Op Pad Des_jan 2009

  • December 2019
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Op Pad Des_jan 2009 as PDF for free.

More details

  • Words: 5,284
  • Pages: 20
Op pad Jou gids tot die reis!

desember

Kersboodskap

2008

& januarie

2009

Lees binne...

Onbegryplike genade is ’n fees

Esterkonferensie: “Ken jou naam!” 5

Kom almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?

Versorg hulle wat hulpeloos en alleen is

6

deur Sarel Visser

Shining Light-kamp

7

God se arena

3

KWALI(TYD) 2

4

Moreleta se alliansie vir markpleinbedieners 8 Alpha at Moreleta Park Church

9

Kies jy die foto of die raam?

10

Die Toposa van Soedan

13

Missions Fest 2009

14

Bekommernis

15

Delta 10 Miljoen

15

God se Koffie

16

Getuienisse

17

Boekresensies

18

Jes. 55:1-2

N

November en Desember is ‘n tyd van eet en afsluitingsfunksies in ons kultuur. ‘n Uitnodiging na ‘n gratis ete is baie aantreklik vandat uiteet so duur geword het. Vir gewone uiteetafsprake bereken ons mos altyd eers die koste of kies die restaurant baie versigtig. Die hoogtepunt van al hierdie funksies is sekerlik die Kersfeesmaal. Vir baie van ons gaan eet en Kersfees hand aan hand. Ons eet tradisioneel nie kalkoen in Suid-Afrika nie, maar wel skaapboud en van ouma se doekpoeding met die munte in. In talle gesinne is dit die jaarlikse familiebymekaarkom. Dis die spil waarom die familie se verhoudingsbou draai

– uitgesluit die verjaarsdae en begrafnisse. Dit is mos die seisoen van welwillendheid en verdraagsaamheid. Saameet was nog altyd baie belangrik vir verhoudinge. Daarom gebruik God teenoor Israel ook die beeld van ‘n maaltyd as metafoor daarvan dat Hy inisiatief neem om die verhouding te herstel. Jy eet net saam met iemand wat vir jou kosbaar is. God herstel nie net op hierdie tydstip sy verhouding met Israel na die ballingskap nie - Hy is altyd bereid om saam met ons te eet. Die hemel word beskryf as een groot feesmaal, soos ons sien uit Jes 25:6-7 en Op 19:7 en 9. Dis egter ‘n fees met oneindig meer as vleisgeregte, een waar niemand haastig raak ná koffie nie. vervolg op bladsy 2

WAT ROER DIE REDAKSIE?

Dit is sowaar al weer Desembermaand en vakansietyd! Die bederf waarna ons ‘n jaar lank uitgesien het breek eindelik aan. Nou is dit weer see toe, of plaas toe, of waar ookal die familie vanjaar is. Die winkels nooi al van Oktober af dat ons aan die oordaad moet meedoen. Hulle meet alles aan omset en kan net ‘n “goeie Kersfees” hê as die verbruikers 15% meer spandeer as verlede jaar. Die inflasie-monster is nou al weer jare lank los in Suid-Afrika en ons aanvoelbare lewensgehalte krimp nou vinnig saam met die dreigende resessie. Natuurlik is kommersiële sukses geen goeie maatstaf nie – die bemarkingswese skep voortdurend nuwe behoeftes en alles is relatief. Glo dié propaganda en jy beleef dit as ‘n swak jaar as jy nie in 2008 daardie Sports Utility Vehicle en die HD-breëskermtelevisie-en-dekodeerder aangeskaf het nie. Maak jou maar gereed: Volgende jaar is daar weer nuwe teikens op die radarskerm. Gelukkig kan ‘n gelowige mens die norme van God se koninkryk gebruik. Die genade-geskenk is gratis. Dis ook duursaam, want dit beleef geen nadelige inflasie-krimping nie. Die bestek van die ewige en oorvloedige lewe in Christus gaan so wyd dat ons aan die einde van van ‘n vol jaar kan terugdink aan wat gebeur het en dan kan verlang na meer – meer seën, meer groei en meer kennis. Die sukses word nie gemeet aan wat ek alles hét nie, maar aan die gehalte van my verhoudinge, met God en met diegene naaste aan my. Dis mense wat genade beleef wat kan jubel in die Kerstyd. Kom lees daarom in Op Pad van God se gratis fees waarna almal uitgenooi is, van getuienisse van troos in die tye van onbegryplike hartseer. Dis ook in Kerstyd dat die weerloses in ons midde soos die bejaardes, haweloses en vreemdelinge meer van ons aandag verdien. Ook die sendelinge wat onverpoosd woeker in lande wat baie ver en baie vreemd bly. Van almal by die Op Pad-redaksie: Mag julle soveel seën ervaar in die Kerstyd van God se duursame en gratis genade dat julle die markpleine en die strande sal oorvloei daarmee. Geniet die tyd van rus en kom pak 2009 se uitadgings met nuwe krag aan.

e i s k a d Re

Redakteur Diana Rabie, tel nr (012) 997 8018 of [email protected] • Sub-redakteurs Cilliers Willers & Marinda Bruwer

Sendingredakteur Marésa Maree •Jeug Koördineerder Chidleen Heymans Teologiese adviseur Dolf Kruger

Onbegryplike genade is ’n fees Ek noem die hoofgereg wat God aanbied graag “onbegryplike genade”. Gemarineer in vergifnis, wat die smaak in jou mond laat talm lank nadat jy gesluk het, lank nadat jy jouself leeggemaak het voor God. Niks vergelyk hiermee nie. Weg is onbekostigbaarheid van die prys vir versoening en die hongerpyne van skuldgevoelens, wat jou ‘leeg’ laat voel.

2

•Bladuitleg en advertensies Elisca Kruger

Advertensies Ruda Viljoen tel nr (012)9978019 of [email protected]

vervolg vanaf bl 1

Die wonderlike is dat hierdie gratis fees van God alles sy inisiatief is, wat Hy selfs sterker laat realiseer in dít wat Jesus Christus as mens vir ons kom doen het. Jesus doen al die voorbereiding en opruiming deur sy kruisdood en opstanding, sodat ek en jy die fees van Lewe sonder beperking kan geniet. Ons kan net geniet! Die toegang tot die fees is onvoorwaardelik, gratis en vir elkeen.

op pad | des 2008 & jan 2009

Admin Felicia Lategan

Ons deel ‘n kosbare tafelverhouding en kindverhouding met God self, deur Jesus. Hy oorbrug die afstand en al die hindernisse tussen ons en God en sorg persoonlik deur sy Gees dat elkeen van ons welkom voel aan die tafel van verlossing. Hierdeur kry ons krag vir nuwe lewe. As jy in die Kersseisoen saam met iemand eet, vier die unieke genade wat ons elkeen in Christus deel.

God se Arena deur Marinda Bruwer

It is not the critic that counts, not the man who points out how the strong man stumbled or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood, who strives valiantly, who errs, and comes short again and again, because there is no effort without error and shortcomings, who does actually try to do the deed, who knows the great enthusiasm, the great devotion, and spends himself in a worthy cause; who, at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly. Far better it is to dare mighty things, to win glorious triumphs even though checkered by failure, than to rank with those poor spirits who neither enjoy nor suffer much because they live in the gray twilight that know neither victory nor defeat. Theodore Roosevelt

H

ierdie stuk van Theodore Roosevelt spreek eintlik vanself, mens hoef nie veel daaroor te sê nie, maar dit het my onmiddellik laat dink aan ons gemeente se vrywilligers. Die mense wat Sondag na Sondag in die arena staan, opmerkings van ondankbare nie-deelnemers moet verduur en wat, ten spyte daarvan, volgende Sondag maar weer uitdraf in die arena. Aan elkeen wat uitdraf in ons gemeente-arena, hetsy op Sondag of watter ander dag van die week jou bediening dit van jou verwag, dankie! Dankie dat jy uitdraf ten spyte van. Dankie dat jy gemotiveerd bly. Dankie vir jou commitment. Sonder jou sou geen aktiwiteite in die arena plaasgevind het nie. Mag jy ‘n geseënde vakansietyd beleef. Herlaai asseblief jou batterye, want die arena is reeds vol bespreek vir volgende jaar en die Liggaam van Christus het jou nodig! God seën jou!

op pad | des 2008 & jan 2009

3

2

KWALI(TYD) deur Marinda Bruwer

T

yd – volgens my oeroue, 1988 Handboek vir die Afrikaanse Taal (HAT) is 1. Gemete of meetbare periode, veral in die verlede, hede en toekoms as eenheid gesien. 2. Die verbygaan van al die maande, dae en jare, en al die gebeurtenisse wat daarmee saamhang, as geheel beskou. Kwaliteit word omskryf as iets van beste of hoogstaande gehalte. Uit die bogenoemde maak ek die volgende vrye definisie van kwaliteit-tyd, oftewel dan ietwat wiskundig uitgedruk as kwali(tyd)²: Die geheel van ‘n meetbare periode van beste gehalte (dae, maande of jare) en al die hoogstaande gebeurtenisse wat daarmee saamhang.

hulle aan hulself afstaan. Want mens mag! Eintlik mág jy nie net nie, jy móét. Dis soos die veiligheidsmaatreëls op die vliegtuig verduidelik. Met die val van die suurstofmasker vertel hulle jou: “Plaas asseblief eers die masker op u eie gesig voordat u bejaardes, kinders of enige ander passasier help met hulle maskers”. Ek moet bieg, ek het my vir ‘n lang ruk verwonder daaraan dat ek myself eerste moet help. Dit klink toe mos vir my so na swak buur manskap, so onchristelik. Op ‘n dag beleef ek toe daardie Aha!-gevoel en besef– ‘n mens kan nie iemand anders help as jy nie in staat is om jouself te help nie. Daarom sit jy eerste jou eie suurstofmasker op. En daarom mag jy, en moet jy, ook kwali(tyd)2 aan jouself afstaan.

Desember is die tyd van die jaar wat die meeste mense met hul jaarlikse verlof gaan. Dit is ‘n goeie tyd om weer te besin oor die verdeling van daardie skaars hulpbron – tyd – en die kwaliteit van die dele wat ons afstaan aan die mense naaste aan ons. Daardie mense wat veronderstel is om die meeste tyd van hoogstaande gehalte, oftewel kwali(tyd)² te moet kry, maar wat gewoonlik die minste kry.

So, gebruik die Desember-periode en besin oor die verdeling van jou tyd. Kyk aan wie spandeer jy meer tyd as nodig en kyk wie is daar wat meer tyd behoort te kry. Wees dapper en skuif die tyd na die regte mense toe. En moenie van jouself vergeet nie!

Vir sommige mense beteken dit ook dat hulle moet gaan kyk wat die kwali(tyd)² is wat

nothing is as far away as one minute ago.

Jim Bishop

Half our life is spent trying to find something to do with the time we have rushed through life trying to save. Will Rogers

4

op pad | des 2008 & jan 2009

If we take care of the moments, the years will take care of themselves. Maria Edgeworth

Esterkonferensie

bedieninge@moreleta

Maart 2009

“Ken Jou Naam!”

“Wie is ek? Waarheen is ek op pad?” is twee vrae wat ons van tyd tot tyd tot stilstand kan dwing.

D

it is eers as jy jou identiteit in Christus gevind het en jy met ‘n vaste tred jou roeping kan uitleef, dat jy ware vrede sal hê oor waarheen jy op pad is.

Kom na die Esterkonferensie 2009 en ontvang ‘n wit steentjie met ‘n nuwe naam op, wat niemand anders ken nie, behalwe dié een wat dit ontvang! (Op. 2:17)

Die Vrouebediening bied 13 en 14 Maart 2009 weer ‘n Esterkonferensie aan. Hulle fokus op jou persoonlike roeping én God se detailplan vir jóú lewe. Word toegerus om ’n doelgerigte groeiplan vir jou lewe in Christus vas te maak!

Ds Elza Meyer lei die konferensie in die Woodlands ouditorium.

God roep jou op jou eie nuwe naam, want soos jou identiteit is jou roeping ook uniek.

Die tye is: 13 Maart 18:00–21:00 14 Maart 09:00–17:00 Die oggenderediens op 15 Maart om 09:00 sal aansluit by die Esterkonferensie.

Gebedskonferensie Die Esterkonferensie 2009 word voorafgegaan deur ’n Gebedskonferensie op Vrydag 13 Maart van 09:00 tot 16:00, in die Woodlands ouditorium. Kom ons deurdrenk ons land met gebed! Dr Bennie Mostert en ds Elza Meyer lei hierdie gebedsinisiatief met lering, gebed en intersessie. Vir meer inligting, kyk op www.moreleta.org of kontak Mathilda by 012 997 8088 of [email protected]. Bespreek asseblief vroegtydig!

op pad | des 2008 & jan 2009

5

bedieninge@moreleta

Versorg hulle wat

hulpeloos en alleen is

deur Danie de Lange

“My ma kan nie meer alleen bly nie, daar is ook nie geld vir ’n versorginsoord nie… ons kan haar ook nie by ons inneem nie…” Louter paniek wys op die vrou se gesig, want sy weet nie waarheen nie. Sy, soos duisende ander, het nie gedink die dag sal ooit aanbreek nie, maar dit het!

'n Nuwe bedeling vir senior burgers Wetgewing is in 2006 goedgekeur om ‘n raamwerk daar te stel wat die status, welsyn, veiligheid en menswaardigheid van ouer mense handhaaf en hulle beskerm teen uitbuiting en mishandeling. ‘n Ouer persoon is volgens die wet ‘n vrou van minstens 60 jaar of ‘n man van minstens 65 jaar. Die wet verskuif die klem van inrigting-gebaseerde versorging na gemeenskap-gebaseerde versorging. ‘n Ouer persoon moet so lank moontlik in sy eie gemeenskap bly deur baat te vind by tuissorgdienste, familie- en gemeenskapsorg. Die staat raak nie direk betrokke by die huisvesting van ouer persone nie.

Kerk vat hande oor bejaardesorg Die Kerklike Maatskaplike Diensteraad het in Februarie 2008 tot die slotsom gekom dat die kerk se belangrikste bydrae in Suid-Afrika steeds die voorsiening van kerklike maatskaplike dienste is. Dit sluit die residensiële versorging van kinders, gestremdes en ouer persone in, waaronder tuisversorging vir siekes en ouer persone.

Die Here is besonder ongeduldig met godsdiensleiers wat op weerloses trap: “Ek sal na julle toe kom as regter… teen die wat die dagloner tekort doen, teen die wat die weduwee en die weeskind veronreg en die vreemdelinge verdring, teen die wat nie vir My eerbied het nie…” (Mal. 3:5) So het Jesus ook die godsdiesleiers huigelaars genoem: “Maar julle bepaal: ‘As iemand vir sy pa of ma sê: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek ‘n offergawe vir God, dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.’ So ontneem julle die woord van God sy ontsag ter wille van die oorgelewer-de gebruike.” (Matt. 15:4-6, Die Boodskap).

Die pad vorentoe

Ons kan nie die daaglikse versorging van die liggaam van Christus aan ‘ander’ oorlaat nie. Ons kan nie hierdie koninkryksgeleentheid verpas nie. Om jou oor weerloses in die samelewing - bejaardes, kinders uit gebroke families, haweloses en vreemdelinge - te ontferm, is een van die belangrikste maniere om die koninkryk van God sigbaar te maak. As jy wil betrokke raak by die versorging van bejaardes in ons gemeente, al is dit net om iemand op te laai vir ’n erediens, kontak Danie de Lange: 012 347 8385 of enigiemand van die Goue Kruik-bestuur (die bediening vir senior burgers). Navrae Marlene: 012 9978062

6

op pad | des 2008 & jan 2009

bedieninge@moreleta

Shining Light kamp

deur Felicia Lategan

D

Regverdigheid, vrede en vreugde is die ware skatte van die lewe wat ons by God kan kry in nederigheid.

Die aanbieders was ons eie pastoor Sephen Temeki en pastoor Petrus Tholoana van Kroonstad. Die tema vir die naweek was “First things first: to seek the Kingdom of God”. Daar word vertel dat beide die predikers, in hul afsonderlike hoedanigheid, dieselfde Skrifgedeelte gekies het vir die naweek, naamlik Matt. 6:33: “Seek first the kingdom of God and all these things shall be added unto you”. Dit was bevestiging dat hierdie boodskap spesiaal vir hierdie kamp bedoel was.

In een sessie is die mans afsonderlik bedien. Die dames is as enkellopendes en getroudes bedien met die Woord rakende wie jy in Christus is binne die huwelik, én as individu.

ie afgelope Shining Lightkamp van 8-9 November was werklik iets besonders. Ongeveer 165 Shining Light-lede van ons gemeente het dit bygewoon by die Altelekker-kampterrein, net duskant Rietvleidam.

Die kern was om God te soek in alles, nog vóórdat jy besluite neem. Wat is die koninkryk van God dan?

By elke sessie het vele mense hul harte oopgemaak vir Jesus. Die lofprysing was vol van vreugde en verootmoediging en heelwat getuienis van God se goedheid. Een van die getuienisse is van ‘n dame wat van ‘n ernstige gehoorprobleem genees is.

Spr 3:6-7 vasstaan: “Vertel die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ‘n lewenshouding sal jou baie gelukkig maak.”

Die Shining Light Revival-erediens die daaropvolgende Woensdag in die tent by die Rubensteinsentrum het ‘n paar getuienisse opgelewer. Daar is iets by Shining Light wat mense trek en vernuwe. Met gebeure soos hierdie besef mens weer dat

op pad | des 2008 & jan 2009

7

bedieninge@moreleta

Moreleta se alliansie vir markplein-bedieners

W

aar spandeer jy meer as 60 persent van jou wakker-tyd? Waarskynlik in die markplein - by die werk. Vir baie mense is werk ‘n straf of ‘n noodsaaklike euwel. Werk is egter van die begin af deel van God se plan vir die mens. God het gewerk. Ons lees in Gen. 2:1-4 dat God gewerk het en toe gerus het. Sonde het werk swaar kom maak. Jesus het dit egter kom verander - Hy het self ook “gewone” werk gedoen. Ons maak mos dikwels onderskeid tussen “om te werk vir God” en "sekulêre werk". Sondag gaan ons kerk toe en dan is ons besig met God se dinge. Van Maandag

tot Vrydag is ons besig met gewone dinge, werksdinge. Hierdie onderskeid is nie Bybels nie. God gee werk en jou werk is ook van God. Ons moet werk, asof vir die Here (Ef. 6:5-7). Dit is makliker gesê as gedaan. Dikwels maak die eise van die werk en die wêreld dit byna onmoontlik om Bybelse beginsels uit te leef. Nou hoe gemaak? Die kerk sê: “Every member a minister,” die wêreld sê: “Net die sterkstes maak dit.” Die Woord het duidelike riglyne: Werk met eerbied en ontsag vir God. Werk met lus. Jou beloning is van God af. In moeilike omstandighede, bid en vra die Here om jou in terme

deur Peet Grobbelaar

van die beloftes van sy Woord te help. Die Markplein Alliansie is ’n nuutgestigte bediening van die gemeente wat daarop gerig is om mense in die markplein te begelei en toe te rus om juis daar waar jy die meeste van jou tyd deurbring, ’n verskil te maak. Herlewing in ons land gaan deur die markplein kom. Vir te lank het die duiwel die markplein besit. Ek glo met die nuwe golf in ons land wil God mense gebruik om sy lewende water verder te neem.

Vir enige navrae kontak ds Peet by peet@moreleta. co.za of tel.nr: 012 997 8115.

WORK 8

op pad | des 2008 & jan 2009

bedieninge@moreleta

a t r eMl oe rtae lpeatar kp aChr ku rch Ch u rch AlphAla pahta Mo by Dolf Kruger

Q

uestions about God have fascinated human beings since time began. Many today experience a very real sense of spiritual hunger without having any contact with a church. A frustrating aspect of church life is our ineffectiveness in reaching people with this hunger.

?

We have longed to find a way of enabling them to discover the liberating, life-changing power of God, revealed in his Son Jesus Christ through his Holy Spirit, in a way that allows them to explore in an unthreatening atmosphere of love and acceptance. This is one of the reasons why the Alpha course has proved to be so popular. The issues are clearly put and the claims of Christ examined - all in the company of other searchers. Stripping the gospel down to its bare essentials makes Christianity accessible to men and women of today's culture.

Alpha at Moreleta Park Church Courses are open to everyone who would like to attend. It is based around small groups of about 10 people and most begin with a meal or refreshments – a chance to get to know others in the group. Each week, the talk looks at a different aspect of the Christian faith, followed by a discussion in the small groups. The emphasis is upon exploration and discovery in a relaxed and informal environment. The Alpha course usually lasts for 10 weeks, with a day or weekend away in the middle. We plan the kick-off at Moreleta Park Church in early 2009. Anyone interested in finding out more about the Christian faith is welcome to join. It is both learning and laughter - it is possible to learn about the Christian faith and have fun at the same time! The course is free. Donations are welcome and the weekend away is payable. The course will be presented in Afrikaans and English.

IMPORTANT DATES Sunday, 18 January 2009 at 18:00: Alpha Guest Service Sunday at the Rubenstein centre. Wednesday, 21 January 2009 at 18:30: Alpha supper: It serves as the introduction to the course as well as an opportunity to ask questions about the logistics of the program. It is informal, so no dress code apply. If you want to sponsor somebody to attend the course, kindly invite him/her to attend the supper and contact us. Wednesday, 4 February 2009: The course starts until 22 April 2009 (no sessions during school holiday) Contact: Lanel Kotzé 012 997 8039 (mornings) or [email protected] to register.

op pad | des 2008 & jan 2009

9

o t o f e i d Kies jy ? m a a r e of di

da Bruwer d e u r Marin e foto’s e mooi jou ei ho en si n ka s men y . kuier ek by m daarin sal lyk” inde Oktober in n my eie foto n si ge en sy : “O! So ek ka se ui Lo jongste broer op cool!” . Ek merk iets daarin sit. Dis Somerset-Wes k re sp ge klomp opnoem ‘n n sy gdink aa é begin ‘n ru di te et at M er toe la y sm aa wat er en draf kam t gister pl se ne ifi t al di kw of l as sa gaan wat wat ek onthou e operasie te onmiddellik di t. om he nd vi ge de verafhandel. u elf, se sewen ie Ba Met Louise, no t. he y dink hoe wat sy gekr ders as om te an e ni jaardag, vra ek sy van dit wat sy by n ka Ek rtel asie in ons eie opgewonde ve els hierdie situ daai een kw by di t r ons da en t he nie. Soms staa l ee n sp “E af die een gekry s: s on en fr lew n die ‘n verwarde en “die foto va te s va ‘n so n en sluit af met f va el y ss on dat ons ek ‘n foto gekr nie ken nie”, s t on oe at w m by ouma het e Ek ili fam nie ken nie.” lik oor die raam familie wat ek en dat dit eint t te bars si ui e e ni ni om r ee baie hard prob t deur gaan nie. en verbloem di e ni g la e s lo van di ‘n t ne t gou, die die foto, is di r, sommer so ee t w di al k u er uit te vra oor w no e is Dit d vir ‘n sakkie, of ho jaar. Maak ty foto, is dit in ‘n einde van die rby is, of ve at e jaar w di r oo dan nou? ie ks fle re nodig is. tydperk as dit er ng la ‘n .” r oo jou lewe dis in ‘n raam ar situasies in da of k e Louise: “Nee, ky di n k ly aa G en “die foto ? So, hoe so vasstaar te u jo jy Ek: “O, ‘n raam r aa w is dat jy nie die ke van die vreemde familie” in bl raam?” ‘n so , dat jy nie mooi raam raaksien nie, e tji en Louise: “Dis ‘n pr er ot gr prentjies tjies op.” tog ook mooi e ar ni da k t met sulke pren oo da nk en di si asie is nie. at Lulu, ek e.” op die raam van jou situ ni Ek: “Weet jy w to fo e di ur die familie op wat jou help de es de tji ar en rw ouma ken die pr ve i r oo ee M i prentjies et ‘n nog m k tyd om moo aa M . Louise (nou m en ie “K as : tu e) si r die famili uitdrukking oo raak te sien. ” e? ni k oo lle hu se a oum ammen t jy wat? Die ra dat Ek: “Nee. Wee am ra e tjie in di en pr ‘n g aa sit gr

E

10

op pad | des 2008 & jan 2009

Op-die-sendingpad

Vastfontein deur Johan Grobler

D

Dit was nou kerk in aksie! Op 21 September het die Moreletapark Gemeente ons met jy is die Boodskap, kom seën met hande en voete in diens van sy koninkryk. Ongeveer 250 mense het uitgereik na Vastfontein. Dit was die meeste mense wat ons nog by Vastfontein verwelkom het en dit het ons stelsel onder sterk druk geplaas! Ons het byna nie werk vir almal gehad nie! Almal kon kies waar hulle wou betrokke raak; die keuses was groenteplant, boomplant of die kids games. Die koue lentedag het niemand gepla nie en almal het ingeklim en begin plant vir ‘n vale. Daar was ‘n groot tent opgeslaan en toe die harde werk klaar was is die

piekniekmandjies uitgehaal en kon ons heerlik sit en ontspan. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir almal baie dankie te sê wat betrokke was - oud en jonk - en vir al julle harde werk. Dit was vir ons heerlik om julle by ons te kon hê en ons hoop ons sien julle sommer gou weer! Die kool en bome het pragtig gegroei, maar toe kom daar 'n groot haelbui wat baie skade aan die kool aangerig het. Dit het my aan Hab. 3 laat dink: Al is die krale leeg, die bome dra nie en die kool is weggeslaan... nogtans sal ek jubel in die Here; want 'n dag in u tempel is beter as 'n duisend daar buite! (Ps. 84:11)

Wil jy graag betrokke raak by Vastfontein? Kontak: Johan Grobler by 083 455 2626, [email protected] of besoek ons webtuiste by www.vastfontein.co.za.

...geslote land vir die evangelie!

V

ir baie mense roep Marokko romantiese drome op van een van daardie moet-sien lande: Veranderende landskappe, straatmarkte en kultuurryke tonele.

Min mense weet dat van Marokko se 27 miljoen inwoners 98.9% Islam is en slegs 1.1% Christene. Min mense dink oor armoede in Marokko en Christene wat ter wille van hul geloof vervolg word. Ons eerste besoek was aan ‘n sendelingpaar wat ‘n sentrum vir gestremdes bedryf. Hulle het ‘n pragtig toegeruste sentrum op die been gebring - ‘n weerspieëling van God se genade en voorsiening. Hier gee hul met die hulp van drie terapeute gratis terapie aan 57 gestremde kinders, terwyl die ouers toekyk. Hulle leef die liefde en diensbaarheid van Jesus na mense toe. Deur hul

op pad | des 2008 & jan 2009

11

marokko

voorbeeld en lewe word mense geraak en vra hulle na die Bron van hul vreugde en vrede. Ons is diep geraak deur ‘n besoek aan verafgeleë arm gesinne met wie ons sendelinge al etlike jare ‘n liefdes- en vriendskapspad loop. Ons is getref deur hul liefde vir hierdie mense, asook die opoffering om honderde kilometers op eie koste te ry en die geduld om vir jare hierdie pad met hulle te stap om hulle uiteindelik vir die koninkryk te wen. Hul bereidheid om by hierdie mense in hul armoedige huise van gras en modder, sonder spoeltoilette of lopende water, te gaan bly. Ons laaste besoek was aan ‘n sendelingpaar aan die Marokkaanse kus. Hierdie onderwysers se bediening is gebou op die Jesus-in-diemarkplein-beginsel en vriendskapsevangelisasie. Ons het hul Sondag by hul “huiskerk” bedien. Soos al die ander sendelinge mag hulle nie die evangelie openlik verkondig nie en sal hulle vervolging in die oë staar indien hulle dit wel sou doen. Moslems se vrees is die grootste struikelblok om hul tot die Christendom te bekeer. Ons slotsom? Jesus het ook vir

Marokko en elkeen van sy inwoners gesterf. Om ‘n gestuurde te wees is ‘n voorreg, maar vra ‘n prys. Dissipelskap vra ‘n nougesette lewe en kos ‘n prys. Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “Getuig, en as dit nodig is gebruik woorde,” want jou lewe praat harder as jou woorde. Werk onder mense in die MiddeOosterse lande is baie moeilik, gevaarlik en vra baie geduld. Ons mag nooit na hierdie sendelinge van ons kyk en die aantal bekeerlinge as ‘n suksessyfer beskou nie. Dit neem dikwels jare om een bekeerling te maak. Ons is dankbaar vir Suid-Afrika: Ons mag openlik verklaar dat Jesus die Koning is, openlik gemeenskap van gelowiges beoefen, Bybel lees, kerk hou en soveel meer. God het elkeen van ons nodig – van die suidpunt van Afrika tot bo in Marokko. God het jou nodig om deel van sy netwerk te wees. Ons sendelinge het jou nodig om hul hande omhoog te hou in die baie moeilike omstandighede waar hulle werk. Haak aan deur effektief vir onbereikte lande en werkers daar te bid, of om op enige ander manier soos die Here dit op jou hart lê.

Ons nuwe sendelingversorger

René Rossouw is aan die woord:

E

k het nog altyd heimlik geweet dat my lewe anders as my skoolmaats s’n sou wees. Die groot keerpunt was in my finale jaar op Tukkies toe ek na ‘n besoekende sendeling geluister het. Die nood van ‘n wêreld sonder Jesus het my so aangegryp dat dit alle besluite vir die res van my lewe sou beïnvloed. Tydens die vier jaar wat ek bevoorreg was om in Israel te werk, het ek diep bewus geword van die soms desperate behoefte wat sendelinge het aan omvattende ondersteuning. Alte dikwels verstaan die stuurders (die wat vanaf die tuisfront ondersteun) egter nie die uitsonderlike uitdagings van die sendelinge op die veld nie. Die Here laat egter alles ten goede meewerk vir dié wat Hom

12

liefhet en my sukkel-periode in Israel het gelei tot my bediening om stuurders en kerke in sendelingversorging toe te rus. Dit het ek vir 17 jaar gedoen deur Operasie Mobilisasie. Die Here het inderdaad vir my ‘n lieflike erfdeel op aarde afgemeet en eendag gaan ek Hom in die hemel daardie spesiale drukkie gee waaroor ek altyd nog net droom. Ek is ‘n omgee-mens en dis vir my moeilik om ander te sien swaarkry en sukkel. Alhoewel hierdie skapie nie baie goed in groot ‘troppe’ vaar nie, is daar tog niks lekkerder vir my as om rondom ‘n koppie koffie iemand se hart beter te leer ken nie. Ek vind die potensiaal en gawes wat die Here in mense se lewens weggebêre het fassinerend en wanneer hulle dit by die Here se planne uitgebring het,

op pad | des 2008 & jan 2009

raak ek baie opgewonde oor die koninkryk. Ek is ook dol oor die natuur en as jy nou vir René wil stil kry, moet jy haar net in die veld onder ‘n boom parkeer. Ek glo dat daar geen beter prediker is as die stil fluistering van die wind deur ‘n boom nie. In al die bedrywigheid van my lewe het ek toe nooit getroud gekom nie, en my twee honde leef in die hemelop-aarde nog voor hulle dood is. Ek het mos gesê dat my lewe anders as my skoolmaats s’n sou wees… Kontak René by die sendingkantoor by 012 997 8010 indien jy by ‘n sendeling betrokke wil raak met jou gawes, talente of gebed.

Related Documents

Op Pad Des_jan 2009
December 2019 21
Op Pad Nov 08
November 2019 1
Pad Paris 2009
June 2020 2
Lad Sketch Pad - Feb 2009
December 2019 1