Null

  • July 2020
  • PDF

This document was uploaded by user and they confirmed that they have the permission to share it. If you are author or own the copyright of this book, please report to us by using this DMCA report form. Report DMCA


Overview

Download & View Null as PDF for free.

More details

  • Words: 219
  • Pages: 1
Gedig vir die Christusfees Die lig daar ver van die blink Bethlehemster Bring uit die Ooste wyse manne van ver Na Bethlehem – Hy is dáár gebore Vir ‘n mensdom in sonde verlore In die veld het herders by ‘n engel gehoor: “Moenie bang wees nie, julle moet die boodskap hoor want ek bring nou goeie nuus vir julle wat vreugde hierin gaan vind die Redder is gebore vir hulle wat redding vind in die Kind In Bethlehem is Hy gebore Die Redder van hulle verlore Plotseling, ‘n engeleskaar wat sê Oor die kindjie wat daar in ‘n krip lê: “Glorie aan God in die hoogste Hemel en vrede op aarde vir die mense wat Hom behaag” verhoog die koms van die Grootste Bethlehem se koningswaarde Wat sondeheerskappy vervaag. Lank reeds is voorspel van hierdie voorloper Die geboorte van Johannes die Doper Wat die pad toe moes kom voorberei ‘n stem roepend uit die woesteny Hy het kom getuig oor die wonderbaar Lig Maar hierdie Lig self, dit was hy beslis nie Net om ander na die Vredevors te rig Omdat die wêreld nie sy Skepper ken nie So getuig Johannes oor Emmanuel God “God met ons – uit Sy oop hand geskenk op geskenk – veel meer as Moses se gebod die waarheid en Lig om te gedenk”

Related Documents

Null
April 2020 0
Null
April 2020 0
Null
April 2020 0
Null
April 2020 0
Null
April 2020 0
Null
April 2020 0