Ontwerp Graad 10

  • July 2020
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Ontwerp Graad 10 as PDF for free.

More details

  • Words: 30,578
  • Pages: 140
GRAAD 10 - SUNE STASSEN - RONELL LAREMAN & LARA KRUGER - LEON BUCHNER - SAN-MARIE DE LA REY Boekontwerp deur Caitlin Truman-Baker

CAPS



Ontwerp

Ontwerp Graad 10

ONTWERP – GRAAD 10

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP – GRAAD 10

© Future Managers 2010 Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie boek mag elektronies, meganies, deur middel van fotokopiëring of op enige ander wyse reproduseer word sonder die toestemming van die kopiereg eienaar nie. ISBN 978-1-920203627 Eerste uitgawe 2010 Hersiende uitgawe 2011 Om ‘n afrskrif te maak van enige gedeelte van hierdie publikasie, moet ‘n versoek gerig word aan DALRO vir inligting en outeursreg toestemming. Ongemagtigde kopiëring is strafbaar en mag lei tot ‘n siviele geding en/of strafmaatreëls.



Voorblad & Uitlegontwerp - ctbDesign

Telefoon: 086 12 DALRO (in Suid Afrika); +27 (0)11 712-8000 Faks: +27 (0)11 403-9094 Adres: Posbus 31627, Braamfontein, 2017, Suid Afrika www.dalro.co.za

FutureManagers Uitgegee deur Future Managers Edms. Bpk. Posbus 13194, Mowbray, 7705 Tel 021 462 3572 Faks 021 462 3681 Epos: [email protected] Web: www.futuremanagers.net

Kopiereg © Future Managers

In houd

ONTWERP – GRAAD 10

Module 1 Kwartaal een – Wat is Ontwerp?

Bladsy

1.

Inleiding: Wat is ontwerp?

3

2.

Inleiding tot die vier hoofkategorieë in die kreatiewe industrie

27

3.

Inleiding tot elemente van ontwerp

46

4.

Inleiding tot tekenmateriale

74

5.

Inleiding tot die primêre beginsels van ontwerp

83

6.

Ontwerp in ’n besigheidskonteks

91

7.

Praktiese projekte

121

8. Tekenprogram

128

Module 2 Kwartaal twee – Kommunikeer visueel met behulp van ontwerp: Die geskiedenis van die ontwikkeling van visuele kommunikasie en informasie ontwerp Bladsy 1. Inleiding

133

2.

Simbole, ikone en visuele geletterdheid

134

3.

Wat is drukkuns?

170

4. Tipografie

173

5.

Die wêreld van kommunikasie

175

6.

Die Gestalt teorie

185

7.

Logo’s, korporatiewe ID, advertensiewese, handelsmerkbestuur

191

8.

Ontwerp in ’n besigheidskonteks

219

9. Gevallestudies

231

10.

Praktiese projekte

239

11. Tekenprogram

245

Module 3 Kwartaal drie – Kan ontwerp die gemeenskap tot voordeel strek? Bladsy 1.

Inleiding tot antieke Griekse ontwerp

251

2.

Pompeii woordelys

256

3.

Inleiding tot Pompeii: Die wêreld van ontwerp in ’n historiese konteks

259

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP – GRAAD 10

Module 3 vervolg

Bladsy

4. Pompeii: Handgemaakte ontwerp teenoor moderne massa produksie van ontwerpe 265 5.

Inleiding tot Gotiese, Renaissance en Barok ontwerp

6.

Praktiese projekte

7.

Ontwerp in ’n besigheidskonteks

273

283

8. Tekenprogram

285

Module 4 Kwartaal vier – Produkontwerp en bruikbaarheid

Bladsy

1.

291

Inleiding tot produkontwerp

2. Ergonomie

293

3.

Die Industriële Revolusie

294

4.

Die Kuns en Kunsvlyt beweging

295

5.

Gevallestudie: William Morris

296

6.

Die universele beginsels van ontwerp: Bruikbaarheid

303

Tekenprogram 311 7. 8.

Finale praktiese projek 315

Kopiereg © Future Managers

Suid-Afrika benodig in verskeie industrieë persone wat

Voorwoord

kreatief kan dink, probleme kan oplos en oorspronklik sowel as innoverend kan wees met idees. Kompeterende besighede benodig kreatiewe denkers. Jy, die leerder/ontwerper, kan bydra tot die ontwikkeling van ’n kompeterende Suid-Afrikaanse ontwerpkultuur en industrie. Jy kan help om Suid-Afrika te verander van ’n land wat tans ander lande se idees gebruik (intellektuele eiendom) na ’n wêreldmag wat ander lande voorsien met oorspronklike ontwerpe en volhoubare oplossings. Ons glo dat jy met ’n positiewe houding, motivering en deursettingsvermoë in die vak Ontwerp kan bydra om ’n fondasie te vestig vir ’n produktiewe en innoverende Suid-Afrikaanse ontwerpindustrie. Suid-Afrika het die potensiaal om ’n kompeterende teenstander te wees vir die res van die wêreld. Is dit nie juis wat ons almal van ons landgenote verwag nie? Kom ons kyk hoe ons hierdie doel kan bereik. Eerstens is dit belangrik dat jy as leerder kan demonstreer dat jy visueel kan kommunikeer deur middel van visuele letterkunde (kommunikasie sonder woorde) en verstaan hoe ontwerp in kulture, omgewings en besighede inpas. Dit is noodsaaklik om te besef dat historiese gebeurtenisse in ons verlede die ontwikkeling van verskeie produkte (huidiglik en in die kontemporêre praktyk) beïnvloed. Om begrip en selfvertroue te ontwikkel in die wyse hoe jy kommunikeer, is dit noodsaaklik om te begin by die basiese beginsels van ontwerp. As jy weet hoe en waar ontwerp in die samelewing inpas, is dit maklik om die historiese invloed op die produkte wat ons vandag sien van nader te ondersoek, te herken, te verstaan en te kommunikeer. Bogenoemde begrip stel jou in staat om verskillende invloede op modes en giere of tendense raak te sien en ’n beter begrip te vorm oor style en waarom sekere aspekte van ontwerp is soos wat dit vandag is. Jy sal ook begin oplet en verstaan hoe ontwerp ’n daaglikse invloed op ons lewens het.

Ontwerp in die onderwys sal nie net toekomstige ontwerpers oplewer nie, maar sal ook bydra tot die ontwikkeling van ’n nuwe generasie jongmense met ’n goeie begrip en waardering vir ontwerp. Dit is immers jy wat besluit waarvan jy hou en waarvan jy nie hou nie. Alles hang af van ’n produk se voorkoms en of dit werklik aan jou behoeftes voorsien. Jy sal byvoorbeeld nie belangstel in ’n aaklige selfoon wat boonop nie goed werk nie. Jy, as die verbruiker, speel dus ’n baie belangrike rol. Elke besigheid ondersoek eers hul kliënte se vooren afkeure voordat daar enigsins begin ontwerp word. Indien die kliënt nie ’n goeie oog vir ’n goeie ontwerp het nie, sal daar nie belangstelling vir beter produkte wees nie. Besighede sal dus nie groei, ontwikkel, uitbrei en beter produkte vervaardig nie. Jy, as verbruiker, is dus ’n besigheid se teikenmark.

Ingenieurswese is goeie voorbeelde van Ontwerp, al dink sommiges dat dit iets heeltemaal anders is. Almal weet dat Wetenskap en Tegnologie in ons onderwysstelsel geïdentifiseer word as ’n “antwoord op ’n beter toekoms”. Ander mense voel dat Ontwerp, Tegnologie, Wiskunde en Wetenskap baie suksesvol kan saamwerk. Hierdie stelling is slegs waar indien ons werklik ’n verskil wil maak en produkte van uitstaande kwaliteit wil ontwerp wat uitgevoer kan word. Alle prosesse in Tegnologie en Wetenskap behoort die ontwerpproses as dryfveer te implementeer sodat mense hulle kreatiewe denke, innovasie, oorspronklike idees en probleemoplossingsvaardighede kan gebruik om ’n bydrae te lewer. ’n Noue band tussen Ontwerp, Tegnologie, Wetenskap en Wiskunde kan jou laat groei as student en kan beslis later in jou lewe ’n verskil maak.

Selfs al stel jy nie belang in ’n beroep in Ontwerp nie, sal jy noodsaaklike lewenslesse leer wat in alle vakke en in jou private lewe benut kan word. Die vaardighede wat jy in Ontwerp as vak aanleer, sal jou in staat stel om probleme op te los, inligting te versamel en om kreatief en innoverend te handel. Jy sal ook leer hoe om ’n entrepreneur te word, idees suksesvol oor te dra, en leer oor mense en hul gedrag (soos die verskillende teikenmarkte waarvoor ontwerp word). Dit maak dus nie werklik saak watter beroep jy eendag gaan volg nie, maar jy sal saamstem dat dit voordelig is om genoemde vaardighede te hê sodat jy jouself kan toerus en kan ontwikkel tot die beste van jou vermoëns vir enige toekomstige rigting. Die meeste mense weet nie werklik wat Ontwerp is nie. Hulle dink dat dit duur en eksklusief vir welgesteldes bedoel is en gebruik word om mooi goedjies te maak. Hulle vergeet dat Ontwerp gebruik word om probleme op te los en aan die behoeftes van mense voorsien wat werklik bystand en hulp nodig het. Spesifieke produkte kan bydra tot die ekonomiese welvaart van ons land. Dit kan werksgeleenthede skep en hulp aan behoeftiges bied. ’n Kreatiewe denkwyse sal ook help om ’n meer volhoubare wêreld te ontwikkel, wat bestaan uit verantwoordelike verbruikers, besighede en omgewings. Daar is altyd ’n meer volhoubare keuse vir elke besluit wat ons moet maak. Argitektuur en

Ontwerp is nie slegs vir studente wat nie Wiskunde of Wetenskap kan doen nie. Dit is nie die ‘maklike opsie’ nie en kan ’n uitdaging vir alle leerders bied en jou voorberei vir studies in ingeneurswese, argitektuur, industriële ontwerp en ander relevante studies. Selfs die motorindustrie (die ontwerp van voertuie) sluit kreatiwiteit en ontwerp in. Die voordeel van ontwerp as ’n vak is dat dit leerders in staat stel om suksesvol te wees ongeag kulturele of selfs fisiese tekortkominge. Dit hang alles af van jou as leerder en wat jy besluit om met hierdie geleentheid te maak. Omdat Ontwerp ’n impak op ons daaglikse lewens maak en ons lewenskwaliteit verbeter, is daar bewyse dat dit ’n belangrike deel uitmaak van alle kulture in ’n beskaafde samelewing. Ons kan dus met sekerheid sê: Ontwerp is nie ’n luuksheid nie! Dit is ’n noodsaaklikheid! Ons verwys altyd na Suid-Afrika as ’n land met moontlikhede. Kom ons gryp hierdie moontlikhede met ope arms aan en verander dit na realiteite. Laat ons toe om jou te bemagtig met kreatiwiteit sodat jy in die toekoms ’n verskil kan maak en ons saam ’n beter SuidAfrika kan bou.

Suné Stassen Kreatiewe konsultant en ontwerpaktivis

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1

Wat is twe onrp?

Wat is ontwe rp?

2

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

’n Inleiding tot die “Wêreld van ontwerp”

Inhoud 1.

Inleiding: Wat is ontwerp?

2.

Inleiding tot die vier hoofkategorieë in die kreatiewe industrie

3.

Inleiding tot elemente van ontwerp

4.

Inleiding tot tekenmateriale

5.

Inleiding tot die beginsels van ontwerp

6.

Ontwerp in ’n besigheidskonteks: TENDENSE

7.

Praktiese projekte

8. Tekenprogram Kopiereg © Future Managers

3 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Wat is ontwerp? “Alhoewel baie produkte en voorbeelde van goeie ontwerp geklassifiseer kan word as luukse items soos uitspattige juwele, klere en duur motors, het die menslike spesie nog altyd, selfs vanaf die steentydperke tot vandag, uitdrukking aan basiese noodsaaklikhede gegee vir oorlewing, kommunikasie, vervoer, voeding, en om nie eers te praat van basiese mediese hulp en beskerming teen die elemente nie.

Geen kultuur of land kan bestaan sonder die basiese goed wat die kreatiewe industrieë bied nie. Ontwerp is dus nie ’n luuksheid nie, maar ’n noodsaaklikheid aangesien dit aan basiese menslike behoeftes voorsien.” Suné Stassen, Kreatiewe konsultant en ontwerpaktivis

“ Ontwerp is oral om ons – dit is die dinge wat ons omring. Daar word geskat dat die gemiddelde persoon met ongeveer 150 items van ontwerp in aanraking kom voor ontbyt – van die tandepastebuisie tot die boks graanvlokkies!” “Dis is maklik om te verstaan hoekom, want alles in die mensgemaakte wêreld is ontwerp – die huise waarin ons bly, die klere wat ons dra en die wyse van vervoer wat ons verkies. Ontwerp is deel van elke aspek van ons lewens en daarom is dit ’n belangrike dissipline.” …ontwerp is die vaardigheid of fasiliteit wat die kwaliteit van ons lewens verbeter. Ontwerpers is optimiste. Hulle is die hervormers. Ontwerpers verbeeld die wêreld waarin ons leef.” Ravi Naidoo – ‘Design Overview’ – Woolworths, “Making the Difference Through Design Daily”

“Ontwerp handel nie noodwendig oor ‘kuns’ nie. Dis eerder die skepping van welvaart deur die effektiewe aanwending van kreatiwiteit.” Woolworths, “Making the Difference Through Design Daily”

het Hanan Yanny laat besef dat verouderde tydskrifte nie

’n Beter wêreld deur kreatiwiteit

noodwendig rommel is nie, maar as roumateriaal vir ju-

“Hoe hou ’n persoon melk koud in die woestyn? Hoe word ’n dak oor mense se koppe voorsien? Hoe kan ’n tydskrif in ’n spieël omskep word of die mees verlate uithoek van die aarde in die nag verlig word? En hoe word al bogenoemde vyf vrae met dieselfde

wele en ander nuwe produkte aangewend kan word. Dave Irvine Halliday het deur middel van kreatiwiteit ontdek dat die samesmelting van LED’s en solar-batterye ’n ligbron kan wees in onbereikbare verafgeleë areas.

oplossing beantwoord? Eenvoudig: Deur kreatiwiteit.

Kreatiwiteit kan ’n beter wêreld skep. Dis die leuse van

Dit was kreatiwiteit wat die Nigeriese onderwyser Mo-

in grafiese ontwerp, reklame, modehuise, industriële

Design Indaba en word vereis van kreatiewe industrieë

hammed Bah Abba sy erdeware “pot-in-pot” as afkoelings-

ontwerp, argitektuur, handewerk en digitale media”.

meganisme laat gebruik het. Dit het revolusionêre lewens-

Design Indaba 2008

verbeteringe in semi-woestyn areas tot gevolg gehad . Rajan Harinarain was ook kreatief toe hy die opvouhuis ontwerp het as oplossing vir ’n tekort aan behuising. Kreatiwiteit

www.designindaba.com

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

1. Inleiding

4

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kom ons beskou Ontwerp in ’n ander lig. Kom ons dink, eet, drink en slaap Ontwerp! Het jy geweet dat Ontwerp ons omgewing en die strukture in ons lewens beïnvloed? Dit beskerm ons en bied ons gemak. Ontwerp voorsien ons van vermaak en kommunikeer sosiale kwessies met ons. Dit maak ons ook bewus van veldtogte. Ontwerp ontwikkel, adverteer en stel nuwe produkte aan ons bekend sodat ons ingeligte keuses kan maak.

Ontwerp beïnvloed byna elke aspek van ons lewens

Dit is te danke aan Ontwerp dat ek en jy kan sê wie ons is deur ons eie identiteit en style te kommunikeer. Ons bepaal ons eie identiteit deur die keuses wat ons maak, die klere wat ons dra, ons smaak in musiek, haarstyl, skoene, juwele, ens.

Op dieselfde wyse

bepaal ’n besigheid sy eie identiteit deur ’n sekere gevoel, voorkoms en styl van sy eie te skep. Dit word ’n besigheid se korporatiewe ID of identiteit genoem. Kreatiewe industrieë speel ’n waardevolle rol en ons benodig mense wat op ’n daaglikse basis hul 1

kreatiwiteit, innovering, konsepsuele- en probleem-

“Kreatiwiteit kan ’n beter wêreld skep” “Onderrig in ontwerp ontwikkel ingeligte verbruikers en uitstaande entrepreneurs en skeppers van produkte, dienste, sisteme, prosesse en omgewings”

oplossingsvaardighede gebruik om produkte van uitstaande gehalte aan ons te voorsien. Met ander woorde, ontwerp voorsien ons van en dra by tot die kwaliteit van dienste, sisteme, prosesse en die omgewing.

Definisie van Ontwerp: ’n gedetailleerde plan met ’n struktuur om iets te skep met die aandag op voorkoms, gemak en effektiewe funksionering van die finale ontwerp; om iets te maak op ’n vaardige wyse; om iets te skep vir ’n spesifieke doel; om ’n skets of grafiese voorstelling te maak met die doel om die funksie daarvan te verduidelik of hoe om dit aanmekaar te sit; om ’n struktuur te kommunikeer en inligting toeganklik te maak; of om ’n produk, sisteem, proses, diens of omgewing te ontwikkel.

Kopiereg © Future Managers

5 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

3

WAT IS ONTWERP?

2

4

5

6

7

8

Kopiereg © Future Managers

6

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

11

14

9

12

15

10

13

Kopiereg © Future Managers

7 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

23

16 20

17 24 21

18

25

26

22

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

19

8

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

27

28

29

31

30

32

Kopiereg © Future Managers

33

9

Aktiwiteite vir leerders Aktiwiteit 1 Oefening Vind ’n prent van ’n binnenshuise vertrek (verkieslik sonder enige organiese, menslike en dierlike objekte) en ’n swart Koki-pen. Kry die prent van ’n tydskrif of enige ander bron wat jy of jou onderwyser klas toe bring. Gebruik die Koki-pen en kleur alles op die prent in swart in wat as ontwerp geklassifiseer kan word (of geskep is deur ’n ontwerper).

Aktiwiteit 2 Kan jy nog onthou en ’n lys maak van van al die voorwerpe en ontwerp produkte wat jy in die eerste uur van jou dag gebruik het? Kom ons bekyk dit van nader en ondersoek hoe ontwerp ons alledaagse lewe aanraak. Al hierdie voorwerpe moes deur iemand ontwerp word, en so elke nou en dan ook her-ontwerp word om by ons voortdurend veranderende leefstyle, tendense, nuwe tegnologie en selfs basiese menslike behoeftes aan te pas. Oefening: Lyntekening Versamel al die voorwerpe wat jy in die eerste uur van jou dag gebruik het. Natuurlik sal dit nie moontlik wees om alles bymekaar te maak nie want sommiges sal te groot wees. Rangskik die voorwerpe in dieselfde volgorde as wat jy dit gebruik het. Op hierdie manier skep jy nou ’n visuele storielyn van die eerste uur van jou dag. Neem nou ’n A4 vel papier vir elke voorwerp en maak ’n sorgvuldige lynskets van elkeen. Jy mag of ’n potlood of ’n pen gebruik (2B of 4B potlood sal die beste wees, maar jy kan ook ’n HB-potlood gebruik). Doen die volgende: a) Kyk mooi na jou voorwerp, selfs van verskillende kante af, en besluit dan van watter kant af jy dit wil teken. b) Kyk nou na die skoon spasie op jou A4 vel papier en beplan nou versigtig hoe en waar jy jou skets gaan begin teken. Dis nie ’n probleem as jy agterkom dat jou voorwerp nie alles op jou papier sal inpas nie. Voltooi die skets en probeer dan weer met die volgende een. Jy sal verbeter as jy aanhou oefen. c) Gebruik jou tyd, moenie deur die skets haas nie anders sal jy nie jou noodsaaklike waarnemings vaardighede ontwikkel nie. Probeer om ten minste drie minute aan elke skets te bestee. Om ’n kam te teken, sal dalk nie so lank vat as om ’n haardroër of ’n skoen te teken nie. Dit hang af hoe maklik of gekompliseerd die voorwerp is. d) Probeer om meer na die voorwerp te kyk terwyl jy skets, en nie soseer na die vel papier nie. e) Terwyl jy al die besonderhede van jou voorwerp waarneem, let ook op hoe die lig op die voorwerp val en waar daar donkerder skadukolle is. Probeer nou om beheer oor die potlood/pen/skryfgereedskap uit te oefen. Druk saggies op jou pen of potlood as jy ’n gedeelte van jou voorwerp teken waarop baie lig skyn, en waar dit ligter en helderder lyk. Die teenoorgestelde is waar wanneer jy ’n lynskets van ’n donkerder area teken wat in die skadu is. Vermeerder die druk op jou pen of potlood sodat jy die donkerder lyne kan teken om te wys waar die skadu-areas is. f) ’n Sensitiewe lynskets soos in (e) beskryf, is noodsaaklik vir verdere ontwikkeling van jou tekenvaardighede. Maak seker dat jy hierdie vaardigheid bemeester! g) Moenie teken hoe jy dink die voorwerp lyk nie. Teken die eintlike vorm en ander besonderhede wat jy voor jou sien. Neem jou tyd. Hierdie taak is nie iets wat jy haastig kan klaarmaak nie. h) Probeer om die A4 vel papier te vul. Moenie ’n miniatuur weergawe van jou voorwerp teken nie. As jy klaar is met al die lyntekeninge van al jou voorwerpe, neem al jou A4-sketse en plaas hulle dan in kronologiese volgorde of tydlyn en vertel dan die storie van die eerste uur van jou dag. Wel gedaan, jy het nou jou eie visuele storiebord geskep. Neem kennis dat elke liewe skets vir jou finale tekeningpunt sal tel. Sien voorbeelde van lynsketse op bladsye 53–55.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

10 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Aktiwiteit 3 Ontwerp… beïnvloed ons omgewing en a) b) struktureer ons lewens, beskerm ons en c) d) bied gemak, e) voorsien vermaaklikheid, kommunikeer sosiale kwessies en bewusmakingsveldtogte f) g) ontwikkel, bemark en stel nuwe produkte aan ons bekend sodat ons ingeligte besluite kan maak en ontwikkel ’n identiteit h) Oefening Versamel prente of vind ander visuele beelde soos foto’s of maak sketse om bogenoemde stellings te staaf. Probeer soveel as moontlik verskillende voorbeelde te vind en bespreek jou resultate met jou klasmaats.

Aktiwiteit 4

“Onderrig in ontwerp kan ingeligte verbruikers, entrepreneurs van uitstaande gehalte en skeppers van produkte, dienste, sisteme, prosesse en beter omgewings oplewer en ontwikkel” Suné Stassen, Kreatiewe konsultant en ontwerpaktivis Oefening

Hou ’n klasbespreking of vind visuele voorbeelde om bogenoemde stelling te steun. Verduidelik die waarde van ontwerp in sektore van a) produkte d) prosesse b) dienste e) omgewings c) sisteme

Het jy geweet… die “Hysucat hydrofoil” ondersteuningsisteem vir tweeromp seilbote is deur ’n Suid-Afrikaner, Dr KG Hoppe, ontwerp? Hierdie sisteem bestaan uit twee hidroliese vleuels wat aan weerskante van die twee rompe van ’n seilboot strek om stabiliteit en ’n gemaklike rit deur onstuimige branders te verseker. Hierdie sisteem het ’n geweldige impak op die internasionale mark veroorsaak, veral in die mark van luukse en private seiljagte. Die prototype, ’n 5,6 m seiljag, ontwerp deur die Buro van Meganiese Ingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch, is reeds in 1983 beproef en getoets. Publikasie: ‘Thirty Years of South African Design Excellence’ Sien besonderhede op bladsy 336 as jy jou eie afskrif wil verkry.

Aktiwiteit 5 Gebruik dieselfde lys wat in Aktiwiteit 3 en 4 voorsien is om die foto’s (1-33) op bladsye 4-8 te bestudeer. Klassifiseer elkeen deur te verwys na die gegewe lyste in Aktiwiteit 3 en 4. Dui jou klassifiserings aan en omring dit op die tabel op die volgende bladsy.

Het jy geweet… die produk Aquanaut wat in Amerika verkoop word onder die naam “Poolvac” is oorspronklik deur vier Suid-Afrikaners, JN Raubenheimer, AP Wessels, D Rief en H Schlitzer in 1984 ontwerp? (SA maatskappy: Aquanaut (Pty) Ltd). “Poolvac” is een van die beste produkte wat in Amerika gebruik en verkoop word om swembaddens skoon te maak. Hierdie is slegs een van baie voorbeelde van Suid-Afrikaanse produkte wat opgeraap is deur Amerikaanse belangstellendes. Publikasie: ‘Thirty Years of South African Design Excellence’ Sien besonderhede op bladsy 336 as jy jou eie afskrif wil verkry.

Kopiereg © Future Managers

11 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Aktiwiteit 3 (kyk op bladsy 9)

Aktiwiteit 4 (kyk op bladsy 10)

1 a b c d e f g h a b c d e 2 a b c d e f g h a b c d e 3 a b c d e f g h a b c d e 4 a b c d e f g h a b c d e 5 a b c d e f g h a b c d e 6 a b c d e f g h a b c d e 7 a b c d e f g h a b c d e 8 a b c d e f g h a b c d e 9 a b c d e f g h a b c d e 10 a b c d e f g h a b c d e 11 a b c d e f g h a b c d e 12 a b c d e f g h a b c d e 13 a b c d e f g h a b c d e 14 a b c d e f g h a b c d e 15 a b c d e f g h a b c d e 16 a b c d e f g h a b c d e 17 a b c d e f g h a b c d e 18 a b c d e f g h a b c d e 19 a b c d e f g h a b c d e 20 a b c d e f g h a b c d e 21 a b c d e f g h a b c d e 22 a b c d e f g h a b c d e 23 a b c d e f g h a b c d e 24 a b c d e f g h a b c d e 25 a b c d e f g h a b c d e 26 a b c d e f g h a b c d e 27 a b c d e f g h a b c d e 28 a b c d e f g h a b c d e 29 a b c d e f g h a b c d e 30 a b c d e f g h a b c d e 31 a b c d e f g h a b c d e 32 a b c d e f g h a b c d e 33 a b c d e f g h a b c d e

Hoe kan jy begin om jou konseptuele vaardighede te ontwikkel en waarom is dit belangrik indien jy graag eendag ’n goeie ontwerper wil wees?

Goeie ontwerp is die vermoë om ’n boodskap, konsep of idee suksesvol en visueel aan ander te kommunikeer. Dit is dus uiters belangrik om konsepsuele vaardighede effektief te ontwikkel. Kennis oor die toepassing van sekere elemente in ontwerp soos lyn, kleur, tekstuur, vorm en toonwaardes, stel jou in staat om die gevoel en voorkoms van ’n styl of karakter suksesvol aan ander oor te dra wat

die mees aantreklik, relevant en nuttig sal wees vir jou teikenmark. Tydens hierdie vroeë fases van jou studies in Ontwerp is dit verstaanbaar en aanvaarbaar dat jy onseker of deurmekaar voel. Ontwerp is nie noodwendig maklik of selfs eenvoudig nie, maar dit is baie opwindend en baie uitdagend. Konsepsuele vaardighede is besonders moeilik om onder die knie te kry en te verduidelik. Eers wanneer jy dit ten volle begryp en suksesvol kan toepas, kan jy ’n briljante ontwerper word. Kom ons kyk na sommige van die basiese konseptuele vaardighede om jou ontwikkeling as goeie ontwerper te bevorder.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Prent No.

12 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

1

WAT IS ONTWERP?

2

Ons almal benodig en gebruik woorde, uitdrukkings

abstrakte kwaliteit van verlief wees te kommunikeer.

en abstrakte selfstandige naamwoorde soos uitspattig,

Kyk na verskillende produkte en objekte en probeer om

‘cool’, ‘funky’, klassiek en ‘sleek’ om ’n gevoel, ervar-

woorde neer te skryf wat ’n gevoel of voorkoms van elke

ing of selfs ’n produk te beskryf. Emosies is egter meer

produk/objek die beste beskryf. Vra jouself of daardie

ingewikkeld, soos byvoorbeeld woede, passie, liefde en

spesifieke objek of produk ‘cool’ of ‘funky’ is? Wat is

opwinding. Hoe kan jy hierdie gevoelens suksesvol in

die objek se karakter en styl en wat dra by tot hoe jy die

’n ontwerp kommunikeer sonder die hulp van woorde

objek ervaar? Is dit die vorm, kleur, lyn of tekstuur wat

en met slegs die visuele aspekte soos kleur, lyn, tekstuur,

jou denkwyse en gevoelens beïnvloed?

vorm en toonwaardes tot jou beskikking? Geen woorde

As jong ontwerper moet jy die karakter, eienskappe en

of herkenbare vorms wat gewoonlik met sekere emosies

styl van ’n produk kan identifiseer en verstaan. Ons al-

verband hou, mag gebruik word nie. Jy moet dus hier-

mal hou beslis nie van dieselfde dinge nie en as jy dit (en

die gevoelens/emosies oordra sonder bv. die gebruik van

die redes daarvoor) kan verstaan, gee dit jou die nodige

’n rooi hartjie en ’n kupido vir liefde. Jy kan slegs tek-

insig oor die voorkeure en afkeure van jou teikenmark

sture, vorms, kleur, lyn en skakerings gebruik om die

en hoe verskillende produkte aantreklik kan wees.

3

4

Kopiereg © Future Managers

13 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

5

6

Kom ons kyk hoe jy vaar met die eerste stappe in die ontwikkeling van jou konseptuele en visuele vaardighede. •

Verdeel in groepe van twee.



Kies enige 3 of 4 beelde (nommer 1 – 7) op hierdie twee



bladsye. •

Beskryf die atmosfeer, voorkoms en gevoel van elke beeld



aan jou maat sonder om die nommer of die mees



klaarblyklikste kenmerke daarvan te verraai.



Kyk of jou maat die korrekte beeld kan raai.



Ruil en herhaal die proses.

7

Kopiereg © Future Managers

14 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Kom ons kyk nou of jy jou konseptuele kennis prakties kan toepas.

Aktiwiteit 6 Die volgende projek kan gebruik word om die vlak van bekwaamheid te toets ten opsigte van jou konseptuele vaardighede; jou begrip van ’n 3D- en 2D-vorm; die kreatiewe gebruik van ’n verskeidenheid materiale en tegniese vaardighede; en jou vermoë om te kommunikeer deur lyn, tekstuur, vorm en kleur te manipuleer.

Stap Een Die Ontwerpproses: Voltooi die volgende in jou werkboek. 1.

Kies vyf verskillende emosies/abstrakte selfstandige naamwoorde en skryf dit neer.

2.

Skryf/teken langs elke emosie watter van die volgende die emosie beklemtoon en kommunikeer:





Kleure





Vorms





Teksture soos glad, wollerig, fluweelagtig, blink, ens.





Materiale soos sandpapier, spykers, hout, draad, plastiek, ens.



EMOSIES

KLEURE

TEKSTURE

VORMS

MATERIALE

1. 2. 3. 4. 5.

Stap Twee

Die Projekopdrag – Die

“ysbreker”

Ontwerp en maak ’n driedimensionele (3D) vorm wat EEN van die bogenoemde emosies kommunikeer. Jou vorm mag nie ’n letterlike interpretasie wees nie. Byvoorbeeld, jy mag nie ’n rooi hartjie of ’n uitbeelding van Kupido gebruik om liefde te verbeeld nie en ook nie ’n vuis of ’n mes om woede uit te druk nie. Gebruik slegs kleur, vorm en tekstuur om emosies te kommunikeer. Moenie enige woorde gebruik nie. Dit is juis die suksesvolle kombinasie van die elemente van ontwerp (lyn, kleur, tekstuur en vorm), asook jou keuses van materiaal wat sal bepaal hoe suksesvol jy is. • Skets ’n verskeidenheid opsies vir jou 3D werkstuk en bespreek dit met jou klasmaats en onderwyser voordat jy ’n finale keuse maak. • Beplan dan jou volgorde en konstruksiemetodes versigtig en maak ’n lys van die materiale wat jy benodig. Die produksieproses: Die produksie van die driedimensionele werkstuk moet versigtig gedokumenteer word in die ontwerpwerkboek. Jy mag sketse en inspirerende foto’s of ander bronne gebruik as deel van jou dokumentering. Gee jou meesterstuk ’n titel en vertoon dit saam met die werk van jou klasmaats tydens ’n uitstalling. Bespreek en vergelyk jou tegniese vaardighede, die materiale wat jy gebruik het en die sukses van jou skepping.

Kopiereg © Future Managers

15

Selfassessering Maak ’n merkie in die gepaste blok

KONTROLELYS

Laag

Medium

Hoog

Wat is die moeilikheidsgraad van hierdie projek? Hoe beoordeel jy jou eie konseptuele vermoëns? Hoe beoordeel jy jou tegniese vaardighede? Hoe beoordeel jy jou vermoë om probleme op te los? Hoe beoordeel jy jou innovasie en oorspronklikheid? Hoe beoordeel jy jou vermoë om tyd effektief te benut? Hoe beoordeel jy jou kreatiewe gebruik van materiale? Beoordeel jou ontwerpwerkboek en vermoë om te dokumenteer. Beoordeel jou eie sukses.

“ ’n Goeie ontwerper volg ’n goeie werksetiek, is ’n strategiese beplanner, iemand wat na kennis smag en aanhou leer” Het jy geweet… die ‘Butterfly’-rugsak is in 1976 deur ’n Suid-Afrikaner, E Byrne ontwerp? Jy mag dalk nie kennis daarvan dra nie, maar voor 1976 het die raamwerke van rugsakke bestaan uit reguit horisontale rame wat oor die skouers en heupe gestrek het en beslis nie gemaklik was nie. Jy kan jou voorstel hoe die ‘Butterfly’-ontwerp, geïnspireer deur die lyne van die menslike ruggraat, gemak vir die gebruiker verbeter het. Die raamwerk is van aluminium gemaak om sodoende die gewig te verminder. Die sagte horisontale bande, verminder die stremming op die rug en verplaas die gewig na die heupe. Ongeveer 200 000 rame is sedertdien vervaardig en na Europe uitgevoer. Dieselfde maatskappy is ook verantwoordelik vir die ontwerp van naatlose slaapsakke. (Maatskappy: Sit ’n Sun Products (Pty) Ltd, later bekend as Three Spears Africa (Pty) Ltd). (Ontwerp vir sport en ontspanning; keuse van materiale en ergonomie speel ’n belangrike rol) Publikasie: ‘Thirty Years of South African Design Excellence’ Sien besonderhede op bladsy 336 as jy jou eie afskrif wil verkry.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

16

WAT IS ONTWERP?

’n Voorbeeld van die “ysbreker projek” gemaak deur ’n graad 10 leerlder

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Aktiwiteit 7: Skryf ’n opstel 1.

Gee bostaande projek ’n gepaste titel.

2.

Identifiseer die atmosfeer of “voorkoms en gevoel” van die projek.

3.

Gebruik abstrakte selfstandige naamwoorde om te beskryf wat jy sien en voel.

4.

Identifiseer die materiale wat gebruik is en die metode van konstruksie. Motiveer jou antwoord.

5.

Motiveer die keuse en gebruik van materiale, vorm, kleur, tekstuur en lyn met betrekking tot



jou titel.

6.

Wat dink jy van die driedimensionele stuk? Motiveer jou antwoord.

’n Paar eienskappe van ’n goeie ontwerper ’n Kampioen ontwerper… het ’n sterk werksetiek en uithouvermoë. is gedissiplineerd en selfgemotiveerd. is ’n voorbeeld vir ander, vind oplossings vir probleme en beplan met ’n strategie. is ’n kreatiewe en konseptuele denker. is innoverend en dink oorspronklik. kommunikeer idees effektief en respekteer sperdatums. is iemand wat goed met ander saamwerk.

is sosiaal- en omgewingsverantwoordelik. ontwerp om die standaard van ander se lewens te verbeter. ontwikkel goeie persepsies en het ’n goeie sensoriese bewustheid. is nadenkend en heroorweeg idees en oplossings. is iemand wat streef na die ontwikkeling van produkte met uitstaande kwaliteite. verstaan die belangrikheid van ’n stewige besigheidstruktuur. is iemand wat met ’n verskeidenheid teikenmarkte kan identifiseer. is iemand wat smag na kennis en wat voortdurend wil leer.

Kopiereg © Future Managers

17 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Die ontwerpproses is van kardinale belang. Nie net die

dus ook nie die opdrag, kliënt, profiel of potensiële ver-

bewusmaking daarvan nie, maar ook die uitvoering

bruiker en hul vereistes verstaan nie. Hulle sal ook nie

daarvan. Gedurende die ontwerpproses moet die ont-

genoeg tyd aan hulself gun om die nodige ontdekkings en

werper homself/haarself tyd gun om seker te maak hy/

eksperimente te doen sodat die beste metode, materiale

sy verstaan wat van hom/haar verwag word. Daarna volg

en vervaardigingsprosesse wat die projek vereis, voltooi

navorsing, identifisering, eksperimentering en onder-

kan word nie. Sonder die ontwerpproses sal ’n projek

soek asook konseptualisering, analisering en evaluering.

misluk en die ontwerper sal waarskynlik sy kliënt en

Dit is belangrik dat ’n ontwerper goed kan organiseer

besigheid verloor.

sodat ingesamelde navorsing en relevante informasie ordelik gedokumenteer word. Indien die ontwerper nie

Raak vertroud met die volgende punte en maak seker

die ontwerpproses navolg en implementeer nie, sal hy/

dat die ontwerpproses altyd ’n prioriteit bly en deel

sy nie genoeg inligting tot sy/haar beskikking hê nie en

vorm van alle projekte wat jy aanpak.

Identifiseer behoefte Identifiseer probleem Identifiseer geleentheid

Opdrag en vereistes van kliënte

VLAK 2 Beplan

Skeduleer ontwerpproses Versamel, analiseer, organiseer, interpreteer en herken relevante inligting

Ondersoek die konteks van die ontwerpprobleem Ondersoek verskillende benaderings Genereer idees om probleme op te los Ondersoek verskillende metodes Produseer voorbeelde/prototipes Beplan die produksieproses 1.

2.

3.

4.

VLAK 1 Identifiseer/ontvang

Ondersoek geskikte produksie metodes en materiale

Evalueer en maak verbeteringe

Kies die beste oplossings en idee

Produseer die produk; sisteem; diens; omgewing

Ontwerp opdrag – inhoud, proses, aanwending, doel, funksie en teikenmark word gedefinieer en deur kliënt as opdrag aangebied. Ontwerp skedule – vra kliënt die besonderhede van die beskikbare tyd en sperdatum; identifiseer die hoeveelheid tyd beskikbaar vir elke gedeelte van die ontwerp; beplan en implimenteer ’n rooster wat doelwitte aandui sodat die spertyd bereik kan word. Ontwerp konteks – identifiseer en ondersoek die probleme; ’n proses wat gewei word deur antwoorde vir vrae soos wat, waar, vir wie, hoekom en hoe. Ontwerp idees – versamel, analiseer, ondersoek, eksperimenteer en konseptualiseer die gebruik van ’n verskeidenheid metodes deur middel van groepbesprekings, dokumentering en tekeninge.

Hersien die eindproduk 5.

6.

7.

VLAK 3 Versamel voldoende kennis VLAK 4 Eksperimenteer en kies beste opsies VLAK 5 Prototipe en verbeteringe VLAK 6 Produksie en aanbieding

Die geskikte materiale, produksietegnieke, voorbeelde en prototipes – identifiseer deur middel van eksperimente en evaluering die beste materiale en geskikte produksiemetodes om die sukses van jou eindproduk te verseker; produseer ’n verskeidenheid voorgestelde prototipes/ ontwerp idees of konsepte. Evaluering – toets en evalueer die ontwerpidees en/of prototipes, maak voorstelle en verbeteringe om sodoende die beste oplossings te identifiseer. Finale produksie – beplan ’n tydlyn en besonderhede van jou produksieproses en produseer jou produk, sisteem, diens of omgewing binne die sperdatum wat deur die kliënt gegee is.

Vir jou eie belang en geloofwaardigheid as ontwerper is dit uiters belangrik om werk betyds in te handig.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Die ontwerpproses

18

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Die impak van ontwerp en kreatiwiteit in die vroeë ontwikkelingsjare

Ontwerp en kreatiwiteit speel ’n noodsaaklike rol in die vroeë ontwikkelingsjare van elke kind. Dit is ’n onbetwisbare feit. Hoewel die industrie van speelgoed en speletjies baie winsgewend is, is dit egter die opvoedkundige waarde en gehalte wat toegevoeg word tot die vroeë ontwikkeling van ’n kind wat hierdie bedryf so waardevol maak. Die meeste ouers wil net die beste vir hulle kinders hê. Voorskoolse ontwikkeling word gesien as noodsaaklik om ’n kind vir skool voor te berei. Tydens hierdie vroeë stadiums en op verskillende ouderdomme het kinders blootstelling aan spesifieke aktiwiteite nodig om byvoorbeeld hulle motoriese, numeriese en literêre vaardighede, koördinasie en rolspel te ontwikkel. Die wêreld is reeds so mededingend.

sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Speelgoed en speletjies word gebruik om ’n kind te leer hoe om te fokus, kreatief te dink, probleme op te los en innoverend te wees, sowel as strategieë te bedink en hulle verbeelding te gebruik. Dit is hierdie belangrike vaardighede wat ons wil hê kleuters moet ontwikkel voordat hulle uiteindelik skool toe gaan. Dit is ook ’n feit dat hierdie vaardighede hulle in al hulle ander vakke sal help. Ons is van mening dat leer meer effektief plaasvind deur spel. Selfs op mediese terrein word speelgoed en speletjies voortdurend gebruik omdat dit die effektiefste manier is om te werk met kinders wat leer- en ander ontwikkelingsprobleme het. Speletjies kan ook gebruik word om pasiënte met verskillende behoeftes te rehabiliteer.

Het jy geweet… Monopoly druk daagliks meer geldnote as die Amerikaanse reserwebank.

Ouers en kenners meen hulle moet kinders voorberei

Voorbeelde van opvoedkundige speelgoed vir voorskoolse ontwikkeling

“Ons moet voortbou op die ontwikkeling van elke kind deur kreatiwiteit en ontwerp as waardevolle hulpmiddels te gebruik. Hierdie vaardighede kan leer in alle vakke aansienlik verbeter” Kopiereg © Future Managers

19

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kopiereg © Future Managers

20

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Speelkaarte Het jy geweet? Elke koning in ’n pak speelkaarte verteenwoordig ’n beroemde koning uit die verlede. Kyk of jy die verskille en ooreenkomste in die voorbeelde hieronder kan identifiseer. Skoppens – Koning Dawid Harte – Karel die Grote Klawers – Alexander die Grote Diamante – Julius Caesar

Kopiereg © Future Managers

21

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Sielkundiges, dokters en talle ander kundiges op die

Ten spyte van die feit dat soveel mense aanvaar dat

gebied van ontwikkeling by kinders sal saamstem dat

vroeë ontwikkeling en die gebruik van gereedskap

die belangrikheid van speelgoed om ontwikkeling

en produkte wat daarvoor aangewend kan word,

te stimuleer, nie gering geskat mag word nie. Wat

nie gering geskat mag word nie, bly dit steeds ’n

ons baie interessant vind, is die gereedskap en

voortdurende uitdaging om mense te oortuig dat

produkte wat gebruik word om hierdie vaardighede

ontwerp belangrik is en dat dit tot ontwikkeling

te ontwikkel. Al hierdie speelgoed en speletjies is

kan bydra. Dit is ook moeilik om mense te oortuig

deur iemand ontwerp sodat hierdie noodsaaklike

dat kreatiwiteit en ontwerp as vak of beroep

vaardighede ontwikkel kan word.

’n intellektuele aktiwiteit is wat innovering en probleemoplossing insluit. Ons moet voortbou op

Hierdie industrie is ’n baie goeie voorbeeld van hoe

die ontwikkeling van elke kind deur kreatiwiteit

ontwerp benut word vir die ontwikkeling van en

en ontwerp as waardevolle hulpmiddels te gebruik.

ander vaardighede.

Hierdie vaardighede kan leer in alle vakke verbeter.

Kopiereg © Future Managers

22 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Aktiwiteit 8 Hierdie een kan hope genot verskaf! Kom ons kyk

Onthou dat die ontwerpproses altyd voor

of jy met jou eie kreatiewe idees vorendag kan kom

produksie plaasvind!

om ’n kind se ontwikkeling aan te help. Jy kan fokus op enige ouderdomsgroep, maar moet verstaan dat die ouderdomsgroep wat jy kies sal daarom ook jou teikenmark wees. Jy moet dus eers navorsing oor daardie ouderdomsgroep doen sodat jy kan verstaan en weet vir wie jy ontwerp, wat hulle spesifieke behoeftes is en waarvan hulle hou of nie hou nie. Kies jou teikenmark. Kies dan uit die volgende lys enige vaardigheid of kombinasie daarvan wat ontwikkel-

Doen navorsing oor die relevante ouderdomsgroep wat jy gekies het. Identifiseer verskillende maniere om die inligting in te samel. Besluit

waarop

jy

gaan

fokus:

kies

enige

ontwikkelingsvaardigheid uit die vorige lys. Jy mag meer as een vaardigheid kies, maar dit sal afhang van die groep se ouderdom en die betrokke vaardighede

ing bevorder en wat jy in jou eie ontwerp wil insluit.

wat daardie groep benodig.

Ontwikkelingsvaardighede vir die lewe

Kyk na al jou bevindinge en maak ’n verskeidenheid

Literêre- of taalvaardighede sluit hoe om te leer praat, spel en lees, of name en eenvoudige vorms, diere, plante en hoe om geluide te herken in. Syfervaardighede behels die identifisering van syfers en hoe om op te tel, af te trek, te vermenigvuldig of te deel. Rolspel sluit moontlik ’n aantal situasies of omgewings in. Motoriese vaardighede en koördinasie sluit balvaardighede in wat te doen het met balans en die motoriese bewegings van spiere in ’n mens se liggaam.

finale ontwerp. Indien jy terugvoering benodig, kan

van sketse sodat jy die beste een kan kies vir jou jy dit met jou klasmaats bespreek of jou onderwyser raadpleeg voordat jy ’n finale keuse maak. Kies die relevante materiale om die produk aanmekaar te sit. Jy het dalk nie baie kennis oor die ontwerp van kentekens (logos) nie, maar jy kan tog ’n gepaste naam vir jou produk uitkies. Onthou dat alle keuses, selfs die voorkoms van jou lettertipes, ’n rol speel in die gevoel en voorkoms van jou finale produk. Hoe sal jy weet of jy suksesvol was?

Wat van ’n “logo” vir jou produk, met instruksies hoe om dit te gebruik?

Dit is belangrik om te weet of jou produk Indien

jy

jy

suksesvol is. Om dit vas te stel, kan jy jou

selfs jou eie “logo” vir jou produk ont-

teikenmark toelaat om met jou produk te speel.

werp en die instruksies oor die gebruik

Jy mag dalk uitvind dat jy ’n paar veranderinge

van

moet aanbring voordat jy jou finale produk

jou

daarvoor

produk,

kans

speelding

sien,

of

kan

speletjie

insluit. Afhangende van die ouderdom van die

inhandig.

teikengroep, kan die instruksies die reëls van ’n bordspel of hoe om iets te bou, insluit. Dit kan

Skryf dan ’n verslag oor jou bevindinge en

dan ’n lynskets, grafiese voorstelling of tegniese

bepaal die sukses van jou produk.

skets insluit om visueel die konstruksiemetode te kommunikeer.

Kopiereg © Future Managers

23 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Die volgende drie ontwerpers se werk is voorbeelde wat jy dalk nie in die verlede as ontwerp sou beskou het nie. Maak ’n lys van hoe jy dink hierdie ontwerpers en hul ontwerpe ’n impak maak op verskillende omgewings en hoe hulle mense se lewens op ’n daaglikse basis beïnvloed.

“As stilis glo sy dat elke lyn ’n funksie het”

WAT IS ONTWERP?

Interessante voorbeelde

Die motorstilis ’n Interieur ontwerper vir die motorindustrie. Verantwoordelik vir die eksterne en interne keuses van kleur sowel as die keuses van die interieur se tekstuur, lyn, vorm, materiale, ens. Oona Scheepers, ’n meisie van Prieska, ’n klein plattelandse dorpie in SA, wat oorspronklik Grafiese Ontwerp gestudeer het, bevind haarself tans in die fassinerende wêreld van motors. As stilis glo sy “elke lyn het ’n funksie”, ’n reël wat geblyk het om goud werd te wees en een waarvolgens sy leef en ontwerp. In die mededingende motorbedryf kompeteer sy met die wêreld se bestes en bevind haarself beslis in baie goeie geselskap. Sy het ’n belangrike rol gespeel in die ontwerp van die volgende produkte: Porsche Carrera GT, Cayenne en Cayman, sowel as die Audi R8, A5 en A4, asook die onlangse Audi-vertoonmotors.

Vraag:

lyn en kleur sou jy kies om ’n “sportiewe,

gesofistikeerde

en

gevorderde” motor uit te beeld? ’n

Voorbeeld

’n

mo-

torstilis in ag moet neem.

Let

van

wat

ook daarop dat hulle die keuses jare voor die produk op die mark verskyn moet maak. Dit is dus nodig om voorspellings te maak rakende die kleure, teksture, vorms en lyne sodat dit nie uit pas is teen die tyd dat die produk vrygestel word nie.

Lees meer oor Oona Scheepers en haar interessante loopbaan: http://issuu.com/designinformation/docs/design_education_no_3/14? Video: Oona Scheepers deel haar onderneming met die motorontwerp industrie tydens haar besoek aan Suid Afrika om die nuwe Volkwagen Polo voor te stel. As hoofontwerper vir Porsche, toe Audi en toe Volkswagen, verduidelik sy al die fyner besonderhede van hierdie industrie. http://www.designindaba.com/speaker/presentation/oona-scheepers-2008

Kopiereg © Future Managers

Watter materiale, vorms,

24

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kopiereg © Future Managers

25 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Die industriële ontwerper WAT IS ONTWERP?

Deur sy kreatiwiteit maak hierdie ontwerper ’n verskil in mense se lewens Tucker Viermeister is ’n industriële ontwerper. As jy kyk na sy indrukwekkende loopbaan waartydens hy 32 Amerikaanse bruikbare patente geregistreer het, kan jy nie anders as om te verstaan waarom Business Week hom die “Guru” van ontwerp noem nie. Hy is ook die stigter van Smart Design waar hy gehelp het om die beroemde OXO GoodGrips kombuisgereedskap te ontwerp. Vandag is dit nog meer van belang dat ontwerpers verantwoordelik is met die keuses wat hulle uitoefen. Hierdie keuses sluit in materiaal wat gebruik word, ergonomie, produksiemetodes, en die finale uitvoering van die oorspronklike konsep, asook die konstante bewustheid van en strewe na die beperking van afvalprodukte. Hierdie keuses kan ’n geweldige invloed hê op die omgewing en kwessies rakende sosiale ontwikkeling en ander verantwoordelikhede. In die wêreld van produk-/industriële ontwerp streef elke ontwerper daarna om uiteindelik ’n produk te ontwerp wat hy/sy kan patenteer en dan ’n klomp geld verdien.

“Vandag is dit nog meer van belang dat ontwerpers selfs meer verantwoordelik is met die keuses wat hulle uitoefen” http://en.wikipedia.org/wiki/Tucker_Viemeister

http://www.oxo.com/s-21-good-grips.aspx

http://smartdesignworldwide.com

Wat interessant is van Tucker Viermeister is die manier waarop hy altyd die plesierelemente kombineer met ’n sekere verantwoordelikheidsin in ’n besigheids- of kulturele konteks. Oorsponklik is die OXO GoodGrips geïnspireer deur die probleme wat artritislyers ervaar het met die gebruik van kombuisgereedskap. Deur deurdringende ondersoek in te stel was die resultaat ’n hele reeks nuwe handvatsels wat met gemak deur artritislyers en alle ander verbruikers gebruik kan word. OXO GoodGrips logo

Knoffelpers

Kopiereg © Future Managers

Groenteskiller

26

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Nog ’n industriële ontwerper

Die man wat ’n baanbreker was op die gebied van hoe ons deesdae kommunikeer en besigheid doen.

http://en.wikipedia.org/wiki/Bill_Moggridge http://www.designinginteractions.com/bill Video: Lesing deur Bill Moggridge

Bill Moggridge, mede-stigter van IDEO, was een van die eerstes wat menslike faktore geïnkorporeer het in die ontwerp van harde- en sagteware. Sy onderneming, IDEO, speel ’n belangrike rol in die verskaffing, leiding en hulp aan ander ondernemings wat graag meer

http://www.youtube.com/watch?v=kVkQYvN4_HA Die maatskappy IDEO: http://en.wikipedia.org/wiki/IDEO http://www.ideo.com/

innoverend wil wees tydens die ontwerp van hulle produkte, stelsels, dienste, omgewings en digitale

Bill Moggridge praat oor Diens Ontwerp:

ervarings.

http://youtu.be/wwiae9-c0K0

Kan jy jou indink watse groot aanvraag daar is na hierdie onderneming? Veral as jy dink aan die wêreldwye aanvraag na ’n groot verskeidenheid produkte wat voortdurend aan ons veeleisende menslike behoeftes moet voorsien. Geen wonder IDEO het kantore in Londen, New York, Shanghai, München en Chicago – om net ’n paar te noem.

Mededeling van Ontwerp Kennis: Hier is wat Bill Moggridge oor volhoubaarheid, gesondheid en welstand, sosiale innovasie en die res dink. http://youtu.be/xeI2Baq6XaY Kan ons Ontwerp gebruik om ons lewens meer interessant te maak? Chris Waugh beantwoord hierdie vraag met verwysing na die area van ontwerp vir welstand: http://youtu.be/rvqcS6-7tNc

Hierdie besondere ontwerper is ook die man wat

Geskiedenis van die skootrekenaar:

die eerste skootrekenaar ontwerp het. Dink jy sy

http://en.wikipedia.org/wiki/Laptop

bydrae is ’n druppel in die emmer of dink jy dit het ’n

David Kelly praat oor ontwerp wat op die mens gesentreer is:

groter universele impak? Ons dink dit is

http://www.ted.com/talks/david_kelley_on_ human_centered_design.html

verseker laasgenoemde. Die skootrekenaar is nog ’n uitstekende voorbeeld van die mag wat gegenereer word deur ontwerp, innovering en die ontgunning van kreatiwiteit.

Eerste skootrekenaar

Kopiereg © Future Managers

27 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Industriële ontwerpers is ’n kruis tussen meganiese ingenieurs en kunstenaars. Beide bestudeer die funksie, vorm en konneksie tussen die produk en die verbruiker. Hulle moet dus behoeftes, begeertes en verwagtinge bestudeer en bevredig. Industriële ontwerp is die professionele diens om konsepte en spesifikasies te skep en te ontwikkel om funksie, waarde en voorkoms van produkte en sisteme te optimaliseer tot die voordeel van beide die vervaardiger en die verbruiker. Een van die baie aanvaarde definisies van ontwerp het sy oorsprong in die Carnegie Mellon’s School of Design. “Ontwerp is die proses om iets vanuit sy bestaande staat te beweeg na ’n staat van voorkeur.” Uitvinders en ingenieurs kry ’n idée en laat dit dan werk. Industriële ontwerpers is besorg oor die voorkoms, gevoel en bruikbaarheid van ’n voorwerp. Eers nadat industriële ontwerpers dit veilig, aantreklik en funksioneel gemaak het, is dit gereed om in massa deur fabriekswerkers en masjiene vervaardig te word. Onthou die veranderinge wat in die maak van funksionele voorwerpe teweeg gebring is deur die Industriële Revolusie (die wegbeweeg van individuele ambagsmanne en kunshandwerkers na massaproduksie). Die loopbaan van ’n industriële ontwerper is die gevolg van hierdie veranderinge. Goedere wat in massa geproduseer word moet aanklank vind by die massas om in groot hoeveelhede verkoop te kan word. Kunstenaars is nodig om produkte te ontwikkel wat tot baie mense sal spreek. Elke fabriek-vervaardigde produk is ontwerp of beplan deur ’n industriële ontwerper. Hierdie ontwerpers: • Maak gedetailleerde tekeninge of 3D-voorwerpe om die grootte, vorm en tekstuur van produkte aan te dui • Spesifiseer die materiaal en maak dikwels modelle of prototipes van die produk vir toetsing • Probeer om al die maniere waarop ’n persoon die produk mag gebruik of wangebruik te antisipeer.

Dit is hulle werk om produkte goed te laat lyk, want soos Raymond Loewy, ’n invloedryke industriële ontwerper, beweer:

“Ugliness doesn’t sell”

2. Inleiding tot die vier hoofkategorieë van die kreatiewe industrie

Visuele kommunikasie-ontwerp Oppervlakontwerp (twee dimensioneel) Produkontwerp (drie dimensioneel) Omgewingsontwerp *Meer voorbeelde in die Woolworths “Making the Difference Through Design Daily”

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Definisie van industriële ontwerp

Visuele kommunikasie ontwerp

28

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Visuele kommunikasie-ontwerp

sluit in, maar is nie beperk tot, sektore soos reklame-ontwerp, animasie, digitale ontwerp, film en video, grafiese ontwerp, handelsmerkkommunikasie-ontwerp, illustrasie, inligtingsontwerp, verpakkingsontwerp en toegepaste fotografie. Neem kennis van die verskillende style of tipes wat gebruik is in elke voorbeeld van ’n produk, handelsmerk of logo in hierdie afdeling en ook sommer in die algemeen rondom jou. Jy sal sien dat Tipografie ’n groot rol speel in handelsmerk identifikasie. Verbeel jou jy verander Coca Cola se style na die style wat op die Marmite houer gebruik is op die oorkanste bladsy. Om die style te verander, kan ’n groot impak op die handelsmerk se identiteit hê en is gewoonlik ’n baie riskante besigheid. As ’n bekende handelsmerk besluit om drastiese veranderinge aan te bring, is dit gewoonlik fyn uitgewerk en is dit gebaseer op die uitslae van intense impakstudies. Jy sal meer leer oor Tipografie in Module 2. Carrol Boyes www.carrolboyes.co.za http://issuu.com/designinformation/docs/design_15_v3/254?

“How big is Barbie?” Artikel op Monkeybiz www.monkeybiz.co.za http://issuu.com/designinformation/docs/design_ed_1/94?

Logo-ontwerp

Verpakkingsontwerp Kopiereg © Future Managers

Informasieontwerp

ee p

29

Tastic-verpakkingsontwerp: ontwerp deur Garth Walker van Orange Juice Design

Inligtingsontwerp

Het jy geweet… dat Coca-Cola oorspronklik groen was? David Butler is huidiglik die man wie verantwoordelik is om die wêreldwye ontwerp visie en strategie vir Coca-Cola te lei. Gaan kyk na die volgende web adres: http://en.wikipedia.org/wiki/Coca-Cola http://www.designindaba.com/news-snippet/design-scale-di2011

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

30

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Voorblad vir i-jusi # 6 gepubliseer in 1997, ontwerp deur Garth Walker www.ijusi.co.za

Kopiereg © Future Managers

31

Het jy geweet… die “Snake Board”-skaatsplank is in 1993 uitgevind en ontwerp deur drie Suid-Afrikaanse ontwerpers, R Clausen, B Clausen en G Clausen van Clausen Plastics (Pty) Ltd? Mense wat die skaatsplankkultuur ken, weet almal dat ’n ‘Snake Board’ verskil van die gewone skaatsplank! Die gebruik van die korrekte materiale om genoeg duursaamheid te bied maar ook aan die sportiewe persoon se behoeftes te voldoen, is ’n absolute noodsaaklikheid. Zytel ST901, ’n V-vormige snit uit rou nylon, is ’n ligte materiaal wat weerstand kan bied teen besonderse drukking op die bord, maar terselfdertyd ook kraakbestand, skok-absorberend en buigbaar bly. Die ‘Snake Board’ kan ’n spoed van 18km per uur op ’n gelyke oppervlak handhaaf en selfs versnel tot ’n ongelooflike spoed van 35km per uur op afdraandes. (Ontwerp van spesifieke behoeftes vir sporttoerusting) Publikasie: ‘Thirty Years of South African Design Excellence’ Sien besonderhede op bladsy 336 as jy jou eie afskrif wil verkry.

“Jungle Beat” is ’n kort animasie wat vir Sunrise Produksies deur Rowan van Tonder ontwerp is

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

32

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Oppervlakontwerp (2 dimensioneel)

Kopiereg © Future Managers

33

Oppervlakontwerp (2 dimensioneel) (gewoonlik tweedimensioneel) fokus op sektore en toepassings soos appliek, borduurwerk, kralewerk, muurontwerp, gekleurde glas, tapesserie, tekstielontwerp, weefwerk, keramiek soos teëls, graffiti, mosaïek, die ontwerpe op geskenkpapier, muurpapierontwerp, weefstofontwerpe en modeontwerp. Nota: Enige ontwerp van ’n oppervlak kan in ’n produk omskep word.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

34

(3 dimensioneel)

Produkontwerp

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kopiereg © Future Managers

35

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

“ ’n Goeie ontwerper is iemand wat die belangrikheid van ’n standvastige besigheidstruktuur verstaan en daarna streef om produkte van uitstaande gehalte en kwaliteit te ontwikkel” Kopiereg © Future Managers

36 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Produkontwerp (3 dimensioneel) is funksioneel, dekoratief en gewoonlik driedimensioneel. Dit kan industrieë insluit en is van toepassing op die vleg van mandjies, kralewerk, houtsneewerk

en

houtdraaiwerk,

keramiek,

mode- en kostuumontwerp, industriële ontwerp, juweliersontwerp, papierwerk, poppespel, draadwerk, meubel- en glasblaasontwerp.

Onder: Die speelse bron van lig is die werk van die beeldhouer Brett Murray.

Kopiereg © Future Managers

37

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Wat istwe onrp? Kopiereg © Future Managers

38 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Die ontwerp van bote skep vervoer sowel as ander vorme van rekreasie vir baie mense

Voorbeelde van die ontwerp van juweliersware

Ontwerp deur Michael Albertyn

Ontwerp deur Nena Kotze

Ontwerp deur Michael Albertyn

Kopiereg © Future Managers

39

Modeprodukte in Kaapstad tydens ’n modeparade by die jaarlikse internasionale Design Indaba

http://www.designindaba.com/expo

http://vimeo.com/11807772

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

40

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Omgewin ontwerp “ ’n Goeie ontwerper is bewus van sosiaal - en omgewingverantwoordelik en ontwerp met die doel om die standaard van mense se lewens te verbeter ”

Kopiereg © Future Managers

41

’n Openbare standbeeld dra by tot die waarde, styl en atmosfeer van die omgewing

Die Teatro portaal by Monte Casino

ngsDie interieur van die Teatro by Monte Casino

Yslike groot dekoratiewe vlotte word gemaak van rommel en afvalprodukte, ontwerp vir die Rio Karnaval in Brasilië.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

42

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Wat het koeëlvastebaadjies, brandtrappe, ruitveërs, en laserdrukkers in gemeen? Al bogenoemde is deur vroue ontwerp

Omgewingsontwerp

sluit industrieë soos argitektuurontwerp, stedelikeen landskapontwerp, vertoonruimtes, funksie- en uitstallingontwerp, interieure ontwerp, teater- en stelontwerp en binnenshuiseversiering in.

Bostaande foto van Kaapstad is ’n goeie voorbeeld van hoe ontwerp ons omgewing beïnvloed. Die uitleg van die stad, stedelike beplanning, argitektuur en selfs die uitleg van sommige vervoermetodes soos paaie en treinspore is maklik om te identifiseer. http://www.creativecapetown.net http://www.capetown2014.co.za Ontwerp in sentrale Kaapstad: http://www.creativecapetown.net/design-in-the-central-city

Kopiereg © Future Managers

43 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Strukture van argitektuur en siviele ingenieurswese

Teater- en stelontwerp, kostuums, toerusting, choreografie en musiek is deel van die kreatiewe industrie wat ons voorsien van vermaak en kultuur.

Kopiereg © Future Managers

44 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Enorme dekoratiewe vlotte ontwerp vir die Rio Karnaval in Brasilië

Kopiereg © Future Managers

45

’n Loopbaan in ontwerp Alle mensgemaakte objekte kan geklassifiseer word as deel van die ontwerp van ’n produk. Wat ons egter daarmee doen, sal bepaal aan watter van die ander drie kategorieë dit gekoppel kan word. Produkontwerp kan beroepe in die vleg van mandjies, kralewerk, houtsneewerk, houtdraaiwerk, muurontwerp, getinte glasontwerp, keramiek, mode/kostuumontwerp, industriële ontwerp, juweelontwerp, papierwerk, draadwerk, meubel- en werk in glasblaas industrieë insluit. Beroepe by ingenieursmaatskappye, industriële ingenieurswese en ontwerpers wat belangstel om interessante nuwe produkte te ontwerp kan die behoeftes van die verbruikersmark vir enigiets van ’n stofsuier tot ’n teelepel insluit. Omgewingsontwerp bied werk as argitekte, stedelikeen landskapontwerpers, visuele handelaars, bestuurders vir openbare funksies of ontwerpers vir uitstallings, binnenshuiseversierders en selfs beeldhouers wat openbare beelde en landskappe ontwerp. Ontwerpers kan ’n diens aan die privaat sektor lewer, vir korporatiewe maatskappye werk of selfs vir munisipaliteite streeksbeplanning doen. Plekke waar jy kan aansoek doen vir ’n pos nadat jy jou studies in Argitektuur voltooi het, sluit argitektuurfirmas, argitektuur- en ingenieursfirmas, argitekturele eenhede by ingenieursfirmas, firmas in konstruksiebestuur en ook ontwerp/bouwerkfirmas in. Kulturele en historiese organisasies, afdelings in maatskappye wat kontrakte bied, fasiliteitsdepartemente by private korporasies, hospitale of universiteite kan ook poste bied. Munisipale en staatskantore met ’n konstruksiekode of inspeksie-agentskappe, beplanning en stedelike ontwerp, sowel as argitekturele afdelings bied ook geleenthede vir argitekte. Daar is ook moontlikhede by korporasies, institusies, binnenshuise-ontwerpfirmas, produkvervaardigingsmaats-

kappye, rekenaargeoriënteerde tekenaars, die ontwerp van kommersiële kontrakte, aanbiedings van ontwerpe as ’n spesialiteit, ontwerpprojekbestuur, fasiliteitsontwerp en bestuur, die ontwerp van meubels of gesondheidsfasiliteite, bestuur van binnenshuise-ontwerpbesighede, binnenshuise of fotografiese illustreerder, kombuis- en badontwerp, die ontwerp en verkoop van kantoorsisteme, produkvervaardigingsverkope, ontwerp van woonbuurte en handelsontwerp. Daar is ook nog die ontwerp van beligting, betrokkenheid by restorasie of historiese bewarings, teater, film, televisiestel en toneelontwerp, dosent by ’n universiteit of kollege, asook navorsing en administratiewe werke. Hierdie beroepe is ook van toepassing op visuele kommunikasie en oppervlakontwerpers. Oppervlakontwerp behels borduurwerk, kralewerk, muurontwerp, getinte glasontwerpe, tapesserie- en tekstielontwerp, weefwerk, keramiek en mosaïekontwerp asook graffitikunstenaars. Ontwerpers kan werk in die tekstielwese of in binnenshuiseversiering en leefstylomgewing. Individuele projekte vir die korporatiewe industrie is ook ’n moontlikheid. Dekorjoernalistiek, leefstyluitstallings en die mode- en argitektuele industrie bied uitdagende beroepe vir talentvolle ontwerpers. Visuele kommunikasie-ontwerp behels werk as advertensieontwerpers, animasie-illustreerders, digitale ontwerp, film/ video ontwerpers, grafiese en handelsmerkkommunikasie ontwerpers, illustreerders, inligtings- en verpakkingsontwerpers, fotograwe, multi-media ontwerpers asook skeppers van webtuistes. Jy kan dit as ’n vryskut of formele beroep in ’n groot privaat of korporatiewe maatskappy of in ’n klein besigheidsafdeling doen. Ontwerpers in die film en digitale industrie kan fokus op die virtuele wyses waarop die internet en kuberruimtes floreer. Hierdie besighede benodig ’n afdeling in bemarking of ’n advertensiemaatskappy wat handelsmerken advertensieveldtogte namens die maatskappy doen. Elke besigheid benodig ’n naam, ’n herkenbare handelsmerk en ’n publieke beeld. Beroepe in grafiese ontwerp en die rol van ’n advertensiemaatskappy as visuele kommunikeerder sal later meer volledig bespreek word.

Aktiwiteit 9 Vind en versamel prente of ander visuele materiaal as voorbeelde om die verskille van onderstaande vier kategorieë wat die kreatiewe bedryf verteenwoordig, te verduidelik:

• Visuele kommunikasie



• Produkontwerp (3 dimensioneel)



• Oppervlakontwerp (2 dimensioneel)



• Omgewingsontwerp

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

46

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Elemente van ontwerp 3. Inleiding tot Elemente van ontwerp Kom ons kyk wat dit alles behels en hoe jy as jong ontwerper kan leer om jou volle potensiaal te bereik. ’n Volledige begrip van die onderstaande elemente en beginsels van ontwerp is noodsaaklik indien jy enige sukses in ontwerp wil behaal. Elemente van ontwerp: (jou bestanddele vir ontwerp)

Lyn/Punt Vorm Tekstuur Kleur Skakeringswaarde

Sonder hierdie elemente is ’n ontwerp niks meer as ’n skoon bladsy nie. Tydens die ontwerpproses kies jy hoe jy bogenoemde elemente struktureer, manipuleer, skep en kombineer. Dit sal bepaal hoe suksesvol jy is. Voordat jy dit kan bereik, moet jy eers alle moontlikhede ondersoek en verstaan, maar ook bepaal hoe elkeen van hierdie elemente gebruik en gemanipuleer kan word sodat jy jou idee, konsep, styl of boodskap visueel aan ander kan kommunikeer. LYN

“Gedefinieer as die resultaat van ’n aksie wat deur ’n instrument soos byvoorbeeld

’n Enkele lyn kan ’n spesifieke kwaliteit, karaktereienskap of tekstuur reflekteer. ’n Lyn kan krul, reguit, swaar of lig en nog veel meer wees. Dit

’n pen, potlood, vetkryt of stokkie

hang alles af van hoe jy die lyne manipuleer en met

gemaak word”

hoeveel sorg jy dit uitvoer. Dit word bereik deur verskillende drukking wat jy op die skryfinstrument

Wat het jou handskrif, twee punte op ’n skoon papier en ’n kommunikasie-instrument in gemeen? Die antwoord is ’n lyn. Enige lyn begin oorspronklik met ’n punt/kolletjie en deur middel van opeenvolgende kolle kan jy die illusie van ’n lyn skep.

(pen of potlood) uitoefen. As jy hierdie verskillende kwaliteite van lyn bemeester deur die versigtige en sensitiewe aanwending daarvan (deur byvoorbeeld ’n potlood te gebruik) kan jy jouself van ’n magtige kommunikasiewapen voorsien.

Kopiereg © Future Managers

47

Kom ons beweeg gou terug in tyd na die begin van die beskawing. Voor die bestaan van die universele alfabet is lyn gebruik om kommunikasie tussen mense te bewerkstellig. Eers was die merk of lyn waarskynlik baie onbeheersd, baie dieselfde soos toe ons as kleuters ontdek het dat ons ’n merk met ’n vetkryt op alle taboe-oppervlaktes kan maak. Soos ons verder ontwikkel het, het ons geleer om ’n verskeidenheid lyne te kombineer sodat ons vorms kon teken. Daarna het ons van simboliek bewus geraak en geleer hoe om karakters, letters en nommers te teken.

Het jy geweet… jou handskrif is ’n goeie voorbeeld van ’n beheerde lyn? Alhoewel min van ons ander tale kan verstaan, word baie simbole tog as ’n universele taal verstaanbaar geklassifiseer in bykans alle tale, ongeag mense se kulturele of literêre vaardighede. Ons kan teen die tyd duidelik onderskei tussen die mag van die geskrewe woord en die mag van visuele taal soos die van simbole. Gebruik die 4 voorbeelde hieronder en skryf die boodskap neer wat elke simbool kommunikeer. * Sien ook Module 2 oor die geskiedenis van simbole en visuele kommunikasie Verskillende kwaliteite wat jy met die gebruik van lyn kan bereik LYN LYN gekontroleerd spontaan merke maak los fyn / dun dik gevarieerd skerp buitelyn ekspressief vloeiend lineêr Verskillende kwaliteite van lyn

1. 2.

3.

4.

Lyn kan emosies en gemoedstoestande uitdruk deur byvoorbeeld die lyn se karakter, rigting en beweging: Horisontale lyne kan kalmte en rustigheid uitdruk. Vertikale lyne kan geestelikheid voorstel. Diagonale lyne kan beweging en spoed voorstel. Horisontale en vertikale lyne in kombinasie kan stabiliteit en soliditeit verteenwoordig. Diep kurwes kan spanning of stormagtigheid voorstel. Sagte krom lyne kan gemak, veiligheid en ontspanning voorstel. Omskrywende lyne/buitelyne of kontoerlyne definieer kantlyne en stel vorme voor. Sensitiewe kontoerlyne kan gewig, volume en vorm voorstel. Kruis & oorkruising van individuele lyne skep skaduwees en skakerings om die 3D-kwaliteit van ’n vorm te beklemtoon. As meer lyne gebruik word, veroorsaak dit dieper, donkerder ondertone. Herhaling van lyn help om tot die dekoratiewe element (versiering) van ’n ontwerp by te dra en kan dus ook ritmes en beweging aandui.

Aktiwiteit 10 Oefening Neem ’n A4 of A3 vel papier en deel die papier op in 10 gelyke blokkies. Gebruik elke blokkie en teken al die lynkwaliteite wat hierbo bespreek is. Jy mag enige tekeninstrument gebruik, maar maak seker dat jy presies verstaan hoe om hierdie instrument te manipuleer om al die lynkwaliteite te wys. Jy sal byvoorbeeld definitief die kwaliteit van ’n diep geboë lyn wat onstuimigheid uitbeeld verskillend teken as ’n sagte, geboë lyn wat gerief, veiligheid en ontspanning uitbeeld. Probeer dit. Hierdie gaan nie ’n maklike aktiwiteit wees nie maar jy sal baie leer oor hoe ver jy jou tekeninstrumente kan druk en terselfdertyd sal jy jou teken-, konseptuele- en waarnemingsvaardighede verder ontwikkel.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

48 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Lyne is orals. Ons vind lyn in die natuur, in skaduwees, geboue en selfs as ons kyk na uitleg van stede (die

WAT IS ONTWERP?

wyse waarop ’n stad of dorp uitgelê is). Die manier waarop ons soms dieselfde voorwerp herhaal, kan ’n lineêre aanbieding of patroon skep. Baie ontwerpers gebruik lyn om die oppervlak van hulle voorwerpe of produkte te versier. Lyn kan ook gebruik word om perspektief te skep. Argitekte, interieure- en industriële ontwerpers gebruik ’n aantal perspektieftekeninge om die diepte van ’n ruimte of omgewing aan te dui, of om ’n lineêre perspektief voor te stel sodat ’n 3-dimensionele vorm aangedui kan word. Op hierdie manier kan lyn ook gebruik word op ’n 2-dimensionele oppervlak (soos ’n stuk papier) om ’n perspektief te skep dat die kyker ’n 3-dimensionele vorm ervaar sonder byvoorbeeld die gebruik van skakering of die aanwending van skaduwees. ’n Tweepunt lineêre perspektief is ’n skets met twee verdwyningspunte op die horison, terwyl die eenpunt perspektief slegs een verdwyningspunt in die komposisie bevat. ’n Verdwyningspunt stel ’n punt op die horison voor en word gebruik in ’n lineêreperspektief waar paralelle lyne mekaar oor ’n afstand ontmoet. Gewoonlik kan ’n lineêre perspektiewe skets 3D kwaliteite en diepte uitbeeld. Voorwerpe wat verder weg is, word kleiner geskets, terwyl die wat nader is, groter geskets word. ’n Paar klassifikasies van lyne 1. Ekspressiewe/emosionele lyne kommunikeer emosies en beeld van die kunstenaar se onderwerp of werk uit. Dit kan ook spontaan wees en jou meer vertel oor die persoon se gemoed. Dit kan los wees, gebare insluit en baie energie vertoon. 2.

Strukturele lyne dra by tot die beskrywende aard van die oppervlakkwaliteit en volume van ’n voorwerp, veral wanneer die voorwerp 3D is.

3.

Kalligrafie of kalligrafiese lyne is die kuns van dekoratiewe skrif. Daar word oorspronklik daarna verwys as “skriftoriese” lyne aangesien dit geassosieer word met die individuele skryfstyle wat jare gelede deur monnike gebruik is om die woord van God op papier uit te beeld. Die monnike het besonderse dekoratiewe style by die letters gevoeg. Hierdie skryfstyl het later bekend gestaan as Goties, aangesien dit die oorspronklike vorm van Europese kalligrafie was. Oor die algemeen is kalligrafiese lyne elegant en vloeiend, soos ons in handgeskrewe geskriftes vind.

4. Konstruksielyne word gebruik wanneer jy met akkuraatheid perspektiewe en proporsies in ’n skets vir die konstruksie van iets op ’n later stadium moet uitbeeld. Om dit korrek te doen, het jy slegs nodig om jou te verbeel dat die voorwerp van glas gemaak is sodat jy die agterkante van die voorwerp ook kan teken. Jy kan die hele vorm liggies met potlood inkleur, insluitend die lyne wat jy nie kan sien nie. Dit sal jou help om met akkuraatheid perspektiewe en proporsies aan te dui.

Dink jy dat hierdie tekening ’n voorbeeld is van ekspressiewe /emosionele gebruik van lyn? Motiveer jou antwoord.

“ ’n enkele lyn kan ’n spesifieke kwaliteit, karakter of tekstuur reflekteer” Kopiereg © Future Managers

49

Hierdie prent is ’n voorbeeld van ’n monnik, Gerard Brills, se kalligrafie in die Latynse Bybel van 1407 n.C. wat in België geskryf is. Dit is vandag te sien in Malmesburylaan, Wiltshire, Engeland.

’n Tweepunt perspektiewe skets. Kyk of jy die posisies van die twee verdwyningspunte kan identifiseer.

Hierdie produk gebruik draad en kraletjies en maak dit baie maklik om die rigting van lyn te sien en hoe dit aangewend word om ’n vorm, oppervlak en 3Dkwaliteite op ’n 2Doppervlak te projekteer.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

50

Wat is twe onrp?

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Dink jy die voorbeelde aan die linkerkant is strukturele of ekspressiewe lynsketse of dalk beide? Motiveer jou antwoord.

’n pastel skets wat gebruik maak van die oorkruisingstegniek.

’n houtskoolskets wat gebruik maak van die oorkruisingstegniek.

Kopiereg © Future Managers

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

1.

2.

3.

4.

5.

6.

WAT IS ONTWERP?

e

51

7.

8.

Lyne wat in die mensgemaakte wêreld gebruik word Kyk en let op die hoeveelheid lyne wat waargeneem kan word in jou onmiddellike omgewing. Vra jouself af watter funksie elke lyn vervul. Dien die lyn as versiering, of skep die rigting van die lyne dalk ’n illusie? Identifiseer ook die karakter, eienskap of emosie wat die lyne reflekteer. Kommunikeer dit ’n gevoel van kalmte of is dit eerder swaar, sterk en aggressief?

Kopiereg © Future Managers

52 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Lyne in die natuur WAT IS ONTWERP?

9.

10.

11.

12.

13.

Kopiereg © Future Managers

53 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Oefening a)

Kom ons kyk of jy die lyne in die foto’s van die vorige bladsye (p.51-52) kan beskryf. Skryf die nommer van elke foto (1-13) neer en kyk of jy die lyne kan beskryf: soos die gevoelens en emosies wat jy dink elke lyn kommunikeer, die lyn se funksie en karaktereienskappe. Deel jou interpretasie met jou vriende en hoor wat hulle daarvan dink.

b)

Kontoer Tekening Voor ons begin, wat presies is ’n kontoer tekening en hoekom is dit so belangerik dat jy leer hoe om dit te doen as jy Ontwerp doen en nie Kuns nie? Om ’n goeie ontwerper te word, moet jy jou waarnemingsvaardighede en aandag vir detail ontwikkel en verskerp. In hierdie geval kan ons dus sê dit gaan meer oor die ontwikkeling van jou waarnemingsvermoë en denkwyses. In die toekoms sal dit vir jou goed te stand kom as jy poog om jou volle potensiaal te bereik en sal jou uiteindelik help om te presteer in jou gekose loopbaan. Dit is ook ’n baie belangrike deel van die ontwikkeling van jou tekenvaardighede, wat net so belangerik is as enige van jou ander vaardighede. Moenie vir ’n oomblik dink dat omdat jy die Ontwerp en Kuns kursus loop dat jy nie hoef goed te teken nie. Om by enige ontwerp of argitektoniese skool in te kom, moet jy eers jou teken vaardighede bewys deur ’n portefeulje in te handig wat ’n paar goeie kwaliteit sketse insluit. Die besluitnemers kan baie oor jou potensiaal en bekwaamheid agterkom slegs deur te kyk na die kwaliteit van jou tekeninge. Dit kan die verskil tussen die goedkeuring by ’n ontwerp of argitektoniese skool beteken of nie.

’n Kontoer tekening staan ook bekend as ’n aaneenlopende lyn tekening. Met ander woorde, as jy eers jou teken instrument op die papier geplaas het en begin teken het, mag jy dit nie optel totdat jou tekening voltooi is nie. Jy gaan nou die kontoer van jou voorwerp teken, in hierdie geval ’n soetrissie, deur in aaneenlopende lyn tekening te teken wat ’n gekronkelde of abstrakte tekening lewer. Met ander woorde, jou tekening is nie veronderstel om soos die regte ding te lyk nie. Dit is meer belangerik om die reëls te volg. Jy mag dalk dink dat om die kontoere van jou voorwerp te teken, beteken om slegs die buitelyn van die voorwerp te teken. Dit is belangrik om op te let dat enige 3D voorwerp nie net uit ’n buite vorm of buitelyn bestaan nie. Daar is eintlik baie vorms binne die vorm en ’n kontoertekening is veronderstel om ook die lengte, breedte, dikte en diepte van die voorwerp uit te beeld. Met ander woorde, die “liggaam en massa” van die voorwerp. As jy die kontoer van ’n 2D-vorm teken, dan teken jy die buitelyn van ’n plat vorm, want daar is geen “massa” om te teken nie! Kom ons sien hoe jy regkom met jou eie kontoer tekening. Neem ’n groen soetrissie of enige ander groente of vrug soos ’n pampoen, tamatie, lemoen of appel. Ons verkies nog steeds die groen soetrissie. Dit het ’n baie interessante vorm, detail en ’n verskeidenheid teksture op die oppervlak, beide binne en buite. Sny dit middeldeur. Hou jou A4 vel papier en jou tekeninstrument gereed. Plaas die twee helftes van die soetrissie voor jou en begin ondersoek instel deur te kyk, en let op al die verskillende vorms, lyn, detail en miskien selfs herhalende patrone wat deur die pitte geskep is. Maak seker dat jy jou helftes voor jou in ’n interessante samestelling geplaas het en begin teken. Onthou, ’n kontoer tekening is ’n aaneenlopende lyntekening en jy mag nie jou potlood of pen optel nadat jy begin teken het nie. Dit is meer belangrik om stadig te werk en baie noukeurig te kyk na wat jy teken, as om jou te bekommer oor hoe jou tekening lyk. So probeer om te vermy om na jou skets te kyk terwyl jy werk. Een manier hoe om jou algemene tekenvaardighede te ontwikkel, is om aan te jou met kontoer tekeninge. Bestudeer die voorbeelde op hierdie en die volgende twee bladsye en jy sal agterkom hulle almal voltooi was deur ’n volstreep lyn te gebruik. Die oefening self is meer belangerik as die eind resultaat.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Aktiwiteit 11

54

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Tekeninge gedoen deur leerlinge van Stellenberg Hoërskool

Kopiereg © Future Managers

55

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kopiereg © Future Managers

56 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

VOORWERPE EN VORMS As jy ’n lyn afsluit, met ander woorde, as die begin en die einde van die lyn ontmoet en kontak maak, skep jy ’n 2-dimensionele vorm. ’n Vorm kan ook verwys na die buitelyne van ’n voorwerp en kan slegs wydte en lengte insluit. Soms kan jy ’n vorm skep sonder ’n buitelyn. Dit kan byvoorbeeld gedoen word as jy ’n gekleurde kol maak sonder die gebruik van buitelyne. Indien ’n vorm (2D of plat) verder ontwikkel deur wydte, lengte, oppervlakte en volume by te voeg, kan daar nou na die vorm verwys word as ’n 3D voorwerp. ’n Voorwerp of 3-dimensionele vorm vul ’n ruimte en kan mensgemaak wees, soos byvoorbeeld ’n kraan of ’n stoel. Dit kan ook organiese/natuurlike kwaliteite hê soos die vorms wat in die natuur voorkom, soos byvoorbeeld die sagte kurwes van ’n roos, ’n blaar of die vorm van ’n klip of skulp. Ons verwys ook na ’n vrye vorm wat enige ongewone of onegalige vorm insluit en gewoonlik gesien kan word in beeldbouwerke en dekorasies. Vrye vorms word geskep deur die vry vloeiende kurwes van lyne. Enige vorm of voorwerp het basiese eienskappe. Dit kan byvoorbeeld ’n 2D (tweedimensionele of plat) voorwerp

wees of ’n 3D (driedimensionele) voorwerp insluit wat organies of geometries (bekend as anorganies) kan wees. ’n Voorwerp is meer beskrywend en verwys na die hele objek en nie slegs die buitelyn nie. ’n Voorwerp laat ons toe om die kwaliteite van ’n 3D objek is sy totaliteit te ervaar – gewig, vorm, tekstuur, hoogte, wydte en diepte. Dink aan hoe jy ’n 3D objek, soos ’n skulp, in jou hand vashou. Om ’n 3D objek op ’n plat oppervlak soos papier voor te stel, is dit nodig om skakerings (van lig na donker of helder na dof) te gebruik. Jy kan ook perspektieftekeninge maak sodat jy ’n 3D illusie van ’n werklike 3D objek op ’n plat oppervlak kan voorstel. Dit is noodsaaklik om die betekenis en die gebruik van terme soos figuurlik en nie-figuurlik (ook bekend as abstrakte vorms) te verstaan. ’n Figuurlike vorm simboliseer en projekteer byvoorbeeld die menslike of ’n dierlike vorm. Nie-figuurlike vorms is abstrak en stel nie ’n spesifieke, herkenbare vorm of figuur voor nie.

’n Paar geometriese vorms en figure

2D vorm

3D figuur

2D vorm

3D figuur

’n Sfeer is ’n voorbeeld van ’n sirkel as 3D figuur. Dit is ook ’n voorbeeld van ’n simmetries gebalanseerde voorwerp. As jy dit in die helfte sny sal jy vind dat beide helftes presies dieselfde is. ’n Simmetries gebalanseerde sirkel kan ook na verwys word as ’n voorbeeld van ‘gebalanseerde radius’. Radius-simmetrie is ’n voorwerp wat presies dieselfde orals om ’n sentrale punt is, ongeag die horisontale of vertikale deursnee. Die middelpunt van die figuur dien dus as fokuspunt.

As jy kyk na die ontwerp links, watter een is die negatiewe of positiewe vorm? Dink jy dit is die swart of die wit?

Positiewe en negatiewe vorms ’n Positiewe vorm is die werklike vorm van die objek terwyl die negatiewe vorm verwys na die ruimte of agtergrond wat die werklike vorm omring. In die studie van Ontwerp is dit noodsaaklik om die effektiewe gebruik van negatiewe en positiewe vorms te verstaan en te bemeester. Soms kan dit moeilik wees om die verskil tussen die twee te bepaal. Kom ons kyk na die ontwerper M.C. Escher se voorbeelde op die volgende bladsye. Hierdie voorbeelde illustreer die komplekse illusies wat geskep word deur die positiewe en negatiewe spasies om te ruil.

Kopiereg © Future Managers

*MC Escher, 1957 houtsneewerk

57

*MC Escher, 1957 houtsnee-werk

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

58

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

MC Escher, Simmetriese tekeninge

Het jy geweet…

die Freeplay selfaangedrewe opwenlampe is in 1998 ontwerp deur die SuidAfrikaanse ontwerpers van Syzygy, naamlik B Qually, E Rijkheer, R Mulder en J Hutchinson? Hierdie omgewingsvriendelike, duursame en koste effektiewe produk werk sonder enige batterye. Die lamp kan opgewen word en verskil van ander in sy klas omdat die energie wat gestoor word, later weer gebruik kan word. Produkte soos selfone, wat ook elektrisiteit en batterye benodig, kan van die gestoorde krag gebruik. Hierdie produk was in SA vervaardig en na die VSA, Kanada, Europa en natuurlik Afrika uitgevoer. (Ontwerp vir ontwikkeling; probleemoplossend vir die tekort aan elektrisiteit in onderontwikkelde gemeenskappe; sosiaal- en omgewingsverantwoordelike produk)

Freeplay selfaangedrewe lamp: http://dddxyz.com http://www.freeplayenergy.com

Kopiereg © Future Managers

59

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Hoewel ons almal al probeer het om ’n perfekte sirkel met die vry hand te teken, en dit soms nogal amper regkry, is dit werklik moeilik om perfekte geometriese / anorganiese vorms soos ’n vierkant, sirkel of driehoek te teken sonder mensgemaakte gereedskap soos ’n liniaal of ’n passer. Sodra ons enige onreëlmatigheid of variasie in die vorm raaksien, is ons geneig om daarna te verwys as “natuurlike” of “handgemaakte” vorms. Tog, sodra ons eers aandag skenk aan die pragtige patrone op die vlerke van ’n skoenlapper, die detail op ’n kleurvolle ruspe, of ’n sneeuvlokkie onder ’n mikroskoop, dan besef ons die natuur het talle voorbeelde van ingewikkelde geometriese vorms. Ons nooi jou dus uit om meer betrokke te raak en bewus te word van jou omgewing en meer genot te put uit die waarneming van fynere besonderhede in die natuur en ander objekte orals om jou. Jy sal gou uitvind waarom ons sê dat die meeste ontwerpers gebruik maak van vorms en dekoratiewe motiewe of elemente wat hulle in die natuur vind as inspirasie vir ’n finale ontwerp, produk of objek. Alle verwante vorme wat op een of ander manier die beweging, voorkoms of funksie van ’n lewende organisme projekteer, kan geklassifiseer word as biomorfiese vorms.

“Die meeste ontwerpers maak gebruik van vorms en dekoratiewe motiewe of elemente wat hulle in die natuur vind as inspirasie vir ’n finale ontwerp, produk of objek” Kopiereg © Future Managers

60 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Wat is Biomimiek? WAT IS ONTWERP?

Wanneer ontwerpers en ingenieurs iets leer uit die beste wat die natuur het om aan te bied, staan ons nog ’n beter kans om ook produkte en dienste te ontwerp wat meer volhoubaar en omgewingsvriendelik is. Claire Janisch van BiomimicrySA (Suid Afrika) verduidelik wat die term eintlik beteken en hoe ontwerpers, uitvinders en ingeneurs kan leer uit die beste voorbeelde wat die natuur bied, sodat hulle kwaliteitprodukte en -stelsels kan ontwikkel en vervaardig wat geïnspireer is deur ’n ontwerp wat reeds eeue lank sy waarde bewys het.

BIOMIMIEK “Bios” beteken lewe, “Mimiek” beteken om na te boots. Biomimiek is die kuns van die leer en dan die naboots van natuurlike vorms, prosesse en ekosisteme om menslike probleme op te los en meer volhoubare ontwerpe te skep. Dis soos om ’n blaar te bestudeer om ’n beter solarsel uit te vind, om die boggelrugwalvis se vin te bestudeer om meer effektiewe windturbines te ontwerp, of ’n elektriese paling vir ’n beter battery. Organismes en ekosisteme staar dieselfde uitdagings in die gesig as wat ons mense doen, maar hulle hanteer daardie uitdagings op ’n veel meer volhoubare manier aan. Wat ookal die ontwerpuitdaging is, dis heel moontlik dat een of meer van die wêreld se 30 miljoen skepsels al klaar dieselfde uitdaging teëgekom het, maar veel meer effektiewe strategieë uitgewerk het om dit op te los. Vir alle ontwerpers, argitekte, ingenieurs en innoveerders, is die antwoord op die vraag “Hoe sal die natuur hierop reageer en oplos?” ’n openbaring. Daar’s nie net een nuwe idee nie, maar miljoene idees wat binne konteks ontwikkel het, getoets is oor eons, en bewys het dat dit veilig is vir hierdie generasie asook die volgende. Om hierdie aards-slim ontwerpe te kan naboots, sal mens help om tegnologie te ontwikkel wat minder energie benodig, materiaal verbruik afskaal, gifstowwe verwerp, en wat as ’n sisteem sal werk om toestande te skep wat lewe bevorder. Hieronder is ’n paar foto’s en verduidelikings wat jy as voorbeelde kan gebruik: Bill McDonough se geboue wat soos bome funksioneer, waar hulle water en energie vang en skoon maak, kan aanpas in veranderende omstandighede en ook lewensbevorderende toestande skep. Sien voorbeelde 3 en 4 hieronder. Gekko-lint boots die manier na hoe ’n gekko aan oppervlakke vaskleef deur klein haartjies te gebruik, wat elektrostaties aan die oppervlak vasheg deur die gebruik van Van der Waal se kragte. Daar is geen gebruik van giftige gomme nie. Dit kan gebruik word om muurpapier teen ’n muur vas te plak, of om deeltjies te heg binne in ’n groter produk, bv, selfone, skootrekenaars en motors. Op hierdie manier kan komponente weer uitmekaar gehaal word aan die einde van hulle nuttige lewensduurte en herwin word. As hulle vasgeheg is met gom, is dit nie moontlik nie. Sien voorbeelde 1 en 2 hieronder. 4. 1.


 2.

3.





Janine Benyus: Biomimiek in aksie: http://www.ted.com/talks/lang/eng/janine_benyus_biomimicry_in_action.html

Kopiereg © Future Managers

61 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Boggelrugwalvisse leer ons hoe om effektiewe windkrag te skep wat baie volhoubaar is: Die knoppies wat so toevallig op die boggelrug se vinne voorkom, het ’n deurbraak in aerodinamiese ontwerp geïnspireer, wat niks minder as ’n revolusie in vloei dinamiek is nie. Amper soos ’n skoolbus wat pirouetteer onder die water, die boggelrugwalvis (Megaptera novae-angliae) 12–15m lank met ’n massa van amper 40 ton – swem in sirkels nou genoeg om ’n borrel van slegs 5 voet wyd te skep, terwyl dit kril nader trek en vang. Dit blyk dat die walvis se verstommende behendigheid hoofsaaklik te danke is aan hul vinne, wat groot, onegalige knoppies, genaamd tuberkels, oor die leidende kante van die vinne het. Terwyl water wat oor gladde vinne vloei en in kleiner ontstuimige draaikolke ontaard, word water wat deur die boggelrugwalvis se knoppies beweeg in egalige water kanale beheer, wat die boggelrug toelaat om hul “greep” in die water te behou selfs teen baie skerp draaie en lae spoed. Windtonneltoetse op nagemaakte boggelrug vinne met en sonder knoppies het bewys dat die aerodinamiese knoppies verbeterings aanbring – 8% verbetering in hoogte en 32% afname in weerstand. Boonop laat dit ’n 40% toename toe in die hoek van die draai eerder as met gladde vinne voor dit tot stilstand kom. ’n Maatskappy genaamd Whale Power wend hierdie lesse wat ons geleer het van die boggelrugwalvisse aan vir die ontwerp van windturbines om hul doeltreffendheid te verbeter. Terwyl hierdie natuurlike tegnologie ook enorme potensiaal het om die veligheid en werkverrigting te verbeter in vliegtuie, waaiers, en veel meer.

‘Whale Power’ boots die knoppies op die vinne van die boggelrugwalvis na

Die natuur leer ons hoe om vloei sonder wrywing te skep wat baie volhoubaar is: Waaiers en ander draaiende toestelle vorm ’n groot deel van die omgewing wat deur die mens gebou is, en ’n groot komponent van ons totale krag gebruik. Al het ons sulke toestelle al begin bou in een of ander vorm sedert tenminste 100 VC, het ons tot nou toe nooit gebou soos die Natuur hulle bou nie. Natuurlike vloeiende vloeistowwe, gasse en hitte volg ’n algemene geometriese patroon wat in vorm verskil van konvensionele mensgemaakte rotors. Die natuur laat water en lug beweeg deur ’n logaritmiese of eksponensiele groeiende spiraal, soos ons gewoonlik in ’n skulp sien. Hierdie patroon kom oral voor in die Natuur: in ’n patroon van warrelende sterrestelsels in die buiteruim, in die vorm van die oorskulp in ons binneoor, in plant vorms, en oral waar vloeistowwe natuurlik beweeg. Geïnspireer deur die manier hoe Natuur die water en lug beweeg, het Pax Scientific Inc hierdie fundamentele meetkunde geneem en vir die eerste keer toegepas by hul draaiende toestelle in waaiers, mengers, proppe, turbines en pompe. Afhangende van sy toepassing, die ontwerpe wat die resultaat is, het kragverbruik verminder met ’n ongelooflike 10–85% bo konvensionele rotors, en geraas met tot 75% verminder. Baie volhoubaar en omgewingsvriendelik. Biomimiek SA webtuiste:



https://sites.google.com/site/biomimicrysa www.biomimicryinstitute.org

www.thepaxgroup.com

Kopiereg © Future Managers

www.biomimicry.net

62 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

BIOMIMIEK GEVALLESTUDIES ENERGIE EFFEKTIWITEIT Leer van die Natuur Hoe om Vloei sonder Wrywing te skep http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/energy-efficiency.html MENSE VEILIGHEID Leer van die Dolfyne Hoe om Mense van Tsunamis te Waarsku http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/human-safety.html KLIMAATSVERANDERING Leer van die Menslike Longe Hoe om Koolstof af te skei http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/climate-change.html ARGITEKTUUR Leer van die Termiete Hoe om Volhoubare geboue te skep http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/architecture.html VERVOER Leer effektiwiteit van die Visvanger http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/transportation.html GIFSTOWWE Leer van die Lotusplant om sonder skoonmaakmiddels skoon te maak http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/toxics.html MEDISYNE Leer van die Sjimpansees Hoe om onsself te genees http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/medicine.html INDUSTRIËLE ONTWERP Leer van Bome en Bene hoe om krag en materiaal optimaal te benut http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/industrial-design.html LANDBOU Leer van Grasvlaktes hoe om Kos Volhoubaar te verbou http://www.biomimicryinstitute.org/case-studies/case-studies/agriculture.html

Hoe die natuur ontwerpe inspireer Die natuur bied eindelose bronne vir inspirasie. Die visuele voorbeelde op hierdie twee bladsye dui nie net ’n verskeidenheid in tekstuur aan asook ’n fees vir die oog nie, maar voorsien ons van voorbeelde in die natuur teenoor mensgemaakte voorwerpe. Kyk of jy soortgelyke vorme, teksture, lyne en kleure tussen die natuurlike en mensgemaakte objekte kan raaksien.

Kopiereg © Future Managers

63

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kom ons kyk of jy jou kennis en vaardigheid kan toepas.

Tekstuur Die tekstuur van ’n oppervlak dui aan of dit rof, grof, glad, syagtig, wollerig, glansend of dof is.

Aktiwiteit 12 Hierdie aktiwiteit bestaan uit twee dele.

Deel een

Tekstuur kommunikeer ook of die oppervlak koud of warm is. Metaal is koud terwyl hout as warm beskou word. Kleur speel natuurlik ook ’n groot rol wanneer ons ’n oppervlak moet vertolk. ’n Gladde, grys metaalkleur sal ’n baie kouer gevoel simboliseer as bv. ’n gladde, rooi metaalkleur. Die vraag is: as jy net wit en swart tot jou beskikking het en byvoorbeeld slegs ’n Koki-pen of ’n potlood kan gebruik, hoe sal jy jou potlood of pen manipuleer om teksture te teken wat ’n verskeidenheid van oppervlaktes reflekteer of kommunikeer? Hoekom probeer jy dit nie?

Deel twee

Ons kan ook onderskei tussen ‘visuele’ of ‘tasbare’ teksture. Visuele teksture beklemtoon die tekstuurkwaliteit wat jy kan sien. Tasbare teksture verwys na die tekstuurkwaliteit wat jy voel as jy daaraan vat.

Neem ’n tweede A4 vel, teken agt ewe groot blokke en probeer om nou self elke tekstuur van die eerste oefening in die nuwe blokke te kopieer. Jy mag slegs ’n potlood gebruik om die teksture oor te teken.

Neem ’n A4 vel papier en vou dit in agt gelyke blokke. Maak die papier oop. Gebruik nou ’n potlood (HB, 2B, 4B of 6B) en plaas die papier oor ’n tekstuur. Vryf nou die potlood oor die tekstuur. Maak seker dat jy elke afsonderlike blok vir ’n verskillende tekstuur gebruik. ’n Donker potlood soos 4B of 6B sal die beste werk. Die uitdaging is om te kyk of jy al agt blokke kan vul met verskillende vrywings van verskillende teksture. Hierdie tegniek, waar ’n kopie van ’n oppervlakte gemaak word, staan bekend as “frottage”.

Kopiereg © Future Managers

64

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

Aktiwiteit 13 Kom ons kyk of jy die tekstuur in die prente hierbo kan beskryf. (1-15) Skryf die nommer neer van elke prent en kyk of jy die tekstuur en gevoel in woorde kan beskryf en verduidelik wat jy dink elkeen van die teksture reflekteer. Deel jou interpretasie met vriende en hoor wat hulle dink.

Kopiereg © Future Managers

65

KLEUR Kom ons kry ’n basiese begrip van kleur.

Die drie primêre kleure Primêre kleure kan nie gemaak word deur ander kleure te meng nie. ’n Mens kan sê hulle is “oorspronklike” kleure, as jy dit so verkies. Rooi, Blou en Geel is die primêre kleure.

Die drie sekondêre kleure Elkeen van hierdie kleure word verkry deur twee primêre kleure te meng. Rooi + Geel = Oranje Blou + Geel = Groen Rooi + Blou = Pers

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Kleur

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

66 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Tersiêre kleure Dit word verkry deur een sekondêre kleur en een primêre kleur bymekaar te meng Oranje + Rooi = Rooi-oranje

Pers + Blou = Blou-pers

Pers + Rooi = Rooi-pers

Oranje + Geel = Geel-oranje

Groen + Blou = Blou-groen

Groen + Geel = Geel-groen

Komplimentêre kleure Hierdie is kleure wat in kontras met mekaar is en as teenoorgesteldes op die kleurwiel voorkom, soos byvoorbeeld rooi en groen, geel en pers, blou en oranje. ’n Primêre kleur is dus die komplimentêre kleur van ’n sekondêre kleur (die meng van twee primêre kleure). Rooi + Groen

Geel + Pers

Kopiereg © Future Managers

Blou + Oranje

67 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Toonwaarde van ’n kleur is wanneer jy ’n ligter of donkerder weergawe van dieselfde kleur gebruik. Let op die kleurblokke hieronder. As jy ’n kleur met wit meng, praat ons van ’n ‘tint’ van dieselfde kleur. As jy ’n kleur met swart meng, praat ons van ’n skakering (shade) van dieselfde kleur.

Tint

Skakering

Kleure wat langs mekaar op die kleurwiel is, is in harmonie met mekaar. Ons kan ook sê dat hierdie kleure soos byvoorbeeld rooi, oranje en oranje-rooi deel vorm van dieselfde “familie” van kleure. Hierdie harmonie van kleure staan ook bekend as analogiese kleure. Kleurwaardes verwys na die lig- of donkerte van ’n kleur. Monochromatiese kleure verwys na dieselfde kleur met ’n variansie in waarde (ligter of donkerder) van daardie kleur. Neutrale kleure is ’n klassieke manier om te verwys na kleure wat tradisioneel nie gesien word as kleure nie, bv. swart, wit, grys en alle skakerings daarvan. Geen kleursaturasie / ongesatureerde kleur (no saturation) verwys na skakerings van grys. Daar is met ander woorde geen kleurpigmente bygevoeg of oor nie. Lae kleursaturasie (low saturation) verwys na ’n kleur wat sy helderheid verloor het. Die kleur is vaal en het min van die oorspronklike en suiwer kleurpigment oor. ’n Gesatureerde kleur (fully saturated) verwys na die suiwerste en helderste weergawe van ’n kleur. Met ander woorde daar is geen wit of swart by die kleur gevoeg nie. ’n Gedempte / Sagte kleur (subdued) verwys na die sagter en minder ‘sterk’ kleure wat nie so helder is nie.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Ander terme wat jy moet ken:

68 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Toonwaarde

Dit is die verskillende toonwaardes of kontraste tussen lig en donker of helder en vaal. Hoe groter die verskil, hoe groter is die fokus – dit is een van die effektiefste maniere om die oog op ’n sekere punt te laat fokus. Sterk toonwaardes en skakerings beklemtoon die fokuspunt en verminder verwarring by die kyker. Hoe groter die kontras in toon en hoe nader die kontrasterende elemente aan mekaar is, hoe meer word die aandag gevestig op die grense tussen die twee. Subtiele kontraste en delikate toonwaardes kan gebruik word om die aandag op die fokuspunt van ’n komposisie te vestig, maar dit moet gering genoeg wees om nie die aandag van die fokuspunt self weg te lei nie. Geleidelike veranderinge in skakerings en toonwaardes kan ’n illusie van diepte in ’n komposisie skep, en kan ook gebruik word om 3D-kwaliteite (soos volume en gewig) te voeg by ’n voorwerp op ’n 2D oppervlakte. Dit hang egter af van hoe jy skakerings en toonwaardes van lyn, skaduwees en kleur aanwend. Byvoorbeeld: – van helder kleure (voorgrond) na vaal of donker kleure (agtergrond) – van ligte toonwaardes van lyn (voorgrond) na donker en sterker lyne (agtergrond) – van ligte en minder skakering (voorgrond) na donker en meer skakering (agtergrond)

Toonwaardes kan dus diepte, volume, 3D-kwaliteite, voorgrond, agtergrond, middelgrond of ’n spesifieke element of voorwerp in die komposisie beklemtoon. Kleur kan ook gebruik word om ’n illusie van diepte en afstand te skep. Warm kleure soos rooi en oranje sal in die voorgrond uitstaan terwyl koeler kleure soos blou en groen minder opvallend is en in die agtergrond wegraak.

Kopiereg © Future Managers

69

Aktiwiteit 14 Bestudeer die onderstaande lys noukeurig. Gebruik die tabel en neem elke woord en plaas dit in die korrekte kolom. Al hierdie woorde het ’n verwantskap met een of meer elemente van ontwerp. Kom ons kyk nou hoe jy vaar. Gebruik slegs die wit spasies in die tabel.

Tasbaar, sekondêr, simbolies, gedemp, harmonies, byvoeglike naamwoorde, monochromaties, lineêr, merke maak, spontaan, los, helder vs donker, sterk, ekspressief, gevarieerd, geometries, skakering, vrye vorm, massa (volume of gewig), buitelyn, merke maak, skakerings, oppervlak, kleurwiel, komplimentêr, bros, fokus, kontrasterend, naturalisties, beheersd, diepte, ekspressief, sterk/helder, 3D-eenheid, emosioneel/ekspressief, 3D-kwaliteite, spontaan, (geen) saturasie, fyn, organiese, kontrasterend, primêre, tersiêre, vloeibaar, volume, middelgrond. LYN / PUNT

VORM /

TEKSTUUR

VOORWERP

Kopiereg © Future Managers

KLEUR

TOONWAARDE

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

70 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Die simboliese gebruik van kleur WAT IS ONTWERP?

ontwe Sielkundige van rp?implikasies Kleur

Kleur is ’n baie kragtige stuk gereedskap, veral as jy wil kommunikeer of in verbinding wil tree of die aandag van ’n spesifieke teikenmark wil uitlok. Dit is egter belangrik om bewus te wees van die verskillende betekenisse wat verskillende kulture aan dieselfde kleur heg. ’n Ontwerper kan nie bekostig om onkundig hieroor te wees nie. Jy mag dalk die gevaar loop om jou teikenmark onbewustelik te beledig. Kom ons kyk na die onderstaande kleure om te sien hoe die betekenis in verskillende kulture verskil:

Swart

’n Simbool van rou in Europa, Amerika en SuidAfrika.

Wit

Vir die meeste mense ’n simbool van reinheid en vrede, maar in Oos-Asië simboliseer hierdie kleur die dood. Dit is die kleur wat deur die meeste bruide gedra word, soos in Suid-Afrika, VSA en Europa.

Rooi

Die kleur wat bruide in Asië dra. Marknavorsing toon dat in byvoorbeeld die motornywerheid, sekere kleure bydra tot ’n toename in verkope. Die nuutste tendense en modes speel ook natuurlik ’n groot rol veral in die mode en binnehuisversierings industriëe. Dit is veral te sien in die modewêreld en interieurontwerp. Die voorspelling van tendense sluit ook die voorspelling van kleure vir die komende seisoene in. ’n Persentasie van die ontwerpbedryf gebruik hierdie inligting as aanduiders en hou dit in gedagte wanneer hulle hulle nuwe produkte ontwerp. Die meeste kleure kan beide positiewe en negatiewe interpretasies hê. Byvoorbeeld: ’n Foto van Tafelberg in Kaapstad met ’n rooi agtergrond kan iets positiefs simboliseer (’n pragtige sonsondergang) of iets negatiefs (’n verskriklike en vernietigende brand).

Kopiereg © Future Managers

71 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Pers/Violet

Neem die volgende in ag: a) Die simboliese gebruik van kleur in die

is ’n uitspattige kleur wat

advertensiewese. b) Verskillende interpretasies en afleidings van die

witeit voorstel. Maar hierdie kleur kan ook waansin of nagmerries simboliseer.

simboliese gebruik van kleur in Westerse en plattelandse kulture.

Die volgende interpretasies van kleure word gewoonlik as die norm aanvaar binne ’n Westerse, Europese of Amerikaanse konteks.

Rooi word geassosieer met bloed, energie, liefde, op-

winding, passie en erotiek. Maar rooi kan ook aggressie uitlok en woede of geweld voorstel.

Oranje is ’n informele kleur, die kleur van vlees. Dit

skep ’n gevoel van warmte (dink aan die kleur van ’n vuur). Hierdie kleur kan ook toeganklikheid simboliseer, of vriendelikheid en ’n gevoel van informaliteit. Maar ’n kleur wat te veel toeganklikheid en informaliteit voorstel, kan ook ’n negatiewe implikasie hê. Dit kan iets goedkoops met ’n gebrek aan gehalte voorstel.

Geel

is die kleur van sonskyn. Hierdie kleur skep ’n gevoel van optimisme en energie. Maar die kleur kan ook so oorweldigend wees dat dit ’n dreinerende uitwerking het op die liggaam en siel. Daar word ook geglo dat geel ’n valse sin van geluk skep.

Groen is ’n kleur wat ons almal geneig is om te ver-

staan want ons assosieer dit onmiddellik met die natuur wat rustigheid, stabiliteit, lewe en skoonheid voorstel. Maar sodra ons hierdie kleur in ’n ander konteks gebruik of ’n spesifieke skakering daarvan, kan dit verrotting, fungus, muf, gifstowwe en kunsmatigheid voorstel.

Blou is nog ’n kleur waarmee ons almal ’n verwants-

kap kan voel, omdat ons dit met die blou lug en die kleur van die see assosieer. Afhangende van die soort blou wat ons gebruik, kan hierdie kleur varsheid en koelheid simboliseer, terwyl elektriese, koningsblou of ’n diep blou spiritualiteit kan voorstel en nog ’n ander skakering nederige elegansie. Maar sekere skakerings van blou kan ook depressie en ’n gevoel van hartseer of eensaamheid voorstel. Vergelyk bv. die Engelse uitdrukking van “feeling blue” of blou Maandag.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

plesier, fantasie en feëverhale en impulsi-

72

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kopiereg © Future Managers

73

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

“Kleur is ’n baie kragtige stuk gereedskap, veral as jy wil kommunikeer of in verbinding wil tree of die aandag van ’n spesifieke teikenmark wil trek”

Fotografiese fotosessie vir die Suid-Afrikaanse musiekgroep “Elzahn Rinquest”.

Aktiwiteit 15 Kom ons toets jou kennis en vaardighede met die kleurwiel. Sny gekleurde blokkies van 2 cm x 2 cm uit tydskrifte en skep jou eie kleurblokke. Skep of ontwerp jou eie tabel deur jou kleurblokkies te gebruik om onderstaande begrippe te verduidelik aan iemand wat nie Ontwerp as vak neem nie. Voeg toepaslike etikette of byskrifte by jou kleurblokke. 1. Komplimentêre kleure 2. Toonwaardes 3. Tinte 4. Skakerings 5. Sekondêre kleure 6. Primêre kleure 7.

Tersiêre kleure

8. Analogiese kleure

Kopiereg © Future Managers

74 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

4. Inleiding tot tekenmateriale

Tekenmateriale

Dit maak nie saak of jy ’n kunstenaar of ontwerper

Die volgende tabel is ’n eenvoudige opsomming

is nie, maar dis baie belangrik dat jou waarneming

van sommige tekenmateriale om jou te help om vir

en tekenvaardigheid aanhou ontwikkel. Slegs deur

Aktiwiteit 15 voor te berei.

ekperimentering en die voortdurende gebruik van verskillende tekenmateriale, sal jy jouself in staat stel

Spasies en afdelings vir notas word voorsien sodat

om ’n verskeidenheid mediums te bemeester. Jy moet

jy jou eie merke kan maak en met sommige van die

weet hoe om elkeen te gebruik asook die perke van

mediums/materiale kan eksperimenteer. Vra jou

elkeen ken sodat jy die mees geskikte materiale kan

onderwyser om jou meer van die geskiedenis van die

uitkies voordat jy ’n nuwe projek aanpak.

materiale te vertel.

Medium

Potlode

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

2H, HB, 2B, 4B, 6B, ens.

Geskiedenis

Gradering van potlode: H

HB hard

medium

B swart (sag)

Eie notas

Kopiereg © Future Managers

75 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kleurpotlode

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Pen en Ink

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

WAT IS ONTWERP?

Medium

Eie notas

Medium

Eie notas

Medium

Viltpenne/merkers

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Eie notas

Kopiereg © Future Managers

76 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Medium

Vulpen

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Balpuntpen

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Eie notas

Medium

Balpuntpentekening

Eie notas

Medium

Rollerbalpen

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Kopiereg © Future Managers

77 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Medium

Dooppen

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Eie notas

Medium

Houtskool

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Verskillende kwaliteite van houtskool: van links na regs – houtskoolstokkies en saamgepersde houtskool; houtskoolpotlode

Eie notas

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Eie notas

78 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Kryt

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

WAT IS ONTWERP?

Medium

Eie notas

Medium

Pastelle

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Kommersiële pastelstokkies Eie notas

Medium

Olieverf

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Kopiereg © Future Managers

79 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Medium

Waterverf

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Gouache (uitgespreek ghoe – asj)

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Eie notas

Medium

Eie notas

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Eie notas

80 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Akriel

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

Tempera (waterverf/lymverf)

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

WAT IS ONTWERP?

Medium

Eie notas

Medium

Eie notas

Kopiereg © Future Managers

81 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Verfspuit (Airbrush)

Maak jou eie merke met hierdie materiaal

WAT IS ONTWERP?

Medium

’n Verfspuit / “Airbrush” Eie notas

Kopiereg © Future Managers

82 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Aktiwiteit 16 (Ontgin ’n verskeidenheid tekenmateriale en tegnieke) Om die klank van normale dinge rondom jou te teken, gaan alles oor jou persoonlike ervaring en assosiasie met daardie klanke. Jy kan nie hierdie aktiwiteit op ander mense se interpretasies baseer nie. Hierdie aktiwiteit sal definitief jou konseptuele en probleemoplossingsvaardighede verbeter. Onthou, ’n goeie ontwerper moet gewoonlik vorm aan dinge gee wat nie tasbaar is nie, maar wat eerder abstrak is, soos emosies, smaak, identiteite, en dit waarvan mense hou of nie hou nie, sodat die produk aantreklik kan wees vir die identiteit van ’n spesifieke verbruiker se smaak, styl en emosionele staat. ’n Ontwerper moet maklik kan aanklank vind en moet kan identifiseer met abstrakte voorwerpe – per slot van sake, hulle moet weet hoe om hierdie ontasbare dinge te kan verpersoonlik deur die gebruik van kleur, tekstuur, vorm, besonderhede, ens. ’n Goeie ontwerper sal hierdie aktiwiteit dus baie maklik vind, want hulle gebruik hul konseptuele vaardighede elke dag. Kom ons kyk hoe jy verder ontwikkel en die volgende taak hanteer. Oefening Gebruik die elemente van ontwerp, asook konseptuele en probleemoplossingsvaardighede, om die geluid of klank van die volgende te probeer teken. Eksperimenteer met verskillende tekenmateriale. – ’n Golf wat breek –

Die kalmerende geluid van ’n rivier in die verte

– ’n Wekker wat tik – Die oorverdowende klank van ’n skare tydens

’n sokker- of rugbywedstryd

– Iemand wat skree – Hoë hakke wat op die vloer loop – Die aanhoudende geblaf van

’n klein hondjie

– ’n Motor wat teen ’n hoë snelheid ry – ’n Skaatsplank op teer – Die klank van ’n by – Handeklap

Kopiereg © Future Managers

83

5. Inleiding tot die primêre beginsels van ontwerp

Inleiding tot die primêre

ontwerp beginsels

Verskillende maniere om jou elemente/bestanddele te gebruik en te manipuleer 1. Balans 2. Kontras 3. Eenheid/Harmonie 4. Ritme/Beweging 5. Proporsie/Skaal 6. Fokus/Klem/Dominansie 7. Komposisie/Uitleg

Deur die elemente van ontwerp (lyn, vorm, tekstuur, kleur en toonwaardes) te gebruik en te manipuleer, kan ’n mens die beginsels van ontwerp bereik en toepas. As gevolg van die aard van moderne ontwerp kan die beginsels oorvleuel en varieer tussen die verskillende ontwerpvelde soos ontwerpskole en individuele praktiserende ontwerpers. Dit is nooit onveranderlik nie. Om ’n spesifieke doel te bereik, word beginsels gebruik om die verhouding tussen elemente en die finale komposisie te organiseer. 1. Balans a) ’n Gebalanseerde of ongebalanseerde ontwerp sal ’n spesifieke stemming/voorkoms en gevoel kommunikeer. Met ander woorde, die manier waarop jy lyn, tekstuur, vorm, kleur en toon sal gebruik, sal ’n gebalanseerde/ongebalanseerde ontwerp/samestelling/uitleg bepaal. b) Asimmetriese balans is wanneer elemente in kontrasterende groottes, getalle, gewig, kleur en tekstuur uit verhouding teenoor mekaar of ’n sentrale punt geplaas word, maar steeds ’n ewewig of balans skep. Hierdie is gewoonlik verskillende elemente wat dieselfde aandag en visuele fokus eis, soos ’n reusagtige pampoen teenoor ’n klein eiertjie. c) Simmetriese balans word verkry wanneer elemente eweredig geplaas word en aan weerskante van ’n sentrale punt. d) Radiale balans is baie dieselfde as simmetriese balans, maar word verkry deur ’n sirkelvormige sfeer. Sulke vorms is presies dieselfde in omtrek rondom ’n sentrale punt, ongeag of jy dit horisontaal of vertikaal verdeel. Die middelpunt van die vorm dien as die fokuspunt. e) ’n Dominante fokuspunt bied ook balans want dit skep nie ’n gevoel dat dit na een sekere kant in die komposisie getrek word nie. f) Balans skep eenheid en harmonie in ’n ontwerp. g) Die gelyke verspreiding van ’n vorm of spasie kan vervelig wees. Daar word aanbeveel dat die verdelings minder gelyk moet wees, maar dat daar steeds ’n harmoniese balans of verhouding tussen die afdelings moet wees. goeie balans geen balans vervelig

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

84 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

2. Kontras

WAT IS ONTWERP?

a) Die gebruik van kontras kan die boodskap of konsep wat jy wil kommunikeer, beklemtoon. Dit skep ’n fokuspunt en voorkom dat die ontwerp vervelig of eentonig voorkom. b) Daar is baie maniere om kontras en verskeidenheid te skep, byvoorbeeld deur teenoorgestelde kwaliteite van kleur, vorm, tekstuur of lyn te gebruik. Variasie in grootte sal ook kontras skep. c) Jy kan selfs kontras skep deur die ruimte waarin jy jou ontwerp plaas. Byvoorbeeld, die een kant van die ruimte kan baie dekoratief wees, terwyl die teenoorgestelde kant geen versiering bevat nie. Dieselfde geld ook vir die kontras tussen lig en donker of helder teenoor dof om die fokus punt te beklemtoon. d) Die aantal/hoeveelheid elemente kan ook kontras skep; byvoorbeeld een vorm teenoor baie ander vorms. 3. Eenheid/Harmonie a) Eenheid word verkry deur die manier waarop jy al die elemente in jou ontwerp organiseer, soos die gebruik van spesifieke kleure, die gelyke verspreiding van kleur, jou keuse van materiaal, vorm, tekstuur en lyn. Jy kan ook eenheid skep deur doelbewus soortgelyke materiale en ontwerpelemente te kies vir dieselfde komposisie. b) Eenheid word ook verkry deur die herhaling en oorvleueling van ontwerpelemente. c) Om elemente te balanseer sal ook eenheid en harmonie in ’n ontwerp bewerkstelling. 4. Ritme/Beweging a) Hoe beeld ’n ontwerper die gevoel van geïmpliseerde beweging uit van ’n vaste beeld wat nie kan beweeg nie? Die manier waarop jy jou elemente soos lyn, vorm, tekstuur en kleur spasieer kan ’n gevoel van beweging skep. Die blote herhaling van die elemente kan ook beweging impliseer. b) Komposisionele beweging word verkry deur die wyse waarop die ontwerper elemente in die komposisie uitlê. Met ander woorde, sekere elemente sal die aandag van ’n kyker trek deur die oë van een punt na ’n volgende te laat beweeg. c) Statiese beweging is wanneer die kyker se oë onwillekeurig van een element na die volgende spring. Dit kan gedoen word deur kontrasterende kleure, vorms, lyne, teksture of soortgelyke elemente tussen ander te plaas. d) Dinamiese beweging is wanneer die oog egalig van een area na die volgende beweeg. Dit kan gedoen word deur volgehoue en vloeiende lyn, vorm, tekstuur of die geleidelike verandering van kleur en vorm. e) Wanneer objekte/ontwerpelemente na mekaar wys in ’n komposisie, behou dit die kyker se aandag binne in die komposisie of prentlyn. Oor die algemeen sal die oog altyd een of ander ‘pad’ in ’n komposisie volg. Daar is dus altyd ’n vorm van komposisionele beweging of ritme. 5. Proporsie/Skaal (grootte) a) Hierdie beginsel fokus op die verskillende groottes van objekte en spasies, asook die verhouding tussen hulle binne ’n komposisie.

Kopiereg © Future Managers

85 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

b) ’n Goedgebalanseerde en harmonieuse komposisie is die resultaat van goeie proporsionele verhoudings c) Wees bewus daarvan dat die gebruik van dieselfde grootte objekte en spasies ’n baie vervelige uitleg of komposisie kan veroorsaak. d) Skaal word gewoonlik gebruik in verhouding met balans en dominansie. e) Groot objekte word gewoonlik deur kleiner objekte (wat op ’n ander plek in die komposisie geplaas is) gebalanseer. f) Verskillende groottes kan ook diepte beklemtoon. ’n Groter objek sal byvoorbeeld lyk asof dit nader en in die voorgrond is, terwyl ’n kleiner objek sal lyk asof dit verder weg en in die agtergrond is. g) Skaal kan dus ook gebruik word om die kyker te help om te fokus en om belangrike objekte te onderskei van minder belangrike objekte. ’n Groter objek (nader aan die kyker) is belangriker, terwyl ’n kleiner objek wat verder weg is, minder belangrik is. h) Proporsionele (eweredige) verhoudings kan ook verkry word deur die verspreiding van teksture, kleur, lyn en die hoeveelheid elemente of objekte in ’n komposisie. Byvoorbeeld: helder teenoor dowwe kleure; growwe teksture teenoor gladde teksture; baie objekte teenoor min of geen. 6. Fokus/Klem/Dominansie a) As jou konsep of boodskap beklemtoon moet word deur die gebruik van ’n fokuspunt, let op hoe jy kleur, lyn, tekstuur vorm en toonwaardes sal aanwend en manipuleer om dit reg te kry. b) Jy moet ook bewus wees van die verhouding tussen verskillende elemente, hul proporsionele verhouding; kontras in kleur (helder teenoor donker/dof) of detail (meer detail teenoor minder detail) of skaal (groot teenoor klein) in jou komposisie. c) Die styl en skaal van tipografie, waar toepaslik, kan ook ’n noodsaaklike rol speel in die skepping van ’n fokuspunt. d) Die ontwerper kan die beginsels ook verkry deur ’n verrassingselement in te sluit. e) Die fokuspunt is die deel van die ontwerp wat die aandag van die kyker die sterkste trek. Dit is ook ’n manier om die kyker se aandag te verkry en kan beslis ’n manier wees om ’n reaksie by die kyker te ontlok. f) Hoeveelheid (kwantiteit) van elemente kan ook ’n fokuspunt of dominansie skep, soos die plasing van een vorm teenoor vele ander. 7. Komposisie/uitleg Komposisie/uitleg is gewoonlik die wyse/metode wat jy gebruik om jou ontwerpelemente in ’n gegewe spasie te rangskik. Met ander woorde, die toepassing van ontwerpbeginsels sal uiteindelik die finale komposise bepaal.

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

tussen verskillende grootte objekte en spasies.

86

WAT IS ONTWERP?

MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

“Die fokuspunt is die deel van die ontwerp wat die aandag van die kyker die sterkste trek” “Kleur kan ook gebruik word om orde en balans in ’n ontwerp te skep indien die kleur eweredig versprei is” 1. 2. 3. 4.

5. 6. 7. 8.

9. 10. 11. 12.

13. 14. 15. 16

Kalender ontwerp deur BluPrint vir die CSA (Sentrum vir die Studie van Vigs by die Universiteit van Pretoria)

Die bostaande visuele gebruik ’n verskeidenheid ontwerpelemente en beginsels. Kyk of jy hulle kan identifiseer. Maak ’n lys van al die beginsels en elemente van ontwerp en kies dan die blokkies wat jy dink die mees geskikste voorbeelde van elk is. Gebruik die nommers wat voorsien word om die korrekte blok te identifiseer.

“Eenheid word verkry deur die manier hoe jy al die elemente in jou ontwerp organiseer” Kopiereg © Future Managers

87 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

i. Die werklike ruimte het te doen met ’n driedimensionele (3D) area. ii. Die geïmpliseerde ruimte verteenwoordig ’n driedimensionele ruimte aangebied op ’n

tweedimensionele oppervlak.

iii.

Soms wil die ontwerper diepte in die komposisie aandui. Met ander woorde, die ontwerper wil die illusie skep van ’n agtergrond, middelgrond en voorgrond. Dit kan gedoen word deur die gebruik van kleur (koue kleure in die agtergrond en warmer kleure in die voorgrond), en die gebruik van voorwerpe van verskillende groottes (klein en minder gefokus in die agtergrond en groter en duideliker in die voorgrond).

iv.

Oorvleueling van voorwerpe kan ook die illusie van ruimte skep.

v.

Die komposisie kan gebalanseerd of ongebalanseerd wees, ’n fokuspunt hê, staties wees of ritme en beweging insluit. Alles hang af van wat jy wil kommunikeer en hoe jy jou ontwerp-elemente rangskik om sekere ontwerpbeginsels te bereik.

Het jy geweet… die 5ml Smarlock Veiligheidsspuitnaald (inspuiting) is in 1998 deur Suid-Afrikaners ontwerp? Hierdie ontwerpers is W Blake, P Lambourn, J Loureiro, M Moore, D Shiel, M Tappero, H van der Meyden en A Wadman van Anglo American Industrial Corporation (Anglo-Amerikaanse Industriële Korporasie). Vandag is dit Anglo American Operations Limited. Hierdie slim-ontwerpte spuitnaald beskerm mediese personeel teen beserings soos naaldprikke en blootstellings aan lewensgevaarlike siektes soos HIV/Vigs. Smarlock spuitnaalde was in Somerset-Wes vervaardig deur een van die mees gesofistikeerdste mediese vervaardigers in die Suidelike Halfrond. Hierdie produk is regoor die wêreld uitgevoer. (Ontwerp vir veiligheid en mediese sorg) Publikasie: ‘Thirty Years of South African Design Excellence’ Sien besonderhede op bladsy 336 as jy jou eie afskrif wil verkry.

Aktiwiteit 17 Om die gebruik van ontwerpelemente en -beginsels suksesvol te bemeester, is nogal ’n prestasie. Jou konseptuele en probleemoplossingsvaardighede sal beproef word. Kom ons toets jou bevoegdheid op hierdie gebied.

Tema’s Tema’s

Die suksesvolle toepassing van die beginsels van ontwerp kan ’n komposisie of eindproduk tot gevolg hê wat ’n simboliese of visuele beeld met ’n sekere boodskap, ‘gevoel en voorkoms’ kommunikeer, byvoorbeeld: • stil of vreedsaam • eenvoudig of ingewikkeld • sterk en aggressief • verhalend of informatief • funksioneel of dekoratief • reaksie ontlok • wulps (sexy) • breekbaar • vroulik • spierkragtig • vrolikheid/geluk • stabiliteit of sekuriteit • kokon/beskermend • feëverhaal

Kopiereg © Future Managers

WAT IS ONTWERP?

Maak seker dat jy die volgende terminologie verstaan:

88 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Vervolg van Aktiwiteit 17 Stap een Kies enige ses temas van die gegewe lys. Ondersoek terselfdertyd die gebruik van ’n verskeidenheid materiale en tegnieke. Versamel materiale wat jy dink elkeen van jou ses keuses suksesvol sal kommunikeer. Dit kan enigiets insluit, bv. katoen, wol, sy, sand, rys, tot materiaal (lap) of plastiek. Jy mag ook enige verf- of tekenmateriaal gebruik. Stap twee Sny ses kartonblokkies van 15cm x 15cm uit. Probeer elk van jou ses temas verbeeld of simboliseer deur die materiale wat jy versamel het te gebruik, asook enige verf- of tekenmateriaal, indien nodig. Jy mag nie woorde of herkenbare vorms gebruik om jou tema te beskryf nie. Slegs tekstuur, kleur, lyn en vorm mag gebruik word. Dit staan jou vry om enige metode te gebruik om die resultaat te bereik. Daar is nie ’n reg of verkeerd nie. Gebruik jou verbeelding en eie interpretasie. Onthou: ’n ontwerper interpreteer nie net die ontwerpopdrag nie, maar hy/sy identifiseer ook die teikenmark. ’n Goeie ontwerper is in staat om ’n verskeidenheid teikenmarkte te identifiseer. Dit sluit in begrip van waarvan die mense in die teikengroep hou of nie hou nie, soos bv. die styl geskep deur hulle keuse van klere, bybehore, haarstyl, musiek, ens. Deur die ontwerpelemente en-beginsels te gebruik, is ’n goeie ontwerper in staat om by ’n ontwerp uit te kom wat sal aanklank vind by die geïdentifiseerde teikenmark.

Vra altyd die onderstaande vrae terwyl jy aan enige ontwerp werk. Maak ’n regmerkie in die toepaslike blok.

VRAE

JA / MISKIEN / NEE

Verstaan ek my konsep, boodskap, tema of styl? Het ek genoeg inligting en verstaan ek my teikenmark?

Verstaan ek die styl en “voorkoms en gevoel” wat ek wil bereik en kommunikeer? Weet ek hoe ek die ontwerpelemente sal manipuleer om my idee te verbeeld? Deur my teikenmark in gedagte te hou, kan ek identifiseer watter ontwerpbeginsels ek sal gebruik om ’n sukses van my ontwerp te maak? Weet ek wat ek wil hê die kyker moet ervaar en voel terwyl hy/sy na die finale ontwerp kyk?

Kopiereg © Future Managers

89 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

Bestudeer die onderstaande lys woorde noukeurig. Gebruik die tabel, neem elke woord en plaas dit in die regte kolom. Hierdie woorde is almal gekoppel aan een of meer van die ontwerpbeginsels. Kom ons kyk hoe jy vorder. Gebruik net die wit ruimtes wat verskaf word. Let wel: Daar is ’n paar verrassingselemente!

kleurverskeidenheid; asimmetries; donker/lig; oordadig; liniêre perspektief; groot/klein; komplimentêr; jukstaposisie; patrone; lynverskeidenheid; skaal (groot/klein); radiale balans; verwringing; verskeidenheid in vorm; oorvleueling; ruimtelike perspektief; veelhoeke van kyk; wet van derdes; dominant; middelpunt van belangstelling; simmetries; besig/rustig; teksturele verskeidenheid; repetisie (herhaling). BALANS

KONTRAS

RITME/ BEWEGING

VARIËTEIT/

PROPORSIE /

EENVOUD

SKAAL

RUIMTE/DIEPTE

Kopiereg © Future Managers

KLEM/FOKUSPUNT

WAT IS ONTWERP?

Aktiwiteit 18

90 MODULE 1: KWARTA AL 1 – ’n Inleiding tot die “wêreld van ont werp”

WAT IS ONTWERP?

Meer oor die ontwerpproses

Aktiwiteit 19 Goeie ontwerpers volg ’n spesifieke struktuur, proses of pad vandat hulle die projek of opdrag van ’n kliënt ontvang totdat hulle die finale produk inhandig. Hierdie proses is goed gestruktureerd en die belangrikheid daarvan mag nooit onderskat word nie. Jy moet nooit sommer net wegspring en begin ontwerp nie. Versamel eers genoeg noodsaaklike inligting voordat jy begin ontwerp. Ons noem dit die ontwerpproses. Dit is net so belangrik as die sukses van die finale produk. Noudat jy alreeds ’n klomp harde werk agter die rug het, kom ons kyk of jy onderstaande kan behartig.

Dit maak nie saak of jy gevra word om ’n spoggerige nuwe motor, ’n skaatsplank, huis of ’n mode-item te ontwerp nie. Rangskik en organiseer onderstaande lys in die korrekte volgorde volgens die proses wat ’n ontwerper na jou mening moet volg: 1.

Monteer of raam jou aanbieding

2.

Selekteer en evalueer jou beste ontwerpe

3. Ontwerpopdrag 4.

Doen voorstelling aan die kliënt

5.

Doen die finale tegniese tekeninge op ’n gekose skaal

6.

Maak ’n volkleurtekening met skakerings en detail

7.

Lees en interpreteer die opdrag

8.

Doen voorstelling van prototipe aan kliënt

9.

Maak finale veranderings

10. Oorhandig die finale produk aan die kliënt 11. Identifiseer die materiale wat jy sal gebruik 12. Beplan die metode van konstruksie en die gereedskap wat benodig word 13. Doen navorsing en vind goeie visuele wat verband kan hou met die konsep en die tema 14. Ontwerp minstens drie alternatiewe konseptuele sketse wat aan die vereistes van die opdrag voldoen 15. Evalueer en reflekteer jou bevindings van die finale produk 16. Ontvang terugvoering van die kliënt 17.

Skryf ’n finale verslag

“Jy moet nooit sommer net wegspring en begin ontwerp nie. Versamel eers genoeg noodsaaklike inligting voordat jy begin ontwerp. Ons noem dit die ontwerpproses.”

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

Ontwerp in besigheids konteks

92

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Ontwerp in besigheids konteks

’n Basiese begrip van tendense en visuele bemarking

Inhoud 1.

Inleiding tot tendense en visuele bemarking

2.

Historiese konteks en styl

3.

Tendense: Direkte gebruik in alledaagse lewe. Tendensvoorspeller: Li Edelkoort en Laureen Rossouw

4.

Gebruik van herwinning en afval materiaal as ’n tendens

5.

Kort gevallestudies

Kopiereg © Future Managers

On in ’ Bes hei Kon tek

93

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

ntwerp ’n sig ids n ks

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Tendense: House & Leisure, Junie 2007

http://www.assocmags.co.za/brands/3/house-and-leisure

http://www.elledecor.com

http://www.visi.co.za

Kopiereg © Future Managers

94 MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

1. ’n Inleiding tot tendense en visuele bemarking Die indruk wat iemand op jou laat wanneer jy hul

een geleentheid om ʼn indruk op verbruikers/

ontmoet, gee jou binne 30 sekondes ʼn idee watter

kliënte te maak. Dit is dus baie belangrik dat die

tipe persoon jy dink hulle is. Jy kan hul geslag,

vertoonvenster, wat die verbruiker inlig oor wat

ouderdom, grootte, nasionaliteit, loopbaan en sosiale

aangebied word, baie effektief en treffend moet

klas van hul voorkoms aflei. Jy sal ook ʼn raaiskoot

wees! Dié werk is die verantwoordelikheid van die

kan waag oor hul temperament, hoe vriendelik, en

visuele bemarker. Hy/sy moet deeglik bewus wees

hoe netjies hulle is. Jy sal selfs ʼn oordeel kan fel oor

van die nuutste tendense en giere om seker te maak

hul betroubaarheid en integriteit.

dat ware wat vertoon word op só ʼn manier inligting oordra, dat dit verbruikers sal lok.

’n Persoon se eerste indruk van jou is gebaseer op jou voorkoms, en eerste indrukke is gewoonlik die

Maar voordat ons verder gesels oor visuele

belangrikste indrukke.

afsetbeplanning gaan ons ʼn bietjie kyk na tendense. Wat is dit? Hoekom verander dit, en hoe kan

Net soos wat jy jou beste advertensie is, het

handelaars byhou met wat die volgende tendens

kleinhandelaars

gaan wees?

en

uitstallings/uitstallers

net

“’n Persoon se eerste indruk van jou is gebaseer op jou voorkoms, en eerste indrukke is gewoonlik die belangrikste indrukke.” Wat is ’n ...? Verbruiker – ’n persoon wat goedere en dienste vir persoonlike gebruik aankoop. Kleinhandel – die verkoop van produkte of goedere aan die publiek in relatiewe klein hoeveelhede vir persoonlike gebruik eerder as vir herverkoop.

Tendense

Definisie: Tendense het alles met idees te doen. Dit behels gevoelens en idees wat ontstaan uit ʼn kultuur wat teenoor die wêreld reaggeer. Dit is die manier waarop die wêreld dinge waarneem, en vind neerslag binne die volgende ses maande tot een jaar. Die meeste kulture pas hierdie wêreldwye tendense by hul onderskeie markte aan, en neem daaruit wat hul kan; hul neem dus dít wat relevant is aan en maak ’n paar aanpassings met dit wat vanpas is.

“Sommige voorkomsstyle soos dié van die 60’s en 70’s is standhoudende gunstelinge omdat mense weet waarvan hulle hou; hulle is gemaklik daarmee en kan hulself daarmee vereenselwig. ʼn Goeie idee bly ʼn goeie idee – mense hou daarvan om hierdie idees opnuut en skeppend aan te wend, weens hul intrinsieke waarde.” (Denalda Tuckett)

Kopiereg © Future Managers

95

“Tendense kom en gaan nie. Wanneer ’n tendens gewild raak, besef jy meteens dat dit nooit werklik uit die mode was nie… dit is nie noodwendig dieselfde nie… ek het tot dusver nog nooit ’n deurslaggewende leefstyltendens sien verdwyn nie.”

– Li Edelkoort.

Aktiwiteit 20 Kyk of jy ʼn tendens kan raaksien: Skryf die volgende vrae neer in jou visuele dagboek. Opdrag: Bestudeer ongeveer 5 verskillende kleinhandelaars wat ware verkoop met soortgelyke ontwerpe, byvoorbeeld: 1.

Kyk na binneversierders soos: Mr Price Home, @Home, Woolworths, Loads of Living en



Stuttafords, PEP stores of Makro.

2.

Gaan na hul linne- en huisware-afdelings. Jy kan dieselfde oefening herhaal en vergelyk die



modes, bybehore en skoene byvoorbeeld, van die verskillende winkels.

3.

Kies ʼn handdoekreeks.

4.

Kyk nou in al die winkels op jou lys of daar byvoorbeeld soortgelyke simbole geborduur



is, soos skoenlappers, of enigiets anders wat herhaaldelik gebruik word.

5.

Is daar ooreenkomste in die gebruik van kleure deur die verskillende winkels?

6.

Wat kan jy hieruit aflei?

Het jy geweet…? jy het so pas ’n tendens in hierdie seisoen se binneversieringsmark raakgesien! Dit is waarskynlik dat die beelde en idees wat jy raakgesien het in hierdie oefening ook sal voorkom in kleding, breekware, beddegoed, ens.

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

96 MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

Aktiwiteit 21 navorsingsopdrag: Navorsing oor ’n tendens Mr. Price het jou genader om ʼn ontleding te doen van beskikbare tendense in hierdie jaar se Lenteversameling van tienerklere. Hulle sal wil hê dat jy moet bewys dat hul tendensvoorspeller die regte keuses gemaak het vir hul landwye winkels. Jy kan kyk na ʼn verskeidenheid items, soos skoene, noupassende toppies, rompe, broeke, ensovoorts.

Toepassing Skryf ʼn opstel van minstens een bladsy, waarin jy verskeie items van jou keuse uit vyf verskillende winkels waar jy gewoonlik jou klere koop, met mekaar vergelyk. Kan jy deurlopende tendense raaksien? Kan jy soortgelyke motiewe, byvoorbeeld dié aangebring op handsakke, raaksien? Val al die items binne ʼn bepaalde styl, of blyk dit dalk van dieselfde era te wees? Is daar ’n gemene kleurpalet in die meeste winkels? Motiveer die keuses wat jy maak oor die tendense wat jy voorspel in jou opstel. Jy moet bewys kan lewer hoekom jy voel jou keuses die deurslaggewende tendense sal volg. Onthou dat die besigheid aansienlike verliese kan ly indien jou inligting foutief of ongegrond is.

Basiese inhoud vir ’n navorsingsopstel •

Inhoudsopgawe (uiteensetting van die onderafdelings van jou navorsing).



Inleiding (waarin jy jou onderwerpe bekendstel).



Hoofteks (hierdie kan in hoofstukke verdeel word).



Illustrasies/beelde (neem foto’s van die items wat jy gebruik as deel van jou navorsing).



Formele ontleding – gebruik die formele elemente en beginsels van ontwerp en ontleed die produkte



waarvan jy foto’s geneem het.



Motiveer hoekom hierdie items suksesvol of onsuksesvol ontwerp is.



Slotsom – het die aankoper vir Mr. Price klere die suksesvolle tendense vir hierdie seisoen raakgesien?



Motiveer jou antwoord. Hoogtepunte van plaaslike mode tendense vir 2010: http://issuu.com/designinformation/docs/design_ed_1/110? Voorspelling van CIFF Summer 2010 tendense: http://issuu.com/designinformation/docs/design_ed_1/122?

http://www.trendtablet.com/

Kopiereg © Future Managers

97

2. Historiese konteks en styl Om toekomstige tendense vas te stel, kyk tendensvoorspellers na modes.

Ontwerpers/stiliste/

tendensvoorspellers skarrel almal rond om ʼn blik van Vogue se nuwe vrystellings te kry om sodoende die invloede vas te stel wat ʼn rol in die volgende somer- of wintermodereekse sal speel. Jy het seker al die gesegde gehoor dat in die modewêreld daar niks nuuts is wat nog nie ontdek is nie? In ʼn sekere mate is dit waar aangesien ons ontwerpe van vorige eras hersien en aanpas. Jy moet oor ʼn goeie begrip van die geskiedenis van “mode” beskik om jou sodoende in staat te stel om die uitrustings en ontwerpe wat jy in die alledaagse kleinhandelswinkels sien, te kan verstaan.

“Mode bestaan nie net uit rokke nie. Mode is in die lug, op straat – mode het met idees te doen, die wyse waarop ons leef, wat aan die gebeur is.”

Stylblaaie

? ?

Coco Chanel

Gedurende die 60’s het die ‘hippie’ beweging mode radikaal verander. ‘Bellbottom’ denims met blommotiefhemde was aan die orde van die dag, patrone wat uit die 50’s herleef het! Beide mans en vrouens het hulle hare lank gedra en die ‘mullet’ haarstyl (kort voor en lank agter) was baie populêr. Teen die einde van die 60’s het romplengtes so gekrimp dat jou agterstewe kwalik bedek was en dit het gelei tot die bekende ‘hot pants’ mode. In die musiekindustrie het die Beatles met hulle borselkop haarstyle en kort kuiwe vrouens se knieë lam gemaak! Laat Modernisme het sy verskyning in argitektuur gemaak wat monumentale wolkekrabbers met reghoekvorms wat tot in die lug gestrek het, tot gevolg gehad.

Polly katoen en nylon het hul verskyning in die modewêreld gemaak en sekere modes en tendense gerevolusioneer. ʼn Nuwe wêreld het ontluik uit die kitaar van Jimmy Hendricks. Argitektuur in die 70’s is gekenmerk deur ‘High Tech’ geboue waar die geraamtestrukture van die geboue aan die buitekant as deel van die gebou se karakter tentoongestel is, wat tegnologie deur die gebruik van hoëglansafwerkings, soos gepoleerde chroom en ander duur materiale, gevier het.

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

98

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

? ? ?

Madonna is hier! Onderklere word boklere. Breë gordels versier middellywe wat oor skouerlose noupassende breidrag gedra word. Haarstyle het deur ʼn permanentegolwing malheid gegaan. Dink aan ikone soos Jane Fonda en die Rolling Stones, en tendense het rondom ikone soos Prinses Diana, Prinses van Wallis, ontwikkel. Die Post-moderne argitektoniese era het aangebreek wat Modernisme konsepte soos ‘minder is meer’ opsy gestel het en wat die slagspreuk ‘minder is vervelig’ aangehang het. Dit het die gebruik van helder kleure en ʼn kombinasie van style beteken, bv. deur ʼn nuwe vleuel aan te bou aan ʼn ou gebou en die ou gebou se fasade te behou.

Die ‘grunge’ kultuur is gebore en geskeurde uitgewaste denims en kort leer baadjies was aan die orde van die dag. Swart oogskadu vir meisies het ʼn bedwelmende voorkoms geskep. Musiek het ʼn na-swaai van ‘hard rock’ geword met orkeste soos Nirvana, Pearl Jam en Oasis wat tot die voorgrond getree het. ‘Techno’ en ‘rave’ musiek het mode baie beïnvloed. Die 90’s het omtrent eklektiese era geword, met baie min wat as nuut in die modewêreld gereken kon word. Dit was eerder ʼn kombinasie van die vorige drie dekades.

Sommige van julle sal opmerk dat die klere wat jul ouers van hulle tienerdae in hulle kaste oorgehou het, weereens modieus geword het! Skielik loop almal weer met ‘mullet’ haarstyle en gepunte skoene met gebreide kouse rond! Het jy al opgelet as jy ʼn uitrusting aantrek dat jou ouers miskien sal sê: “Ek het ʼn top of skoene presies soos daai in my jongdae gedra.” Niks in die ontwerpwêreld kan regtig as nuut of enig in sy soort beskryf word nie. In die ontwerp en kreatiewe wêreld is dit ʼn samekoms en herontdekking van vorige tendense. Wat ʼn beter voorbeeld is daar as Madonna?

Kopiereg © Future Managers

99

3. Tendense: Toepassing vir die alledaagse lewe

Tendensvoorspellers Sonder ons medewete het die volgende 2 vroue ʼn geweldige groot uitwerking op ons lewe gehad. Hulle lees modegiere vooruit, ten einde maatskappye by te staan met hul vooruitbeplanning, en lei sodoende maatskappye en almal van ons die toekoms in.

• •

Li Edelkoort (Nederland) Laureen Rossouw (Suid-Afrika)

http://trendunion.com/ http://www.designboom.com/eng/interview/liedelkoort.html

Li Edelkoort

Persoonlike gevallestudie

(Design Indaba tydskrif, eerste kwartaal, 2007)

Sedertdien het Edelkoort se werk tendens-

Agtergrond en opleiding

innoverende tendens-forums vir Premiere vision in

voorpelling

as

ʼn

beroep

gepioneer;

vanaf

die laat 80’s, tot die langdurige leefstylontleding van Gebore in Nederland in 1950, en een van die

die wêreld se vernaamste handelsmerke sedert die

wêreld se vernaamste tendensvoorspellers. Sy het

90’s. Sedert 1992 het Edelkoort se tydskrifte, (View

mode en ontwerp aan die ‘School of Fine Arts’ in

on Colour en InView and Bloom) die grense van die

Arnhem studeer, waarna sy as aankoper vir die

uitgewersbedryf herdefinieer, en beelde opgelewer

vooraanstaande

afdelingswinkel,

wat begriptekens van ons tyd geword het. Haar

Bijenkorf, begin werk het. Dit is hier waar sy haar

werk het meer onlangs ook verskeie ander areas

talent en aanvoeling vir aanstaande tendense, asook

betree, soos die arena van opvoedkunde by die

haar vermoë om te kan voorspel wat verbruikers in

Ontwerp-Akademie in Eindhoven, filantropie by

die daaropvolgende seisoene sal wil koop, ontdek

die Heart wear stigting, en kuratorskap waardeur

het. Hierdie vermoë het haar in 1975 na Parys gelei

sy haar kan verdiep in die kuns- en ontwerpsgebied

waar sy voltyds as tendenskonsultant gewerk het.

wat museums en uitstallings wêreldwyd beïnvloed.

Nederlandse

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

100 MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Die volgende is ’n aanpassing van ’n artikel op haar webtuiste: [email protected]

modewêreld se 25 invloedrykstes benoem. Sy het ʼn jaar later ook die Grand Seigneur toekenning in Nederland ontvang vir haar werk in die tekstiel- en modewêreld. ‘Aid to Artisans’ het Edelkoort ook in 2005 met ʼn Lewenslange Prestasie Toekenning vereer vir haar werk in kuns en ontwerp. Sy het ook as kurator opgetree van die ontwerpuitstalling, ’north meets South,’ wat deur Saint Etienne, Parys, Stockholm en New York getoer het. Verlede jaar is ʼn internasionale

“Sy word beskou as ʼn ikoon van styl in die mode- en ontwerpswêreld, met ʼn foutlose sin vir wat môre inhou.”

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

“‘Time magazine’ het haar in 2003 as een van die

rondreisende uitstalling geloods, wat Edelkoort se tendensvoorspelling as ʼn deurslaggewende medium vir sosiale kommentaar vereer. Volgens Li Edelkoort wag daar ʼn blink toekoms op alle industrieë wat aan die mens se behoefte vir welvaart kan voldoen. In haar nuwe boek, ‘The Bible of Well Being,’ gee sy bewyse dat die samelewing toenemend fokus op die ontdekking en aanmoediging van ʼn sin vir gemak in elke aspek van die alledaagse lewe. Industrieë soos reukmiddels en voedsel, skoonheid en gesondheid, leefstyl en binneversiering sal deur opkomende tendense geïnspireer word, wat sal lei na ʼn wye verskeidenheid van idees vir nuwe produkte. Verbruikers wil iets goeds vir hulself doen, en wil meer genot en sensoriese plesier uit hul alledaagse lewens put. Die “gebod” in Edelkoort se huidige “Bybel” is: “Geniet dit!” Li Edelkoort is een van die mees gesogte tendensnavorsers op aarde. Vir 20 jaar lank al stuur sy maatskappye in lyn met die verwagtinge van môre se verbruikers – hoe hulle gaan leef en wat vir hulle belangrik gaan wees. So, wanneer hierdie toe 55-jarige Hollander praat, luister die groot korporasies – onder meer Coca-Cola, Estée Lauder, L’Oréal, Shiseido en Dim. Motormaatskappye, banke, en selfs regerings raadpleeg haar kantore in Parys en New York. Sy word beskou as ʼn ikoon van styl in die mode- en ontwerpswêreld, met ʼn foutlose sin vir wat môre inhou. Die bekende Britse ontwerperstydskrif, i-D, plaas haar in die top 40 van die belangrikste ontwerpers ter wêreld.

http://www.designindaba.com/video/talking-textiles-li-edelkoort-milan2011

Kopiereg © Future Managers

101

Die verskil tussen tendense en lewenstyle “Volgens Edelkoort is tendensnavorsing nie ʼn wetenskap nie, maar ʼn kunsvorm wat uit noodsaak gebore is. Tendensvoorspelling, wat verskil van die vermoë om tendense uit te ken, is onmisbaar in enige industrie, alhoewel die behoefte daarna nog steeds nie na wense erken word nie. “Ek ontdek niks nuuts nie. Ek let op mense se gedrag en gemoedere en interpreteer dit. Ek dien slegs as katalisator vir dit wat aan die orde van die dag is en formuleer dit so gou moontlik in ʼn tendens,” sê sy. Li Edelkoort maak meestal op haar intuïsie staat, maar steun ook op ander modelle en filosofieë. Haar besondere ver-

tendense voorkom, bestaan die meeste tendense oor baie langer tydperke, terwyl dit oor ʼn paar seisoene geleidelik vervorm en kort-kort terugkeer. Pienk is nou ʼn klassieke modekleur, teddiebeer knusheid is ʼn bewysde gemoedelikheid, materiale wat die vel naboots het met die tyd tred gehou, ons obsessie met plante en tuinmaak het die “buitelewe-binneshuis”idee laat posvat. Hierdie “lewenstyle” het almal lang lewensiklusse; dit kan maklik vyf, tien, twintig, of selfs vyftig jaar lank hou voordat dit gewildheid verloor.

Die tendens van ’n oorkoepelende wêreldstyl het geen toekoms nie

moë om subtiele sosiale rimpelings en veranderings en politieke ontwikkelinge raak te sien, is een van

Vir sowat vyf jaar lank al waarsku Li Edelkoort kliënte

haar belangrikste bates.

dat die idee van globalisering ʼn einde bereik het. Volgens haar het hierdie tendens sy doel gedien en

Li Edelkoort se boeke oor tendense word gereeld

is dit aan die afneem. “Mens raak moeg daarvan om

vrygestel in beperkte uitgawes van slegs 250. Sy

dieselfde handelsmerke die wêreld oor te sien hetsy

gebruik altyd dieselfde aanslag in haar ontledings deur

New York, Tokio of Sao Paulo.” Edelkoort verwag

antwoorde te soek vir vrae soos, Hoe gaan ons lewens

dat plaaslike produkte en kossoorte ʼn Renaissance sal

lyk in die toekoms? Wat sal mense wil hê? Wat sal

beleef. Dit beteken egter nie dat globale handelsname

hul behoeftes en begeertes wees? Watter eienskappe

sal verdwyn nie, maar dat dit sal moet aanpas by die

van ʼn verbruikersproduk sal daarvan ʼn sukses maak

spesifieke behoeftes van die plaaslike verbruiker.

in die handelsmark? In watter wyse spreek ʼn produk

Handelsname van die toekoms sal ʼn nuwe blaadjie

tot die verbruiker se gevoel, Hoe inspireer jy mense

omslaan as hulle hul globale georiënteerde basis

om iets te wil koop?’

Haar tendensboeke kos

produkte kombineer met plaaslike eienskappe,

ongeveer €2 000 elk, bevat haar ontledings

streeksvariëteite en nasionale flair, en ʼn opvallende

en voorspellings, tesame met sleutelbegrippe,

produk buite die boks ontwerp. “Die idee van ʼn

illustrerende foto’s en voorbeelde van tekstiele. Die

hoofstroom is verby; die middeweg is niks meer as ʼn

teks en illustrasies spreek tot mekaar, want, volgens

doodloopstraat nie,” voeg Edelkoort by.

haar, “is die idee om die boodskap te ontsyfer.” Wat lewenstyle betref, meen Edelkoort dat ons by Wat is die verskil tussen ʼn tendens en ʼn lewenstyl, en

ʼn kruispad is: ons is besig om dinge stadig op ʼn

hoe lank is elkeen se lewensiklus? Li Edelkoort sê dat

rustiger manier te doen. Mense streef al hoe meer na

ʼn hemp, ʼn fatsoen of ʼn kleur almal voorbeelde van

oorspronklikheid en eerlikheid, waarheid en direkte

tendense kan wees. Terwyl daar kort en middelmatige

kommunikasie.

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

102

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Welvaart – in of uit?

Is welvaart in of uit?

Volgens Edelkoort is die

welvaartindustrie op die drumpel van ʼn reuse groeitydperk. In hierdie tye van terreuraanvalle, natuurrampe en ekonomiese krisis, verlang die mens nie net na veiligheid nie, maar ook na ʼn gevoel van

“In hierdie tye van terreuraanvalle, natuurrampe en ekonomiese krisis, verlang die mens nie net na veiligheid nie, maar ook na ʼn gevoel van gerusstelling, kalmte en balans. Hierdie strewe na welvaart sal die dryfveer word vir elke faset van ons lewens.”

gerusstelling, kalmte en balans. Hierdie strewe na welvaart sal die dryfveer word vir elke faset van ons lewens. Dit sal ook aanklank vind in die manier hoe die mens sy ontspanningstyd benut. Om elke jaar ʼn lang vakansie te neem sal vervang word met die behoefte aan ʼn gereelde “vakansiegevoel” – ʼn vakansie elke dag. Die mens sal sy leefruimte omskep in ʼn ruimte van welvaart, waar hulle hulself kan pamperlang en omring met artikels wat ʼn gevoel van stabiliteit, rustigheid en balans bring. Hoë gehalte voedselprodukte, luukse leefruimtes en eksklusiewe liggaam- en haarprodukte sal die basis hiervoor bied.

Volgens Li Edelkoort sal hierdie

nuwe lewenstyl ʼn sterk klem lê op wat en hoe ons eet. Kossoorte, drankies en kosmetiese produkte sal ʼn deurslaggewende rol speel in die soeke na nuwe smaak en sensoriese ervarings. Dit kan ʼn stortvloed van nuwe produkte op die handelsmark tot gevolg hê. Japan sal ʼn inspirerende rol in baie tendense

ONTWERP IN BESIGHEIDS KONTEKS

speel - van mode, eetgewoontes en kosmetiek tot ontspanningstegnieke. Geure sal ʼn belangrike rol speel in ʼn verskeidenheid van toekomstige produkte wat voedsel insluit.

Kopiereg © Future Managers

103

“Tendens navorsers kan niks beskryf wat nie

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

Die demokratisering van luuksheid

Li Edelkoort stem saam dat luuksheid die fokus van toekomstige verbruikersgedrag sal wees. Dit is juis daarom dat sy soveel potensiaal vir groei in die vervaardiging van

luukse produkte raaksien. Sy het die term “demokratisering van luuksheid” geskep om die verskynsel te benoem waar

die grense tussen eksklusiewe produkte en afslagprodukte vervaag. Volgens haar stuur dit af op ʼn doodloopstraat: verbruikers soek óf Zara óf Prada, óf H&M óf Hermès,

maar sal nie tevrede wees met enigiets tussenin nie. Oor gedaanteverwisseling ondergaan, en sluit dit nou ook

gesonde eetgewoontes, goeie selfversorging en algehele tevredenheid in. ʼn Nuwe tipe luuksheid is besig om te

ontvou – een wat bestaan uit duursame produkte van hoë kwaliteit. Hierdie produkte sal met die verloop van tyd

verbeter en sodoende sal die verbruiker ʼn verhouding opbou met hierdie gebruiksartikels. Edelkoort stel voor dat korporasies hulself vir hierdie nuwe golf van luukshede behoort voor te berei.

Het Li Edelkoort al ooit fouteer in haar voorspellings? “Ek was nog nooit verkeerd nie,” sê sy vol selfvertroue,

“alhoewel ek al vantevore die tydsduur van sommige tendense verkeerd beoordeel het. Daar is die risiko dat

jy ʼn tendens se impak kan oor- of onderskat, of selfs die tempo misreken waarteen ʼn tendens gewild kan raak. Die

presiese tyd en omvang van ʼn tendens is moeilik om te bereken.”

“Tendensnavorsers kan niks beskryf wat nie alreeds bestaan nie,” verduidelik sy. “Hulle kan nie tendense

uitvind nie. Tendensnavorsing het niks met my eie kreatiwiteit te doen nie. Om op te som: ek versamel, dokumenteer, interpreteer en dissemineer inligting,” is

hoe Li Edelkoort haar werksproses, wat sedertdien ook haar lewensstokperdjie geword het, beskryf. ([email protected])

Kopiereg © Future Managers

“Tendensnavorsers kan niks beskryf wat nie alreeds bestaan nie”

die laaste paar jaar het die konsep “luuksheid” ʼn dramatiese

104

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Persoonlike gevallestudie

Laureen Rossouw Onderhoud deur San-Marie de la Rey Wat is jou agtergrond en opleiding in die kreatiewe veld? “Ek het ʼn B.A. Graad in Tale en Drama behaal, maar was nog altyd visueel gemotiveerd.” Hoe het jy as tendensvoorspeller begin werk? “Dit het gebeur toe ek ʼn risiko geneem het! Ek het ʼn fotograaf gevra om voorblaaie vir Sarie te neem waarvan ek die stillering gedoen en die stelontwerp behartig het. Die voorblaaie was almal aanvaar deur Sarie vir daardie uitgawe! Ek is daarna my eie artikel as modestilleerder aangebied, waarvandaan dit uitgebrei het na dekor, en later terwyl ek ’n gesin begin het, het ek die dekorredakteur van Cosmopolitan geword. In 1996 het ek ‘Treehouse’ geloods, waarvan ek die kreatiewe direkteur was – dit het ʼn internasionale handelsmerk geword. In 2001 het ek teruggekeer na die tydskrifmedia waar ek as dekorredakteur vir ‘House and Leisure’ gewerk het wat op die ou end ʼn groot verantwoordelikheid meegebring het, aangesien ek as hoof van visuele materiaal, dekorstilleerder, tendensvoorspeller en assistent-redakteur aangestel is.”

Indien iemand daarin belang sou stel om in jou voetspore te volg, wat sou jou raad aan hulle wees? “Lees soveel tydskrifte as wat jy kan … hou die tendense dop en wees op die uitkyk vir die ooreenkomste en verskille tussen tydskrifte. Onthou dat elke tydskrif sy eie stempel afdruk, en dat elkeen ook tot sy eie spesifieke teikengroep aanspreek. Dit is ook belangrik om pro-aktief te wees wanneer dit kom by die skepping van werk.” Wat inspireer jou? “Dit vind gedurig plaas as jy ingestel is op die visuele prikkelings oral rondom jou. Veral wanneer jy reis, is die moontlikheid veel groter dat jy visueel gestimuleer sal word aangesien die impak van ʼn onbekende omgewing soveel groter is. Ons neem die natuur as vanselfsprekend aan in ons alledaagse lewe en dit is belangrik om daagliks stil te word en inspirasie daaruit te put. Ek self vind die kleure in die natuur baie inspirerend, omdat hulle so gemaklik en onopvallend saamsmelt. Wanneer ons probeer om kleure te ontleed, dwing ons noodwendig reëls en regulasies daarop af wat nooit in die natuur bestaan nie. Kinders: Hulle is van nature van ʼn verskillende visuele generasie en het ʼn nuwe uitkyk op alles. Ons moet begin om by hulle te leer oor hul wêrelduitkyke, en hulle nie bloot ignoreer weens hul ouderdom en vlak van ervaring nie. Hulle help om ons in voeling met die wêreld te hou – ʼn groot, maar waardige uitdaging. Binnehuisversiering en mode: Daar bestaan ʼn noue band tussen binnehuisversiering en mode, met mode aan die voortou van hierdie verhouding, aangesien mode die medium is wat vinniger kan verander. Tendense ontwikkel uit sosiale veranderings en beïnvloed die manier waarop ons dinge sien, doen, en selfs die manier waarop ons dink. Dus affekteer dit soveel meer as net ons modes en tuistes – dit laat ook ʼn merk op ons psige en gedragspatrone. Mode en binnehuisversiering is die prettige sy van hierdie tendense, en is ʼn speelse wyse om hierdie ondertone uit te beeld.” Vertel ons so ʼn bietjie meer oor die voorspelling van tendense. “Geen tendens kan voorspel word indien dit nie reeds bestaan nie. Diegene wat eerste die ontstaan van ʼn tendens bespeur, word tendensvoorspellers genoem, en dit is hulle wat dan vir besighede en organisasies kan aanraai om ʼn sekere koers te kies, wat op hulle beurt besluite kan maak in voeling met ʼn spesifieke tendens. Wat van hierdie proses ʼn besonderse uitdaging maak is die feit dat, alhoewel jy vroeg genoeg ʼn tendens kan bespeur, dit dalk steeds te vroeg mag wees vir enige besigheid om dit te implementeer. Neem byvoorbeeld ʼn besigheid soos Woolworths. Hulle sal slegs ʼn tendens implementeer sodra daardie tendens gevestig is, want die risiko bestaan dat die verbruiker ʼn onbekende produk sal weier. Dit kan baie nadelige gevolge vir die besigheid inhou. Die slotsom is om ʼn tendens te interpreteer en dit in ʼn besigheidsplan te omskep.”

Kopiereg © Future Managers

105

Wat presies doen ’n tendensvoorspeller? Die doel van tendensvoorspelling bewustheid van hierdie wêreld hê. Aan die ander

kant, kan ’n entrepreneur besluit om liewer ’n toonaangewer te wees in plaas van ’n volgeling.

ʼn Tendensvoorspeller gee vir ons duidelike riglyne

oor toekomstige tendense. Hul doel is die vereniging van al die ontwerpindustrieë wat om die beurt vir

ontwerpers help om hul voorstelle te kanaliseer om uiteindelik die rigting vir die wêreld se ontwerp te bepaal. Tendense loop baie wyd. Die ouderdom waarop jy getrou het, byvoorbeeld, kon ʼn tendens gewees het. Die sosiale en etniese boustene van ʼn land kan tendense beïnvloed. Indien die tendens is om later in die lewe te trou, nader aan jou 30’s, kan beide die man en die vrou ʼn groter bydrae tot die ekonomie lewer. Dit kan egter dan ʼn negatiewe impak hê op die hoeveelheid kinders wat voortgebring word, omdat ouerskap later in die lewe minder gewild is weens die invloed op gesondheidsfaktore. Die ekonomie, politiek en selfs omgewingsfaktore hou almal verband met tendense, en kan help om jou besigheid te omskryf en te help voortbeweeg. Tans speel die omgewing ʼn groot rol in die tendense van besighede, soos byvoorbeeld motorvervaardigers. Ontwerpers probeer om alternatiewe brandstofmiddels uit te vind, deur na waterstof en elektrisiteit te kyk, ten einde die impak van besoedeling op die omgewing en atmosfeer te beperk.

Die uitdaging van tendensvoorspelling Baie van die dinge waarvan die gemeenskap hou of nie hou nie is gewoonlik ’n reaksie op die wêreld rondom hulle. ’n Tendensvoorspeller moet ’n skerp

ʼn Maatskappy wat die verkeerde leiding van ʼn tendensvoorspeller volg, kan groot verliese lei. Kom ons neem Vogue tydskrif as ’n voorbeeld. Hulle modeblad wys ’n terugkeer na die Jacky Kennedy styl - ’n baadjie met ’n ronde kraag, kort middel, groot knope en driekwart-lengte moue, asook ’n oorgrote sonbril. Indien hul teikenmark, wat vroue tussen 16 en 29 jaar is, hierdie style in al hul winkels raakloop, behalwe in die een wat deur jou bestuur word, omdat jou eie voorspeller jou aangeraai het dat sexy, noupassende gebreide kledingstukke die treffers sal wees, sal jou maatskappy groot verliese ly. Die hoofdoel van tendensvoorspelling is dus om aan maatskappye ʼn veilige ruimte te bied waarbinne hulle toekomstige kleinhandelsverwikkelinge kan verken, sonder om die risiko te loop van finansiële ondergang.

“Die sleutel tot voorspelling van tendense is om altyd pragtig en opreg te werk te gaan.”

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

106

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Operasionele faktore Twee hoofseisoene : somer en winter Hierdie twee hoofkategorieë word ook aangevul deur bykomstighede wat ʼn maandelikse toevoeging het. Elke maand sal jy in binnehuisversierings-, ontwerp- en modetydskrifte lees van die nuutste toebehore. Die moet-hê-items sal van maand tot maand ietwat verskil, om sodoende die lesers geboei te hou.

Hoofkategorieë •

Sleutelitems – belangrikste items wat jy vir die seisoen benodig.



Kernitems - ietwat ouer teikenmark; sluit meer klassieke items in wat getoets is in ʼn vorige seisoen



en wat nou herhaal word. Die verbruiker is nou gereed om die item te aanvaar.



Volume-inset – items wat nog nie by die kern ingesluit is nie, weens die hoë risiko daaraan verbonde,



maar wat volgens die bemarkingspan wel maklik genoeg verkoop kan word.



Inset – luukse artikels wat gemik is op die alternatiewe, individualistiese fynproewersmark; word



gewoonlik in kleiner hoeveelhede aangekoop.

4. Die gebruik van herwinning en afval materiaal as ’n tendens

Een van die grootste tendense van die afgelope vyf jaar, beide plaaslik en internasionaal, was die ommeswaai van gesindheid ten gunste van herwinning, hergebruik en die minimalisering van afval, wat die vervaardiging van omgewingsvriendelike produkte stimuleer.

Kopiereg © Future Managers

107 MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Dink oor die volgende, en bespreek in groepe: •

In die jaar 2000 was daar 46 miljoen mense in Suid-Afrika. Indien die helfte van hierdie mense elke 2



weke ʼn boks ontbytgraan verbruik het, hoeveel bokse sou in een jaar weggegooi word?



Maak in jou groep ʼn lys van 5 ander produkte wat ook in verpakking voorkom wat weggegooi

word.

– watter van die items op jou lys kom van natuurlike bronne?



– wat is belangrik omtrent die manier waarop mense natuurlike bronne aanwend?



Wat weet jy van die volgende?



1.

Gefossileerde brandstowwe? Watter produkte is van gefossiliseerde brandstowwe

afkomstig?

2.



Van watter natuurhulpbron is karton afkomstig? En glas? Doen navorsing indien jy nie die antwoorde ken nie!

Herwinningskemas In sommige lande is dit die gebruik om jou vullis te sorteer voordat dit vir verwyde-ring uitgedra word. Omdat glas, plastiek, papier en blik van afbreekbare vullis geskei word, is die grootskaalse herwinning daarvan baie makliker. Selfs die vullisdromme in die strate van sommige Europese stede is gemerk vir die gebruik van slegs één tipe afval, bv. glas, wat daarin geplaas mag word. In Suid-Afrika hang herwinning egter af van die individu se pogings om van herwinningstasies gebruik te maak. N.B. Lees meer by www.greenleaf.com oor hoe jy glas in jou woonbuurt kan herwin.

Het jy geweet…? die bestek van ons skade aan die omgewing word selfs in die filmmedia oorvertel, deur byvoorbeeld Al Gore se film “Inconvenient Truth?” Wanneer mens kyk na hedendaagse produkte, blyk dit wel dat ontwerpers bewus is van omgewingsvriendelike toebehore, soos dié wat by die 100% Design Fair in London op uitstalling was.

Al Gore’s Inconvenient Truth http://youtu.be/wnjx6KETmi4 100% Design Fair in London http://www.100percentdesign.co.uk

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

Aktiwiteit 22

108 MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

Die volgende voorbeelde is deur ontwerp studente van die Coetzee Ateljee in Piketberg asook Stellenberg Hoërskool gemaak. Alles is van afval materiaal gemaak.

Praktiese gebruik van afval materiaal as waardevolle materiaal:

2.

3.

1.

4. 1. 2. 3. 4.

Die boonste deel is gemaak van gebreide sykouse van verskillende toonwaardes om die gestreepte effek te gee. Die romp is gemaak van sykouse wat gespan is oor karton sirkels. Ontwerp deur Nandi Nel. Detail van rok: gemaak van hessian, vislyn geweefde plastiek en stukke vrugte verpakking. Ontwerp deur Monique Königk. Sitplek en voetstuk van die stoel is van ’n skottelskaar van ’n ploeg gemaak, terwyl ’n vragmotor se veer die twee gedeeltes verbind. Die tafel is gemaak van ’n olie drom. Hierdie stukke was deel van ’n grooter versameling meubels, ontwerp deur Braam Hanekom, Megan Ruinhaard, Azandra Voster, Johanet de Villiers, Andrea Kotze. Herwinde tou gebruik op lap vorm ’n interessante en ingewikkelde patroon.

Kopiereg © Future Managers

109

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

5.

6. 5. 6. 7.

7. Kussings gemaak van geweefde vrugte- / groentesakke, wat boere vir verpakking gebruik. ’n Lampskerm gemaak van opgerolde tydskrif papier. ’n CD rak kry ’n nuwe identiteit as ’n lamp.

Kopiereg © Future Managers

110

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Hierdie stelontwerp is heeltemal gebou met die gebruik van lae geriffelde karton wat aanmekaar geplak is om sodoende ’n sterk genoeg struktuur te verskaf sodat die gewensde vorm met behulp van ’n handsaag, met gemak uit gesaag kan word. Die finale vorms word uiteindelik afgerond deur dit die kleure en teksture te verf wat die werklike voorwerp voorstel. Geen wonder dat mens ’n tweede keer moet kyk om te sien of dit wat jy sien die ware jakob is nie.

Kopiereg © Future Managers

111

Plastiese afval Soos ander wêreldlande het Suid-Afrika ook ’n sensitiwiteit ontwikkel vir die misbruik van die planeet. Plastieksakke word nooit in die natuur afgebreek nie en daarom het baie plaaslike supermarkte maatreëls ingestel om hierdie las te verminder. Sommige winkels moedig die gebruik van bruinpapiersakke aan, terwyl ander poog om die gebruik van plastieksakke te verminder deur ’n heffing op die gebruik van ’n nuwe plastieksak te plaas. Sommige winkeliers gaan selfs sover om verbruikers te vra om hulle hulle eie houers saam te bring om aankope in te vervoer. Die regering probeer ook die hoeveelheid plastiek wat op afvalhope eindig te verminder deur die dikte van plastieksakke streng voor te skryf. Dit word aanvaar dat dikker sakke langer hou, wat moontlik tot gevolg kan hê dat verbruikers die sakke oor en oor sal gebruik.

Illustrasie van ’n sak gebrei uit plastiek Michela Webster, Gr. 10 Ontwerp leerling Curro Onafhanklike Skool

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

112 MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

5. Kort gevallestudies

Suid-Afrikaanse ontwerpers spreek omgewingsake aan HEATH NASH PRODUKONTWERPER SUIDAFRIKA

Heath Nash (foto van Woolworths se ‘Making the Difference Through Design Daily’ handleiding)

ʼn Papierlampskerm wat vertoon is by ʼn universiteitsuitstalling het gelei tot Heath Nash, ʼn Beeldende Kunste student, se eerste opdrag vir die winkel ‘Bread & Butter.’ Op sy beurt het dit ʼn hele reeks lampskerms tot gevolg gehad, wat sy handelsnaam help vestig het. Heath is bekend vir sy gebruik van herwonne plastiek, en hy kan as ʼn ecko-ontwerper bestempel word. Hy sien uit na ʼn tyd wanneer alle verpakkingsmateriale bio-afbreekbaar sal wees. Die moontlikhede wat nuwe tegnologieë bied, soos byvoorbeeld die vermoë om prototipes vinniger te vervaardig, maak hom ook baie opgewonde. Dit kan ʼn geweldige impak maak op die ontwerpindustrie in die volgende dekade. Heath is onlangs met die ‘International Entrepreneurial Award’ in London bekroon. Terwyl hy toegee dat daar uitdagings is ten opsigte van volhoubaarheid, asook weens sommige vervaardigers se versuim om jong ontwerpers te ondersteun, voel hy steeds dat Suid-Afrika die beste plek is om te werk. “Dit Herwonne plastieklig, gemaak van skoonmaakprodukte se bottels

rock hier,” sê hy.

Kopiereg © Future Managers

113

Heath is besorg oor herwinning en om ʼn meer

Heath Nash het Beeldende Kunste aan die

volhoubare omgewing te skep. Alhoewel hy herwin

Universiteit van Kaapstad studeer en gespesialiseer

om materiale vir sy kunswerke te verkry, is hy

in beeldhoukuns. Hy het eers na afloop van sy

bekommerd dat daar nie so ʼn skema in Suid-Afrika

studies produkte soos lampskerms en ander leefwyse-

bestaan nie. Dit blyk dat daar geen infrastruktuur

produkte begin maak. Hierdie opkomende jong

vir herwinning is nie. Hy probeer bewusmaking

ontwerper is die wenner van die Suid-Afrikaanse

deur sy produkte aanwakker om die boodskap tuis

Elle Dekorasies ontwerper van die jaar toekenning in

te bring dat hierdie materiale te kosbaar is om te

2006 en is ook aangewys as SA se kreatiewe entrepre-

vermors.

EATH NAS

Historiese agtergrond

neur van die jaar deur die inisiatief van die Britse Raad. Beskrywing van werke/produkte

Invloede

Die meeste van sy ontwerpe funksioneer as

Sy werk is beïnvloed deur die Japannese papier

ligte en word omskep in hangende binnehuise

kunsvorm van origami. Hoewel hierdie ʼn Oosterse

beeldhouvertoonstukke. ʼn Groot verskeidenheid van

tegniek is, het Heath tegnieke gesoek wat ʼn meer

sy ligte is monochromaties en word uit melkbottels

Afrika estetiese gevoel weergee. By ʼn kunsmark het

vervaardig wat ʼn eteriese wit kokon van lig skep. Dit

hy vir Richard Mondongwe ontmoet wat pragtige

is baie makliker om te skep aangesien die materiaal

plastiekblomme gemaak het. Heath het toe besef dat

(melkbottels) waarvan dit gemaak word, vrylik

hy pragtige kontemporêre ontwerpe kan produseer

beskikbaar is. Sy volkleur blombal ligte word geskep

deur gebruik te maak van die regte materiale en die

van ʼn veelkleurige mengsel van gekleurde blomblare

kennis en vaardighede van tradisionele vakmanne

wat fantasie en kragtigheid uitstraal.

om eg Suid-Afrikaanse ontwerpe te skep.

ook kleurvolle matte van koeldrankbotteldoppies

Hy maak

en pothangers vir die kombuis uit herwonne

Karaktereienskappe

telefoonkoord. Hierdie hangers wat ‘dis pragtig’

Die meeste van die produkte word vervaardig

uitspel, word gebruik om potte en panne te hang; en

uit plastiek, of dit nou herwonne melk- of

al hierdie voorwerpe word van afval vervaardig!

skoonmaakbottels is of polipropilene (plastiek).

Sy werk het definitiewe organiese blomkarakter-

Van sy produkte sluit skerms in, om voor die venster

eienskappe, en dieselfde vorm word oor en oor

te hang, in plaas van gordyne. Hierdie skerms word

herhaal om ʼn modulêre basis vir die stuk te skep.

vervaardig van polipropilenevelle aangesien dit baie meer ekonomies en minder tydrowend is as

Die voorwerpe is ontwerp vir die binnehuismark.

om vir verskillende kleure afvalbottels te soek om

Hy verander gewone afval in pragtige delikate

sy balligte te maak. Die belangrikste kenmerk van

kunswerke deur lig daardeur te laat skyn.

sy werk is dat twee ligte nooit dieselfde is nie. Dit is handgemaakte individuele, unieke stukke wat ʼn bietjie lig na enige tuiste sal bring! http://www.heathnash.com/ http://www.heathnash.com/story.php

http://www.designindaba.com/speaker/presentation/heath-nash-2007

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

114

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Wat is ....? Volhoubaarheid – iets wat die vermoë het om ’n vlak van kwaliteit of tempo te kan handhaaf In ekologie – die bewaring van ’n ekologiese balans deur die uitputting van natuurlike hulpbronne te vermy

DEIDRE COLEMAN juwelierswareontwerper Suidafrika

Deirdre het B.A. Beeldende Kunste aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, waar sy in juweliersontwerp en metallurgie gespesialiseer het. Na afloop van verdere studies aan die Fachhochschule für Gestaltung, in Duitsland, asook ʼn kort tydjie in Londen, het sy haar eie ontwerpateljee geopen vanwaar sy meestal met herwonne materiale werk. Die halssnoer regs is ʼn voorbeeld van haar gebruik van doodeenvoudige gaskoeldrankblikkies, waarvan die oopmaakmeganisme om glaskrale ge-buig is. Hierdie is waarlik ʼn inspirerende produk en is trots SuidAfrikaans. Halssnoer: gemaak van die oopmaakmeganismes van koeldrankblikkies

Kopiereg © Future Managers

115

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

Historiese agtergrond

DEIDRE COLEMAN

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Karaktereienskappe

Deirde Coleman het in 2001 haar BA-graad in

Sy kombineer edelmetale met herwonne nie-edel

Beeldende Kunste aan die Universiteit van

voorwerpe. Daar is eenvoud in haar ontwerpe, wat

Tydens haar studies

haar konsepte saamvoeg en die sterkte van haar

het sy deelgeneem aan ʼn uitruilprogram

ontwerp onderstreep. Sy doen dit deur nie meer

met die Fachhochscule fur Gestaltung

as een kleur metaal, soos byvoorbeeld silwer of tin,

in Pfhortzheim, Duitsland waar sy

te kombineer nie. Sy put haar inspirasie uit die

blootgestel is om met ontwerpers

natuur en dit is duidelik sigbaar in haar skoenlapper

van oor die hele wêreld te werk

borsspeldreeks.

Stellenbosch behaal.

en waar sy aangespoor is om deel te neem aan ʼn ‘Jewellery Journey’

Beskrywing van werk/produkte

uitstalling.

Tin en glaskraalhalssnoer:

ʼn Herhaling van

sirkelvormige vorms trek jou aandag weg van die

Invloede

manier waarop sy die trekmeganisme rondom ʼn

Tydens hierdie ‘Jewellery Journey’

glaskraal gebuig het. Sodoende verbloem sy die

uitstalling was sy opsoek na universele

oorspronklike funksie van die trekmeganisme

konsepte rondom materiale aangesien die uit-

en transformeer dit in ʼn pragstuk sonder dat die

stalling verskillende lande sou besoek.

Sy was

funksie daarvan dadelik raakgesien word.

Haar

beïnvloed deur voor-werpe waartoe ons almal toegang

halssnoer herhaal hierdie tegniek van ʼn enkele snoer

het: bv. ʼn blikkie koeldrank. Die trekmeganisme wat

deur die gesig te omraam met bypassende oorbelle

die blikkie oopmaak, het aan Deidre ʼn manier gebied

wat in vertikale lineêre lyne hang om ʼn gebroke lyn

om met herwonne voorwerpe te eksperimenteer

van aquamarine glas te vorm.

om juwele van te maak. Juweliersware word oor

die algemeen geassosieer met baie duur materiale

http://www.dididesign.co.za/about_us/about_us.htm

en metale. Sy wou dus vooropgestelde idees van skoonheid uitdaag en mense opvoed oor die manier waarop ontwerp ʼn verskil kan maak in die transformasie van ons opinies en geloofstelsels.

Kopiereg © Future Managers

116

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

RYAN FRANK Industriële ontwerper Suid-afrika / LONDEN

Die Suid-Afrikaner Ryan Frank, wat in Londen gebaseer is, se produkte getuig van sy onmiskenbare stadslewe.

Hy het ʼn sterk bekoring met die

hergebruik van bestaande herbruikbare materiale, en om dit in nuwe, opwindende artikels te omskep. Sy vermenging van oud en nuut in die ontwerp van bruikbare items het ʼn internasionale mediastorm van belangstelling in sy werk ontketen.

Selfs

ontwerpershuise toon belangstelling in sy vermoë om die mooi en die nut in afgeleefde items, wat eintlik vir die ashoop bedoel is, raak te sien en te ontgin. Dit het die Suid-Afrikaans geïnspireerde inkuku stoel tot gevolg gehad. Dié stoel word van supermarksakkies gemaak. Sien die foto.

Inkuku stoel

Kopiereg © Future Managers

117

Beskrywing van werk/produkte

Ryan het sy studies in produkontwerp in Kaapstad

Hackney rak:

begin en dit voltooi in Zwolle, Holland. Na ʼn kort

kunstenaars. Dit is ʼn basiese rakeenheid wat graffiti

verblyf waar hy werksaam was by ʼn Hollandse

kuns, sporadiese sjabloonwerk en tekens wat in die

meubelmaatskappy, het hy na Londen verhuis om

ooste van Londen, in die VK, voorkom, tentoonstel.

aan sy eie produkreeks te werk.

Ryan het besluit om houtborde op verskeie plekke

YAN FRAN

Historiese agtergrond

dit is geïnspireer deur graffiti

rondom Londen vas te spyker om ʼn verskeidenheid

Invloede

ongeoorloofde stadsaktiwiteite aan te moedig.

Hy word geïnspireer deur die verwering en verval

Sodra die borde vol straatkuns is, word hulle

van natuurlike en bruikbare materiale wat vrylik

verwyder en omskep in kontemporêre rakeenhede,

voorkom in die omgewing. Hy vind inspirasie in

en sodoende word straatkuns en die binnehuis-

gewone afvalstowwe, soos plastieksakke, wat hy

omgewing bymekaar gebring. Dit is ʼn wonderlike

dan verwerk in produkte wat langs die pad verkoop

manier om items, wat andersins as gemors gesien

kan word, soos sy ‘inkuku’ stoel. Sy Hackneyrak is

sou word, in iets bruikbaar te omskep.

geïnspireer deur graffiti op die ondergrondse stasies in die ooste van London. Die gevolg hiervan is

http://inhabitat.com/ryan-franks-hackney-shelf/

eko-vriendelike stukke wat bepaal word deur die

Shanty: is ʼn staanlamp wat gemaak word van

materiaal waarvan dit gemaak word, asook wat die

sinkplate (soos die wat gebruik word om huise in

materiaal kan doen.

plakkerkampe te bou), deur materiale wat vir die ashoop bestem was, aan te wend. Hierdie ontwerp

Karaktereienskappe

dien ook die doel as ʼn kamerverdeler. Die staalraam

Die hart van Ryan se proses is die materiale wat hy

sit op twee balverskuiwingseenhede wat dit baie

gebruik en dit is ook gewoonlik die beginpunt van

maklik maak om die eenheid rond te skuif.

sy ontwerp. Sy produkte is gewoonlik afvalprodukte van die kreatiewe proses. Sy werk word gekenmerk

Inkuku stoel: wat hoender in Zoeloe beteken,

deur ʼn sekere eerlikheid om ontwerpe te produseer

word geheel en al van herwonne materiale gemaak.

wat nie ’n kopie van ander ontwerpe is nie, maar

Met hierdie ontwerp kombineer Ryan tradisionele

eerder ʼn transformasie van die omgewing.

handwerktegnieke.

Om

Sy inspirasie het van die

volhoubaarheid aan te pak is ʼn moeilike taak vir

Suid-Afrikaanse

handewerk

hoenderornamente

Ryan, maar sy innoverende en eksperimentele

gekom. Die stoel het ʼn wonderlike organiese vorm

aanslag op materiale is ʼn bewys van sy verbintenis

wat jou liggaam omvou in sagte gemak terwyl die

om ons sienswyse oor volhoubare ontwerp te

gekompakteerde plastiese sakke ʼn wonderlike

verander.

“kussing” vir jou agterstewe bied. Die sakke word oor ʼn herwonne staalraam getrek wat ʼn rowwe tasbare tekstuur tot gevolg het, maar wat genoegsame stoffasie bied. http://www.ryanfrank.net/

Kopiereg © Future Managers

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

118

Skakel… Kyk na die gevallestudie van die industriële ontwerper, Haldane Martin, in jou Woolworths handleiding, ‘Making a Difference Through Design Daily’. Hy maak gebruik van herwonne plastiekmelkbottels wat gesmelt word en met die hulp van tradisionele Zulu weeftegnieke in die bekende Zulu Mama stoel geweef is. Jy kan ook Haldane Martin Google.

EBONY SATCHWELL

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

In ander lande van die wêreld volg ontwerpers ook die tendens om artikels en materiale te gebruik en te hergebruik in hul ontwerpe.

EBONY SATCHWELL juwelierswareontwerper SYDNEY Ebony was nog altyd betower deur die verskillende spore wat mense agter laat op Bondi-strand, veral dié van motorvoertuie vroeg in die môre. Sy was veral gefassineer deur die orde en herhaling wat ’n kenmerk van buitebande is. Buitebande is

Halssnoer Materiaal: buiteband en plastiekbuis

ook sinoniem met die idee van reis, aangesien dit ʼn belangrike deel uitmaak van ʼn voertuig. Buitebande is dikwels te vinde langs hoofweë, verskeur en opsy geslinger deur een of ander ongeluk. Hul spreek boekdele oor ervaring, van ver plekke…

Kopiereg © Future Managers

119

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Historiese agtergrond Sy is ʼn gegradueerde pryswenner van die Kollege van Beeldende Kunste in Sydney waar sy, nadat sy met keramiek en tekstiel geëksperimenteer het, besluit het op juweliersware as hoofvak. Sy spandeer die meeste van haar tyd in een van die vreemdste plekke waar sy haar nog ooit bevind het, nl. Japan, waar sy omring is deur die konstante stimulasie van beeldskone berge en neonstraatbeelde. Beskrywing van werk/produkte Invloede

Haar uitsonderlike ‘motorbandhalssnoer’, wat sy vir

Haar gedagtes dateer terug na haar kinderdae toe

die ‘Jewellery Journey’ uitstalling gemaak het, is uit

sy op ʼn plaas grootgeword het en boeke gemaak

motorbande gemaak wat aandui wanneer dit gebruik

het uit ou graanvlokkiebokse wat sy met boomgom

is aangesien die draad ontbloot is. Sy ontwerp ook

gebind het. Dit wil voorkom of haar voorliefde

kleiner stukke, soos haar reeks borsspelde, Bebe

vir herwinning op vroeë leeftyd begin het! Haar

Cream (groot voël borsspeld), waar sy ʼn delikate

werk word ook sterk beïnvloed deur die Japannese

silwer voël met delikate kruldetail kontrasteer teen ʼn

ontwerper Kyoko Hashimoto, wat in dieselfde styl

ronde wit Perspexagtergrond. Haar ‘Lil Friend Red’

werk deur materiale soos polipropilene en Perspex

en ‘Lil Friend Green’ het dieselfde ontwerp, maar het

te gebruik. Ebony het groot bewondering vir Kyoko.

gekleure agtergronde met ʼn sentrale voël wat lyk of

Sy is tans besig om die Japannese kuns van ikebana te

dit van die agtergrond af vlieg. Jy kry die idee dat die

bestudeer terwyl sy nog steeds lieflike juweliersware

kunstenaar ʼn wandelende gees is wat nooit op een

ontwerp.

plek vir te lank bly nie; wat altyd in vlug is op pad na die volgende bestemming; ʼn nuwe avontuur ...

Karaktereienskappe In Japan beskryf aanhangers haar werk as ‘Kawaii’ wat ‘oulik’ beteken. Haar werk vind aanklank by ʼn jonger mark deurdat sy modieuse materiale soos Perspex en plastiek kombineer met edelmetale om eenvoudige, maar treffende, ontwerpe te produseer.

Kopiereg © Future Managers

120

ONTWERP IN BESIGHEIDSKONTEKS

MODULE 1: KWARTAAL 1 – Ontwerp in besigheidskonteks

Kopiereg © Future Managers

Praktiese Projekte PRAKTIESE PROJEKTE

122 MODULE 1: KWARTA AL 1 – Praktiese Projekte

PRAKTIESE PROJEKTE

Praktiese projekte en aktiwiteite Hierdie aktiwiteite moet aangepak word as praktiese komponente in ooreenstemming met die teoretiese konteks van die eerste kwartaal en slegs ná die eerste praktiese projek, soos die “Ysbreker”. Dit is belangrik om te hou by die volgorde van die projekte sodat jy geleidelik en met gemak jou vaardighede en begrip van die ontwerpselemente en ontwerpbeginsels met vertroue kan ontwikkel.

Aktiwiteit 23 Die staafkode-ontwerp (‘barcode’), ’n tweedimensionele (2D) projek. Kom ons kyk hoeveel jy geleer het oor die elemente en beginsels van ontwerp. Jou doelwitte vir aktiwiteit 23 behoort die volgende in te sluit: •

die ondersoek van die moontlikhede en die manipulasie van ’n vertikale lyn



’n begrip van positiewe en negatiewe ruimtes



’n begrip van ritme, komposisie en balans



om te probeer om jou tegniese vaardighede te bemeester



om kreatief en innoverend te wees met wat jy gegee is



om jou probleme op te los



tydsbestuur



selfmotivering en deursettingsvermoë



netjiese aanbieding van jou finale projek

Die Opdrag/Projek 1.

Neem ’n A3 vel papier. Verdeel die bladsy in 5 gelyke kolomme of rye.

2.

Deur slegs vertikale lyne (swart vir positiewe vorms) en die agtergrond (wit vir negatiewe spasies) te gebruik, ontwerp en teken vyf totaal verskillende patrone vir elke kolom of ry. Die vertikale lyne moet wissel in dikte en moet strek van die bokant tot die onderkant van elke ry/baan. Kyk hoe kreatief jy met elke patroon kan wees deur die positiewe en negatiewe spasies ten volle te benut.

3.

Na voltooiing van die patrone, sny die papier en skei die kolomme/rye. Gebruik die oppervlak van die tafel om rond te speel. Rangskik die stukke / patrone in ’n verskeidenheid volgordes totdat jy ’n volgorde kry wat ’n gebalanseerde komposisie voorstel. Daarmee bedoel ons dat, as jy gelyktydig na al die patrone kyk, moet nie een van hulle uitstaan of ’n fokuspunt vorm nie.

4.

Neem nou jou finale staafkode-ontwerp en vind die vinnigste en doeltreffendste manier om hierdie ontwerp op swart papier oor te plaas of te kopieer (of enige ander kleur papier beskikbaar). Jy mag nie hierdie oorspronklike ontwerp in die proses vernietig nie. Sit die oorspronklike in jou ontwerpwerkboek.

5.

Gebruik ’n skêr of ’n handwerkmes (aanbeveel) en sny ’n stensil van jou ontwerp. Met ander woorde, op hierdie stadium moet jy besluit of jy die swart of die wit deel van jou ontwerp wegsny.

6.

Monteer nou jou finale stensil op ’n A3 vel papier. Maak jou eie monteerraam en stal jou finale ontwerp saam met die res van jou klas uit.

Kopiereg © Future Managers

123

PRAKTIESE PROJEKTE

MODULE 1: KWARTA AL 1 – Praktiese Projekte

Staafkodeontwerpe (barcodes) deur Graad 10 leerlinge

Het jy geweet… die ‘Freeplay’ opwenradio word in baie onderontwikkelde gemeenskappe en lande regoor die wêreld gebruik om mense van belangrike inligting te voorsien? Die Reserwe Bank het byvoorbeeld hierdie radio’s aangekoop en in Zambië versprei as opvoedingsmeganisme om mense oor afstande te onderrig. In Bosnië word die opwenradio gebruik om landmynwaarskuwings uit te stuur en in Uganda en Kenia word dit gebruik as ’n veldtog om die massas van VIGS bewus te maak. Hierdie is gemeenskappe wat onbereikbaar was as gevolg van ’n tekort aan fondse of ’n tekort aan voldoende infrastrukture. Dis nog ’n voorbeeld van hoe Ontwerp aangewend word om ’n beter lewe vir almal te skep! (Ontwerp wat probleme oplos en lewenstandaarde verbeter; ’n sosiaal en omgewingsverantwoordelike produk) Publikasie: ‘Thirty Years of South African Design Excellence’ Sien besonderhede op bladsy 336 as jy jou eie afskrif wil verkry.

http://www.freeplayenergy.com/

Kopiereg © Future Managers

124 MODULE 1: KWARTA AL 1 – Praktiese Projekte

PRAKTIESE PROJEKTE

Aktiwiteit 24 Geometriese vorms, ’n tweedimensionele (2D) projek. Leer meer oor basiese vorms. Jou doelwitte vir aktiwiteit 24 behoort die volgende in te sluit: •

’n begrip van eenvoudige 2D- geometriese vorms



om verskillende fasette van ’n 2D- geometriese vorm te verstaan as jy vanuit verskillende



perspektiewe/hoeke na die vorm kyk



om jou bewustheid van negatiewe en positiewe vorms uit te brei



om jou kreatiewe, innoverende en probleemoplossingsvaardighede verder te ontwikkel



om jou bewustheid van ritme en komposisie uit te brei



om jou tegniese vaardighede verder te ontwikkel

Die Opdrag/Projek Kies EEN van die onderstaande geometriese vorms •

’n Sirkel



’n Vierkant of ’n reghoek



’n Driehoek

Die ontwerpproses Onthou om al die prosesse in jou ontwerpwerkboek aan te teken. 1.

Teken twaalf variasies van jou gekose vorm. Met ander woorde, as jy ’n sirkel gekies het, moet jy



12 verskillende sirkels teken: teken hierdie 2D-sirkels vanuit verskillende hoeke. Jou vorms sal



wissel van ’n sirkel tot ’n ovaal tot ’n dun lyn. Kyk na die voorbeelde hieronder.

2.

Kombineer/oorvleuel twee vorms op ’n slag. Jy moet dus uiteindelik ses groepe hê. Elke groep



moet uit twee vorms bestaan.

Kopiereg © Future Managers

125 MODULE 1: KWARTA AL 1 – Praktiese Projekte

Let daarop dat die een vorm nie heeltemal deur die ander kant van die ander vorm mag sny nie.

3.

PRAKTIESE PROJEKTE

Kyk na van die voorbeelde hieronder.

Die liggaam (body) van die vorms moet swart wees terwyl die gedeelte waar die twee vorms oorvleuel, wit moet wees. Dit sal dan as die negatiewe ruimte geïdentifiseer word.

4.

Brei jou kreatiewe denke uit en ondersoek verskillende opsies van oorvleueling van die verskillende vorms. Elke opsie sal ’n ander resultaat oplewer. Kies die mees kreatiewe opsies. Selfs die manier waarop jy oorvleuel en die dele van die vorms wat jy kies om te oorvleuel, moet deeglik oorweeg word sodat jou negatiewe vorms (wit gedeeltes of oorvleuelings) gebruik kan word as nuwe vorms vir jou finale ontwerp.

5.

Fotokopieer/kopieer die ses groepe en sorg dat jy meer as een kopie en verskillende grootte van elke groep het.

6.

Sny die groepe uit en gebruik die tafelblad om vorms vrylik rond te beweeg totdat jy ’n komposisie raaksien waarvan jy hou. Wees bewus van hoe die posisie van die vorms en groepe jou oë in ’n spesifieke rigting lei.

7.

Kies ’n finale komposisie/uitleg wat al ses groepe sal insluit. Hierdie komposisie/uitleg moet ’n spesifieke ritme/patroon beklemtoon, soos byvoorbeeld ’n spiraal. Kyk na voorbeelde 1 – 3 op die volgende bladsy.

8.

Plaas nou jou finale komposisie op ’n nuwe A3 vel papier.

Kopiereg © Future Managers

126 MODULE 1: KWARTA AL 1 – Praktiese Projekte

PRAKTIESE PROJEKTE

9.

Gebruik enige gekleurde papier en knip elke groep daaruit. Sny alle negatiewe vorms (wit) uit en plaas jou groep in die komposisie wat jy verkies. Jy mag verskillende groottes gebruik vir elke groep indien jy sou voel dat dit die patroon /

10.

komposisie beklemtoon. Kyk na voorbeelde 1 – 3 hieronder.

1

2

3

Kopiereg © Future Managers

TEKENPROGRAM

Teken-

program

128 MODULE 1: KWARTA AL 1 – Tekenprogram

’N KORT INLEIDING TOT JOU TEKENPROGRAM

TEKENPROGRAM

Teken gee ons die vermoë om werklik te sien en te dokumenteer wat ons sien. Dit is nog ’n “wie was eerste, die hoender of die eier?”-situasie, want om goed te kan teken, moet jy skerp kan waarneem, maar om skerp te kan waarneem, moet jy baie oefen om te teken! Hierdie tekenprogram gaan jou bekendstel aan klassieke tekenmetodes en -tegnieke wat deur die eeue deur kunstenaars en ontwerpers van regoor die wêreld gebruik word. Ons nooi jou uit om elke oefening te ervaar asof jy dit vir die eerste keer sien. Die program sal jou ’n sterk fondasie gee wat jou, as opkomende ontwerper, goed te pas sal kom. Dit sal jou ook help om voor te berei vir daardie belangrike portefeulje wat jy in Graad 12 moet ingee wanneer die kwaliteit van jou tekenvermoëns sal bepaal of jy toegang sal verkry tot ’n ontwerps- of argitektoniese inrigting vir verdere opleiding. Die gekose tekenoefeninge is noodsaaklik vir die ontwikkeling en verbetering van hand-oog-koordinasie sowel as van waarnemings- en tegniese vermoëns. Volgehoue oefening sal jou in staat stel om inligting realisties te dokumenteer, jou eie styl te ontwikkel, jou eie idees te skep, met die instrumente en media van jou keuse te werk en jou vaardighede in enige van die vier ontwerpkategorieë aan te wend. Ons ken almal die gesegde: “Alle groot idees begin op papier”. Koop of maak jou eie A4 of A3 sketsboek vir hierdie oefeninge en dra dit te alle tye saam met jou. Die algemene idee: om aan te hou om talle en talle klein sketse en groter sketse te maak. Die doelwit: om te teken, behoort tweede natuur vir jou te word en sal jou goed te pas kom as jy ’n groot ontwerper en waarnemer wil word. ’n Wenk Ontdek die werklike wêreld deur dit te teken. Werk so ver as moontlik met bestaande voorwerpe en probeer om so min as moontlik voorwerpe uit boeke en tydskrifte as modelle te gebruik. As jy elke dag enigiets teken wat jy sien, sal dit jou in staat stel om uiteindelik enigiets te ontwerp.

MODULE 1 LYN: DEFINIEER FIGUUR EN VORM Lyn is die fundamentele merk van skets- of tekenwerk. Tog is dit ’n kunsmatige middel wat vir ons iets voorstel. In die natuur is lyn nie dieselfde as in ontwerp nie. In die natuur is dit ’n kant of rand wat ’n vorm definieer en nie ’n lyn nie. Een van die primêre gebruike van lyn in ontwerp is juis om buitelyne of kontoere te definieer.

Oefening 1: Aaneenlopende lyntekening Definisie: Aaneenlopende kontoerlyntekening is ’n proses waartydens ’n lyn getrek word terwyl ’n mens op ’n enkele punt fokus en die kontoere van die voorwerp volg sonder om jou hand van die papier af op te lig. Ja, die eindresultaat is nie veronderstel om perfek te lyk nie. Dit behoort “verkeerd, onvolmaak en eienaardig” te lyk.

Kopiereg © Future Managers

129 MODULE 1: KWARTA AL 1 – Tekenprogram

Doel: Die uiteindelike doel is om te teken terwyl jy slegs ’n lyn gebruik om die kontoer of buitelyn van ’n figuur of vorm voor te stel. ’n Verdere doelwit sal wees om jou linkerbrein te oortuig dat hierdie oefening niks te doen het met die rasionele interpretasie van die voorwerp nie, maar dat dit jou eerder leer om te “sien”. Die brein se

TEKENPROGRAM

aktiwiteite moet eerder fokus op die spesifikasies van die oefening om sodoende sekere vaardighede te bekom, as om bekommerd te wees oor hoe die eindresultaat sal lyk. Laastens het die oefening ten doel om jou waarnemingsvermoë te verbeter, om jou te help om met gemak te teken en om jou hand-oog-koördinasie te verbeter. Werkmetode: Kies enige lewelose (nie-bewegende ) voorwerp in die kamer waar jy werk, bv. stoele, besems, bottels ens. Deel jou A4 of A3 bladsy in 4 vierkante of klein sketse. Teken dieselfde voorwerp 4 keer, maar in verskillende posisies. Fokus op die buitelyn van die voorwerp en onthou om nie jou hand van die papier op te lig terwyl jy teken nie. Jy mag na jou tekening kyk, maar kyk meer na die voorwerp as na die tekening self. Dit is baie belangrik dat jy hierdie oefeninge stadig doen. Moenie voor die voorgestelde tyd klaarmaak nie. Gebruik ’n tydhouer of stophorlosie. As jy klaar is, skryf onder elke oefening die naam van die oefening en hoeveel tyd jy aan elke skets bestee het. Materiaal benodig: A4 of A3 papier, koerantpapier, kardoespapier, reviva (houtvrye papier) of enige ander beskikbare papier. Gebruik ’n HB-of 2B-of 4B-potlood. Tyd benodig: Bestee vyf minute aan die eerste twee sketse, 4 minute aan die 3de en 3 minute aan die laaste skets. Wenke: Potlode moet te alle tye skerp wees. Begin met potlode, maar soos jy vorder en meer vertroue kry, kan jy penne en kwassies begin gebruik. * Beskou hierdie oefeninge as opwarmingsoefeninge wat voor enige finale tekening of ontwerp behoort gedoen te word. Deur al jou sketse in ’n sketsboek te bewaar, sal jy duidelik kan sien hoe jy oor die jare ontwikkel het. Voorbeelde van aaneenlopende kontoertekeninge: Die sketse en skilderye wat onder ’n mens se aandag kom wanneer daar na aaneenlopende kontoerlyntekeninge verwys word, is dié van die Switserse Surrealistiese kunstenaar, Paul Klee, wat lyn beskryf het as

Illustrasies hieronder wat stap-vir- stap wys hoe om ’n aaneenlopende kontoertekening van ’n stillewe met appels te skep.

“ ’n dotjie wat gaan stap of wat die lyn vir ’n stap vat…” Paul Klee “Belaste kinders” - 1930



Kopiereg © Future Managers

130

TEKENPROGRAM

MODULE 1: KWARTA AL 1 – Tekenprogram

Nadia du Plessis





Joshua Weyers

Leerders van die Hoërskool Stellenberg

Vra jou onderwyser om jou meer voorbeelde en inspirasie vir kontoertekeninge gedoen deur die industriële ontwerper Alfredo Häberli, die grafiese illustreerder Will Scobie, oppervlakontwerper Bridget Parker, binnehuis versierder Boris Hoppic en meubelontwerpers Sam Johnson en Daan Mulder, te wys. Dit, en die res van kwartaal 1 se program is op die CD in gesluit.

Die res van die inhoud van kwartaal 1 sluit in: Oefening 2: Blinde aaneenlopende kontoertekeninge Oefening 3: Tekening met die nie-dominante hand & tekening met twee HB potlode tegelyk. Oefening 4: “die soek van betekenis” in geskrabbelde figure en vorms

Oefening 5: Grafiese Illustrasies: lyn skep struktuur, stemming en patroon Kopiereg © Future Managers



9 781920 20362 17 0

Related Documents