-1In die lesse wat die les onder bespreking voorafgegaan het, het ek met die leerders postmodernistiese poësie behandel.
Die lesse het spesifiek
gehandel oor die lewe en bekende werke van die ikoniese Ingrid Jonker. Ek het veral die gedig Die kind
met die graad 9 Afrikaans Eerste Taal
leerders behandel. Dit is met opset gedoen sodat die leerders kan sien hoe om oor ʼn gebeurtenis of ʼn plek te skryf. Ingrid Jonker droom ook aan die einde van die gedig dat die “kind” van Afrika toeglaat sal word om “sonder ʼn pas” (15) sal kan rondbeweeg. ook in hierdie gedig aangetref.
Die simbool van vryheid word
Digter kan wel oor ʼn plek skryf al was
hy/sy nog nooit daar gewees nie;
skrywer kan sy/haar inisiatief en
verbeelding gebruik om emosie op papier te sit. Na afloop van die bespreking oor Ingrid Jonker se gedigte het ek een van my eie gedigte met die graad 9 leerders gedeel.
Ek het aan hulle
verduidelik dat ek ʼn baie informele skryfstyl in my gedigte handhaaf en dat dit nie altyd taalkundig as 100% korrek beskou word nie. In sekere gevalle is ek ʼn voorstander vir die afwyking van die normale, aangesien ʼn mens dan eers die atmosfeer en die ritme van die gedig eervaar. Ek was vir twee jaar lank woonagtig in die Verenigde State van Amerika en natuurlik het dit ʼn uitwerking op my moedertaal gehad, want ek het bykans nooit Afrikaans gepraat nie.
Wanneer ek wel Afrikaans gepraat
het, het daar gereeld Engelse woorde navore gekom.
-2My eie gedig wat ek met die leerders behandel het.
(2008)
Die tema van die gedig gaan oor die “Statue of Liberty” wat in New York aangetrefword; die monument kan in die gedig gesien word as ʼn simbool van vryheid. Die “Statue of Liberty” verteenwoordig die Amerikaanse
vryheid en domokrasie. In die gedig beskryf ek ook verskillende state en dorpe in Amerika.
-3LESVERLOOP (Dag waartydens die krag afgegaan het.):
KLAS: GRAAD 9
AANTAL LEERDERS: 20 (Dit is ʼn privaatskool.)
VAK: AFRIKAANS EERSTE TAAL TYD: 45 minute Aangesien die krag afgegaan het, het ek besluit om die leerders buite toe te neem. Dit het gelukkig nie gereën op die spesifieke dag nie. Ons het lekker onder die akkerbome in die skaduwee gesit. Voordat ons die klas verlaat het, het ek vir hulle gevra om elkeen ʼn pen en skryfblok saam te neem. Dit is immers ʼn poësie les wat aangebied moet word en daarvoor het ʼn mens ʼn pen en papier nodig. BENADERING TOT DIE LES: Ek het ʼn praktiese benadering tot die les gevolg. Die leerders is toegelaat om enige vorm van gedigte te skryf, met rymskema of daarsonder. OPDRAG AAN LEERDERS: STAP 1:
Hulle moes ʼn gedig skryf binne twintig minute wat enige simboliese figuur, dorp of stadinsluit. Die leerders mag wel Engelse woorde in die gedig insluit, maar moet dit in aanhanligstekens aandui of die woord(e) onderstreep. Die gebruik van Engelse woorde word beperk tot drie. Ons moet in gedagte hou dat ʼn groot gedeelte van die Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika wel Afrikaans en Engels vermeng wanneer hulle praat. -4Die simbole wat in die gedig bespreek word kan enige iets insluit. Dit kan byvoorbeeld gaan oor die liefde, dood, vryheid en onheil. Die gedig moet nie langer as ag versreëls wees nie. Die leerders word verdeel in vier groepe en begin onmiddellik skryf. Die leerders kan ook onderling idees met mekaar deel en mekaar help. (Leeruitkoms 4: skryf) STAP 2: In die volgende tien minute moes elke leerder die beste gedig uit die groep kies. Leeruitkoms 1 wat luistervaardighede beklemtoon geniet aandag by hierdie stap van die aktiwiteit. Die leerder luister krities terwyl elke leerder sy/haar gedig voorlees en die groep stem dan vir die beste gedig. Die leerproses vind baie spontaan plaas en die leerders geniet hulself terwyl hul na elkeen se gedigte luister en humoristies lag. Leeruitkoms 2 wat praatvaardighede beklemtoon word ook hier aangespreek omdat die leerders die gedigte moet voorlees in groepsverband. STAP 3:
In die laaste vyftien minute moet die vier leerders wat in elke groep geidentifiseer is as die leerders met die beste gedigte hul gedigte aan die hele klas voorlees. Na afloop van die voorlesings deur die vier leerders word die wengedig deur die hele klas gekies/aangewys. Almal in die klas het as ʼn groep deelgeneem om die beste skrywer/gedig vanuit die groep te kies. ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkomste 1, 2 en 4 word in die praktiese gedeelte van die les vervat. Na afloop van die les het ek die leerders versoek om die gedigte in te handig en dit sal geassesseer word in terme van leeruitkoms 4. Tydens assessering sal gekyk word na die verbeelding en inisiatief -5wat die leerders in die gedigte getoon het. Die leerder sal ʼn punt uit twintig vir die aktiwiteit (gedig) verwerf. TER AFSLUITING: Die leerders het die les baie geniet en het oor baie dorpe en simbole geskryf. Op die voorblad van my lesplan kan die verskillende voorbeelde aangetref word. Vanuit hierdie les het die leerders geleer dat ʼn mens op enige plek en enige tyd ʼn gedig in Afrikaans kan skryf en die taal laat voortleef. Nie eers die tekortkominge van Eskom kon die Afrikaanse klas se entoesiasme demp nie. -----------------------------------------
Onthou die volgende mooi woorde van Ingrid Jonker: “Moenie slaap nie, kyk! Agter die gordyne begin die dag dans met 'n pouveer in sy hoed...”
[http://www.storiewerf.co.za/grootmense/nostalgie.htm]
BRONNELYS: Foster, R en Viljoen, L.2006. Die kind. Ingrid Jonker. Poskaarte. Kaapstad: Human & Rousseau. Jonker, I.[Beskikbaar: http://www.storiewerf.co.za/grootmense/nostalgie.htm]
Johann D van Vuuren (15485110) AFRIKAANS 278 DOSENT: MEV A VAN WYK DATUM: 23 MAART 2009
POëSIE