‘n Voorwerp sal in ‘n toestand van rus bly of met ‘n konstante (uniforme) snelheid in ‘n reguit lyn voortbeweeg, tensy ‘n netto-krag daarop inwerk. Indien ‘n netto-krag op ‘n voorwerp inwerk, sal die voorwerp in die rigting van hierdie netto-krag versnel. Die versnelling is direk eweredig aan die netto-krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp. Indien daar ‘n interaksie tussen twee voorwerpe is, sal die kragte wat hulle op mekaar uitoefen ewe groot wees, maar in teenoorgestelde rigtings. Enige twee voorwerpe in die heelal trek mekaar aan met ‘n krag wat direk eweredig is aan die produk van die massas, en omgekeerd eweredig is aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.