IS DIE KERK NOG OP DIE PAD?
There's something in every atheist, itching to believe, and something in every believer, itching to doubt. ~ Mignon McLaughlin
Leer uit die foute van die verlede
Spr 11:14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ’n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. (OAV)
• Ideologieë: al klink dit hoe goed moet gemeet word aan die Woord van God • Planne van mense: vervang nie God se planne • Geestelike arrogansie – “ons is reg”: Dit is maar net God se genade • Verheffing van een deel uit die Skrif asof dit alleen oppergesag het: Die hele Skrif is deur God ingegee
Moenie die werking van die Heilige Gees demp nie
1 Tess 5:19 Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. (NAV)
• Die vraag is: “Wat wil mense hê en wat wil God hê” • Die met die Pinkster belewenis verwaarloos en marginaliseer dit en die daarsonder soek en dors na iets meer • Dit is belangrik dat dit moet gaan oor die ware werking van God se Gees en nie gees drywery nie
Voer die opdrag van Christus uit
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (OAV)
• Die kerk van die Here het ‘n mandaat van die Hoof van die kerk ontvang • Die kerk en die indiwidu wat dit nie doen nie verloor fokus en sy bestaansreg as kerk van Christus • Die hele opdrag van Christus moet uitgevoer word
Bly getrou aan die Woord van God
Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. (OAV)
• Dit gaan oor korrekte eksegese en nie insigese (Werk met die Woord kos tyd) • Spandeer tyd met die Woord van God en met die God van die Woord • Die kerk is nie daar om ore te streel nie, maar die suiwer Woord van God te verkondig
Manne en vroue van God moet opstaan en leiding neem
Hand 6:3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; (OAV)
• Manne en vroue vol van die Heilige Gees en wysheid • Manne en vroue wat naby aan God leef • Manne en vroue moet met opregtheid en geloof kan sê “so sê die Here” • Visioenêre leierskap • Leiers moet deur God aangestel word en nie deur populêre stem nie (Ons is nie ‘n politieke party nie)
Fil 2:5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: (NAV)
Ons moet waak teen wêreldsgesindheid
• Ons moet konstant stry teen die invoer en aanvaarding van wêreldsheid • Sonde bly sonde, die Woord het nog nie verander nie • Ons moet waak teen die onderdrukking van ons gewete
Ons bely as U kerk:
Here: Ek sal leer uit die foute van die verlede
Here: Ek sal nie die werking van u Gees demp nie
Here: Ek sal U opdrag aan U kerk uitvoer
Here: Ek sal getrou bly aan U Woord
Here: Ek sal naby U leef sodat ek deur U gebruik kan word
Here: Ek sal waak teen wêreldsgesindheid
Here: Help my om dit te doen asseblief