie nie so mooi nie. Daar was na die optog darem ‘n hengse lot wat kom saam braaivleis hou het, en na die priester uit die Kalaharie kom luister het. Dié keer word Bennie, toe ‘n koerantjoernalis, verbied om na die priester te luister.
61
“Dankie tog dat ek dit nie weer hoef aan te hoor nie,” dink Bennie. Maar hardop sê hy: “Wat van die persvryheid wat die grondwet waarborg?” “Die grondwet se moer! Ons erken dit nie. Dis in elk geval in die praktyk minder werk as ‘n rolletjie *&^papier.” Bennie moet nogal daarmee saamstem. Maar die Minister moer sy woorde tel oor die “handjievol” steun. Veral nie as die ander Wig bevind dit is nie rassisties om “Kill the Boer, Kill the farmer” te dreunsing nie. Dit maak die boere die moer in, en dan word ‘n klomp sommer Boere, en pêlle van die Rare Regses. Die Rare Regses noem hulself so graag Boere, maar min boer. Maar selfs al is hulle ‘n handjievol met min steun. Kyk maar net hoeveel was die Baader-Meihoffs. Vir omtrent ‘n dekade het hulle die verbeelding van die wêreld aangegryp. En tog was hulle maar ‘n handjievol rykmanskinders wat die kluts kwytgeraak het. Ook die Japannese Rooi Leër was nie eens ‘n volle dertig nie. Die Tupamaro’s daar in Uruguy was ook nie veel meer nie, en het tog gewys hoe goed ‘n groepie verveelde studente kan ondergrawe. Letterlik, met die vindingryke operasionele tonnels wat hulle so al onder die kampus gegrawe het. Die Rooi Brigades en die Montenero’s was meer. Die MIR nog meer. Daar by Meddillin is dit half moeilik om te bepaal wie is nou eintlik ‘n Marxistiese terroris of ‘n kapitalistiese dwelmbaas. Dis omtrent net so deurmekaar soos hier om te bepaal of Bakgat nou die regte ding doen om die bendes en dwelmbase in die Kaap so op te donder, en of hulle nou eintlik deel van die probleem is.
62
Maar die punt is, ‘n paar belhamels kan ‘n vreeslike lot skade aanrig. Maar al die saad wat die tolbos strooi is nie presiese klone van die priester nie, en talle mutasies wat nuwe Verbonde en Bybelse uitlegte ontdek, kom op. Ja, dink Bennie agterna, toe die braaivleisvure as geword het. Dis nou half ‘n lollery as party stadsjapies en dorpsjapies hulself begin boere noem, en daai boer met ‘n hoofletter “B” loop spel. So kan ‘n arme onskuldige boer naderhand verstaan dat ‘n Boere-optog teen plaasaanvalle eintlik ‘n boere-optog is, en ‘n joernalis begin nooi om te kom saam deelneem aan die optog. Veral as daai joernalis Bennie is, want sy Engel kom van Bethlehem af en Bennie laat nie ‘n geleentheid verbygaan om saam met sy Engel daar besoek te bring nie.. Net om daai kyke van “wat soek jy nou eintlik hier?” te kry. Al is sy gasheer regtig ‘n boer. Bennie is ‘n joernalis, en meng gou.
Gou
word
probeer
om
hom
te
oortuig
dat
die
modderskepsels darem die land vreeslik kwaad aandoen. Bennie kan tot aan die optog deelneem. Daarvoor was Bennie slaggereed met lekker stapskoene, maar Boere stap nie optogte nie. Hulle ry optogte. Met vragmotors, bakkies en 4X4’s. Te lekker so op ‘n man se jis. As jy die Vierkleur, die ou republiekvlag of a plakkaat wil swaai, kan dit ook gedoen word sonder om te loop. Daarvoor is bakkies en vragmotors goed toegerus. Hierna kan Bennie nog na van die toesprake luister, sê die organiseerder. Maar hier kom ‘n spreker uit die Kalahari, dit sal
63
waardeer word as Bennie sy lyf dan maar skaars hou. Bennie kom agter dis die einste priester wie se tolbos weer oor Bethlehem kom waai. Die ene wat vir Bennie gelanseer het. Vir nog ‘n sarsie van daai kafpratery het Bennie regtig nie lus nie. Soos dat vasgestel is dat die nuwe regering die Verowerde Gebied aan Lesotho gaan gee. Ongeag wat die OAE se handves oor koloniale grense sê. Sy gasheer is ook al half dik vir die Boere wat nie boere is nie, en hul lywe so rondgooi. Dus is dit eers uit. Maar toe die bomme in 2002 begin ontplof, toe loop Jorsie se gees weer. Bennie se herinneringe aan Jorsie word egter ook op ‘n ander manier gestimuleer. Een van die eerste ouens wat die polisie soek, is juis die man wat vir Bennie gevra het om tog nie die toespraak van die tolbos uit die Kalahari by te woon nie. Die man het juis daar loop en ander kafstories ook verkoop met die hoop dat Bennie dit in sy koerant sal skryf. Soos van die Verowerde Gebied. As Stephanus nog geleef het, sou hy hier heelwat kon kom leer oor paranoia en gesplete persoonlikhede. Intussen is daai Klein Koerant van Bennie lankal in sy maai in. Bennie het die man van Bethlehem se kafpratery weer ontmoet waar hy Saterdae hamburgers op die boeremark van die stad sonder blomme verkoop het. Seker die boeremark gekies sodat
hy
voorsitter
van
‘n
landbou-organisasie
se
veiligheidskomitee kon word. Om ‘n Boer te wees en hamburgers op ‘n boeremark te verkoop laat ‘n man darem stellig kwalifiseer om op ‘n landbou-organisasie te dien, of hoe?
64
Lekker gesels met hom. Toe is hy skielik weg. Toe word sy foto op TV gewys. Eers ‘n hele lot foto’s, maar toe vang die polisie onder hulle, en dis net die hamburgerBoer en ‘n vriend van Bethlehem wat weg is. Met die vriend het Bennie ook destyds lekker gesels met die Boere-optog. Daarom dan darem so bitter hartseer as die man se kindertjies by die skool kom en die klasmaatjies vra: “Het die polisie al jou pa gevang?” En sy vrou so op haar eentjie met die boerdery moet voortspook. Uiteindelik is hulle saam gevang. Die boer van Bethlehem het staatsgetuie geword, en sy hele gesin het saam met hom verdwyn. Sedert Bennie se Eksodus uit die Provinsiale Frustrasie het twee werke al onder sy jis toegemaak. Hy het ook al as handlanger vir ‘n elektrisiën gewerk wat regser as die Rare Regses is.
Kom glad nie met die modderwesens reg nie, en
daarom het Bennie so ‘n joppie gekry. “Iemand wat nog nie met die modderwesens gewerk het nie, weet nie waarvan hulle praat nie!” hoor Bennie gereeld by die elektrisiën.
‘n
Slag
donder
Bennie
self
een
van
die
modderwesens. Dié was dik dagga gerook en skoorsoekerig. Te gerook om agter te kom toe Bennie van Lethola na Mofirrifirri getransformeer het. Toe bliksem Bennie hom. Bennie is oortuig daarvan dat baie van die kontrakteurs stil-stil dit verkies dat hul werkers op die site hulself aan die zolle
65
help. Of die setompi as jy vir ‘n elektrisiën of loodgieter werk, of mtombi as jy messelwerk doen. Maak nie saak hoe jy hom roep nie, hy het dieselfde effek. Veral vir die manne wat die harde werk moet doen, soos die ouens wat slote moet grawe. Dit maak nie saak hoe warm dit is, of hard die grond van El Nino se dinge is nie, as ‘n man dof gerook is, wérk hy in die sweet van sy aanskyn en vergeet heeltemal om moeg te word. Vir die kontrakteurs is dit ‘n aanwins, want die winsgrens op ‘n hop-skema is maar effentjies, behalwe natuurlik as ‘n man contacts het om die regte skema te kry. Die contatc synde ‘n amptenaar wat as sleeping partner deel in die profyte. Bennie werk vir die elektrisiën wat vinniger as ‘n kortsluiting trip tot hy die eerste joernalistieke pos gekry het sedert hy jare tevore dié beroep gegroet het om die staat met sy vredesoekende Stratkom te gaan help. Om die staat met ‘n vreedsame transformasie te loop help. Die later joernalistieke joppies het nie lank gehou nie voor die plekke toegemaak het. Bennie was selfs ‘n slag leerling-begrafnisondernemer. Daar waarvandaan Jorsie gelanseer is. Dié dat Bennie so weet van hoeveel werk daarin gaan om sommiges te laat lyk of hulle vrede gevind het, so voor hul lansering. Die saak by die Wig oor hoe hy sy werk by die Provinsiale Frustrasie verloor het, is nog nie deur die Wig afgehandel nie. Die een ghoeroe by die Frustrasie, ‘n mede-Ariër, doen sy bes om Bennie se saak te bedonder. Die ander een het lankal selfmoord gepleeg, en nog een is nou besig om dinge by die Departement
66
van Suspisie se administrasie op te koffie. Daai een is met bevordering soontoe. Vandag, as Bennie so sy laagbesoldigde kontrakwerkie voor die rekenaar in ‘n kantoorblok sit en doen, dan staan die ghoeroe oorkant die straat ‘n vloer of wat hoër soos ‘n sfinks oor Bennie en uitkyk. Eintlik is die blikslaer net besig om deur sy oop venster ‘n dampie te slaan. Bennie groet altyd vriendelik as hy die sfinks-kyk agterkom, maar word nie teruggegroet nie. Doerrietyd was Bennie verskeie range hoër as die sfinks. Nou is die rolle meer as omgeruil, die sfinks is nou hoofdirekteur.
6. Mamma, ek wil ‘n alien hê Nie uit Wes-Transvaal nie, maar oor die internet kom nog gedagtes wat vir Bennie dui op hoe deurmekaar die mensdom se koppe nou werk. Niks word ontsien nie, ook nie God nie. Bennie het juis oor die aansprake van die nageslag van slange en adders gewonder, wat nou die modderwesens is. Hy weet nie te veel van die genetika nie, maar die sommetjies wil nie vir hom klop nie. Die Rare Regses sê wel, as die engele kinders by mense kon hê, en so die reuse kon oplewer, dan is dit kinderspeletjies vir die slange. Maar Bennie weet nie so mooi nie. Behalwe natuurlik as die slange eintlik oom Anneries se reptielagtige aliens was. Slange is ook mos reptiele, en dié aliens het g’n so ‘n gesukkel om met mense te baster nie, soos hul aardse sukkelaars.
67
Oom Anneries was op Gehugie in ‘n kinderhuis. Daar is die seuns vreeslik gemolesteer. Een van die beweerde groot molesteerders het ‘n predikant van die Groot Kerk geword, en hy word vandag steeds baie hoog aangeslaan. Dit kan oom Anneries nie verdra nie. “Hy vra nie eens om verskoning nie, en tog wil die Groot Kerk hê ons moet vergewe en vergeet?” Oom Anneries wou self by geleentheid predikant van die Groot Kerk word. Maar dié ding het aan sy en die ander slagoffers se siele bly knaag tot hul oudag toe. Hy het by die Groot Kerk verby begin kyk, en is die rus en vrede van om soos ‘n kind te kan glo, ontneem. Natuurlik het oom Anneries ook ‘n eiertjie te lê oor die historiese Jesus, en neem dit veel, veel verder. “Dit lyk asof die sonnestelsel se ratte so werk dat daar so ongeveer elke 3 000 jaar ‘n planeet naby ons verbybeweeg. Dan kry ons besoek van hierdie mense af, of gode soos die ou mense geglo het.” “Is dit nou die planeet Heber – die ene waarvandaan die Rare Regses sê die Hebreërs se voorsate vandaan kom?” wil Bennie weet. “Nee,” sê oom Anneries, “hierdie een staan in die leketaal bekend as die Planeet X, maar eintlik Naburu. Hy wentel om twee sonne, die een ons s’n, die ander een ‘n entjie vort.”
68
Bennie se kop duisel naderhand, al is hy self half geïnteresseerd oor die wesens wat die aarde al sou besoek het. Is hier dalk nou ‘n konneksie met die planeet Hemel waarnatoe Jorsie onderweg is? Maar so plek-plek wil Bennie se kop nie saamwerk nie. Sedert Bennie as ‘n laerskoolkind in ‘n Dennis the Menaceboek van die Asteekse beskawing in Mexico kennis geneem het, verslind hy al wat leesstof is oor die ou Amerikaanse beskawings. Eers dink Bennie hy kan met oom Anneries saampraat. Maar oom Anneries is op ‘n heel ander gloflengte. Eintlik ‘n heel ander dimensie waarvan net oom Anneries en ‘n uitgelese paar ander weet en soort van begrip het. Die Egiptiese en Sentraal-Amerikaanse beskawings is vir oom Anneries oorgenoeg bewys dat daar ruimtewesens was wat so weerskante van die groot oseaan half enerse beskawings kon laat ontstaan. Die feit dat die een lot al lankal dekadent was voor die ander eers ontstaan het, pla nie vir Oom Anneries nie. Lank voor die Asteke en die Inkas was daar al ou beskawings. Ook voor die Mayas. Bennie swyg maar so in sy binneste dat die “lank voor” ook maar lank na die Egiptenare se beskawing was. Die Mayas het die Tolteke kom verdryf, terwyl die Inkas ‘n paar ou beskawings in puin gelê het. Die Mayas het maar so half uit die oues ontwikkel. Veral die Mayas skep ‘n lastigheid vir die mense wat so gekontikkie is oor verbande. Hulle het ‘n vreeslike akkurate
69
kalender gehad, wat al heel suksesvol met die huidige westerse opgekoppel is. Maar oom Anneries sê daai is niks, daar is baie ouer beskawings. Soos die lawa wat oor ‘n Sentraal-Amerikaanse piramide gestroom het. Die ouderdom van die piramide kon nie bepaal word nie, maar wel die lawa. Dié is nou al meer as seweduisend jaar oud. Bennie weet van dié aanspraak, maar kry in die moderne literatuur geen verwysing hierna nie. “Dis nog niks. Het jy in die wêreldspektrum gesien hulle het ‘n skets van ‘n mielieplant in ‘n Egiptiese piramide gekry? Dit wys mos daar moes lank voor Leif Erikson ‘n duisend jaar gelede ‘n kolonie in Kanada gestig het, kontak oor die see gewees het.” Bennie het die skets in ‘n ander ensiklopedie gesien, en vir hom lyk dit maar alteveel na ‘n sorgumplant. Dus wil dit steeds vir Bennie lyk of die Ariërs die eer toekom dat hulle die Amerikas eerste ontdek het. Maar dan kom Oom Anneries met wat hy meen die troef der troewe is. “Het jy nog nie ‘n afdruk van die gravure van ‘n mannetjie in ‘n ruimtepak binne ‘n ruimteskip gesien nie?” Bennie hét, asook latere weergawes wat toe blyk eintlik ‘n skets van ‘n Mayakoning in ‘n sarkofaag in die piramide te wees. Omdat die Mayas, anders as die Egiptenare, nie normaalweg hul piramides as graftombes gebruik het nie, het die geleerdes nie regtig verwag om so-iets binne die piramide te kry nie, en
70
vandaar die stories van ‘n ruimtetuig. Maar toe kry hulle. Bennie argumenteer liefs nie, want dan is dié anderster Mayabegrafnis ook ‘n bewys dat daar kontak oor die see was. Al was dan nou ook deur ‘n hengse inmenging in tydsdimensies om dit met mekaar in verband te kan bring. Ou Jorsie se ruimteskip was dit beslis nie. Maar om te dink, as ou Jorsie se kis ‘n gawe ruimteskip kon word, moet ‘n sarkofaag ‘n voorslag ruimteskip kan wees. Oom Anneries het dalk tog ‘n punt iewers beet. Maar die oorspronklike sketse het nie juis iets op gehad wat ‘n alien sou beïndruk nie. Eerder ‘n vuurpyl wat heelwat primitiewer as die Duitsers se V-2 moes wees. Waarmee die Ariërs die wêreld moes oorwin. Maar oom Anneries is nog nie uit sy gesels uit nie. En wat van daai ondersese stad met sy piramides wat die mense daar onder die see by Kuba gekry het? Hulle reken dis so 7 000 jaar oud. Bennie weet, maar sê liefs niks. Dit lyk nou, maande later, asof daai stad net so verdwyn het soos dit in die eerste plek onder die see verdwyn het. Skoonveld, nes oorle’ Atlantis. Bennie sit net en wonder, as daar dan so kontak was, hoekom het g’n enkele Amerikaanse beskawing die wiel gebruik nie? Hoekom het die Spanjaarde eers perde gebring? Die Inkas het selfs trappies in hul paaie loop bou omdat hulle nie voorsien het dat ‘n wielding ooit daar sou loop nie. Boonop die die Inkas nie piramides gebou nie. Die Ou Wêreld se suile was op plantmotiewe geskoei, en die Nuwe Wêreld s’n op dieremotiewe.
71
Die wielstorie is egter kos in oom Anneries se kraal. “Maar as jy die swaartekrag oorwin het, soos wat hulle die groot rotse van die Egiptiese piramides doer bo gekry het, dan het jy g’n wiele nodig nie. Hoe dink jy het hulle ook Stonehedge en ander dolmens se groot rotse bo gekry? Vandag nog is daar g’n masjien wat sterk genoeg is daarvoor nie.” “Buitendien, die een beskawing neem nie noodwendig dit wat vir hom goed is, van ‘n ander oor nie. Die Inkas het byvoorbeeld nooit skrif gebruik nie – net sulke gevlegde toutjies aan ‘n stokkie. Tog het van die beskawings wat hulle oorwin het, soos dié aan die Titicacameer, skrif gehad. Die geleerdes kan nou nog nie daai hiërogliewe ontsyfer nie.” “Miskien omdat hierogliewe wat so moeilik is om te ontsyfer, ook maar moeilik is om regstreeks aan te leer.” Bennie brom
nog
iets
van
dis
dalk
makliker
dat
hardlopende
boodskappers ‘n stokkie met toutjies ronddra as ‘n stuk klip met hiërogliewe op. Maar oom Anneries het dit gehoor. “Kyk man, die Wikings het darem seker perde en beeste na die Amerikas gebring toe hulle hul kolonie gestig het. Waar is die oorblyfsels daarvan vandag?” Nogal ‘n stewige argument. “Buitendien, die Asteke het vir hul gode uit die see met twee koppe gewag. Toe kom die Spanjaarde met hul perde, en siedaar. Soos sakkers val hulle voor Cortez se manne. En daai Asteekse keiser was ligter as sy mense, en het ‘n yl baard gehad. Waar het jy nou al ‘n Indiaan met ‘n baard gesien?”
72
Oom Anneries glo die ganske wêreld was toentertyd reeds ‘n gehuggie, met stewige kommunikasie oor die groot oseane heen. Al het hulle dalkies nog nie die internet gehad nie. Maar eintlik is hierdie gespreksdimensie heeltemal te vlak vir oom Anneries. Hy is lankal by daai argumente verby. Na veel vroeër, toe ‘n ruimteskip in die suide van die huidige Rusland loop staan en neerval het. Die twee oorlewendes slaan toe voet na die Midde-Ooste, waar hulle later Israel en Ishmael word. “Jy sien, eintlik het ons uit niks op hierdie aarde geevolusioneer nie. Ons en baie dinge op aarde kom eintlik uit die ruimte uit.” “Hierdie ruimteskepsels was so half OK. Ishmael se nageslag – die was nou ‘n half ander lotjie. Jacob se lotjie is van die skepsels wat deur die primitiewe mense as gode aangesien is, soos wat ons so baie in die Bybel van lees. Dis eintlik ander reptielagtige wesens uit die ruimte wat die Annunaki gestig het wat die moeilikheid maak, en met Ishmael deurmekaar geraak het.” “Dis hoekom Ishmael se nageslag so tekere gaan met Osama en Saddam en dié lot. Hulle probeer steeds hul eerstegeboortereg wat Jacob gesteel het, terug te kry.” “So, dis nou hoe die slang dit so maklik reg kry om met mense te baster?” Was nie regtig ‘n slang nie, net ‘n alien wat ‘n reptielagtige voorkoms gehad het.
73
“Man,” raas oom Anneries, “dis hoekom kloning so belangrik is. Vermeninging tussen mense en aliens kan net deur kloning geskied. Dis hoekom die mense van Naburu so slim kan wees. Hulle het die twee spesies gevat en mense gekloon wat vier breinlobbe het. Het jy al op die foto’s gesien hoeke groot voorkoppe hulle het?” ‘n Paar liggies gaan vir Bennie aan. Soos hoekom van die sektes so met kloning en aliens behep is. Dat ‘n lotjie glad saam selfmoord gaan pleeg het om op die ruimtereis te gaan na ‘n ruimteskip wat die aarde agter ‘n naderende komeet genader het. Oom Anneries se siening oor hoe godsdiens ontstaan het, is omtrent soos ander glo die mens deur evolusie ontstaan het. Namate die mens se begrip verbeter het, het hy stukke uit die ou heidense
godsdienste
oorgeneem,
en
uiteindelik
‘n
ding
beetgekry wat die christendom genoem word. Oom Anneries spel dit nie met ‘n hoofletter nie. Die verbeterings op godsdiens het soos taks elke 3 600 jaar plaasgevind, wanneer Naburu ‘n draai by os sonnestelsel kom maak. Die beste bewys dat die Chrsitendom nog boos is: “Kyk net wat se absolute wreedhede word in die naam van die Christendom gepleeg,” sê hy. Hoewel oom Anneries nog nooit laat blyk het dat hy self in die gehuggie se kinderhuis gemolesteer is nie, is sy galbitterheid ‘n teken dat dit seker wel die geval was. Hy is veral bitter teenoor daai predikant wat amper net so bekend soos die Sonkoning is.
74
“Die annunaki het ook net godsdiens geskep om mense en rasse te verdeel. So kan hulle hul bose planne uitvoer.” Bennie verstaan nie mooi wat met die bose planne bedoel word nie. “Kyk nou net mooi daai Rare Regse-fiksie-ouens. Hulle maak so aanspraak daarop dat hulle so ‘n uitgelese groep Christene is. Tog maak hulle dood.” Bennie wil nog walgooi dat die ouens wat die Sowetobomme geplant het, darem nie aspris mense doodgemaak het nie. Die vrou wat dood is, is doer ver in haar kaja deur ‘n stuk vallende spoorlyn getref. Dit kon nie aspris gewees het nie. Maar by die Boeddhistiese tempel op Dronkwordspruit, op Worcester en op Kerkplein is bedoel om mense dood te maak. Of dan modderwesens. Die afstammelinge van die annunaki? Die klomp boute en moere bo-op plofstof agterop ‘n bakkie dui ook op dood en verminking. Die tolbos en die wit wolf lyk ook nie erg gepla oor die dood en verminking wat die Rare Regses aanrig nie. Dit is nogal vreemd dat ‘n mens jou so op Christenskap kan beroem, maar dan strategie en taktiek gaan leer by geweldsfilosowe soos Satre, Fanon, die Jakkals en Oom Ché. Net die Kerk van die Skepper-lotjie sê daar is g’n god nie. “Wys net, as ‘n klein, handjievol mense wat goed opgelei is, wil ontwrig, kan hulle behoorlik ontwrig.” Die keer was dit Bennie, en dié keer luister ‘n paar mense.
75
Die regering kan maar aanhou sê dis net ‘n handjievol mense sonder beduidende steun, maar solank daai tolbos uit die Kalahari waai, so lank gaan daar al hoe meer Ariërs saam met die modderwesens in die tjoekie sit. So lank gaan ‘n mens nie weet of ‘n Kersaand met kartetse en liggaamsdele getooi gaan word nie. “Dis darem nie net mense wat sê hulle is Christene wat so terreur pleeg nie,” sê oom Anneries. “Kyk nou net hoe lief is daai Bakgat5-ouens in die Kaap vir ou Osama se lot. En heng, kan hulle nou vir jou doodmaak!” Dis maar ‘n lekker deurmekaarspul. As dit nie Arabier of Pers is wat Koerde doodmaak nie, is dit Soeni en Sjieït wat mekaar aan die keel gryp. Dan is ou Saddam nog eintlik ‘n Soeniet wat oor Sjieïte regeer het, en so sy mense teen die Perse laat oorlog maak het. Of kan ‘n mens nou nie van die Arabiere as mense praat nie? Is hulle dalk ook afstammelinge van Kus, en dus eintlik modderwesens? En al is baie Arabiere eintlik ook maar lekker lig, en nog boonop Christene ook? Die kruisvaarders was in die paar eeue wat hulle daar in die Midde-Ooste was taamlik besig. Nou het sommige wesens wat eintlik modderwesens moet wees, blou oë en blonde hare. En hulle baster boonop so maklik met die modderwesens.
5
Bliksems Against Korruption, Gatkruip and Terre’Blanche.
“Corruption” is wel verkeerd gespel, maar ‘n mens moet in gedagte hou dat dit eitlik Afrikaanses is wat Engelse name aan hul kinders en organisasies gee.
76
Net so maklik, so lyk dit, soos ruimtewesens met die hulp an kloning met die aardbewoners baster. Al is van die ruimtewesens nou ook reptielagtig. Maar dis nie waar die deurmekaarspul eindig nie. In Sirië is die wesens weer Soeniete, wat deur die Alawiete regeer word. Die Alawiete is weer ‘n sekte van die Sjieïte. Net mooi andersom as in Irak. In Libanon is die helfte van die wesens Christene, en ‘n hele lotjie hiervan afstammelinge van die Armeniërs nadat die Turke hulle so lelik begin uitmoor het. Danksy die Armeense invloed kon Libanon die Switserland van die Midde-Ooste word, en kon Jorsie Barak se voorsate na Suid-Afrika kom. Toe die ganske Arabiese wêreld vir Egipte kwaad word oor die Camp David-verdrag, toe lag die Egiptenare vir die ander Arabiere. Want die Egiptenare is meer as al die ander Arabiere saam. Maar
eintlik
gaan
dit
hier
om
Bakgat
en
selfmoordbomaanvalle van hul pêlle in die Midde-Ooste. As hulle mekaar uitmoor, is dit met min of meer fêrplie aanvalle. Maar as die pêlle ander aanval, is dit gewoonlik so burgerlik as moontlik, met selfmoordaanvalle. Soos die aanvalle van 11 September. Hulle, so word vir hulle vertel, gaan op dié manier reguit hemel toe. Of dit ook met ‘n ruimtereis gebeur, dit weet Bennie nou nie. Boonop sal hulle vir so ‘n ruimtereis by Nasa moet gaan aanklop, want die Russe se goed werk nie aldag so lekker nie, en
77
die Europeërs s’n nog minder. Dis egter hoogs te betwyfel of die Bossieman van sy ruimteskepe aan die Moslem-terroriste sal uitleen. Want kyk net hoe vlieg hulle. As hulle met vliegtuie so kammikatse-agtig in geboue loop vasvlieg, hoe gaan hulle ‘n ruimteskip op koers hou? Dalk Challenger II aan hulle afstaan. Die eerste het soos ‘n bom gewerk. “Wat ek nie verstaan nie,” sê Bennie, “is dat die Rare Regse-fiksiemense self so graag Jode wil wees as hulle die Jode so haat? Wil ook nie eens swyn op die spyskaart hê nie. Die een priester daar van Vrede af wil selfs hê die mense moet besny word voordat hulle regtig Israeliete kan wees.” “Jong, moenie dat hulle hoor jy
sê hulle is Jode nie,”
waarsku oom Anneries. “Eintlik is hulle nie so teen die Jode self nie, maar teen die wesens wat vandag as Jode deurgaan. Hulle sê dis die nakomelinge van basters met die Edomiete en Moabiete.” “Nou wat is dan so fout met die Moabiete?” wil Bennie verbaas weet. Jesus is self ‘n nasaat van Rut, ‘n Moabitiese vrou.” “Jong, daai priester sê Rut was g’n ‘n Moabiet nie. Sy was ‘n Israelitiese vrou wat bloot in Moab gebly het.” Maar die Bybel sê tog “Moabitiese vrou,” maar uit vrees vir ‘n referaat oor ‘n ander dimensie bly Bennie maar liewer stil.
78
“Maar Jesus was tog ‘n Jood, lank na die Jode glo so met die Edomiete uitgebaster het.” Bennie wil nog byvoeg dat die Jode destyds om die een of ander rede Aramees, en nie Edomities nie, gepraat het. “Nou wag nou,” sê oom Anneries. “Onthou, Jesus was op aarde as seun van God. Hy is dus nie biologies ‘n kind van Josef nie. Ek is nou nie seker hoe hulle by Maria verbykom nie,” sê oom Anneries. “Dalk ook met kloning.” Skielik is oom Anneries krapperig, toe hy besef hy tree vir Jesus se Goddelikheid in. Dit strook darem nie met sy eenkantstudie oor die historiese Jesus nie. Nie dat oom Anneries se anderster sienings nou juis beteken dat hy reken die stad sonder blomme se skoolkinders moet so dagga rook nie. Ook nie dat hulle so erg baie drink soos hulle gedurende skoolvakansies drink nie. Naby die drankwinkels is daar oorgenoeg leeglêers wat vir ‘n kind teen kommissie ‘n bottel hardehout gaan aanskaf. Met die omvang van die kinders se sakgeld is die kommissie nogal ruim. Daar bly boonop genoeg oor vir ‘n hele paar zolle ook. Dis juis hierdie uitrafeling wat maak dat dit nie net christene is wat begin rug styfmaak nie. Bakgat is ‘n tipiese voorbeeld van waar Moslems ook keelvol raak vir die bendes, dwelms en verkragting.
7. Die wysheid van Salomo
79
Dit grief vir oom Anneries. Hy is kwaad vir die samelewing omdat die lewe nie regverdig is nie. Tog is hy ‘n fyn mens met groot meelewing vir hulle wat met gebreekte vlerkies. Maar die lewe is nie regverdig nie. Hier sit Bennie en sy gesin ook met die gebakte pere omdat Klaas, die lang Ariër dit goed ge-ag het om ‘n koeliegrap by die Indiërs te gaan maak. Bennie kan nie mooi uitmaak waar die Indiërs in die Rare Regses se prentjie inpas nie. Soos die Ariërs is die meeste van hulle ook van Indo-Germaanse herkoms. Maar dan, die Rare Regse sê eintlik is die Ariërs nou Semiete, en tussenin kom die aliens ook by. Bennie weet Hitler het dit nie te erg teen die die Japannese gehad nie – selfs saam met hulle die spilmoondhede teen die Geallieerdes gevorm. Die Indiërs is baie nouer verwant aan die Duitsers, dus Ariërs, as die Japannese. Maar, as ‘n mens kyk hoe erg teë Hitler op die arme Gypsies was. Hulle is glo van Indiese herkoms. Dan kry Bennie eintlik enige Indiër wat sy voete in Hitler se Duitsland sou sit, baie jammer. Bennie sou sy kop nooit hieroor gebreek het nie, was dit nie dat dié kwessie sy pad gekruis, en sy lewe blywend verander het nie. Eers was daar nie juis Indiërs in die Vrystaat nie. Toe hulle wel begin kom, het Bennie vir Paul gevra om ‘n ogie oor hulle te hou. Voor die nuwe Suid-Afrika is hulle egter omtrent almal weer met hul lang slap Duitse motors terug Natal toe. Kon nie hier in die Vrystaat regkom nie.
80
Maar met die nuwe Suid-Afrika is hulle met mening terug. Veral in die Depertement waar Bennie se komponent geplaas word. Die LUR se departementshoof is ‘n Indiër, die privaat sekretaris is een, so ook sy broer die administratiewe sekretaris. Nog ‘n paar adviseurs, en die aangewese hoof van die Ontwikkelingskoöperasie voltooi die prentjie. Agt van die 15 bekleërs in die topposte volgens die interne telefoongids is Indiërs. Mooi volgens die kwota van regstellende aksie, sien, vral in die Vrystaat. Nie ‘n gawe plek om ‘n koeliegrap te maak nie, en Bennie is nie so erg stupid nie. Toe vra die LUR dat Bennie se afdeling ‘n ontwerp vir ‘n advertensie in ‘n oorsese tydskrif moet kry. Die grafiese kunstenaar by neef Danie-hulle wat dit eintlik moet doen, sê net sy is te besig. Bennie onthou by die Frustrasie se museumdienste is grafiese kunstenaars en stuur vir Klaas soontoe. “Wie en wat en waar is Naln?” Bennie is verbaas, want Klaas is bekend vir sy hoë intelligensie. Bennie beduie. Soos dikwels, volg Klaas sy eie kop, en kom met ‘n paar swak ontwerpe terug wat ‘n ander museum wat niks met die Frustrasie te make het nie, gemaak het. Dis te laat om Klaas se kop in te moker, en beteres by die regte plek te laat maak. Hy stuur Klaas daarmee na die Indiërs. ‘n Dag of wat later bel die Hoofdirekteur: “Wat het Klaas nou al weer aangevang?”
81
Nee, Bennie is in die duister. “Een van daai ontwerpe wat hy gaan wys het, het die museummense vir die grap gemaak. Dit sê die Vrystaat is so stabiel omdat daar nie eintlik Koelies in is nie!” “Klaas het beslis nie daai ontwerp vir my gewys nie. Ek is nie so stupid om so-iets te laat deurglip nie.” “Nietemin, hulle is besig om ‘n groot Kabaal op te skop,” sê die hoofdirekteur. Klaas het naderhand ‘n beëdigde verklaring opgestel waarin hy erken dat Bennie nie van die ontwerp geweet, of kon geweet het nie. Dit help bokkerôl. Klaas is lankal weg na hy vir sy troue ‘n staatsbakkie gereël het om stoele kerk toe aan te ry, die Indiërs is almal na ‘n buitengewone ouditeur-generaal-verslag gefire,
maar die ontwerp word steeds op Bennie se brood
gesmeer. Maar die lewe is nou maar te ene male nie regverdig nie, soos blyk uit die Springbokstorie. Amper erger as ‘n destydse Springbokradio-storie. Bennie sal homself nooit vergewe dat hy nie destyds iets aan die Springbok se heil probeer doen het nie. Dis nou nie die springbok wat rugby speel nie. Nee, hierdie Springbok se lot was veel erger as die lot van die springbokke wat krieket gespeel het. Hierdie Springbok is nou net so verguis soos wat die krieketspringbok polities inkorrek is.
82
Destyds was Bennie ‘n hofverslaggewer toe die Springbok die eerste keer ingebring is. Aangename seun, al was hy toe al taamlik diep in die sop. Springbok wou sy oupa daar op die plot ‘n streep trek en hy steek sy oupa se pyp weg. Oupa, wat al bietjie dik vir die seun se streke was, besluit om die kind ‘n les te leer. Hy reël met ‘n polisievriend dat die Springbok aangekeer, en skrikgemaak word. Maar Springbok het engtevrees. Toe die kaptein in die stad sonder blomme se hoofpolisiekantoor hom onder oë sien, en die kaptein ‘n oomblik sy rug draai, is die vreesbevange seun by die venster uit. Dis op die boonste verdieping, en die polisie deursoek die terrein. Maar die Springbokkie is weg. Skoonveld. Nee. Dis nie die aliens of die annunaki wat hom ontvoer het nie. Hy het ontsnap. Later, toe hy honderde kilometers daarvandaan aangekeer is, blyk dit dat hy nie af is by die polisiekantoor soos die polisie gedink het, maar op, en oor die dak. Anderkant “leen” hy ‘n kar om weg te kom. En die Springbokkie laaik van kleintyd af karre, en hy gebruik sy baie tegniese kennis goed om ‘n kar aan die loop te kry. Toe die kar se petrol opraak, “leen” hy nog een, en toe die petrol opraak, nog een. Want die Springbokkie wil nie steel nie, en kan dus nie petrol koop nie. Hy leen liewer motors sonder die eienaars se medewete. Die polisie neem nie weer kanse met dié glibberige kalantjie nie, en neem hom na die stad sonder blomme se tronk toe. Vir ‘n jong seun met engtevrees is ‘n tronk, en juis daardie
83
tronk wat deesdae nie meer gebruik word nie, iets vreesliks. In ‘n ommesientjie is hy weer daaruit – by ‘n plek waar niemand in die voorafgaande eeu eens gedink het dis moontlik om oor te kom nie. So verwerf hy dus die naam Springbok. Weer gaps hy ‘n rits karre, en weer word hy eers doer wyd aangekeer. Die keer kom hy met voetboeie tot in die hof. Hy word vir elke individulele ontsnapping en motordiefstal gevonnis – g’n niks as ‘n kontinue daad van ‘n clousterfobiese paniek om weg te kom nie. Sommer so met die intrap, wat as grap begin het, eindig vir dié seun in langtermyn-gevangenisstraf. Eintlik die doodstraf, maar dit het die landdros nie toe kon weet nie. Toe het niemand nog van die groot V gehoor nie, al het almal toe, sonder die Jalikommissie, al geweet hoe dit in die tronke gaan. Van die mannetjies en die wyfies. “Die tronk maak ‘n mens sleg,” sê die Springbok met een van sy verskynings vir Bennie. “Vat nou maar daai Bester ou. Wat ‘n goeie mens6, maar ek sien hy word ook nou sleg. Nou die dag sien ek hy rook ook nou dagga.” Dis egter nie die einde nie. ‘n Ruk later skryf die Springbok eksamen saam met ‘n geharde misdadiger – ‘n gewese polisieman
6
wat
in
die
Kalahari
as
kontakpunt
vir
die
Die Goeie Bester het honderde duisende rande se polisbedrog
gepleeg.
84
Standerbende opgetree het. Toe word hy vir iets heeltemal anders gevang. Die Springbok en gewese polisieman maak hulself uit die voete. Met helikopters soek hulle oor die hele koppie in die middel van die stad sonder blomme, en vang die platpoot. Maar die Springbokkie is skoonveld. Eers heelwat later word hy op Jors, ekskuus, George, aangekeer. Weer heelwat motors geleen om daar te kom. Toe’s dit sommer groot moeilikheid. So erg dat hy na die plek sonder water anderkant Donkergat gestuur word. Bennie voel nou nog hy moes iewers gaan praat het – hierdie ding kon so heelemal anders uitgeloop het as ‘n aaneenlopende handeling weens vrees gedrewe, nie as ‘n lot verskillende oortredings beskou is nie. Nie een motor het skade aangehad nie, en niemand behalwe ‘n paar likkewane se ego’s het seergekry nie. Bennie het niks gedoen nie, omdat hy, toe hy uiteindelik die tyd daarvoor kry, nie die Springbok se regte naam kon onthou nie. Bennie slaap soms nou nog, meer as twintig jaar later, nie lekker nie oor dié ene.
Intussen het bitter baie van die polisie in die Vrystaat
kriminele rekords, wat tot moord en verkragting insluit. Aldus die Kommissaris self. Maar die Springbok is lank nie al een wat die wind van voor gekry het nie. Die Romeine het van die vroeë vlugtelinge
85
lewende fakkels gemaak. Die inkwisisie het self maar rof aangegaan met die mense wat hulle as ketters beskou is. Die Spanjaarde het plek-plek maar rof met die heidense Asteke en Inkas aangegaan, maar lank nie so rof soos wat die Asteke en Tolteke met ander Indiane aangegaan het nie. Oom Anneries se bitterheid is dus nie sommer so uit die lug gegryp nie. ‘n Ver pad van die man wat in ‘n stadium predikant van die Groot Kerk wou word. ‘n Sweer diep binne wat al groter en groter groei, so lank as wat die sonpredikant nie sê hy is jammer oor wat hy aan die magtelose seuns gedoen het nie. En solank die Groot Kerk ook bly anderpad toe kyk oor hierdie een. Amper soos ou Jorsie se kleintydse omstandighede wat ook eintlik maar nie te waffers was nie. Kinders wat met letsels die lewe ingaan wat hulle nie kan verwerk nie. Blote genade as hulle die letsels darem so kan verwerk, dat hul kinders sonder daardie littekens die lewe kan ingaan. Almal moet gelouter word, in die geloof taai gemaak word, maar vir sommiges word daardie omstandighede te erg. Dis dan wanneer die priesters uit die Kalahari toeslaan, en ekstreme sekuriteit bied. Dis dan wanneer hulle ook enigiets wysgemaak kan word, en hulle op hul beurt hierdie twak verder gaan verkoop. ‘n Mens sou reken die mense sou sulke twak nie sluk nie, maar tog vind die tolbos se saadjies plek-plek vrugbare teelaarde. Uiteindelik beland hulle met hul jisse onvermydelik in die tronk, en ander voel weer vir hulle jammer.
86
Soos toe die hamburgerverkoper aangekeer is, toe word op die boeremark oor die luidsprekers steun aan hom toegesê. Die boodskap het net halfpad gekom voor dit gedoof is, maar dis halfpad uit. ‘n Goeie begryper het ook net ‘n halwe sin nodig, en Bennie is nie baie stupid nie. Al kan Bennie nie verstaan hoe dit kan wees dat die ou Chinese lank voor oorle Batholomias om die Kaap is, ‘n kaart van die Suidpunt van Afrika kon teken nie – dit kan Bennie nog verstaan – maar ‘n groot binnelandse see in die huidige Kalahari kon teken? Daar was eers ‘n groot binnelandse see waar Botswana vandag is, maar dis so ver Bennie weet al donkiejare voor die Chinese kon skepe bou daarmee heen toe die Zambezi daar by die Victoria-watervalle deurgebreek en ‘n koers see toe gekry het. Bennie verstaan ook nie mooi hoe ‘n stad soos die stad wat vandag as die Zimbabwe-ruïnes bekend staan, ‘n duisend jaar gelede so uit die niet tot stand kom kom nie. Waar het die mense destyds voorbeelde van sulke bouwerk gesien? Het dit dalk iets te make met die misterieuse terasse en kanale deur tonnels, wat lyk of mense uit die ooste eens daar rys geplant het? Die voorouers van Madagaskar het tog immers van die veraf Indonisië gekom, en juis so kuslangs kanale gebou. Bennie kan nogal verstaan as mense so liggelowig raak. Vat nou maar hoe sinies hulle moet raak as die regering sê die boere se grond sal nie afgevat word nie, maar Mugabe wat dit wel doen, bly die regering se dikke pêl. Dit terwyl die regering juis sulke vreemdsoortige pêlle soos Ghadafi, Castro en Saddam het.
87
Nee, dis nie omdat hulle dink dat daar iemand weggeraak het dat hulle nou die dag sensus gehou het nie. Met dalk meer as agt miljoen onwettige immigrante, heelparty vigsdraend in die land, is ‘n miljoentjie hierdie of daardie kant toe nou nie eintlik ‘n ernstige saak nie. Dis eintlik die volgende jaar met die landbousensus dat Bennie ervaar hoé groot die vertrouensgaping tussen die boere en die regring geword het. Bennie het groot respek vir die verantwoordelikheidsin van ‘n regter. Dit kan nie maklik wees om sommer so te besluit hierdie ou moet loop swaai, en dan die aand nog rustig te eet en te slaap nie. Behalwe natuurlik hier en daar ‘n regter wat nie veel probleme daarmee sal hê nie. By geleentheid moet ‘n advokaat ‘n regter, wat pas die sluiertjie oor ‘n kalant getrek het, in die gang inhardloop waar die regter aanstap, lustig ‘n vrolike deuntjie aan’t fluite. Die advokaat wil namens sy kliënt appél aanteken. Die regter is ongeërg, en weier die aansoek toe dit dien. Die appélhof gee toestemming vir appél, en die doodstraf word weens die versagtende omstandighede in vyf jaar tjoekiesit verander. Die Springbok moes vir sy poets baie langer sit. Maar oor die algemeen is regters mense wat hul taak en verantwoordelikheid baie ernstig opneem. Dus toe Minnie en haar man met die skelm pastoor van die Platbergsesekte by die see deurmekaar raak, en dinge toe suur raak, raak dinge ingewikkeld. Sy gaan terug binneland toe met
88
haar string kinnertjies, en sluit by haar ouers se kerk aan – die Rare Regse Fiksie. Nou is dit ‘n stryd om toesig oor die kinders. Minnie wil nie die kinders aan die skelm pastoor se kommune uitlewer nie, en watter regter sal voorkeur gee aan ‘n ma wat by die Rare Regse Fiksie is? Die regter wat dié een gaan uitpluis, gaan meer as die wysheid van Salomo nodig hê.
8. Van pêre en persvryheid Het iemand gesê persvryheid in Suid-Afrika word deur politieke korrektheid bepaal? Die amper vergete woorde? Dan moet iemand nou ‘n koerant in die stad sonder blomme probeer uitgee, en hy sal gou sien politieke korrektheid is wel ‘n probleem, maar ‘n vulletjie teen
die Mag van die
Adverteerder. “What do I know about the stomache of a horse?” het die Engelsman destyds gekla toe hy die Afrikaansvaardigheidseksamen vir sy staatsdienspos afgelê het, en maar bitter mismoedig terug by die werk gekom het. Toe sy kollegas wat meer van Afrikaans uitgemaak het, na die vraestel kyk, sien hulle die vraag is nie om ‘n opstel oor die “maag van die perd” te skryf nie, maar van die “Mag van die pers.” Die stad sonder blomme weet net so min van die mag van die pers as die Engelsman oor die maag van ‘n perd.
89
Dis nou veral as ‘n mens die regering se nasionale uitsaaier heel taalonkundig onder “pers” gaan indeel. By hierdie lotjie gaan dit uitsluitlik oor politieke korrektheid. By die pers self gaan dit oor die Mag van die Adverteerder. Laat ‘n adverteerder se skelmpie nou net skeeftrap en jy probeer daaroor berig. Kyk net wat gebeur. Of dat ‘n sleutelou in die transformasieproses van ‘n ander adverteerder skelmstreke uithaal. Kyk of jy dit gepuliseer kan kry. Nie in die stad sonder blomme nie. In ‘n klein stadjie soos die stad sonder blomme ken omtrent almal vir almal, en omtrent almal ken ‘n adverteerder, of is nog familie van hom, of sy skelmpie. Dit maak die ruimte vir ondersoekende joernalistiek so eng soos in Indiaanse kano. Eintlik is die stad sonder rose net ‘n gehuggie. Almal ken almal, behalwe hul onmiddelike bure. Veel erger as oom Anneries se wêreld wat hy reken in geheel maar ‘n gehuggie is soos moderne kommunikasiemiddele dinge vir die ouens wat bomme wil plant, maklik maak. Propaganda van die daad. Nou terreur in Donkergat, en oor vyf minute op die TV skerm in Santiago. Maar aan die rare regses se gekla steur die pers hulle nie altyd te veel nie. So dwaal die Herder wat die Bybelse dagstukkies skryf vir die stad sonder blomme se Groot Koerant deur te skryf van swart mense. Hoé kan iemand nou sulke twak in ‘n koerant skryf. Modderwesens wat mense is?
90
Die omie is so regs dat hy eintlik twee regterhande het, het sy seun eendag verskonend gesê. Nou is hy op die oorlogspad dat
die
Herder
nou
die
christelike
geloof
met
sulke
onverantwoordelikhede kan besoedel. Die omie reken hy het ‘n vreeslike goeie saak om die Herder na die waarheid te lei. So ‘n goeie saak dat hy dertig bladsye
volskryf
van
bewyse
uit
die
geskrifte
dat
die
modderwesens g’n niks mense is nie. Dié word vir die Herder gegestuur. Maar steur die Herder hom aan die oom met die twee regterhande? Nee, die herder dwaal steeds. Die modderwesens bly mense. Dit laat Bennie weer aan Oom Anneries en die ander se haakplekke met Paulus dink. Dit was ook nie die eerste keer dat Bennie gehoor het daar was glo fout met Paulus nie. As reakteur van die Klein Koerantjie laat roep hulle eendag vir Bennie na ontvangs toe. Daar wag ‘n gas. Dié gas blyk toe Fielies die gewese boemelaar te wees. Net daar annekseer hy vir Bennie, en haal uit die Grieks aan om te bewys dat Paulus eintlik nie ‘n apostel was nie. Bennie het net met ‘n halwe oor geluister – enersyds omdat hy werk gehad het om te doen, en andersyds omdat hierdie soort gesprekke nie eintlik sy lyn is nie. Al vertel Fielies hom nou ook ‘n honderd keer dat hy, Bennie, nie te stupid is nie, en in hierdie dinge behoort belang te stel.
91
Destyds het Bennie in elk geval aanvaar dat Fielies se sienings maar net sy eie is, en in isolasie staan. Dat dié sienings iets te make het met die feit dat Fielies die kluts so kwytgeraak het en ‘n boemelaar geword het. Al was Bennie nogal verbaas hoe glad Fielies oor die Grieks en dinge kon praat. Maar dan – Bennie het geweet Fielies was eers ‘n amperse professor by die universiteit voordat hy ‘n outie geword het. En, het Bennie agtergekom, die doel van die besoek was eintlik om gratis advertensies vir sy banjo-klasse te probeer kry. Dat Fielies ‘n kansvatter is het Bennie lankal gehoor. Eintlik het Fielies se vervreemde kinders ook al so in ‘n brief in die Groot Koerant geskryf, en groot vraagtekens oor hul pa en ma se bekering geplaas. Net so was Knyp Tang ook nie al een by wie Bennie van die Illuminatie gehoor het nie. Nee, op Bennie se vloer by die Frustrasie was ‘n Ou Toppie wat self oortuig was die modderwesens is nie mense nie. Maar hy was aanvanklik nog in die Groot Kerk. Die Ou Toppie
het op ‘n feitlik daaglikse
grondslag ‘n slagoffer in die hande gekry, en hom of haar die heel dag lank onderrig in die aanslag van die Illuminatie. Ook baie haak-en-takke met die nuwe Bybelvertaling, en veral Paulus. Arme Paulus, dat hy nou nie as ‘n Jood sonder bedrog beskou kon word nie. Maar die Ou Toppie was nie kwaad vir die Jode nie soos wat hy vir die Amerikaners en die DBV was nie. Vir die DBV was hy kwaad omdat sy bure hom gerapporteer het oor hy sy honde so wreed slaan.
92
Sy woede vir die Yanks was ingewikkelder. Hul rol in die Illuminatie was volgens die Ou Toppie groter as wat Knyp Tang dit gesien het. Volgens die Ou Toppie was die Amerikaners baie groter vuilgoed as wat Osama, Ghaddafi, Mugabe en Saddam ooit saam sou kon hoop om te wees. Bennie verstaan nog nie veel van die Illimunatie nie, daarvoor is hy te half stupid. Die Ou Toppie se beskrywing van die Yanks strook ook nie met Bennie se persepsie van die Real American Hero, die gesinsman soos Dennis the Menace se pa nie, en ook nie met Bennie se ander verwysingsraamwerk van Yanks nie – Magnum PI, McGiver en Colombo nie. Wat Bennie wel weet uit sy dae by die geheimsinnige diens was dat ons eie McGiver ‘n sensiteringsplan van Grondboontjieman Cartoon oopgekrap het. Ook wie in Suid-Afrika spesifiek hiermee geteiken is. Ook dat omtrent al hierdie mense nou belangrike poste beklee. Uit die lêplek van die Leeu van Wes-Transvaal piep klein Peens met sy Epolstemmetjie. By die groot platberg staan Mapstieks oor die land en skuinskyk. Meyhol het intussen nie weer refills gekoop vir die penne wat hy by die Groot Indaba so leeggeteken het nie. Hy kry hulle nou sommer daar in Sri Lanka – by die Indo-Germane. Bennie verstaan nie baie hiervan nie, maar dat die Illuminatie iets hiermee te make het, dit kan hy darem nie dink nie.
9. Die tegnokrasie
93
Daar was ‘n tyd, lank gelede, wat Bennie nogal gedink het die land kan effektief deur ‘n tegnokrasie regeer word. Dan kon almal so soort van tevrede wees hulle word nie deur die een of ander ras regeeer nie, maar wel deur die beste mense. Dit was lank gelede. Neem nou maar daai groot-vir-haar-skoene meisie van Maties wat in die koerant so in Dampies Roodt se karakter inklim, en hoe sy sommer namens die jongmense praat. Dit terwyl die Vredesfront die studenteraadsverkiesing by ‘n ander HAU wen. En die Vredesfront het dit juis nie erg teë op Dampies nie. Eintlik kon die koerant haar seker teen haarself beskerm het. As dame sou sy sekerlik darem nie ge-Jan-Jan word oor wat sy kwytgeraak het nie, maar as sy eendag, as sy grootgeword het, weer lees wat sy in haar jeugdige onbesonnenheid kwytgeraak het, gaan sy darem tog baie skaam kry. Bennie het oor die jare ook ontdek dat hy g’n so alles geweet het destyds toe hy nog so die onderskeidings met sy honneurs in Politieke Wetenskap ingeryg het nie. Dan, en veral dan, leer ‘n mens nog. Vat nou maar die dosent wat in sy doktersgraad gaan skryf het van die Christelike beleid van Apartheid versus die humanistiese beleid van gelykstelling. Dat die modderwesens nie Christene is nie, en daarom beskawingsvreemd. Die halwe modderwesens is darem nie beskawingsvreemd nie, hulle is net beskawingsonmondig. En weë die arme student wat anders sou dink. Nee, dit wat hy in sy
94
doktorsgraad geskryf het, is mos Christelik en daarom die onveranderbare evangelie. Die beskawingsonmondigheid laat Bennie dink aan ‘n mededeling van die stadsklerk van Tweeklippen. Hy en sy vriende het eendag in die hotel se kroeg gekuier, toe een vir Paul buite sien. Paul het van sy nabygeleë Griekwadorp gekom en by die hotel se buiteverbruik aangedoen. En al was sulke dinge destyds in die ou-ou Suid-Afrika heel onwettig, word Paul ingeneem na die kroeg. Dit was in die dae voor party hotelle nog internasionaal geword het. Daar in die kroeg word Paul ‘n paar doppe ingejaag, en gou is hy net so slim soos hulle. Dis toe dat hulle Paul oortuig dat die bruinmense nog iets beteken het toe hulle deur die witmense gemaak is. Noudat die bruinmense dié joppie self oorgeneem het, sonder kloning, nou lol dit. Paul het dié insident onthou, al wou hy dit nie onthou nie. Met hierdie meerdere kennis toegerus is die studente as landmynvoer grens toe, om vir hierdie christelike waarheid te gaan sterf. Die dosent is nie grens toe nie. Hy is parlement toe. Nee, nie in die Groot Kokkedoor se dampkring nie. Hy het dit ver gebring in die NNP, selfs na die 1994’e nuwe Suid-Afrika. Drie pensioene kry hy nou by die modderwesens., van al die hoë politieke poste wat hy in die ou en die nuwe Suid-Afrika beklee het. Dit terwyl Bennie eintlik maar al sy toesprake geskryf en sy bydraes vir die Presidentsraad en ander instellings geskryf het.
95
Die versoeking om aan ‘n tegnokrasie te glo, is daarom nog daar, maar die entoesiasme nie. Die jare diens in die Provinsiale Frustrasie, regeer deur werkstudiemense, het hom daarvan genees. As omtrent negentig persent van die begroting ingesluk word sodat die Frustrasie homself kan onderhou. Die res is vir die werk waarvoor die Frustrasie eintlik daar is – om hospitale en gesondheidsdientse te lewer, paaie te bou, Maatskaplike dienste te lewer en oumens pensioene te betaal, behuising en al sulke onbelangrike funksies. Waar dit ses weke neem om op ‘n dringende brief te reageer omdat die amptenaar nie sy eie tikwerk mag doen nie, en die handgeskrewe briewe met die bodediens, of liewer, dodediens na regsitrasie toe moes gaan, van daar tikpoel toe, dan terug na die amptenaar, dan weer terug na die tikpoel via Timboektoe om die tikfoute reg te maak, dan terug na die amptenaar, dan terug na die tikpoel om die nuwe tikfoute te laat regmaak toe die oue oorgetik is, en so aan tot Bennie uit frustrasie die foute met die hand regmaak en die brief so pos. Nadat hy al twee aanmanings gekry het. “Die probleem,” sê Bennie, “is dat die Frustrasie nie die verskil tussen bestuur en administrasie raaksien nie.” Dit kom Werkstudie en Opleiding ter ore. “Maar natuurlik is dit dieselfde,” raas hulle. Bennie is stomgeslaan. As administrasie en bestuur dieselfde
is,
dan
het
‘n
administratuiewe
96
klerk
by
die
Hooggeregshof meer bestuursfunksies as die regters. G’n wonder daar was so ‘n gemors toe Suspisie hul administratiewe been kry, en ‘n Frustrasie-werkstudieoutjie word die hoof daarvan in Bennie se provinsie nie. As die administratiewe mense nie die administrasie wil doen nie, en die vakkundiges moet as deel van hul bestuurswerk self die administrasie doen, gaan die hofrolle tot in Timboektoe rek. Hallo, 90 persent vir selfinstandhouding. Of soos ‘n Engelse koerant veelbetekenend geskryf het: “There is sumthing rounge with our quarts.” “Kyk
hier,”
lees
Bennie
uit
‘n
dik
boek
vir
die
werkstudiemense tydens ‘n kopestampsessie voor. Hier staan: “’n Besigheid waar die bestuur hulle met administratiewe take ophou, gaan nêrens heen nie.” “Dis Amerikaanse stront daai!” raas die voorsitter van die werkstudiekomitee. O ja, Bennie het vergeet, die Ou Toppie wat dit so teë het op die Amerikaners weens hul rol in die Illuminati is ook ‘n werkstudiebeampte. Hoe kan Bennie nou so ‘n proAmerikaanse ding in hierdie geselskap kom voorhou? Hoe het genl. Sun Tsu duisende jare gelede gesê?: “As jy ooit ‘n volk wil oorwin, leer hom net lees en skryf, en hy administreer homself dood.” Dus is daar seker iets te sê vir die slagspreuk: “First liberation, then education.”
97
Want dink nou net waffer hengse papieroorlog sou dit afgee as altwee partye in die stryd om Suid-Afrika in so ‘n burokrasie vasgevang was. Daar is bepaalde voordele aan ‘n Struggle-boekhouding bo die Frustrasie se burokrasie, al stem die Dene nou ook nie saam nie.
10. Uit die mond van die suipeling “Koes boois, dit reën wasmasjiene!” Wakker Stefaans is vandag weer op sy stukke. “Ek hoop dis LG’s! My vrou wil al skei omdat ek haar al so lankal een beloof het, en nie daarby uitkom nie.” Dit raas soos dit maar in ‘n kroeg gaan as die manne so streep-streep van die werk af inkom. Bietjie by die kuipe aandoen oppad huis toe, maar dan heeltemal vasval. Dis net die reps wat nie haas het nie. Hul huise is ver, en hulle word nie vanaand tuis verwag nie. “Die beste plek om besigheid te doen, is in die kroeg,” is hul slagspreuk. “Dis wetenskaplik bewys dat ‘n man se weerstand daar die laagste is. Dan kan jy gou ‘n deal slaan.” ‘n Man moet darem genoegsaam op sy voete kan dink, eerder as slinger, om effektief te kan besigheid doen. Bennie het navorsing vir ‘n artikel kom doen, hier by Halfweghuis se kroeg. Bomme het in die land ontplof, en Bennie wil weet hoe die manne in hul harte oor dié dinge voel. Die siel, of gebrek aan siel, van die modderwesens is onder skoot.
98
“Hulle is afstammelinge van die slang. Hulle dra die gene van die Satan self. Daarom kan hulle nie bekeer word nie,” sê Jorsie se maat wat ook kom aandoen het. “Dis seker dié dat hulle so graag die sendelinge in die pot gestop het!” “Netso! Barbare.” Bennie het onlangs gelees die stories oor die baie mensvretery was maar erg aangedik. Twakstories, oor die algemeen. Maar die Halfweghuis se kroeg is ‘n plek waar ‘n toe bek baie keer ‘n heel bek beteken. Feite moet darem nou nie te erg kon inmeng en goeie stories bederf nie. As daar nou ‘n ding is waarin Bennie ‘n wrewel het, is dit die verwysing na omgekeerde rassisme. Of omgekeerde diskriminasie. “Rassisme is rassisme, en diskriminasie is diskriminasie – maak nie saak van watter kant af dit kom nie. ‘n Mens is eintlik baie paternalisties om van omgekeerde rassisme en diskriminasie te praat.” Bennie het nog nie genoeg dop in dat hy wegskram van hierdie hoë intellektuele veld nie. “Gaan vertel dit vir daai wit vroutjie daar in die noorde wat sê rassisme is net iets wat deur wit teen swart gepleeg kan word! Sy sê sy weet blankes wil dit nie weet nie, maar dis waar!” “Laat my dink aan die twee Prog-tannies wat in die ou Suid-Afrika so oral heen gery het om vir die swart mense te gaan vertel hoe teen hulle gediskrimineer word. Hulself die Black
99
Shash genoem. Asof hulle glo die swart mense kan so iets nie self agterkom nie. Regte paternaliste!” “Negrofiliste, sou ek sê.” “Ek het so baiekeer gewens hulle wil hulle vasloop in ‘n boendoehof. Ek dink nie hulle sou na so ‘n ondervinding nog so vreeslik dieselfde voel nie.” “Maar hoekom sal mense nou die swart mense so erg haat dat hulle sommer op straat skiet, of bomme maak om hulle op te blaas?” van Bennie, wat stof vir sy artikel soek. “Weet julle hoe dit voel om twee dae lank in die veld rond te loop en stukkies van jou broer en sy gesin te loop soek en optel? In die warm son, met die aasvoëls wat kromnek met lus-oë uit die bosveldbome vir jou sit en kyk. Wat net wag dat jy kan skoert en hulle kan toesak op die stukkies vleis wat jy nie kon sien nie?” Danie se broer se storie was ‘n jaar of wat groot nuus. Die gesin was na kerk oppad terug na hul plaas toe, toe hulle ‘n landmyn in die plaaspad aftrap. Danie was buite homself. Hy was sedertdien nog nie weer dieselfde nie. Uit die kerkraad bedank ook. Wil nie meer nagmaal vier nie – sy gesindheid teenoor sy medemens is nou nie soos die Bybel voorskryf nie. Trouens, hy is glad nie meer so lekker met die Groot Kerk nie. “Dis vandat die Groot Kerk met die samelewing deurmekaar is, dat dinge nou vir my begin benoud raak. Niks het meer brieke nie,” verduidelik Danie.
100
Bennie se amper splinternuwe bakkie is een slag sonder sy toestemming na Lesotho uitgevoer. Hy was toe ook pas tot ouderling verkies, en het toe ook nie so lekker oor die ding gevoel nie. Of die slag toe hy by die huis kom nadat inbrekers daardeur is. Hy het vuurwapen in die hand onder die beddens gaan inloer en gehoop hy het hulle op die nes betrap. Agterna was hy bly hy het nie. As ‘n man so kwaad is, het jy nie brieke nie. Die Groot Kerk en sy dinge met die samelewing is nog nie uitgepraat nie. “Ja, dinge is nie meer soos wat dit was nie. ‘n Paar jaar gelede het ‘n Windhoekse Bybelstudiegroep bevind dat swartes nie mense is nie, en dis in die Groot Kerk se Voorbode gepubliseer.” “Genuine?” “Wonder wat sal die Groot Kerk en die Namibiese regering vandag van so ‘n artikel sê?” “Wat kan hulle sê? Bewyse is bewyse!” Al is die manne half gekletter is hulle darem nog politiek-korrekgenoeg ongesuip om dié opmerking te ignoreer. Later die aand sal dit seker ‘n ander storie wees. “Soos Koos Meyer glo in sy studentedae gesê het: ‘En Nebukadneser vreet gras wie een beest van de veld en gaf een emmer melk.”
101
“Seker met die nasate van Kus deurmekaar geraak.” “Ja, ons probeer om hulle beskaafd te maak, maar dit bly maar wreed. Kyk net hoeveel mense word elke jaar in Suid-Afrika verkrag. Kinders en babas ook.” Wyfies in die tronke ook, soos voor die Jollie-kommissie getuig is, dink Bennie. “Die stupids glo hulle kan van vigs genees word as hulle ‘n maagd verkrag. En selfs nou nog is die kanse redelik dat ‘n baba darem nog ‘n maagd sal wees.” “En ons probeer hulle bekeer!” sê Hannes wat al erg slinger as hy van die kroegtoonbank na die deur toe begin aanstaltes maak. Hy moet eers met die oorloop gaan klaarspeel. “Pêrels voor die swyne werp!” “Swyne van Cedara,” kan een ‘n stukkie buite konteks van die Bybel onthou. En vervolg dan: “Versuip hulle in die see, verdelg hulle van die aangesig van die aarde af.” Bennie dink – die swart mense word darem nie veel prestasies uit die verlede gegun nie. Die argeloë het jare lank kop gekrap oor wie nou eintlik die ou Zimbabwe gebou het. Al die bewyse, soos die uitlegte van die kraal, was daar dat dit swart mense sou wees. Maar swart mense sulke bouwerke aanpak? Aikôna. Selfs die ou Kinderensiklopedie verwys na ‘n teorie van die een of ander vrou wat meen dat dit ‘n blanke volk uit die Andes was wat hiervoor verantwoordelik was. Dieselfde ensiklopedie sê dit is teoreties onmoontlik om eendag ‘n reis na die maan te
102
onderneem. Die brandstof wat nodig sou wees vir so ‘n reis sou te swaar wees om uit die aarde se swaartekrag, en sou ‘n mens dit tog regkry, hoe briek ‘n mens nou weer so ‘n gevaarte as hy by die maan aankom? Dan moet daar nog teruggekom word ook. Maar die blanke volk uit die Andes sou nogal baie dinge verklaar ook. Die Inkas se boustyl sonder messelgoed kom nogal baie ooreen met die bouwerk in Zimbabwe. Probeer maar ‘n mes tussen twee gekapte stene indruk. Dan verstaan ‘n mens ook hoekom die laaste Asteekse Keiser ligter was as sy volksgenote, en ‘n effense baard gehad het. “Maar hoe sou ‘n blanke volk in die eerste plek in die Andes gekom het,” wil Bennie by oom Anneries weet. “Jy weet darem ook maar niks!” Bennie verwag ‘n uitleg van vlieënde pierings en so aan, maar Oom Anneries is vandag meer konvensioneel-wetenskaplik. “Die Kaukasiese mense was vroeër baie meer verspreid as wat hulle later jare was. Hoe dink jy, waar het die geïsoleerde groepie Anoe in Japan beland? Hulle was voor die Japannese daar. En Japan is nie ver van die Beringstraat af nie, waar die mense met die ystyd oor is.” Bennie onthou vaagweg dat daar mites oor ‘n wit volk in die Andes-omgewing was. Daar is vreeslik na dié verlore wit stam gesoek, maar niks is gekry nie. Tot diep in die Amasone, waar die mitologie voortleef.
103
Ja, nee, want om beskawings soos dié van die Inkas, Asteke, Tolteke, die Mayas en hul voorgangers te kon bou, moes daar eers iewers ‘n Ariese hand in die prentjie gekom het. “Kyk net hoe primitief is die Indiane wat nog nie met blankes in aanraking was nie,” sê oom Anneries. Bennie wil iets sê van Indiane wat wel met blankes in aanraking gewees, maar nie gehou van wat hulle ervaar het nie. Mense wat hul eie mense in tronke sit, die woude afkap, en die atmosfeer besoedel. Dié dat die primitiewe Indiane maar klou aan dit wat nog altyd vir hulle gewerk het. Intussen ontvang Bennie nog steeds onderrig by Jorsie se vriend Connie. Die groot trek van die tien verlore stamme van Israel na Wes-Europa het weer die onderwerp van bespreking geword. “Jy vra hoe dit moontlik is dat die verlore stamme van Israel so heelhuids in Wes-Europa aangekom het? Ken jy nie jou Bybel nie?” Bennie dink vinnig, maar kan nie ‘n stuk in die Bybel onthou dat die Israeliete na die verre lande in die Weste sou trek nie. “As God die Israeliete droogvoets deur die Dooie See kon laat trek, is die trek Wes-Europa toe kinderspeletjies,” vervat Jorsie se maat die storie. “Rietsee,” help Bennie vir Connie reg. “Nee man, ek bedoel die Rooi See.”
104
“Rietsee,” dring Bennie daarop aan. “Dis julle wat so aanhou dat die Bybel oral verkeerd vertaal is. By die trekkery deur die Rooi See is dit regtig verkeerd vertaal, dit moet die Rietsee wees.” “Nou al was die trekkery deur die see nou ook nie so ‘n vreeslike kuns nie,” maak Jorsie se maat sy eie afleiding, “het Jasua hulle tog 40 jaar deur die woestyn gelei. Kyk net hoe is daar vir hulle met die manna gesorg. Dan kan jy dink hoe maklik sou die trek Wes-Europa toe gewees het.” “Vat nou maar vir Jona. Ons weet ‘n mens sou lankal verteer gewees het as hy so lank in ‘n vis se maag gesit het. Maar hy het niks oorgekom nie. Hy is naby Ninnevé uitgespoeg.” “Eintlik was daai vis ‘n alien ruimteskip wat as duikboot gemodify was,”
het een van oom Anneries se aanhangers
eendag op die internet geskryf. “Want Joppe waar hy op die skip geklim het – dis nou nie die aliens se skip nie, is aan die Middellandse see. Hy moes om die Kaap kom om naby Ninnevé uitgespoeg te word.” Bennie sê egter niks hiervan vir Jorsie se maat nie. Hy wil nie in ‘n argument betrokke raak oor iets waaroor hy self maar langtand voel nie. Bennie se maat, Matie, is lektor in Fisika en grootbaas van ‘n sterrewag. Hy glo nie in dié ding van aliens wat besoek bring, en onder die mense woon nie. Hy praat van afstand, snelheid en die massa wat oneindig raak terwyl die tyd ook loop stilstaan of so iets. Bennie is maar half stupid. Maar dié ding oor die duikboot. Is nie dalk ‘n verband tussen Jona se trip en die nuwe regering se beheptheid om duikbote te koop nie. Behalwe om met die goed in mekaar vas te
105
ry, gaan daar nie eintlik werk vir duikbote wees nie. Nie waarvan die gewone mense weet nie. Maar die Minister van Gesondheid sê glo die duikbote is nodig om die land teen lande soos die VSA te verdedig. Dis belangriker as om teen-vigsmiddels vir die land se miljoene besmettes te koop. Die minister reken volgens die Ingilse liegbek-koerant dis regtig moontlik dat die VSA Suid-Afrika kan aanval. “Kyk net hoe lief is die VSA om die humanis Saddam aan te val.” “Ja, die nuwe regering neig vreeslik om pêlle te maak met mense waarop die VSA dit half teë het – mense soos Ghaddaffi, Mugabe, Castro en Saddam. G’n wonder die lotjie beginne die jitters kry of die VSA nie dalk so oppad na die Golf dalk gou die lotjie hier sal kom opfieks nie.” Dié keer het Bennie nog half meer begrip vir wat oom Anneries sê: “Meng jou met die semels, dan vreet die swyne jou!” As die Rare Regse sekte-lot nou nie so gedreig-dreig het om in Bennie se lewe te kom inbars nie, sou hy hom miskien net so min aan hulle, as aan die neo-Nazi’s en hul meelopers soos die Skinheads gesteur het. En dis nie eintlik baie slim om jou nie aan die neo-Nazi’s te steur nie. Hulle dop oral uit – van die VSA waar die Ku Klux Clan nog eenkant bodder, oor Engeland, Duitsland, self die altyd liberale slapgat Swede, Pole en Rusland. Bennie het net vir die interessantheid die woorde “New Nazi’s” op ‘n internet-soekenjin ingetik, en amper ‘n 100 000 trefslae gekry! Dis waaragtig meer as wat jy kry as jy “Osama bin Laden” intik. By Osama kry ‘n mens darem nog ‘n rits “alerts” en ander dreigemente op die koop toe.
106
Daar is egter oorgenoeg mense wat die neo-Nazi’s kop toe vat, sodat Bennie dit nie ook nog hoef te doen nie. Buitendien, streng gesproke is daar nie veel in gemeen tussen die neo-Nazi’s en die Rare Regse Fiksie nie. Die een lot is baie gesteld op godsdiens, en dat hulle ‘n verbondsvolk is, die ander lot voel vir godsdiens min of meer vere, soos baie Europeërs nou maar voel. Die Rare Regses het dit juis so teë op Sabbatsontheiliging, waarmee skynbaar Sondag bedoel word. In die stamlande van die verlore stamme en in Walletjies gaan dit egter nog erger as hier te lande oor wat alles op Sondae gebeur. Hier gaan ‘n taamlike lotjie minstens kerk toe, as daar nie in die garage aan die motorbike gewerk word nie. Of soos Bennie se Engelse buurman wat Sondaemiddae reserveer vir sy houtwerk en elektriese saag. Bennie dink nog aan ‘n geskikte middernagtelike tyd om met sy angle grinder die Engelsman en sy houvrou se lewe te versuur. Bietjie wraak te neem oor die Sondagmiddagslapies wat in die slag bly. Maar soos Hitler van ouds is die nuwe Nazi’s nie juis oor die dinge van die Bybel en so aan gepla nie. Ook nie meer so erg oor Thor en dié klas snare wat darem ‘n streep goddelike Ariese bloed sou weg hê, daar waar hulle in Valhalla bly en hul perde in Tempe. Tempe sonder wapens. Klaar gesteel of gebreek. Maar wat Bennie uit die webtuistes tref, is dat hulle steeds erg met die Jode gepla is. Erger omtrent as Osama, die ajatollah en Saddam en dié manne. Bennie wonder of hulle darem bietjie beter voel oor die Judeërs, die blankes hier in die suidpunt van Afrika. Hulle het dit skynbaar ook taamlik teë op die swart mense.
107
Veral sommiges is ook nie te mal oor die Turke nie, terwyl die Italianers ook plek-plek nie te veel aftrek kry nie. Behalwe die Tiroolse Italianers. Hulle is darem OK. Bennie raak baie omsigtig die Jodehaat met Jorsie se maat op. Hy wil nie weer ‘n preek oor die Edomiete kry nie. “Julle en die Nazi’s haat die Jode. Wat sou maak dat so baie mense die Jode so haat?” “Maar dis mos die mense wat ons Here, vir Jeshua, aan die kruis laat sterf het.” “Maar Jesus het mos weer opgestaan. As hy nie gekruisig is nie, hoe sou hy vir ons sondes ly en sterf. En dit weer uit die dood oorwin?” “Selfs die satan word soms ‘n instrument van Jawêh,” sê Jorsie se maat. Bennie besluit dis beter om van hierdie onderwerp af te klim. Hy dink nie die neo-Nazi’s is veel gepla oor wat 2 000 jaar gelede in Israel gebeur het nie. Ook nie juis oor die Illuminati en dié dinge nie. Hy dink dit het veel meer daarmee te make dat die vroeë kerk verbied het dat Christene vir mekaar rente vra. Toe is daar nie oral soveel onderlinge christelike broederliefde om uit te leen nie, en is geld by die Jode geleen wat niks teë gehad het op die rente-storie nie. Toe moet terugbetaal word, met rente, en baie kon dit nie maak nie. Dan vergeet ‘n man gou hy het self die geld loop leen, en onthou hy baie goed dat die Jode vir Jesus gaan kruisig het. Kyk nou maar net: Watter ou wat in die knyp is, hou van die bankbestuurder? As daar nou ‘n kans sou opduik,
108
hoeveel sal keer as daar beginne word om ses miljoen bankbestuurders in die oond te druk? “Julle en die neo-Nazi’s is ook nie te mal oor die swartmense nie,” sê Bennie. “Addersgeslag!” sis Jorsie se maat. “Nee, ek weet hoe julle voel oor die slang en die Kainsmerk, en van die wilde Ishmael, van Kanaan en Kus. Maar ek dink nie dis hoe die neo-Nazi’s by die swart mense uitgekom het nie.” “Maak nie saak nie, maar Kus was die voorsaat van die swart mense!” “Ek is nie so seker nie. Kus was die seun van Esau, en Esau was harig. Toe hulle ons mense gekeur het wie blank en wie nie-wit is nie, het hulle ook gekyk of ‘n mens lyfhare het. Die wat min gehad het, was nie wit nie. Het jy nou al ooit ‘n baie baie harige swarte gesien? Oom Anneries sê juis die Kaukasiese Anoe was die voorsate van Suid-Amerika se verlore wit stam, en die Anoe is besonder harig. Dis juis wat hulle Kaukasies maak.” Vir een keer is Jorsie se maat bietjie uit die veld geslaan. “Maak nie saak nie, die Bybel sê Kus was die voorouer van die swart mense.” Bennie los die onderwerp. Swart mense het honderde duisende jare voor Kus al bestaan, en iemand met ‘n donkerder
109
gelaatskleur, is nie noodwendig ‘n swarte nie. Vat nou maar vir Jorsie. ‘n Mens gaan hier verstrengel raak in nuanses. Vat nou maar die Rare Regses se betwisting van die man van Ethiopië wat so op die wa gesit en lees het, en gedoop is. Net omdat hy uit Afrika kom, was hy nie noodwendig swart nie. Die skilderye uit die ou Koptiese kerke in Ethipië dui ook eerder dat die mense toe nog taamlik wit was. Augustinus, Hanibal en die Germaanse Vandale het almal in ‘n stadium uit Afrika gekom, en dit het hulle nie swart gemaak nie. Wat Bennie betref, is dit omtrent net so relevant as wat dit belangrik is of dit waar kan wees dat oorle’ Keiser Haille Selassie regtig op die titel: Leeu van Juda, kon aanspraak maak. Salomo en die Koningin van Skeba se dinge dié dat die Ahmaras van die oorle’ Keiser eintlik Jode is. Deesdae Christene, maar dis die herkoms wat tel. Maar as die Boere suiwer Judeërs kan wees, kon oorle’ Haile seker ook ‘n Jood wees. Broers dus. Maar dis eintlik die Rare Regses se regverdiging van hul optrede oor die sedelike verval, wat Bennie nou interesseer. Dis in ‘n sekere sin hoe Bakgat daar in die Kaap ook begin het. Toe Bennie kleintyd in die Kaap was, het die stereotipe geloop dat ‘n gammat eintlik net ‘n ding is wat suip, lelik praat, aan bendes behoort, messteek en vreeslik bang is vir spoke. Niemand het toe aan politiek-inkorrektheid of godsdienstige onverdraagsaamheid gedink nie. Self Liewe Heunis het, toe die nuwe Suid-Afrika al amper van die monteerbaan afgeglip het, nog in sy openingstoespraak van ‘n groot, gemengde kongres vertel van die gammat wat hy oppad na die rugby by Nuweland raakgeloop het.
110
“En soos julle almal weet, as dit Saterdag is, is ‘n gammat en sy bottel nie ver van mekaar nie,” het Liewe Heunis vertel. Soos gebruiklik, het dié storie ook geëidig waar die gammat met sy gladde bek die beste daarvan afgekom het. Niemand het gedink daaraan dat “Gammat” eintlik van die Semitiese uitspraak van “Mohammed” afgelei is nie – Mogammad. En dus juis uit hierdie geledere dat voet neergesit is en Bakgat gestig is wat die bendes so ‘n harde tyd gee. In ‘n ommesientjie is sosaties van ‘n dwelmsmous en die bendeleier gemaak. Omtrent die hele land was opgewonde dat die misdaad wat die bruin mense so verskeur nou ‘n slag in die bek geruk word, maar toe is Bakgat en die polisie aan mekaar. Nou is die bendes taamlik ongesteur, terwyl die polisie en Bakgat
mekaar
uitsorteer.
Bakgat
se
mense
kry
nog
merkwaardige dinge reg, soos om kindertjies by hul eie vroue te maak terwyl hulle in die tronk sit. Uit Bakgat se dampkring kom ook die steun vir Osamahulle. As ‘n man ‘n dop of twee in het, soos hier in die Halfweghuis se kroeg, kan baie landsprobleme opgelos word. Dan hoef ‘n man lank nie iets van ‘n ding af te weet nie om presies te weet hoe om daardie probleem op te los. Of die probleem nou iets is soos hoe die Cheetahs die Curriebeker kan wen, of meer realisties, hoe in ‘n japtrap met Vigs klaargespeel kan word.
111
Die grootste probleem, so het Bennie bemerk, is dat ‘n man die volgende dag nie kan onthou wat die oplossings was nie. Bennie het die antwoord der antwoorde: neem alles net op band op. Die volgende dag moet die Hansardmense in die Wetgewer hulle ‘n slag net handig maak, en iets nuttigs doen soos om daardie gesprekke te tik. ‘n Opsomming van die belangrikste oplossings sal ook baie help. Nou is Bennie met sy bandopnemer in die kroeg. Omdat die besoekers so slim is, het hulle ook van die land se ernstigste probleme onder die loep geneem. “Korrupsie! Dit is ons land se ernstigste probleem,” ontdek die een wyse dit op die krakerige band. “Ja, maar wat verwag jy van die modderwesens?” kom dit van ‘n ander. “Modderwesens se *&^.7 As jy nog nie saam met k@$%^s 8
gewerk het nie, kan ‘n mens nie saampraat nie!”
7
Om die kroeggesprek ongesensureerd te kan lees, moet ‘n mens
bo 18 wees. Andersins moet die gesprek maar ge-vrypostige mikrofoon word. Of soos die TV sou sê, L vir die tale wat ons spreek. 8
Gesensoreer weens die politieke inkorrektheid van die
oorspronklike teks. Of soos die TV dié keer sou sê, P vir die vooroordele. Hier is die ouderdomsperk 21.
112
Hiermee het Bennie nogal na sy ervarings met Peter, en ook sy bybelse ervaring met Ishmael-hulle nogal ernstige begrip. “Jis, kyk nou daar by die werk. Alles wat ek skryf, moet nou skielik in Engels wees.” “Met jou Engels moet dit vir jou, en die ander wat dit moet lees, ‘n helse straf wees.” “Maaind joe, my Engels is baie beter as daai lot wat nou so vreeslik alles in Engels wil hê. Maar wat help dit hulle het 11 amptelike tale ingestel, en jy mag net Engels gebruik?” “Jis, hierdie regering maak my nou sommer so die &^%$ in. Ek het nie eens behoorlik geld vir brood vir die huis nie, en nou wil hulle my plaas belas ook. En ek betaal al juis so ‘n *&^huis vol geld aan die streeksdiensterade.” Bennie ken vir Floorsie. Die grondbelasting gaan die meeste boere hard tref, en seker ‘n groot klomp van hul plase af dryf, maar Floorsie se kinders sit in die duurste skool in die stad se koshuis, en hy koop elke jaar ‘n nuwe Merc. En hy drink net whiskey. “Maar die regering maak wragtag droog dat hulle nie hierdie mal munisipaliteite wat die wet wil voorspring en sommer nou al grondbelasting begin instel, vasvat nie. Sê vir my wragtag my tarief sal afhang van hoe groot hul begrotingstekort is. En hulle het ‘n helse tekort, want hulle mense betaal mos nie, en hulle trek self belaglike salarisse!”
113
“Sit af daai &^%kk^% tape!” “^%& jou!” Bennie het al self ‘n brandewyntjie of twee in, en brandewyn het nie brieke nie. “Wil jy ge&^% raak?” “Jy kan nie eens van die bed af m*&^ nie!” “Die Blou Bulle gaan defnitief die Curriebeker wen!” Dis ‘n rep wat onder die invloed van die bottel vergeet het in watter provinsie hy nou is. “Die Blou Bulle se m*&^!” kom ‘n koor, die tape heeltemal vergete. Die onderwerp wat Bennie so graag wou opneem, ook. Bennie wonder nog hoe hy die gesprek weer in daai rigting kan stuur sonder om die aandag op die tape te trek en sonder om ge$%#der te word. Erger as die Rare Regses se jingo’s. Maar hy is verniet bekommerd. Een wat al die oorloop moes gaan ledig, stap die vertrek in, en vervat, min wetend dat die gesprek intussen ‘n wending of twee geneem het. “My kinders werk nou al almal oorsee. Nie een kon hier werk kry nie. B^&%$mse regstellende aksie!” “Jis, die regering laaik niks van ons boere nie. Terwyl ons met
plaasmoorde
uitgemoor
word,
hou
die
swart
menseregtekommissie nou al sy hoeveelste ondersoek na hoe ons glo die plaaswerkers behandel.”
114
“Die Helen Suzman-stigting het nou die dag nog bevind dat meer as 90 persent van die plaaswerkers reken die verhouding tussen hulle en hul werkgewers is goed, of selfs uitstekend.” “Ja, al meer as 1 200 van ons is vermoor sedert die nuwe regering oorgeneem het. “En dit neem elke jaar toe. Gaan met helse wreedheid gepaard.” “Al meer plaaswerkers word ook aangeval.” Dit was Bennie en daar is ‘n geïrreteerde stilte. “En dan sê kommissaris Sêniksnie nog die boere word g’n so erg uitgemoor nie, dis minder as die ongevalle in sjebeens en in huismoles.” Kaptein Huygerd het sy woord uit, en val dan met sy gesig vooroor in die grondboontjiebak. Uit soos ‘n kers. “Hoe de hel kan hulle plaasaanvalle deur vreemdes met masjiengewere en sulke verskriklike wreedheid met huismoles en sjebeengevegte vergelyk?” Banie Botha is erg onthuts. Sy broer en gesin is op hul plaas vermoor. Die honde gif ingejaag, en die gesin na kerk ingewag. Niks gesteel nie, net verniel en vermoor. “Daar is amper nie meer ‘n boeregesin van wie ‘n familielid nie aangeval is nie, en in die meeste gevalle is minstens een dood,” sis Banie. “In amper al die gevalle is dit aanvalle oor die kleurgrens. Laat ek jou vertel, as dit jou gesin, of selfs net iemand wat jy ken is wat dit oorkom, dan sukkel jy om die spul nie onder een kam te skeer nie.”
115
“Ja, veral as die *&^%s nog so aanhou om Kill the Boer, Kill the farmer te dreunsing. By die massas.” “Ek sê jou hulle is diere man,” kom dit uit die groep in die kroeg. “Ek hoor nou die dag hulle het ontdek swart mense het ivoor in hul gebeentes. Ons weet almal net diere het ivoor in hul bene.” Bennie het dié een ook al gehoor en kon nog nêrens vasstel of dit wel so is dat swart mense wel ivoor in hul bene het, en of dit net diere is wat ivoor het nie. Dalk het reptielagtige aliens. “Modderwesens, dis wat hulle is! Wreed en barbaars!” “Ja, heeltemal beskawingsvreemd.” Jy kan darem nou ook nie vir ‘n klomp studente soos ‘n pappegaai vir die christelike waarheid wil leer die swart mense is beskawingsvreemd, en dan ook nie verwag dat iemand kort voor lank die kloutjie by die oor gaan bring dat dit is omdat hulle geneties eintlik diere is nie. “Addergeslag, tot die tiende geslag toe.” “Het daai tiende geslag nie net betrekking op ‘n baster nie?” wil ‘n verdwaalde stem uit die hoek hoor. “’n Modderwese is ‘n modderwese,” kry hy die snedige antwoord.
116
“Dis maar eintlik omdat hulle al so lank oor die hele wêreld die skuld vir alles wat verkeerd gaan op die blankes se skouers pak. Die *&^%se edel barbaar kan mos niks self verkeerd doen nie. Wat nie slawerny se skuld is nie, is kolonialisme se skuld. As dit nie dit is nie, is dit apartheid. As daar nie apartheid was nie, dan is dit algemene uitbuiting. Die blankes raak nou lelik gatvol om altyd die vrot appel te wees.” Ja, die blankes word nou gatvoll!” Dis amper soos ‘n koor. “Dis dan wanner mense soos Asdolf Hitler besluit genoeg is genoeg, die wittes is nie so sleg nie. Dan gaan die spulletjie bietjie oorboord, en ‘n ou soos Timmothy McVeeg loop blaas geboue op.” “Ek moet die landbousensus aan die boere verkoop. Maar wat sê die boere vir my? – Die regering wil die besonderhede net hê om te weet hoeveel van ons grond kan hulle afvat en vir die swartes gee. As ek sê, issie, daai inligting het die regering op hoeveel ander plekke, dan sê hulle net kyk hoe naais is die regering met Mugabe.” Dawie kla nou al ‘n ruk hieroor. “Help ook nie ek sê maar die regering hét al vir Mugabe oor die vingers getik nie, net die volgende dag sal ‘n minister of twee weer sê hoe oulik Mugabe eintlik is.” “Ja, nou gaan hulle vrek van die honger.”
117
“Daai ding van die een wat so sê en die ander sê sus, is baie tipes van die kultuur,” sê Prof. Prof was ‘n volkekundige tot dit polities inkorrek geword het. Nou is hy ‘n antropoloog. “Dit word van die stamkaptein verwag om as hy so in die aand van die een vuurtjie na die ander in sy kraal loop, vir elkeen te sê wat daai familie wil hoor. Dis goeie kapteinskap.” Seker dié dat die regering nou so die m^%r in is vir die swart menseregtekommissie, wat waragtig kan loop bevind het die regering het na nege jaar aan bewind die toets heeltemal gedop. Die armes is armer. Die waarheid maak seer!” “Ek het ook ‘n wit baas gehad wat nooit wou toelaat dat ‘n mens dit wat verkeerd gaan vir bestuur in ‘n verslag skryf nie. Dan dink die fools alles is honkiedôrie tot hulle daarin trap. Ek noem dit gatkruip.” Mossie is maar gou op sy perdjie partykeer. Prof vervat half ongestoord: “Die kultuur maak egter nie voorsiening vir hoe ander kulture dit ervaar, en natuurlik die rol van die moderne media nie. Nou kom die boodskap ook uit by die mense vir wie se ore dit nie bedoel is nie. Word die vure daar doodgeslaan, hoor ander weer die teenoorgestelde van wat oorspronklik vir hulle gesê is. Dié dat daar maar 'n gedurige loerdery is na maniere om die media te beheer." Bennie dink dis darem nie net die swart mense wat hierdie tipe moeilikheid het met die media nie. Soos die een verslaggewer wat onthou het van die R10 000 wat vir die eerste Suid-Afrikaner ge-“promise” is wat ‘n wêreldrekord verbeter. Toe Zola dit regkry, en die verslaggewer skryf daaroor, toe sê die
118
Minister die verslaggewer lieg. Hy het g’n niks ooit so gesê nie. En die duisend of so gatkruipers wat ook na die minister se toespraak geluister het, kan ook g’n onthou dat die Minister so gesê het nie. Boonop wys die minsister daar staan g’n niks so iets op sy toespraak geskryf nie. Maar die onvoorsiene lastigheid is dat die verslaggewer die toespraak toe nog op band het, en daar sê die minister dit duidelik. Nie lank nie, toe is dit ‘n gewese minister. Jis, en nou haal daai gewese minister eers die nuus, en hy ontken niks. Behalwe dat sy bruin mistres nou weer ‘n ander wit master het. Maar eintlik, het Bennie op die harde manier agtergekom, hou die Groot Koerant nog maar van die Nuwe Nare Party. En beskerm die party se sprekers teen hul eie sotlikhede. Die Groot Koerant wat dieselfde sotlikheid aangehoor het, het wyselik geweet om dit nie te publiseer nie. Met die volgende verkiesing toe kry die Groot Koerant daai party se advertensies. Die stad sonder blomme is maar 'n gehuggie. Toe verdwyn die Klein Koerant skielik oornag, en Bennie moet weer sukkel om werk te kry. Bennie wonder wanneer die slim oplossings op die tafel gaan kom. Bennie se kop is heeltemal te vlak om self aan oplossings te dink. Die oplossing word skielik, en sonder veel uitlegte op die tafel geplaas.
119
“Ek sê ons skiet die ^%$es uit hulle uit!” “Jis, jis!” is so soort van die algemene instemming. “Het ek nie vir jou gesê om daai &^%$ tape af te sit nie?!” Die groot ou met die rooi gesig kom reguit op Bennie afgestap. Sy blou oë flits – pure Ariër. ‘n Hoogs die &^%der in Ariër. Die keer lui die telefoon om die aandag af te trek. Die manne sak terstond soos skimme agter die toonbank, of agter tafeltjies in. Hulle weet al. Sampie die kroegman antwoord “Bar hier!” Hy glo “Bar” is darem minder kru as “kroeg.” Het seker voorouers wat van Naftali afstam. Hy luister ‘n oomblik, en dan kyk hy heen en weer oor die kroeg. “Nee mevrou, ek sien hom nie hier nie.” Hy sit die telefoon neer. “Jansie, dit was jou vrou wat jou gesoek het,” kondig Sampie aan toe die manne uit hul gate kruip. Hulle weet al, as die telefoon lui, moet hulle wegkruip dat Sampie hulle nie kan sien nie. Sampie is erg teë daarop om te lieg. Hy het sy trots en eerbaarheid. Jansie sluip druipstert uit. Dit bly darem half ‘n verleentheid as ‘n man se vrou hom by die kroeg soek, en nogal die regte een ook.
120
“Cheers boois,” sien julle volgende week. Die manne lig net hul hande in simpatie, soos hulle respekvol van hul maat afskeid neem. Dit is nou Maandag, en dit neem Sampie minstens ‘n hele week voor hy genoegsaam vergewe is om weer ‘n draai te kan kom maak sonder om te moet beginne onderhoud op te dok. “Magsdeling en inklusiewe demokrasie is die oplossing.” Dis Cois die Nat wat sy sy stuiwrtjie lê. “’n Grondwet met wigte en teenwigte.” In hierdie geselskap klink Cois se bydrae so aanvanpas soos ‘n gebraaide swyn op ‘n Joodse of Judeërgesin se Sondagmiddagmaaltafel. Cois weet dit ook, daarom hou hy altyd sy bek net tot voor hy in elk geval huis toe sou gaan. Want verkas gaan hy verkas – of self, of met ‘n skoen op die onderste middelpaadjie. Die reaksie is ook eenparig. ‘n Luide gejou. Almal beduie duim na onder dat hulle nie met dié stelling saamstem nie. Dis net Frekie wat deurmekaar raak en sy verkeerde hand optel en omkeer. Die bier stroom uit sy onderstebo glas en oor sy pers broek. Bennie wonder hoe ‘n man dié glipsie aan jou vrou verduidelik kry. “Nou het ek nie al lankal vir jou gesê om daai *&^%de tape af te sit nie?”
121
Bennie het in elk geval ook al besluit hy het genoeg gehad, en verkas saam met die sleg Nat. Binne sit Frekie ook nou erg nat. “Moenie wharrie nie,” sê Cois. “Môre is hulle weer nugter, en dan stem hulle almal maar weer vir my. Dit gebeur elke keer.”
11. Van terreursel na tronksel “Uit die sel kom jy, en tot die sel sal jy terugkeer.” Die regter is dood in sy skik met dié wysheid wat hy uitgedink het. Hy stuur nou die klomp wapendiewe tronk toe. Maar toe hy sien die veroordeeldes maak nie veel uit nie, verduidelik hy: “Van die terreursel waarin julle was, tot die tronksel gaan julle nou.” Bennie wat oor die saak berig dink by homself: “Van die terreursel tot die tronksel.” Hy moet dit in sy agterkop bêre. Dit sal darem wragtag ‘n netjiese titel vir ‘n boek wees as hy ooit so ver kom om een te skryf. Of vir ‘n volgende berig, soos toe die klipspringer vir die busskietery gevonnis is. Die oggend na Bennie die opname in die koeg gemaak het, vra hy by die Klein Koerantjie: “As daar nou twaalf mense in die kroeg was, en ek gaan staan op die stoep en ek skiet met ‘n bazoeka ‘n vuurpyl in die Premier se kantoor in van frustrasie oor my saak wat nou al amper ‘n dekade tussen die wigte en die
122
teenwigte vashaak – hoeveel van daai twaalf dink julle sal my verraai?” “Seker minstens 15,” sê Charlie die halwe Engelsman. “Mammon praat ook maar hard met die Afrikaner.” “Eintlik is dit maar ‘n geval van die Afrikaner wat nog nooit kon saamstaan nie. Stig meer Afrikanerpartye as wat daar Afrikaners
is."
Dis
die
wysheid
van
Miekie,
die
jong
verslaggeefster wat soos baie van haar tydgenote haar wil distansieër van die ellende wat die vorige geslag oor hulle gebring het. Eintlik, dink Bennie, is dit nie veel anders as hy voel oor die lot van voor die kerk oor die samelewing gaan bieg het nie. Die een lot stel die volgende lot op om die spit af te byt. Wat Bennie grief, is dat die jongetjies nou die lotjie wat Bennie se geslag opgestel en uitverkoop het terwyl hulle self in geveerde neste sit, as die helde sien. Dit maak Bennie en Boetie die bliksem in. Nietemin, as daar nou iets is wat waar is, is dat die Afrikaner nie saam kan staan nie, al sit hulle in dieselfde bootjie. Dis ook dié dat die Rare Regses so in selle moet organiseer, waar die gewone lid nie weet wat in ‘n ander sel aangaan nie, en selfs ook nie weet wie hulle is nie. Net die selleier sal weet wie die ander selleier is. Op dié manier, as die een weens ‘n onnoselheid gevang word, kan hy eintlik maar net die ander in sy sel uitverkoop, en saam met sy gesin in die
123
staatsgetuie-beskermingsprogram opgeneem word.
Word ‘n
selleier gevang, kan hy weer ‘n ander selleier of twee uitverkoop. “Die guerilla is die vis, en die mense die see waarin hy swem,” het Mao of een eendag gesê. Dis die dat die regering kort-kort die, soos dit gestel word, handjievol regses wat by iets betrokke is, aankeer en selfvoldaan aankondig die probleem is hokgeslaan. Kort-kort. Min of meer dieselfde met Bakgat ook. Want die tolbos uit die Kalahari het nou al ‘n string tolbosse opgelewer, en solank net een waai, so lank gaan die probleem kort-kort opgelos word. Vir Bennie lyk dit alteveel asof die regering self die see se samestelling manipuleer om ‘n ideale groeimedium vir die rare regses te bied. Sommer ook op verskillende vlakke. Soos die briefskrywer in die Groot Koerant wat eendag kla dat hy nog nêrens in die wêreld so ‘n omvang van burgerlike ongehoorsaamheid gesien het nie as in Suid-Afrika. Mag ‘n man 120 ry, sal hy dwars oor die middelstrreep kruie om die sonsondergang te betrag, en die verkeer op te dam. Waar hy sestig in die stad mag ry, sal hy teen 130 kilometer per uur deur die kinders op hul fietse oppad terug van die skool af jaag. Skielik baie gehoorsaam, sal by ‘n doodstil vierrigting-stop stilhou waar hy kan sien g’n verkeer kom aan nie. Asof die jaery minder ernstig of glad nie verkeerd is soos om oor ‘n stopstraat te ry nie.
124
Kyk ook maar hoe mors die mense. Die hele wêreld skree dat die krimpende planeet beskerm moet word, maar SuidAfrikaners hou aan rommel strooi. Of bourommel in die bewarea stort. Om eerlik te wees, het iemand al ooit gesien dat iemand in Suid-Afrika vir rommelstrooiing beboet word? Ja, vir simpel goed soos om oor ‘n straat te stap. “Maar hoe kan jy van die burger verwag om munisipale regulasies en ordonansies te gehoorsaam, as die regering sy agterent aan die grondwet afvee?” Of soos soos ‘n predikantpolitikus dit stel: “Die regering ly duidelik aan promulgeringdiaree. Terwyl hulle die een wet na die ander maak, ontbreek die wil skynbaar om dit toe te pas.” Vat nou maar wat sê die grondwet oor taalregte. Wat sê Papslap? Die regering is die grootste oortreder by verre van sy eie grondwet. Nou hoekom sal iemand nou dink dis so vreeslik verkeerd om met diamante of perlemoen te smokkel as die regering self sy agterent aan die grondwet afvee? Dat gewone burgers moet hof toe gaan om die regering te dwing om sy eie wette na te kom? Of selfs ‘n hofbevel op ‘n hofbevel te kry om ‘n man se eie grond van onwettige plakkers te beredder? Dit lyk so asof dit weer die boere is wat die spit afbyt in dié ongelykheid. Nie eens die regering is verplig om alternatiewe blyplek vir sy werkers op staatsplase te gee as hulle uit diens geplaas word nie. Of soos Peter gefire word. Maar die boere moet dit doen.
125
G’n wonder nie die tolbosse waai oor sulke vrugbare grond nie. Klein tolbossies kom vinniger op as wat die regering selletjies kan uitroei. Al word hulle ook hoe vinnig uitverkoop. Dit help ook dadels om te sê in hierdie demokrasie is daar geen regverdiging vir bomme nie, almal kan met stemreg dinge verander. Hoe? “Diktatuur van die meerderheid,” het die dosent van die beskawingssvreemdheid destyds gesê. “’n Regering moet in algemene belang regeer, nie net in die belang van sy eie ondersteuners nie.” Mugabe was duidelik nie in daai klas nie, en ons regering klap vir hom hande. Noudat politieke inkorrektheid ook minder van ‘n taai toffie begin word – of so lyk dit dalk net – nou kom die stemme oor die Europese demokrasie by. Minderheidsregte. Of in die geval van die meeste Europese lande, die politieke en staatkundige regte van minderhede. Die Baske sou kon stembus toe gaan dat hulle blou in die gesig is, maar sou nie so dit reggekry het om die Spanjaarde te oortuig dat hulle hul taal mag praat nie. So was daar uiteindelik selle. Terreurselle, en van daar na die tronkselle. Die Turke het ‘n eeu of so gelede korte mette gemaak van die Armeense minderheid. Hulle eenvoudig by die honderde
126
duisende uitgemoor. Vier geslagte later is van die nasate van dié wat in diaspora is so kwaad dat hulle ‘n rits ambassades beset en bomme op lughawens laat afgaan. Weer is dit van terreursel na tronksel. Die Koerde in Turkye het blykbaar lank genoeg aangehou terroris-terroris speel sodat hul taal darem nou weer erken word. Die Turke wil graag deel van Europa word, en om dit te kan doen moet hulle hulle eers soos Israeliete gedra. Selfs die kinders van Efraim, dis nou die Rare Regses se Engeland, het besluit hulle annekseer nou nie meer ander nie, maar gee ook aan die Skotte 'n soort selfbeskikking. Naftali se lot het hul land volgens die taalgrense van die Vlaminge en die Walone gaan verdeel. Van Friesies in die aangrensende Nederland het egter min of meer dadels oorgebly. Dis net Aser se lot in Frankryk wat niks wil weet van minderheidsregte nie. Nie dat daar meer ‘n beduidende lotjie is om die minderheidsregte op te eis nie. Hier in Suid-Afrika is die regering ook nie meer so dikbek oor Orania nie, maar Orania se teenspoed is nie soseer die regering nie. As die Boere nie hul tuisland verder noord wil hê nie, wil hulle die Wes-Kaap afstig. Of, soos die Rare Regses, sommer die hele land vat. Die Uitverkore Volk kan tog nie deur die modderwesens regeer word nie. Ja nee, want die modderwesens tel nie. Soos destyds toe die
hervestigde
Nare
Party
die
Hou
Donkergat
Wit-
verkiesingsveldtog gevoer het, en die leier betrap is dat hy self twee modderwesens op sy erf aanhou. Op sy erf mag hulle wees om in die sweet van hul aanskyn – het modderwesens ‘n
127
aanskyn? – hul mieliepap te verdien, maar not de tiekie mag hulle in die parke kom nie. Die Rare Regses laat Bennie baie aan ‘n brakkie dink wat al wat kar is wat by sy baas se huis verbyry, al keffend agternasit. Wat gebeur die dag wat hy per ongeluk daai kar gevang kry? Sou die Rare Regses wel daarin slaag om die regering oor te neem, hoe lank reken hulle gaan hulle dit hou? Drie minute? Of darem tien minute? Een het glo selfs by Piet Witblits gaan kers opsteek om te hoor wat die kanse is dat die wittes weer die regering kan hou. ‘n Ariese regering. Dis nie bekend wat Piet Witblits te sê gehad het nie. Maar hierdie generasie Rare Regses is lank nie meer die lotjie van die Groot Kokkedoor wat so half lyk of die windmeul hulle raakgeklap het nie. Nee, hierdies is slim mense, dokters en so aan. “Dis gesofistikeerde, hoogs opgevoede mense,” sê die Kommissaris. “Hulle is die produk van die vervreemding van die Afrikaner in sy eie land,” sê die getal neo-liberaliste. Van langs die Platberg af lê Mapstieks ook ‘n eiertjie. “Julle moenie verskonings vir die lotjie uitdink nie. Daar is ander maniere soos om met die nuwe regering saam te werk.” “Kan nie met die addersgeslag saamwerk nie, of dit nou aliens is of te not. Dis soos om jou pêrels voor die swyne te werp,” brom dit van onder die kombers uit.
128
“Meng jou met die semels, dan vreet die swyne jou!” raas Skuinskyk. “Presies!” brom die stem van onder die kombers uit. Maar die nuwe regering sê hy neem die dinge tog ernstig op. ‘n Nuwe taalbeleid word aangekondig, die hand van vriendskap word weer by die party se groot indaba tussen die wingerde uitgereik. Die nuwe regering is amper meer apologeties oor die Rare Regses se mannewales as die Boere self. “Its only a very tiny minority,” kondig die een spreker na die ander aan. “Daar is plek vir julle en jul kundigheid in hierdie land. Ons laaik julle! Maar daai Rare Regses – hulle soek ons net om in die tronk te sit.” “Koes boois, hier reën dit LG’s!” ego ‘n herinnering deur Bennie se kop. “Uit die mond van die suipeling sal jy die waarheid hoor.” Miskien is die tegnokrasie tog nie heeltemal so ‘n slegte idee nie. Dat die hawens weer aan die gang an kom, en die spoorlyne, en vir Mugabe se lot mielies aangery kan word. Ja-nee, om vir die modderwesens die stemreg te gee, is soos om jou pêrels voor die swyne te werp waar dit vertrap gaan word. Kyk maar net vir Mugabe en die ander. En Israeliete eet g’n swyn nie.
129
‘n Mens sal die see se medium moet verander sodat dit nie meer ‘n gunstige teelaarde vir die Rare Regse bied nie, dink Bennie. En skielik voel Bennie ook maar erg stupid. Intussen sal daar steeds regse selle oopgevlek word, en in die tronkselle beland waar hulle die Springbokkie geselskap kan hou. Die sterk oostewind wat die verlore stamme na WesEuropa gewaai het, en die Judeërs van daar ‘n suidewind met die skepies van ouds na die suide gehaal het, het hier in die suidland ‘n dwarrelwind geword wat die stofduiwels opjaag en kort-kort dreig om ‘n tornado te word. Vir Bennie, wat soos oom Jannie sê, verstrooid is omdat hy alles wil analiseer, bly die hele boksemdaais heeltemal te deurmekaar om behoorlik sin te maak.
12. Omega (in ‘n ander dimensie) Benjamin en sy Engel sit in hul patio na die kole in die buite-braaikaggel en kyk. Eintlik kan hulle nie veel meer doen as net kyk nie, want met vandag se vleispryse is braai ‘n vreeslike luukse.
Tensy
‘n
mens
natuurlik
‘n
aandeel
in
die
perlemoenbedryf het of ‘n piramiede9-skema bedryf.
9
Het op die aarde niks te make met die Egiptiese of die Asteke se
piramides nie, en moet nie vertolk word as ‘n bewys dat daar wel vroeër interkontinentale kontak was nie.
130
Die son begin-begin sak in die Ooste. Dis ‘n verruklike mooi gesig so met die son wat die wolkies bloedrooi kleur. Die son gaan nou in die Ooste onder want volgens die een of ander profesie sou die aarde andersom om sy as begin loop het.10 Sommige besoekers aan Benjamin en sy Engel meen dit is ‘n reuse stuk ruimterommel wat by die aarde verbygeblits het wat dié omkeerdery veroorsaak het. Ander sê dit was ‘n klomp aliens in ‘n ruimteskip wat lus was vir sportsmaak. “O blik^%$!” het oom Jannie nog gesê. Smaak my hulle het tog vir Jorsie kans gegee om te dryf. En hy het nooit rigting in die lewe gehad nie.” Oom Anneries sê dis planeet X wat verbygeskuur het. Dié palneet het in die verlede my sy verbygaanslag al verskeie kere rampe en moeilikheid op die aarde gemaak, soos om die dinosaurusse uit te wis. Die palneet is in ‘n ander dimensie verby – dié dat niemand hom gesien het nie. Al wat ons weet, is dat verskeie Naburiete soos in die verlede hier afgelaai is. Hulle is gekloon om baie soos ons te lyk.
10
Eintlik gaan die son steeds in die weste onder Bennie het
onlangs baie hard op sy kop geval, en toe hy uit die koma kom, is hy heelamal rigtingbeneuk. ‘n Mens moet dit egter nie vir Benjamin, soos hy na die kopvallery heet, sê nie. Dan raak hy baie kwaad. Ter wille van Benjamin se voortgesette gesondheid en heil, speel almal maar saam oor die son se onderganery in die ooste.
131
Wat ookal die oorsaak, in die proses wat dit gebeur het, het ‘n helse oostewind opgesteek. ‘n Hele klomp Kahzahre het in Wes-Europa aagewaai gekom, en die hoofkwartier van die Illuminati saamgebring. ‘n Klomp van Sebulon en Naftali se mense het tot op Efriam se eiland gewaai, en die Efraimiete het op groot skaal in die see gewaai. “Uiteindelik is ons darem nou van ‘n klomp
Ingelse
ontslae” het oom Jurie gesê. Oom Jurie was nog nooit lief vir die Ingelse nie, nie na dit wat hulle in die Anglo-Boere-oorlog aan sy voorsate gedoen het nie. Vir oom Jurie is dit ‘n bitter pil dat sy kinders nou so ‘n voorliefde vir die rooi taal het, en amper die hele lot nou oorsee sit, huistaal Engels. “Die omkeerdery het nou net te laat gekom,” kla hy. In Amerika was daar net so ‘n hengse gemors. Die Statue of Liberty het omgewaai, maar nie die World Trade Centre se Twin Towers nie. Daarvoor het Osama se lotjie, die Edomiete en ander Filistyne lankal gesorg. Die Israeliete, die Judeërs, het ‘n slag na Israel probeer terugkeer toe Wes-Europa die Sahara geërf het, maar die 400 miljoen of so mense wou nie inpas nie. Die Jode en die Illuminati wou hulle ook nie daar hê nie, al het dit weer goed in die Negev beginne reën en het die land weer die land van melk en heuning geword. Bennie se saak by die Wig het uiteindelik klaargemaak. Op ‘n tegniese puntjie verloor, al is die Provinsiale Frustrasie al die pad gelooi oor hul droogmakery so met arme Benjamin saam. Benjamin het dit op appél geneem, en die uitslag behoort binne ‘n
132
dekade of twee bekend te wees. Dis nou as Benjamin vuurmaak onder die Wig. Bennie se eindprofesie sê nie wie in Suid-Afrika aan bewind is nie. Want Bennie is heeltemal te stupid om enige sin uit hierdie ingewikkeldheid te maak. Net soos die Bybel sê van hulle wat so ontydig alles wil deurgrond. Hy wonder net of Jorsie al by sy bestemming aangekom het. ‘n Ster verskiet, en Bennie sak gemaklik agteroor in sy staaltuinstoel. Die plêstiek tuinstoele is saam met die plêstiek kranse die Kalahari ingewaai toe die groot Oostewind gekom het. “Ek dink Jorsie het ge-arrive” sê hy vir sy Engel.
133